Eksodus 3: 1-15 (Jan Woest)

29 Augustus 1999

Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Ps 105: 1-6, 23-26, 45c; Rom 12: 9-21; Matt 16: 21-28

 

God hou nie op om mense te oortuig van SY medelye nie, selfs al wil hulle dit nie hoor nie. God se mense betoon daarom medelye al kos dit wat.

Teks

 

As 'n mens die uiters kriptiese roepingsberigte rondom Noag (Gen 6:9-22) en Abram (Gen 12: 1, 4) buite rekening laat, kan met reg beweer word dat hierdie teksdeel die eerste klassieke roepingsverhaal in die Ou Testament is. Die perikoop afbakening van 3:1-15 is 地 feitlik onlosmaakbare deel van die groter tekseenheid wat strek tot by 4:17 waar die hele roepingsgesprek tussen Jahwe en Moses beindig word. Vir 'n verantwoordelike hantering van hierdie eerste 15 verse is dit daarom noodsaaklik dat die hele gesprek en verloop van gebeure gelees en deurlopend in gedagte gehou word.

Verskeie "standaard elemente" van 'n tipiese roepingsverhaal, wat ook afwisselend in die ander roepingsverha1e, in die Bybel voorkom, word vir die eerste keer in hierdie teksdeel aangetref. Dit is naamlik die wonderbaarlike of bonatuurlike teofanie-verskynsel (brandende bos), die dubbele noem van die naam van die geroepene (Moses, Moses), die vreeservaring van die mens in die teenwoordigheid van God (toe word Moses bang), die motivering vir die roeping, die duidelike uitspel van die roepingsopdrag, die huiwering en poging tot verskoning van de mens en die versekering van die teenwoordigheid van en hulp deur die Here, wat almal in hierdie teksdeel voorkom. Hierdie elemente afsonderlik en in samehang met mekaar verdien elkeen noukeurige eksegetiese aandag.

 

Opvallend in die teks is ook die afwisselende gebruik van Jahwe en Elohim as Godsname in kontras met die omskrywende tradisionele naam van die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob en veral ook geheimenisvolle en eintlik onvertaalbare persoonlike- of eienaam, "Ek is" wat in vers 14 genoem word en waaroor daar so baie geskryf en besin is. Indien iets van die geheimenisvolle aard van God self in sy openbaring en roepingsoptrede beklemtoon wil word, kan van die stof wat spesifiek oor vers 14 se verskeie vertalingsmoontlikhede handel, met vrug geraadpleeg word. Ander tekselemente wat ook interessantheidshalwe ondersoek kam word, alhoewel dit nie direkte relevansie vir die skopus van die teksdeel het nie, is die veranderde naam van Moses se skoonpa (vgl Reuel in 2:18 en 2:21 en Jetro in 3:1) en ook die naam van die berg want hierdie beslissende gebeure in die lewens van Moses en later Israel afspeel (vgl. Horeb in 3:1 en Sinai-berg in hoofstuk 19 wanneer die belofte van 3:12 vervul word).

Konteks

Sentrale elemente van hierdie teksdeel wat met die oog op verkondiging ontgin kan word, is onder meer die identiteit en karakter van Jahwe (wat na vore kom in die verrassende styl van sy verskyning, sy handhawing van sy heiligheid, sy bekendstelling van Homself as die God van die aartsvaders, sy besorgdheid oor die ellende van sy volk, sy geduld met Moses en die misterieuse aard van sy Naam wat in verse 14 en 15 genoem word), die reaksies van Moses in sy kontak met Jahwe (aanvanklike nuuskierigheid, sy bangheid vir God se nabyheid, sy minderwaardigheidbesef van homself en sy poging om 地 greep op Jahwe te kry deur sy Naam te vra) en natuurlik die hele aard en sentrale gerigtheid van die verhaal as roepingsberig. Laasgenoemde is trouens ook die fokus wat Burger (Vergesel van die Almagtige pp. 25-32) in sy oordenking oor hierdie teksdeel na vore bring.

 

Ter uitbouing van die homiletiese potensiaal van hierdie teksdeel kan dus literatuur wat handel oor roepingsbesef binne die geloofsverband met vrug geraadpleeg word. In hierdie opsig dink mens onder andere aan Luther, Calvyn en Bonhoeffer se boeiende omskrywings en motiverings van vocatio as 地 sentrale impetus in die gelowige mens se lewe. Ook Brunner se Divine Imperative is in hierdie opsig vermeldenswaardig. 地 Nogal belangrike faset in hierdie verband is die feit dat die Here juis vir Moses roep. Wie Moses op daardie stadium was, 'n man met 'n donker verlede en 'n bra uitsiglose toekoms, het vir Jahwe blykbaar nie saak gemaak nie. God gee nie om wie mense is in terme van hulle eie perspektief nie. Hy weet immers wat sy plan en doel met hierdie onskynlik vasgeloopte skaapwagter se lewe is. Daarom kom ontmoet en roep Hy hom en sodoende kry ons 地 eerste kyk in die styl van Jahwe wanneer Hy direk met 地 bevrydingsaksie begin. 'n Ander aspek van hierdie verhaal wat beslis ook aandag verdien, is die motivering van Jahwe vir sy bemoeienis met Moses en Israel se lewens. Vanaf vers 7 tot vers 10 van die berig word uitgespel dat Jahwe se besorgdheid oor die lot en lyding van Israel aan die hand van die verdrukker, die sentrale motivering vir sy betrokkenheid en optrede is. God word beweeg tot optrede en verlossing vanwe die lyding en ellende van sy mense. Daarom roep en gebruik Hy ook ander mense om in afhanklikheid van en vertroue op Hom by die noodlydendes betrokke te raak.

Preekvoorstel

Om hierdie teksdeel in sy geheel as preekteks te hanteer en ook die verdere teksgedeelte tot by 4:22 te profileer, is dit baie moontlik om daarop te fokus as 'n roepingsberig. 地 Basiese lyn van verkondiging wat gevolg kan word, is dan min of meer die volgende:

 

Inleidend kan gevra word na die koers of doel van die kerk en of na die gelowige mens as koninkryksagent se lewe in die tyd en omstandighede waarin ons tans leef. Die verhaal van Ibsen se Peer Gynt, wat 地 soort altrustiese, selfhandhawende lewe sonder rigting of doel geleef het, (Burger: Vergesel van die Almagtige p.59) kan op aangepaste wyse gebruik word om die belangrikheid van hierdie vraag te laat tuiskom. Die uitgangspunt vir hierdie soort vraag is dat 地 kerk en/of gelowige mens se identiteit ten nouste saamhang met hulle verstaan en ook aanvaarding van hulle roeping voor God.

 

In 'n tweede rondte word die antwoord op hierdie vraag gegee as dat die kerk en gelowiges van huis uit moet verstaan dat God daarvan hou en dit blykbaar deurlopend verkies om te werk deur middel van 'n roeping in mense se lewe. Sy kontak en gesprek met Moses is immers hoofsaaklik daarop gemik om hom tot besef te bring van sy roeping as medewerker in God se heilsplan vir Israel. Vir Israel self het Hy later weer 地 verdere en brer roeping gehad: Om sy heilswil voor die volke te demonstreer.

 

Derdens is dit nodig om die vraag na die motivering van die roeping aan die orde te stel. Hoekom roep God mense as medewerkers? Hoekom gebruik Hy spesifieke mense, het Hy mense nodig? Dit wil voorkom of ons teks en in 地 sin die hele Bybel, hierop net een antwoord het, naamlik die nood en behoefte van ander mense (verse 7 en 9). God sien en weet dat mense swaarkry en seerkry. God neem die nood van mense ter harte. Dit raak Hom diep om mense in ellende en lyding te sien. Daarom roep Hy mense ter wille van ander mense. Omdat Israel in die steengroewe van Egipte gely het, het Hy vir Moses kom roep, omdat Israel telkens onder las van die Filistyne gely het, het Hy die Rigters geroep om bevrydingsaksies te loods, omdat die volk swaar gely het vanwe hulle eie sonde en ongehoorsaamheid, het Hy telkens profete geroep om te vermaan en te oortuig van sy bedoeling, omdat die ganse aarde en sy inwoners sug onder die gebrokenheid as gebrokenheid as gevolg van die sonde het God sy eie Seun geroep tot Middelaar en daarna sy Geesbeheerde kerk tot draer van die evangelie van bevryding. God word telkens deur die nood en gesukkel van mense gemotiveer om ander mense te roep as sy helpers en medewerkers om hierdie nood aan te spreek en mense vry te maak. Wat natuurlik hinder is die vraag : Hoekom wil Moses, gelowige mense en die kerk in die bre baie maal nie hoor en positief reageer wanneer God hulle roep nie? Wat laat mense huiwer en weier om hulle roeping raak te sien, of wanneer hulle dit tog besef, dit te aanvaar en te begin uitvoer? In hierdie lig van die teksdeel en de brer verband kan daar op drie moontlike redes vir hierdie onwilligheid gewys word

 

        Moses, seker alle mense, besef op 地 vlak dat om gehoorsaam te word aan jou roeping nie sommer so maklik is nie. Dit gaan, soos wat Moses later telkens ondervind het, baie maal moeilik en taai wees. 'n Roeping vra baie maal opofferings en meer as net 'n bietjie moeite. Hier is Bonhoeffer sy bekende uitspraak: "If Christ (God) calls a man, He bids him to come and die" toepaslik. Mense voel dit aan en is daarom terughoudend en traag om saam te werk.

        Moses en eintlik maar alle mense, is te veel van hulleself bewus. Ons sien net ons eie gebreke en tekorte raak en s dan gou ek kan nie. Wie is ek nou? Hoe kan ek nou iets beteken of regkry? Hoe kan die Here my gebruik? Nee wat, daar is darem baie beter en bekwamer mense as ek vir hierdie of daardie taak. En daarmee hoop ons om los te kom van ons roepingsverantwoordelikheid en eintlik van Jahwe self.

        Ons word nie gewoonlik diep geraak en geroer deur die nood en swaarkry van ander mense nie. Op 地 manier kan ons mense wat ons sien seerkry en ly, selfs jammer kry sonder om werklik deernis met hulle te h tot op die punt van ontferming oor hulle. 地 Soort afsydige simpatie wat ons weerhou van direkte en persoonlike betrokkenheid is meestal ons reaksie. Daarom is ons traag om die nood van ons mense te erken as roepingsmotiverings.

 

Ten slotte kan God se reaksie op Moses en mense se huiwering en onwil hanteer word. God is anders in sy gesindheid en gerigtheid as ons mense. Daarom het die Here God natuurlik net een antwoord op die huiwering en weiering van mense om hulle roeping te aanvaar. Hy gee aan Moses en aan elke mens wat Hy roep, die belofte en versekering van sy teenwoordigheid en bystand (vers 12). Dit is heeltemal genoeg om mense die moed te gee om te doen waartoe Hy hulle roep, al dink ons baie maal nie so nie. God roep en stuur sy medewerkers nie alleen nie. Per slot van rekening word mense nie geroep en aangestel tot projekbestuurders nie, maar slegs tot medewerkers van die Ingenieur in beheer, die Here God self. Wanneer Moses en ook ons dit hoor en besef en nogtans weier om ons roeping te aanvaar, kom dit eintlik neer op 'n twyfel aan Jahwe se integriteit, op 地 stuk ongeloof in sy belofte van bystand en uiteindelik in Homself as die Here wat in beheer is.