24 November 2002

Sondag van Jesus die Koning

LITURGIESE VOORSTEL (1)

Fokusteks: Psalm 100.

Ander tekste: Esegiël 34:11-16, 20-24; Efesiërs 1:15-23; Matteus 25:31-46.

INLEIDING

Op die laaste Sondag van die kerklike jaar vier ons die Koningskap van Christus met 地 spesiale fokus op Jesus die

Koning. Die fokusteks (Ps 100) bepaal dus die toonaard van die erediens. Die aard van Jesus se Koningskap, dit

wil sê dat Hy heers deur versorgende diens (herder) aan sy "skape", word op allerhande maniere geprys en geëer.

Almal word opgeroep om hieraan mee te doen, nie net die Here se mense nie. Die ganse skepping en wêreld moet

Hom eer (adore), Hom aanbid en oor Hom bly wees. Psalm 100 gaan oor aanbidding. En ons aanbidding is nie ons

inisiatief nie. Dit is 地 respons op wat God eerste gedoen het. Hy het ons gemaak (skepping, verkiesing, bevryding,

verbond); dit is waarom ons (sy maaksel, sy kudde) daar is, en hierdie aksie van God in ons lewe bring die respons

van aanbidding; bring ons daartoe om Hom met lof en aanbidding met ons hele hart te antwoord.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Dit is in lyn met Psalm 100 dat ons mekaar op hierdie Sondag daaraan herinner dat dit nog 地 keer God (Herder-

Koning of Iemand met gesag omdat Hy versorg) is wat ons hier bymekaargebring het; ook op hierdie laaste Sondag

van die kerkjaar. Ons is in die erediens op sy inisiatief. Dit is reeds 地 rede om Hom te prys (eerste voorganger). 地

Ander voorganger kan dan Esegiël 34:11-13a voorlees of voordra. Of die gemeente kan in stilte hierdie gedeelte

self lees en daaroor nadink. Hoe het God ons gereeld in hierdie jaar versorg deur ons tot hier te bring?

Die gemeente kan vervolgens kans gegee word om te vertel wat God die afgelope jaar of tyd in hulle lewe "gemaak"

(Ps 100:3) het.

Vra die gemeente om liedere van lofprysing/aanbidding in dié verband voor te stel en sing dit aanbiddend saam.

Die alternatief is dat die liedere vooraf gekies word (veral as die liturgie volledig op 地 pamflet uitgedeel word). Hoe

die liedere gesing word (met 地 orkes en jeuggroep) sal afhang van elke gemeente se situasie.

Efesiërs 1:15-23 kan op 地 soortgelyke manier as alternatief gebruik word. Paulus skryf aan die gemeentes wat hom

tot aanbidding van God en groot dankbaarheid gebring het. God se werking het aan die gemeente sin gegee deur

aan hulle geloof in God (地 verhouding met God) en liefde vir mekaar (地 verhouding met mekaar) te skenk. Ook

wysheid, ware kennis, ewige lewe en die krag van die opstanding. God is werklik die Koning oor alles; God is in

beheer ten spyte van wat ons sien en ervaar.

Gee die gemeente die geleentheid om te vertel watter van hierdie dinge by hulle waar is. Wat sou hulle kon byvoeg?

Iemand kan ná die persoonlike getuienisse gevra word om God daarvoor te prys met 地 dankgebed. Dan kan die

gemeente die Here met dank en aanbiddingsliedere prys.

Hierna sou die gemeente gelei kon word om meer in mineur toon te bely dat hulle God se werking in hulle lewe, sy

Heerskap nie genoeg raakgesien en gehoorsaam daarop gereageer het nie. Esegiël 34, veral vanaf vers 17, kan

sinvol hiervoor gebruik word. Sionsgesang 223 ("Heer, wees ons genadig" of "Kyrie eleison") kan sonder begeleiding

地 paar keer gesing word.

Die votum (die vaste formule wat jy in Koninkrykstyd gebruik het; vgl die eerste liturgie in Koninkrykstyd) met 地

responslied daarop is die oorgang na die diens van die Woord.

DIENS VAN DIE WOORD

Bid om die leiding van die Gees of sing 地 lied (JSB 2 45: "Spreek, Heer, spreek, Heer, laat u kinders luister ").

Laat 地 voorganger Psalm 100 voorlees of voordra en sing as respons daarop Psalm 100 of 地 juiglied uit die NSGbundel.

Met die lees van die Bybel kan die gemeente die volgende doen: Deel met die persoon langs jou net een ding wat

jou met die luister na die teks geraak het. Dit is nie verpligtend nie en dit gaan nie oor reg of verkeerd nie.

Hierna gee die prediker sy getuienis (prediking). Dit is nie 地 regstelling van die ander getuienisse nie, maar 地

byvoeging tot die paradoksale waarheid van die Woord. Jesus het volle gesag oor ons lewe; ons hele lewe is aan

Hom onderwerp (Koning) omdat Hy ons van geslag tot geslag in liefde versorg (Herder) dit behoort op die een of

ander manier die tema te wees.

Die respons op die prediking van die Woord kan weer eens 地 geleentheid tot aanbidding wees of 地 lofprysingslied.

DIENS VAN DIE TAFEL

Die tafel herinner ons op 地 unieke manier daaraan dat Jesus die Here van ons hele lewe is deur sy herderdiens.

Die Herder het sy lewe afgelê vir sy skape. Die voorganger gaan na die tafel, breek die brood by die tafel en herinner

die gemeente daaraan dat Jesus sy lewe vir ons afgelê het om ons nou en vir ewig te versorg en om op hierdie

manier van ons almal versorgers van mekaar te maak. Hierdie simbool behoort sterker te praat as baie woorde.

Maak die woorde dus maar min, eerder poëties en nie verduidelikend nie. Die gemeente kan ook die kans gegee

word om in stilte hieroor na te dink sodat die wonder kan insink in almal se harte.

Hierna behoort die gemeente in die lig van hierdie oorvloedige goedheid van God (die herinnering en herontdekking

daarvan) hulle geloof in Hom te bely. Dit sal nie vervelig wees om die belydenis te begin met Psalm 23 nie. Die voorganger

of iemand anders kan Psalm 23 voordra en daarna kan die hele gemeente die Apostoliese Geloofsbelydenis

hardop saam met die kerk van die Here bely.

UITSENDING

Dit gemeente behoort gehelp te word om te ontdek dat aanbidding van God nie net 地 liturgiese gebeurtenis in die

erediens is nie. Ons word juis uitgestuur om die werk van God (liturgie) sendend te gaan doen in die volle lewe.

Liturgie is alleen ware liturgie wanneer dit totaal missiologies is. Ons is gestuur om in alles te respondeer op God

se dade en werking in ons lewe (Ps 100:3b, 5). Om 地 lewe van aanbidding te leef. Dit beteken onder meer om te

bid sonder ophou. 地 Lied of 地 kort herinnering aan die gemeente in dié verband behoort hierdie moment van die

diens te kenmerk.

Fokusteks: Psalm 100.

Ander tekste: Esegiël 34:11-16, 20-24; Efesiërs 1:15-23; Matteus 25:31-46.

INLEIDING

Dit is die laaste Sondag in Koninkrykstyd. Ons staan op die drumpel van Adventstyd die belofte van die Koning.

Laat die erediens getuig dat ons 地 lewende God aanbid die Koning van die konings. Laat ons juigend deur die

poorte gaan.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Votum

U my groot Koning, sorg vir my.

U sit my neer in die skadu van die groot maroela as die son rooi word.

U gaan haal die wolke wit uit hul wegkruipplek en roep my sustertjie nader vir die reën wat my brandende voorkop

doop en die velde groenrok aantrek vir die fees.

U maak my hart jonk soos die bokkie wat aftrippel na die watergat. Ek hou u hand vas en in u spore trap ek veilig

want hulle is reg.

My oë blink van vreugde as die skape wattewit lammers die lewe inbring!

Al jaag die Donkerman my terug oor die klipperige rante na die Groot Kraal soos vir 地 wilde ooi, bly ek u lam.

Want ek soek U. U roep my naam, dan kom ek.

U laat die boompie groei waaruit ek my kierie sny en my pylpunt het U self skerpgemaak teen die kruishout!

U, my Groot Indoena, sprei my slaapkaros oop en sorg dat die Labola-bees blink is van die vet.

My voorkop glinster van u genadigheid en my oë brand vol dankbaarheid oor die nuwe pappot en die reën.

U jaag die tokkelos weg voor my kaia-deur en my pikanienies is soos baie krale om my nek.

My kalbas loop oor van die Koringbier en ek weet nie wat ek met al die goedheid moet maak nie.

LITURGIESE VOORSTEL (2)

Ek gooi u uitgelote kleed oor my skouers en ek loop na Bet-El.

Dan dank ek met al my mag en ek sing ...

Ek sing!

(Ps 23 soos deur 地 swart man weergegee.)

Gemeentesang

Lied 456:1, 3 (nuwe Liedboek).

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon en van

Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die Eerste wat uit die dood opgestaan het, die Heerser oor die konings

van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van al ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak,

priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Liturg: Die Here ons God is 地 magtige God

Gemeente: 地 God bo alle gode, Here van lande en volke.

Liturg: Die dieptes van die aarde rus in God se hand.

Gemeente: Die bergtoppe loer oor die palms van God se hande.

Liturg: Die magtige waters gehoorsaam sy stem

Gemeente: die stem wat hulle bymekaargeroep het.

Liturg: Die droë land ken die aanraking van sy vingers

Gemeente: die vingers wat hulle gevorm het en groenigheid laat uitspruit.

Liturg: Van hulle stof is ons geskep,

Gemeente: man en vrou, as die beeld van God.

Liturg: Waarom maak ons dan ons harte hard?

Gemeente: Waarom beproef ons ons Skepper?

Liturg: Waarom twyfel ons aan onsself?

Gemeente: Waarom vra ons vrae oor God se weë?

Liturg: Die Here ons God is 地 God bo alle gode.

Gemeente: Laat ons die Here loof met ons lofliedere.

Gemeentesang

Psalm 100:1-4; Lied 223:1-3; Lied 492:1-3 (nuwe Liedboek).

Gebed

Vergewe ons, Here God,

ons opsetlike sondes

en dié van versuim;

die sonde van ons jeug,

en van ons ryper jare;

die sonde van ons gedagtes

en van ons liggaam;

ons geheime en ons blatante sondes;

dié wat ons uit onkunde

of uit ongeërgdheid doen

én dié wat ons vooruit bedink en beplan.

Vergewe ons, Here,

die sonde wat ons doen

om onsself te bevoordeel

of om ander mense te plesier;

die sonde waarvan ons weet

en wat ons onthou,

maar ook dié wat ons vergeet het;

die sonde wat ons van ander probeer wegsteek

en van onsself

en dié waardeur ons ander tot sonde verlei het.

Vergewe hulle ook God.

Vergewe ons almal ter wille van Hom

wat vir ons sonde gesterf het, en opgestaan het

sodat ons vrygespreek kan word,

en wat nou aan u regterhand sit

om vir altyd vir ons in te tree,

Jesus Christus, ons Here.

(Gebed van John Wesley uit: Wat Here is en lewend maak deur Dirkie Smit.)

Gemeentesang

Lied 219:1, 2 (nuwe Liedboek).

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Here Jesus Christus, die tyd om fees te vier het aangebreek. Kom wees tussen ons terwyl ons U met "hosannas"

groet. U is ons Redder en ons Verlosser. So wil ons U eer nie omdat U wondertekens op aarde gedoen het nie,

maar omdat U reg en geregtigheid laat triomfeer het. Ons lofprysing sal u vyande laat pleit: "Dink aan ons wanneer

U in u ryk kom."

Koningherder, ons Messias, wees tussen ons, wees met ons in die Naam van die Here!

Amen.

Skriflesing

Psalm 100.

Prediking

Gebed

(地 Lidmaat in die gemeente met die talent om te kan voordra of lees sou hier die Griekwa-weergawe van Psalm

100 kon voordra uit Innie skylte vannie Jirre deur Hans du Plessis.)

DIENS VAN DIE TAFEL

Skriflesing

Efesiërs 1:15-22.

In Artikel 33 van die Nederlandse Geloofsbelydenis bely ons: "Ons glo dat ons goeie God, omdat Hy rekening hou

met ons stompsinnigheid en swakheid, die sakramente vir ons ingestel het om sy beloftes aan ons te beseël, tekens

van sy goedheid en genade teenoor ons te wees en om ons geloof te voed en in stand te hou."

(Die liturg nooi nou die gemeente om aan te sit aan die tafel van die Here ... om toe te laat dat die Here deur die

tekens van brood en wyn hulle geestesoë sal verhelder sodat hulle die Koning sal sien.)

Nagmaalepiklese

Geloofsbelydenis

Instellingswoorde

Uitdeel en kommunie

Die gemeente kan Lied 303 (nuwe Liedboek) sing terwyl die tekens uitgedeel word.

Dankoffer

UITSENDING

Skriflesing

Matteus 25:31-46 die Koning se voorskrif aan sy kinders Koningskinders.

Gemeentesang

Lied 499:1-3 (nuwe Liedboek).

Seën

Mag die sterkte van God julle dra.

Mag die krag van God julle bewaar.

Mag die wysheid van God julle anker.

Mag die hand van God julle beskerm.

Mag die weë van God julle begelei.

Mag die skild van God julle verdedig.

Mag die leërskare van God julle omring.

Sodat die koninkryk deur julle kan kom.

Amen.

Teks

Tekskritiese probleme

Die Masoretiese teks van die tweede deel van vers 3b (welô> >anahnu) skep 地 tekskritiese en gevolglik ook 地 interpretasieprobleem.

Dit kan op 地 paar maniere gehanteer word: (1) Die ketib-lesing word behou, en die vertaling lui:

"Hy het ons gemaak, en nie ons self nie" (LXX, Symmachus, Peshita, Van der Ploeg, Brueggemann, ens). (2) Die

lô> word behou, maar in plaas van 地 negatiewe partikel word dit as 地 bevestigende partikel beskou, met die

vertaling: "Hy het ons gemaak, en ons is werklikwaar sy mense" (Lewis). (3) Die ketib word behou en 地 kousale

betekenis word aan dié partikel toegeken: "Hy het ons gemaak, en gevolglik is ons sy mense" (Whitley). (4) Die

Masoretiese Qere-lesing word gevolg: "Hy het ons gemaak, en ons is Syne." 地 Hele paar manuskripte,

Hieronimus, die Targum, die meeste eksegete en vertalings steun hierdie standpunt. Op die keper beskou, maak dit

nie werklik saak watter keuse uitgeoefen word nie; teologies kom dit op dieselfde neer: die gemeente se erkenning

dat hulle Jahwe se skepping en eiendom is, en per implikasie nie selfgemaakte mense, onafhanklik van Hom nie.

Struktuur en analise

Psalm 100 is byna woordeliks saamgestel uit frases en formules wat in die ander psalms funksioneer. In hierdie sin

bied dit niks nuuts nie. Wat egter wel nuut is, is die besonderse manier waarop dit gedoen is. Beknop. Treffend. Met

verrassende wendings wat skielik die aandag vra vir 地 punt wat gemaak word. Hierdie psalm is 地 oproep om Jahwe

te aanbid, met die begronding (rede) daarvoor. Met die eerste oogopslag is die begronding in vers 5 baie duidelik:

" want Jahwe is goed ... " Met 地 tweede lees van die psalm kom 地 mens agter hier is twee oproepe tot

aanbidding, elk met sy eie begronding (vv 1-3 en vv 4-5). Die redegewende (want) in die eerste geval is egter

weggesteek agter die bevel deû (weet, erken, bely) en word dus in die sinskonstruksie nie meer as sodanig gelees

nie, maar as "dat". Heel moontlik het dit egter steeds 地 redegewende funksie.

Al sewe die oproepe tot aanbidding is in die manlike meervoudbevelsvorm. Die eerste vier funksioneer binne die

eerste groot oproep en die volgende drie binne die tweede groot oproep. Volgens Sanchéz is die sewe bevele

konsentries gerangskik (1+7, 2+6, 3+5, 4), met deû (weet, erken, bely) in die middelpunt. Dit sou beteken dat die

psalm tog nie twee geïsoleerde oproepe is nie, maar 地 sewevoudige (simbolies volledige, allesinsluitende,

universele) oproep tot aanbidding. Verder: die sentrum waarom alles draai, is die oproep (en terselfdertyd)

begronding in vers 3a: "Weet (erken/bely): Jahwe is God!" Hierdie uitdrukking het gefunksioneer binne 地

veelgodedom, om daarmee erkenning te gee dat van al die baie gode net Jahwe alleen God is. Sy Goddelikheid is

nie betwyfel nie, wel sy uniekheid. Psalm 100 bring dus op 地 treffende, literêre manier die Here se universele en

unieke Goddelikheid byeen. Hy alleen is God, en daarom word die hele aarde opgeroep (sonder ander opsies,

beveel!) om Hom te aanbid. Of eintlik in die gewone lees van die psalm: Die hele aarde moet Hom aanbid, juis

omdat Hy, en net Hy alleen, God is.

PREEKSTUDIE - PSALM 100

Die volk se uitroep "Jahwe is God! Jahwe is God!" vind ons in die verhaal van Elia op die berg Karmel, nadat die

Baälprofete bewys het hulle kan niks verrig nie en Jahwe op Elia se gebed vuur uit die hemel laat reën het. Hierdie

uitroep is die volk se geloofsbelydenis ná 地 tyd van twyfel, ongeloof en ongehoorsaamheid (1 Kon 18:39). Esegiël

neem hierdie formule op as Jahwe se uitsprake dat Hy gaan optree, sodat Israel "sal besef (weet) dat Ek Jahwe is"

(sien bv Eseg 34:27, 30 binne die teks van wat Jahwe alles gaan doen vir sy skape, sy volk). Dié uitspraak in hierdie

psalm is 地 variasie op hierdie Erkenntnisformel (Zimmerli). Die veronderstelling is dus dat mense Jahwe as God

herken deur sy heilsdade ten behoewe van hulle.

Die direk daaropvolgende uitspraak in die psalm (v 3b) onderstreep dat dit die geval is: "Hy het ons gemaak" (die

enigste indikatiewe werkwoord, met Jahwe as subjek). Die meeste eksegete is van mening dat dit hier nie oor die

skepping in die algemeen gaan nie, maar skeppingsterminologie is (Breuggemann praat van die beeld van die

pottebakker) wat ingespan word om die wordingsgeskiedenis van die gemeente mee te verwoord. In die woord

"maak" (<a_ah) hoor Israel Jahwe se redding uit Egipte, sy leiding deur die woestyn, die inname van die land, die

terugkeer ná die ballingskap. Dis 地 metafoor vir Jahwe se verkiesing en verlossing (vgl Deut 32:6, 15; Ps 95:7ev;

Jes 43:1, 21; 44:2). Omdat Israel Jahwe se "maaksel" is, is hulle ook sy eiendom. Die woorde "sy volk" herinner aan

Jahwe se verkiesing en verbond. Die klassieke verbondsluitingsformule was naamlik: "Ek sal vir julle 地 God wees,

en julle sal my volk wees." Die aanbiddende gemeente se ontstaan, identiteit en toekoms lê opgesluit in Jahwe se

genadeverbond met hulle. Die volgende frase "die skape van sy weiding", verbind deur 地 waw (en), sluit nou aan

by "sy volk". Die kuddebeeld vir die volk (en per implikasie die herderbeeld vir God) druk weer eens die verbondsverhouding

tussen Jahwe en sy mense uit, met die klem op Jahwe se verbintenis dat Hy sy mense wat totaal

afhanklik van en kwesbaar voor Hom is, sal versorg, lei en beskerm. Hy sal hulle nooit in die steek laat of aan die

vyand of gevare oorlaat nie.

Die eerste begronding vir die oproep tot aanbidding beklemtoon dus viervoudig (volgens die Ketib-lesing) dat en op

watter manier Jahwe God is: deur sy uitverkiesende, reddende, beskermende en versorgende genade waarmee Hy

Hom aan sy mense verbind het. Die tweede begronding (v 5) sluit direk hierby aan en beklemtoon dat Jahwe sy

kant van die verbond hou, vir altyd, tot in die verste toekoms. Hesed en >emunah (of >emet) is 地 woordpaar wat verbondstrou

aandui. In die sekulêre lewe was hesed die gesindheid van 地 "geswore" vriend wat deur die vuur en

water vir jou sou gaan, 地 vriend op wie jy altyd kon reken. Só was en is Jahwe, en sal Hy altyd wees. Daarin lê sy

goedheid (v 5a) wat rede is tot lof aan Hom.

Die inhoud van die eerste begronding (Jahwe is God) word dus uitgespel in vers 3bc, en net so die tweede

begronding (Jahwe is goed) in vers 5ab. Jahwe se unieke Goddelikheid en goedheid is een en dieselfde: Hy het sy

mag om sy mense te verlos van die vyandelike magte, om hulle te versorg en te lei, bewys. En Hy hou nie op om

dit te doen nie.

Die doel van Psalm 100

Die opskrif lees "Psalm vir die todah". Laasgenoemde kan beteken "danksegging" of "dankoffer". Dis eintlik om 奏

ewe, want dit dui op 地 liturgiese handeling waardeur Jahwe dank en lof toegebring is. Dié woord kom weer in vers

4c voor as een van die oproepe tot aanbidding. Ons moet egter baie versigtig wees om dit bloot as "dank" te vertaal.

In ons taalgebruik en kultuur is die een wat dank die subjek van die handeling. Die ontvanger kan op die agtergrond

bly; die "dank" kan werklike dankbaarheid uitdruk, blote hoflikheid, of selfs afsydigheid en vyandskap (soos: ek

bedank my werk, word afgedank, dank die duiwel). In die handeling van todah is dit onmoontlik, want in wat gesê

word, is die ander altyd die subjek. Todah is woorde wat spreek van bewondering oor wat die ander is en doen,

uitsprake wat afhanklikheid artikuleer. "With this hodu we are not called to a sentence in which I am the subject, but

to one in which God is the subject" (Westermann, aangehaal in Mays, p 326). Die finale oproep brk (seën, prys) in

vers 4c is 地 sinoniem vir hôdu. Psalm 100 roep dus op (wil oorreed Prinsloo, p 977) om die wonderdade van

Jahwe te onthou, te verwoord, te besing, te bely, te verkondig, dit teenwoordig te maak.

Dit impliseer dat dié wat dit doen hulleself weer in verhouding tot Jahwe reoriënteer, Hom opnuut vertrou en alle

selfbegronding laat vaar (Brueggemann). Lof is onverbiddelik polemies. Wanneer Jahwe gedank word, word die

ander gode in dieselfde asem "afgedank" en enige legitimiteit ontsê. Wanneer Israel erken aan Wie hulle behoort,

erken hulle ook aan wie hulle nié behoort nie. Dit mag die gode van Egiptiese verslawing wees, of Kanaänitiese

manipulasie, of Babiloniese imperialisme (Brueggemann, p 66).

Al is dit net die gemeente wat dit kan doen omdat hulle die ontvangers van Jahwe se heil is, word die hele aarde

opgeroep, dit wil sê alle mense. Dié wat (nog nie) kan saamsing nie, word meegeneem met dié wat dit wel kan doen.

Die liturgie is dus terselfdertyd 地 missionêre gebeurtenis. Dis egter in die tyd waarin ons leef baie belangrik dat ons

die volgende aanhaling van Mays ter harte sal neem: "Hôdû as a definition of what we call worship sets a severe

limit on the possiblities of our performance. The congregation invites and acts, but it can never become either source

or object of what is done. It does not offer itself to the world. It does not build the Kingdom which it dramatizes. It

does not celebrate or seek victories of its own. It knows the subtle danger of 選 believe in the holy catholic church

said in isolation, and understands the temptation in slogans like 銑et the church be the church. Ultimately with its

奏hanking response it will and can say only 銑et the LORD be the LORD. But because this is so, the limitation

is really a liberation. The thanking occasion is the place where men can cease the feverish 僧aking themselves to

喪eceiving themselves as a gift, the time when men are set free from all powers that restrict and reduce them

because they are found by a power that is for them" (Mays, p 326).

Die toonaard van Psalm 100

Daar is minstens sewe woorde waardeur die gemeente opgeroep word tot (volkome) blydskap (juig, blydskap,

gejubel, dankliedere, lofsange, dank, prys). Die verkondiging en belydenis van Jahwe se grootheid, Godheid en

goedheid kan en mag op geen ander manier tot uiting kom nie. Die blydskap kom op vanuit die wete dat Jahwe

inderdaad God is en inderdaad goed is. Hierdie blydskap en hierdie wete is nie iets wat die aanbidder uit homself

moet opwek deur emosie of entoesiasme nie. Dis ook nie deur persoonlike mistieke versmelting met die goddelike

nie. Die oproep om Jahwe te ken, met blydskap te dien, veronderstel Jahwe se inisiatief. Die gemeente is bly oor

wat Hy gedoen het en wie Hy is. Hulle verbly hulle oor die Heer en in die Heer.

Konteks

Kulties-liturgies

Die oproep in vers 4 om Jahwe se poorte en tempel binne te gaan, "voor die aangesig" van Jahwe, in sy teenwoordigheid

te kom (v 2b), saam met die herhalende "ons" in vers 3bc, maak dit duidelik dat die "dank" die gemeente se

kulties-liturgiese handeling in die tempelhowe in Jerusalem is. Teologies gesproke, die "aangesig", die

teenwoordigheid van God. Die besondere tyd in die geskiedenis is nie duidelik nie en ook nie vir die psalm van

belang nie. Die inhoud is trouens van so 地 aard dat die tempel sonder probleme met die sinagoge vervang is, en

daarvandaan probleemloos na die kerk verskuif het. Die Christelike kerk kon dié psalm net so in die erediens

gebruik sonder vrae oor die verband tussen Ou en Nuwe Testament. Die kernbelydenis "Jesus is Here (Jahwe)" het

vir die Christelike geloofsgemeenskap doodeenvoudig beteken dat hierdie psalm 地 oproep is om Jesus (saam met

sy Vader) te aanbid. Die feit dat omtrent geen preke oor hierdie gedeelte gevind kon word nie en die psalm tog

andersins baie en in baie kerke funksioneer binne die erediens, wys daarop dat dit by uitstek 地 liturgiese teks is,

en nie 地 "preekteks" per se nie.

Agter die kultus: Koningskap

Mays toon oortuigend aan en Breuggemann gaan van die veronderstelling uit dat agter die kulties-liturgiese konteks

die gode- en mensewêreld van magspolitiek lê. Jahwe is nie net 地 god (dié God) nie, maar die Koning van Israel

en, inderdaad, van die hele wêreld. Hy oorheers alle lande, konings en gode. Psalm 100 is moontlik ook binne die

Psalmboek die kulminasiepunt en uitleg van die koningspalms (Ps 93-99; sien Jeremias). Die uitspraak "Jahwe is

God" veronderstel moontlik 地 troonsbestygingseremonie. "The act of enthronement is both remembered and done

in this moment " (Brueggemann, p 67).

Die volgende "kultiese" terme het moontlik hulle oorsprong in hierdie wêreld:

1. <bd (dien) kan in verskillende kontekste funksioneer. In die Psalmboek word dit baie selde in 地 eng kultiese

konteks gebruik. Gewoonlik dui dit die regte verhouding tot 地 koninklike figuur aan. Die twee areas in die

Ou Testament waar <bd baie gebruik word, is eerstens in die eksodus-tradisie (Eks 3:12; 4:23; 7:16; 8:1;

10:26). Daar dui dit op diens aan Jahwe as alternatief om die Egiptiese koning se slawe te bly. Die ander

gedeeltes waar <bd baie voorkom, is in die Deuteronomiese paranese (Deut 7:4; 8:19; 11:16; 12:2, ens).

Daar word die alternatief gestel tussen diens aan Jahwe of die gode. Wie Jahwe dien, erken sy aansprake

vir die hele lewe en sluit die gode se aansprake totaal uit. Dié gedeeltes in Eksodus en Deuteronomium wys

dat om die Here te dien 地 houding veronderstel wat slawerny aan menslike magte of onderwerping aan die

mag van die gode uitsluit. Dit is onderwerping aan die (koninklike) mag en gesag van Jahwe alleen.

2. "Kom voor Hom " is die ingaan in die heiligdom, maar ook die taal van 地 oudiënsie voor 地 menslike

koning. Daar is genoegsame aanduiding dat die tempel gesien is as Jahwe se paleis waar Hy op sy

koninklike troon teenwoordig was (vgl Jesaja se visioen in Jes 6, ens).

3. Teru<ah (werkwoord: r<h) is die gemeente se "godsdienstige lofprysing", maar in die rituele van die politieke

lewe is dit die uitroep van verering wanneer die koning verskyn.

4. "Ons is sy kudde ", met die veronderstelling Jahwe is die Herder, dui op die verhouding tussen onderdane

en koning. Die koning is altyd die herder, met ander woorde die versorgende, die leidende, die

beskermende.

Daarom sê Mays (p 322): "It can be called worship because its focus is God; but its rubrics and movements and

responses come from the political life of human society, because it is the recognition of men of the locus of power

The psalm belongs at the point where men publicly assemble to recognize the power to which they will submit

their living."

Die gemaklike oorgang van die psalm vanaf sinagoge na kerk, en die koningskap-motief wat die psalm onderlê,

maak dit maklik om reglynig te beweeg na die Koningskap van Christus op hierdie besondere Sondag. (Christus

beteken in werklikheid "die gesalfde (koning)").

Die konteks van die liturgie: die wêreld

Psalm 100 betrek die hele wêreld, dus ook die hele wêreld van die aanbidder. Die oproep is om in te kom in die

liturgiese ruimte (die erediens), saam met die "ons" wat die Here se liefdestrou ondervind. Daar binne die erediens

stap die aanbidder in God se wêreld in, in God se teenwoordigheid wat geen deel van die heelal uitsluit nie, omdat

die Here oral regeer. Die gelowige word opgeroep om daar waar Hy teenwoordig is en (behoort te) regeer, sy mag

oor al die magte te erken en te bely. Met ander woorde, om Hom te vereer, te dien, te aanbid met blydskap. Die

plekke van werk, speel, leer, eet en ontspanning is dus liturgiese ruimtes in die breedste sin van die woord. Diens

en aanbidding. Waar dit beoefen word, word die wêreld nuut gemaak, word Jahwe/Jesus se koningskap

(her)bevestig. Van daar, in die wêreld, word die oproep weer eens gehoor om te kom en te kom aanbid, hier waar

die gemeente saam vergader is "voor sy aangesig".

Daarom sê Mays Psalm 100 is 地 egte uiteensetting van die gemeente, 地 getuie van wat die gemeente is 地 gemeenskap

waarin die wêreld betrek en ingetrek word onder die heerlike heerskappy van God en van Jesus Christus.

Preekvoorstel

Psalm 100:2 roep ons op om die Here met blydskap te dien. Wat is hierdie diens eintlik?

1. Ons almal het ons eie idee wat dit beteken om die Here (Jesus) te dien. (Gee geleentheid vir response.) Dit

kom daarop neer dat ons doen. Dit is so: diens is werk. Matteus 25 sê wanneer ons mense in nood help, dien

ons Jesus. Psalm 100 sê egter: Dit is nie waar diens begin nie. Werk, hulpverlening, is nie die begin en einde

van ons Gods-diens nie.

2. Dien die Here met blydskap is een van sewe oproepe tot (volledige) Gods-diens. Ons kan sê hier is ses "bestanddele"

(juig, dien, [binne]kom 2x, dank, prys) wat saamtregter in die een woord in vers 3: weet (ons kan

dit ook vertaal met erken, bely). Om die Here te dien is in die eerste plek om te weet wie die Here is, om te

erken en te bely dat Hy God is (v 3). Gods-diens begin en eindig dus nie met wat ons doen nie, maar deurdat

ons God raaksien, op Hom konsentreer, baie goed sien wie Hy is en wat Hy doen. Ons hou die oog gevestig

op Jesus, die Begin en Leidsman (Voleinder) van die geloof (Heb 12:2).

3. Vers 3 spel uit wat en wie die Here is vir wie ons moet raaksien en erken:

Hy is God. Dit gaan nie daaroor dat die mense wat Hom dien, twyfel of Hy God is nie, maar dat Hy alleen, in 地

wêreld van baie ander gode, (die unieke) God is.

"Hy het ons gemaak, en is ons Syne" is nie geloof in die skepping in die algemeen nie. Wanneer Israel wat in

ballingskap sit, terugkyk en in hulle geestesoog sien hoe die Here hulle uit Egipte gered, deur die woestyn gelei,

vir hulle 地 land gegee het, hulle weer gaan vestig in hulle land, dan bely hulle: Die Here het ons sy volk gemaak.

In dié sin is ons sy skepping.

"Ons is sy volk" herinner hulle aan die Here se verbond waardeur Hy van sy kant gesê het dat Hy in die eerste

plek hulle God sal wees en hulle sy volk, aan wie Hy Hom verbind.

" sy eie kudde" sluit nou aan by "sy volk", maar lê die klem daarop dat hulle broos en afhanklik van die Here

is, dat Hy hulle moet lei en versorg. En dat Hy juis hulle Herder is wat dit doen, en wat dit vir altyd sal doen (v

5, vgl Eseg 34).

Dis is presies wat dit beteken dat die Here goed is (v 5): dat Hy goed is vir sy mense, goed gedoen het aan

hulle deur hulle te bevry, uit te red, te versorg, te lei. En dat Hy nooit sal ophou om goed te wees nie.

4. Alles wat (in punt 3) gesê is oor die Here, is in verhouding tot die ander magte (gode). Die Here verlos sy mense

uit die slawemag van die koning en die gode van Egipte, verbreek die Kanaänitiese en later die Babiloniese

gode en konings se mag. Daarom moet hulle erken die Here is God (vgl die Elia-verhaal in 1 Kon 18). Dis wat

die Here beloof dat Hy weer gaan doen (Eseg 34), "sodat julle kan besef dat Ek die Here is". Dit is waaroor

Paulus se gebed vir die Efesiërs (1:15-23) gaan: dat hulle Jesus werklik kan ken; dat hulle kan weet watter hoop

daar is vir dié vir wie die Here (op)roep, juis omdat hulle weet Hy het die magte oorwin; dat Hy as hoof van die

kerk regeer oor al die magte. Hy is inderdaad dié Koning!

5. Hierdie weet, erken, bely dat die Here (Jesus) die Koning is, die Heerser, beteken om die magte van verslawing

en manipulasie en oorheersing nie langer te erken nie. Om nie langer te leef asof ons selfgemaakte mense is,

wat uit eie krag die magte aanpak en só die Here probeer dien nie. (Hierop kan die prediker uitbrei.)

6. Dit is waar diens aan Koning Jesus begin en eindig: Om raak te sien, te erken, wat Hy gedoen het en nog doen,

wie Hy is en altyd sal wees. Dit maak ons vry van sware pligpleging, 地 oorwaardering van ons eie vermoëns,

of angs vir die oordeelsdag. Dit bevry ons telkens van die ander magte wat ons energie tap. Sodat ons erkentlik

(dankbaar) teenoor die Here kan leef, vanuit sy oorwinning. Met blydskap!

Bibliografie

Stahl, M 1968, in Diakonishe Verkündigung, pp 296-301. Stuttgart: Klotz Verlag. Mayes, James L1969. Worship,

world, and power: an interpretation of Psalm 100. Interpretation 23:315-330, Julie 1969. Kraus, H-J 1978. Psalmen

60-150 (BKAT), pp 855-857. Neukirchener Verlag. Brueggemann, W 1985. Psalm 100. Interpretation 39:65-69,

Januarie 1985. Prinsloo, W S 1991. Psalm 100: 地 poëties minderwaardige en saamgeflansde teks? Hervormde

Teologiese Studies 47:968-982, November 1991. Soards, M et al 1992. Preaching the Revised Common Lectionary

Year A, After Pentecost 2, pp 157-158. Abingdon Press. Brueggemann, W et al 1995. Texts for Preaching, a

Lectionary Commentary based on the NRSV Year A, pp 573-575. Westminster John Knox Press. Sánchez, E

1995. Translation of Psalm 100: Taking account of its structure. Bible Translator 46:243-245, April 1995. Jeremias,

J 1998. Psalm 100 als Auslegung von Psalmen 93-99. Skrif en Kerk 19/3:605-615. Maré, LP 2000. Uitbundige lof

oor die Godheid, goedheid en grootheid van Jahwe. Old Testament Essays 13:218-234, 2/2000.