Rut 1:1-22 (Bethel Muller)

5 November 2000

Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

Ander tekste: Psalm 146;Markus 12:28-34; Hebrers 9:1-14

God se koninkryksbeheer oor alle dinge word soms verduister deur donkere omstandighede. Sulke tye is juis uitdaginge vir gelowiges om handelend op te tree vanuit 'n verbondenheid en liefdestrou aan die HERE en aan ander.

Teks

Let op die voorafgaande vers(e) in Rigters 21:25: "daar was nog geen koning in Israel nie," dit wil s geen tekens in Israel wat heenwys na die Koning daarbo nie, geen koning wat "die reg handhaaf" en wat sorg vir die arme, die verdrukte, die wees en die weduwee nie (vgl. Ps 72:1,2; 12-14). Die gevolg? 'n Soort wetteloosheid (vgl maar hoofstukke 20,21) waarin "elkeen gedoen het wat reg is in sy eie o," Watter onreg, geweldpleging, korrupsie die eiereg teenoor ander ingehou het, maak nie saak nie. Solank dit maar reg was in eie o, vir eie gewin . . . .

In so 'n donkere tyd, "die tyd van die (sogenaamde) leiers" gekenmerk deur chaos, geweld, godsdienstige verval en burgeroorlog, speel die geskiedenis van Rut af (1a). Aan die hand van die lotgevalle van 'n gesin uit Bethlehem word die toenemende duisternis beskrywe totdat dit stikdonker word. Dit begin by die hongersnood in Bethlehem waarin die basiese vir die lewensonderhoud, die brood-nodige, ironies genoeg juis in die "huis van brood" (= Bethlehem) ontbreek! En van die huis van (of sonder?) brood trek hulle die vreemde in, na Moab, die land van die onegte kindskap (Gen 19:37; vgl Deut 23:3: Moabiete mag nie lid van die gemeente van Israel word nie). Nog erger: in die vreemde sterf Elkana, die broodwinner, wat aan die gesin ook 'n regsposisie in die samelewing gegee het. Maar daar sterf ook die twee seuns kinderloos wat die toekoms van die gesin totaal uitwis! Geen wonder dat Naomi in die duisternis, in die gevoel van Godverlatenheid, verbitterd en Godverwytend, uitroep: moenie my meer Naomi (die skone) noem nie, maar Mara, die bittere, die verbitterde (20,21). Die verhaal loop inderdaad al dieper af in die dieptes van donkerte: geen koning, geen reg, geen brood, geen regsverteenwoordiger, geen toekoms, sodat uiteindelik die naam van die vrou, bekend as die "sweetie," as gevolg van haar namelose ellende, herskryf word met 'n pen gedoop in bittere gal. Die bitterheid is sekerlik verstaanbaar, in 'n sin bejammer ons haar maar in haar slfbejammering en selfgesentreerdheid (vgl die twaalfmalige "ek"-taal in 11-13,20,21) raak sy letterlik afstootlik, stoot sy almal rondom haar af (11-15,20,21). En op die uiteinde blameer sy, in haar verbittering, vir Jahwe wat alles oor haar laat kom het (21b). Sy is letterlik sonder God, sonder hoop in hierdie wreld (vgl Ef 2:12).

In hierdie donkere beskrywing breek daar tog uit 'n vreemde oord 'n lig deur: uit Moab wat nie net die oorblyfsel van Elimeleg (= God is koning!) in die lewe moes hou nie, maar ook in die persoon en optrede van die Moabitiese dogter Rut. Dikwels word sy voorgestel as 'n beskeie, nederige gehoorsame dogter. Allermins! Sy het 'n wil van haar eie, maak 'n doelbewuste keuse teenoor die uitgesproke wens van Naomi, teenoor die voorbeeld van haar skoonsuster, teenoor haar ouerhuis en volk (vgl 2:12) en teenoor die gode van haar verlede. Sy draai nie om soos sy versoek word nie, maar gaan as 'n vreemdeling na 'n vreemde land en vreemde volk by wie sy geen "plek" volgens Deuteronomium 20:23 het nie in die skaduwee van 'n verbitterde, toekomslose weduwee (vgl hoe Rut se vreemde afkoms telkens beklemtoon word in 2:2a,6b!). Bewustelik kleef sy Naomi aan (14b: dabaq is die selfde woord wat in Gen 2:24 gebruik word vir die huweliksverhouding), hou sy vas aan Israel en aan die God van Israel (vgl 17b). "There is no more radical decision in all the memories of Israel" (Trible). Kultureel gesproke, kies sy dood bo lewe, onderweg-wees bo rus, vreemdelingskap bokant bekende omgewing. Gedra deur haar lewensomwentelende keuse, word sy iemand wat uit diepe oortuiging handel, die een wat altyd uitdagend op 'n pad gaan (vgl 16-19, 2:2v); daarin handel sy sonder om op regte aanspraak te maak. Inteendeel, sy kan net op genade pleit (2:10). In volledige oorgawe aan en vertroue op Jahwe onder wie se vleuels sy skuiling soek (2:12b), waag sy dit. In volle vertroue waag sy en wag sy op die garslande en by die dorsvloer van Boas! Inderdaad sal sy brood eet in Bethlehem, in die huis van brood sal sy wel genadebrood eet. Genadebrood uitgereik aan 'n vreemdeling wat in die duister vaskleef aan die God van Israel wat genade betoon teenoor verworpenes teenoor uitsiglose, toekomslose bedelaars wat soos hondjies soek na die krummels wat van God se kindertjies se tafel val (vgl Mk 7:28).

Op die rand van di gebeure staan Boas wat nog nie as losser optree nie, maar wat as Israeliet teenoor die vreemdeling met gulhartigheid en beskerming optree. En op grond waarvan tree hy so op? Omdat sy o op 'n ander manier na die hulpelose meisie kyk. Met o wat nie haar Moabitiese vreemdheid en verlatenheid soos die ander sien nie, maar met o wat met genade kyk en vanuit die kyk haar troos en versorg (2:13).

Konteks

Dit s inderdaad so dat alle mense, ook gelowiges, donker tye in hulle lewe ervaar, uiters donker tye waarin mense voel dat hulle uitgelewer is aan magte waaroor hulle geen beheer het nie, wanneer die samelewing en al sy ekonomiese, politieke, regtelike strukture die speelveld word waarop korrupsie, geweld, bedrog, selfsug, ensovoorts, botvier. Dink maar aan die uiterste nood waarin mense van Angola, Rwanda, Kosovo blootgestel is. En die ergste daarin is die gevoel van hulpeloosheid en Godverlatenheid waarin s 'n bestaansnood spot met die belydenis dat God regeer en in beheer is (vgl broodnood in Bet-lehem!). Dit is dan "wanneer hoop se laaste spore in wanhoop vergaan" (Ps 130, strofe 2); dat pessimisme en bitterheid gebore uit selfbejammering so maklik na vore tree; dat 'n hele samelewing, ook gelowiges, selfgesentreerd raak, nie omgee of tyd het vir iemand anders nie, selfs ook nie vir die binneste familiekring nie. Pyn en traumatiese gebeure kan mense gevoelloos, hard, verbitterd maak. In die dae as die aardse konings faal en as boonop die uitsig op die groot Koning verlore raak dan word mense in hulle bejammeringswaardigheid tog ook so afstootlik as hulle die gal van hulle kritiek op alles en almal aflaai.

Dit kos moed, waagmoed, om in sulke tye los te kom uit die kokon van swartgallige selfbejammering n Godsbelastering. Hoe? Deur 'n lewensomwentelende keuse te maak. Dit is immers beter om 'n waagstuk aan te gaan as om passief te sit en wag op die einde. Maar dit is nog baie beter om op 'n basis van vertroue op en oorgawe aan God, weg van die "terugwe," weg van die ou gebaande en bekende we, op 'n nuwe pad te gaan 'n pad waarop jy wel deeglik weet dat jy van die genade van mense en van die beskerming van God totaal afhanklik is. Dit is egter nie goedkoop genade nie; dit is nie die genade van 'n vae illusie nie, maar genade wat jou werkend laat waag, maar ook leer om te wag! Dit is genade wat jou in 'n ander, in die Ander se o laat kyk en dr genade soek en al wagtend dit vind (2:13) genade van die een, die Een wat geen verpligtinge teenoor jou het nie, die Een wat jou sien, raaksien, aansien en dan omsien. Genade waarop jy net kan wag, magteloos wag in die lang ure op die songebrande grasvelde van die lewe; genade waarsonder jy niks kan doen nie en waarvoor jy niks kan doen nie! Dit is alleen volhardende geloof en vertroue wat gelowiges laat gaan en leer om te wag met geduld (Rom 8:25; vgl Hab 2:3). Hierdie wag is 'n oefening in geduld en volhardende hoop, nie 'n uitdrukking van wanhopige "hoop maar vir die beste" nie. Dit is 'n wag wat weet dat jy nie alles kan beplan, bereken en beheer nie en tog in terme van die geloof handel en oop bly vir verrassinge wat God op die weg van waaghalsige geloof bring.

In sulke tye is die genadevind in die o van 'n ander natuurlik baie belangrik, veral in die geval van die vreemdeling, die verstotene, die veragte wat s dikwels 'n veragtende blik van ander in die samelewing kry. Belangrik in die etiek is hoe ons die ander sien of: nie sien nie (vgl Hauerwas). Dit is die manier waarop ons na ander kyk, wat hulle f tuis en aanvaar f verworpe laat voel. Die onaansienlikes, die vreemdelinge, is dikwels diegene wat ons konfronteer in al hulle broosheid in 'n harde wreld op die oes van sukses ingestel. Die on-aansien-like bedelaar by die voordeur, die dwelmverslaafde of prostituut op straat is 'n appl op ons om raakgesien te word met die oog van genade. "By being outsiders they hold up a mirror to those within" (Van Wolde). Veral in 'n samelewing en kerk (!) waarin dikwels die ryk en sterk "insiders" en suksesvolles tel (vgl Jak 2:2v), is die vreemdeling die spiel om te sien hoe lyk dit om magteloos, sonder status en regte te wees (vgl Crossan) en daarin ook raakgesien te word.

Die leesrooster plaas die teks in samehang met Deuteronomium 6:1-4, Markus 12:28 en volgende verse, waarin dit gaan om die diepe verbintenis tussen Israel en die enigste, unieke God 'n verbintenis wat die o laat oopgaan vir die Koninkryk van God en sy allesopeisende gebod van die liefde as affirmasie van hierdie Ryk.

Preekvoorstel

Die preek sou kon begin met die stelling dat ons juis in die tyd na Pase, in die sogenaamde koninkrykstyd, nie altyd die oorwinning van die Paaskoning sien nie. Veral nie in die jaar 2000 nie! Al wat ons sien is die ellende, byna die afwesigheid van God in hierdie wreld van onreg, geweld, ordeloosheid, werkloosheid, armoede, waar elkeen aan hom- of haarself oorgelaat word en dan maar doen wat reg is in eie o (vgl 1onder Teks). Dit lei tot 'n gevoel van magteloosheid, moedeloosheid en depressie of tot aggressie en "anger" wat ander afstoot en verwerp. En mense bied maklik vir hulle passiwiteit of aggressie die verskoning aan dat hulle "ongelukkig" die slagoffers is van die kwaad, van die onreggeskiedenis van apartheid of van regstellende aksie. Baie voorbeelde in die konteks van die gemeente en die Suid-Afrikaanse samelewing sou hiervoor aangehaal kan word (sien ook 2 hierbo).

Is dit dan die enigste uitweg in sulke situasies, die uitweg in en uitdrukking van teleurgestelde verwagtinge? Of is daar juis vanuit 'n byna radikale keuse vir God en sy Ryk, 'n keuse gebou op 'n moedige vertroue op God en sy genade wat ons uit die kokon van hopeloosheid bevry? Geloof wat juis in die donkerte die inisiatief neem en wag op die verrassinge wat God op die weg van waaghalsige geloof en wagtende volharding gee (vgl pt 2 onder Teks en konteks hierbo). Die prediking moet en mag juis in die koninkrykstyd moed en hoop gee, gedra deur 'n geloof wat in die donker die onsienlike God sien (Heb 11:1,27). Die prediker moet in sy eie situasie sulke konkrete handelingsvelde vir die geloof raaksien en die gemeente se o daarvoor open.

Vir die waagstuk van die geloof is nodig 'n gemeenskap van liefde wat die hopelose raaksien en in beskerming neem. Daarin moet die gemeente juis in die koninkrykstyd uitmunt: om met die o van genade te kyk en om te sien na ander en daarin geleenthede skep waardeur die vlugtelinge, die vreemdes, die werkloses, die maatskaplik-uitgestotenes weer ingevoeg word in besielde versorgende lewensverband. Op hierdie wyse gaan die belofte van 'n missionre diakonaat in vervulling: "in die dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en s: ons wil saam met jou gaan, want ons het gehoor dat God met julle is" (Sag 8:23).

 

Bibliografie (vir albei Sondae)

Campbell, EF, Ruth, a new translation; Crossan, JD, Ruth amid the alien community; Gottwald, NK, Proclamation 6, Series B, Pentecost 3, 16-18; Hanson, KC, Proclamation 4, Series B, Pentecost 3, 36-42; Hauerwas, S, Williman, WH, Resident aliens, 95v; Jonker, L, Rut in wyer kontekste, Acta Theologia 1999; Long, G, Preaching and the literary forms of the Bible, 82-86; Sasson, JM, Ruth: A new translation; Trible, P, God and the rhetoric of sexuality; Van Wolde, E, Ruth and Naomi.