Deuteronomium 30:9-14 (Chris Jones)

15 Julie 2001

Vyfde Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Psalm 82; Lukas 10:25-37 en Kolossense 1:1-14

As jy die Here jou God liefhet (en jou naaste soos jouself), sal jy en jou kinders voorspoedig wees en n lang en oorvloedige lewe geniet!

Inleiding

Die naam Deuteronomium of tweede wet moet nie die indruk skep dat hierdie boek n wettiese karakter het nie. Die wet, waar dit wel ter sprake is, word as teks vir n toespraak gebruik om die volk op te roep om die Here van harte lief te h en hulle in gehoorsaamheid aan Hom toe te wy uit dankbaarheid vir wat Hy vir hulle gegee en gedoen het.

Teks en konteks

Die skrywer van hierdie boek, bestaande uit n reeks afskeidsboodskappe, is onbekend. Dit is dus nie woorde deur Moses self ges of geskryf nie, maar oor hom. Daar is verskillende gedeeltes waar die skrywer nie net oor Moses praat nie, maar waar hy Moses self ook aan die woord stel. Hy het dit op netjiese en uiters kunstige wyse gedoen. Voor elke toespraak is daar n inleiding met n sterk historiese inslag en na die toespraak volg n aanhangsel met verdere historiese en geografiese besonderhede. So word elke toespraak met interessante maar belangrike gegewens omraam.

Deut 30: 9-14 neig om n samevatting van die hele boek van Deuteronomium te wees. Dit vorm deel van die laaste paragrawe van n redelik lang, maar kragtige preek of boodskap, toegeskryf aan Moses (Deut 29: 1 30:20).

Die konteks van hierdie gedeelte (Deut 30: 9-14) staan in die teken van die laaste woorde van die verbondsluiting tussen die Here en sy volk. En die verbondsgemeenskap waarmee ons hier te make het, kry ons nie in koue, wettiese terme uiteengesit nie. Dit vertel vir ons van God se groot liefde vir ons en hoe ons uit dankbaarheid in wederliefde daarop moet reageer. Eintlik is dit n voorwaardelike verbond. Die voorspoed van God se volk het afgehang van di mate waarin hulle die stipulasies van die verbond nagekom het (Deut 4:1; 5:31-33; 6:1 e.v.).

Binne die brer raamwerk van Deuteronomium word die wet nie gesien as n las nie, maar n gawe, want dit gee aanleiding tot lewe (Deut 30:15-20).

Dit wil verder lyk of hierdie paar verse eintlik die basis l vir die lees van die evangelieboodskap, omdat Christus se gelykenis van die barmhartige Samaritaan (een van die tekste van hierdie week Luk 10:25-37) juis ontstaan het as gevolg van n gesprek oor die wet, die sentrale tema van hierdie gedeelte (Deut 30:9-14). Om die waarheid te s, die woorde van Jesus aan die wetgeleerde naamlik, Doen dit (met ander woorde wees lief vir God en jou naaste) en jy sal die lewe verkry, sluit baie sterk aan by ons fokusteks.

Verder word die taal van Deuteronomium ook duidelik gereflekteer in n ander Nuwe-Testamentiese weekteks naamlik, Kolossense 1:10: Ons bid dat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

Vir die gelowige dui lewe en land (soos in Deut 30:9-20 na verwys word) op meer as die fisiese. As ons bely Christus is ons lewe, bedoel ons dat die liefde van God ons een maak met Hom en ons op grond daarvan die ewige, ware lewe sal ontvang. Ons sal met ander woorde op die nuwe aarde die volkomenheid van God se heerlikheid ervaar. God wou juis in Jesus Christus ons oog nie net op die fisiese nie, maar veral ook op die geestelike, die dinge met ewigheidswaarde, vestig!

Preekvoorstel

Liefde vir God word gereken as die groot gebod in hierdie gedeelte (Deut 30:9-14). Ware gehoorsaamheid word in hierdie liefde gebore en volgens hierdie gedeelte is dit menslik moontlik om gehoorsaam aan God te wees. Alhoewel niemand volmaak liefhet en gehoorsaam is nie, ken ons die gebod van die Here, kan ons daaroor praat en kan ons daarvolgens probeer leef.

Wanneer die Bybel in hierdie gedeelte vir ons s dat ons sal lewe as ons vir God liefhet en aan Hom gehoorsaam is, moet ons as gelowiges dieper kyk as net die fisiese bestaan. Hierdie liefde vir God hou ryker sen in. Dit gee aanleiding tot die ewige lewe.

Christus bevestig dit in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. n Wetgeleerde het opgestaan en vir Jesus gevra wat hy moes doen om die ewige lewe te verkry. Jesus vra hom toe wat in die wet van Moses geskryf staan en dan antwoord hy soos volg: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself. Toe s Jesus vir hom: Doen dit en jy sal die lewe verkry.

Daar is teolo wat selfs beweer dat Moses nie net gepraat het van die nakoming van die wet of verbondstipulasies nie, maar verwys het na die navolging van Jesus Christus. Hulle staaf hierdie denkwyse deur te verwys na Johannes 5:46 waar Christus s: As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe.

Wat die Nuwe Testament vir ons wil leer, is dat wanneer n mens God waarlik liefhet, jy ook jou naaste sal liefh en goeie werke sal doen.

Die boodskap wat baie duidelik in bogenoemde gedeeltes na vore kom, het te make met liefde, n lewe van gehoorsaamheid en die daarmee gepaardgaande ewige lewe. Wat vir my baie belangrik blyk te wees, is dat die ewige lewe nie net iets is wat ons eendag sal ontvang nie, maar dat dit ook oor hierdie lewe gaan, hier duskant die graf. Is dit nie immers wat die Here in Deuteronomium 30:15 en verder impliseer nie?

Die belangrike vraag is: hoe lyk die ewige lewe duskant die graf vir die moderne gelowige? In die hier en nou? As n mens na die bre Bybelse boodskap in di verband kyk, gaan die ewige lewe nie net oor die lengte van lewe nie, maar veral oor die kwaliteit daarvan.

Nou as n mens praat van die kwaliteit van lewe, gaan dit nie oor die fisiese kwaliteit daarvan nie, met ander woorde of jy ryk of arm of gesond of siek is nie. Die ewige lewe waarna God in die Bybel verwys is n bepaalde lewenstyl n lewenstyl wat jou lewe sin- en betekenisvol maak. Wat dit die moeite werd maak om te leef!

Die evangelie van Christus handel oor die ewige lewe. Dis waarvoor God mens geword het. Om vir ons mense te kom wys hoe lyk n lewe wat deel het aan die ewige lewe.

Natuurlik is dit n eienaardige evangelie, n vreemde evangelie, want Jesus vertel vir ons volgens Matteus 10:38-39 die volgende: Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor Hy wat met ander woorde net vir homself leef, sal die lewe verloor. Hy wat net saai op die terrein van selfsug, sal die dood oes.

Ewige lewe beteken dus om aan jouself te sterf sodat Christus in jou gestalte kan kry. Ewige lewe beteken om vir ander te leef soos Christus vir ander mense geleef het. Dis waarom Christus ges het dat elkeen wat sy lewe wil behou, dit sal verloor, maar elkeen wat sy lewe om Christus ontwil verloor, dit sal vind. Dis eers wanneer Christus in jou gestalte kry dat jy leef en vir ewig sal leef.

Nou weet ons, om vir ander te leef, is ontsettend moeilik. Dis soos reeds ges moontlik, maar vir die mens dikwels so moeilik, want om Jesus se woorde hy wat nie sy kruis dra en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie ernstig op te neem, kos baie!

Waar gaan jy heen as jy jou kruis opgeneem het? Jesus het reguit Golgota toe gestap. Daarom het ons pad agter Jesus aan ook net een bestemming ons eie Golgota! Die ware lewe, die ewige lewe, is nie moontlik sonder (ons) Golgota nie. As jy nie aan jou eie belange sterf nie, kan Christus nie in jou opstaan nie en kan jy nie goeie werke in belang van God en jou medemens verrig nie.

Ons s so maklik ons glo in die opstanding van Christus. Weet ons wat ons s? So baie mense mis vir God omdat hulle nie vir Christus in ons raaksien nie. So baie mense soek n bewys dat God leef. Hulle soek bonatuurlike manifestasies van God se Gees miskien juis omdat ons nie Christus genoegsaam vergestalt nie. Ewige lewe beteken dat my lewe n bewys moet wees dat God leef en dat Christus in my opgestaan het en in my leef.

Die ware of ewige lewe gaan dus nie net oor eendag na die dood nie, maar dit stel in die hier en nou groot eise aan die mens. Of jy twintig of tagtig jaar oud is, dit is iets wat geoefen en geleef moet word. Dit is iets wat in jou gestalte moet kry.

Die Bybel vat die ewige lewe in een woord saam naamlik, LIEFDE. Liefde vir God, maar ook liefde vir jou naaste. Dit maak sin want God is liefde en ewige lewe. Christus is ook liefde en ewig want Hy is God. As Christus met ander woorde in jou gestalte kry, word die liefde in jou gebore en kry jy deel aan die ewige lewe.

Volgens Paulus is daar n paar dinge wat die liefde doen en n paar dinge wat die liefde nie doen nie. Kom ons kyk na wat die liefde nie doen nie.

Die liefde is nie afgunstig nie.

Die liefde is nie grootpraterig nie, veral nie oor my eie prestasies nie.

Die liefde is nie verwaand nie moenie dink jy is beter as ander nie.

Die liefde tree nie onbeskof op nie.

Die liefde soek nie sy eie belang nie.

Die liefde is nie liggeraak nie. Dis nie kleinserig nie en voel nie deur alles bedreig nie.

Die liefde hou nie boek van die kwaad nie.

 

Wat doen die liefde wel volgens Paulus?

Die liefde is geduldig.

Die liefde is vriendelik.

Die liefde is bly as die waarheid sevier.

Die liefde bedek alles.

Die liefde glo alles.

Die liefde hoop alles.

Die liefde verdra alles.

 

Die wonderlike van hierdie liefde is dat dit nie vergaan nie. Dit dra die saad van die ewige lewe. Dit dra jou die ewigheid in.

Die ewige lewe duskant die graf is moontlik. Dis nie in die hemel sodat iemand daarheen hoef op te klim om dit te gaan haal nie. Dis nie oorkant die see nie. Dis met ander woorde nie onbereikbaar nie. Christus het dit tot by jou en my gebring. Ons moet dit net in die geloof ontvang.

As gevolg van sonde soos die selfsug van die mens, is dit egter nie altyd maklik om die ewige lewe te leef nie. Dit is moeilik, want dit is teen die natuur van die mens. Diep binne-in elke mens is hy/sy maar die god waarom alles draai! Om die ewige lewe en die nuwe aarde te berwe, moet ek by my eie Golgota n draai gemaak het, bewus geword het van God se liefde vir my en uit dankbaarheid daarvoor God se gebooie nakom deur Hom en my naaste van harte lief te h.

 

Bibliografie

Craddock, F.B. (et al). Preaching through the Christian year: year C: A comprehensive commentary on the lectionary, pp. 329-336. Ridderbos, J. Deuteronomium, Korte verklaring der heilige Schrift, pp. 90-95.