Psalm 31:9-16

28 Maart 1999

Sesde Sondag in Lydenstyd

 

Ander tekste: Jes 50:4-9a; Fil 2:5-11; Mt 26:14-27:66

Teks en Konteks

Dat hierdie perikoop 'n geweldige belangrike rol in die teologie en in die verstaan van Jesus se lyding en die betekenis daarvan gespeel het, word gou duidelik as 'n mens die enorme hoeveelheid literatuur wat daar oor hierdie paar verse gepubliseer is, van naderby bekyk. In Woord teen die Lig is daar twee uitvoerige studies hieraan gewy. DJ Smit (WtL 1/2) gee veral aandag aan 'n paar belangrike eksegetiese keuses en die implikasies daarvan. Sentraal hierin staan die vertaling van vers 5 en die vraag wat hiermee saamhang, nl of dit hier om die etiese voorbeeld van Jesus, of eerder om die beskrywing van 'n heilshistoriese verhouding gaan. In sy studie oor hierdie perikoop staan DP Botha (WtL 3/2) veral stil by die kwessie van Jesus se selfvernedering en die (dogmatiese) vrae wat dit oproep aangaande die twee nature van Jesus as God-mens.

 

Voordat die prediker dit kan waag om met hierdie teks na die kansel te gaan, is dit belangrik dat hy vir homself antwoorde op hierdie vrae geformuleer het. Maar allereers lyk dit belangrik om duidelikheid te verkry oor die onmiddellike verband waarbinne hierdie perikoop in die Filippensebrief ingebed l. Paulus, wat hier vanuit die gevangenis skryf, waarsku die gemeente teen die lering en die invloed van die dwaalleraars, maar veral wil hy die gelowiges aanmoedig om waardig die Evangelie van Jesus Christus te leef en om soos hy te midde van swaarkry, die geloofstryd op Christus-gelyke wyse te stry.

 

In aansluiting by hierdie vermaning haal Paulus nou waarskynlik hierdie ou Christelike lied aan waarin die vernedering en die verhoging van die goddelike Kneg besing word. Sonder om verder daaroor uit te wy, kan genoem word die Franse teoloog, Cerfaux, aangetoon het dat dit waarskynlik die figuur van Jesaja se lydende kneg is wat ten grondslag van die Christus-himne in Filippense l.

 

Binne die raamwerk van wat hier gebeur, is dit byna voor die hand liggend dat Paulus nie besig is om die gemeente tereg te wys nie, maar dat hy besig is om hulle aan te moedig. Soos hy self in die tronk, moet die gelowiges ook versterking en vertroosting put uit die feit dat God vir Jesus vanwe sy selfoorgawe, vernedering en gehoorsaamheid tot die hoogste eer verhef en die Naam bo elke naam gegee het.

 

In hierdie daad van Jesus Christus begrond Paulus sy eie en die gemeente se gehoorsame navolging te midde van aanvegting en lyding. Hierdie navolging bestaan nie in die eerste plek daarin om vir Jesus as 'n voorbeeld na te doen nie, maar om Hom as 'n sakrament aan te neem (Maurer) en so deur die Gees van Christus die werk van Jesus deelagtig gemaak te word. "Kortom, deze tekst zegt, dat de Filippenzen qua schma mens moeten zijn als Jezus, niet imiterenderwijze, maar funktionerende in de ruimte waarin zij door Hem gezet zijn." (ter Schegget).

 

Binne die ruimte van hierdie nuwe bestaansrealiteit en die nuwe bestel wat deur Jesus se kruisdood ingelui is, is die gemeente gereed om die oproep tot navolging oftewel die etiese oproep aan te hoor. Daarmee word dus ges dat die hele kwessie van Jesus se 'voorbeeld' tog ook nie onbelangrik is nie. Soos DJ Smit tereg opmerk, "dit gaan immers om die dinge wat by Hm pas." Dit gaan oor 'n nuwe bestn, om konkrete dade en 'n leefwyse wat deur die leefwyse en die dade van Jesus self gekleur en geteken word.

 

Dit beteken egter nie dat die prediker op grond van die leefwyse van Jesus of die van Paulus 'n soort algemene of spesifieke Christelike lewensbeskouing moet probeer formuleer nie. Miskien is dit na al die jare van Christelike prediking nog dikwels die grootste slaggat waarin die predikers trap. Die versoeking om op grond van die Evangelie allerlei konkrete vorme vas te l waarin die gesindheid van Christus Jesus behoort te manifesteer.

 

In 'n preek oor hierdie gedeelte rig Noordmans die volgende waarskuwing: "Die gezindheid gaat met die van Christus en Paulus boven het leven uit. Het Evangelie is niet ten grondslag gelegd aan deze wereld, zodat wij daarop nu rustig zouden kunnen bouwen totdat alles gereed is. Het Evangelie is ingeslagen in de wereld. Dat is ook de naaste indruk, die de lezing der evangelin op ons maakt. Een snelle, felle indaling van hemelvuur. Dat is de kwaliteit van Christus Jezus' gevoelen. Paulus' leven maakt ook die indruk. Hij heeft Jezus niet nagepreekt en niet nagedaan. Maar de kwaliteit van zijn gevoelen is dezelfde. Het is vuur van het hemelse altaar. Het komt er minder op aan of wij nu weer op onze beurt kopien zullen zijn van de apostel Paulus."

 

In kort sou 'n mens dit kon saamvat deur te s dat Paulus die gemeente oproep om navolgers te wees, en nie na-apers nie. Dit is in elk geval 'n oorskatting van ons eie vermons om te dink dat ons vir Jesus of Paulus kan nadoen in dit wat hulle gedoen het. Dit gaan veel eerder daaroor dat ons deur die daad van Jesus Christus verander sal word om ons hele lewe binne die kragveld van sy verdienste te gaan lei. Voorts moet die manier hoe ons prakties leef deur diensvaardigheid en gehoorsaamheid (volgens Noordmans die kwaliteit van Jesus se gesindheid) gekenmerk word.

 

Dit is belangrik om te begryp dat dit nie hier daaroor gaan dat die Christen in navolging van die voorbeeld van Jesus hom/haarself verneder nie. (vers 7) Navolging lei nie tot 'n gees van masochisme of selfverknegting nie, nog minder gaan dit gepaard met 'n soort morbiede vroomheid. Die resultaat van die imitatio Christi wil nie 'n selfbejammerende mede-lyding voortbring nie, maar wil juis die navolger bevry tot die volheid van die lewe in die Gees van Christus. (B. Maurer).

Preekvoorstel

Die Japannese Christen, Kagawa, het bekend geword vir sy ywer om die Evangelie van Jesus Christus in die krotbuurte van Japan te verkondig. Hy was in alle opsigte 'n siek man, sy een long was reeds verwyder en hy was feitlik blind. Die dokters het al vir jare ges dat hy nie meer lank het om te leef nie. Sy antwoord hierop was dat as hy nie lank het om te leef nie, hy ten minste 'n vol lewe wil h.

 

Daagliks het hy in die ren in die strate uitgegaan. Die mense het hom uitgelag: wat weet jy van hierdie Jesus Christus? As hy probeer antwoord, het hy dikwels alleen daarin geslaag om bloed uit te hoes. Die mense het dan vir hom ges: as God jou liefhet, hoekom doen Hy dan nie iets vir jou nie? Kyk, die wind kan jou wegwaai.

 

Kagawa het egter voortgegaan, hy het dan net die bloed van sy mond afgevee en weer begin met sy storie. Geleidelik het die gespot stil geword. Die besef het ontstaan dat Kagawa self die lewende bewys is van dit wat hy vertel. Want voor hulle het 'n klein mannetjie gestaan wat siek en koud was. Tg het hy vertel dat God hom liefhet.

 

'n Verhaal soos hierdie maak 'n mens daarvan bewus dat ons geweldig baie ontbeer. Soms kom daar momente wanneer ons iemand anders se entoesiasme hoor of wanneer ons na verhale soos die van Kagawa en andere luister, dat ons besef dat ons geloofslewe passieloos, vaal en sonder die lewende oortuiging is wat oorvloedige sin en vreugde bied. Maar dan kom veral die gewaarwording dat ek graag mr sou wou h. Nie meer van dit waarna almal soek en hulself daagliks voor afsloof nie, maar dat ek meer van Gd, meer van die beeld van Jesus Christus en meer van die dunamis van die Heilige Gees sou wou h.

 

Maar, en dit is dalk waarop dit alles aankom, dit wat ons ten diepste begeer, is ook dit wat ons ten diepste vrees. Ons weet almal dat die oorgawe van Kagawa en die toewyding van baie ander gelowiges vir hulle nie wonderlike gevoelens van geborgenheid gebring het nie, maar dat dit hulle op 'n pad van ontbering en swaarkry gelei het. As ons goed oor die saak nadink, dan is dit waarskynlik so dat ons dit in alle eerlikheid moeilik vind om met oop o in 'n rivier te spring waarvan ons die krag van die water en die rigting van die stroom nog nie beproef het nie en waarvan ons boonop geen idee het waar hierdie rivier ons gaan uitspoel nie.

 

Bloot oppervlakkig beskou is daar al 'n geweldige verskil tussen ns lewensbenadering en die manier waarop Paulus hier die gesindheid van Jesus Christus beskryf. Ons is betrokke by een groot geveg om 'n greep op die lewe te kry en om dit wat ons het te behou. Hy, aan die ander kant, l sy lewe en aanspraak op enige aansien vrywilliglik af. Ons werk soos slawe om iets van die koninklike lewe te proe, terwyl Hy sy koningskap afl om die gestalte van 'n slaaf aan te neem. Hy verneder Homself om aan die mense gelyk te word, ns woel en werskaf om bo die mense uit te styg. Hy is tot die dood gehoorsaam aan God; ns wil om die dood net na onsself luister.

Di beskrywing van die verskil tussen ons en Jesus Christus, is natuurlik 'n oorvereenvoudiging van die situasie. Maar dit het reeds groot waarde as dit ons laat besef dat daar 'n groot kloof is tussen die voorbeeld en die gesindheid van Christus en di van die christene. Miskien kan dit vir ons veral laat besef dat 'n mens makliker kan verdwaal as wat jy dink, dat daar 'n lewenswyse is wat vir 'n mens reg kan lyk, maar waarvan die uiteinde die dood kan wees. (Spr 14:12)

 

Hierdie woorde wat Paulus in Fil 2 skryf is nie sonder rede van die mees bekende en van die mooiste gedeeltes in die Bybel nie. Ons word hier op 'n weergalose wyse gekonfronteer met die daad van God wat soveel anders as ons eie dade is. Die Ou Vertaling s in vers 7 dat Jesus Homself ontledig het deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk te word. Die Good News New Testament stel dit s: "....of his own free will he gave up all he had..." Beide hierdie vertalings stel maak dit duidelik dat God nie net as't ware 'n treetjie af na ons toe gegee het nie. God het Homself in Jesus Christus nie net 'n bietjie minder gemaak nie, Hy het in Jesus Christus sy hele wese uitgestort. Hy het Homself reserweloos en sonder voorbehoud, sonder om te vra na die koste, aan hierdie wreld en aan ons gegee.

 

Hierin vra Hy nie eerstens na die moontlike risiko van s 'n daad nie. In die menswording van God eggo die woorde van Hosea 11: "Ek kan dit nie oor my hart kry (om net toe te kyk na die menslike ellende) nie. My liefde brand te sterk..."

 

Paulus vervolg dat die ontlediging van Christus in sy menslike gestalte nie hier gestop het nie. As mens het die vernedering voortgegaan toe Jesus in gehoorsaamheid en getrouheid aan sy goddelike voorneme die pad van lyding tot by die uiterste offer, die dood aan die kruis, gestap het.

 

Juis omdat dit beknde bybelse taal is, is dit vir ons soms baie moeilik om te verstaan wat ten diepste agter die bekende godsdienstige taal l. Anders gestel: ons sien en herken die woorde van Fil 2, maar die groter prentjie is vir ons maar net so duister. Daarom is dit dalk nodig om allereers te vra: Waarom het God dit gedoen? Waarom het Jesus hierdie pad geloop? Waarom het die koning in die gestalte van 'n slaaf Homself openbaar?

 

Die boek (en die fliek), The Horse Whisperer, is gebaseer op die lewe en die werk van 'n bekende perde-hanteerder, Monty Roberts. Hy vertel dat hy as 'n jong seun telkens moes toekyk hoe sy pa met geweld en met brutaliteit te werk gegaan het om sy perde in te breek. Die vrees en die paniek wat hy in die diere se o gesien het, het hom aangespoor om na alternatiewe metodes te gaan soek om hulle sover te kry om 'n ruiter op hulle rug te aanvaar. Hy het toe oor 'n verloop van tyd begin om hulle dop te hou en hulle gedrag te bestudeer. Om dit te kon doen moes hy as't ware deel van die perd se wreld word. Hy moes leer om hulle 'taal' te verstaan, om hulle gedrag te interpreteer. In die proses moes hy afsien van dit wat hy geleer is en van sy geykte sienings en moes hy die diere in hulle eie reg volledig ernstig opneem. So het hy deel van 'n wonderwreld geword waarin hy geleer het om in hlle taal te kommunikeer, waarin hy hulle angs kon verstaan en waarin hy dus 'n perd kon inbreek, alleen deur met hom te praat. Want in Monty het die perde geleer om nie alleen iets van 'n vriendelike mens te herken nie, maar het hulle veral iets van hulleself herken. Vir die perde was hy nie meer 'n vreemde en onverstaanbare wese wat sy wil op hulle probeer af forseer nie, maar hy was op 'n vreemde manier een van hulle.

 

Miskien help die verhaal ons om opnuut die wonder van God se menswording in 'n nuwe lig te sien. In die ontlediging van Christus aan die kruis neem Hy die mense en hulle nood doodernstig, maar meer as dit, word Hy deel van ons wreld en ons 'taal'. In die man van Nasaret kommunikeer God met 'n bang en 'n verwilderde mensdom, nie in 'n hemeltaal nie, maar in mensetaal, in menslike dade. Maar veral: in Jesus Christus kom God nie om die mens met brutaliteit 'in te breek' en tot oorgawe te dwing nie, maar gee Hy Homself oor aan ons wreld en breek so die skeidsmuur wat 'ons wreld' van 'God se wreld' skei. In Jesus Christus oorweldig God ons nie met sy liefde nie, maar fluister Hy as't ware sy ontferming. En in hierdie fluistering l die krag wat wilde perde tem, in die sagte stem van God is iets veel meer kragtig en verowerend as wat in al die luide aansprake van die wreld kan wees. In Jesus Christus oorbrug God die mens se vrees vir die 'onbekende' en die veraf God. In Jesus Christus herken ons naamlik nie alleen vir God nie, maar in Hom herken ons ook onsself. Want die taal wat Hy praat, is ook ns taal, die vrees wat Hy het, is ook ns vrees.

 

En omdat Hy ons taal praat, omdat Hy ons nood ernstig opneem en Hom so volledig aan ons kant geskaar het, drom kan ons Hom vertrou, kan ons sy juk opneem en dit waag op die pad waarlangs Hy ons lei, wetende dat sy juk sag en sy las lig is (Matt 11:29). Maar wetende veral dat Hy reeds die pad voor ons geloop het, dat Hy die pad gelykgemaak het, wetende dat die pad waarop ons onsself bevind, hoe ontoeganklik, steil en nou dit ookal soms mag lyk, dat dit Sy pad is.

 

Miskien is dit daarom ook gepas dat die navolgers mekaar ten slotte hieraan herinner: Navolging kan na 'n benydenswaardige roeping lyk, maar dit bly altyd 'n onbenydenswaardige offer. Maar oor beide die roeping en die offer is dit dieselfde God en Here Jesus Christus wat in die fluistering in die windstilte (1 Kon 19:12) n in die stormwind en tonge van vuur (Hand 2:3,4) ons roep en offervaardig maak.

 

Maar miskien is dit veral nodig dat ons mekaar daaraan herinner dat die Koning-God wat in die gestalte van 'n dienskneg ons kom ontmoet, dat Hy ook van slwe koningskinders maak. Dat ons krag nie in selfhandhawing l nie, maar in ons swakheid en ons bereidheid om die tweede myl te loop. En dat dit juis hierdie dinge is waarin die volheid van God en die dunamis van die Heilige Gees aan die mense duidelik word.

 

Bibliografie

BA Mller, CW Burger & DJ Smit: Woord teen die Lig 1/2 & 3/2; O Noordmans: Verzamelde Werken 7, 441-448.