11 Augustus 2002

Elfde Sondag in Koninkrykstyd

PREEKSTUDIE - 1 KONINGS 19:9-18

Teks en konteks

Brueggemann hanteer 1 Konings 17:1-22 en 53 en sê oor hierdie gedeelte: "These chapters constitute some of the

most poignant material in the Old Testament and some of the richest possibilities for preaching." Volgens hom breek

die koninklike vertelling af en kry ons eerder die verhale van profete. Ironies dus dat n gedeelte oor konings dan

eerder oor die profete gaan. Daarom sê hy: "And that in itself is an important consideration for preaching. It suggests

that the texts are not overly impressed with the kings and in fact do not believe the kings are the real makers of

Israel history. Rather the kings are incidental public points of reference which simply provide a context for the real

history-makers, who are the prophets." Dié gedeeltes dien dan as verhale om die konings se legitimiteit te

bevraagteken en die koninklike persepsie van die werklikheid te ontken. Die verhale wil dit duidelik stel dat die

wêreld nie is soos die konings sê dit is nie. "Thus the material is a call to repentance about basic suppositions. In

preaching from these texts, the preacher will discover that the only way for the texts to have it full say is if the pastor

and congregation really intend to engage the dangerous possibility of thinking an alternative thought and

characterizing an alternative world."

Wat is die taak van die profeet dan? Volgens Brueggemann in Prophetic imagination is dit die volgende: "The task

of prophetic ministry is to nurture, nourish, and evoke a conciousness and perception alternative to the consciousness

and perception of the dominant culture around us."

Elia was die profeet wat sterk teen enige vorm van sinkretisme gekant was. Die sinkretisme het sy wortels in die

verre verlede van die volk gehad, maar het deur die optrede van Omri en Agab tot n wesenlike gevaar ontwikkel.

Von Rad wys op die omvang van die gevaar: "In the country districts, people still worshipped Jahweh or rather,

the deity whom they still thought of as Jahweh but at court and in the upper classes in the city worship was given

to Baal." Elia wou die heersers van die dag konfronteer met die vraag oor wie nou eintlik die God van Israel was.

"... Elijah was determined to settle once for all the issue between the two religions. It must nevertheless have come

as a great surprise to his fellows that Elijah viewed the matter as a case of either-or." Rice wys daarop dat die volk

op n meer subtiele manier probeer het om God en Baäl te dien en om met die een voet agter God aan te loop en

met die ander een agter Baäl aan, onbewus daarvan hoe onmoontlik dit eintlik is om so te loop. "Through

rationalization, at which the human heart is incredibly adept, the most contradictory systems of belief, values, and

practices can be made to appear compatible, indeed, necessary to each other."

Die meeste kommentare volg dieselfde indeling vir hoofstuk 19. Verse 1-3 handel oor Elia wat vlug, verse 4-8 handel

oor Elia by Berseba, verse 9-18 oor die teofanie en verse 19-21 handel oor die roeping van Elisa. Sommige maak

n fyner indeling ten opsigte van verse 9-18. Verse 9-11a word dan verdeel as God se vraag en Elia se antwoord,

verse 11b-14 is dan die teofanie en verse 15-18 handel oor Elia se nuwe opdrag. Brueggemann se indeling is soos

volg met die volgende opskrifte:

19:1-21 A wanted man!

19:1-3 Elijah is wanted by the queen ...

19:4-8 he does not want himself

19:9-18 Elijah is wanted by God

In die gedeelte vooraf (vv 1-3) sien ons dat Isebel se terugkeer n dramatiese verandering tot gevolg het. Volgens

Hauser is sy n instrument van die dood wat die profeet van die Here verander in n slagoffer van vrees vir die dood

en hy word geïmobiliseer as profeet om nie meer deur die woord van die Here geïnspireer te word nie. Brueggemann

beskou verse 4-8 as die oorgang tussen die konfrontasie met die koningin en dié met die ware Koning.

Hoewel Isebel na Elia soek en Elia self nie meer wil lewe nie, soek God in verse 9-18 met meer passie na Elia as

wat Isebel na hom gesoek het. Die gebeure by Horeb roep ongetwyfeld die gebeure met Moses by Horeb na vore.

Vir meer uitgebreide kommentaar hierop, raadpleeg die kommentare. Volgens Brueggemann wil die narratief

daardeur te kenne gee dat Elia se geslag ook hulle eie swaargewigteoloog gehad het en dat die volk kon weet dat

God hulle geslag ook in sy verbond opeis. God vra Elia n baie reguit vraag. Die skrywer berei die weg voor vir Elia

se verrassende antwoord wat volgens Brueggemann "self-serving" is. "One would imagine he came to Horeb simply

to celebrate his personal faithfulness." Volgens Hauser het Elia nie na Horeb toe gekom om die wil van God te soek

nie, maar om steeds van Isebel weg te vlug en God se simpatie daarvoor te soek. "He has come to Horeb to

bemoan the downfall of Yahweh, the slaying of Yahwehs prophets, and his own sorry fate as one marked for death.

It is as if the victory in chapter 18 had never taken place."

Volgens Rice bring God die wind, aardbewing en vuur na vore net om Hom dan weer daarvan te dissosieer. "It

suggests that God is concerned to correct the misconception arising from that experience, that he was identical with

the cosmic powers of nature or that he could be perceived through them." Dan maak God Hom aan Elia bekend in

een van die gedeeltes wat baie bekend geword het. Van al die verskillende kommentare bied Brueggemann die

sinvolste hulp. "Yahweh graciously makes himself available, gives himself to this one whose life has been wasted."

Volgens hom moet daar nie te veel gemaak word van God wat in die sagte suising van die wind is nie. John Gray

vertaal dit as "a sound of thin silence", terwyl Samuel Terrien dit vertaal met "the sound of utmost silence which can

be cut with a knife". Brueggemann skryf soos volg oor dié gedeelte: "This is not the voice of conscience but of awe,

not romantic whisperings but overriding majesty. Gods inscrutable holiness is not packaged in utilitarian ways. For

all his graciousness, God stays free of any grasping Elijah may want to do of him. All his fears are set in proper

place. There is now only one to fear, the same one who must be obeyed."

Maar vir Gray het die teofanie op die berg nog die volgende betekenis: "The meaning of the theophany seems to

us rather to be an admonition to the prophet to expect, not the supernatural and spectacular inbreaking of Yahweh

into history anticipated in the traditional liturgy of the cult with the accompaniments of storm, earthquake, and fire ...

but rather an intelligible revelation to find Gods direction in the ordinary course of daily life and to communicate it

regularly and constructively."

Oor die teofanie sê Von Rad: "With an Old Testament theophany everything depends upon the pronouncement: the

phenomena which accompany it are always accessories. This is particularly true in cases where the narrator does

not give any interpretation of them "

God vra twee keer vir Elia dieselfde vraag. Daardeur word geïmpliseer dat Elia nie by Horeb besig moes wees om

te kla nie, maar dat hy eerder by die volk moes wees, besig om dít te doen waarvoor hy as profeet geroep is. "Elijah

is wanted by Yahweh for a particular reason. That is why the preacher must not linger on the theophany or the still

small voice. Here all that religion business is moved to subversive mission in the world. Gods appearance is never

an end in itself, but that the world should be transformed. So the one who sought safety is set on a new mission of

danger. The encounter moves the agenda from despair and fear of Elijah, to the dreams of Yahweh." God roep Elia

terug na die wêreld waaruit hy gevlug het en Hy het n nuwe opdrag vir hom. Dit is om Gasael en Jehu tot konings

te salf en om Elisa as sy opvolger aan te wys.

Oor dié reis skryf Von Rad: "The reason why Elijah undertook the long journey to Horeb is not made particularly

clear. Is it to be regarded as a pilgrimage? He obviously wanted to pour out his troubles to Jahweh at the place

where Jahweh had already shown himself so plainly, and where Moses, too, had worked. Elijahs most grevious

plaint was his conviction that the cause of Jahwism was utterly lost in Israel. The answer he received was in the

highest degree surprising and this leads us back to the statement that the prime consideration in interpreting a

theophany is the actual pronouncement. Jahweh is not finished with Israel: there is still much he plans to do with

her." God is nie klaar met Israel nie. Daar sal n oorblyfsel oorbly waarvan Elia nie kennis dra nie.

En dit is asof God vir Elia terloops wil sê om homself nie so ernstig te neem nie, want daar is nog 6 999 ander wat

getrou aan Hom is. Elia kan op hulle staatmaak omdat hulle hulle aan geen vorm van sinkretisme skuldig gemaak

het nie.

Von Rad wys ook daarop dat Elia nie in die fokus van die gebeure staan nie. Hy is nie die subjek of figuur waaroor

dit eintlik gaan nie. "The stories regard him rather as a part of a mighty event, namely the amazing witness borne

by Jahweh to himself after a time of syncretism and apostasy." Jahwe is die subjek van die verhaal en nie Elia nie.

Jahwe is die enigste Een wat die antwoord kon bied op die vraag wie nou eintlik die God van Israel is.

Rondom die homiletiek is daar verskillende uitgangspunte by die predikers. Gunther Goldbach wys op die preek wat

A Goes gemaak het. Goes gaan uit van die vertwyfeling van Elia en dat hy homself wil ontslaan as profeet. Hy wys

daarop hoe ons self hierdie tye ervaar wanneer onmag, uitsigloosheid en ervaring van n totale moegheid van die

siel ons oorrompel. Die boodskap volgens Goes bestaan daarin dat Elia twee stemme hoor: die stem van

swaarmoedigheid, en die stem teen swaarmoedigheid. K Atzkern gaan ook uit van die aanvegting en vertwyfeling

wat Elia beleef het. Volgens Atzkern kan net God die aanvegting met hoop en troos vul. En dit is wat Elia op die

berg Horeb beleef het. "So darf eine jede Anfechtung münden in den erneuten Auftrag: Gehe wiederum deines

Weges. An den Platz, der dir zugewiesen ist ... bei den anderen, um ihnen die Hoffnung zu sagen und das Ziel gross

zu machen und die Sehnsucht brennend."

Verkerk gebruik in sy preek De Heenreis van Dorothee Sölle omdat dit vir hom die gids is wat die reis van die teks

ons laat maak. Die "reis" is n ou beeld vir die ervarings wat die siel opdoen op pad met homself. Die "heenreis" be-

gin met die meditasie en vorm die hulp wat die godsdiens bied aan die mens op weg na sy eie identiteit. Die

Christelike geloof lê egter die klem op die "terugreis" na die verantwoordelikheid in die wêreld. Maar hoe word die

"terugreis" omskryf? Gaan dit bloot om die abstrakte oproep om terug te gaan na die wêreld of lê daar n meer

konkrete opdrag in opgesluit?

Vir hom staan die verlange van Elia om te sterf sentraal, asook die manier waarop hy tot nuwe lewe geroep word.

Wat beteken dit dan wanneer Elia moet hoor: "Draai in jou spore om"? Eerstens word Elia daarop gewys dat sy

verlange na die dood nie aan die orde gestel is nie wat hy graag agter hom wil stel, lê eintlik voor hom. Tweedens

hou die terugreis n nuwe opdrag vir hom in. Elia sal twee konings moet salf en iemand in sy plek aanwys. So word

die man wat hom van die wêreld onttrek midde-in die wêreld geplaas. Hy gaan die politiek bepaal deur twee mense

aan te wys en hulle n plek in die wêreldgebeure te gee. Van Elia word n nuwe solidariteit met die wêreld gevra. En

so kan die verhaal van Elia op die berg dien as agtergrondverhale om daarop te wys dat Jesus self Hom gerig het

op die wêreld. Dit was vir Jesus belangrik om sy eksodus te volbring. Dit is belangrik om die terugreis in verband te

bring met die heenreis.

Verder vra Verkerk wie die hoorders is. Dit is hulle wat uitgenooi word om die reis mee te maak en wat hulle

onderweg afvra watter oproep, opdrag daar vir hulle nodig is om die hele reis mee te maak. "Waar houdt je zelf halt?

Herken je de stem van de Heer, juist als Hij op een andere wijze tot je komt dan je verwacht? Laat je je naar

koningen sturen of ga je hen uit de weg? Met ander woorden: durf je je naar de machthebbers te gaan en hun macht

te geven? En hoe is het met je eigen plek? Verdedig je die tot hen einde toe of geef je de fakkel over?"

Preekvoorstel

Die verhale in 1 Konings 17-19 handel oor die twee uiterstes: lewe en dood. Oor die God van lewe en die god wat

dood is en nie kan reageer wanneer sy ondersteuners hom die nodigste het nie. Die verhale vertel van God se

mense wat met hulle keuses en optrede tussen die lewe en die dood kies en wie se lewenstyl dit duidelik ten toon

stel.

Elia tree op as profeet van die Here in hierdie tyd. Daar gebeur die ongelooflikste dinge met hom en deur hom. Hy

kondig in die Naam van die Here n droogte aan wat n skaduwee van die dood oor die land laat hang. Maar te midde

daarvan versorg God hom sodat hy bly lewe. Kraaie bring soggens brood en saans vleis na hom toe waar hy hom

in die Kritspruit versteek het. Hy bly aan die lewe daardeur. Ook word hy op n wonderlike manier aan die lewe

gehou deur kos te kry by die weduwee van Sarfat. Maar dit is nie net sy wat vir hom sorg in die tyd van die droogte

nie, dit is ook Elia wat haar seun wat dood is weer laat lewe. n Mens kom sommer van die begin van hierdie verhale

agter dat dit oor lewe en dood gaan. Die droogte wat aangekondig is, praat ook daarvan. Behalwe dat alles n

voorspel is van hoe die gebeure rondom lewe en dood afspeel, bied dit net die agtergrond vir die konflik tussen die

God van die lewe en die god wat die dood verteenwoordig. Die God van Israel en die god Baäl. Dit is waaroor die

gebeure op Karmel gegaan het. Watter god is nou die ware God? Watter god lewe werklik? Die volk het gedink dat

n mens eintlik hierdie twee gode gelyktydig kon dien. Dan het jy die beste van twee wêrelde. Maar hoe kan n mens

nou die lewe en die dood gelyktydig dien?

Tog speel ons lewensverhale ook af tussen hierdie twee pole die lewe en die dood. Die Bybel en die evangelie

nooi ons juis uit tot die lewe. Jesus self het ons kom uitnooi tot die lewe. Hy het gesê: "Ek is die weg, die waarheid

en die lewe Ek het gekom dat julle die lewe kan hê, en dit in oorvloed Ek is die opstanding en die lewe, wie

in My glo sal lewe, al sterwe hy ook." Die God van die Bybel is n God van lewe wat uitnooi tot die lewe.

Wie só lewe se lewe is anders. Dié andersheid het te doen met n ander ryk waarvan jy deel is. Jou lewe getuig van

n ander Koning wat jy dien. Jy dien nie twee here nie, maar die een ware God.

Die karakters wat in hierdie verhaal optree, verteenwoordig ook op n manier die dood en die lewe. Een van die

karakters wat in die hande van die dood speel, is Isebel wat die profeet van die Here wou doodmaak. Maar daar is

ook Agab. Agab speel in die hande van die dood deur aan Isebel te vertel wat Elia gedoen het toe hy die

Baälsprofete in die Kisonspruit doodgemaak het. Ons sou verwag dat dit Elia met krag sou vervul om te weet dat

hy as instrument in die hande van God die oorwinning kon behaal. Maar net die teenoorgestelde gebeur wanneer

die profeet van die Here die boodskap ontvang van Isebel. Sy sê: "Mag die gode my om die lewe bring as ek nie

teen môre hierdie tyd met jou gemaak het soos jy met die profete nie." Wanneer Isebel so optree teen Elia, word sy

n agent van die dood deur hierdie doodsdreigement aan Elia te rig. Die profeet van die Here wat in diens van die

God van lewe staan, word so daardeur geïntimideer dat hy die aftog blaas en vlug na die woestyn. Hy is in die skadu

van die dood wanneer hy sonder kos en water veertig dae lank in die woestyn bly.

Maar behalwe dat die agent van die dood sy lewe bedreig, wil Elia ook nie meer lewe nie. Elia keer die rug op

homself en wil hom oorgee aan die dood. Hy gaan sit onder n besembos en wens dat hy liewers maar kan

doodgaan. Elia sê: "Nou is dit genoeg, Here! Neem my lewe, want ek is niks beter as my voorvaders nie." Elia wil

hom oorgee aan die dood omdat hy voel dat God se saak aan die verloor is en daar nie meer toewyding aan God

oor is nie. Baäl word met meer oorgawe en toewyding gedien as Jahwe. Dit is asof die dood hom wil oorrompel.

Die ironiese is dat hy met die God van die lewe praat en van Hom vra om hom maar te laat doodgaan. Maar die

dood seëvier nie. Die God van lewe bring vir Elia kos deur sy gestuurde engel. Die engel bring vir hom roosterkoek

wat op warm klippe gebak is. En die engel wat n gestuurde van die God van lewe is, versorg hom.

Soms wil mismoedigheid en swaarmoedigheid ook die oorvloed lewe by ons as die kinders van God wegsteel, sodat

daardie donker skadus van die dood eerder oor ons lewe hang as wat die lig van God se genade oor ons skyn. Dit

is soms moeilik om teenoor die heersende kultuur te wys op n ander moontlikheid van lewe. Maar het ons nie juis

daardie kwaliteit lewe van God ontvang sodat ons die lig kan uitstraal van n ander lewe en n ander werklikheid nie?

En wanneer ons ons wil oorgee aan die magte en kragte wat eerder van die dood as van die lewe n teken is, is dit

juis God wat ons versterk en voed sodat ons van iets anders kan getuig.

Elia kon, nadat hy gevoed is, met die nuwe lewenskrag veertig dae en nagte loop tot by die berg Horeb die berg

van God. Dit is hier waar Elia sou ontdek dat hoewel hy nie meer wil lewe nie, God wil hê hy moet lewe omdat Hy

vir hom n spesiale taak het om te doen. Daarom vra God vir Elia: "Wat maak jy hier, Elia?" En niemand anders as

God het die reg om dit van Elia te vra nie want Hy is dan die Here van Elia se lewe. Deur dié vraag te vra wil God

eintlik aan Elia sê dat hy is waar hy nie moet wees nie. Hy moet wees waar God hom geroep het om te wees en

waar Hy Elia wil gebruik. En wanneer Elia antwoord, is hy eintlik besig om te vertel hoe goed hy die Here gedien

het. Sy antwoord is eintlik om homself te dien. Maar Elia belig ook die geweldige kontras wat daar is tussen sy

verbintenis aan sy lewe en die geweldige gevaar waarin hy verkeer. Sy lewe is op die spel.

En dan vind een van die wonderlikste gebeurtenisse plaas van hoe die God van die lewe Hom bekendmaak aan n

mens. En die manier waarop God Hom bekendstel, is so anders as wat die gode van daardie tyd dit gedoen het.

God is nie in die sterk wind nie. Ook nie in die aardbewing of in die vuur nie. Maar God maak Hom bekend in die

fluistering in die windstilte. Nie op n indrukwekkend manier nie, maar op só n manier dat Elia nie n greep op Hom

kon kry nie. God maak Hom bekend op só n manier dat Elia hom sou verwonder aan die majesteit van die God wat

hy dien die heiligheid van God. Daar is net hierdie een God wat gevrees kan word en dit is dieselfde God wat hy

moet gehoorsaam. Daarom lees ons dat Elia sy gesig met sy mantel toegemaak het terwyl hy by die opening van

die grot gestaan het.

En dan vra God weer dieselfde vraag aan Elia: "Wat maak jy hier, Elia?" En n mens kan wonder waarom God die

tweede keer aan Elia dieselfde vraag vra. Miskien het Hy n beter antwoord verwag. Maar Elia antwoord op presies

dieselfde manier as wat hy die eerste keer geantwoord het. n Antwoord waarin hy eintlik van sy eie getrouheid praat

en ook oor die lewensbedreigende dreigement.

Maar God het n ander plan en doel met Elia se lewe. Wanneer God Hom openbaar aan mense is dit nooit n doel

op sigself nie. God se openbaring in Jesus Christus was n openbaring gerig op die wêreld. Wanneer God Hom aan

Elia openbaar, stuur Hy Elia weer terug na die wêreld toe. God het aan Elia verskyn sodat die wêreld kon verander.

So word die een wat in mismoedigheid en swaarmoedigheid vir sy eie lewe gevlug het met n nuwe taak vertrou wat

sy eie gevaar sou inhou. Hy moes Gasael tot koning van Aram kroon en Jehu tot koning van Israel. Deur hierdie

twee konings sal God sy oordeel voltrek oor die volk wat aan Hom ontrou was. Die fokus verskuif nou weg van die

vrese van Elia na die drome wat God het vir die wêreld. Maar die manier waarop God intree, wys ook dat Hy mense

gebruik om sy doel te bereik.

Ons vind n Elia wat by n bekeringspunt in sy lewe kom. By ander geleenthede het ons n Elia aanskou wat

instrumenteel in die bekeringservarings van ander was. In hoofstuk 17:24 vind ons die "bekering" van die weduwee

nadat Elia haar seun lewend gemaak het. Sy sê: "Nou weet ek dat u n man van God is, en dat wat die Here deur

u sê die waarheid is." In die volgende hoofstuk vind ons die bekering van die volk wat op hulle knieë val en sê: "Die

Here is God! Die Here is God!"

Tog wil dié gedeelte in hoofstuk 19 ons ook n ander bekering laat sien. Deur God se genadige verskyning aan hom

word Elia verander. Dit is die bekering van Elia terug na die wêreld om God se drome en planne uit te voer. Weg

van sy eie selfbejammering en swaarmoedigheid om met vertroue te gaan wys dat die enigste ware God in beheer

is. Dikwels is dit nodig dat ons bekeer word van ons swaarmoedigheid en neerslagtigheid om weer God se drome

vir die wêreld raak te sien. En om ons oop te stel om in die sagte suising van die Gees van God te hoor, wat sê dat

ons soms op plekke is waar ons nie moet wees nie. Dat ons ons soms laat oorrompel deur die magte en kragte van

die dood.

En dit is asof God vir Elia in vers 18 wil sê om homself tog nie so ernstig te neem nie, want daar is 6 999 ander wat

die saak van die Here nog getrou dien. Sy eie berekening was verkeerd en die Here se saak is nie so verlore as

wat hy gedink het nie. Daar is n gelowige gemeenskap wat die invloed van die sinkretisme weerstaan het en Elia

kan op hulle staatmaak soos die Here op hulle kan staatmaak. Ons visie en uitsig op ander gelowiges word soms

in die put van ons eie neerslagtigheid so verblind dat ons voel dat ons alleen staande moet bly, terwyl ons broers

en susters het om saam met ons te getuig dat God lewe en dat n nuwe lewenstyl inderdaad moontlik is.

Deur die optrede van Elia word daar gewys dat die profete die geskiedenis bepalend beïnvloed het met hulle

optrede. Die ironiese is dat die boek wat Konings genoem word meer gaan oor hoe die profete die gang van die

geskiedenis bepaal het as die konings. Dit is soms ander mense as wat die wêreld glo wat die wêreld bepalend

beïnvloed. Dit mag dalk nie die invloedrykstes wees nie, maar dié wat worstel met God in hulle stryd om wel n

verskil te maak.

Hoewel Elia n baie prominente figuur in die vertelling is, vorm hy maar net deel van die magtige gebeure waardeur

God self getuienis aflê dat Hy die enigste God is. Die God wat lewe gee en laat lewe. Die God wat ons in Jesus

Christus uitnooi om te lewe en om te wys na n alternatiewe manier van lewe. Daarvoor het Jesus gesterf om aan

ons die lewe te gee en ons te bevry uit die kloue van die dood en die greep van doodse magte. Daarom kies ons

om in ons hart die kern van ons bestaan n keuse te maak vir net één God. Hierdie God stel ons in staat om die

andersheid van sy ryk uit te lewe en tekens op te rig van hoe die lewe met die ware God lyk.

Bibliografie

Brueggemann W. 1 Kings. Hauser, A J. From Carmel to Horeb. Rice, G. Nations under God. Verkerk, J A, in Postille

1989-1990. Von Rad, G. Old Testament Theology (Vol 2).