28 Julie 2002

Negende Sondag in Koninkrykstyd

PREEKSTUDIE - GENESIS 29:15-28

Teks

Oriëntering

In Genesis 12-50 word vertel van Abraham, Isak, Jakob en sy seuns. Dié vertellings gaan hoofsaaklik oor enkelinge

en gesinne. Slegs enkele kere sien ons iets van die volkerewêreld, en dan is dit baie vaag omlyn. Daarby word al

die verskillende verhale van hierdie 39 hoofstukke tot 地 eenheid saamgebind deur motiewe soos geloof,

gehoorsaamheid, bedreigings, die verkiesing van die minder geagte en die omskepping van menslike verleenthede

tot 地 geleentheid om 地 bepaalde doel te bereik.

Inhoudelik bestaan hierdie 39 hoofstukke uit drie siklusse: die Abrahamsiklus, die Isaksiklus en die Jakobsiklus.

Isak, wat eintlik net in Genesis 25-27 地 beduidende rol speel, se vrou Rebekka is aanvanklik ook kinderloos soos

Abraham se vrou. Uiteindelik word 地 tweeling, Esau en Jakob, gebore. Die eersgebore Esau is robuust en die

keuse van sy pa, terwyl Jakob weer deur Rebekka bevoordeel word. Tog slaag Jakob daarin om die

eersgeboortereg op 地 sluwe manier te bekom. Met die hulp van Rebekka bedrieg Jakob sy blinde pa vir die

vaderlike seën. Esau sweer wraak en Jakob moet vlug na Rebekka se mense in Haran. Nou begin 地 nuwe siklus

in Genesis 28 waarin Jakob die hoofrol vertolk. Tydens die vlug word die lands- en nageslagbelofte wat aan

Abraham en Isak gemaak is, ook aan hom gemaak. Dit gebeur by Bet-El. By Haran tree hy in diens van sy oom

Laban om sy dogter Ragel as vrou te kan kry. Ná sewe jaar word Lea egter as vrou aan hom gegee en hy moet nog

sewe jaar vir Ragel werk. Hy werk 地 verdere ses jaar om vee te bekom en word ryklik geseën ten spyte van Laban

se naywer. Laban se jaloesie dwing Jakob om met al sy besittings te vlug terug Kanaän toe.

Makrostruktuur

Genesis 12-50 vorm inhoudelik 地 eenheid, want elke nuwe siklus rondom die volgende aartsvader neem reeds 地

aanvang voordat die voorafgaande figuur heeltemal van die toneel verdwyn. Die Abraham- en Jakobsiklusse is

oorheersend in die opset. Die Isaksiklus vervul 地 ondergeskikte funksie deurdat dit die twee groot siklusse aan

mekaar skakel, terwyl die Josefsiklus baie nou met die Jakobsiklus verbind is en die skakel vorm met die uittogvertellingskompleks.

Die volgende skema beeld dit uit:

Abraham Isak Jakob Josef Die uittog

Gen 11-25 Gen 25-27 Gen 27-37 Gen 37-50 Vertellings

Mikrostruktuur

Die Jakobsiklus val uiteen in drie hoofdele. Die begin en die einde van die vertelling speel af in Kanaän met Esau

as die teenparty. Die res van die vertelling speel af buite Kanaän met Laban as die teenparty. Hoofstuk 27, wat

eintlik deel is van die Isaksiklus, is meteens die voorspel tot die Jakobsiklus en vorm dus 地 verbindingskakel. Aan

die einde dien die geslagslys van Esau as die afsluiting van die tydperk van strydende broers en vorm, net soos die

geslagslys van Ismael vroeër, 地 oorgangskakel na die volgende siklus. Ook die twee dele wat binne Kanaän

afspeel, word heg aan mekaar gebind deurdat sowel die vertrek uit Kanaän (28:10-22) as die terugkom na Kanaän

(35:1-15) gekenmerk word deur 地 epifanie (Godsverskyning) by Bet-El waar die nageslags- en landsbelofte herhaal

word. Skematies lyk dit só:

Oorsig

Ons kan Jakob se lewe in vier fases verdeel. Elke fase word gekenmerk deur 地 ontmoeting met God.

In die eerste fase is dit Jakob wat dinge vir homself toe-eien die vaderlike seën en die eersgeboortereg.

In die tweede fase ervaar Jakob die keersy van die lewe. Dit gebeur toe Laban hom bedrieg en manipuleer.

Waar die Jakob van die eerste fase sommer sou geloop het, wag die Jakob van die tweede fase ses jaar op

God se toestemming om te gaan.

In die derde fase hou Jakob weer aan iets vas, maar nou is dit aan God self, by die Jabbokrivier. Vasgedruk

tussen 地 ontevrede skoonpa en 地 wraaksugtige broer, besef hy sy afhanklikheid van God. Dit laat die ou Jakob

sterf.

In die laaste fase van sy lewe hou Jakob nie meer vas nie, maar word hy vasgehou deur God self.

Die motief van die nageslagbelofte is 地 uitbeelding van die mag van God om van die onmoontlike (onvrugbaarheid)

地 moontlikheid (belofte) en 地 werklikheid (地 volk) te maak. Deur allerlei bedreigings heen behou Hy nog die

inisiatief en kan Hy sy beloftes gestand doen. Die landsbelofte word mettertyd die belofte by uitstek en die land die

gawe van God by uitnemendheid. Baie nou verweef met die voorafgaande motiewe is dié van die trou van God.

Wanneer Hy 地 belofte gemaak het, kom Hy dit na, ten spyte van bedreigings en menslike ontrou. Die mens se gehoorsaamheid

en sy vertroue in God word daardeur skerp in fokus gebring. Want, alhoewel God getrou is, word aan

die mens die verantwoordelikheid van gehoorsaamheid, geloof en vertroue toegewys. Von Rad meen dat hierdie

oënskynlik aardse vertelling juis gaan om die soewereiniteit van Jahwe wat, in die proses om sy planne tot

uitvoering te bring, Hom verborge hou en dan tog in 地 gesin ingryp en doen wat ter wille van sy heilsplan gedoen

moet word.

Gaandeweg word die gedagte van die verkiesing van die jongste, die geringste en die minder geagte persoon al

sterker uitgebou. Met die oorgang vanaf die Isaksiklus na die Jakobsiklus kom dié motief al hoe meer op die

voorgrond. Reeds voor die geboorte van Jakob en Esau word daar aangekondig dat die oudste die jongste sal dien.

Brueggemann beskou Genesis 25:23 "die oudste sal die jongste dien" as die beheersende frase, dít waarom

die ganse Jakobverhaal geweef word. Groot dele van die Jakobsiklus vertel hoe hy hierdie ideaal self probeer bereik

het, maar tog moes vind dat dit net God self is wat dit kan verwesenlik. Met hierdie reeks vertellings word die leser

sterk onder die indruk gebring dat die God van Israel se grootheid beklemtoon word deur die nederige verkiesing

van Israel, die nederigste onder die volkere, en 地 heenwyse na die verkiesing van Dawid, die jongste onder sy

broers.

Naas die verkiesing van die geringe persoon word die aandag ook in die Jakob- en Josefsiklusse gevestig op die

foute en tekortkominge, die teleurstellings en die teëspoed van mense. Dié dinge kan nooit God se doel verydel nie.

Paulus verwoord dit pragtig in 1 Korintiërs 1:27-29: "En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die

geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die

wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak. Voor

God het geen mens dus iets om op te roem nie."

Genesis 27

Jakob versus Esau

(binne Kanaän)

Genesis 28

Jakob versus Esau

(binne Kanaän)

Genesis 33-35

Genesis 36

Beloftes

by Bet-El

Beloftes

by Bet-El

Jakob versus Laban

(buite Kanaän)

Genesis 29-32

God is in staat om dié dinge wat vir mense 地 ramp is, juis in sy diens te gebruik. Die bedrog van Jakob, maar ook

die jaloesie van Laban en die wrok van Esau, word alles in diens van God se doel met Jakob gestel. Die doel is die

vorming van 地 volk wat sy God eers in die verlossing uit verdrukking leer ken het. Hierin hoor 地 mens weer eens

die weerklank van die groot koning Dawid wat deur menslike swakhede heen en ten spyte van menslike

tekortkomings nogtans die uitverkore koning van God kon wees.

Hier volg kortliks 地 paar voorbeelde van hoe verskeie persone al oor hierdie gedeelte gepreek het:

Die kuller gekul

In 地 eerste deel word Jakob baie positief geskilder, veral rondom die ooreenkoms met Laban. Jakob doen alles wat

van hom verwag word. Hy het nie 地 bruidskat nie, maar bied aan om te werk. Hy voldoen aan die belofte deur sewe

jaar te werk. Verder word die feit dat Jakob bereid is om nóg sewe bykomende jare te werk gekoppel aan sy opregte

liefde vir Ragel. (Ek het 地 paar preke opgespoor wat hierdie denkrigting volg en dan die teks gebruik vir 地

huweliksteks.)

Laban sien ook die goedheid van Jakob raak deurdat hy sê: "Ek gee haar liewer vir jou as vrou voordat ek haar vir

地 ander man gee." Maar die volgende oomblik kul Laban vir Jakob. "Avaricious men seldom scruple at deceiving

others for the sake of profit. Greed of gain is commonly accompanied by guile of men."

In 地 tweede deel word die slegtheid van Laban geskilder omdat hy die kontrak verbreek het. Jakob vra heel geregverdig

vir sy deel van die kontrak, maar Laban kul hom en hy gee 地 baie swak verskoning die eersgeborene moet

eerste trou. En dan konsentreer die prediker op die reaksie van Jakob. Volgens hom is dit die Christelike manier om

te reageer. Jakob is bereid om weer te werk. Hy stap die ekstra myl. "If Jacob痴 conduct evinced sincere attachment

to Rachel and peaceful disposition towards Laban, it displayed doubtful regard for the law of God." Jakob word dus

geskilder as die kuller wat gekul word, maar dan in die situasie reg optree.

Jakob 地 argetipe van Jesus

地 Ander prediker laat val die klem op die feit dat Jakob bereid is om nog sewe jaar vir Ragel te werk. In 地 eerste

deel dui hy dan aan dat die mens se innerlike dryfkrag enige uiterlike omstandighede kan hanteer en oorwin. Jakob

se liefde vir Ragel was só groot dat geen offer vir hom te groot was nie. Jakob is dan vir hom die argetipe van Jesus

en Ragel die argetipe van die kerk. Soos Jakob bereid was om nog sewe jaar te werk vir Ragel, so het Jesus kans

gesien om te dien tot die dood toe. Sy innerlike dryfkrag die liefde vir sondaarmense het Hom gehelp om uiterlike

omstandighede te oorwin.

Soos Jakob se diens en opoffering die moeite werd was hy het ryk geword en baie kinders gehad so was Jesus

se opofferings ook die moeite werd 地 verlore mensdom is gered. Jakob se liefde vir Ragel droog nie op met

verloop van tyd nie. Dit word nie minder toe die tye moeilik raak of toe hy gekul word nie. Net so is dit ook met Jesus

se liefde. "He has graven us with the nail-prints on His hands."

Die laaste voorbeeld haal ek in Engels aan en ek dink dít is die lyn wat ons eerder moet gebruik as ons hierdie

gedeelte wil verklaar en gebruik.

The consequences of sin

We have noted that one of the consequences of the sin of Jacob痴 deceiving Isaac was his physical and emotional

separation from those he loved. A second consequence is the moral parallel to Newton痴 law of motion: every action

has an equal and opposite reaction. In our Lord痴 words, " all those who take up the sword shall perish by the

sword" (Mt 26:52). Jacob chose to get ahead in life by means of deception. Jacob learned the sad lesson that those

who seek to deceive shall be deceived.

There is one striking difference between the consequences of sin today and those of Jacob. Our sins, like his,

separate us from God now and eternally (eg Psalm 66:18; 2 Thessalonians 1:9; Revelation 20:12-15). However,

while the work of Jacob痴 hands was able to earn him a wife, the works of our hands cannot earn any of God痴

blessings or salvation.

Some may view the events of this chapter as God痴 getting even with Jacob. Others would merely interpret them as

a kind of poetic justice. I prefer to understand them as an evidence of the marvellous grace of God at work in the

life of Jacob. God did not bring these events to pass to punish Jacob, but to instruct him. Punishment has been born

by our Saviour on the cross, but discipline is the corrective training which furthers us on the path leading to godliness

(cf Hebrews 12).

In addition to all of this, Jacob experienced the grace of God in the delay of 14 plus years. It was this delay which

contributed to the preservation of Jacob痴 life by keeping him away from the anger of Esau, who had purposed to

kill him.

Amazingly, the grace of God was manifested in this event by the gift of Leah as a wife to Jacob. This is probably

the last thought to cross our minds, but I believe that it is a defensible position. First, we must acknowledge that, in

the providence of God (and in spite of the deceptiveness of Laban), Leah was Jacob痴 wife. Furthermore, it was

Leah, not Rachel, who became the mother of Judah, who was to be the heir through whom the Messiah would come

(cf 49:8-12). Also it was Levi, a son of Leah, who provided the priestly line in later years. It seems noteworthy that

both Leah and her handmaid had at least twice the number of children as compared to Rachel and her maid (cf

29:31-30:24; 46:15, 18, 22, 25). The firstborn was always to have a double portion; and so it would seem Leah did,

so far as children are concerned.

One final factor remains which evidences the superiority of Leah to Rachel. Rachel dies at an early age, yet she

was the younger sister. When she died, she was buried on the way to Bethlehem (35:19). Yet when Leah died later,

she was buried with Jacob in the cave at Machpelah (49:31). Leah was not a blight to Jacob but a blessing.

Preekvoorstel

Inleiding

Daar het 地 pragtige groot boom in 地 tuin gestaan. Eendag waai die wind 地 baie klein saadjie teen die boom se

stam vas. "Ag," sê die saadjie, "groot boom, jy is so groot en so sterk en jy het die lieflikste koelte. Mag ek maar so

地 klein bietjie hier in jou skadu lê en rus, want ek is al so moeg gewaai deur die wind?" Die boom het baie trots

gevoel en sê toe: "Enige tyd, saadjie, lê solank as wat jy wil." Ná 地 paar dae vra die saadjie: "Kan ek my worteltjies

hier in die grond laat sak en net een van my voelers aan jou anker, want jy is so sterk. Ek is so bang die wind waai

my weer weg."

"Ja," sê die boom. En so stadig maar seker word die plantjie al hoe groter en vou sy voelers al hoe meer

om die boom. Nie lank nie, of die boom raak bekommerd, want die klein saadjie het 地 reuseplant geword en is besig

om hom dood te druk. Dit was 地 indringerplant en het die boom heeltemal verwoes. Die boom het gesterf.

Eerste beweging Jakob (eksplisiet in die teks genoem)

So werk dit ook met sonde in ons lewe. Aanvanklik lyk dit onskuldig, maar later druk dit ons dood. Genesis 29 vertel

vir ons presies só 地 verhaal. Wat gebeur hier? Jakob is nie in die posisie om 地 bruidsprys vir Ragel te betaal nie,

maar hy is so smoorverlief op haar dat hy 地 te hoë prys, sewe jaar arbeid, vir haar aanbied. Was dit dalk hierdie

verliefdheid wat hom ook blind gemaak het vir die feit dat die gesluierde bruid Lea en nie Ragel is nie? Laban se

verskoning dat dit die gebruik was dat die oudste eerste trou (v 26), is maar 地 verdoeseling van sy eie hebsug, want

hy het reeds sy planne gesmee om 地 goeie werker nog langer te behou. Ná sy huweliksweek met Lea trou hy ook

met Ragel, maar moet as bruidsprys nog 地 verdere sewe jaar vir Laban werk.

Laban se bedrog is 地 spieëlbeeld van wat Jakob gedoen het. (1) Toe Esau deur honger gedryf was, het hy hom sy

eersgeboortereg ontneem; toe hy self deur 地 liefdespassie gedryf is, is hy gekul. (2) Hy het sy broer van sy

eersgeboorteseën beroof; self word hy verplig om met die eersgebore suster te trou. (3) Soos hy sy pa Isak in sy

blindheid bedrieg het, so bedrieg sy skoonpa Laban hom terwyl hy self blind van liefde is. Op hierdie manier haal

die verlede Jakob op 地 onverwagte manier in.

Dit laat my dink aan die verhaal van die klassieke motorversamelaar wat op soek was na 地 spesifieke model motor.

Hy sien 地 advertensie van so 地 motor in die koerant vir slegs R1 000. Hy weet dat dit amper verniet is en is redelik

seker dat daar groot fout met die motor moet wees. Hy bel die vrou wat die advertensie geplaas het en sy sê: "Nee,

die motor is in tip-top-kondisie." Nadat hy die motor gesien het, koop die man dit onmiddellik. Sy gewete pla hom

daarna vreeslik en hy sê vir die vrou: "Mevrou, hierdie motor moet baie duurder wees."

"Ja," sê die vrou, "ek weet."

"Maar hoekom verkoop jy dit dan so goedkoop?"

"My man het my gelos en met sy sekretaresse weggeloop. Toe sê hy ek kan alles kry. Ek moet net die motor verkoop

en vir hom die geld stuur. Dit is my plan met die R1 000."

Wanneer ons hierdie storie hoor, kan ons nie anders nie as om lekker te kry. Ek bedoel, dit is mos die ou se

verdiende loon. Dieselfde gevoel kry 地 mens wanneer jy die Jakobverhaal lees. En dit is heeltemal reg, solank dit

net met ander mense gebeur. Solank hulle net hulle verdiende loon kry. Solank ons net nie ons verdiende loon kry

nie, is alles reg. Ons reageer egter so baie soos Jakob. In vers 25 lees ons dat hy woedend is toe hy agterkom dat

sy skoonpa hom bedrieg het. Dit gebeur so dikwels dat ons ontsteld is oor die onreg wat aan ons gedoen word,

maar ons kan so maklik die oë sluit vir die onreg wat ons aan ander doen. Jakob leer hier dat hy nie dubbele

standaarde kan toepas nie. As hy wil hê mense moet hom nie bedrieg nie, moet hy hulle ook nie bedrieg nie.

Daar is die klassieke voorbeeld van die pa wat met sy kind raas omdat sy 地 uitveër by een van die maatjies by die

skool gevat het. Hy het vir haar gesê: "Jy mag nie 地 ander maatjie se uitveër vat nie. Dit is verkeerd en jy sal vreeslik

gestraf word. Moet dit nie doen nie. Pappa sal vir jou een van die werk af bring." Dubbele standaarde by

uitnemendheid.

Kindertyd

Om die boodskap van die vasdraai deur die sonde te verduidelik, kan dit goed wees om hier tyd af te knyp tydens

die diens vir die kinders om dié boodskap simbolies uit te beeld. Roep die kinders vorentoe en roep dan 地 groot,

sterk man ook. Neem garingdraad en bind die man met 地 enkele draadjie vas. Vra die kinders of die garedraadjie

sal hou. Nee dit breek maklik los. Draai nou 地 klomp garingdrade om sy hande. Sal dit hou? Nee. Hy breek dit

nog steeds. Draai dan 地 vreeslike klomp garedrade om die man se hande. Hy is vas, want die garedrade het net

te veel geword.

Verduidelik dat ons baiekeer dink sonde kan ons nie vasvang nie en dat ons eintlik maar kan doen net wat ons wil.

Soos daar so dikwels gespot word dat ons in Suid-Afrika al 地 elfde gebod het: Jy mag maar sonde doen, solank jy

net nie uitgevang word nie. Maar Genesis 29 leer ons dat sonde altyd die manier het om terug te kom. Dit haal jou

wel die een of ander tyd in. Stelselmatig draai dit jou vas en is jy 地 gevangene van die sonde.

Tweede beweging die werking van die Here (implisiet teenwoordig)

Tot dusver is alles in die teks eksplisiet genoem. In die tweede beweging word daar meer gekonsentreer op die

teologie agter die verhaal dít wat implisiet agter die teks lê.

Agter die verhaal weet ons dat God met Jakob op pad is. Jakob is die derde skakel in die ketting van God se plan

om 地 nasie uit Abraham se nageslag voort te bring. Dit gebeur, soos ons so goed hier sien, ondanks en nie danksy

Jakob se lewe nie.

Lees ons die verhaal in Genesis 29 voel dit asof die indringerplant oorgeneem het, asof die drade van die sonde

Jakob só vasgewoel het dat God se planne nie gaan uitwerk nie. Maar dan sien ons dat God getrou is ten spyte

van die mens se ontrou. God se genade word juis duidelik in sy wet. In God se "moenie" sien ons God se bevryding.

Moenie lieg en bedrieg nie. Kap die indringerplant af. God se "moenie" is die byl wat die indringerplant met wortel

en tak uitroei en die boom bevry. God se "moenie" is die skêr wat die garedrade afknip, sodat die sterk man vry kan

wees en met volle oorgawe kan leef. Ons kan so maklik teen al die bedrog vaskyk en dit kan voel asof 地

indringerplant ons asempies begin kortknip, maar God het die antwoord. Hy bly getrou. 地 Beter skêr om die gare

af te knip en 地 beter byl om die indringerplant van die sonde uit te roei as sy Seun Jesus Christus kan jy nie kry

nie. (Die moontlike gebruik van 地 byl en 地 skêr as hulpmiddels tydens die diens spreek seker vanself).

Slot

Nadat daar in die eerste beweging gekonsentreer is op die bedrog, op die sonde wat Jakob ingehaal het, en nadat

daar in die tweede beweging gekonsentreer is op die feit dat God selfs sondige mense in sy diens kan gebruik, kan

daar in die slotwoord gevra word: Wat verwag God van ons?

地 Man het eenkeer verby 地 klomp kinders geloop wat gestaan en klippe gooi het na 地 palmboom. Wat vir hom

interessant was, was dat hoe meer klippe hulle gegooi het hoe meer hulle die kol getref het, hoe meer dadels het

hulle gekry.

Die volgende oomblik het dit hom getref. Net so wil God hê moet ons wees. Hoe meer die wêreld ons met klippe

gooi, hoe meer moet ons vir die wêreld die vrug van die Gees gee. In die konteks van ons gedeelte: Hoe meer ons

bedrieg word, hoe meer moet ons in waarheid en opregtheid leef. God gebruik ons ondanks ons tekortkominge en

foute.

Bibliografie

Deist ea. Van Eden tot Rome. Von Rad. Old Testament Theology. Bible Knowledge Commentary. Matthew Henry痴

Commentary. Woord teen die Lig II/3. Harper痴 Bible Commentary. Gispen, Commentaar op het OT. Keil-Deilitzsch,

Commentary on the Old Testament.