16 Junie 2002

Derde Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Eksodus 19:2-8a.

Ander tekste: Psalm 100:1-5; Romeine 5:6-11; Matteus 9:35-10:8.

INLEIDING

Die inhoud van die fokusteks maak dit sinvol om die eerste liturgiese moment, God vergader ons voor Hom, in die

lig daarvan uit te bou. Die plek van ontmoeting tussen Moses en God, Sinaiberg (Horepberg), is van besonderse

betekenis. Op hierdie plek het Moses byvoorbeeld die God van sy voorvaders die eerste keer van aangesig tot

aangesig ontmoet en sy roeping ontvang (Eks 3 en 4) en hier ontvang hy namens die verbondsvolk die wet van

God.

Die temas wat hier aan die orde is (soos die heilige teenwoordigheid van God, die verbondsluiting, die koms van

die koninkryk), sou sinvol in die liturgie verdiskonteer kon word. Die ander tekste sluit mooi by hierdie temas aan.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Die roepingsgesig van Moses in Eksodus 3 en 4 is besonder gepas om hier te gebruik. Die klem val op die betreding

van die heilige teenwoordigheid van God. Begin met die inleidende opmerking:

"Die Here wat in ons midde is, herinner ons, soos vir Moses, dat ons met gepaste ootmoed sy heilige teenwoordigheid

moet betree ..."

Votum

Eksodus 3:1-6.

Kindertyd

Wanneer die lees van die votum begin, betree "Moses", 地 volwassene of 地 kind wat gepas aangetrek is, die

liturgiese ruimte. 地 "Brandende doringbos" kan deel van 地 rangskikking wees. "Moses" voer 地 rollespel uit wat die

tweegesprek en gebeure van Eksodus 3:1-6 voorstel. Goeie voorbereiding is nodig om te verseker dat die

gewydheid van die oomblik tuisgebring word.

Verootmoediging

Terwyl "Moses" met 地 bedekte gesig in 地 knielende houding bly staan, sing die gemeente Gesang 9:2/NSG 61:2.

Vryspraak

Lees Romeine 5:10-11 of 5:1, 2, 9. Terwyl hierdie verse gelees word, maak "Moses" sy gesig oop, staan op en kyk

vorentoe, na die "brandende doringbos".

Seëngroet

Sang

Psalm 100.

"Moses" verlaat die liturgiese ruimte. Die gemeente sing NSG 22: "Juig, aarde, juig voor God die Heer!"

DIENS VAN DIE TAFEL

Oorgang en epiklese

Gesang 337:1, 2/NSG 380:1, 2.

Berig

Die gedeeltes uit die formulier wat die nagmaal as verbonds- en gemeenskapsmaal uiteensit, is gepas, asook die

uitnodiging om ons aandeel aan die volle verlossing feestelik te vier.

UITSENDING

Wet

Ons wat in die heilige teenwoordigheid van die Here is, het die verantwoordelikheid om as "God se eiendom en 地

koninkryk van priesters, 地 gewyde nasie" in die wêreld volgens die wet van die Here te leef.

Lees Eksodus 20:1-17.

Of:

Ons wat in die heilige teenwoordigheid van die Here is en versadig is met die brood en water van die ewige lewe,

het die verantwoordelikheid om dit te deel met dié wat buite is, want "die hele aarde behoort aan die Here". Soos

Jesus sy dissipels uitgestuur het, stuur Hy ons ook uit. Luister na ...

Matteus 9:36-38; 10:1, 5a.

Sang

Tema

Die God van die Bybel is heilig en onkenbaar, maar maak Hom kenbaar aan ons.

Teks en konteks

Eksodus 19 is die hoofstuk net voor Eksodus 20, waarin vertel word hoe God die wet aan Israel gegee het, en wat

die opsomming van die morele eise van die wet in die tien gebooie gee. Eksodus 19 maak dit duidelik dat die gee

van die wet aan Israel nie net 地 oorhandiging van 地 gedragskode was nie. Dit was 地 ontmoeting tussen Israel en

die God self.

Eksodus 19 vertel van die voorbereiding vir dié ontmoeting. Groot klem word daarop gelê dat die ontmoeting

plaasvind binne die verbond wat tussen God en Israel bestaan. "As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond

hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, 地 koninkryk wat My as priesters dien, en 地 gewyde nasie," sê die

Here (vv 5-6) en Israel bevestig hulle verbintenis aan die verbond in vers 8: "Alles wat die Here gesê het, sal ons

doen."

In die voorbereiding word groot klem gelê op die grootheid, heiligheid en verhewenheid van God en op die groot

afstand wat daar tussen Skepper en skepsel/skepping is in hierdie stuk noem ek dié eienskap die transendensie

van God. Israel kan nie maar sonder meer God nader nie. Hulle moet hulleself en hulle klere was en hulle twee dae

lank selfs van seks onthou. Eers op die derde dag mag hulle die berg Sinai, waar God Hom aan Moses geopenbaar

het, nader. Rondom die berg moet Moses 地 grens vasstel waaroor die Israeliete nie sonder toestemming mag gaan

nie en telkens (vv 12, 21, 22, 23) word die volk daaraan herinner dat hulle sal sterf as hulle dié grens sou oortree.

Die grens is natuurlik nie 地 absolute grens nie en die berg self is nie heilig nie. Moses betree die berg sonder

nagevolge en wanneer God sy teken gee (die blaas van die ramshoring, v 12), mag die Israeliete die berg uitklim.

Dit is God self wat heilig is. Hóm mag hulle nie sonder meer nader nie. Wanneer Hy egter die pad oopmaak

wanneer die ramshoring blaas (v 13) mag die volk van God die berg uitklim.

Die skopus van ons teks Genesis 19 is dus die transendensie van God en dit is op dié aspek waarop die preek

behoort te fokus.

Die konteks waarin ons die teks wil laat spreek, is die begin van die 21ste eeu, 地 tyd met 地 tydsgees heeltemal

anders as wat voorheen voorspel is. In die eerste tagtig jaar van die 20ste eeu het denkende Christene, wat graag

die evangelie aan Christene in die idioom van die hedendaagse mens wou verkondig, verwag en voorspel dat dié

PREEKSTUDIE - EKSODUS 19

tydsgees al hoe meer deur die natuurwetenskaplike etos en visie gevorm sou word. Die mens van die 20ste eeu,

so is geglo, sou dinge slegs glo as dit bewys kon word, en onder "bewys" is net aan een soort bewyslewering gedink:

die natuurwetenskaplike bewys. Die moderne mens, het Rudolf Bultmann gesê, is 地 mens wat grootword in die

wêreld van elektrisiteit. Hy is nie 地 mens wat in wonderwerke en bonatuurlike verskynsels glo nie. Hy sal net die

evangelie kan verstaan en dalk glo as dit aan hom verduidelik kan word, gestroop van alle bonatuurlike

elemente. Die enigste geloof wat vir die mens van die 20ste eeu sin sou maak, het Dietrich Bonhoeffer in die

dertigerjare geskryf, is 地 "onreligieuse geloof". Dit sou die uitdaging van die toekoms sê maar teen die einde van

die 20ste eeu wees. Die persoon in die kerkbank as hy nog in die bank sou wees sou 地 volslae en deurtrapte

skeptikus wees. Iemand wat bitter moeilik in iets bonatuurliks sou glo.

In 2001 weet ons dat dit ongelukkig nie gebeur het nie. Daar is natuurlik sulke mense, maar hulle is in die minderheid.

In die gemeenskap wat die Leesrooster aanspreek, is diegene wat in die versoeking is om van die Christelike

geloof afvallig te word, eerder spirituele liggelowiges as eksakte ongelowiges. Daar is, op die rand van die kerk

en selfs daarbinne te veel mense wat enigiets sal glo solank dit op dit 地 kassetband of op die Internet verkondig

word. Die woorde van G K Chesterton van 地 eeu gelede het inderdaad waar geword: "When someone no longer

believes in God, he does not believe in nothing; he is bound to believe in anything." Ongelukkig geld dit ook van die

stortvloed van panteïstiese geswymel waarin 地 ordentlike skeptikus homself deesdae om elke hoek en draai

vasloop op elke geselsradiostasie, in elke tweede film, boek, vrouetydskrif, beter-lewe-rubriek en selfs "geestelike

boeke". Die evangelie van Neale Donald Walsch (Conversations with God boeke 1, 2 en 3, Friendship with God)

is in Afrikaans vertaal en in bondels op Oudtshoorn se Kunstefees verkoop. In meer as een Afrikaanse "geestelike"

boek word dié evangelie in ons plaaslike dialek en idioom verder verkondig. Die ware god is nie die transendente

God wat gevrees en gerespekteer moet word nie, maar die Groot Gees wat oral te vinde is, in elke boom, plant,

druppel en natuurlik in myself. In die uitgawe van Insig wat by die skryf van hierdie stuk in boekwinkels verskyn het

(Jun 2001), skryf Piet Muller oor "地 hervorming wat die kerk en Christendom van bo tot onder kan verdeel". Daarin

verwys hy na Robert Funk en ander lede van die Jesus Seminaar se publikasie The Five Gospels waarin die

Evangelie van Tomas saam met die kanonieke Evangelies ingesluit is. Volgens Muller is die Tomasevangelie 地

"boek wat 地 besonder hoë persentasie van Jesus se outentieke woorde bevat" (anders as die ander Evangelies).

Die Tomasevangelie, sê Muller, weerspieël die insigte van onderdrukte Christene wie se "sieninge soms merkwaardige

ooreenkomste met die dieptesielkunde van die 20ste-eeuse sielkundige Carl Gustav Jung" vertoon. Die

Tomasevangelie (in werklikheid in sy huidige vorm 地 produk van gnostiese Christene uit die tweede eeu) is ook die

onderwerp van die 1999-film Stigmata, waarin die Tomasevangelie verkeerdelik voorgehou word as 地 geheime

Evangelie wat die Katolieke Kerk met alle geweld geheim probeer hou. (In werklikheid is 地 kopie van die volledige

dokument in 1947 in Na Hammadi ontdek en in die vyftigerjare gepubliseer.) Die film sluit met die bekende uitspraak

77b, toegedig aan Jesus: "Kloof hout en Ek is daar; lig 地 klip op, en jy sal My daar vind" 地 rasegte gnostiese

uitspraak, soos baie ander die gnostiese literatuur van die tweede eeu, maar vir die panteïs genoeg "bewys" dat dié

woorde van Jesus self afkomstig is en dat Jesus self 地 grondlegger van die panteïsme was.

Genoeg voorbeelde om ons te oortuig dat die panteïsme in verskeie vorme ook in die Afrikaanse gemeenskap sy

invloed laat geld. Die grondstelling van dié geloof is dat daar min of geen grens tussen Skepper en skepping is nie

God is nie net orals teenwoordig nie, Hy is in so 地 mate in alles teenwoordig dat as jy 地 klip sou optel, jy eintlik

iets van God in jou hand het. Só 地 lewens- en wêreldbeskouing word duidelik in die Bybel afgewys op 地 besonder

dramatiese manier in Eksodus 19. Dit is dus voor die hand liggend dat 地 belangrike deel van 地 relevante

verkondiging van Eksodus 19 in die jaar 2001 sou wees om die dwaalleer van die panteïsme, ook in sy subtielste

en gaafste vorm, af te wys.

Vir 地 goeie kommunikasie van die Christelike evangelie van bevryding sou dit egter dom wees om 地 hele preek net

daaraan te wy om die gemeente te vertel watter gruwelike dwaalleringe daar in omloop is en dat niemand hom

asseblief daaraan moet steur nie. Dit sou ook pastoraal verkeerd en in elk geval onbybels wees om Eksodus 19 net

te gebruik om alle panteïste verderf toe te stuur. In alle beskeidenheid behoort ons prof Jac Müller se waarskuwing

te onthou, naamlik dat die sektes die onbetaalde rekeninge van die kerk is. Dit is sekerlik waar van die panteïstiese

wending in die Westerse kultuur.

Tom Wright skryf baie bondig en verhelderend hieroor in sy New tasks for a renewed church. Dit is die erflating van

die Verligting, sê Wright. Die Verligting het 地 kloof tussen die wêreld van fisiese verskynsels en abstrakte, tydlose

waarhede gebring. Waarheid, het Lessing en sy navolgers geglo, is nie te vind in die fisiese, partikuliere, historiese

feite nie. Die uiteinde van dié wêreldbeeld was 地 dualisme, waardeur geloof in God geskei is van die fisiese wêreld

van die skepping. God, geloof, godsdiens het te doen met abstrakte, tydlose sake die natuur- en mediese

wetenskappe het te doen met die fisiese, met die geskape werklikheid. Ongelukkig het Christene hulle laat oortuig

deur hierdie wêreldbeeld, met die gevolg dat sorg oor die natuur en omgewing vir 地 groot deel van die 20ste eeu

nie deel van die Christelike agenda was nie. Daar was wel mense op wie se agenda dit was die

omgewingsbewustes, die "groenes", hippies, kontrakulturele randfigure en uiteindelik New Agers. In reaksie op die

dualistiese wêreldbeeld wat die Verligting op die Westerse kultuur afgedruk het (en wat die Westerse Christelike

tradisie in groot mate onderskryf het), dink en leef hierdie mense en groepe vanuit 地 wêreldbeeld waarin alles 地

eenheid vorm die fisieke en geestelike, ook Skepper en skepping. 地 Ander gevolg van hierdie dualistiese lewensen

wêreldbeskouing is Westerse Christene se suspisie oor die materiële en lyflike aspekte van ons aardse bestaan

ritme, dans, seks, skoonheid, die waarneem van omtrent enigiets (behalwe die natuur) wat deur ons sintuie

gewaardeer word (die woord "sensueel" was baie jare lank 地 sinoniem vir "vleeslik" of "sondig") en die uitdrukking

daarvan (bv die uiting van emosies).

Teen die einde van die 20ste eeu was daar in die Westerse kultuur 地 sterk protes teenoor dié dualistiese wêreldbeskouing.

Dit het op sigself oor 地 wye spektrum van bewegings en gedagterigtings gemanifesteer: omgewingsbewustheid,

地 herwaardering van die harmonie tussen Skepper en skepping, 地 nuwe viering van die estetiese en

die sensuele, 地 vryer uitdrukking van emosies. Gerieflikheidshalwe kan ons al die verskillende soms selfs

teenoorstaande reaksies op die dualisme saam groepeer onder Tom Wright se term: monisme.

Dit sou die verkeerdste Christelike reaksie moontlik wees om nie begrip te hê vir die goeie bestaansredes vir dié

nuwe monisme nie. Daar is goeie redes waarom die band tussen mens en natuur, mens en Skepper, mens en sy

eie natuur beklemtoon word dit is immers deur die dualisme van mekaar geskei. Dit sal veral van Christene

verkeerd wees om 地 dualistiese lewens- en wêreldbeskouing as die Christelike wêreldbeeld te verdedig: 地

Victoriaanse opvatting van seksualiteit of 地 Noord-Europese onderdrukking van emosies as normatief, byvoorbeeld.

Of om "groen" agendas (bv kritiek op ongebreidelde ontwikkeling, globalisering, steun vir organiese boerdery,

alternatiewe medisyne, 地 wegbeweeg van 地 vleisgesentreerde dieet, kritiek op die jagkultuur, ens) teen te staan

op grond van regse politieke gronde of 地 onkritiese aanvaarding van die kapitalistiese paradigma. Christene

behoort juis sensitief te wees dat baie omgewingskwessies deur "groenes" hulle eie gemaak is as volg van 地 skewe,

onbybelse wêreldbeeld in die heersende teologiese paradigma van Christelike kerke oor die afgelope twee honderd

jaar. Die feit dat baie evangeliese Christene nie baie entoesiasme vir die bewaring van die wêreld se reënwoude

het nie, is 地 direkte oorsaak van die oortuiging van baie sodanige Christene dat hierdie wêreld boos is en eendag

in vuur sal opgaan, en dat dit daarom nie regtig die moeite werd is om dit te probeer red nie.

Wat van groen politiek waar is, is ook waar van die teologiese klem van die New Age en ander panteïstiese

bewegings. Hier word die klem wel eensydig gelê op 地 onbybelse vereenselwiging tussen godheid en skepper,

maar dit is ten dele te wyte aan 地 gebrek van die Christelike teologie om saam met transendensie van God ook sy

immanensie te beklemtoon.

Dit is tog juis die kenmerkende van die Bybelse Godsbeeld in teenstelling met die Godsbeeld van byvoorbeeld

die Griekse mitologie of Islam dat die Bybel vertel van 地 God wat Hom met die doen en late van sy volk bemoei.

Die Bybelse God meng in die wêreldse gebeure in. Hy lei sy volk in die vorm van 地 wolk uit Egipte en meng Hom

oor eeue in met hoe Israel geregeer word. In die proses openbaar Hy Hom dikwels in aardse manifestasies: in die

persoon van 地 engel aan Abraham, in 地 vuurkolom by die uittog, in die gee van die wet by Sinai. Ja, by Sinai word

God se heiligheid en transendensie beklemtoon, maar dit is nie ten koste van God se immanensie nie.

Daarom mag ons in 地 preek oor Eksodus 19 nie net oor die transendensie van God praat nie. Ter wille van 地

Bybelse balans is dit nodig om ook oor die immanensie van God te praat, al sê Eksodus 19 niks daaroor nie. Die

beste is om klem te lê op dít wat Eksodus 19 beklemtoon, naamlik die transendensie van God, maar dan ook na

ander Bybelgedeeltes te verwys wat die immanensie van God beklemtoon. Ter wille van nabyheid in tyd kies ek

Eksodus 33, die gebeure ná die aanbidding van die goue kalf. In reaksie hierteen bid Moses dat God die volk nie

sal verwerp nie, maar sal vergewe. In Eksodus 33 lees ons dat Moses 地 tent buite die kamp opgeslaan het. Ons

lees in vers 7: "Hy het dit die tent van ontmoeting genoem. Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die

tent van ontmoeting buite die kamp gegaan." Die Here het dan in die vorm van 地 wolkkolom afgekom en by die

ingang van die tent gaan staan. "Wanneer die hele volk die wolkkolom by die ingang van die tent sien staan, het

elkeen by die ingang van sy tent gebuig in aanbidding. Die Here het direk met Moses gepraat soos 地 man met sy

vriend " (v 13). Die Bybelse God is heilig en transendent maar ook naby en immanent. Dit moet ook in die preek

belig word.

Daar is natuurlik baie ander voorbeelde van God se immanensie van God wat Hom met die verloop van die

daaglikse gebeure op aarde inmeng: God wat Abraham besoek en later met Abraham oor Sodom redekawel (Gen

18), Jakob wat met God by Jabbok stoei (Gen 32) en dan uiteindelik God se vleeswording in Jesus van Nasaret.

Preekvoorstel

Inleiding

Is Jahwe, Allah, Jesus of dalk die Rastafariërs se kombinasie Jah net verskillende name vir God? Baie mense dink

so. Luister maar net na geselsradiostasies. Dit is 地 hedendaagse maar nie 地 splinternuwe tendens nie. Ook in

Bybelse tye was daar belangrike filosowe en denkers wat van mening was dat Zeus, Plato se insigbare, onsigbare

theos en die Stoïsyne se Logos almal verskillende name van die selfde god was.

Die Bybel sê egter nee hiervoor. Allah, Zeus en die God van die Bybel het wel ooreenkomste in eienskappe. Van

almal word gesê dat hulle almagtig en alwetend is. Maar in kardinale punte is daar onversoenbare punte van verskil.

Om die waarheid te sê, soms kom ons agter verskillende godsdienste bedoel heeltemal verskillende sake wanneer

hulle die woord "God" gebruik.

In baie opsigte is die Bybelse God heeltemal anders as Zeus, Allah of wie ook al. Een hiervan is dat die Bybelse

God tegelyk transendent en immanent is.

Verduidelik wat transendent beteken God is heilig, verhewe, hoog, ontoeganklik vir ons mense, ontsagwekkend

en gebruik Eksodus 19 om dit te illustreer. Tussen Hom en ons is daar 地 afstand, 地 kloof wat vir ons onmoontlik

is om te oorkom. Voor God sy wet, sy reëls vir die lewe, aan sy volk Israel gee, herinner God hulle eers aan sy

transendensie, sy heiligheid, ensovoorts. Hy openbaar Hom op die berg Sinai. Rondom die berg is daar 地 grens

waaroor die Israeliete nie mag gaan nie. Drie keer herinner God sy volk daaraan (vv 12, 21, 22, 23). Nie eens die

priesters mag dié grens oorgesteek het nie. Maar die grens is nie 地 absolute grens nie, en dit is nie berg self wat

heilig is nie. Moses mag op die berg klim en wanneer die ramshoring blaas dit wil sê, wanneer God die pad

oopmaak (v 13) mag die volk die berg uitklim. Maar nie op hulle eie manier en langs hulle eie pad nie.

Die Bybel beklemtoon die heiligheid en transendensie van God op baie plekke. Lees een of twee gedeeltes. Jesaja

7 of Psalm 15 werk baie goed. Ander moontlikhede is Psalm 48, 50, 93 of 99. Al dié Skrifgedeeltes wys duidelik dat

die Bybelse God nie dieselfde wese is as die New Age se "God-in-alles" en "God-in-my" nie. God is transendent,

die Gans Andere. Hy is onkenbaar as Hy Hom nie aan ons kenbaar maak nie. As Hy Hom nie aan ons openbaar

nie.

Maar die Bybel sê ook 地 tweede waarheid oor God waarsonder ons ook nie sou geweet het wie God is nie. Die

Bybelse God is immanent 地 God wat Hom hier op aarde manifesteer en openbaar. Ons lees dit reg van die begin

van die Bybel af, byvoorbeeld in Genesis 15, waar die Here 地 verbond met Abraham sluit deur gebruik te maak van

die gebruik van daardie tyd (die twee partye stap tussen twee rye karkasse deur). In Genesis 18 kom drie manne

Abraham in sy tent besoek, en aan die einde van die gesprek sê die Bybel dat die woordvoerder die Here was. In

dieselfde hoofstuk redekawel Abraham met God soos met 地 sakevennoot. In Eksodus 33, net nadat die wet gegee

is, bou die Israeliete 地 goue kalf en Moses pleit vir hulle by God. Moses ontmoet God in 地 "tent van ontmoeting" (v

7), waar God ten aanskoue van die hele volk met Moses praat "soos 地 man met sy vriend" (v 11). 地 Ander voorbeeld

is die ontmoeting wat Jakob by die Jabbokdrif met God gehad het (Gen 32).

As daar nog tyd is, kan die prediker die volgende gegewens gebruik om sy preek te versterk: In die Ou Testament,

waar die heiligheid en transendensie van God beklemtoon word, openbaar God Hom in minstens vyf gestaltes van

vleeswording: (1) In God se Gees (Gen 1:1): Die Gees het nie eers in die Nuwe Testament gekom nie. Hy was

alreeds daar, maar het gesaghebbende persone (profete, priesters, konings, rigters) vervul of gewone mense met

地 spesiale opdrag (Eks 35:30 Besaleël en Oholiab), maar die Gees was nog net nie op "alle vlees" uitgestort nie.

(2) God se wet is nie net informasie nie, maar God se verteenwoordiging, 地 "draagbare tempel". (3) God se

heerlikheid (sjekina) in die vuurkolom by die kontraksluiting met Abraham (Gen 15), en toe later in die vuurkolom

en wolkkolom by die uittog. (4) God se wysheid word in die Wysheidsliteratuur as 地 persoon (地 vrou) uitgebeeld

(Spr 1-9, veral hfst 9). God is heilig en transendent, maar Hy is ook hier onder ons. Sy wysheid het tot sy volk op

aarde gespreek as 地 aardse openbaring van God.

God se wysheid was God se teenwoordigheid op aarde, 地 teenwoordigheid wat gesien en aangevoel kon word.

Anders as afgode en valse gode, is die God van die Bybel transendent maar ook immanent.

Daarom behoort dit nie vir Israel of vir iemand anders 地 verrassing te wees dat dié God Hom uiteindelik in 地 mens

aan ons kom openbaar het nie die mens Jesus van Nasaret. En geen wonder nie dat Johannes van Jesus praat

as God se Woord aan ons hier op aarde, die Woord wat vlees geword en onder ons kom woon het. Eens op 地 tyd,

sê Johannes, kon niemand God aanskou nie. Hy was te heilig te transendent. Maar dieselfde God laat Hom tog

ook sien. En in Jesus het ons sy ware gesig gesien. Soos Johannes 1:18 sê: "Niemand het God ooit gesien nie. Sy

enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak." Ons het Hom gesien, sy

gesig en sy hart gesien 地 hart vol liefde, waarheid en genade.

Bibliografie

Ferreira, Annelie. Eenmaal iets dappers. Wright, Tom. New tasks for a renewed church.