Spreuke 1:20-33 (Kobus Smit)

17 September 2000

Dertiende sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste:††††††††††† 1 Kronieke 29:10-19; Psalm 19; Markus 8:27-38; Jakobus 3:1-12

Die Gees maak ons verstandige mense wat onderskei tussen wysheid en dwaasheid. Om God se stem te hoor, om te weet wat God verwag, stel ons in staat om reg te bely (Mark 5), reg te bid (1 Kron 29) en reg te doen (Ps 12). Die Bybel noem dit wysheid. Om God se stem te ignoreer, is dwaasheid.

Teks

Spreuke 1-9 vorm 'n literÍre eenheid.Hierdie 9 hoofstukke bestaan uit vermanings en waarskuwings, asook gedeeltes oor die vreemde vrou en die personifikasie van die wysheid.Spreuke 1 dien as 'n inleiding tot hierdie eerste 9 hoofstukke van Spreuke en bestaan uit drie selfstandige onderafdelings (1:7, 8-9; 10-19; 20-33), wat as Ďt ware as 'n eenheid funksioneer en die beste voorbeeld van wysheidsonderrig in hulle onderskeie vorme is.

In Spreuke 1:20-33, soos ook later in hoofstukke 8 en 9, neem die gepersonifieerde wysheid self die woord.Sy laat haar stem by die stadspoort hoor waar baie mense vergader.Die wysheid redeneer:wie nie op haar geroep ag slaan nie grawe hulle eie graf.Sommige geleerdes meen die prediking van die wysheidsleraar neem soms die toon van die profetiese boeteprediking aan aangesien dit vorme gebruik wat die profete in hul klagte oor die onboetvaardige volk gebruik het:"Ek het gedurig my hande uitgesteek na 'n opstandige volk..." (Jes 65:2).Die dwase se afwysing van haar lering maak dat die wysheid min simpatie het met hulle, wat vanweŽ hulle ongehoorsaamheid, ongeluk en straf oor hulleself haal.Sy sal laggend toekyk hoe die onheil hulle tref, maar nie te vinde wees as hulle haar soek nie.Die gebeure spreek van 'n onverbiddelike logika.

Die lering van die wysheid val in 5 dele uiteen.In verse 20-21 word die wysheid, soos ook elders (bv 7:4; 8:1 en 9:1), as 'n vrou voorgestel.Die feit dat sy op die plekke (strate, stadspleine, stadspoorte) uitroep waar alle politieke, wetlike en kommersiŽle en besigheidstransaksies in Ou Israel gedoen is, beteken dat sy vir almal preek.In die proses het die wysheidsleraars hulle nie net aan die publieke forum blootgestel nie, maar ook tussen al die geraas om aandag meegeding.

In verse 22-23 rig die wysheid haar tot drie groepe mense wat hulle nie aan haar onderrig steur nie: die onkundiges, die grootpraters en die swape.Hulle is nie onintelligent nie, maar selfvoldane, siniese, beterweterige grootpraters, wat hulle nie laat voorsÍ of leer (unteachable) nie.Daarom wil hulle nie na die stem van die wysheid luister en voor haar gesag buig nie Ė selfs al is sy soos 'n borrelende fontein, wat haar gees op diegene uitstort wat haar onderrig en gesag aanvaar (23).

Verse 24-28 en 29-31, wat albei met die woordjie omdat begin, spel die gevolge van die dwase se haat vir kennis aan hulle uit.Uit die eerste twee strofes (24-25) van verse 24-28, waarin die dwase verwyt word, is dit duidelik dat hulle reeds 'n vroeŽre aanbod van die wysheid van die hand gewys het.Gevolglik verander die styl van die wysheid van 'n verwyt na 'n dreigement.Die wysheid praat asof dit eintlik te laat is:soos 'n storm sal ongeluk en angs die dwase tref.Hulle sal vir hulle dwaasheid met uiterlike en innerlike nood (angs en verskrikking) vergeld word.Dan sal dit die wysheid wees wat lag, maar dit sal nie 'n onsimpatieke lag wees nie.Hoewel sy nie vir die dwase bereikbaar sal wees in hulle uur van nood, nie is dit tog nie te laat nie.Die dreigement is maar net 'n manier waarop die wysheid die dringendheid van die saak onderstreep.††

In verse 29-31, die tweede verwyt-strofe, kom wesentlik dieselfde gedagte voor.Hier is die verkryging van kennis of wysheid gelykstaande daaraan om die Here te dien, wat beteken dat wysheidsbeoefening 'n godsdienstige saak is.Die slegte gevolge wat die dwase van hulle optrede sal pluk, word die vrugte van jul optrede genoem.Die dwaasheid van hul optrede lÍ weereens in hulle onversteurbare selfvoldaanheid en hul gebrek aan openheid om geleer te word.Dit beteken hulle het geweier om die Here te dien.Weiering om die Here te dien, is om kennis te haat en jou nie aan God se outoriteit en gesag te onderwerp nie.

In verse 32-33 word die kontras tussen die dwase en wyse mense se lot duidelik uitgespel en die belonings- en vergeldingsgedagte word as normale gedagte aanvaar.Sodoende word die oproep van verse 22-23 aantrekliker voorgestel.

Konteks

Wysheid was 'n bepaalde perspektief, wat die ou Nabye Oosterse mens op die werklikheid gehad het.Daarvolgens het die wysheidsleraars hulle aan die destydse wÍreld georiŽnteer.Dit het hulle gedoen deur na die tipiese kenmerke van die wÍreld en die lewe te vra en die sin daarin te soek.Wysheid was vir hulle die soeke na samehang en sin in die lewe.Kenmerkend van die ou Nabye Ooste en die boek Spreuke is die idee dat daar in die skepping 'n fundamentele orde teenwoordig is.Hoewel die Israeliete nie, soos die Egiptenare en MesopotamiŽrs, 'n woord vir die orde gehad nie, was dit ook vir hulle die hoeksteen van wysheid.Die Israelitiese wysheidsleraars het geglo God het hierdie skeppingsorde, wat alle natuur- en menselewe bepaal, in die wÍreld gestel.Wysheid het daarin bestaan om hierdie orde te leer ken en in ooreenstemming daarmee te lewe.Deur so te lewe het die mens erken dat God die skepper van die orde is.Alle wysheid is in wese godsdienstig van aard, want dit gaan van die veronderstelling uit dat God die skeppingsorde waarborg.Daarom is die erkenning (vrees) van die Here die beginpunt van die wysheid (1:7).Op sy beurt bring die wysheid die mens in die regte verhouding met God (Jak 3:18).Die wysheidleraars het dus indirek vir hulle leer op Goddelike gesag aanspraak gemaak.Wysheid is dus niks anders nie as 'n poging om in ooreenstemming met God se wil te lewe: dit is die orde wat Hy ingestel het en self waarborg.Die belonings- en vergeldingsgedagte (vgl 1:26-27, 29-33) kom ook regdeur die wysheidsliteratuur voor.Deur die wysheidsvoorskrifte te aanvaar, onderwerp jy jou aan God se orde en gesag.So 'n mens is wys en word vir sy wysheid met welvaart en sukses beloon.Die mens wat egter nie die wysheidsvoorskrifte aanvaar nie, verwerp God se orde en gesag.Hy is 'n dwaas en word vir sy dwaasheid met teenspoed en mislukking vergeld.Vir die wysheidsleraars met hulle materialistiese uitkyk op die lewe was alles ingestel op sukses en voorspoed in die lewe.

Spreuke 1:20-33 sou binne wyer konteks van Hoofstukke 1-9 verstaan kon word.In Hoofstukke 8 en 9 word wysheid ook as 'n vrou voorgestel.Sy ding mee om die mense se aandag en is ontevrede oor die toeskouersrol wat sy moet vervul.Haar mededinging is ook gepersonifieer as die van 'n dom (Spr 9:1-6) en owerspelige vrou (Spr 5, 6, 7).So gesien, is sy verleidelik en alle mense op die markplein is daaraan blootgestel.Elke vrou het haar eie huis en is op soek na iemand om in te nooi.Waar die vrou van Spreuke 9:1-6 die weg van insig en lewe simboliseer, simboliseer die vrou van Spreuke 9:13-18 die pad na die dood.

Die owerspelige vrou wat ons vandag in terme van ons teks op die pad van die dood verlei, is ons eie gebrek aan openheid om geleer te word en tussen wat reg en verkeerd is, te onderskei.Ons is nie altyd vir God se Woord ontvanklik nie.Daarom kies ons dikwels self wat ons in die prediking pas.As ons kan, kies ons selfs ons geliefde predikers.VanweŽ ouderdom of sekere vaste idees en opvattinge is ons nie altyd ontvanklik vir nuwe dinge wat die Gees van God ons wil leer nie.Daarom is ons dikwels in opstand teen die sinode, kerkraad of dominee wat weer 'n nuwe kaart uit die hoed getrek het!Ons wil eerder op die bekende ou paaie bly (vgl Ps 32:9).Daar voel ons veilig en geborge.Ons is ook nie altyd bereid om na mekaar te luister of enige teregwysing van mekaar te aanvaar nie.As die ouderling 'n leesdiens hou, gaan ons nie, want dit is 'n menskerk.Ons het ook nie altyd die openheid om na ons vrouens, mans, kinders of bure te luister nie, want wat weet hulle nou beter as ons.Buitendien verskoon ons onsself met:You cannot teach an old dog new tricks.Die feit dat ons nie altyd ontvanklik is vir God se Woord nie en ook nie vir ander se vermaning of advies nie, beteken dat ons nie regtig bereid is om te verander nie.Dit is helaas dikwels ook die geval met ons as dominees.Verder ontbreek dit ons aan die onderskeidingsvermoŽ om te weet: watter dinge gee vir mense aanstoot;watter optrede getuig van 'n gebrek aan sensitiwiteit ten opsigte van ons bure, kollegas wat anders as ons lyk, praat, stem en glo.

Die wysheid van God wat ons op die pad van die lewe wil lei, lÍ daarin dat God juis sy hele Woord vir ons gegee het om ons te leer en te onderrig (vgl 2 Tim 3:16-17).God wil ons leer en onderrig, sodat ons in 'n persoonlike verhouding met Hom kan staan, in heiligmaking kan groei en vir die Christelike lewe voorbereid kan wees.Hy wil ook vir ons die begrip en fyn aanvoeling gee (Fil 1:10), sodat ons kan onderskei wat reg en wat verkeerd is, maar ook wat belangrik en minder belangrik is vir ons lewensstyl en dagprogramme.Om na Hom te luister en onderrigbaar (teachable) te wees, vra van ons 'n bepaalde gesindheid en ontvanklikheid (vgl Ps 119:10, 16, 32) vir sy Woord.Ons moet ook dieselfde ontvanklikheid en openheid teenoor die mense rondom ons hÍ, want die Here praat dikwels deur hulle met ons (vgl Woord teen die lig III/4, pp 52-61).†††

Preekvoorstel

Confucius het gesÍ:Wysheid is om jou eie dwaasheid te besef.Dit was juis die probleem met die dwase in ons teks.Hulle was so slim, eiewys, selfvoldaan dat hulle na niemand wou luister nie en van niemand wou leer nie.As moderne mense met al ons kennis en geleerdheid is ons ook maar dikwels blind vir ons eie dwaasheid.So dikwels maak ons in die kerk ook maar vir ons leermeesters bymekaar wat ons pas.So dikwels is ons horende doof vir die stem van God via sy Woord, nie net omdat die sonde ons doof maak nie, maar ook omdat ons beter weet.Ons is mos mondige, selfstandige mense wat vir onsself kan besluit en alles kan bevraagteken. Petrus wat waag om Jesus te berispe, is hiervan 'n mooi voorbeeld (Mark 8:32).Vandaar die geruislose afvalligheid en koelbloedige onverskilligheid van 'n groot deel van die Christendom.Dit ontbreek ons ook dikwels aan die nodige onderskeidingsvermoŽ om ons prioriteite reg te kry Ė veral ons prioriteite teenoor God en sy kerk.Daarom sukkel ons maar om sy stem deur ons vol programme en deurmekaar lewens heen te hoor.Daarom tel ons dikwels onder die wat weier om die Here te dien (29).

As ons nie meer God se stem hoor nie, hoor ons ook nie mekaar se stem nie.As ons nie meer ontvanklik is vir God se Woord nie, is ons ook nie meer ontvanklik vir mekaar se vermaning en advies nie.Dit is so jammer, want dit is noodsaaklik om God se wil te verstaan en ons van eiesinnigheid te bewaar.Om regtig die sout vir die aarde en die lig vir die wÍreld in alle samelewingsfere te wees, is dit essensieel dat ons leerbare Christene moet wees.Vir gesonde huwelike, gesinne en kerklike verhoudinge (ook ekumenies) is dit eweneens net so belangrik dat ons bereid sal wees om na mekaar te luister en vir 'n ander se oortuiging oop te wees.

God bring ons by diť punt dat ons ons eie dwaasheid besef en ons tot Hom bekeer.Hy beskik dit dat ons dowe ore sy stem hoor deur ons eiewilligheid en selfvoldaanheid heen.Hy sorg dat ons sy influistering opvang deur die rumoer van die strate en ons besige programme heen, want Hy wil ons onderrig oor die pad van die lewe (Ps 32:8), want sy Woord is volmaak:dit gee lewe(Ps 19:8).Sy bevele dui die regte koers aan:dit bring blydskap (Ps 119:9).Hy gee vir ons die vermoŽ om te onderskei wat belangrik is en wat nie (Fil 1:10), wat vir ander aanstoot gee en aanvaarbaar is en wat nie.Hy oortuig ons van ons eie ononderigbaarheid (unteachableness) en ons onverstandigheid, en skep in ons 'n leerbare gees wat al hoe meer na sy wil vra (Ps 119:10, 16, 32) en gretig is om van Hom en ander te leer.Hy bring ons tot die insig om soos Confucius te verkondig:Wysheid is om jou eie dwaasheid te besef.

 

Bibliografie

Loader, J.A. 1983:Aantekeninge oor Spreuke.In: Verklarende Bybel (1983-vertaling). Kaapstad:Lux Verbi.McKane, W. 1977:Proverbs:A new approach.London:SCM.