2 Samuel 23: 17 (Jaap Durand)

26 November 2000

Drie-en-twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Sondag van Christus die Koning

 

Ander tekste: Psalm 132:118, Johannes 18:3337, Openbaring 1:48.

In die aardse owerhede moet iets gesien kan word van Christus se komende koninkryk van reg en geregtigheid; daartoe moet hulle profeties opgeroep word.

Teks

Hierdie perikoop het te doen met die laaste woorde van Dawid, ons kan maar s, met sy testament. Maar dit is tog ook meer as n testament. Dit is n profesie waarin die toekoms van die koningshuis van Israel in die bre trekke geskets word. Hierdie toekomsprofesie word by wyse van kontras gedoen: Die koning wat regverdig heers in eerbied met God, word gestel teenoor die goddelose koning wat vergelyk word met n doringtak wat so stekerig is dat mense wat dit as brandhout wil gebruik, dit met ystergereedskap moet hanteer. Die latere geskiedenis van die konings van Israel en Juda word uiteindelik n lewende illustrasie van Dawid se profesie. In n sekere sin het ons hier te doen met, alhoewel baie kleiner in omvang, n parallel van Jakob se profetiese testament in Genesis 49 en die van Moses in Deuteronomium 33.

Die profetiese bewussyn van die skrywer kom in ons perikoop sterk na vore. Dit is Dawid wat sy spreuk (woorde) aanhef en praat. Hierdie neum wat uitdrukking gee aan die gesag en outoriteit van die spreker van Bileam, wanneer hy teen sy wil God se sen oor Israel uitspreek (Num 24 : 3, 15). Eintlik is dit die Gees van die Here, die God en die rots van Israel, wat deur Dawid praat. Dit is drvan dat sy gesag kom. Hy is n gesalfde van die God van Jakob.

Die kontras binne vers1 is besonder opvallend. Die hoog geplaaste, die gevierde in die liedere van Israel, die gesalfde van die God van Jakob, is terselfdertyd die seun van Isai, die onbeduidende boer uit Bethlehem.

Dawid se beskrywing van homself as die gevierde in die liedere van Israel, kan op twee maniere opgevat word. Hy is die begenadigde koning van Israel en op grond van die oorsaak en inhoud van die lofliedere van Israel, of hy is die onvergelyklike koningdigter wat vanuit sy amp Israel tot die inhoud van sy liedere maak. Dawid, na sy vleeslike afstamming die seun van Isai, deur die roeping van die God van Jakob tot gesalfde van Israel verhef, toegerus met die gawe van n digter, word profeet.

Konteks

Dit is nie n eenvoudige saak om die Dawid-perikoop n boodskap vir ons tyd uit te lig nie. Daar is verskillende fasette wat ondersoek kan word. Gelukkig staan almal in noue verband met mekaar. Die eerste faset het te doen met die besondere visie op die ampte wat in die persoon van Dawid funksioneer. Ons weet dat Dawid by geleentheid priesterlike funksies verrig het. Op n belangrike tydstip in sy koningskap, toe die ark na Jerusalem terug gebring is, het hy by meer as een geleentheid brandoffers en maaltydoffers aan die Here gebring (6: 13-20). In ons gedeelte staan die amp van die koning en die profeet egter voorop. As hooggeplaaste koning word hy die profetiese spreekbuis van die Gees van God se wil juis oor aardse heersers bekend te maak. Dat hierdie verheffing tot die amp niks te doen het met die inherente goedheid of kwaliteit van die ampsdraers nie, word beklemtoon deur die verwysing na Dawid as die seun van Isai.

Die tweede faset wat hier ter sprake kom, is dat die inhoud van Dawid se profesie n voluit politieke karakter dra. In oosterse beeldspraak word die voorbeeld van twee soorte van heersers teenoor mekaar geplaas: die een wat in eerbied teenoor God regeer en die ander wat sonder God en in opstand teen Hom sy heerserstaak wil volvoer. Die opvallendste hierin is die gelykskakeling van die eerbied teenoor God en die regverdigheid teenoor die mense. Die parallelle in die Hebreeuse digkuns word ingespan om dit duidelik te maak: Hy wat regverdig oor mense heers wat regeer in eerbied teenoor God

Daar is niks senryker vir die mens as so n heerser nie. Hy is soos die lig op n helder oggend wanneer die son opkom en wanneer die groen gras uitspruit na die ren. Die menslikheid van hierdie heerser staan voorop. Hy bring nie alleen vreugde en lig nie, maar sorg ook vir sy onderdane. Daar is genoeg groen weiding. Hierteenoor word die goddelose (heerser) vergelyk met n doringtak wat droog geword het en wie se dorings nie toelaat dat dit met die hand vir brandhout bymekaar gemaak word nie. Die beeldspraak herinner sterk aan Rigters 9 waar ons lees hoe Abimelek koning van Sigem geword het, iemand wat leeglers gebruik het om sy doel te bereik en sy broers laat vermoor het. Vers 14 beskryf hom as die doringbos wat op n diktatoriale wyse sy onderdane onderdruk het. Na Dawid sou daar baie sulke konings in Juda en Israel optree. In teenstelling tot die regverdigheid en menslikheid van die heerser na die wil van God, het ons hier te doen met die onmenslike verdrukker. Maar sy uiteindelike lot is verbranding en vernietiging. Hierdie kontrastering van twee soorte van heersers bly natuurlik binne die verbondskader van God se beloftes aan Dawid en aan Israel (v 5). Daarom wys Dawid se profesie vooruit na die troonbestyging van Christus aan wie alle mag in hemel en op aarde gegee is (Matt 28 : 18) en aan wie uiteindelik alles onderwerp sal wees (1 Kor 15; 27-28).

Preekvoorstel

Aangesien ons ons in die sogenaamde koninkrykstyd bevind, kan begin word deur die vraag te stel na die betekenis van Christus se koningskap vir aardse heersers en saam daarmee die vraag na die kerk en die Christen se verantwoordelikheid ten opsigte van aardse owerhede.

Dat Christus alles daarmee te doen het en dat die kerk van Christus n besondere taak in die verband het, staan vas. Aardse owerhede moet iets kan weerspiel van die Christus se komende koninkryk van reg en geregtigheid (vgl 2 Petrus 3:13) en die kerk moet die owerhede profeties daartoe oproep.

Aan die gemeente sal moet verduidelik word dat ons in n ander situasie leef as wat ons teksgedeelte veronderstel. Nie alleen leef ons nie in n absolute monargie waar al die gesag by n koning berus nie, maar die lewe is ook baie meer gedifferensieerd met baie gesagstrukture. Daar is baie gesagsgebiede en vlakke van gesag, staatkundig, opvoedkundig, ekonomies ensovoorts, tot by die mees basiese, die gesagstruktuur van die gesin. n Demokratiese bestel en n gees van demokrasie en medeseggenskap is nie n waarborg dat daar nie n misbruik van mag en gesag sal wees nie.

n Profetiese oproep tot eerbied vir God wat in regverdigheid teenoor alle mense tot openbaring kom, moet dus uitgaan na almal wat, op welke vlak ook al, gesag of mag het oor ander mense. Dit vind plaas deur die kerk in sy profetiese verkondiging, maar ook deur individuele gelowiges wat leef binne baie verskillende vorme van gesagstrukture.

Dit alles geld natuurlik die profetiese amp waarin God ons gestel het. Maar ons is nie net as profete gesalf nie, ons is ook konings. In ons koningskap, leer die Kategismus ons, is ons geroep om oor die sonde heers. Dit behels egter ook dat ons, wanneer ons op een of ander wyse n gesagsposisie beklee, van welke aard ook al, ons in regverdigheid en menslikheid sal optree. Slegs s sal ons eerbied teenoor God tot openbaring kom. Wie is ek om die owerheid te kritiseer oor onregverdigheid, as k onbillik optree teenoor my kind, my werknemer of my onderhorige in n werksituasie?

As ek egter getrou is aan my salwing, ten spyte van my onwaardigheid (seun van Isai!), is ook my lewe en optrede n heenwysing na die komende Koning wat in regverdigheid sal heers.