31 Maart 2002

Paassondag

LITURGIESE VOORSTEL (1)

Fokusteks: Psalm 118.

Ander tekste: Jesaja 25:6-9; 1 Korintiërs 15; Johannes 20:1-18.

INLEIDING

Die liturgie vir die Paasfees behoort jubelend en lig te wees; ons Here het immers opgestaan. Tog moet daar ook

momente van verwondering wees, want hoe is dit moontlik dat 地 mens die dood kan oorwin? Daarom staan die

teks van Psalm 118:16 sentraal: "Die Here triomfeer, die Here doen kragtige dade!" Veral op die groot Christelike

feesdae moet ons versigtig wees om die liturgie nie met soveel oordaad te verfraai dat die fokuspunt totaal verlore

gaan nie. Om postmoderne mense deur en in die liturgie te begelei om iets van die wonder van die

opstandingsgebeure te beleef, word gebruik gemaak van 地 "aanskouingservaring". So kan ons kom tot 地 belewing

van die krag van die opstanding in plaas van 地 rasionele uitpluis daarvan.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Votum

Liturg: Die Here, die Almagtige het 地 feesmaal gereed gemaak vir ons. Hy het die dood vir ewig vernietig,

en die trane op ons almal se gesigte afgevee.

Gemeente: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Amen.

Seëngroet

Bring lof en aanbidding uit dankbaarheid vir die redding waaraan Paasfees ons herinner.

Gemeentesang

Gesang 141:1-4; Psalm 118:1, 7. (Beurtsang kan gebruik word deur reëls 1 en 2 deur die mans te laat sing en reëls

3 en 4 deur die dames en reëls 5-8 almal saam.)

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Liturg: Here, ons is rustig wanneer ons by U is. Dit is U wat ons lewe heel maak. By U alleen is ons veilig.

Want U verlos en beskerm ons. Om by U te wees, gee aan ons hoop. Laat die bediening van die

Woord in die lees en prediking vandag dit aan ons bevestig. Amen.

Skriflesing en Woordbediening

Liturg: Lees Psalm 118. (Indien dit moontlik is en die gemeente oor die geriewe beskik, kan die gedeelte

uit die bekende Jesus-film wat handel oor die opstanding nou eers vertoon word.)

Johannes 20:1-18.

DIENS VAN DIE TAFEL

Belydenis van geloof

Apostoliese Geloofsbelydenis en sing daarna Gesang 245:4.

Nagmaalviering

Laat lees 1 Korintiërs 15:1-11 deur iemand anders as die liturg, iemand wat dit met die nodige impak kan doen.

Voorbidding

Die liturg gaan voor in 地 vrye gebed waarin veral gevra word dat die kerk die boodskap van hoop wat volg op die

opstanding van Jesus onbeskroomd sal uitdra.

Offergawes

UITSENDING

Antwoordlied

Gesang 142:1-3.

Seën

Liturg: Jesus leef en ons met Hom.

Gemeente: (Sing enige van die pragtige, getoonsette Amens wat beskikbaar is.)

Fokusteks: Johannes 20:1-18 (alternatief: Matt 28:1-10).

Ander tekste: Handelinge 10:34-43 (alternatief: Jer 31:1-6); Psalm 118:1-2, 14-24; Kolossense 3:1-4

(alternatief: Hand 10:34-43).

INLEIDING

Paasfees is die hoogtepunt van die ganse Christelike jaar en behoort as die mees luisterryke fees gevier te word.

Die liturgiese ruimte behoort in kontras met Goeie Vrydag ryklik versier te word, veral met blomme (wit lelies

word tradisioneel met Paasfees verbind). Die liturgiese kleure vir dié Sondag is wit en goud. Geskikte simbole is

onder meer die Christus-monogram, die Alfa en Omega en die kruis-met-die-kroon.

In die vroeë kerk was dit die gebruik om die doop een maal per jaar in die Paasnag te bedien. In aansluiting hierby

kan dit oorweeg word om die doop op Paassondag te bedien. Indien dit nie moontlik is nie, behoort daar ten minste

地 geleentheid vir die herbevestiging van lidmate se doop ingeruim te word.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Terwyl die Paaskers (地 groot wit kers) ingedra en op 地 prominente plek voor in die kerk neergesit word, sing die

gemeente 地 vrolike Paaslied, byvoorbeeld Gesang 147:1-3/NSG 119.

Votum

Voorganger: Die Heer het opgestaan!

Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan!

Voorganger: Die Heer het opgestaan!

Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan!

Voorganger: Moenie skrik nie: julle soek Jesus van Nasaret.

Waarom soek julle die Lewende by die dooies?

Hy is uit die dood opgewek.

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: As Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud

en ons geloof ook sonder inhoud.

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig,

is ons die mees bejammerenswaardige van alle mense.

LITURGIESE VOORSTEL (2)

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: Die dood is vernietig. Die oorwinning is behaal. Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons

Here en aan sy Gesalfde en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid.

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: Hy moet as koning heers totdat die Vader al sy vyande aan Hom onderwerp het. Die laaste vyand

wat vernietig word, is die dood.

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: Hy wat op die troon sit, sê: "Kyk, Ek maak alles nuut! Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die

einde, die eerste en die laaste."

Gemeente: Die Heer het opgestaan!

Voorganger: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag,

tot in alle ewigheid!

Gemeente: Die Heer het waarlik opgestaan!

Tussen die votum en die seëngroet kan 地 lied gesing word, byvoorbeeld Lied 414:1, 2/Lied 419:1, 4 uit die nuwe

Liedboek.

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die Heilige Gees (sewe Geeste) voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het,

die Heerser oor die konings van die aarde.

Lofsang

地 Gepaste Paaslied soos SOM 27:1, 2.

DIENS VAN DIE WOORD

Gebed

Eerste Skriflesing

Handelinge 10:34-43 (alternatief: Jer 31:1-6).

Psalmrespons: Psalm 118:1-2, 14-24 (as alternatief kan parallelgedeeltes van hierdie psalm deur die

gemeente/koor gesing word).

Tweede Skriflesing

Kolossense 3:1-4 (alternatief: Hand 10:34-43).

地 Lied, byvoorbeeld Gesang 183:1, 3/NSG 160.

Skriflesing uit die Evangelies

Johannes 20:1-18 (alternatief: Matt 28:1-10).

Prediking

Bevestiging van die doop

Almal wat gedoop is en wat begeer dat hulle doop herbevestig word, word versoek om te staan en te antwoord op

die vrae wat gestel word.

Voorganger: Glo jy in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde?

Gemeente: Ja, ek glo.

Voorganger: Weet dan dat die Vader 地 ewige genadeverbond met ons sluit en dat Hy ons tot sy kinders en

erfgename aanneem.

Glo jy in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, ons Here?

Gemeente: Ja, ek glo.

Voorganger: Weet dan dat Jesus Christus vir ons gesterf het en dat Hy ons in die gemeenskap van sy dood en

sy opstanding ingelyf het.

Glo jy in die Heilige Gees?

Gemeente: Ja, ek glo.

Voorganger: Weet dan dat die Heilige Gees in ons woon en ons tot lidmate van Christus heilig.

地 Gepaste lied kan gesing word, byvoorbeeld Psalm 118:14 (ou beryming).

DIENS VAN DIE TAFEL

Groot Eucharistiegebed

Instellingswoorde

Uitdeel van tekens en kommunie

Lofprysing

Moontlik in die vorm van koor- of gemeentesang.

Gebed

Offergawes

UITSENDING

Slotsang

Gesang 142:1, 3/NSG 112.

Seën

Voorganger: Jesus Christus is die opstanding en die lewe.

Gemeente: Hy is ons vrede.

Voorganger: Wie in Hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie.

Gemeente: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid.

Amen (gesing deur die gemeente).

Teks en konteks

Die teks word breedvoerig in Woord teen die lig II/4 behandel.

Psalm 118 het 地 belangrike plek in die Joodse tradisie en die vroeë Christelike kerk ingeneem. Dit is deel van die

Hallel-psalms (Ps 113-118) wat by die meeste Joodse feeste gesing is en dit is ook een van die psalms wat deur

verskeie Nuwe-Testamentiese skrywers aangehaal word.

Psalm 118 hoort tot die genres van lof- en dankpsalms. Verse 1-4 rig aan verskillende groepe binne die geloofsgemeenskap

die oproep om God te dank. Daarna volg die danklied van die enkeling in verse 5-21. Die meerderheid

uitleggers meen dat Psalm 118 in wese 地 feesliturgie (Dankfeestliturgie) is as gevolg van die liturgiese aard van

verse 1-4 en 19-21, asook die klem op die gelowige gemeenskap in verse 22-27. Daarby word verse 1-4 gesien as

地 beurtsang tussen die priester en die volk voor die poorte van die tempel. In verse 5-18 getuig die individu van sy

nood en redding deur Jahwe en sluit sy betoog in verse 19 en 21 af met die begeerte om God te loof in die tempel.

Vers 20 dui moontlik op die reaksie van die poortwagters. In verse 22-25 vind ons die reaksie van die skare op die

wonderwerk van die Here en verse 26-27 beskryf die seën van die priesters voor die bidder die tempel binnegaan.

PREEKSTUDIE - PSALM 118

Burden interpreteer Psalm 118 só dat hy daarin drie artikels van 地 geloofsbelydenis terugvind. In verse 5-13 vind

hy die eerste artikel, naamlik: "Jahwe is vir my tot hulp." In verse 14-19 vind hy die tweede artikel: "Jahwe het my

verlos." Die derde artikel van die geloofsbelydenis vind hy in verse 20-28: "Die Here is God ... U is my God." Uit die

enkeling se belydenis is drie dinge duidelik: (1) Die Here is aan my kant daarom hoef ek nie bang te wees nie. (2)

Ek sal nie sterwe nie maar lewe om Jahwe se verlossingsdade te verkondig. (3) Die Here het my getugtig.

In Postille 42 sê Vreekamp dat die grondtoon van hierdie psalm die "erkenning" van die Naam van die Here is.

"Psalm 118 is één grote 粗rkenning. We horen 28 maal de onuitsprekelijke NAAM, waarvan 6 maal in de intensiewe

vorm Jah. De doorgaande erkenning van de Naam komt op uit de ervaren bevrijding uit de engte: de gegeven ruimte

roep om openlijke lofprijzing van de Naam des HEREN. We moeten bedenken dat in Israël de Naam de plaats

van het godsbeeld innam en dat de Naam leefde, tot gestalte kwam in de 粗rkenning. Daarom is 粗rkenning een

hoogkultische akt. De erkenning verteenwoordigt Jahwe, stelt Hem present."

Die interpretasie van Psalm 118 sal beïnvloed word deur identifisering van wie die verskillende sprekers is. Daar is

dié wat meen dat die bidder in verse 5-21 地 koning, leërbevelvoerder of volksleier is en aanvaar dat dié verse op

地 militêre oorwinning dui. So gesien, word vers 10 sinvol verklaar en die betrokkenheid van die gemeenskap by die

lotgevalle van die enkeling maak sin. Hoewel Wolff die spore van 地 koningslied in Psalm 118 raaksien, beklemtoon

hy dat ons liewer moet vra: "Welcher bedrängte Israelit, der zu Jahwe geschrien hat und vom ihm erhört wurde,

konnte sich hier niet wiederfinden?"

Kraus verwys na die feit dat hierdie psalm so belangrik is in die Nuwe Testament. Hy sê die rede is die belangrike

rol wat Psalm 118 in die Judaïsme gespeel het. Dit is gesing by die pasga en die Loofhuttefees. Verder sê hy:

"Finally it should be mentioned that in Judaism Ps 118:22-23 was interpreted as referring to Abraham, David, and

the Messiah. A messianic interpretation was in the air." Jesus betrek Psalm 118:22-23 op sy vernedering en

verhoging in Matteus 21:42 (vgl ook Mark 12:10-11; Luk 20:17). Lukas neem die beeldspraak van die klip verder en

sien dit ook as simbool van die skuld en die oordeel. Petrus wys in Handelinge 4:11 in sy toespraak voor die Joodse

Raad daarop dat die lotgevalle van Jesus treffend met die beeld van Psalm 118:22 beskryf kan word. In 1 Petrus

2:6-8 neem hy weer die beeld van Psalm 118:22 op, maar kombineer die heilsbetekenis van die klip met die idee

van die oordeel oor dié wat Christus nie as Uitverkorene van God wil erken nie. Verder gebruik al die Evangelies

Psalm 118:25-26 om te wys hoe Jesus tydens sy intog in Jerusalem geprys is. Verder verwys die skrywer van

Hebreërs na vers 6 met amper 地 woordelikse aanhaling. Burden stel dit dat Nuwe-Testamentiese skrywers aanhaal

in 地 nuwe konteks, 地 konteks wat geloof in Jesus as die Messias wil opwek.

Die skopus van Psalm 118 is om, in die lig van die wonderbaarlike redding van 地 individu en die volk se reaksie

daarop, die lesers en hoorders op te roep om, soos húlle, in God te glo, Hom te dank en te aanbid. Hierdie psalm

beklemtoon die vermoë van God om in sy genade en mag die lot van 地 nietige mens te verander. Verder

beklemtoon die psalm ook die volgende teologiese aksente:

Alles moet verstaan word teen die agtergrond van God se goedheid en liefde (vv 1-4, 28-29). God betoon

sy hesed aan sy volk weens die besondere band wat Hy met die volk het.

Daar is 地 onlosmaaklike band tussen die gelowige en die breër gemeenskap wat duidelik word in die

blydskap van die volk (vv 22-24) oor die redding van die koning (vv 5-21).

Die redding moet verstaan word as 地 genadedaad en magswonder van die Here alleen soos verse 6-7, 14

en 21 wys. Die "Naam van die Here" dui op die persoonlike betrokkenheid van die Here by die stryd van

die koning.

Die belangrikheid van vers 22 staan sentraal in die psalm. Dié beeld laat val die lig op sowel die

magswonder van God as die totaal hopelose posisie van die koning voor sy redding.

Oor Psalm 118 het Luther die volgende gesê:

"This is my psalm which I love for truly it has deserved well of me many a time and has delivered me from

many a sore affliction when neither the Emperor nor kings nor the wise nor the cunning nor the saints were

able or willing to help me."

Benewens al die homiletiese moontlikhede in Woord teen die Lig is daar ook nog 地 paar ander. In Postille 42

(1990:91) het Vreekamp drie preke gemaak met onder meer die volgende perikope en teksverse: Psalm 118:1-18

met vers 14 as teksvers; Psalm 118:19-25 met vers 21 as teksvers, en Psalm 118:26-29 met vers 28 as teksvers.

Schoneveld het in Postille 29 (1977-1978) 地 preek gemaak na aanleiding van verse 24 en 25.

Theissen het ook 地 preek gemaak oor Psalm 118:17-19 met die titel: Life a hymn to God in the face of death.

Hier volg 地 weergawe van die preek:

Verse 17-19 is die taal van iemand wat die noue ontkoming gehad het om uit 地 noodlottige ongeluk te ontsnap, of

wat bevry is van die moontlikheid om aan 地 ongeneeslike siekte te ly of wat vrygespreek is van 地 ernstige aanklag

teen hom. Vir enigiemand wat so bevry is, skyn die lewe weer nuut soos lig in die donker en lente ná die winter. So

iemand kan nie anders nie as om God te loof, want God het sy Woord gehou.

Maar dit is net die een kant van die saak. Toe Diogenes die talle inskripsies gelees het wat in die tempel van

Samothrake geskryf is deur mense wat 地 skeepsongeluk oorleef het, het hy opgemerk: "En hoeveel meer

inskripsies sou daar gewees het as almal wat verdrink het hulle inskripsies kon byvoeg!" Wat moet ons hierdie

siniese filosoof antwoord? Theissen sê hy het twee antwoorde vir Diogenes.

Die eerste is: "Hy is reg." Hy is meer reg as wat hy besef het. Want eendag sal ons almal aan die kant van die

drenkelinge staan. Ons almal se uur sal nader kom. Daar sal 地 tyd kom dat die woorde "Ek sal nie sterwe nie," nie

meer waar sal wees van ons nie. Want vir ons almal sal dit wees dat ons sal sê: "Ek sterwe," selfs al is ons talle

kere uit die dood se kloue bevry.

Maar sy tweede antwoord aan Diogenes sal wees: "Hoeveel meer inskripsies van dankbaarheid sou daar nie

gewees het as almal wat lewe hulle inskripsies sou byvoeg nie?" Het elkeen van ons nie duisende geleenthede vir

dankbaarheid nie?

Sal ons dankbaarheid weerlê word as ons gekonfronteer word deur die skemer net voor die dood? Nee, sê

Theissen. Die skemer wat sal kom, is slegs die teenbeeld van die groot lied tot die lewe wat ons sing elke moment

van ons bestaan. Ons sing dit sonder klank en musiek wanneer ons sien, hoor, asemhaal en ruik. "We sing it as a

hymn to the bond between all things which has brought us into being and which we involuntarily affirm our little,

vanishing life."

Hy glo dat die hele lewe 地 onbewustelike loflied is tot die lewe in die mees omvattende sin tot die lewe van God

in wie se lewe ons lewe verborge is. Dit is 地 loflied by die graf van die dood. En juis hier is dit hard en

onweerstaanbaar. Hy vertel hoe die bevestiging van die lewe nog nooit so kragtig deur hom beleef is nie as toe hy

op agtien by sy broer se kis gestaan het nie. Hy het 地 vloedgolf van die bevestiging van die lewe tussen die hartseer

deur beleef. Want sy broer het gesterf aan 地 siekte wat by hom verbygegaan het. Dit het sy broer weggeneem,

maar by hom verbygegaan. Hy sê dat hy toe die eerste keer bewustelik begin lewe het. "The mere existence of all

things became a great song with a theme on which I could continue to compose variations. Thus even the life of my

brother which had suddenly broke off seemed to find a kind of continuation in my life. Had I known the Bible better

at that time, I might perhaps have said: 選 shall not die, but I shall live, and recount the deeds of the Lord."

Maar hy sê dat dit onmoontlik vir hom sou wees om by te voeg: "Die Here het my swaar gekasty, maar my nie aan

die dood oorgegee nie." Tugtiging is vir hom 地 negatiewe woord want dit beteken tugtiging met die doel om te leer.

Tugtiging is 地 reaksie op die swak gedrag by kinders. Is al die katastrofes van die lewe maar net die gevolg van

skuld en mislukkings? Hy glo nie dat dit so is nie.

Maar hy glo dat alle krisisse en katastrofes 地 geleentheid is om die lewe te verander. Daarom kan hy die beeld vorm

van God as die Een wat ons onderrig. Al die moeilike situasies wat hy in sy lewe ervaar het, het dié boodskap gedra:

"Verander jou lewe." "If I approach the painful situations of life with this attitude, I can react much more constructively

than if I am obsessed with bitterness and resignation. And that applies even when it is clear that one day suffering

will prove too much for me and will lead to death. One day life will end. But even then there will be another message:

Then it will no longer be about overcoming this suffering; it will call on me to endure it, to bear witness to a life which

is not contradicted by death."

Maar waar sal 地 mens hierdie opleiding kry? Waar word ons geleer om lofliedere tot die lewe te sing en deur dit

te doen nie die donker teenkant van die dood uit te los nie? As Christene het ons 地 unieke geleentheid. Ons almal

het by die graf van ons broer gestaan. Ons kan by sy graf ervaar hoe trots in die lewe gekruisig en begrawe word.

Ons almal kan ervaar hoe dit nie die einde van alles is nie. "The courage to live of all those who are associated with

this brother will rise again every day. We will be associated with him in life and death. We will continue a different

life in our life, which has died in his place. And between waves of pain and mourning in this life we shall always be

caught up in a flood of infinite affirmation of life. And we shall time an again sing and say the great hymn of praise

to life itself, to God."

"Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en van die dade van die Here getuig."

Die prediker sal moet besluit of hy of sy oor die hele psalm wil preek of aan die hand van spesifieke tekste. In die

preekvoorstel word aan die hand van Warth en Kraus se preekvoorstelle probeer om oor die hele psalm te preek.

So het die prediker 地 keuse om te maak uit die twee moontlikhede.

Preekvoorstel

Een van die eerste verwysings na die eerste Christelike gemeente is 地 verwysing waarin Plinius in 地 brief berig wat

die staatspolisie oor die Christelike gemeente te sê gehad het. Wat die heidense beamptes opgeval het, was dat

die gemeente gereeld op 地 vaste dag voor skemeroggend vergader en Christus vereer het as God deur lofliedere

vir Hom te sing. Die Christelike gemeente was dus van die begin af 地 singende gemeente. Wat kan gelowiges

anders doen wanneer hulle die liefde en goedheid van God belewe? Jy sing daaroor. Al singende verkondig jy die

lof van die God wat jou uit die grootste gevaar gered het.

Psalm 118 is deur alle eeue heen deur die gelowiges gesing. Van die Ou-Testamentiese tyd, in die vroeë Christelike

kerk, reg deur die Reformasie en daarna. Van Psalm 118 het Martin Luther gesê:

"This is my psalm which I love for truly it has deserved well of me many a time and has delivered me from

many a sore affliction when neither the Emperor nor kings nor the wise nor the cunning nor the saints were

able or willing to help me."

Tog is daar vandag baie situasies en omstandighede wat die kerk beroof van die vreugde om te sing. Ons vreugde

word weggesteel deur die roofdiere wat dreig en grom om ons. Wanhoop, moedeloosheid met ons situasie,

ongeloof, asook die feit dat ons ons fokus op God verloor, neem ons vreugde weg.

Hoe word ons lof nie soms stil wanneer ons uit die oog verloor wat hierdie God kan doen nie. Wanneer ons nie meer

glo dat Hy ons uit diepste ellende kan red nie en nie meer leef met die vaste oortuiging dat God kan ingryp en dinge

op aarde kan doen wat niemand anders kan doen nie. Maar Psalm 118 wil ons help om die vreugde te ontdek deur

weer te sing. Met oorgawe soos in hierdie psalm, op verskillende maniere, met verskillende stemme.

Waarin lê die krag van hierdie psalm? Wat help ons om weer 地 loflied uit die stof te laat sing? Die feit dat God se

goedheid en liefde deur 地 individu en 地 hele gemeenskap beleef word. Daarom is Psalm 118 地 oproep aan die

volk om God te loof, maar ook om te luister na die vertelling van die kragtige dade van God wat des te meer rede

tot lof gee. Hierdie psalm wil ons help om soos die bidder die essensie van ons geloof opnuut te bely, om God te

dank en Hom te aanbid.

Wie is die bidder van verse 5-21? Dit is 地 enkeling in nood wat beleef hoe hy omsingel word deur sy vyande. Dit is

moontlik 地 koning of 地 leier wat in 地 veldslag gehelp is om 地 militêre oorwinning te behaal. En tog kan hierdie psalm

ook die woorde van 地 individu wees wat deur God uit sy nood gered is. Enige Jood sou hom kon vereenselwig met

die woorde van die bidder omdat elke gelowige God se goedheid en liefde op wonderbaarlike maniere beleef.

Die bidder van Psalm 118 beklemtoon een van die mees fundamentele aspekte van die Christelike geloof en dit

is dat redding van God alleen kom. Die geloof in die sola gratia-woorde van die Reformasie. Want as dit nie vir

genade was nie, was ons ook nie ook nie die kerk nie. Sonder genade sou ons nie gewees het waar ons vandag

is nie en sou ons nie die moed gehad het om op pad na die toekoms te wees nie. Maar ons sien juis kans, want

God is genadig.

Word genade nie die beste uitgedruk deur die woorde "die Here is by my" nie? Om te kan leef met die vaste grond

onder jou dat die groot en magtige God by jou is! Daarom besing die bidder dit nie minder nie as vier keer in verse

6-8. En om by hierdie Here te skuil is:

om geen vrees te ken nie;

om te weet Hy help jou, en

dit is beter as om op mense te vertrou.

Dit is die genade waarvan Jesaja 41:13 praat: "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou moenie bang

wees nie, Ek help jou." En Paulus besing ook hierdie genade wanneer hy dit in Romeine 8:31 uitjubel: God is vír

ons! Genade is om te leef uit die wete dat God vír jou is.

En in genade is God die Een wat handel. Op nie minder nie as vyf plekke beklemtoon die bidder dit:

vers 14: Die Here is my krag en my beskerming.

Dit is Hy wat my red.

vers 15: Die Here doen kragtige dade.

vers 21: U het my gered.

vers 23: Dit is deur die Here gedoen.

Redding kom van God alleen Hy het geen menslike helper daarvoor nodig nie. Is dit nie dié rede dat Luther wat

die genade van God opnuut ontdek het, dit in hierdie psalm teruggevind het en daarom so lief was vir hierdie psalm

nie? Daarom het hy ook 地 hele boek oor Psalm 118 geskryf. Beskryf genade nie op 地 wonderlike, eenvoudige

manier die basis waarop ons geloof berus nie? Want alles wat ons kan sê oor die manier waarop God ons in die

heil laat deel, het sy genade as basis. Genade is nie maar net iets van God nie. God se genade is eintlik God self.

Maar aan wie bewys God sy genade? Is dit nie juis aan dié wat reeds deur ander afgeskryf en verag is nie? Van

die vroegste tye met sy volk, wat maar 地 veragte volkie was, loop sy genade soos 地 goue draad deur die lewe van

dié wat nie veel agting en respek van ander ontvang het nie. Soos 地 tollenaar wat nie anders kan as om hom te

beroep op die één aspek van God nie sy genade.

En wie was meer verag en meer as 地 uitgeworpene beskou as Jesus self? Hy was die klip wat deur die bouers

afgekeur is en wat toe die belangrikste klip in die gebou geword het (vv 22-23). Daarom het Jesus self hierdie vers

op sy vernedering en verhoging betrek in Matteus 21:42. Ook Petrus verklaar in sy kragtige boodskap ná die

uitstorting van die Heilige Gees dat die Jode hierdie klip afgekeur het en dat Hy tog die belangrikste klip in die gebou

geword het.

God wys met sy magtige reddingsdaad aan die kruis en met die opstanding hoe Hy in die lewe kan ingryp en kan

verlos, hoe Hy sy reddingsdaad betoon aan iemand wat deur almal verag en afgeskryf is. Maar die vraag is hoe

hierdie gebeure ons soms onaangeraak en koud kan laat. Op Paassondag kom daar 地 opflikkering wat gou weer

verdwyn. Dan wys ons ons bangheid vir die lewe, hoe ons moed wil opgee en hoe ons geloof klein word in die

realiteit van die storms van die lewe. Waarom gebeur sulke dinge? Is dit nie wanneer ons nie meer uit die genade

leef nie en dan nie meer ons vertroue op God alleen plaas nie? Want elkeen van ons probeer tog maar in die lewe

regkom op ons eie. Die Ou-Testamentiese teoloog Kraus het dit só verwoord:

"Ons almal sug na oorwinnings en suksesse wat ons self behaal het. Elke dag soek ons hart na nuwe suksesse in

ons beroep, in ons samelewing, in die wetenskap, in die politiek, in sport. Altyd is ons hart op soek na klein oorwinnings

en lofliedere op homself en word hy beangs en versteen as mislukking of 地 dreigende katastrofe op die

horison verskyn. So verhinder ons hart ons om die oorwinningsboodskap van die evangelie ons eie te maak."

地 Mens moet eers aan die einde van jou eie krag kom en ervaar dat die probleme groter is as wat jy op jou eie kan

hanteer. Dalk moet jy eers besef dat jy so omsingel is soos die bidder en dan in jou desperaatheid jou toevlug neem

tot God alleen. Dan eers is 地 mens seker bereid om jou probleme en die bedreigings aan te pak in die Naam van

die Here. Drie keer weerklink dit in verse 10-12 dat die bidder die aanval en bedreigings in die Naam van die Here

weerstaan.

Ook sien ons in Psalm 118 dat die redding van die een vreugde bring vir die mense rondom hom. Daar waar 地

individu die genadedaad beleef van God wat hom red uit die nood, daar is 地 aansteeklike vreugde. Ons sien die

verwonderde blydskap van die volk oor God se genadige ingryping in die lewe van die koning. Daar is dus 地

onlosmaaklike band tussen 地 gelowige en die breër gemeenskap. Daar is vreugde en blydskap wanneer God se

genade beleef word. God se genade werk aansteeklik. God se genadedaad aan die één bring vreugde vir die

menigte. En wie is die menigte? Luther sê: "Dit is die ellendiges, die arme sondaars, die verdruktes, die veragtes,

die geringstes, die ongeleerdes wat bly was en die steen graag wou hê." Kan daar méér vreugde wees as wat

moontlik is ná die dood en opstanding van Jesus? Daarom het die reddingsdaad van die één Veragte aan die kruis

vreugde gebring vir 地 menigte om Hom. En dít is die Paasgemeente wat altyd die lof van die Here sal verkondig.

Nou kan die gelowiges ná die kruis en opstanding met nuwe inhoud sing wat in verse 15-17 staan:

"Die Here doen kragtige dade,

die Here triomfeer

Ek sal nie sterwe nie , ek sal lewe

en van die (magtige) dade van die Here getuig."

Deur die magtige daad van God het ons nou nuwe vryheid en lewe. Ná Pase ervaar ons die genade van God op

nuwe maniere: dat daar hoop en lewe is vir die mees verworpe van alle mense. En ons wat as veragtes deur God

behandel moes word, word in genade deur Hom gebruik om ingebou te word as stene in 地 geestelike huis.

Met verwonderde blydskap kan ons sing:

"Loof die Here, want Hy is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie."

Of in die woorde van Jeugsangbundel 2, Lied 9:

"Ek roem u Naam, ek wil graag sing.

Ek wil U eer, U hulde bring.

Want daar is trou en liefde by U, Heer.

Ek wil voor U buig,

met my hele hart getuig

van u groot ontferming,

genade vir 地 sterfling."

Bibliografie

Burden J J. Psalms 101-119. Kraus H-J. Theology of the Psalms. Theissen G. Traces of light. Schoneveld J. Postille

29. Van Velden R & Burger C W. Woord teen die Lig II/4: Riglyne vir die prediking oor die Psalms. Vreekamp H.

Postille 42.