30 Junie 2002

Vyfde Sondag in Koninkrykstyd

PREEKSTUDIE - GENESIS 22:1-14

Teks

Von Rad beskou hierdie verhaal as die bes afgeronde vertelling van al die aartsvaderverhale. Brueggemann is van

mening dat hierdie verhaal in baie opsigte die einde van die Abrahamverhaal is. Ná hierdie hoofstuk tree daar 地

soort ontspanning in. Dit is inderdaad so wanneer ons in gedagte hou dat die verhaal van Abraham eintlik konstante

spanning bevat. Hoewel die verhaal se verband met die voorafgaande verhale ietwat los is, is dis ook onmoontlik

om nie die pad wat God tot dusver met Abraham gestap het, in hierdie verhaal te verreken nie. Dit is so dat Abraham

sekerlik hier aan die strafste toets vir die gehoorsaamheid aan God blootgestel word. Die hele Abrahamverhaal is

egter een van toetsing. Vir 地 baie goeie bespreking oor die gedagte van toetsing kan Von Rad se kommentaar op

Genesis geraadpleeg word. Hy wys daarop dat dit nie 地 nuwe gedagte in die aartsvaderverhale is nie (12:1ev;

12:10 ev; 18:1 ev). Hy moes sy land verlaat en moes God se beloftes ernstig neem toe daar fisiek geen moontlikheid

van 地 nageslag was nie. Daarom het hy soms in twyfel verval en soms selfs die Here se woord geminag deur te

lieg (Gen 12:10-20; 15). Soms het hy en Sara hulle eie planne gemaak (Gen 16) en soms was God se belofte belaglik

en niks meer as 地 grap nie (Gen 17 en 18). Op 地 keer moes Abraham selfs sy geliefde kind laat gaan omdat

sy vrou nie vrede gehad het daaroor dat daar nog 地 moontlike erfgenaam kon wees nie (Gen 21). Maar nou is dit

die ergste toets vir sy geloof. Die Here se opdrag om Isak te offer is die terugkeer na onvrugbaarheid (Brueggemann):

"The entire pilgrimage from 11:30 has been for nought. Abraham has trusted the promise fully. Now the

promise is to be abrogated." Die verhaal word geskryf deur iemand "who has felt the horror in every fibre of his

being" (Hirsch). Kidner skryf: "The test, instead of breaking him, brings him to the summit of his lifelong walk with

God." En Brueggemann sê: "Only now we see how serious faith is."

Genesis 22:1-2: Die inleidende vers van hierdie gedeelte gee reeds die storie weg. Dit gaan oor 地 geloofstoets.

God is in die sinskonstruksie baie prominent. Dit gaan oor beproewing deur God: "Abraham痴 trust was to be

weighed in the balance against common sense, human affection, and lifelong ambition; in fact against everything

earthly" (Kidner).

Dit nie korrek om te beweer dat God nie sy eie opdrag baie ernstig opneem omdat Hy die uitkoms sou gee nie.

Brueggemann staan 地 afdeling af aan die skynbare paradoks tussen toetsing en voorsiening. In Genesis 22:1 is

God die Een wat toets, terwyl Genesis 22:14 Hom voorstel as die Een wat voorsien. Volgens Luther bring dit God

in konflik met Homself. Hierdie saak sal in groter detail onder Konteks bespreek word.

Vir Abraham is die toetsing 地 doodsaak. Die Duitsers praat van Anfechtung. Hierdie tweevoudige karakter van die

verhaal speel die hele tyd op mekaar in (Von Rad). Von Rad sê: "For Abraham, God痴 command is completely

incomprehensible: the child, given by God after long delay, the only link that can lead to the promised greatness of

Abraham痴 seed (ch 15:4f) is to be given back to God in sacrifice. Abraham had to cut himself off from his whole

past in ch 12:1 f.; now he must give up his whole future." Luther is van mening dat hierdie toets veel erger is as die

versoekings wat uit die vlees opkom of deur die duiwel oor ons pad gestuur word.

Sommige verklaarders maak iets daarvan dat godsdienste rondom Israel moontlik kinderoffers gebring het. As

heidense gode dit van hulle navolgers vereis het, sou dit dalk ook vir Abraham 地 versoeking kon word om sy lojaliteit

aan God te betoon. Dit gaan egter nie in hierdie verhaal om dit wat Jahwe wil hê of nie wil hê nie. Dit gaan eerder

om 地 geloofstoets wat die Hére aan Abraham stel, nie om iets wat Abraham van sy kant af doen om God te beïndruk

nie: "Hirsch has correctly seen that over against this total divine sovereign right, anything Promethean on man痴 side

is totally lacking" (Von Rad).

Genesis 22:3-4: Die uiters stadige tempo wat in die verhaal oorheersend word in verse 3-8 is opvallend. Die

spanning laai al hoe meer op. Abraham se sorg vir sy seun word gesien. Hy dra die gevaarlike voorwerpe. Die seun

verbreek die stilte. Abraham beweeg op God se bevel. Die verwysing na drie dae is waarskynlik om die "spanning

uit te rek" en om die volgehoue geloof van Abraham te beklemtoon. Luther is van mening dat hierdie spanning wat

oplaai so erg is dat hy dit byna nie kan uithou nie: "I could not have been a spectator, let alone a participant or the

executioner."

Genesis 22:8: Hierdie woorde van Abraham word deur kommentatore as een van die belangrikste uitsprake in

hierdie verhaal gesien. Dit staan tussen die toets wat in vers 2 aangelê word en die uiteindelike doel van God met

die toets, wat in vers 12 uitgespreek word. Volgens Brueggemann beweeg die verhaal hier van 地 probleem na 地

oplossing. Dit sê iets van die antwoord van Abraham op die toets van God. Dit is duidelik dat Abraham met hierdie

"oop" uitspraak uiteindelik toon dat hy glo. Indien 地 mens die uitspraak van God in vers 12 in ag neem, is Abraham

se uitspraak reeds in vers 8 地 aanduiding dat hy die toets van God "geslaag" het. Brueggemann sê: "Between the

two statements of divine inscrutability stands verse 8, offering the deepest mystery of human faith and pathos." En

Kidner sê: "His complete certainty of God, together with complete openness as to detail, makes this a model reply

to an agonizing question." Hy weet nie wat hierdie voorsiening sal behels nie, maar wéét dat die beloftes wat God

gemaak het, God se beloftes is en dat Hy die alleenreg het om daarmee te handel. Met hierdie uitspraak word die

eerste gebod duidelik onderstreep: naas God is daar niemand anders wat gedien mag word nie!

Konteks

Von Rad se meditasie oor hierdie gedeelte bevat, saam met die kommentaar van Brueggemann, die aksente wat

ons in die prediking aan die orde kan stel. Dit gaan hierdie verhaal beslis om 地 radikale toets van gehoorsaamheid.

God is totaal vry om te gee en te vra (Von Rad). Omdat ons die verhaal baie goed ken, is die beproewing van

Abraham nie vir ons te ernstig nie, aangesien ons weet dat daar uitkoms is. Brueggemann benadruk egter dat die

opbou van die verhaal duidelik veronderstel dat God regtig nie geweet het wat Abraham se reaksie sou wees nie.

Vir God is dit geen spel nie. Dit is 地 saak van dodelike erns. Daarom is vers 12 van uiterste belang: "Nou weet ek

dat jy My dien " Dit veronderstel dat God dit nie geweet het nie: "He did not know. Now he knows. The narrative

will not be understood if it is taken as a flat event of 奏esting. It can only be understood if it is seen to be a genuine

movement in the history between Yahweh and Abraham. The movement is from 奏ake (v. 2) to 惣ou have not

withheld (v. 12), and from 奏est (v. 2) to 地ow I know (v. 12)."

Volgens Von Rad is daar veral drie gedagtes wat in die prediking aandag moet kry:

die gawe van die belofte is God se gawe;

binne hierdie konteks word Abraham getoets, en

die doel van die toets is om te bepaal of hy God waarlik dien.

Von Rad beklemtoon dat ons nie moet dink dat dit God se bedoeling is om sy belofte aan Abraham te onttrek nie.

Van die begin van die verhaal af is dit nie op die tafel nie: "Abraham is confronted with the question of whether he

actually understands the promise as a pure gift of God and thus as something to which he has no legal right, no

human claim. The story gives confirmation of the absolute gift character of the promise (similarly Gen. 48:8-14). God

wills that none of his gifts should become for us an assured possession, least of all the gifts of his promise. Still

another implication immediately follows from this reflection: once Isaac was thus placed on the altar and given back

to God. He remains God痴 possession in a very special sense."

地 Belangrike aksent wat Von Rad lê, en wat nie eintlik in preke oor hierdie gedeelte aangetref word nie, is dat die

lewe van mense wat in Christus se dood gedoop is, konstant in die teken daarvan staan dat 地 mens van die belofte

moet afstand doen. Ons lewe is en bly iets wat God skenk. Alle beloftes bly God se beloftes en is nie iets wat ons

besit of waaroor ons beskik nie. Elke keer wanneer ons in moeilike tye verkeer en God op 地 afstand voel, is God

besig om te toets of ons dit verstaan. Maar dan kan slegs God hierdie beproewings beëindig: "This is true of the

community just as it is true of the life of the individual, which through experiences of being tried and being comforted

is ever more and more being thrown upon God and committed to his grace."

Calvyn sê dat dit soms selfs goed is as gelowiges gekwel word deur die boosheid van hulle vroue of verneder word

deur slegte kinders of getref word deur die verlies van dierbares, sodat hulle nie alte veel onnodige vermaak sal hê

in die aangenaamhede van die huwelik nie want laasgenoemde kan daartoe lei dat hulle aandag van die

toekomstige eeu (en dus van Christus) afgetrek word.

Brueggemann wy 地 lang bespreking aan die hele gedagte van beproewing of toetsing. Hy benadruk dat toetsing

van geloof onnodig is in godsdienste waar daar verdraagsaamheid is met betrekking tot ander gode. Die werklike

moeilike tye in die geskiedenis van Israel was altyd dié tye toe dit vir hulle aantreklik was om alternatiewe en

"makliker" gode as die ware God te dien. Wanneer God ons toets of beproef, is dit om te bepaal of dit wat ons sê

ons glo, naamlik dat ons geloof slegs op God gebou is, werklik waar is. Dat geloof getoets word, is 地 algemeen-

Christelike gedagte (Mark 13:9-13; 1 Pet 1:7; 2 Pet 2:9): "God tests to identify his people, to discern who is serious

about faith and to know in whose lives he will be fully God" (Brueggemann).

Coenie Burger se preek oor Genesis 22 is 地 groot hulp om die gedagtes hier bo te orden. Sy preek begin met die

punt dat mense weens die bekendheid van die verhaal nie meer die skrikwekkendheid daarvan begryp nie. Hy

verwys dan na twee legendes uit die Joodse literatuur wat ons help om weer die erns van dié gebeure te verstaan.

Die een legende vertel die verhaal vanuit Isak se hoek. Hy het nooit oor die kinderervaring gekom nie: "En daardie

kyk in sy pa se oë kon Isak ná die tyd nooit vergeet nie. Dikwels, jare daarna nog, as hy na sy pa gekyk het, was

sy knieë weer lam en het dit vir hom gevoel of hy naar word." In die tweede Joodse legende is Sara die hooffiguur.

Sy het nie geweet wat sou gebeur nie: "Toe Abraham egter terugkom by die huis en vir haar vertel wat byna met

hul kind gebeur het, het sy ses keer gegil en toe gesterf. 地 Ma!"

Maar dié legendes is nie die werklikheid nie. Die werklikheid is eintlik nog erger. Burger noem drie vlakke waarop

ons die verhaal kan verstaan. Eerstens verstaan ons almal wat kinders het die emosie van die moontlike verlies van

地 kind. Op 地 tweede vlak moet ons verstaan dat Isak al kind was wat hulle gehad het. 地 Mens kan verstaan dat

die Here soms van jou vra om van sondige dinge afstand te doen, maar met Isak was dit anders. Hy was God se

gawe. Dit bring ons by die derde vlak van verstaan. Isak was baie meer as net 地 enigste bloedkind. Hy was die kind

in wie die nageslagbelofte vervul is. Sonder hom sou daar nie seën na die nasies vloei nie. Hier konsentreer Burger

op die skynbare paradoks van God se gawe en eis en dat Hy in wese met Homself in stryd kom. Dit is Abraham se

grootste krisis. Dit is die toets. Hier steun Burger baie sterk op die gedagte van Von Rad: "Isaac is the gift of promise;

contained in him is all the blessing which God had promised to give to Abraham. Thus it is by no means only a case

of something natural, even though the story has to do with the offering of an only son; instead, it is a matter of

questioning every reassuring content of faith, or at any rate a certomen spirituale (Calvin: a 壮piritual struggle), that

is, God痴 conflict with his own promise."

Volgens Burger is dit vir Christene wat deur hierdie toetsfases in hulle geloof moet gaan 地 troos om te weet dat

ander soos Abraham ook hierdeur moes gaan. Ná Christus weet ons darem ook meer van God se bedoelinge

as Abraham. Maar dit maak die toetse nie noodwendig makliker of die vrae is ons hart minder nie. Hoewel finale

antwoorde op beproewing nie altyd daar is nie, glo Burger dat Genesis 22 oor 地 paar perspektiewe beskik wat ons

kan help:

Een is "dat die Here, ter wille van sy heilsplan, moes seker maak dat Isak nie té 地 sentrale plek in Abraham se

lewe begin inneem het nie. Soms gebeur dit met ons ook dat ons bepaalde gawes en stukkies genade so aangryp

dat ons skoon vergeet dat dit maar deel is van die pad saam met God". Die verhaal wil ons onder meer

"herinner hoe maklik dit kan gebeur dat God se gawes in ons lewe so uitgroei in belangrikheid dat dit later vir

ons belangriker word as God self ... Die Here moes seker maak van Abraham."

地 Tweede perspektief bring Burger in verband met Hebreërs 11:17-19. Die indruk wat die skrywer van Hebreërs

wek, is dat die kind wel geoffer is. Omdat hulle in hulle harte hulle seun aan God teruggegee het, was hulle

verhouding met hom nooit weer soos dit voorheen was nie. Net soos Isak nooit weer dieselfde na sy pa kon kyk

nie (alias die legende), kon Abraham ook nooit weer dieselfde na Isak kyk nie. Hy het besef dat hierdie kind

altyd God se kind sal wees. "Hy het geleer dat die gawes van God nie belangriker mag wees as God self nie."

Met verwysing na Paulus se gedagtes in 1 Korintiërs 7:29 en volgende verse sê Burger: "Dit kan gebeur dat ons

dit wat God aan ons leen gawes, geliefde mense, voorregte, geleenthede; eintlik alles wat ons is en het vir

ons begin toe-eien, dat ons later daaroor as ons eiendom begin dink, dat ons dit sien as iets wat ons toekom

en voor jy jou kom kry, praat en dink jy so oor die dinge wat God aan jou geleen het. Daarom is dit nodig dat

die Here soms aan dié goed kom pluk, dit 地 tyd lank onttrek aan ons lewe ..."

Burger sluit die preek af met die vraag hoe 地 mens hierdie toets oorleef. Die antwoord lê in Genesis 22:8, naamlik

dat God self sy offerlam sal voorsien. Op die berg van die Here, Moria, het die Here inderdaad die offerlam gegee.

Burger sê dan: "Hy is 地 God wat kyk na sy kinders ... Oor die jare het Abraham die geleer: hierdie God is 地 God

van sy Woord ... As Nuwe-Testamentiese Christene weet ons dit natuurlik nog beter as Abraham. ... Op 地 ander

berg, op Golgota, het ons gesien dat God in sy voorsiening selfs nog verder gaan as op Moria. Daar het God finaal

voorsiening gemaak vir al die asse en dalks en sê nous van die lewe so dit het Hom meer gekos as wat Hy nog

ooit van enige mens gevra het. Juis daarin, in die feit dat Hy self bereid was om te doen wat Hy Abraham in die

laaste oomblik gespaar het, naamlik om sy Seun in die dood te gee, sien ons sy liefde op die helderste blink. Sodat

ons ook nou kan weet: die lewe is nie altyd maklik nie; soms is daar snaakse draaie in die pad ook vir kinders van

die Here. Maar op die berg van die Here, dit kan ons weet, sal daar altyd voorsien word."

Preekvoorstel

地 Mens wonder wat miskien in Abraham se gedagtes aangegaan het op pad Moria toe. Hy beleef die donker kant

van God. Die woorde van Steinthal is aangrypend: "It would be a hopeless task for any of the greatest poets in world

literature, from Aeschylus to Shakespeare and Goethe to imagine what Abraham and Isaac [said] to each other as

they were walking together to the place where the father would sacrifice the son." Hy bevind hom in 地 tonnel van

Godsverduistering, want God self tree anders op as wat Hy belowe het. God vra terug wat Hy gegee het. God krap

地 kruis deur wat Hy belowe het. God vra nie net sy kind, sy enigste, sy liefling nie. God vra die ganse toekoms en

hoop wat Hy aan Abraham gegee het (Gen 12:2, 3; 15:1-5; 17:15-17, 19, 20). Die radikaliteit van God se toets kan

hier ingekleur word. Die gedagtes van Von Rad, Brueggemann, Calvyn en Luther oor die feit dat God teen sy eie

beloftes ingaan, kan hier benut word. Ook Luther se gedagte dat niks teen hierdie beproewing opweeg nie, is

waardevol.

Ná God se belofte in Genesis 12 wag Abraham vir 25 jaar op die vervulling van die belofte. En nou dít! Raak dit nie

nou te veel nie? Calvyn skryf na aanleiding van Genesis 22: "Abraham moes die genadebrief eiehandig verskeur

en in die vuur werp. Niks behalwe dood en hel moes in hom agtergebly het nie. Sy siel moes grusaam geskud

gewees het en swaar geskok gevoel het toe Hy met God self en met sy Woord in konflik kom en hy die hoop en die

seën moes begrawe." Abraham sou kon vra: Bedoel God dit ernstig met my? Alles waarvoor Abraham geleef het,

was verniet. Von Rad skryf treffend: Abraham moes hom van sy hele verlede afsny (Gen 12). Nou moes hy sy hele

toekoms opgee.

En tog lees ons ná die opdrag van God in vers 3: Hy het gegaan. Is dit onrealisties? Het Abraham dit nie hier te ver

geneem nie? Was Bertrand Russell nie reg nie toe hy gesê het dat die hele gedagte om jou lewe weg te gooi in

diens van Christus, selfbelediging is? Nietzsche het gesê dat hierdie lewenswyse 地 drang na die dood verraai, 地

weiering van lewe self is.

Hoekom kon Abraham dit doen? Die gehoorsaamheid van Abraham was nie natuurlik nie. Dit is gebore uit die

manier waarop God Hom aan Abraham geopenbaar het. God het Hom geopenbaar as Een wat sy woord hou.

Anders gestel, die getroue God wat die onmoontlike moontlik maak. God is die Een wat by pensioen nuwe toekoms

gee (Gen 12:2, 3). Hy is die God wat van 地 grap 地 buitengewone belofte maak (17:17; 18:13-15).

Wat gebeur wanneer 地 mens God só leer ken? Wat gebeur wanneer God Hom só aan jou openbaar? Abraham het

deur God se betrokkenheid by hom 地 visie op God gekry wat hom in staat gestel het om te sê: Die Here sal

voorsien. Die Here sal sorg. Dit het hom geleer glo. Dit het hom geleer gehoorsaam wees. Dit het hom, in stryd met

God, aan God laat vashou (Kierkegaard). God se betrokkenheid by hom het Abraham laat glo dat God die

onmoontlike moontlik sal maak (Heb 11:11, 17-19). Luther sê: 地 Christen is soos 地 held wat met die louter

onmoontlike omgaan. Dis om God om sy hals te val. Abraham het by God geleer dat God se toekoms en beloftes

sy beloftes is en dat Abraham nie self daaroor beskik nie. Daarom hang hy nie sy hart aan sy toekomsdrome, die

beloftes van God of sy nageslag op nie. Hy hang sy hart aan die God van die belofte op. Daarom kan hy sy seun,

sy toekoms, sy belofte aan God teruggee. Daarom: in die stikdonker tonnel waarin alles sinloos lyk, sien Hy vir God.

Daar kan hy sê: "My kind ... die Here sal voorsien."

Abraham is op 地 punt waar hy weer van voor af moes leer dat God alleen aan hom sekuriteit gee. Dit is net soos

die keer in Genesis 12 toe hy die eerste maal sy sekuriteite prysgegee het. Vandat Hy die eerste maal ja gesê het,

moes hy leer om altyd ja te sê vir God se visie. Daar was ook Abraham se mislukkings en twyfel (Gen 10 en 15).

Maar nou is hy op pad met die woorde: Die Here sal voorsien. Abraham het iets verstaan wat Jesus later sou sê:

"Hy wat sy pa of ma liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat sy seun of dogter liewer het

as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie" (Matt 10:37-39). Abraham het verstaan wat ons in Eksodus 20:4-

5 lees. Hy dien God met onverdeelde trou, stel sy wil en koninkryk eerste. Abraham sou kon gaan op die belofte

van God en sê: "Wat doen U nou?" Hy sou die Here seker daaraan kon herinner, maar hy loop God se pad.

Wanneer God Hom aan jou openbaar as die God wat altyd die toekoms in sy hand het, steek dit 地 vuur in jou hart

aan die brand. Dan dien jy Hom met onverdeelde trou. Dan stel jy sy koninkryk eerste.

God sal ons nie vra om ons seun of dogter fisiek te offer nie. Dié verhaal wil eerder 地 ander punt maak. Uit die

staanspoor is dit duidelik dat die verhaal 地 toets is. Dit gebeur dikwels in ons persoonlike lewe en in die lewe van

die kerk dat daar sulke tye van toetsing kom. Dit is die tye waarin ons lojaliteite en prioriteite opnuut geweeg word.

Die grootste gevaar vir die kerk is dat ons lojaliteite en prioriteite maklik skeef getrek word. Ons begin leef asof ons

die beloftes van God besit. Ons begin leef en optree asof ons die beskikkingsreg het oor die gawes van God.

Dit is in sulke tye dat ons soms getoets word. Coenie Burger vertel die Joodse legende oor die rede waarom

Abraham in hierdie krisis beland het: "Die storie herinner sterk aan die aanloop tot die Jobverhaal en vertel van 地

dag toe Satan ná 地 inspeksietoer van die aarde met God aan die gesels geraak het. Satan sê toe dat hy ook 地

vinnige verrassingsbesoekie aan Abraham gebring het. Toevallig was dit juis Isak se verjaardag en yslike

feesvierings was aan die gang. Groot vrolikheid, 地 yslike maaltyd, almal was uitgenooi. Maar, vertel Satan, hy het

ook slegte nuus vir God. Dis nou nie dat hy wil stories aandra nie, maar sy indruk is dat Abraham besig is om die

Here te vergeet. Die hele dag, sê Satan, is daar nie 地 enkele offer vir die Here gebring nie nie eens 地 ou lammetjie

nie. Dis nou net Isak voor en Isak agter; Isak is al wat nog vir Abraham saak maak. Maar, so lui die storie verder,

die Here was nie oortuig nie. Hy het vir Satan bly sê dat hy 地 fout maak, dat dit nie kan wees nie, dat dit veral van

Abraham nie waar kan wees nie. Abraham het Hom lief, het die Here gesê, so lief dat hy vir Hom enigiets sal gee

indien Hy daarvoor sou vra. Kom ons toets dan vir Abraham, het Satan vinnig gereageer. Kom ons kyk of hy bereid

is om enigiets te gee wat U vra. Wat van Isak? Vra hom om Isak vir U te gaan offer! Dan sal ons weet; dan sal ons

mos kan sien of hy regtig alles, ook sy kind, in u hande sal plaas hierop volg dan, volgens die legende, die

geskiedenis van Genesis 22."

Iemand vertel die verhaal van kinders wat 地 jakkals probeer vang het. Die een seun het die jakkals gejaag tot in sy

gat en daar 地 deel van die jakkals beetgekry. Hy het geskreeu: "Ek het hom! Ek het hom!" Kort daarna het sy wysie

verander: "Hy het my! Hy het my!" Net so kan dit maklik gebeur dat die Here se mense mag dink dat hulle nog in

beheer van 地 situasie is, terwyl hulle lankal vasgevang is in die spinnerak van nuwe lojaliteite. Prof Bethel Müller

skryf: "Daar is baie dinge wat ons kan opbou in ons land: ons bodem, taal, kultuur, wetenskap, ekonomie. Dis alles

belangrik ... Maar dan moet ons oppas dat ons nie so besig is net met die opbou van hierdie dinge ter wille van

hulleself nie, dat ons ons daarmee so afsloof dat ons te moeg en te lusteloos is vir die eintlike bouwerk aan die

tempel van die Here."

Jy sien, die kerk mag nie dubbelvisie hê nie. Die kerk kan nie twee Here dien nie. Jesus waarsku dat ons altyd die

een bo die ander sal stel (Matt 6:19-33). Die kerk se hoogste lojaliteit is altyd om haarself vir die koninkryk van God

en vir sy wil te beywer. God sal vir die ander dinge sorg.

Die toets waarvoor ons dikwels gestel word, is of ons bereid is om die Here onvoorwaardelik te volg. As die Here

vandag vir sy kerk vra om sy opdrag bo alle ander opdragte en lojaliteite te stel bo ons toekoms, kinders, man,

vrou, werk wat sal die kerk se pad wees?

Soos Abraham, maar nog meer as Abraham, behoort ons met onverdeelde aandag op God te fokus. God het Hom

deur Jesus op 地 nog duideliker manier aan ons as die Getroue geopenbaar Hy het alle beloftes vervul. Hy is so

getrou dat ons in ons krisis nooit weer van God verlate sal wees nie. Hy is so getrou dat Hy self die grootste verlatenheid,

die dood, kom oorwin het. Ja, geen dood, lewe of magte, teenswoordige of toekomstige dinge (Rom 8:35-

39) kan ons meer van sy liefde skei nie. Prophet sing: "O, daar was 地 houtkruis, ja, 地 Redder aan 地 houtkruis vasgeslaan

daarom sal ek sing. Na die kruis van Jesus, hoe sal ons kan hande vou en swyg? Wie sal my kan

stilmaak? Wie sal my kitaar se snaar afbreek? Wie sal my kan doodmaak as my voet dans wil los wil breek ..."

Wie God se allesoortreffende liefde leer ken het, stel God en sy koninkryk eerste in sy lewe. So iemand het die Here

lief bo sy huis, werk, tyd, geld, program, aansien ...

Iemand vertel dat hy eenmaal vir Broer Andrew hoor vertel het van 地 insident toe laasgenoemde op 地 bus in

Viëtnam gesit het: "They saw a man carrying a basket walking in front of the bus. It was during the time of intensive

fighting and constant Vietcong guerrilla attacks. 糎atch out! said the Christian. 選n that basket there might well be a

bomb! 糎hy are you so afraid? asked Brother Andrew. 禅hat man may be a Vietcong who will throw himself and the

basket at the bus, came the reply. 践e doesn稚 mind if he dies. I do! Brother Andrew commented on this incident,

禅hat sums up the ineffectiveness of so much of the Church today! How many Christians are willing to lay down

their lives for Jesus Christ? Until we Christians take seriously the instructions of our Master by denying ourselves,

taking up our cross and following him, we have nothing to say in reply to that challenge."

Martin Luther King het tereg gesê: "The ultimate measure of a man is not where he stands in times of comfort and

convenience, but where he stands in times of challenge and controversy." So word die kerk ook uitgeken.

Bibliografie

Brueggemann, Walter 1982. Genesis. Atlanta: John Knox Press. Burger, Coenie 1994. Storie vir ons tyd. Die

hoopvolle verhaal van Abram en Sara oorvertel vir 地 oorgangstyd. Wellington: Lux Verbi.BM. Gibson, John C L.

Genesis (Vol 2). Edinburgh: The Saint Andrew Press. Kidner, Derek 1967. Genesis. Leicester: IVP. Smit, D J.

Genesis 22:1-19, in Burger, C W, Müller, B A & Smit, D J (reds). Woord teen die Lig II/3: Riglyne vir prediking oor

die Genesisverhale. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers, pp 189-202. Von Rad, G 1972. Genesis. Londen: SCM Press.

Von Rad, Gerhard 1978. Biblical interpretations in preaching. Nashville: Partenon Press. Wenham, Gordon J.

Genesis 1-25. The Word Biblical Commentary. Texas: Word Books.