Joshua 24:1-3a, 14-25 (Wynand Retief)

7 November 1999

Drie en twintigste Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste:Am 5:18-24; Ps 78:1-7; I Tess 4:13-18;Matt 25:1-13

 

Ons leef uit die genade van die Here. Maar begryp ons die implikasies daarvan vir ons eie lewe? Indien wel, is ons seker dat ons die Here voluit gaan dien? Hieroor het God se mense in Josua se tyd geen twyfel gehad nie. Maar Josua is skepties...

Teks en konteks

 

Vir 'n uitvoeriger uiteensetting van die agtergrond van Josua, sien die vorige week oor Josua 3. In die opbou van die boek as geheel, is Jos 22-24 die afsluitingsgedeelte; die gemene deler in hierdie hoofstukke is die verbond wat van Israel se kant af nagekom (moet) word. Die Verbondsgod gee aan hulle die land (Jos 1-12), wat hulle onder mekaar verdeel (Jos 13-21). Van hulle kant is Israel verplig om die verbond na te kom (Jos 22-24), omdat die Here van sy kant al sy beloftes nagekom het (22:45; 23:14). Jos 22 vertel van hoe die stamme oos van die Jordaan die versekering wou gee en hÍ dat hulle deel van die verbondsvolk sal bly; in Jos 23 hou Josua die seŽninge en vervloekinge van die verbond aan die volk voor. Jos 24 handel oor Israel se keuse om God se verbond te hou.

 

Josua 24:1-28 vorm 'n geheel. Vers 4-13 en 26-28 kan dus in die prediking nie heeltemal buite rekening gelaat word nie. Die opbou lyk so: Vers 1 gee die agtergrond: die byeenkoms is te Sigem (vgl v 25). Sigem word genoem in die grensbeskrywing en aanwysing van die asielstede en Levietestede (17:7, 20:7, 21:21). Dit is 'n antieke heiligdom, waar Abraham 'n visioen gehad het (Gen 12:6), en Jakob 'n stuk grond gekoop het (Gen 33:19). Hier is die ouderlinge, regters, ampsdraers en God by monde van Josua teenwoordig.

 

Vers 2-15: Josua voer 'n profetiese woord ("So sÍ die Here...):Hy roep eerstens die heilsgeskiedenis op [2-13]: die Here het deurentyd Israel se heil bewerk [let op die taal van die Heilige Oorlog deurgaans], deur Abraham en die aartsvaders te roep uit afgodediens (2-4), Israel te red uit Egipte deur die Rietsee heen (5-7), hulle oorwinning gegee oor die Amoriete en Balak die Moabiet (8-10), hulle oor die Jordaan gelei en oorwinning gegee oor die sewetal vyandelike volke van die land (11-12), en aan hulle die land, stede, wingerde en olyfboorde gegee waarvoor hulle nie gewerk het nie (13).

 

Dan roep Josua die volk op tot verbondslojaliteit en -toewyding teenoor die Here alleen (14-15). Die volk moet die Here volkome dien (tamim = die kultiese term vir die volmaakte offerdier; die etiese term vir egtheid, opregtheid (van hart)), en in waarheid, getrouheid, toewyding ('emet). Dieselfde soort respons word van hulle verwag as wat God aan hulle getoon het. Die implikasie word uitgespel: Israel moet weier om hulle eie geskiedenis van afgodery (voor Abraham en in Egipte) te herhaal. Israel word egter nie gedreig nie; hulle is vry om - in die lig van die heilsgeskiedenis wat aan hulle voorgehou is - te KIES (15). Dis blykbaar in die aard van God se verbond dat die bondgenoot verplig is tot gehoorsaamheid, maar tog 'n vrye keuse het om die verbond te verbreek - en die gevolge te dra. Israel se keuse is egter nie in isolasie nie - Josua het klaar gekies: hy en sy huis (familie) sal die Here dien. Hy lei die keuse.

 

Die volk respondeer positief, in die lig van die Here se heilsdade aan hulle (sy uitredding, beskerming, verdrywing van vyande) (16-18). Hulle bely "die Here.. is ons God".Dis egter asof Israel se keuse te vinnig gemaak is na Josua se sin. Hy begin weer 'n ronde (19-21), konfronteer hulle met die heiligheid van God en die vloek van verbondsverbreking (19-20). Jahwe se heiligheid vereis dat hulle Hom met algehele toewyding dien. Dit is menslik onmoontlik. Die volk antwoord egter weer positief (21).

 

Hierop volg 'n derde, finale dialoog tussen Josua en volk (22-24). Die volk is bereid om die konsekwensies van hulle belofte - en die verbreking daarvan - te dra. Hulle beloof om die Here te dien en na Hom te luister. Hierop word die verbond gesluit (25-27). Die klip onder die boom in Sigem, deur Josua opgerig, is die teken en getuie van die verbond - 'n getuie wat uiteindelik ook teen hulle kan getuig.

Preekvoorstel

Dis asof die Here dit nie genoeg kan sÍ nie: Ons leef uit sy genade alleen. Dis die een gedagte wat dwarsdeur die boek Josua herhaal: die Here stry die stryd vir sy mense; Hy behaal die oorwinning; Hy gee die land vir hulle (as sy erfdeel!). Nog sopas het Hy in 22:45 en weer in 23:14 by monde van Josua gesÍ: Hy het al sy beloftes aan die vaders waargemaak; nie een daarvan het Hy nie nagekom nie. Die hele Josua-verhaal spel dit uit: God se mense leef uit die Here se hand. Alles kom van Hom; ons kan daartoe absoluut niks bydra nie. ("Josua" beteken "Die Here verlos") Ons leef uit sy genade alleen, Hy is die Een wat ons verlos en alles gee wat goed is. Dis die storie wat Josua vertel wanneer hy by Tera en Abraham begin en by die gemeente se blyplekke en kos in hulle borde eindig (2-13).

 

Na die uitroepteken van God se genade is daar egter skielik hier aan die einde die groot vraagteken: Wat nou vorentoe? Josua is een van die dae nie meer daar nie. Wat gaan die volk dan met God se genade(verbond) maak? Sal hulle verstaan wat God se genade van hulle vra (of beter: impliseer, meebring)?

 

Die drie rondtes gesprekke tussen Josua en die volk (2-18; 19-21; 22-24) is 'n strydgesprek. Josua sÍ diť een ding: ek en my huis het klaar vir die Here gekies. Nou moet julle kies tussen die Here en die gode. Julle kan nie God en Mammon dien nie. Want die Here vereis dat julle Hom voluit, kompromieloos, toegewyd, enduit, dien. En julle gaan dit nie regkry om die Here so te dien nie. Die teken van sy verbond (die klip onder die boom by Sigem) gaan eendag teen julle getuig. Israel, julle het 'n vrye keuse, maar julle gaan op die ou end teen die Here kies.

 

Maar Israel sÍ: Josua, jy is verkeerd. Ons kies die Here; ons sal Hom nie minder goed dien as jy en jou huis nie. Ons weet mos baie goed watter pad die Here met ons gestap het; dat ons ons hele lewe aan sy genade te danke het. Hoe kan ons anders as om Hom voluit, enduit te dien? Rig maar hierdie klip op. Skryf maar op. Ons sal by ons woord bly.

 

Wie was toe reg: Josua, of die volk? As ons verder lees in vers 31, lyk dit of die volk woord gehou het. Danksy Josua, en geesgenote na hom - "wat alles ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het". Maar dan lees ons die volgende boek in die reeks van die "vroeŽ profete" (die Deuteronomistiese geskiedwerk), die boek Rigters.... en ons moet as volk van die Here ons skuld maar net weer van vooraf bely. En om genade smeek. En as't ware van voor af, opnuut, leer dat ons uit God se genade alleen leef.

 

Literatuur

Sien literatuurlys by Josua 3.