14 Julie 2002

Sewende Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Genesis 25:19-34.

Ander tekste: Psalm 119:105-112; Romeine 8:1-11; Matteus 13:1-9, 18-23.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Introïtuslied

Psalm 100:1, 3/NSG 22.

Votum

Tweede voorstel van basisliturgie:

"Die Here is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie,

sy trou duur van geslag tot geslag.

Gaan sy poorte in met dankliedere,

sy tempel met lofgesange.

Dank Hom.

Prys sy Naam."

Drumpelgebed

Ons almagtige God en hemelse Vader, in die Naam van Jesus Christus wat uit die dood opgestaan en deur wie ons

die lewe ontvang het, kom aanbid ons U vandag. Dankie dat ons deur Jesus Christus vrygekoop is en altyd aan U

behoort. U is ons God en ons is u kinders. Gee ons die woorde en die hartlike oortuiging om u Naam te verheerlik.

Wees ons genadig en skenk ons u vrede. Amen.

Seëngroet

Aan almal van u, u vir wie God liefhet en vir wie Hy geroep het om aan Hom te behoort, genade en vrede vir julle

van God ons Vader en die Here Jesus Christus.

Aanbidding en lofliedere

Gesang 5:1, 3/NSG 10; SOM 4:1-3.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese (na Psalm 119:112)

Geseënd is u Naam, Here ons God. U alleen is waarlik groot en verhewe bo enigiets wat leef en bestaan. U het vir

ons die gawe van u Woord gegee sodat ons daardeur tot wysheid en insig kan kom. Skenk ons nou die werking

van u Heilige Gees sodat u Woord kragtig in ons lewe sal werk en u koninkryk in elkeen van ons opgerig word. Laat

ons u stem hoor in die woorde aan ons wat vandag die evangelie van Jesus Christus verkondig. Laat ons ywerig

daarna streef om die opdragte van Jesus Christus uit te voer tot die einde toe. Amen.

Skriflesing

Genesis 25:19-34.

Prediking

DIENS VAN DIE TAFEL

As antwoord op die Woord van God wat so pas aan ons verkondig is, laat ons nou ons geloof in God Drie-enig voor

Hom, mekaar en die wêreld bely ...

Geloofsbelydenis

Voorbidding

Offergawe

UITSENDING

Sang

Gesang 201/NSG 155.

Bulletin

Lees

Romeine 8:1-11 en sing JSB 2 19:1-4.

Seën

Teks en konteks

Wat eksegetiese keuses en/of probleme betref, bied hierdie perikoop aan die prediker geen ernstige hindernisse

nie. Die grootste uitdaging hier is sonder twyfel om min of meer te probeer bepaal wat die teologiese motief agter

die skryf van hierdie verhaal was. Hieroor verskil die eksegete in baie groot mate.

Iemand soos Gunkel lees die verhaal binne die oeroue motief van die kulturele stryd tussen jagter en herder en dus

hoe vernuf uiteindelik brute krag uitoorlê. Verstaanbaar genoeg sou 地 mens nie hoop om hierin veel van 地

teologiese motief te vind nie.

Westermann meen dat hoofstuk 25:19-34 min of meer die inleiding vorm tot die groter Jakob-Esau-geskiedenis en

dat hierdie gedeelte, saam met die gevolgtrekkings (hfst 35-36), daartoe dien om hoofstukke 25-36 tot 地 soort

familiegeskiedenis te maak. Hierin speel sleutelmotiewe soos dié van vlug-terugkeer en konflik 地 belangrike rol.

Persoonlik vind ek Brueggemann se kommentaar van die grootste waarde. Op sy kenmerkende manier soek hy nie

na 地 motief in die teks of 地 verklaring van die teks wat as 地 soort oorkoepelende antwoord al die vrae onder een

noemer plaas nie, maar laat hy die vrae in die teks vrugbaar op mekaar en veral op die leser inspeel.

Volgens hom val die perikoop in twee dele uiteen: verse 19-28 (die geboorte en die voorgeboortelike misterie wat

die geboorte kenmerk) en verse 29-34 (die stryd en kompetisie tussen die broers). "The two parts juxtapose the

inscrutable power of God with the self-serving cleverness of human desire. We will see that even in the latter, God痴

purposes are at work."

Dit bring 地 mens myns insiens by die teologiese hart van die perikoop. Dit gaan oor die misterie van God se keuse

en die manier waarop hierdie keuse van God konkreet gestalte kry in die lotgevalle, die keuses en ten slotte die

bestemming van sy verkorenes. 地 Sleutelvers is sonder twyfel vers 23, die antwoord van die Here op die vraag van

Rebekka: "Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die

ander, die oudste sal die jongste dien."

Hoewel laasgenoemde vers na Jakob heenwys, sou 地 mens 地 fout maak as jy meen dat dit hier gaan oor 地 drama

waarin Jakob die hoofrol speel. "Een ding staan soos 地 paal bo water, hierdie gedeelte wil nie die lig op Jakob, die

bedrieër, die sondaar, vestig nie, maar op die God van Jakob. Hierdie gedeelte wil egter nie net iets oor God se

modus operandi sê nie, maar dit het iets te sê oor God Self! Immers, dit is die God van Abraham, Isak en Jakob

van wie hier getuig word. Hy is soewerein, Hy besluit wat sal gebeur en dan gebeur dit inderdaad, selfs te midde

van menslike swakheid en bedrog!" (Cook).

PREEKSTUDIE - GENESIS 25:19-34

Miskien moet 地 mens in die hantering hiervan in 地 preek versigtig wees om nie sonder meer na die hele kwessie

van die uitverkiesing te spring nie. (Soos iemand soos Van Selms doen nie.) Behalwe vir die feit dat dit 地 groot mate

van voorspelbaarheid in die preek indra, verword die hantering van die uitverkiesing baie maklik tot 地 stuk

determinisme, wat radikaal vreemd aan hierdie teks staan. Dis juis die erns waarmee die karakters se keuses en

dade bejeën word wat die ruimte skep waarin die keuse van God aan die orde gestel word.

Juis om hierdie rede is die keuse van God nie voorspelbaar nie, is dit 地 verrassing, ja, selfs iets wat aanstoot gee.

Dis alleen in hierdie spanning waarin God se keuse nie die mens se keuse onbelangrik of tot niet maak nie en die

mens se keuse nie God se keuse kan dwarsboom of vernietig nie, waarin die goeie nuus van God se ewige guns

werklik verkondig kan word.

Enkele ander eksegetiese aantekeninge:

Rebekka was met die tweeling se geboorte reeds twintig jaar lank kinderloos. Alhoewel die teks dus net vermeld dat

"Isak tot die Here gebid het", kan 地 mens waarskynlik in die lig van die twintig jaar aanvaar dat Isak meermale gebid

het. Dit gaan in elk geval nie hier oor die kwaliteit of die kwantiteit van Isak se gebede nie, maar dit gaan daaroor

dat die verteller duidelik te kenne wil gee dat die beloftes van God nie deur die natuurlike vrugbaarheid van sy

kinders gedra word nie, maar dat dit deur God self gedra word. "To pray as they must is to know that life is given

as a gift. Sarah and Isaac and all who come after them in this family of promise are children of the gift "

(Brueggemann).

Soos reeds gesê, is dit vers 23 wat die perikoop 地 baie bepaalde teologiese fokus gee. Hier word dit duidelik gestel

dat Rebekka se kinders enersyds bestem is tot 地 besonderse toekoms, maar word dit andersyds ook vasgelê dat

dit God is wat die hierdie toekoms bepaal.

"The oracle is against all conventional wisdom. It makes a profound theological claim. It affirms that we do not live

in a world where all possibilities are kept open and we may choose our posture as we please. It does not deny

freedom. But it requires us to speak also about destiny, about the working of this Other One who will have a voice

in the future. There are some options that are closed and some choices denied this people of God. Jacob had some

freedom. He could stay or go. He could fear or care. But all his freedom is bounded by the choices God has already

made on his behalf" (Brueggemann).

Dit is nie seker wat die naam "Esau" presies beteken nie. Die meeste kommentatore vind daarin, soos die teks

vermeld, die een of ander verwysing na die feit dat hy besonder harig was. Die naam "Jakob" was egter welbekend.

Gewoonlik is dit 地 verkorte vorm van ya<qob-el, oftewel "mag die Here beskerm". Verreweg die meeste kommentatore

aanvaar dat die gebeure rondom Jakob se geboorte daartoe gelei het dat sy ouers hom "Jakob: hy wat die

hakskeen vashou" noem (vgl Wenham, Gispen, Van Selms, ea).

Van dieselfde stam as "hakskeen" kom egter ook 地 werkwoord en twee nomina wat respektiewelik "bedrieg" en

"bedrog" beteken. Dit gaan dus hier om die naamwoord akev ("hakskeen") en die werkwoord akov ("bedrieg").

Laasgenoemde woord word ook in Hosea 12:4 gebruik wanneer daar na die geboorte van Jakob verwys word. Ook

in Jeremia (9:3) vind ons 地 sinspeling op hierdie bedrog van Jakob. Dit bring Zvi Adar daartoe om die gevolgtrekking

te maak dat die naam Jakob nie na "hakskeen" verwys soos gewoonlik aanvaar word nie, maar dat dit eerder na

"bedrog" of dan "bedrieër" verwys.

Daar is verskeie preekvoorbeelde oor hierdie perikoop beskikbaar. Die meeste volg min of meer in die verhaal se

voetspore en ontgin die dramatiese momente in die teks self. Daar is egter een preek dié van Gerd Theissen

wat werklik kreatief en oorspronklik is. Hy neem as teks Genesis 25:19-34 en 27:1-45 en gee dit die titel The

Father痴 longing for Sons: Isaac痴 blessing for shepherds and hunters. Eerder as om iets oor al die preekvoorbeelde

te sê, wil ek graag 地 meer uitgebreide opsomming van Theissen se preek gee.

Hy begin deur te sê dat baie mense vandag die verbrokkeling van gesinne betreur. Wanneer ons die verhaal van

Jakob en Esau lees, kan ons getroos voel: Die gesin was van altyd af 地 onmoontlike soort onderneming. Die een

broer buit die ander skaamteloos uit. 地 Vrou span saam teen haar blinde man. 地 Broer moet vlug om te verhoed

dat hy vermoor word. Wat 地 onmoontlike familie! Tog is dit volkome realisties. Die konflik binne die gesin

verteenwoordig die konflik tussen die volke. Die stryd tussen Jakob en Esau in die baarmoeder is die stryd tussen

volke in Rebekka se liggaam. Net so irrasioneel as wat die stryd tussen embrio痴 in die baarmoeder is, net so

irrasioneel is die stryd tussen volke vandag. Die drama van Jakob en Esau vind oral plaas.

Maar in die Bybel is daar 地 groot belofte uitgespreek oor hierdie onbegryplike familiedrama: die belofte aan

Abraham van land en nageslag 地 belofte nie ten koste van ander volke nie, maar 地 belofte tot seën van ander

volke: "In jou sal al die volke van die aarde geseën wees" (Gen 12:3).

Wanneer ons die verhale van die aartsvaders in die Bybel lees, kry ons dikwels die indruk dat hulle nie eens bewus

is van hierdie seën nie, maar dat hulle bloot gedryf word deur persoonlike gewin. Maar kom ons veronderstel dat

hulle hulle optrede sou wou regverdig in die lig van hierdie seën, wat sou hulle kon sê?

Laat ons by Rebekka begin. Sy sou waarskynlik kon begin deur te sê dat sy weet dat ons haar as 地 geslepe vrou

beskou. Maar sy moes mooi na haar eie gesinsopset kyk. Dit was duidelik dat Esau, die jagter, ook die sterke

veroweraar was. Maar aan hierdie krag was daar ook risiko痴 verbonde. 地 Jagter weet immers dat daar die een dag

oorvloed kan wees en die volgende dag niks. Jakob, as die herder, was die een wat stabiliteit in die gesin gebring

het. Hy was dalk die swakker een, maar hy was die een wat kon sorg. Voorts is dit immers ook die taak van 地 ma

om die swakker een te beskerm. So kan 地 mens sien, Rebekka het maar net gedoen wat sy moes doen.

Volgende aan die beurt is Esau. En dan Jakob. Albei regverdig hulle optrede in die lig van die seën wat hulle moes

wees. Hulle het maar net gedoen wat enigiemand anders in hulle posisie sou gedoen het.

Laaste aan die beurt is Isak. Wat sou hy hierop te sê hê? Hy het immers lank gely onder die feit dat hy nie al twee

sy seuns kon seën nie. Waarom word die seën beperk? Hierdie vraag het reeds aan hom geknaag toe hy die

verkeerde Esau geseën het. Vandag vra hy hom die vraag af: Waarom het ek die veronderstelde Esau geseën met

woorde wat nie eintlik op Esau of Jakob van toepassing is nie? Ek het die jagter geseën met woorde wat eintlik vir

hom niks beteken het nie toe ek gesê het: "God gee aan jou dou uit die hemel, die rykdom van die aarde: koring en

wyn in oorvloed" (27:28).

Dit was geen seën vir 地 jagter nie. Maar dit was ook nie die seën vir 地 herder nie. Dit was 地 seën vir boere. Maar

nou weet ek hoekom ek so 地 seën uitgespreek het. Omdat ek gedroom het van 地 lewe anderkant die stryd tussen

herder en jagter. Nou verstaan ek hoekom ek toegelaat het dat hulle my bedrieg. Dit was my heimlike wens dat die

goeie kwaliteite van albei my seuns in een persoon kon leef. En presies dít is wat ek ervaar het toe Jakob die

gestalte van Esau aangeneem het. "There were two persons in one: Jacob痴 voice and Esau痴 hair, Jacob痴

shrewdness and Esau痴 directness, Jacob痴 culture and Esau痴 natural style. The secret vision of my dreams came

to me. No one deceived me. I allowed myself to by led astray by my own longing, my longing for a son who was

both Esau and Jacob at the same time. I finally allowed myself to be led astray by the promise to Abraham: in you

all the peoples will be blessed: Jacob and Esau, Israel and Edom, the Jews and all the others."

Nou het ons al die stemme uit 地 gebroke familie gehoor. Maar sulke gebroke families kan ook die plek word waar

drome kan groei. Mense hou aan om Isak se droom te droom. En eeue later het een van sy afstammelinge

inderdaad beweer dat hierdie droom vervul is. Paulus skryf aan die Galasiërs: "Dit maak nie saak of iemand Jood

of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle

almal nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God."

Die tragedie van Jakob en Esau is dat in hulle wêreld slegs een die erfgenaam van die belofte kon wees. Maar

Paulus verkondig nou dat almal erfgename kan wees van die belofte en ontvangers van die seën. In en deur Jesus

Christus.

Miskien sal ons vandag wil beswaar aanteken. Hoe kan ek 地 seën vir ander wees? Ek is te oud, te jonk, te onervare,

te leeggetap deur my werk, my omstandighede, ensovoorts.

Maar kyk na Isak. Was hy nie oud en blind nie? En tog het daar 地 seën uit hom voortgekom.

Kyk na Rebekka. Was sy volmaak? Tog het sy 地 seën uitgedeel.

Kyk na Jakob en Esau. Was hulle voorbeelde van goeie broers? Tog was die seën aktief in hulle lewe.

Kyk na die hele gebroke familie. Hulle is almal seergemaak en gekneus. En tog is hulle geseën.

Preekvoorstel

Ek het eenmaal 地 boek gesien met die titel As ek God was Ja, dis inderdaad nogal iets om die verbeelding aan

die gang te sit.

Ek kan nie meer onthou wat die persoon alles sou gedoen het nie, maar ek onthou wel dat hy gemeen het dat hy

darem sou gesorg het dat die Bybel foutloos is, maar veral dat die mense van wie daar geskryf word, meer lyk soos

iemand wat ons graag sou wou wees en nie iemand wat ons nie graag wil wees nie. Hy sê daar is soms iets

skandaligs aan die Bybelverhale. Ek vermoed dat hy dalk na Jakob verwys het.

Hier die geboorte van die tweeling staan ons aan die begin van 地 nuwe era. Abraham is pas dood en die kind

van die belofte, Isak, moet nou pa staan vir die toekoms. Alles is in sekere sin reg vir die voortgang van die belofte,

want Rebekka is van goeie afkoms. Maar dan blyk dit dat ook sy, net soos Sara, kinderloos bly. Dis maar die tweede

geslag van God se volk die volk wat volgens God se belofte aan Abraham die aarde sal vul en soos die eerste

aartsmoeder is ook die tweede een onvrugbaar.

Reeds aan die begin word dit dus vasgelê: in soverre dit die voortbestaan en die groei van God se volk aangaan,

is dit inderdaad God se saak. Israel het nie sy ontstaan aan sy eie vermoë of natuurlike vrugbaarheid te danke nie.

Israel is die skepping van God.

Daarom kan Israel soos die kerk later nooit haar eie toekoms in haar hande neem nie, nooit die toekoms

manipuleer nie. Soos die kerk, ontvang die familie van die belofte die lewe as 地 onverwagte geskenk. En let wel,

nie as die resultaat van enige vermoë tot selfonderskeiding nie, maar bloot as die resultaat van gebed. Die belofte

word gedra deur gebed.

Rebekka word swanger. Die swangerskap is 地 gawe, 地 geskenk van God self. Maar Rebekka kom gou agter dat

daar iets buitengewoons aan die gang is. Ten spyte van die feit dat dit so 地 spesiale swangerskap is, ten spyte van

die feit dat dit hier oor kinders gaan wat as 地 gebedsgeskenk die eerste lig sal sien, kinders wat deur God ten

aansien geroep word, word dit duidelik dat hierdie gawe in konflik ontvang sal word. Op Rebekka se navraag

ontvang sy die antwoord: "Daar is twee nasies in jou, twee volke sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees

as die ander."

Nog voordat die kinders gebore word, blyk dit dat hulle geroep is vir totaal uiteenlopende bestemmings. Soos elders

in die Bybel en ook in die voortgang van hierdie verhaal, keer God die persepsies van hoe Hy te werk gaan mooi

op hulle kop. Want sou 地 mens nie verwag dat sulke spesiale kinders, kinders met so 地 genadige ontvangs, 地 lewe

sonder konflik en konfrontasie sou hê nie?

Maar dalk selfs nog meer verrassend as die konflik wat reeds voor die geboorte vasgelê is, is die verrassende

wending wat God se openbaring bring: Nie alleen sal hulle in konflik lewe nie, maar die oudste sal die jongste dien.

In ons ore meer as 2 000 jaar later klink dit nie so vreemd nie, maar binne die konteks van Ou Israel was dit 地 uiters

vreemde ding. Die wet van die eersgeborene is naamlik 地 baie ou en gevestigde wet (vgl Deut 21:15-17).

In die antieke wêreld het die oudste die natuurlike gawes ontvang. Die jongste kon op geen natuurlike reg aanspraak

maak nie. Daarom het die jongste in hierdie wêreld hom dikwels langs die weduwees, die wese en die

vreemdelinge bevind.

地 Mens kan hulle geboorte waarskynlik op meer as een manier lees. Jakob se gryp na Esau se hakskeen kan reeds

地 voorafskaduwing wees dat hierdie gevestigde orde bevraagteken gaan word. 地 Mens kan egter ook daarin iets

lees van Jakob se natuurlike posisie: by die hakskeen van sy broer. Gebore om in die skaduwee van sy broer te

leef. Dis asof Jakob sy broer nodig het om hom in hierdie wêreld in te lei, te begelei.

Maar Jakob aanvaar nie hierdie lot nie. Die reg wat hy nie deur sy geboorte kon verwerf het nie, "koop" hy later deur

地 slim en geslepe plan van sy broer met 地 pot lensiesop. En sodoende, in plaas van Abraham, Isak en Esau,

word die aartsvaders, ons geloofsvoorvaders, Abraham, Isak en Jakob.

地 Mens word bewus van 地 uiters groot verskil tussen die verhale van Abraham en dié van Jakob. Waar Abraham

se lewe gekenmerk is deur sy noue en intieme kontak met God, word Jakob s地 van die begin af gekenmerk deur

sy stryd met mense. Waar Abraham in gehoorsaamheid wag op God se opdragte, word Jakob gedryf deur sy eie

ondernemingsgees.

Abram, die natuurlike naam van die eerste aartsvader, beteken iets soos "verhewe vader". Jakob, die derde

aartsvader, se naam beteken "misleier", "bedrieër".

Dit bring 地 mens by een van die groot misteries van die Bybel. Dit bring ons naby aan die hart van hierdie verhaal.

En die hart van die verhaal vertolk op 地 misterieus wonderlike manier iets van die hart van God se handelinge, iets

van God se roeping, sy verkiesing, sy heilsplan.

Dit vertel ons iets wat ons gereeld hoor, maar oënskynlik nooit verstaan nie. Dit vertel ons iets wat ons wens, maar

oënskynlik nooit geglo kry nie.

Dit vertel ons iets van dít wat Paulus later niks minder nie as die skandalige van God genoem het. Skandalig omdat

die beeld van God wat ons hier kry so totaal anders is as die beelde wat ons van God maak. Die gesnede beelde,

die afgodsbeelde waarin ons so graag ook die God van Abraham, Isak en Jakob wil laat pas.

Hierdie God wat "skandalig" is daarin dat Hy nog voor die geboorte vir Jakob kan kies. Die God wat "skandalig" is

daarin dat Hy uit die volke vir Hom alleen een volk kies. Die God wat "skandalig" is daarin dat Hy vir Abel die

asempie kies en nie die eersgebore, sterke Kain nie. Die God wat "skandalig" is daarin dat Hy die misleier Jakob

kies, eerder as die onafhanklike Esau. Die God wat "skandalig" is daarin dat Hy die owerspelige Dawid, die

moordenaar, die eerste messiaanse koning maak. Die God wat laastens en veral "skandalig" is daarin dat Hy

Homself aan 地 gekultiveerde wêreld openbaar in 地 mens wat in 地 stal gebore word. En die eintlike skande: dat die

verlossing kom deur 地 Man van smarte, 地 man wat aan 地 kruis sterf.

Dit is duidelik in Israel se verstaan van hierdie verhaal van Esau en Jakob dat hulle reeds van die eerste oomblikke

van hierdie tweeling se geboorte gesien het dat dit hier nie soseer om twee mense gaan nie, maar dat dit oor die

mensheid gaan toegespits op die Godsvolk en die volke, die verkorenes en die vreemdelinge.

En by die mensheid gaan dit oor twee maniere van glo en leef. Dit gaan oor die een wat die wêreld tem en verower

(Kain) en die slagoffer (Abel). Dit gaan oor die een wat gedryf word deur sy eie onmiddellike behoeftes (Esau) en

die een wat na meer, na die toekoms van God aspireer (Jakob). Dit gaan oor die mens wat sê: "Laat ons eet en

drink, want môre sterf ons" en die mens wat lewe in die hoop op God se nuwe wêreld. Dit gaan oor die keuse vir 地

lewe waarin God oorbodig is of 地 lewe waarin God nodig is.

Maar anders as wat ons gewoond is om daaraan te dink, lê hierdie onderskeiding nie in morele kategorieë van goed

of sleg of reg of verkeerd nie. Die geloof verdeel nie die wêreld in edel en aaklig, beskaaf en onbeskaaf, wonderlik

en sleg nie. Jakob is geen toonbeeld van 地 vroom lewe nie. Jakob word nie in die Bybel geteken of deur Israel

onthou vir sy wonderlike lewe nie. Inteendeel. Hy word onthou as die misleier, as die bedrieër. Jakob en Esau staan

nie teenoor mekaar as goed en sleg nie, bloot as die sluwe en die ruwe (Ter Linde).

Dit is belangrik om daarop te let dat Esau nooit in hierdie verhaal geoordeel of veroordeel word nie. Net so belangrik

is dit om daarop te let dat Jakob nooit verheerlik word nie.

Verkiesing beteken nie verheerliking nie. Net soos nieverkiesing nie veroordeling beteken nie.

Ons word nie deur God verkies omdat ons gelukkiger as ander is nie; ook nie om ons gelukkiger as ander te maak

nie. Ons word nie deur God verkies omdat ons beter as ander is nie; ook nie om ons beter as ander te maak nie.

Dit is duidelik dat die Bybelskrywer geen moeite doen om Jakob se beeld te poets nie. Nóg Jakob nóg Esau dwing

bewondering af. Dis duidelik dat die skrywer se simpatie meer by Isak en Esau lê as by Jakob en sy ma. Maar tog

word Jakob deur God gekies. Tog word Jakob ons geloofsvoorvader.

Hierin lê die diepste wese van die evangelie. Hierin lê ons hoop. Want as ons hier bymekaar is as die volk van God,

die bruid van Christus, dan weet ons dat ons nie anders as Jakob is nie.

Jakob is deel van ons. Ons ken Jakob wanneer ons in die spieël kyk. Ons herken hom in ons optrede. Ons sien

hom in ons planne.

Maar die Bybel sê vir ons nog iets van Jakob. Jakob is ook by God. Hierdie einste Jakob. Die misleier. Hy behoort

aan God. Sterker nog: hy is die uitverkorene van God, die draer van God se belofte, van God se seën.

Ons het nie meer as Jakob om aan God te bied nie. Dalk nog selfs heelwat minder. En tog het God aan ons alles

geskenk wat Hy aan Jakob gegee het. Nee, méér nog. Want Jakob het alleen God se seën ontvang. Ons het sy

Seun gekry. Jakob het die belofte ontvang. Ons het Hom ontvang wat belowe is.

Dít is die evangelie. Die skande van God.

Bibliografie

Adar, Z. The book of Genesis. Brueggemann. Genesis (Interpretation). Cook, J & Burger, C. Woord teen die Lig II/3:

Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale. Ter Linden, N. Het verhaal gaat . Theissen, G. Signs of life: sermons

& meditations.