Psalm 51:1-12 (Carel Antonissen)

9 April 2000

Vyfde Sondag in Lydenstyd

 

Ander tekste: Jeremia 31:31-34; Hebrers 5:5-10: Johannes 12:20-33: (Ps 119:9-16 is n alternatief in die RCL vir Ps 51:1-12)

Sonder skulderkenning geen redding

Teks

Dit is nie ongeregverdig nie, om te s dat Psalm 51, selfs wanneer dit vergelyk word met soortgelyke gebede en ervaringe in die geskiedenis van die Christendom,n ongewenaarde prentjie bied van wat dit beteken om as mens in ware berou en skuldbelydenis voor God te staan. Teenoor Psalm 32 waar die belang van sondebelydenis ook sterk gesuggereer word, gaan Psalm 51 n ent verder. Dit belig nie net die diepste krisis of dilemma van ons lewens as mense nie dit bied ook n praktiese uitweg, n model vir egte skuldbelydenis waardeur ons deel kry aan God se genade. Soos Weiser dit mooi stel : Here with inflexible earnestness the uttermost depth of sin is grasped and the way is shown that leads to forgiveness and true communion with God.

Tereg wys die meerderheid van geleerdes daarop dat Psalm 51 n omvattende beeld bied van wat sonde is en veral hoe dit die mens se lewe affekteer. Al die woorde of terme waarmee sonde en die variasies daarvan in die Bybel beskryf word, duik in Psalm 51 op. Hieruit sien ons dat sonde nie net n menslike swakheid (psigologies) of n terloopse foutjie (sosiaal) is wat ons van tyd tot tyd maak of begaan nie. Sonde is veel erger en strek baie dieper. Dit is n teologiese kategorie. Dit begin by die mens se raaiselagtige opstand en rebelsheid teen God (v 6) wat gemanifesteer word in die oortreding van Sy wil (v 3) en daartoe lei dat die mens sy doel mis en in permanente skuld voor God leef (v 4). Trouens, sonde is na sy wese die ongemotiveerde affront teen God (Loen). Daarom is dit alleen voor Hom dat die mens se dade as sonde onthul word.

In die geval van die psalmdigter lei sy vervreemding van God daartoe dat hy emosioneel en fisies ontwrig voel. Hy het nie net sy vreugde en blydskap in die lewe verloor nie (v 10,14), maar voel ook innerlik onsuiwer (v 9) en onbestendig (v 12), bang vir die volgende versoeking (v 13). Boonop ervaar hy, en dit moet hy ook toegee, dat hy van altyd af so was dat sy sonde nie net n slegte gewoonte is wat hy kan afleer nie, maar n permanente toestand waarin hy gebore is (v 7) en waaruit hy van buite gered moet word (v 16). Wat vers 7 betref, is dit in die geskiedenis van die Christendom dikwels aangegryp om n algemene teorie oor die sonde as n biologiese gegewenheid wat oorgerf is te ondersteun; ook om menslike voortplanting as die medium waardeur die sonde oorgedra word in ons lewe aan te wys. Vers 7 is primr n belydenis waarin die digter gewoon erken dat sy hele lewe, vandat hy kan onthou, gekondisioneer en bepaal is deur die verkeerde. Hy het nie net gesondig nie, maar is deur en deur n sondaar. My problem is not just a need of pardon for a particular wrong, but deliverance from the predicament of myself (Mayes).

Alhoewel hierdie wete hom totaal weerloos, amper verwese laat, breek dit egter nie sy moed nie. Inteendeel, dit beweeg hom tot n nuwe oorgawe aan God een waarin hy met ootmoed en berou sy skuld bely en hom oopstel vir die genade. Hierdie oorgawe is allermins n angstige en blinde sprong in die donker. Dis n gegronde daad. Dis geanker in die wete, ja die vaste vertroue dat die God van Israel n God van medelye is, n God is wat nog altyd ag geslaan het op die nood van sy kinders en gevolglik n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie (v 19). Vanuit hierdie besef en wete volg daar dan van die digter se kant n smeekbede, n beroep op God se genadige liefde en trou. Hierdie petisie of aandrang op genade begin in verse 1-2 en lui die grondliggende tema van die hele psalm in, naamlik Wees my genadig o God in U troue liefde. In n sin is die res van die psalm n ontvouing en toeligting van hierdie smeking. Maar meer as dit: hierdie eerste petisie lui ook n hele reeks van nuwe petisies (v 4,8-14,16,20) in wat nie net die unieke struktuur van die psalm bepaal nie, maar ook die veelkleurige genade van God op n aangrypende manier aan die orde stel. Soos met die sonde kry ons hier ook n omvattende beeld van God se genadige bemoeienis met die mens. Breugemann wys insiggewend daarop dat die smekinge tot God in terme van twee verskillende, maar dan aanvullende tradisies gemaak word.

Aan die een kant word in terme van die verbond n beroep op God se troue liefde en barmhartigheid gedoen (v 3), dit is op sy genade waardeur Hy die menslike skuld en die aanklag wat dit teen die gewete meebring, kan uitdelg. Aan die ander kant smeek die psalmdigter vir n innerlike reiniging wat toegang sal bied tot God se teenwoordigheid (v 4,9,12). Hiervoor gebruik hy kultiese terme. Die ou vertaling van vers 4 is n versoek dat die Here die digter sal reinig met hisop wilde kruie wat geassosieer is met sekere reinigingsgebruike (vgl Num 19:6; Ex 12:22). Vers 10 suggereer dat die digter se skuld hom fisies ontwrig het, sodat sy gebed om rituele reiniging ten diepste n gebed is om totale vernuwing n proses wat die mens se denke en wil raak en dit volledig sal ombuig na God. Die term skep ( barah) is n Ou-Testamentiese woord waarvan God alleen die subjek is. Die digter vra dus dat God iets in sy lewe sal doen wat hyself nie kan verrig nie en wat hom as mens volledig sal verander.

Die moeilikste eksegetiese probleem in die psalm hang waarskynlik saam met die vraag of hierdie gebed inderdaad, soos wat dit deur die eeue gesien is, heenwys na Dawid se geestestoestand en berou nadat die profeet Natan hom na aanleiding van sy egbreuk met Batseba besoek het. Verskeie aspekte van die teks laat twyfel hieroor ontstaan. Vireers vorm verse 20-21 n vreemde deel van die teks en is daar in die Dawidverhaal self (2 Sam 5:6-11:27) niks wat die heenwysing na n vervalle Jerusalem en offersisteem (v 20-21) verklaar of regverdig nie. Verder word daar in die digter se belydenis alleen melding gemaak van die sonde teen God, terwyl dit algemene kennis is dat Dawid ook teen ander (Uria, Batseba, sy eie familie en volk) oortree het. Belangriker nog is die feit dat die klem op innerlike vernuwing, wat n kernstuk van die psalm uitmaak, duideliker inpas by die konteks en teologie van Esegil (Eseg 36:25-27) en later ook Jesaja 63:10-11 as by die tydsomstandighede van Dawid. Albei die profete het in die periode tydens en na die ballingskap geleef en het met die oog op n hoopvoller toekoms vir n verslae en ontgogelde volk die noodsaak van ootmoed en skuldbelydenis onderstreep. Laasgenoemde sluit egter nie die individuele vorm van skuldbelydenis soos ons dit oorweldigend in die psalm kry, uit nie. Inteendeel, dit dien juis as belangrike voorbeeld en model vir n volk wat gebroke en onseker voor God verkeer. Vandaar dan die verwysing na en herinnering aan Dawid se skuldervaring en belydenis. Soos White dit stel: In the contrite national mood that followed the Exile, the personal confession at hand became an invaluable vehicle for corporate confession

Konteks

Die teks kan verskillend gebruik word. 'n Mens sou dit byvoorbeeld in Pinkster kan gebruik om te wys op wonderlike werk van die Heilige Gees in die lewe van 'n sondaarmens. In Psalm 51 is die Gees van God duidelik die geheim van verandering en vernuwing in die psalmdigter se lewe. Nie alleen breek die Gees die besef van skuld en sonde by die skrywer oop nie, maar hy bring as die asem van God (Van Beeck) ook heling en herstel. Vandaar die skrywer se gebed dat God sy Heilige Gees nie van hom sal wegneem nie (v 13). Hy besef: sonder die Heilige Gees is hy verlore, is sy lewe nutteloos en bly sy eie gees onbestendig en onbetroubaar.

Die teks pas egter ewe goed in by die lydenstyd. In so 'n tyd kan dit gebruik word as 'n herinnering daaraan dat God sy koninkryk op 'n vreemde manier bou. Hy doen dit nie noodwendig deur groot, belangrike en indrukwekkende, selfs suksesvolle mense nie. Hy doen dit deur mense wat volkome afhanklik is van Hom, mense wat danksy die werk van sy Gees bewus is van hulle eie swakhede en sondes en wat verslae en gebroke daarmee voor Hom kom staan. In sulke mense, in so 'n lewenshouding, so s vers 19, het God 'n behae. Dit kan Hy gebruik. Met so 'n gesindheid, met sulke mensemateriaal kan en wil Hy Sy koninkryk bou.

Hierdie vreemde werkwyse van God, die eienaardige manier waarop Hy sy koninkryk bou, sien ons oral in die Bybel. In die Ou Testament duik dit byvoorbeeld op by die verkiesing van Moses, Dawid, die profete of die genesing van Naman. In die Nuwe Testament vergelyk Jesus weer God se koninkryk met 'n saaier, 'n mosterdsaad, 'n stukkie deeg dinge wat relatief klein en onindrukwekkend, selfs weerloos en swak lyk, maar wat kragtige middele in God se hand word. Trouens Jesus se lewe en veral sy sterwe getuig die helderste hiervan. Hier, so vertel die Bybel, vind die eintlike deurbraak van sy koninkryk plaas. Hier kry ons die goddelike viering van swakheid en gebrokenheid.

Dat die keuse vir bogenoemde tema vir die lydenstyd eksegeties en homileties volkome verantwoord is, word bevestig deur die konteks van Psalm 51. Alhoewel die meerderheid van geleerdes (soos ons reeds gesien het) toegee dat die verwysing na Dawid en sy geskiedenis met Batseba (opskrif) nie toevallig is nie, stem hulle saam dat die inhoud van Psalm 51 meer waarskynlik heenwys na 'n na-eksiliese situasie meer bepaald dan die periode toe Israel, teologies verward en eksistensieel ontwrig, gewonder het of Jahwe se mag en liefde nog standhou en of daar nog hoegenaamd vir hulle 'n toekoms is; een waarin die mure van Jerusalem weer opgebou sal wees (v 20) en die volk, soos van ouds, hulle offers na God kan bring in die vertroue dat dit vir Hom aanneemlik sal wees (v 21). In die gees van die profete Esegil, Jeremia en veral Deutero-Jesaja bevestig die psalm nie alleen die troue liefde en sorg van God nie, maar herinner hy hulle daaraan dat deelname daaraan alleen langs 'n weg van egte berou en skuldbelydenis, ja 'n nuwe toewyding (v 14) aan en bekering tot God (v 15) kan plaasvind. Soos Breugemann dit treffend in sy kommentaar oor Jeremia uitdruk "only grief permits newness". Binne die konteks word die geskiedenis van Dawid, met name sy gebrokenheid en belydenis van sonde, voorgehou as die weg wat God van sy volk in so 'n bewo en onsekere tyd verlang. Langs die weg bring Hy nie net sy koninkryk nie, maar verseker Hy ook vir hulle 'n toekoms.

Een van die belangrikste vrae met die oog op die prediking van Psalm 51 is waarskynlik die vraag na die inhoud en aard van hierdie gebrokenheid of dan die verootmoediging wat God van sy volk verlang en waardeur Hy sy ryk wil bou. In die verband is dit allereers belangrik om daarop te let wat hierdie gebrokenheid nie is nie.

Dit is nie die soort swakheid waarvan Nietzsche die Christendom beskuldig het nie 'n ongesonde neurotiese beheptheid met skuld wat jou in jou persoonlike lewe laml en voor mense pateties en verskonend maak. Die evangelie se oproep om met skuld en berou te leef of om die minste te wees en ander in ootmoed te dien, was bedoel om die beste van ons menswees na vore te bring nie om ons te onderdruk en 'n pakesel vir ander te maak nie.

Dit val ook nie saam met die gebrokenheid van Christus en sy lyding aan die kruis nie. Hierdie gebrokenheid of lyding was uniek, vry van sonde en skuld en veral plaasvervangend van aard. Deur sy gebrokenheid en lyding word nie alleen die diepte van die mens se sonde en skuld onthul nie, maar kom daar ook genesing daarvoor. Dis dan ook alleen in gemeenskap met die lyding van Christus, voor en by sy kruis dat daar hoegenaamd sprake kan wees van egte ootmoed en sondebesef (dit waarvan Psalm 51 praat) en dat dit 'n weg kan word waardeur God ons weer kan gebruik en sy koninkryk kan bou.

Die gebrokenheid waaroor dit in Psalm 51 gaan, is dus meer die van 'n weerlose openheid teenoor God waarin die mens hom/haar in die geloof oorgee aan God om so deel te kry aan sy lewegewende krag. Dit gaan om daardie swakheid waarvan Paulus in 2 Korintirs skryf toe hy ges het: wanneer ek swak is, dan is ek sterk. Hierdie gebrokenheid of swakheid is nie iets wat ons uit onsself kan skep of aanbring nie. Dit word danksy God se genade in Christus deur die Heilige Gees in ons lewens ingedra. Ons word daartoe weergebore. In hierdie soort gebrokenheid is die mens bereid en vrymoedig om met al sy sonde en skuld voor God te gaan buig, so te buig dat God die geleentheid kry om, soos wat Hy altyd graag wil, die mens te sen en te oorlaai met sy goedheid hom/haar op te wek tot n nuwe lewe van vrugbaarheid en blydskap. Tereg s Mayes dat dit hier gaan om n belydenis wat gebaseer is op die genade. Die digter l deur sy berouvolle smeekgebed beslag op die wonderlike moontlikhede van God se genade wat hy reeds in sy lewe ontwaar het. Dis die twee brandpunte van die psalm "Complete forfeiture of self, on the one hand; desperate trust in God, on the other" (Bruegemann)

Preekstudie

Psalm 51 handel oor n baie belangrike waarheid en dis dat God sy koninkryk bou, die wreld vernuwe deur mense wat gebroke voor sy aangesig lewe. Mense dus wat nie arrogant of selfvoldaan leef nie, maar wat bereid is om hulle swakhede en sondes in die o te kyk en elke dag in ootmoed en berou daarmee voor God te wandel. Dis die soort gebrokenheid waarvan Psalm 51 praat. Dis nie die swakheid waarvan Nietzsche die Christendom beskuldig het nie n sieklike neurotiese soort beheptheid met eie skuld wat ons laml en bangmaak om te lewe. Nee dis eerder n weerlose openheid teenoor God n eerlike blootl van ons self voor Hom in die vertroue dat Hy nie daardeur geskok sal wees, of ons daarvoor sal verwerp nie, maar dat dit presies is wat Hy verlang, dat dit die enigste weg is waardeur Hy sy genade aan ons kan betoon. Vers 9 s dit in soveel woorde! Dit is waarvan God hou hierdie gebrokenheid, hierdie weerlose openheid! Want sien die offers wat Hy wil h, is verootmoediging. Hy sal n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie (v 19).

Die psalm gaan egter n stappie verder. Gebrokenheid in die sin van n weerlose, maar vertrouensvolle openheid teenoor God is nie net die weg waarlangs ons deel kry aan God se genade nie. Gebrokenheid maak ons ook bruikbaar vir God. Die instrument waarmee God sy koninkryk bring, waardeur Hy die wreld verander is niks minder as juis gebroke mense nie. Mense wat diep bewus is van hulle eie swakhede en tekortkominge. Mense wat soos Paulus besef: God se krag kom juis tot volle werking wanneer hy swak is (2 Kor 12:8). Dat dit so is, sien ons oral in die Bybel. Ons sien dit ook in die geskiedenis van die kerk.


Tydens die Tweede Wreldoorlog het Dietrich Bonhoeffer op n stadium na aanleiding van die verskriklike skuld van die Duitse kerk in die vervolging van die Jode, die belangrike vraag gevra: is ons nog bruikbaar? Kan ons na alles wat gebeur het nog dien as nuttige instrumente in God se hande? Sy antwoord is ja, maar dan moet die Duitse christene besef: God soek nie nou slim of suksesvolle mense nie. Hy soek mense wat bewus is van hulle aandeel in die choas, mense wat bereid is om dit te erken en in ootmoed te wag op God se genade! Daaruit te gaan leef wanneer dit hulle aangebied word!

Skynbaar is dit waartoe die psalm ons ook wil beweeg; die punt waar dit ons as mense wil bring naamlik om ons gebrokenheid, ja ons swakheid en veral ons sondigheid voor God te ontdek en te bely en daarin ons hoop, ons bevryding te ontdek. En dit nie net as individue nie, maar veral ook as gemeente, as nasie! Kyk dis die konteks van die psalm. Weliswaar verwys die psalm na die wroeging en skuldbelydenis van n individu. Die tradisie, soos ons in die opskrif sien, verbind dit aan Dawid en sy geskiedenis met Batseba. Maar in die psalm vorm hierdie verhaal deel van n groter verhaal. Daar is aanduidings (vgl v 20-21) dat die psalm eers later, tydens of kort na die ballingskap geskryf is. In die tyd verlang Israel na die heropbou van hulle land, die herstel van die kultus. Hulle wonder of God hulle nog liefhet en of daar hoop is vir die toekoms. In hierdie krisistyd troos profete soos Esegil, Jeremia en Jesaja die volk met die belofte dat God hulle nie vergeet het nie, en dat Hy van plan is om n nuwe toekoms te bou. En hierdie toekoms begin by mense wat met nuwe harte, n nuwe toewyding aan God begin lewe. Mense wat raaksien dat die choas van die tyd nie net n uiterlike ramp was nie, maar die gevolg van hulle sonde, hulle afval van God, en wat bereid is om dit te erken, daarmee te leef voor God en die mense. Sulke mense het nie net die belofte en uitsig dat God hulle sal vergewe en aan hulle nuwe hoop en blydskap sal gee nie. Hulle het ook die belofte, mens kan byna s die uitdaging, dat God hulle gaan gebruik om die samelewing te vernuwe, sy koninkryk daar gestalte te gee. Die psalm sluit aan by die beloftes en toekomsverwagtinge van die profete. Dit wil aan die hand van Dawid se skuldbelydenis ons oproep om met geloof en grootmoedigheid hierdie selfde weg te betree, wetende: God bou sy koninkryk, Hy vernuwe die samelewing deur mense wat in ootmoed en in berou voor sy aangesig lewe.

Nou moet ons weet dat wat hier voorgestel word naamlik dat n mens so voor God sal kom, sy lewe so oopvlek en as t ware uitstal voor God, is in alle opsigte n vreemde weg. Soos Breugemann s, dis n weg waarin jy jouself as t ware stuk vir stuk afbreek en ontbloot voor God. Waarin jy jou eie sekerhede, jou trots, jou prestasies opskort, selfs prysgee om jouself volledig en volkome te werp op God en op sy genade. Want dis inderdaad wat die psalmdigter doen! (Verwys hier na die reeks van petisies waarin die psalmdigter basies net een ding doen: Hy smeek om genade, hy vra om vernuwing omdat hy die omvang en diepte van sy sonde skielik klinkklaar besef). En tog doen Hy dit omdat hy, naas die besef van die omvang en diepte van sy sonde ook weet van die genade van God. Hy weet dat God nie geskok sal wees wanneer Hy die magdom van oortredinge en vergrype, van onreg en sonde voor Hom bring nie. Hy sal nie terugskrik en Hom wegkeer van die sondaar nie, want so glo die digter Hy is n genadige God wat die geknakte riet nie sal afbreek nie. Hy is n God wat n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie (v 19). Om die rede word sy roep om genade geleidelik dan ook n beroep op God se beloftes; dat God hom nie net sal vergewe nie, maar totaal sal vernuwe en ook gebruik. En die beroep, so weet ons uit die geskiedenis van Dawid, maar veral ook uit die geskiedenis van Jesus, word nooit beskaam nie. Veral in Jesus sien ons hoe genadig God is, hoe deeglik hy ons van ons sondes reinig, hoe grondig Hy ons swakke lewens vernuwe, ja hoe Hy sy koninkryk deur swakheid en gebrokenheid bou. En as dit van Jesus waar is, is daar geen rede waarom ons as sy dissipels nie ook vandag in Suid-Afrika die weg van Psalm 51 kan gaan nie.