Psalm 22 (Willie Cilliers)

13 April 2001

GOEIE VRYDAG

 

Ander tekste: Jesaja 52:13-53:12; Hebrers 10:16-25; Johannes 18:1-19:42

 

Elke vorm van my lyding is opgeneem in die kruis van Jesus Christus. Dikwels word my lyding nie van my weggeneem nie, maar deur daarmee na God te gaan, word ek s bewus van God se teenwoordigheid sodat Hy deur my in die gemeente geer en geprys word.

Teks

Die Psalm is reeds in die Woord teen die Lig-reeks hanteer deur D J Louw/B A Mller (1982:73-80), asook in die Preekstudies van die Leesrooster (99-103) van twee jaar gelede. In beide gevalle is dit aangebied met riglyne ook vir n preek op Goeie Vrydag. Dit is noodsaaklik dat dit gelees word, omdat al die kernvraagstukke in die psalm daarin aandag kry. Daarom gaan dit nie hier in detail behandel word nie.

Vrae wat beantwoord moet word, is: Wie is die bidder wat hier in die Psalm aan die woord is? Maak die feit dat Jesus uit hierdie psalm in sy kruiswoorde aanhaal noodwendig daarvan n Messiaanse Psalm?

J Ridderbos in sy Commentaar op het Oude Testament stem saam met Calvyn dat hier in die eerste instansie een menselijk subjekt aan het woord is (dat wij voor David houden ) en dat dit menslijk subjekt type is van Christus. Sonder om op al die ander standpunte te noem of daarop in te gaan, aanvaar ons saam met Ridderbos dat ons hier in die Psalm met n persoon te make het wat deur donker dieptes gaan as gevolg van persoonlike omstandighede.

Oor die kwessie of die psalm n Messiaanse karakter dra, blyk duidelik uit die Nuwe Testament deurdat by die vermelding van Jesus se klere in Johannes 19:24 uitdruklik verklaar word dat dit geskied het sodat vervul kon word wat in vers 19 van Psalm 22 geskrywe staan. Dit bewys egter nog nie dat die psalm n regstreeks-Messiaanse karakter het nie. Daar is baie Ou-Testamentiese uitsprake, waarvan ons in die Nuwe Testament verneem, wat in Christus vervul is, maar wat dit tog duidelik is, dat hulle in die eerste instansie byvoorbeeld op Israel of op n aardse koning betrekking het.

Van Zyl (1987:87-90) beskou Psalm 22 as een van die beste voorbeelde hoe die Ou-Testamentiese getuienis van n vrome wat onskuldig gely het, se woorde gebruik is om Jesus se lyding aan die kruis te beskryf. In hierdie psalm word n hele aantal ondervindings van die bidder beskryf en party van hulle het amper letterlik net so op die lydenspad van Jesus gekom, veral toe Hy aan die kruis gehang het nadat hulle sy hande en voete vasgebind het (Ps 22:17c). Nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere onder mekaar verdeel, en oor sy onderkleed geloot (Matt 27:35; Joh 19:23; vgl Ps 22:19). Toe Jesus ges het: Ek is dors (Joh 19:28) en hulle vir Hom suur wyn aangebied het (vgl Ps 69:22), het sy tong aan sy verhemelte gekleef (Ps 22:16).

Die mense wat op Goeie Vrydag die stad van die noordekant af binnegekom het om die paasfees te vier, het hulle nie-herkende Paaslam aan die kruis verag en almal wat Hom gesien het, het met Hom gespot en ges: Hy het op God vertrou; laat God hom nou red as Hy dan behae in hom het (Matt 27:39-43; vgl Ps 22:7-9).

Die psalmdigter het sy lyding saamgevat in die beginwoorde (Ps 22:2) van sy klag: My God, my God, waarom het U my verlaat? Dieselfde is deur Jesus in sy eensame lyding aan die kruis gedoen (Matt 27:46), en kort daarna terwyl die mense nog met Hom gespot het, het Hy gesterf (Matt 27:47-50). Dit het nie met die psalmdigter gebeur nie, want hy het n sy lyding getuig: U het my gebed verhoor (Ps 22:22d) en God gedank, dit wil s aan God die eer gegee vir die uitkoms wat Hy gegee het (Ps 22:23-32).

Deur die beginwoorde van die psalm in hierdie uur van verlatenheid aan te haal, het Jesus eintlik die hele psalm gesiteer. So het Hy Hom in daardie oomblik ook ver van sy hulp en heil en verlosser gevoel. Dit is eintlik die swaarste van al die lyding wat Hy moes verduur. Ook Dawid het dit as die grootste smart denkbaar beskrywe. Toe hy voor Saul moes vlug en uit sy land moes padgee, het hy ooreenkomstig n gedagte uit daardie dae dat die Here net in Palestina, sy land, gedien kan word, gekla dat hy nou nie meer die geleentheid het om sy God te dien nie, want hy was nou weg van die ark en die tabernakel af.

Juis daarom is die smart van die bidder in hierdie psalm so groot. God is ver en verlos nie; dag en nag roep hy maar God antwoord nie; teenoor die vyand wat dreig, staan hy weerloos; alleen moet hy die spotstem aanhoor. God het die roepstem van die voorvaders gehoor en verlos, maar hy, die bidder, pleit tevergeefs. En tog hou hy maar aan om te roep. Moet tog nie so ver van my weg bly nie. Die vyand se verdrukking sou hy nog kon verduur. Maar hierdie gevoel dat die Here hom verlaat het, verteer hom. Daarom bid hy: My God, my God, waarom het U my verlaat? Sy lyding is nou nie meer eensaamheid soos hy dikwels moes verduur het toe hy alleen en deur mense verlate was nie. Sy smart is nou eensaamheid, want die Een wat altyd by hom was, is nou ook nie meer daar nie.

In hierdie verlatenheidsgebed van hom het die bidder woorde gebruik wat later in herinnering geroep sou word by n lyding wat ver bo syne sou uitstyg: die lyding wat onskuldig gely is in belang van ander toe Jesus, Seun van God wat mens geword het, die donker dal van verlatenheid deurworstel het. Toe het Hy die klanke van hierdie gebed opgevang en herhaal omdat die stryd van die sonde om God en sy Woord nie net partymaal nie maar vir altyd geen plek in die mens se lewe te gee nie, t sy felste vorm aangeneem het. En nadat Hy dit verduur het, het die vooruitsig van die laaste deel van Psalm 22 n werklikheid geword. Die lyding wat in diens van God staan, dien n hor doel; die lyer wat onder Gods bestel ly, dien n ruimer kring as net homself. Daarom s die nagmaalsformulier dat Hy Hom toe verneder het tot in die allerdiepste versmaadheid en angs van die hel, met liggaam en siel aan die kruishout, toe Hy met n groot stem uitgeroep het: My God, my God, waarom het U my verlaat? sodat ons tot God geneem en nimmermeer deur Hom verlaat sou word nie.

Daar is geen rede om te ontken dat Dawid die digter sowel as die subjek van die psalm is nie. Hy is duidelik die simbool van die enkeling wat met sy krisisse en lyding met die Here worstel, juis omdat hy dink dat God hom in sy situasie verlaat het. Hy verwoord sy ervarings s dat dit ook slaan op die ervarings van sy volksgenote.

Die psalm word redelik algemeen beskou as n klaagpsalm. Dit gaan in die psalm egter nie net om klagtes nie. Die eerste deel van die psalm (1-22a) beskryf die lyding van die digter, maar die tweede deel (22b-32) teken vir ons wat die noodwendige afloop daarvan is wanneer n gelowige sy situasie na God neem. Die eerste deel kan nie van die tweede deel losgemaak word nie. Ridderbos se indeling van die psalm in drie dele laat die hele verloop van die proses wat die digter met God deurmaak, selfs sterker na vore kom. Hy s in die eerste twee dele (2-12 en 13-22) kla die digter oor sy nood en bid hy om verlossing. In die derde deel (23-32) dank en loof hy die Here in die vooruitsig van die verwagte verhoring van sy gebed.

Die digter kla oor sy vyande wat hom bespot en verag (7-9). Hy sien hulle as n wreedaardige klomp mense en vergelyk hulle met die magtige en gevaarlike beeste van Basan se uitgestrekte en vrugbare vlaktes (13). Hulle bedreig hom van alle kante. Hulle maak ook allerhande opmerkings teenoor hom wat (14) hom totaal kragteloos en nikswerd laat voel (15-16). Hy het sy menswaardigheid verloor en voel so veragtelik soos n wurm wat op die grond kruip en enige oomblik platgetrap kan word (7). Dit maak hom beangs en depressief. Sy ervaring is dat God hom ook in die steek gelaat het. Dit voel vir hom asof God nie na hom luister nie. Sy voorvaders het op God vertrou vir hulp en Hy het hulle gehelp, maar sy hulpgeroep baat hom niks. Dit is deel van sy smart en lyding dat sy vyande daarmee spot dat God hom moet help, maar dit blykbaar nie kan of wil doen nie.

Dit alles maak nog nie dat die digter hom nie op God beroep nie. Hy bid steeds dat die Here wat hom

die eerste lewenslig laat sien het en van kleins af vir hom gesorg het, ook in hierdie tyd van nood nie so ver van hom af weg moet bly nie. Hy erken dat niemand anders vir hom uit sy ellende kan help nie en dat alleen God se hulp voldoende is (10-12).

Die digter glo die hele tyd dat God sy enigste kans op redding is en daarom smeek hy dat God hom moet help (20). Hy voel weerloos en magteloos en die noodtoestand en vrees wat die hele situasie by hom opwek, put hom psigies en fisies uit. Sy bene wankel onder hom, sy hart (bestaan) voel swak en sy tong is droog (15-16). Hy is bekommerd oor wat nog vir hom mag voorl. Dinge soos mishandeling en selfs teregstelling is nie uitgesluit nie. Sy vyande is soos honde (17 gemeen en wag net om op n weerlose prooi toe te sak), leeus (14, 22 dreigend en gevaarlik deur die geluide wat hulle maak, maar ook deur fisies hul prooi te verskeur) en wilde beeste (13, 22 sterk en as gevolg van hul oormag en kragtige en skerp aanvalstuie storm hulle oor enigiemand wat in hul pad kom). Omdat sy lewe vir God en homself kosbaar is (21) roep hy herhaaldelik om hulp en redding.

Nadat die digter homself, sy situasie en sy vyande in onskou geneem het, en besef het dat God is sy enigste hulp, begin hy God te eer en te prys. Hy maak n gelofte van wat hy sal doen as God sy gebed verhoor. Hy sal van God getuig (23) en die gemeente oproep om God saam met hom te verheerlik. In ootmoedige gesindheid (soos armes, 27) sal hulle saamkom en die verlossing feestelik vier.

Die digter sien dat hierdie lof aan God oor die hele wreld sal uitkring en mense hulle tot Hom sal bekeer (28-32). God is nie net helper nie Hy is Koning! Dit wat hy vir die digter gedoen het, sy verlossingsdade, sal vir geslagte oorvertel word.

Die psalm is dus n klaaglied, n gebed om hulp en n danklied in een. Te midde van sy ellende en lyding sing hy reeds n lof- en danklied vir God se verlossing. Daarom moet die bekende melodie van die lied soos n wildsbok van die daeraad (1) gevolg word.

 

Preekvoorstel

Die Bybel is nie maar net n boek wat vir ons goeie raad aanbied nie dit bring God na ons toe. Dit openbaar God aan ons.

Psalm 22 wil ons in kontak met God bring juis wanneer ons in die grootste nood verkeer. Want Jesus self het Hom in sy oomblikke van doodsbenoudheid aan die kruis op hierdie psalm beroep. Aan die kruis, die hoogtepunt van God se selfopenbaring aan die mense, vertolk sy Seun die ervaring van die ganse mensdom in nood: My God, my God, waarom het U my verlaat?

Die boodskap van Goeie Vrydag is dat God in ons diepste nood ingedaal het ook al ervaar ons die grootste ellende soos die digter van Psalm 22. Wat gebeur het op daardie Vrydag op Golgota, is niks anders nie as dat God die noodkrete van die digter en sy Seun en van elke kind van Hom gehoor het.

Elkeen van ons het al in tye gekom, of is in n tyd dat ons totaal hulpeloos en moedeloos voel. n Jong man wat vir allerhande avontuur kans sien, kan in so n situasie kom. n Ryk sakeman kan so voel: verstote, hooploos. n Jong vrou wat gehoor het van die kwaadaardige gewas wat verwyder moet word, kan so platgeslaan voel. n Bejaarde eensaam in n kamer in sy kinders se huis, kan hulpeloos voel. Ons almal kan so voel. En dan vra ons ook: My God, my God, waarom het U my verlaat?

In hierdie een vraag wat die digter in die psalm gevra het, het hy net gepleit dat God hom moet help. Hy wil nie verduidelikings h nie. Hy soek nie redelike antwoorde nie al klink dit miskien so. Nee, hy vra dat God moet ingryp in sy lewe.

Goeie Vrydag bring ons voor die kruis. Want die kruis is die plek waar ons die diepste kan in kyk in die hart van God. Dit is die plek waar ons met God kan praat reguit en met al ons emosies en God met ons kan praat (al klink dit soms of dit ons eie woorde is wat ons hoor).

n Voorbeeld van iemand wat so met God gaan praat het, kry ons in Psalm 22. Hierdie digter het geen hoop nie. Wat hom so moedeloos en wanhopig gemaak het, weet ons nie presies nie. Die opskrif van die psalm s vir ons dat Dawid die skrywer van hierdie lied was. Dit is moontlik dat Dawid se vervolging deur Saul die historiese agtergrond van ons psalm is. Die eerste deel van die psalm gee n beskrywing van die ellende en lyding van die bidder. Ons kom agter dat hy hulpeloos is. Hy beleef wanhoop en angs. Ons moet net onthou dat die grootste angs wat n Ou-Testamentiese mens kon ervaar, die angs van Godverlatenheid was. Dit was vir hulle n teken van God se oordeel en vloek oor jou. Dan was jy oorgegee aan die vernietigende magte. Dan was dit so goed jy was in die hel. Onskynlik het God hom verlaat, sy rug op hom gedraai waarom weet hy nie. En dit raak nou sy hele bestaan. Juis omdat hy God geken het as die Verbondsgod, as die God op wie sy voorvaders vertrou het, as die reddende God, is sy stryd soveel intenser.

Ons kan ons die radeloosheid voorstel, omdat van ons dalk self so voel, van n mens wat soveel wanhoop en verlatenheid ervaar het. Baie van ons het dalk al te make gehad met situasies wat ons so afgetakel het dat ons al ons menswaardigheid en selfrespek verloor het.

Aan die eenkant worstel hy met hoe sy vyande, die oorsaak van sy ellende, hom sien. Hulle is gevaarlik en wreedaardig. Hulle bespot en verag hom. Hulle bedreig hom. Hulle laat hom nikswerd voel. Hulle maak hom beangs en depressief. Hulle spot sy God wat hom nie wil help nie.

Aan die ander kant worstel hy met God en met hoe God hom ken. Hy beroep hom steeds op God. Hy bid steeds. Hy erken dat niemand anders hom kan help nie.

Hy worstel ook met homself. Hy sien homself as weerloos en magteloos. Hy is bang vir wat nog mag voorl. Hy is uitgeput.

Hoe lank hierdie worsteling van die digter geduur het, weet ons nie. Ons kan vermoed dat dit n lang en moeisame pad was. En hoe presies hy daar uitgekom het, weet ons nie, maar op n dag het hy sy ellende en sy uitkoms verwoord in hierdie psalm sodat ons geslagte later en mense oor die hele wreld kan hoor: die Here het dit gedoen.

Ons weet nie eens of al sy pyn en wanhoop in n oomblik verdwyn het nie. Al wat ons weet is dat God nie die nood van die hulpelose verontagsaam en gering geskat het nie, Hom daarvan nie teruggetrek het nie, maar die hulpgeroep na Hom gehoor het.

Eerwaarde Henry Francis Lyte was die skrywer van die lied wat ons ken as Bly by my, Heer, terwyl die skadus daal Hy was op die rand van moedeloosheid. Hy was predikant van n klein gemeentetjie en hy het gevoel na al sy jare van arbeid daar het niks gebeur nie. Hyself was nie gesond nie en sy dokter het hom meegedeel dat hy nog net n paar maande sou lewe. So het hy eendag teneergedruk in sy studeerkamer gaan sit en deur sy Bybel begin blaai tot by die gedeelte oor die Emmausgangers wat Jesus gevra het om nie verder te gaan nie, maar om by hulle te bly omdat dit al aand was. Skielik het hy krag gekry om sy lot te aanvaar, om sy gemeente te aanvaar, en om die sin van sy lewe te ontdek. T het hy di onvergeetlike woorde neergeskryf:

Abide with me; fast falls the eventide;

The darkness deepens; Lord, with me abide;

When others helpers fail, and comforts flee,

Help of the helpless, oh abide with me.

 

Miskien moet ons n keer onsself so ver kry om ons af te sonder voor God. Dan moet ons tyd neem en n bietjie deur die psalms lees. Want saam met die psalms kan ons sommer ons hart uitpraat met God. En daar verneem ons van mense wat soos ek en jy gevoel het en hoe God in hul lewens ingegryp het of eintlik het Hy nie ingegryp nie. Hy het ook nie ritse en ritse antwoorde op al hul vrae gegee nie. Hy het hulle net laat besef dat Hy altyd by hulle was en dat hulle die hele tyd daarop kon reken. Ook toe dit vir hulle gevoel het asof God hulle verlaat het. Miskien wil die Here dat ons net weer rustig deur Psalm 22 moet lees, sodat ons die Here self daarin kan ontmoet en saam met die digter vir Hom kan s: U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys.

God luister. God help. Hy stuur nie net vir ons n boodskap nie. Hy kom self na ons toe in sy Seun. Hy daal in ons ellende neer. Hy gee Homself tot in die dood. Hy ver-een-selwig Hom met ons in ons nood. Jesus is die enigste Een wat die vraag kon vra: My God, my God, waarom het U my verlaat?

H Vogel skryf in Communio Viatorum: Iemand sou die dwase vraag kon stel: Wat is nou die mees hopelose plek in die wreld? Hy sou dan aan n siekbed kon dink of aan n martelpaal van n konsentrasiekamp, of aan een van die gasoonde waar mense gedwing is om in te gaan, of aan n dodesel, of watter plek van diepste vertwyfeling. In waarheid is egter die mees hopelose plek ter wreld daar, waar die mens wat nooit vir God verlaat het nie self verlate hang. Hierdie plek is n kruis. n Duister anders as alle duisternis in hierdie wreld is dit, waaruit Hy roep: My God, my God, waarom het U my verlaat? Daar is geen plek en geen gebeure, waar die toekoms van die mens so verlore skyn te wees as hier nie. Die wonderlike, wat met geen menslike woorde te beskryf is nie en deur geen kennis te bereik is nie, is daarin gele, dat juis op hierdie plek toekoms vir die mens ontsluit word, ewige toekoms. Hierdie mens Jesus is immers diegene, in wie die Seun van God, dus God slf, Hom tot ons naaste gemaak het. Hy is die een wat die vraag van die hele mensdom gehoor het, anders as wat ons mense onsself begryp. Langs duisend we van ons godsdienstigheid soek ons God en eindig by die afbeeldinge van onsself. Hy soek ons en vind ons daar, waar ons sonder meer verlore en aan die einde was. Omdat Hy egter in dood en lewe by ons wil hoort, hoort ons by Hom. So is Hy vir ons die deur na God se toekoms. Hy slf is die toekoms van die mens.

Daarom kom bring die Here ons ook vanoggend saam rondom die kruis op Golgota. Sodat ons met ons kruis langs sy kruis kan kom staan. Sodat ons kan sien dat ons kruis is eintlik sy kruis. So lyk God se liefde vir ons. As Hy uitroep: My God, my God, waarom het U my verlaat? Weet ons: dis vir ons, sodat ons n toekoms kan h!

 

Bibliografie

Burger, CW, Mller, BA & Smit, DT (reds): Woord teen die Lig I/2 73-80; Cilliers, Johan: In die greep van God. 121-126; Ridderbos, J: Commentaar op het Oude Testament. De Psalmen. 180-200; Ridderbos, N H: Korte Verklaring. De Psalmen. 227-244.