Eksodus 20:1-17 (Coenie Burger)

26 Maart 2000

Derde Sondag in Lydenstyd

 

Ander tekste: Psalm 19; 1 Korintirs 1:18-25; Johannes 2:13-22

 

Deur die kruis wil God nie net ons sonde vergewe nie, maar ons ook in staat stel om gehoorsaam aan Hom te lewe.

Teks en konteks

Eksodus 20 as lydensteks?

Eksodus 20:1-17 is, op die oog af, n ongewone teks vir die lydenstyd. By die eerste lees is daar niks wat n mens onmiddellik laat dink aan Christus en sy lyding nie. Daar is geen verwysing of heenwysing in die teks wat n mens goedskiks sou kon koppel aan lydenstyd nie. En tog is daar n lang tradisie dat die teks in lydenstyd gelees word.

Ons oordeel dat n mens nie n direkte konneksie tussen Eksodus 20 en lydenstyd moet probeer forseer nie, maar dat n mens die verband moet vind in die bre verhaal van God se plan met hierdie wreld. Almal wat na die kruis kyk, verstaan nie noodwendig wat daar gebeur nie. Almal wat verwonderd is oor die menslike drama (Ecce, homo!) wat hom daar afspeel, ken nie noodwendig die storie agter die storie nie, en ook nie die vervolg van die storie van die kruis nie. Eksodus 20 kan ons help om die kruis in die konteks van God se totale heilshandelinge met die wreld beter te verstaan.

n Preek oor Eksodus 20 kan ons help om te verstaan nie net waarom die kruis nodig was nie, maar ook wat die Here se uiteindelike bedoeling met die kruis was.

Die verhouding Wet en Kruis: verskillende menings

n Mens so nouliks oor die teks kon preek in die lydenstyd sonder om kennis te neem van die feit dat daar binne die Christendom tradisies is wat sterk negatief staan teenoor die wet. Beginnende by Marcion was daar telkens weer in die geskiedenis mense wat Ou Testament en Nuwe Testament (en saam daarmee, wet en evangelie) nie as komplementerende eenhede gesien het nie, maar as sake wat met mekaar in spanning en opposisie staan. Benewens n paar eksentrieke groepe wat hierdie standpunt op n naewe manier probeer verdedig, is daar nader aan huis in die Protestantisme twee groot tradisies wat sukkel om behoorlik plek te gee aan die Ou Testament en aan die wet. Dit is bekend dat Luther (vanuit sy eie ervaring in die Katolieke tradisie) meestal gewerk het met n sterk kontras tussen wet en evangelie. In baie Lutherse Kerke word hierdie voorkeur vir die evangelie weerspiel in die feit dat ander tekste wel gelees word, maar dat die prediking gewoonlik uit die evangelietekste in die leesrooster kom. Daar is ook Lutherse Kerke waar lidmate sittende luister na die ander drie Skriflesings, maar opstaan as die evangelieteks gelees word. In die meeste Pinksterkerke (waarby die Charismatiese groepe ingesluit word) is die Ou Testament dikwels n nog vreemder boek. Terwyl n mens waardering het vir die geestelike toewyding en erns van die Pinkstergroepe, begin die geskiedenis reeds wys dat hulle die wreldgerigtheid en lewensgerigtheid van die evangelie nie altyd helder genoeg verstaan nie. Dit is wat gebeur as n mens die heilsgebeure van die Nuwe Testament losmaak van die Ou-Testamentiese kader waarbinne dit afspeel. n Mens kan die Nuwe Testament nie verstaan sonder die Ou Testament nie; jy kan Christus nie verstaan sonder die profete se Messiaanse verwagting nie; jy kan die evangelie nie verstaan sonder die wet nie; en jy kan die wonder en diepte van die kruis nie verstaan sonder die Tien Gebooie nie.

Daar is nie nog n tradisie wat soveel moeite gedoen het om die verhouding tussen wet en evangelie op n komplementerende manier te verstaan as juis die Gereformeerdes nie. Dit is welbekend dat hierdie meer positiewe visie op die wet een van die belangrikste verskilpunte tussen die Lutherse en die Gereformeerde tradisies is. Terwyl Calviniste nie blind wil wees vir die gevaar van wettisisme nie, hou hulle vol dat die wet in sy oorspronklike bedoeling heilsaam is en dat n wettiese verstaan van die evangelie wortel in n verkeerde verstaan van die wet en van die Ou Testament. Drie verwysings kan help om hierdie punt toe te lig:

In die Gereformeerde tradisie is dit gebruiklik om te praat van die drievoudige gebruik van die wet. In die eerste plek is die wet n belangrike peiler vir die inrigting van die publieke lewe (die usus politicus). Christene glo dat die wet nie net waarde het vir kerkmense en gemeentes nie, maar dat dit ook riglyne bied van hoe mense in die brer samelewing met mekaar kan leef. n Tweede funksie van die wet is die sogenaamde usus elenchticus, die wet as tugmeester wat ons na Christus lei (of dryf!). In die Lutherse Kerk is hierdie visie op die wet baie sterk. By die lees of aanhoor van die wet besef ons telkens weer dat ons die wet van God oortree het en dat ons in ons eie krag dit nooit sal kan gehoorsaam nie. Dit kan vir mense n insentief wees om na Christus te vlug vir vergiffenis en redding. Dit is baie interessant om daarop te let dat die wet op hierdie manier gebruik word in die meeste Gereformeerde eredienste. Gereformeerdes het egter ook vasgehou aan n derde gebruik van die wet (die usus didacticus of normativus; ook soms bloot die tertius usus legis genoem). Anders as ander groeperinge het Gereformeerdes geglo dat die wet nie sy funksie verloor nadat dit ons na Christus gedryf het nie, maar dat dit bly staan as die grondrels van n dankbare lewe. Hoe belangrik en sentraal die rol van die wet in die lewens van gelowiges is, sien ons dalk die helderste in die Derde Deel van die Heidelbergse Kategismus as n lewe in ooreenstemming met die Tien Gebooie. Dit word voorgehou as die eerste manier waarop n mens die Here dank vir sy verlossing. Die klassieke Gereformeerde standpunt oor werke en die wet word goed verwoord in die stelling dat niemand gered word deur wetswerke nie (omdat Christus alleen ons kan red), maar dat niemand eweneens gered sal word sonder werke (wat as teken van ons dankbaarheid verrig is) nie.

Karl Barth het meer kere oor hierdie saak geskryf en by n formulering probeer kom wat die Lutherse en Gereformeerde sieninge nader na mekaar interpreteer. Hy het ges dat evangelie en wet aan mekaar verbind is as inhoud en vorm van dieselfde saak. Die evangelie van Jesus Christus kom na ons nie anders as in die vorm van die wet (of gebod) wat van ons dade van gehoorsaamheid vra nie. Hy illustreer dit aangrypend aan die hand van die geskiedenis van die ryk jongman: in die ontmoeting met Jesus word al die gawes en die vryheid van die evangelie na die jongman uitgehou, maar die enigste manier waarop hy dit kan ontvang is deur gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag (gebod/wet) dat hy sy goed moet verkoop en die geld aan die armes gee. Barth bevestig dat ons nie die gawes van die kruis kan ontvang sonder gehoorsaamheid aan die wil en die gebod van God nie.

Die Gereformeerde teoloog wat na vele mense se mening die helderste oor hierdie saak geskryf het is AA van Ruler. In sy uitvoerige Bybels-teologiese werk, Vervulling van de Wet, fokus Van Ruler presies op hierdie verband tussen wet en evangelie. Van Ruler slaag daarin om te wys dat dit vir Gereformeerdes nie net om n balans tussen wet en evangelie gaan nie, maar dat die heilsgebeure van die Nuwe Testament die beste verstaan word as dit teen die agtergrond van God se oorspronklike heilsintensie (soos dit in die Ou Testament geopenbaar is) geprojekteer word. Hoe Van Ruler die verhouding verstaan word dalk die raakste geformuleer in die subtitel van sy boek: Die Wet as Medium tussen Openbaring en Eksistensie. Die kompakte formulering wil twee wesenlike waarhede vashou: Ten eerste dat God se openbaring (en genade) nie maar in die lug wil bly hang nie, maar in ons lewens (en in die lewe) gekonkretiseer wil word; die openbaring van God is gerig op ons eksistensie. Ten tweede: hoe lyk die openbaring as dit vorm of lyf gekry het in die lewe? Hoe lyk dit as die genade van die Here toegelaat word om konkreet vorm aan te neem? Van Ruler se antwoord: jy sien mense wat leef volgens die wet van God! As die openbaring vorm aanneem in die lewe (eksistensie), lyk dit na die wet!

Die implikasies hiervan vir ons teks en tema is duidelik. Die uiteindelike bedoeling ook van God se kruisgenade is dat dit neerslag sal vind in ons daaglikse lewens en wel daarin dat ons mense sal word wat leef met Hom en ander mense soos wat Hy sy wil aan ons bekend gemaak het in sy wet.

Verkondigingsmomente in Eskodus 20

In n preek oor die hele Eksodus 20 het n mens nie die tyd om in diepte na elkeen van die gebooie te kyk nie. Die fokus moet eerder val op die wet of gebooie as n belangrike en wesenlike deel van die openbaring. Hieronder word n paar kort opmerkings gemaak wat handel oor hoe Israel die wet wat die Here aan hulle gegee het verstaan het. Vir uitgebreider verduidelikings kan die kommentare en ook Ou Testament teologie geraadpleeg word (vgl oa Von Rad en Zimmerli).

Die eerste verrassende perspektief op die wet is dat Israel hul ontvangs van die wet nie as n las nie, maar as n voorreg beskou het. Die wet was n gawe van die Here waaroor die volk kon sing (vgl Pss 19 en 119).

Dit was so omdat die wet vir Israel n konkrete bewys van hulle verkiesing deur God was. Daar was ander gebeurtenisse ook wat tekens van die verkiesing en die verbond was, maar die wet het hier n besondere plek ingeneem omdat dit so konkreet was.

Israel se positiewe houding teenoor die wet het ook saamgehang met die feit dat hulle dit as n genadige raadgewing van God ervaar het. Ons sou n fout maak as ons vaskyk teen die imperatiewe vorm van die wet. Dit was nie wat vir Israel voorop gestaan het nie. n Mens sou kon s dat die notiese kant van die wet vir die volk voorop gestaan het. Die wet was deel van God se openbaring waardeur informasie en kennis aan hulle meegedeel is wat hulle in n gevaarlike en onseker wreld kon help. Die raadgewing van die wet was soos om vir n verdwaalde die pad te wys, of om vir n baie siek persoon n weg terug na genesing en gesondheid aan te dui. Die faset hoor n mens dalk die duidelikste in die oproep, Doen dit en julle sal lewe, wat telkens die gebod vergesel het. Die wet so het Israel dit verstaan was n weg wat na die lewe wou lei.

Die wet het n reuse rol gespeel op n verskeidenheid van vlakke in die lewe van Israel. Dit was die sentrale dokument waar rondom die kultus en liturgie, regspleging, die opvoeding van die kinders asook die morele lewe van die volk gesentreer het. Gottwalt en ander meen dat in Eksodus 20 die morele aspek voorop staan. Gehoorsaamheid aan God is nie net van belang in die kultus nie, maar moet ook blyk uit die gewone lewe van mense soos wat hulle omgaan met meerderes (die vyfde gebod), met ander se goed en lewens, met hulle seksualiteit en selfs met die waarheid. As ons ooit daaroor sou twyfel, sien ons hier dat die Bybelse godsdiens in sy wese moreel is.

Dit word bevestig deur die balans wat ons hier kry in die twee tafels van die wet: die eenkant van ons godsdiens raak ons verhouding met God, die anderkant ons verhouding met ander mense. Dis nie of-of nie, maar en-en. Die unieke van Christelike spiritualiteit l, so wil dit lyk, juis in die noodwendige en onverbreekbare verband tussen hierdie twee verhoudings. Dit is soos Luther ges het: die vraag of iemand regtig in God glo, word die sekerste en duidelikste beantwoord deur die manier waarop so n persoon met ander mense leef.

Zimmerli wys op die interessante spanning wat ons het in die manier waarop in die Dekaloog oor God gepraat word. Aan die eenkant is Hy die Verlossergod wat die volk in sy groot genade en liefde uit die slawerny van Egipte bevry het; aan die anderkant noem Hy Homself n jaloerse God wat ook kan straf. Daar is n manier waarop die eerste gebod hierdie twee kante saambring: God se liefde bestaan daarin dat Hy ons met geen ander wil deel nie, maar onverdeelde trou en liefde van ons vra. Hy wil ons eerste en enigste liefde wees. Dit is wat Jesus later liefde met n rein hart sou noem (Matt 5:8) en wat volgens Kierkegaard beteken dat ons nie mense sal wees wat een ding in die lewe wil nie.

Preekvoorstel

Ek sou voorstel dat n mens reeds voor die Skriflesing iets s oor die keuse van die Tien Gebooie as n lydensteks. Daar is tradisies in die Christendom wat hierdie keuse uiters vreemd en onvanpas sou vind omdat hulle wet en evangelie teenoor mekaar stel en nie juis die Ou Testament ernstig neem nie. In ons eie tradisie is dit egter glad nie vreemd nie. Daar is Nuwe Testament tekste waarna ons gaan kyk waarin die belangrikheid van die wet ook vir Christene baie duidelik en baie sterk beklemtoon word. Ons kan in lydenstyd ook Eksodus 20 lees en daaroor nadink omdat ons:

die hele Bybel Ou en Nuwe Testament ernstig wil neem;

en omdat ons glo dat n mens die kruis van Christus maklik kan misverstaan as jy dit losmaak van die hele verhaal van God se bemoeienis met ons.

Hierna kan Eksodus 20:1-17 gelees word. Ek stel voor dat mens daarna ook Matteus 5:17-20 lees waarin Jesus self die belangrikheid van die wet beklemtoon en handhaaf.

n Mens sou kon begin met die opmerking dat mense (en selfs Christene) wat negatief is oor die wet, dit nie regtig verstaan nie in elk geval nie soos Israel dit verstaan het nie. In lyn met die vorige opmerking sou daarop gewys kon word dat Israel kon sing oor die wet. Die wet was nie n las wat hulle opgel is nie, maar n spesiale gawe van God en n teken van sy besondere liefde vir hulle. n Paar verse uit Psalm 19 of 119 kan die punt goed illustreer. Daar kan ook verder op gewys word dat Israel se bewussyn van uitverkorenheid, saamgehang het met die feit dat die Here die wet aan hulle gegee het. In Israel se o was die wet nie n lang string moeilike en beperkende rels nie, maar by uitstek die simbool van God se besondere verhouding met hulle. As hulle die Torah (die Hebreeuse woord vir wet) gehoor het, het hulle gedink aan God se liefde.

In die middel deel van die preek kan n mens hierdie positiewe houding van die volk jeens die wet verduidelik in lyn met die besonderhede wat hierbo gegee is. Ek sou dink dat n mens hier op die laaste drie verkondigingsmomente kon fokus, soos genoem in die vorige paragraaf.

Teenoor mense wat geneig is om net die imperatiewe in die wet te hoor die moets en die moenies het Israel die wet in die eerste plek gehoor as waardevolle inligting wat ons lewens meer sinvol, betekenisvol en vreugdevol kan maak (vgl die verwysings na verdwaalde of siek mense). In die wet is die God wat die ganse wreld gemaak het en wat heers oor die lewe, besig om n paar geheime oor die lewe met ons te deel. Die woord lewe is n sleutelwoord hier. Teenoor baie mense se gedagte dat ons lewens makliker (en lekkerder?) sou wees sonder die wet van God, het Israel verstaan dat die Here dit goed bedoel met die wet en dat dit n weg is wat ons juis na die lewe wil lei.

Die wet herinner ons daaraan dat die Christendom n geloof is wat ook mense se gewone lewens raak. Die wet wil en kan ons help om ons geloof regtig prakties te maak. As iemand werklik in buite ons vermo is nie. Hy is nie n God wat sulke soort speletjies met mense speel nie. Dat Hy dit van ons vra, nee, vir ons s, veronderstel dat die soort lewe nie geheel en al onmoontlik is nie. Iemand het ges dat ons die intensie van die Tien Gebooie dalk beter verstaan as ons die moet vertaal met kan en beter nog sal. Die laaste twee woorde bring die wonderlike beloftekant van die Woord van die Here na vore. Die God van die Bybel is n God wat ruimte skep vir mense, wat lewe wil gee, wat die onmoontlike en die onwaarskynlike moontlik wil maak vir ons. Die lewe hoef nie so te wees dat ons mekaar se vyande of selfs mekaar se hel (Sartre) is nie; dit kan anders wees! Soos wat ons vir ouers sal s om hulle kinders aan te spreek op hul goeie moontlikhede, so kom herinner die Tien Gebooie ons aan dit wat die Here in ons gel het toe Hy ons na sy beeld geskape het! Ons glo in God, maar daar is n manier waarop ons kan s dat ons n God dien wat ook in ons glo!

Wat het dit alles met die kruis te doen? Ek glo dat hier twee lyne tussen die wet en die kruis loop. In die eerste plek kom herinner die kruis ons aan die harde werklikheid dat mense in hul halsstarrigheid gewoonlik nie vir God luister en hulle nie aan sy Woord en wet steur nie. Geslag na geslag het die boodskap van lewe gehoor, maar dit nie geglo nie en die dood gekies. Christus hang aan die kruis God glo, kan jy dit sien in sy of haar lewenswyse. Die evangelie wil van ons goeie mense maak wat in liefde en respek met ander leef en so n getuienis oor hul Heer uitdra. Die wet kan ons help om dit te onthou. As ons net na die kruis sou kyk, los van die res van die Bybel, sou n mens dit kon vergeestelik en romantiseer. John Chapman het ges dat die meeste mense hul lewe lank soek na n geloof of visie van die waarheid wat hulle kan red sonder dat hulle uit hul leunstoele hoef op te staan. Eksodus 20 sou antwoord dat jy nie die soort geloof in die Bybel gaan kry nie. Die evangelie en die kruis, as jy dit reg verstaan, vul jou met n ander visie en n nuwe soort energie om in God se Naam n verskil te gaan maak in die wreld.

Die wet het nog n kant. In n wreld vol sinisme en wanhoop, waar mense nie meer veel goed verwag van ander of van hulself nie, is die proklamering van God se wet n magtige daad van hoop. Die Here sou die goed wat in sy wet staan nie vir ons ges het as Hy vooraf geweet het dat dit totaal omdat ons nie wou hoor nie. Al ons ongeregtigheid was op Hom; dit is ons sondes en mislukkings en ongehoorsaamheid wat Hom die dood kos. Dit is die eerste lyn wat van die wet na die kruis loop: ons wetsongehoorsaamheid kos Hom die dood.


Maar daar is n tweede lyn wat van die kruis terug (of moet ons eerder s vooruit) loop na die wet. Deur die kruisdood van Christus kom (n mens sou selfs kon s, red) God sy oorspronklike heilsplan vir die wreld en ook dus die wet bevestig. Die wet, soos Jesus ges het, word nie afgeskaf of agtergelaat nie, maar word gehandhaaf en vervul. Die wet bly staan as die uitdrukking van God se wil vir ons lewens; as die medium tussen openbaring en eksistensie, as die manier waarop mense leef as hulle deur Christus gered is en gelei word deur die Gees van die Here (vgl Rom 8:4).

Die groot verskil is dat n nuwe manier van leef in ooreenstemming met die wet deur Christus se verlossingswerk en deur die krag van die Gees nou moontliker is as ooit tevore. Daar is krag in die kruis! As ons na Jesus aan die kruis kyk soos die Israeliete in die woestyn na die slang gekyk het kan ons genees word, het ons verlede week in Johannes 3 gesien. Paulus s dat God met dieselfde krag waarmee Hy Jesus uit die dood opgewek het in ons wil werk en van ons nuwe mense wil maak. In 2 Korintirs 3 staan dat dit is terwyl ons die heerlikheid van Jesus Christus aanskou, dit in die oog hou en daarna bly kyk, dat ons van gedaante verander kan word en deur die Gees van die Here vernuwe kan word om alhoemeer die beeld van God in ons lewens te vertoon.

n Mens kan dit alles op nog n manier s. Daar is interessant genoeg twee direkte verwysings na God in die teks van die Tien Gebooie. Daar word in vers 1 en 2 van Hom ges dat Hy die Verlossergod is wat sy volk uit hul slawerny in Egipte gered het en vir hulle n nuwe lewe, in n nuwe land gegee het. Maar daar word ook in vers 5 verwys na Hom as n jaloerse God wat tot die dood toe ernstig is oor ons en ons liefde en ons met niemand wil deel nie; n God wat vasberade is om die doel waarvoor Hy ons gemaak het met ons te bereik en wat Hom deur niks en niemand gaan laat keer nie.

Dit is so dat ons in die kruis van Jesus ook beide hierdie kante van God helder sien. Aan die kruis sien ons die Verlossergod wat alles (sy uiterste) gedoen het; die volle prys betaal het om ons te red en ons los te koop van die dood. Maar ons sien ook iets van die God se jaloerse en vasberade liefde n liefde wat eerder sal sterf as om ons prys te gee vir iemand anders; n liefde wat alles sal doen en alles sal gee om ons die mense te maak wat Hy ons bedoel het om te wees.

 

Bibliografie

Die kommentare van Childs (OTL), Meyer (Augsburg), Durham (Word) en Fretheim (Interpretation). Verder ook Zimmerli se Old Testament Theology in Outline, Koole se De Tien Geboden en die werke waarna direk in die studie verwys word.