Psalm 25 (Schalk van Wyk)

12 Maart 2000

Eerste sondag in lydenstyd

 

In tye van swaarkry en lyding kan ons daarop reken dat God altyd getrou bly aan sy beloftes. Ons het n God wat aan ons dink.

Teks

Psalm 25 is 'n klaaglied van 'n enkeling. Hy/sy bid tot God om hulp, vergifnis en leiding.

Die struktuur van die Psalm word enersyds en dalk moet ons s: hoofsaaklik deur die Hebreeuse Alfabet bepaal, want dit is een van die nege akrostiese gedigte in die Bybel. 'n Akrostiese gedig is een waarvan elke nuwe vers met 'n volgende letter van die alfabet begin. So is dit ook met hierdie een. Maar dalk het daar iewers in sy lang verlede iets met hom gebeur wat 'n letsel gelaat het. Die letters bet, waw, en qof, ontbreek en die res kom twee maal voor. Hy het ook 'n toevoeging. Die laaste vers val uit die patroon. Dit is later bygevoeg. 'n Teken dat Die Tempel dit as Woord van God ontdek en vir Israel toegeien het.

Die probleem met 'n akrostiese gedig is dat die alfabet en nie die inhoud nie die struktuur bepaal. In hierdie Psalm se geval is daar dan ook uitlers wat oor die psalm dink soos oor die dominee wat nie sy preek voorberei het nie. Hy het die Sondag aangekondig: Liewe, gemeente, vanoggend net 'n paar los, dog treffende gedagtes"

Andersyds is daar kenners wat tog dink dat hulle 'n struktuur van gedagtegang in die psalm kry. By laasgenoemde groep sluit ek my graag aan. Daarom het ek in punt 2 geskryf dat die struktuur enersyds deur die alfabet bepaal word. Daar is ook 'n ander struktuur, as net die van die alfabet, in die gedig. Hierdie ander struktuur is egter nie s duidelik dat almal daaroor kan saamstem nie daarom moet 'n mens versigtig wees om nie teveel waarde daaraan te heg nie. Vir Reyburn en Bratcher (A Translator's Handbook on The Book of Psalms) lyk die struktuur so:

Hy rig hom tot die Here en spreek sy vertroue uit1-2a, Eerste versoek 2b-3, Tweede versoek 4-7, Lof 8-10, Derde en sentrale versoek 11, Versekering 12-15, Vierde versoek 16-18, Vyfde versoek 19-22.

 

Ongelukkig help die struktuur nie verbysterend baie om die teks vir ons oop te breek nie. In hierdie geval kom 'n mens verder deur die Psalm te eksegtiseer en hom daarna wanneer jy die Hebreeus goed verstaan in sy geheel oor en oor te lees totdat jou eie hart met die woorde resoneer. Dit is daarom jammer dat die leesrooster soms 'n psalm in kleiner deeltjies opbreek. Want as jy 'n psalm se kop of sy stert afsny, sing hy net nie meer met die selfde stem as voor die operasie nie.

Met die eksegese val dit op dat daar 'n paar woorde is wat ons besondere aandag vra. Sommige is woorde wat 'n groot rol gespeel het in die manier waarop Israel uitdrukking gee aan hoe hulle God ervaar, verstaan en voor sy aangesig leer leef het. Van hulle kry nog meer gewig omdat hulle herhaaldelik in die psalm gebruik word. Let byvoorbeeld op die volgende:

batach: Om te vertrou. Di werkwoord kom meesal in gebede en liedere voor. Twee vyfdes van al die plekke waar dit in die Bybel gebruik is, staan in die psalms. As jy vertrou, steun jy op iemand anders. En van die een se betroubaarheid hang alles af. Jy staan of val met die een op wie hy vertrou. Daarom is Jahwe eintlik die enigste een op wie 'n mens kan vertrou. Teenoor die absolute betroubaarheid van God, staan die wat troueloos handel (Vers 3, OAV)

qawah: Om te wag. As 'n mens in stil, vredige omstandighede lewe met geen tekort aan enige iets wat jy uiterlik nodig het nie, sal jy as 'n rel minder oor hoop praat as wanneer jy jou in uiterste omstandighede bevind en blootgestel is aan versoekinge van binne en van buite en alles vir jou oorweldigend onseker word. Dan word jy onontkombaar met die vraag gekonfronteer of die gevaar beteken dat jy alles verloor het, en of jy nog 'n toekoms het, en of daar nog iets is om in hierdie toekoms te verwag. In hierdie situasie van versoeking en benoudheid het die psalms se klaagliedere hulle plekkie in die lewe. Daarom speel die woordjie wag, veral wag op die Here, so 'n groot daarin. Want om op hom te wag, beteken om te kan hoop. Daarom bely Psalm 25 in vers 3: "Niemand wat sy verwagting in U stel (= op u wag), sal beskaam word nie." En in vers 5: "In U stel ek elke dag my verwagting.(=op U wag ek)" En in vers 21: want op U vertrou (=wag) ek.

derek: Weg. Die woord vir die werklike pad, soos die een van jou hekkie na jou huis, word in die Bybel dikwels ook gebruik om die lewe of lewensloop van 'n mens te beskryf. En hierdie lewenspad word dan ook met God in verband gebring. Om byvoorbeeld op die weg van die Here te wandel, is om jou lewe in gehoorsaamheid aan God te lei. Op hierdie weg is sy gebooie jou verkeerstekens en padwysers. Al die psalms word gedra deur die oortuiging van Psalm 1:6 "Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan." In Psalm 25 speel di woord dan ook 'n belangrike rol en kom voor in verse 4, 5, 8, 9(x2), 12.

Vat 'n mens die spoor van verskeie ander Psalm 25-woorde in die Ou Testament, kom jy ook agter dat hy oor die verlossing en hulp wat hy van die Here verwag, praat in die taal wat die Bybel herhaaldelik op ander plekke gebruik om God se verlossingsdade in die geskiedenis van Israel te beskryf. Vergelyk om maar net twee gevalle te noem byvoorbeeld vers 16 met Rigters 6:14; en vers 18 met Deuteronomium 26:7 en 8. Dit is baie duidelik dat die digter van hierdie psalm die teologie van wie God is en hoe Hy red, uit die geskiedenis van sy volk geleer het. Nou het hy die God van hierdie woorde in die praktyk nodig.

Konteks

Omdat die Psalm nie teoretiseer oor die manier waarop ons voor God bid nie, maar self 'n gebed-uit-iemand-se-nood gebore is, moet ons 'n manier soek om die eksistensile aard van di gebed met die gemeente te deel. Uit Sophie's World, Jostein Gaarder se besonderse boek oor filosowe en filosofie het ek 'n beeld geneem. In die gedeelte waar die filosoof vir Sophie verduidelik wat die eksistensialisme is en oor Kierkegaard praat s hy onder andere:

If you fall into the water, you have no theoretical interest in whether or not you will drown. It is neither "interesting" nor "uninteresting" whether there are alligators in the water. It is a question of life or death.

Die krokodille van die preek hieronder is daar gebore, maar hulle het in die preek 'n eie nuwe lewe gekry.

In kort wil die preek hieronder vir ons s: Die psalm leer ons die woordeskat van die geloof sodat ons dit het as ons dit die dag nodig kry.

Preekvoorstel

Die omstandighede waaronder 'n mens iets weet, speel 'n baie groot rol in die manier waarop jy dit weet. Want dit bepaal of jy dit net met jou verstand weet, en of jy dit ook met jou hart weet.

Kom ons neem 'n voorbeeld. S nou julle gesin sit op 'n Sondag vir middagete aan by die tafel. En daar is 'n lewendige gesprek. Die een onderwerp lei tot 'n ander. Dan vertel een van iets wat sy die week iewers gelees het: Die krokodille in die Sambesi rivier is vanjaar buitengewoon onvriendelik en ongemanierd. Hulle het in die laaste ses maande al meer mense gevang en opgevreet as in die vorige ses jaar saam. Niemand weet hoekom nie. Die gesin spekuleer 'n bietjie oor die krokodille, gril vir die gedagte en die gesprek gaan voort na iets anders. Want ons word so toegegooi onder die inligting dat ons min kans kry om iets vir langer as 'n paar minute te weet voordat ons gedagtes deur iets anders in beslag geneem word. Daar is een stroom inligting oor die natuur; die politiek; oorlo en gerugte van oorlo; soms goeie, meesal slegte dinge oor die kerk. Tot in die prediking kry ons selfs ook 'n klomp inligting oor God. Maar as dit goed gaan en ons het 'n lekker Sondag middagete op die bord, en die vooruitsig van 'n slapie in die middag, gaan selfs daardie inligting meesal deur ons kop sonder om by ons hart 'n draai te maak.

Maar s nou julle gesin is een van die wat 'n viertrek voertuig kan bekostig en boonop nog vir 'n safari langs die Sambesi kan betaal ook. En jy stap op die Sondagmiddag om en by etenstyd langs die rivier. En jou voet gly en jy beland tussen die krokodille. Dan is die feit dat hulle graag mense opvreet om hulle honger te stil nie iets waaroor jy rustig kan sit en spekuleer nie; dan is dit vir jou 'n saak van lewe en dood. En jy gaan sonder om te dink vinniger uit die water kom as wat 'n mens normaalweg met swem kan regkry. Hoe ons iets weet, word dikwels bepaal deur die omstandighede waaronder ons dit weet.

Nie een van ons se omstandighede bly voortdurend dieselfde nie. Soms verloop ons lewe rustig en vredig, en ons is lief vir almal en almal is lief vir ons. En dit gaan goed. Ons weet van al die moontlikhede dat dit kan sleg gaan. Om die waarheid te s, ons ken 'n klomp voorbeelde van maniere waarop dit met mense kan sleg gaan. En ons weet ook hoe ernstig-sleg dit soms met mense kan gaan. Maar omdat dit met onsself goed gaan, weet ons nie met ons hart van die sleg gaan nie. Totdat ons onverwags, by wyse van spreke, tussen die krokodille beland. En dit kan soos 'n dief in die nag op ons afkom.

Of dit nou onverwags was weet 'n mens nie, maar die eerste bidder van Psalm 25 het so tussen die krokodille beland. In sy geval was die krokodille, mense. Hy s nie vreeslik baie van hulle nie. behalwe dat hulle sy vyande is, dat daar baie van hulle is en dat hulle hom fel haat. 'n Mens lei ook af uit wat hy skryf, dat hulle troueloos handel. Veel meer as dit kan ons nie uitmaak nie. Sy krisis is darem nie soos die van die persoon wat ons so 'n paar minute gelede in die Sambesi tussen die krokodille laat beland het nie. In sommige krisisse soos die een tussen die krokodille s'n is dit sekondes wat 'n verskil maak tussen lewe en dood. Ander krisisse kan ure, dae of selfs maande duur. Maar wat eenders is van die twee gevalle, is dat 'n werklike groot krisis mense dikwels laat voel asof hulle paadjie kan doodloop; asof daar vir hulle nie meer 'n toekoms is nie; asof alles donker is as hulle vorentoe kyk. Dit is opvallend dat die bidder van ons Psalm so baie keer oor paaie, en oor God se weg en sy eie weg praat. Miskien was dit met hom so en is dit met ons ook so dat ons eers regtig met groot erns na God se pad vir ons begin vra wanneer ons op ons eie paadjie se Cul de sac-bordjie afkom. Want 'n mens sing Totius se Psalm 25:2 "Leer my, Heer, u regte we, / wys die regte pad my aan / maak my hart daartoe gene, / om met lus daarop te gaan." op een manier as dit goed gaan; en op 'n ander manier as dit sleg gaan. Hoe dit ook al sy, ons psalmdigter is in sy rivier vol krokodille en sy vooruitsigte lyk vir hom maar duister.

Oor hoe hy in hierdie rivier vol krokodille beland het, s hy niks. Ons sal so 'n bietjie later daaraan aandag gee dat hy baie oor sy eie sonde praat. Daar is 'n moontlikheid dat hy iets aangevang het wat 'n klomp van sy mede Israeliete so die harnas in gejaag het dat hulle vir hom vyande geword het. 'n Mens voel amper om te s: Wie van ons kan ooit met 'n heeltemal skoon gewete s dat ons nie ook 'n bietjie skuld het aan die verhoudings wat in ons lewens skeef geloop het nie? Aan die ander kant, wil dit in vers 3 lyk asof hy die vyande wat hom vervolg, in gedagte het as hy bely dat die teenoorgestelde van iemand wat op God vertrou, 'n mens is wat troueloos handel sonder oorsaak. Wil hy daarmee te kenne gee dat sy vyande teenoor hom troueloos handel sonder oorsaak? Ons weet nie. Maar dit kan gebeur dat mense werklik sonder dat jy vir hulle 'n rede gegee het, vir jou in die steek laat. Of wreed en haatlik teenoor jou optree. U ken tog die negergesange (Negro Spirituals)? Baie van hierdie negergesange het in 'n tyd ontstaan toe die negers in Amerika swaar gekry en onder onreg teenoor hulle gely het. Hulle swaarkry het ook aan liedere van groot geestelike diepte geboorte gegee. So het liedere soos Were you there when they crucified my Lord? En He's got the whole world in his hands ontstaan. 'n Ander een, Sweet Little Jesus Boy sing oor Jesus se lyding en oor ons s'n. En iewers s die woorde dan: "De worl' treat you mean , Lord. / Treat me mean too. / But that's how things is down here". Dit kan wees dat die bidder van Psalm 25 sonder enige hulp van sy kant in die nood beland het. Dit het met Jesus ook gebeur. En gebeur steeds.

Tog is dit opvallend dat die psalmdigter amper minder praat oor sy vyande en hoe gemeen hulle teenoor hom is, as wat hy dit oor sy eie sonde het. Hy s in vers 7 vir die Here: "Moet tog nie dink aan die sondes en oortredinge van my jeug nie. Dink aan my in u trou, Here, omdat U goed is." En later weer: "Ter wille van u Naam, Here, vergewe my my sonde, want dit is groot." (vers 11). En nog 'n maal: "Vergewe tog al my sondes" (vers 18). Dit laat 'n mens byna dink aan die fyn stukkie humor in Johannes 8. Daar waar die klomp, met 'n vrou wat op owerspel betrap is, by Jesus aankom. Hulle dag toe hulle het hom in 'n hoek, want as Hy sou s sy moet gestenig word, is Hy in die moeilikheid by die Romeine en as Hy sou s sy moenie gestenig word nie, gaan die mense dink Hy verbeel hom mos hy's beter as Moses. En toe s Hy: Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip op haar gooi. En dan vertel Johannes: "En toe hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe". Die oudstes loop toe eerste. En hulle geheue is boonop slegter as die jongmense s'n. Hulle kon met ander woorde nie net oor die sondes van hulle jeug skuldig gevoel het nie. Hulle moes met die loop van die tyd die lysie aangevul het. Daarom moes die oudstes eerste loop. Hulle het immers meer gehad om te onthou. En daarom moet ons digter maar die sondes "van die jeug" later los. Soos die gebed aangaan word dit al hoe meer net eenvoudig: Vergeef my sondes Heer.

Met die sondes is dit soos met die paaie. Ons weet van hulle ook op 'n ander manier as ons in 'n krisis beland. Hier in die kerk kan ons partykeer ewe vroom sing "Hoe het my skuld my nie vervreem, / gemeenskap Heer met U ontneem, / U beeld in my verduister" (Ges 238:1) terwyl ons hart steeds ver van die Here af is. Maar as die pad vir jou swaar word en donker, en jy voor God staan en jou hart tot Hom ophef en sy hulp bo alles nodig het, kom staan die sondes in hulle grusame werklike helderheid om jou.

Want dit is die ironie van ons menswees. Dat ons ons beroep op God se trou terwyl ons self so ontrou is; dat ons oor die optrede van ander kla, terwyl ons self dikwels vir ander rede gee om by God oor ons te kla; dat ons vervolgdes en vervolgers is; dat ons bid om vergifnis vir ons sondes en self bly is as iemand anders, (Allan Boesak!) nie met syne wegkom nie. Later sal Paulus om te verduidelik hoekom Jesus moes kom, aanhaal uit die psalms en s: "Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie." (Romeine 3:10). Daarom is dit met ootmoed ook so: Ons verstaan dit eers regtig met ons hart, as die nood ons op ons knie voor God gebring het.

Maar hy bely nie net nie. Hy bid ook. En in sy nood gebruik hy ou bekende woorde om by God mee hulp te soek. Hy vra dat die Here Hom na hom sal wend; na hom sal kyk; hom sal red. En dit is almal groot woorde uit die geskiedenis van sy volk. Dit is die woorde wat Israel gebruik het om oor God se verlossingsdade te praat.

In Deuteronomium 6:7 het die Here oor die verhaal van sy verlossingsdade beveel: "Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan." Sou sy pa dalk met hom daaroor gepraat het terwyl hulle in die huis was en op pad en met slapenstyd en met die wakker word? Sou sy pa en ma aan die tafel tydens die Sabbatsmaal vertel het hoe God Hom tot Gideon gewend het (Rigters 6:14)? Sou hy in die aand voor hy gaan slaap hoor hoe God Israel se ellende en swaarkry raakgesien en gesien het hoe hulle verdruk word.(Deut 26:7 en 8)? Sou hy met die Pasga gehoor het hoe God Israel gered het (Deut 7:8)? Of het hy dit maar net by die tempel gehoor? Ons weet nie. Maar die woorde wat hy gebruik wanneer hy om hulp roep by God, is die woorde wat die Bybel van sy tyd (ouers en priesters) vir hom geleer het.

En waarskynlik het hy toe hy dit by die huis en in die tempel geleer het nie geweet hoe nodig hy hulle eendag sou kry nie. Want as jy aan die tafel sit of in die kerk, lyk die riviere van hierdie wreld met hulle krokodille ver en dikwels onwerklik. Dan verbeel jy jou dat dit net die mense is wat dit te na aan die water waag wat inval en opgevreet word. Dan lyk jou eie pad vir jou reguit en eindeloos voorspoedig. En jou eie sondes is net foute wat nie regtig tussen jou en God kan staan nie.

Maar dit is deel van God se sorg vir ons dat Hy vir ons die verhale van sy verlossing gee. En daarmee saam vir ons die taal leer wat ons kan gebruik om te bid. Dit is deel van sy sorg vir ons dat die Gees vir ons die woordeskat van die geloof aanleer. En al is die omstandighede waarin ons dit leer van so 'n aard dat dit nie dadelik na ons hart toe gaan nie eers net in ons brein vassteek moet ons dit nie minag nie. Want God weet van die ongelukkige dae wat kom en die jare waarvan jy sal s: Ek het daar geen behae in nie. Daarvoor maak Hy voorsiening. Daarvoor gee Hy ook hierdie Psalm. Daarom sing ons die psalms ook, sodat hulle woorde in ons gedagtes ingebrand word. En wanneer ons dan in die rivier val, tussen die krokodille kom hierdie woorde ons tegemoet en word hulle soos 'n leer wat op die grond staan en waarvan die punt aan die hemel raak en waar die engele van God op en af klim. Die Gees troos ons altyd deur ons aan die Woord(e) te herinner, die Woord(e) van God se verlossing.

Dit is daarom nie vreemd dat Jesus, toe Hy aan die kruis op Golgota hang, die woorde van Psalm 22:2 uitgeroep het nie. As 'n mens se nood so groot raak dat jou eie woorde jou in die steek laat, is al wat help di wat die Gees vir jou met die lepel van die Woord op die tong plaas.

Die psalms moet ons in ons hart met ons saamdra. Ons weet nooit wanneer ons hulle woorde nodig kry nie.