Psalm 22 (Ockert Meyer)

2 April 1999

GOEIE VRYDAG

Teks en Konteks

 

Die kuns van die prediking oor Psalm 22 op hierdie besondere dag in die kerklike jaar is daarin gele om nie die teks alleen as 'n nuttige aanknopingspunt vir die 'eintlike' agenda vir die dag te gebruik nie, maar om die teks self te laat praat en in hierdie spreke van die vroe bidder nie alleen my eie versugtinge nie, maar ook die lydingsroep van die Verlosser aan die kruis te hoor. Waar die Nuwe Testamentiese en veral die Evangeliese tekste oor die lyding van die Seun van God praat, word hier in die eerste plek oor die lyding van die gelowige mens gepraat. Om die verrassende ontknoping van die teks binne die konteks van Goeie Vrydag tot sy reg te laat kom is dit belangrik dat hierdie volgorde gehandhaaf word.

 

Voorts is dit belangrik om te begryp hoe die Geskrifte, waaronder die Psalms sorteer, binne die Joodse kanon, die Tenach, funksioneer. Op 'n eerste vlak l die Tora, oftewel die Pentateug soos wat ons dit ken. Die Tora bevat die Openbaring van God se Naam, wie God is. Op 'n tweede vlak vind ons die Profete, dit is die getuienis van hoe die Openbaring van God die menslike geskiedenis aanraak en omvorm. Derdens is daar die Geskrifte, oftewel die menslike reaksie op die Goddelike Woord en verkondiging. Dit is dus in die eerste plek met hierdie menslike reaksie wat ons in Psalm 22 gekonfronteer word.

 

Die Psalm val in twee duidelik onderkenbare gedeeltes uiteen. "Die lied lei ons eers af in die diepte van die uiterste lyding, 'n lyding wat die gelowige tot op die rand van die graf gebring en hom tot volkome desperaatheid gereduseer het. (1-21) Dit styg dan op tot die hoogtes van 'n prys- en 'n danklied wat ontspring uit gebedsverhoring...(22-32)" (Weisser). Die hele Psalm 22 is 'n klaaglied wat omgekeer word, waarin die klag verander word tot lof (Westermann).

 

"Psalm 22 thus embraces the elements of lament and both narrative and descriptive praise, in the sequence lament-psalm of thanksgiving-hymn. In this, it witnessses to the fact that these three elements all belong together; all three are rooted in God's act of compassion for a sufferer, v.31b. Simply from this all-embracing significance of Psalm 22 , as revealed in its structure, we can understand why it has had a special significance for the gospels' portrayal of the passion and death of Jesus." (Westermann)

 

Oor die presiese ontstaan van die Psalm bestaan daar 'n wye verskeidenheid van uiteenlopende menings. Alhoewel dit met die eerste oogopslag net soos die klaaglied van die enkeling lyk, is daar tog ook ooglopende verskille met ander soortgelyke klaagliedere. Daar is 'n aantal eksegete wat meen dat die lied eintlik die gemeenskaplike klag van die volk van God is en wat dit dus heeltemal uit die individuele sfeer wil wegneem. Sonder om in die besonderhede van hierdie debat in te gaan, kan daarmee volstaan word dat die Psalm 'n aantal individuele kenmerke bevat wat dit moeilik maak om dit binne 'n kollektiewe verband te interpreteer (Weisser). Tog bly die betekenis van die klag nie ingeperk binne die sfeer van die enkele lydende individu nie, maar raak dit op 'n besondere wyse nie alleen die roep van die kinders van God nie, maar ook van die Seun van God.

Hendrikus Berkhof het 'n ongewone maar 'n fassinerende voorstel rakende die wyse waarop dit gebeur. Hy s dat dit duidelik is dat Psalm 22 'n groot rol speel in Jesus se lyding aan die kruis. Maar hy voorsien dan 'n veel groter rol as die eerste vers My God, my God, waarom het U my verlaat? Daar is naamlik soveel aanhalings en elemente uit die Psalm in die lydingsverhaal ingeweef dat die vermoede bestaan dat die evangeliste die kruisgebeure binne die konteks van die Psalm gelees het. (Vergelyk onder meer die gedagte van vers 19: Hulle verdeel my klere onder mekaar en trek lootjies oor my mantel) Binne hierdie verstaan van die Psalm beteken dit dat Jesus nie alleen die eerste vers aan die kruis geprewel het nie, maar dat Hy inderdaad die hele Psalm ges het. Daarom praat Berkhof ook van Psalm 22 as die Psalm van die sterwende Jesus.

 

Die Jode was gewoond daaraan om 'n Psalm nie soseer met 'n nommer aan te dui nie, maar met die eerste woorde van die Psalm. ('n Gewoonte wat vir ons ook nie vreemd is nie, bv ons praat ook van Die Here is my herder as ons na Psalm 23 verwys.) Gegewe voorts die vreemdheid van die woorde My God, my God, waarom het U my verlaat?, maak dit heeltemal sin om dit nie as 'n geisoleerde greep uit die Psalm te sien nie, maar inderdaad as deel van 'n groter uiting, 'n uiting van iets waarin Jesus iets van sy eie swaarkry vertolk sien.

 

Berkhof wys daarop dat Matteus en Markus niks meld van die dors van Jesus nie, maar dat hulle direk na die woorde My God, my God, waarom het U my verlaat? s dat iemand vir Hom 'n spons met suur wyn gee. Dit is moontlik dat die omstanders die woorde van vers 16 Ek is so min werd as 'n potskerf, my tong kleef aan my verhemelte geinterpreteer het as synde Hy dors is en daarom die spons met suur wyn aangegee het.

Johannes 19:30 s Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy ges: Dit is volbring! Die laaste woord van Psalm 22 ...die Here het dit gedoen kan inderdaad ook vertaal word met die woorde Dit is volbring! Dit is dan nie, soos wat dit dikwels gelees word, 'n uiting van oorgawe of 'n wanhoopskreet nie, maar juis in lyn met die hele Psalm 'n juigkreet, 'n kreet van triomf: Dit is God se werk! God het dit gedoen!

 

"Want nooit het die Seun sy volkome vertroue in sy Vader verloor nie. Hy het deur die diepste skagte van vertwyfeling gegaan. Maar Hy het geweet dat die laaste woord van die onbegryplike Vader 'n ewige 'Ja!' sou wees. Die reddingswerk wat Hy in die Seun en in Hom, met die wreld, begin het - Hy het dit volbring en sal dit Self volbring." (Berkhof).

Preekvoorstel

Reg aan die begin van sy boek A grief observed skryf CS Lewis die volgende woorde oor sy eensaamheid na die dood van sy vrou:

"Waar is God? Terwyl 'n mens gelukkig is, s gelukkig is dat jy geen gevoel van behoefte aan Hom het nie en jy dan skielik weer aan Hom dink en jouself aan Hom oorgee met dank en lof - dan - of so voel dit in elk geval, ontvang Hy jou met ope arms. Maar wanneer jy na Hom toe gaan terwyl jy desperaat is, as alle ander hulp niks werd blyk te wees, wat vind jy dan: 'n deur wat in jou gesig toegemaak word, die sleutel wat aan die binnekant gedraai word. Na dit: stilte. Jy kan maar net sowel wegloop. Hoe langer jy wag, hoe duideliker sal die stilte word. Daar is geen ligte in die vensters nie. Dit kon maar net sowel 'n le huis gewees het. Was dit ooit bewoon? Wat kan dit alles beteken? Waarom is Hy so teenwoordig in ons voorspoed en so afwesig in 'n tyd van probleme?"

 

CS Lewis gaan dan voort en s: "Ek het vanmiddag van hierdie gedagtes met 'n vriend gedeel. Hy het my daaraan herinner dat Christus dieselfde oorgekom het. Waarom het U my verlaat? Ek weet dit. En maak dit die verstaan enigsins makliker?.....Ek dink nie dat daar 'n gevaar bestaan dat ek sal ophou om in Hom te glo nie. Die werklike gevaar is dat ek dalk allerhande vreeslike dinge omtrent Hom kan glo. Die gevolgtrekking wat ek vrees is nie: 'So, daar is geen God nie', maar: 'S dit is hoe God wrklik is. Moenie jouself langer mislei nie."

 

Daar is waarskynlik baie gelowiges wat met hierdie waarnemings van CS Lewis sal kan identifiseer. Nie almal se krisisse is ewe ingrypend nie en nie almal ken die ervaring om letterlik deur die dal van doodskaduwee te gaan nie. Tog het die meeste mense die een of ander tyd hulle eie kwota leed, hulle eie pyn en vrae.

 

Die vraag wat ons egter moet beantwoord, is dt: Wat maak 'n mens met hierdie tye? Wat doen ek as my geloof tot die uiterste beproef word? En veral: Wat doen ek as ek met alles in my aan God wil vashou, Hom by my wil h, sy vertroosting en bystand meer as enige iets nodig het, maar dan soos CS Lewis gekonfronteer word met hierdie le stilte, as ek nie meer weet wt om van hierdie God te glo waarin ek so graag wil glo nie? Ons ken die bekende antwoorde, die gewone godsdienstige raad: Bid, lees die bybel. Maar wat as dit juis my probleem is, as my gebed stom geword het en as ek geen raad in die bybel vind nie - wat dan?

 

In Psalm 22 lees ons van die klagtes van 'n gelowige wat vanwe sy persoonlike omstandighede, in diepe ellende verkeer. Wat presies die aard van sy omstandighede is, is nie heeltemal duidelik nie. Die diepte van sy nood en sy gevoelens word egter baie goed beskryf:

My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?

My God, ek roep bedags en U antwoord nie, ook snags, maar ek kry geen rus nie.

 

As 'n mens mooi na die Psalmis se klag luister, word dit duidelik dat dit nie net oor een spesifieke saak gaan wat hy nie kan verstaan nie, maar dat dit oor sy hele bestaan gaan. Hy voel volkome weerloos en uitgelewer. Ek is soos 'n wurm (7), soos uitgestorte water (15), ek is min werd soos 'n potskerf (16). Hy verklaar: kself, met al my vermons, met al my insigte, ek kom tot niks, ek is volkome hulpeloos. Ek sien nrens meer lig nie. Ek is soos iemand wat in 'n woud verdwaal het. My enigste wysheid is die insig dat ek geen wysheid het nie.

 

Wat egter baie duidelik uit sy klagtes blyk, is dat die Psalmis nie aan die bestaan van God twyfel nie. Sy 'waarom' druk veel eerder die vrees uit dat die afstand tussen hom en God langer kan voortduur of dat hy van God gesoleer kan word. Die Psalmis weet dat God s, dat God bestaan, maar hy weet ook dat God nie by hm is nie, dat God hom nie bystaan nie.

 

Die Duitse teoloog, Jrgen Moltmann, vertel dat hy na die tweede wreldoorlog as 'n jong en ongelowige man in 'n Geallieerde konsentrasiekamp was. Daar was 'n kapelaan wat aan hulle bybeltjies uitgedeel het. Hy het begin om die Evangelies te lees maar dit het vir hom geen raad te midde van sy omstandighede gehad nie. Gelukkig was daar ook Psalms agter in die bybeltjie. Daarin het hy tot sy verwondering sy eie ellende in verwoord gevind, daar het hy gelees van sy vrese en sy hulpeloosheid. En langs hierdie weg het hy vir God gevind.

 

Op die vraag aan die begin: Wat moet ek doen as my gebed stom raak en die bybel geen raad meer bied nie, sou 'n mens na aanleiding van Moltmann se ervaring kon antwoord: Moenie vir raad in die bybel gaan soek nie en hou gerus op om self te probeer bid. Begin dan om vir God in die Bybel te soek en laat sy Gees vir u bid. Miskien is dit die eerste ding wat ons te midde van lyding kan leer: Die bybel is nie 'n soort heilige handboek of 'n soort resepteboek met gepaste raad vir elke situasie nie. Die bybel is 'n boek vol van menslike nood en te midde van die nood is.....God.

 

In die Woord van God gaan dit oor meer as die woorde van 'n leermeester. Dit gaan oor die Meester Self. Hy openbaar Homself nie net in wonders en vuur nie, maar ook in die klagtes, in die smeekbedes, in die verlatenheidsroep van mense. Hy openbaar Homself nie alleen in die woorde van die wet nie, maar ook in die mees weerlose lydingskreet van die individu. In Psalm 22 word dit op een van die mees treffende en die mees aangrypende wyses in die hele bybel duidelik.

 

Ons hoor hierin die smeekgebede van die geteisterde mens, van die mens wat wanhoop aan sy eie vermons en verlate van God voel. Ons kan duisende jare nadat hierdie woorde geskryf is, dit gaan lees in die gees van Moltmann: as iemand wat self onder di leed ly. Dan verloor die Psalm sy veraf klank. Dan volg die verrassende ontdekking: Hierdie roep is ook my roep! Hierdie gebed is ook my gebed! Dan lees ek nie meer van iemand anders se worsteling en trane nie, dan skeur hierdie woorde uit my eie bors: My God, my God, waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver as ek om hulp roep?

 

Iemand het by geleentheid ges dat hy meer gehelp is deur die woorde van mense wat sy nood kan artikuleer as diegene wat met hulle woorde vir hom probeer raad gee het. As ons in hierdie wreld van die bybel ingaan, die woordwreld van Ps 22, as ek die woorde van die Psalmis met herkenning lees, dan wag daar egter ook nog 'n groter ontdekking: Nie alleen ek nie, maar ook Jesus Christus het hierdie woorde, het hierdie smeekroep aan die kruis op Golgota, syne gemaak: My God, my God, waarom het U my verlaat?

 

Nie alleen ek ken verlatenheid nie, ook die Seun van God ken dit. Nie alleen ek ken pyn en lyding nie, ook die Seun van God ken dit. Maar veral: in die verlatenheid, in die pyn en lyding kan ek die grootste ontdekking doen: Die ontdekking van Iemand wat my verlatenheid deel, Iemand wat sy omgee nie deur troosvolle raad bewys nie, maar wat dit wys deur in ons skoene te kom staan. Maar boweal gaan dit in hierdie roep van Jesus en op hierdie dag daaroor dat Jesus se verlatenheidsroep tog ook anders is as myne, anders is as di van die Psalmis of di enige iemand anders. Hy was verlate ter wille van 'n verlore wreld en ter wille van verlore mense. Hy was van God verlate sodat ons nooit weer van God verlate hoef te wees nie.

 

'n Duitse skilder, Manfred Hausmann, het in 'n skildery met die titel 'Een moet waak' hierdie plaasvervangende lyding van Christus uitgebeeld. In die skildery l Johannes teen Jesus se bors en slaap. Terwyl sy dissipel slaap met 'n rustige en vreedsame gelaat, kyk Jesus oor die wreld heen met 'n blik wat alles deurgrond, sien Hy al die ellende in die wreld. Hy hoor die steunpyne van hulle wat gefolter word en in angs verkeer. Hy sien elke mens wat swaarkry. Hy sien selfs die diereryk, waar die prooi vervolg en verskeur word. Selfs in die huise waar mense onskynlik gelukkig is, sien Hy die stille swaarkry.

 

En moet waak. Net En moes werklik verlate wees. Dis Hy wat vandag nog oor die verlatenes waak. Hy waak ooreenkomstig die laaste belofte van Jesus aan die kruis. Want as Jesus s: Dit is volbring, dan s Hy wat die Psalm s: Die Here het dit gedoen. Die kruis is nie die neerlaag van God voor die aanslag van die wreld nie. Die kruis is Gd se keuse. Die kruis verkondig: S is God werklik. S het Hy lief.

 

As Jesus s: 'Dit is volbring', is dit daarom nie die tragiese held wat die laaste asem uitblaas nie, maar is dit God wat van die verskriklike Vrydag 'n goeie Vrydag maak. Soos wat die Psalmis ervaar het dat God die leegte van verlatenheid weer kan vul deur sy nabyheid; so maak die sterwe van Jesus plek vir die lewende nabyheid van God by al sy kinders. As die Psalmis roep: God het dit gedoen!, dan roep Jesus: God het dit vir goed gedoen! Daarom is die dag Goeie Vrydag. Omdat die goedheid van die Here die laaste woord kry, omdat sy goedheid triomfeer - vir goed triomfeer oor ons verlatenheid n ons verdorwenheid.

 

Bibliografie

Berkhof, H: Bijbeloverdenkingen. 110-114; Burger, CW, Muller, BA & Smit, DJ (reds): Woord teen die Lig 1/2. 73-80; Lewis, CS: A grief observed; Westermann, C: The living Psalms. 79-91.