23 Junie 2002

Vierde Sondag in Koninkrykstyd

PREEKSTUDIE - GENESIS 21:8-21

Teks

Wat die breër konteks van die teks betref, sluit hierdie gedeelte baie nou aan by die voorafgaande gedeelte wat oor

die geboorte van Isak handel. Die geboorte van Isak is die lank verwagte vervulling van die belofte wat die Here

telkens aan Abraham gemaak het. Die nageslagbeloftes het aan die vervulling van hierdie belofte gehang.

Die verband met Genesis 16 is ook belangrik om in gedagte te hou. Daar het Abraham 地 kind by sy vrou se

Egiptiese slavin, Hagar. In Genesis 16 word die belofte van 地 groot nageslag vir Hagar ook gegee. Die minagting

deur die slavin in Genesis 16 staan in skrille kontras met die posisie van Hagar in hierdie hoofstuk. Reeds daar sê

Sara dat die Here die saak tussen haar en Abraham moet besleg (16:5). Hagar se rol verander van 地 selfversekerde

(Gen 16) na 地 miserabele mens (Gen 21). Hier verander die vreugde van die verhaal van Isak se geboorte in 地

stryd tussen Ismael en Isak. Die breuk tussen Hagar en Sara, wat in die Nuwe Testament (in Gal 4 is dit 地 breuk

tussen die natuurlike, die wet, en die geestelike, die genade ) op 地 ander manier benut word, is ook duidelik.

Verder is dit in hierdie gedeelte en in Genesis 16 duidelik dat Abraham self sukkel om uit die belofte te leef. Hy en

sy vrou neem die reg in eie hande met die verwekking van Ismael. Abraham begeer ook die seën van die Here vir

Ismael (17:18). Hier kan hy nie afstand doen van die kind nie.

Wat die teks self betref, word die verhaal van Ismael en Hagar in Genesis 21:8-21 afgesluit sodat gekonsentreer

kan word op die hoofgebeure, naamlik die nageslagbelofte aan Abraham.

Genesis 21:8, 9: Die spening van 地 kind het redelik laat plaasgevind. Gibson sê: "According to 2 Maccabees 7:27,

in the period just before Christ it was normal for a mother to suckle her child for three years. We have probably to

assume a similar lapse of time here." Waarskynlik was Ismael reeds 地 seun van ongeveer 16 (sien 17:25).

Die gedagte van "lag" sinspeel op die naam van Isak, maar hier in 地 kwaadwillige sin. Die "lag"-idee word in die

hele Abrahamverhaal op verskillende manier benut (sien 17:17; 18:12; 21:6, 8). Enersyds gaan dit oor die

dankbaarheid van 地 onvrugbare vrou wat 地 kind in die wêreld gebring het. Aan die ander kant gaan dit oor die

skaamte en vernedering van ander mense se lag as gevolg van haar ouderdom toe Sara die kind ontvang het.

Dit is nie presies seker wat die "lag" van die kind van Ismael hier impliseer nie. Sommige kommentatore sien dit as

地 blote neutrale gedagte, wat ook met "speel" vertaal kan word. Die gebruik van die pi弾l-vorm van die werkwoord

kry egter 地 ietwat negatiewe betekenis (Wenham; sien ook Eks 32:6; Rig 16:25). Wenham sê: "Now Ishmael痴 right

of the succesion was at risk. So he started to make fun of Isaac痴 status. The very term 僧ocking could be

paraphrased 選saacking. What Ishmael did is left obscure, but his behavior in the light of 12:3, 蘇e who disdains you

I shall curse, placed his own position in jeopardy, for Isaac may now be presumed to share in all the promises made

to his father Abraham." Ismael het inderdaad natuurlike aansprake gehad. Hy is die oudste seun van Abraham. Hy

is Abraham se eie seun. Maar in die verhaal van Abraham en Isak sal hy nooit die plek van Isak kan inneem nie.

Genesis 21:10: Die kern van die probleem is waarskynlik daarin geleë dat Sara die kind van Hagar as 地 bedreiging

gesien het omdat die eersgeborene van 地 pa die natuurlike erfgenaam sou wees. Die lag van die kind van Abraham

by die slavin het Sara teen die bors gestuit. Hy was die ouer kind van Abraham en het kompetisie geword vir die

kind van Sara. Daarom die eis dat Hagar moet gaan. Die taal wat Sara gebruik, is vernederend. Nie een maal word

die kind of Hagar se naam gebruik nie. Sara gee aan haar oordeel godsdienstige sanksie, omdat dit juis die belofte

van God was dat iemand wat uit Abraham en Sara se verhouding gebore sou word, die erfgenaam sou wees (Gen

15:4).

Genesis 21:11: Die versoek van Sara is 地 baie groot probleem vir Abraham. Abraham is BAIE ontsteld oor die saak.

Dit gaan immers oor sy eie seun.

Genesis 21:12: Die Here se woorde dui aan dat Ismael waarskynlik reeds 地 jongman was en dus sou regkom. God

herbevestig aan Abraham dat hy sorg sal dra vir sy kind, aangesien die kind uit Abraham voortgekom het. Die Here

se keuse is duidelik op Isak, maar dit is ook so dat die Here nie van sy beloftes aan Ismael afsien nie: "And so like

two men coping with a cantankerous woman, God says to Abraham, 銑et Sarah do what she wants. Do not worry

because I will make it right (vv. 12-13)" (Brueggemann). Daarom sien ons hoe die Here sy beloftes van 地 groot

nageslag herhaal (v 18) en sy teenwoordigheid bevestig (v 20). Vir Brueggemann is die aangrypendste van God se

sorg dat Hy water vir Ismael in die woestyn gee (v 20): "All are agreed on the preciousness of Ishmael Yahweh,

angel, Hagar, Abraham all but Sarah. She has a vested interest which closes that reality to her."

Genesis 21:13: Abraham voel sleg, maar ook hier, soos dikwels in sy lewe, moet hy afstand doen van sy kind en

slavin ter wille van die beloftes van die Here. Hy moet na sy vrou luister (in 16:2 was dit 地 fout). Hy wou nie, maar

God se stem laat hom die besluit neem. God voer sy plan uit, ten spyte van die huiwering deur mense. God hou

ook sy beloftes ten opsigte van Ismael (16:10; 17:20).

Genesis 21:14-16: Die naam Hagar word hier gebruik. Haar waardigheid as mens word weer erken. Sommige

geleerdes reken dat dit 地 berekende poging van Abraham was om nie te veel water en kos vir die reis te gee nie,

in die hoop dat Hagar sou terugkom. Verder word 地 werkwoord gebruik wat dui op die vrylating van 地 slaaf met

genoegsame voorsiening. Wenham sê dat 地 mens in hierdie teks 地 aandoenlike beskrywing van die vertrek van

Hagar en Ismael sien waardeur Abraham geskets word as "holding on to Ismael until the very last minute".

Dis hoogs onwaarskynlik dat die kind ook op haar rug sou wees, aangesien hy al ongeveer 16 jaar oud was. Maar

hierdie opmerking van Gibson help ons om die intensiteit van die gebeure beter te verstaan: "It is impossible to avoid

the impression that in this part of the story Ishmael is still a young child. He had been 叢ut on Hagar痴 shoulder by

Abraham and now, in despair as their provisions run out, his mother 祖asts him down under a bush. Later, too, she

is told by God to 鼠ift up the lad and hold him fast. Not easy things to do with a youth of sixteen or so! But perhaps

the story-teller was simply carried away by the intolerable pathos of the incident and like many a story-teller before

and after him is indulging in a little dishonesty for the sake of effect."

Die verhaal neem ons aandag in beslag en maak ons as 奏 ware deel daarvan. Die stilte vreet jou op. Eers wanneer

die kind en sy ma huil, kom daar 地 emosionele ontlading. Dis amper asof 地 mens wil sê: Uiteindelik is daar emosie.

Genesis 21:17: God hoor die kind huil. Ismael se naam is 地 sinspeling op "God hoor" (16:11). Die hart van sy ma

is verskeur. Sy gaan eenkant om te kan huil en om nie te sien hoe haar kind sterf nie. Geleerdes is van mening dat

die huil van Ismael op 地 gebed dui. Hy was die oorsaak van hulle situasie en bid tot God. God hoor! (地 sinspeling

op sy naam). Hagar het al in Genesis 16 ontdek dat die Here oral is en ontdek dit weer hier.

Genesis 21:18-20: Sien ook die opmerkings by 21:12. Die Here sal sorg. Hy sal van die kind 地 groot nasie maak.

Enigiemand wat met Abraham te doen het, sal geseën word. God voorsien in elke behoefte en belowe sy

teenwoordigheid en 地 nageslag. Hy kry uiteindelik ook 地 land. Die verhaal wil iets weergee van die wegbeweeg

van Abraham se huis, maar deur die wil van God. Dit beteken nie dat Ismael sonder die seën en beskerming van

die Here wegbeweeg nie, maar die belofte van heil gaan nie saam met hierdie seën nie. Deur die skeiding is nie

Hagar óf Ismael buite God se genade nie. Die verwerping deur Sara is nie genoegsaam om God se verwerping te

bewerk nie. Hy versorg en gee om.

Konteks

Dat hierdie gedeelte nie een van die gunstelingtekste vir 地 preek is nie, word weerspieël in die gebrek aan preke

wat daaroor bestaan. Dit is nietemin 地 gedeelte wat heelwat teologiese temas oproep wat vir die Christelike

geloofsgemeenskap belangrik is. John Gibson skryf treffend: "It is a story of the highest artistry. But this does not

mean that it is an enjoyable story or even a nice one. It is in fact neither of these. It opens with laughter, but very

quickly it moves on to tears, and there it ends with seemingly only a little belated kindness on God痴 part to alleviate

its overwhelming sadness." Hierdie opmerking van Gibson lei ons daartoe om die verhaal uit twee gesigspunte te

benader, naamlik God se gesigspunt en dié van Abraham, Ismael, Hagar en Sara. Ons kan allereers op Sara

konsentreer. Gibson sê: "A feast was held to celebrate Isaac痴 weaning, and it was then that Sarah saw Ishmael ...

playing with her own little boy, and all her latent jealousy and resentment rose to the surface. Not even God痴 miracle

in giving her a son in her old age could remove the bitterness in her soul ..." Sara se houding word deur Gibson

beskryf as 地 daad van verskriklike wreedheid. Dié optrede van Sara laat 地 onskuldige vrou en kind op die straat

beland. In geen omstandighede kan dit aanvaarbaar wees nie. Tereg sê Gibson: "It looks as if on a human level the

sole reason for their sudden expulsion was the unassuageable envy and jealousy of a bitter old woman with no

forgiveness or even kindliness in her heart."

Ismael en Hagar wonder ook wat besig is om te gebeur. Jare lank is hulle deur Abraham versorg en deur Sara

verdra. Ismael is deur Sara as haar eie aanvaar. Nou draai die gety. Die verhoudings tussen hulle eindig in absolute

chaos.

En dan is daar Abraham. Die arme man! Dit is inderdaad so dat Abraham bekendstaan as die vader van die geloof.

Dit is duidelik dat hy dikwels absoluut selfopofferende besluite geneem het ter wille van die visie wat God gehad

het. Maar dit is nie die volle verhaal van Abraham nie. Hy is dikwels die een wat sy eie belange ook eerste stel (Gen

12:10-20; 20:1-18). Gibson verwys na Sara en Abraham "who resisted God nearly all the way and refused until the

very last moment to believe that he could really work a miracle in their lives". Abraham en Sara sorg dat hulle 地

seun kry by Sara se slavin, net vir ingeval die belofte van God nie werk nie (Gen 16:1-16). Ismael word vir hom

ontsettend belangrik (Gen 17:18), al belowe God vir hom 地 nageslag uit sy vrou. In Genesis 21 doen hy bitter

moeilik afstand van sy kind.

Maar dit beteken nie dat Abraham se twyfel en die feit dat sy hart aan Ismael kleef, God se saak in die wiele ry nie.

God respekteer selfs die gevoelens van Abraham. Hy is die simpatieke God wat sy beloftes aan Ismael en Hagar

nie laat vaar nie.

Daarom is dit belangrik om, te midde van hierdie gesigspunte, die gesigspunt van God te beklemtoon. Dit is die bron

van oneindige troos in hierdie gedeelte. Hierdie gesigspunt handel oor God se trou: "As a story on its own, this

narrative, like many other parts of Genesis, illuminates the mixture of faith and doubt, joy and jealousy, love and

hatred that characterises human predicament. But above all, in it God proves himself dependable and gracious. He

is 素aithful in performing his promises to each person. Not only does he give Isaac to Abraham and Sarah as their

own child, but he hears Hagar and saves Ismael also, making him for Abraham痴 sake into a great nation,

headed by his sons as twelve princes (16:10; 17:20; 21:13, 18; 25:16)" (Wenham wat LHicks aanhaal).

地 Tema wat deur hierdie Skrifgedeelte onlosmaaklik aan die trou van God verbind word, is die gedagte van die

verkiesing van God. Hier kan twee vrae gestel word: Waarop berus God se verkiesing? Wanneer ons dit beantwoord

het, is die volgende vraag: Watter implikasies het dit vir hierdie verhaal?

Op die eerste vraag moet ons benadruk dat die verkiesing (uitverkiesing) nooit op die kwaliteite van mense berus

nie. Indien daar menslik of vanuit die tradisie iemand verkies moes word, sou dit Ismael moes wees. Ismael is

immers die eersgeborene van Abraham. Maar God kies vir Isak. Die styl van God se verkiesing is vreemd,

aangesien dit dikwels teen die menslike berekening en beoordeling ingaan. Treffend sê Gibson: "The thrust of the

story on any unbiased reading of it is to enlist our sympathies on the side of Hagar and her son. The story-teller痴

skill here is quite breathtaking. By that very emphasis he removes the incident from the sphere of human

explanation and places responsibility for it squarely upon God. In our human judgment Hagar and Ishmael did not

deserve their fate. The story-teller agrees, but he insists that it was still God痴 will. So was the miracle, every bit as

undeserved, which he had wrought in the lives of a vacillating Abraham and his thoroughly ill-natured wife. There is

no way we can in this chapter blame the prejudice on the author. The prejudice is plainly God痴. The Bible痴 word

for it is grace."

Dat God mense kies, is 地 unieke verskynsel in die godsdiensgeskiedenis van die Ou Nabye Ooste. Soos in

Deuteronomium 7:6-8, wat die locus classicus vir die verkiesing in die Ou Testament is, is dit duidelik dat die Ou

Testament dit deurgaans vermy om die aandag op die status van die volk te fokus. Die volk is gekies weens God

se liefde en trou. In die begrip bachar lê daarom nie soseer die gedagte van 地 besluit nie, maar dit word gebruik

om die manier aan te dui waarop Israel God se volk geword het, naamlik dat God genadig is (Ridderbos).

In die Abrahamverhaal word dit duidelik geïllustreer. Dis belangrik om te let op die feit dat Isak die kind van die

belofte is en dat dit plaasvind in die liggaam van 地 hopelose figuur (Brueggemann). Isak word gebore vir mense

wat so goed soos dood is. Dis hoekom Paulus die geboorte van Isak met die skepping uit niks en die opstanding in

verband bring (Rom 4:17-19): "Thus Käsemann has argued that resurrection (from the dead), justification (only by

grace) and creation (ex nihilo) are all affirmations of the same reality. They bear witness to the peculiar power of

God to evoke new life by his graciousness, not out of life-potential, but in a situation where there is nothing on which

to base hope. Like the Pauline presentation of justification, the birth of Isaac drives us away from ourselves to total

and singular reliance upon God who is found faithful" (Brueggemann). Deur die geboorte van Isak bring die Here

vreugde in Abraham en Sara se lewe omdat God die greep van dood, hooploosheid en onvrugbaarheid gebreek

het. Iemand skryf dat Israel se hele bestaan deur Isak se geboorte gedefinieer word: "Sy ontstaan kan nie maar na

地 natuurlike proses teruggevoer word soos dit die geval is met ander volke nie. Dit word teruggevoer na 地

wondergebeurtenis waarin die hand van God duidelik sigbaar is. Daarom word so lank gesloer met die

verwesenliking van die belofte totdat Abraham en Sara reeds oud is en Sara natuurlikerwys nie meer kinders kan

hê nie. Want die nageslag moet sonder twyfel weet: God self het Israel laat ontstaan, gevorm en begelei."

In die Nuwe Testament word hierdie absoluut genadige karakter van die verkiesing ook aangetref. Die verkiesing in

Christus is een van die Nuwe-Testamentiese maniere waarop die genadekarakter van die verkiesing benadruk

word. Die woorde van Calvyn in hierdie verband is oorbekend. Die hemelse Vader moes sy oë op Christus vestig

"omdat Hy in die hele saad van Adam niks gevind het wat sy uitverkiesing verdien het nie". Die verkiesing in Christus

volgens Efesiërs 1 is nie slegs 地 illustrasie of aksentuering van die genadige verkiesing van God nie, maar is ook

die uitsluiting van alle verdienste.

Maar juis hierin lê die troosboodskap van die verkiesing. God laat Hom nie voorskryf teenoor wie Hy genade moet

betoon nie. Selfs Sara kan deur haar optrede nie die genade van God aan bande lê nie. God se verkiesing van Isak

beteken nie die verwerping van Ismael nie. Die uitnemende van God se verkiesing is dat God barmhartigheid

teenoor tollenaars, hoere en sondaars betoon het (Noordmans). Packer sê: "God has magnified his mercy by

choosing poor and undistinguised persons for this momentous destiny." Dit is inderdaad so dat wanneer mense na

sedelike redenering verlore is, hulle deur die genadige verkiesing van God nie verlore is nie (Noordmans). God se

keuse is inderdaad voorkeur, maar hierdie voorkeur is die voorkeur van die Barmhartige waarin alle menslike

verdienste by die wortel afgesny word (Kuitert). In die volstrekte simpatie van God in Christus met diegene wat

bekering nodig gehad het en die volstrekte antipatie teenoor dié wat dit nie nodig gehad het nie, lê die

onaanvaarbaarheid van die verkiesingsgedagte vir die sogenaamde "zedelijkheidsapostelen" (Noordmans). Dit is

juis in God se genade teenoor sondaars, tollenaars, hoere mens wat volgens alle sedelike berekening eintlik nie

gekies moes word nie en nie in die fatalisme wat dikwels met die verkiesingsgedagte gepaardgaan nie, dat die

werklike aanstoot van die verkiesing lê (Kuitert).

In antwoord op die eerste vraag, naamlik wat die grond van God se verkiesing is, is die antwoord duidelik dat alles

berus op God se trou en genade. Maar dit bring ons by die tweede vraag: Hoe speel dit in op hierdie teks?

Brueggemann merk op: "The text is unambiguous: Isaac is the child of promise. That much is not in doubt But

the text is equally clear that God is well inclined to Ishmael. The 双ther son is not to be dismissed from the family.

The narrative holds us to the tension found so often in this narrative, the tension between the one elected and the

not-elected one who is treasured God is attentive to the outsider. God will remember all the children like a mother

remembers all her children (cf. Isa 49:15)."

Juis hierdie liefde wat God teenoor Ismael betoon, is die ander kant van God se verkiesing. Sara word in ons

teksgedeelte gedryf deur jaloesie. Sy ervaar dat Ismael 地 bedreiging vir haar seun se toekoms is. Daarom wil sy

hom wegwerk en eis sy dat hy "gemarginaliseer" moet word. Hy mag nie meer 地 sentrale figuur in die lewe van

Abraham wees nie, maar moet op die rand geskuif word, uit Abraham en Sara se lewe uit.

Die verhaal van Sara se ongeduld en liefdeloosheid teenoor Ismael en Hagar is 地 spieëlbeeld van die liefdeloosheid

van 地 kerk wat dikwels nie die belofte van God reg verstaan nie. Treffend sê Gibson: "Those who are the recipients

of grace have every reason to rejoice but none at all to boast." Die oomblik wanneer dit gebeur, word ons liefdeloos

en onverdraagsaam teenoor hulle wat volgens ons oortuiging nie die genade van God behoort te ontvang nie.

Daarom is dit vreemd dat mense soms bly kan wees wanneer ander uitgesluit word. Dit is vreemd wanneer mense

hulle met godsdienstige oortuiging kan beywer vir eksklusiwiteit. Pascal het gesê: Die mens sondig nooit so totaal

en met soveel oorgawe as wanneer hy dit doen uit godsdienstige oortuiging nie. Net soos die ouer broer dit moeilik

vind dat die genade aan die verlore seun geskenk kan word (Luk 15), vind Sara nie 地 plek in haar hart vir iemand

behalwe haar eie nie. Dit was Bonhoeffer wat gesê het dat valse Protestantse etiek daarin geleë is dat ons die liefde

vir die eie opblaas. Tereg sê Gibson: "That in one exceptional case human vindictiveness happened to coincide with

the divine will is no warranty for us to confuse our prejudices with that will. Rather does it hint that in the vast majority

of other cases what God痴 people want and what God wants are likely to be poles apart."

Juis wanneer mense ander mense van God op die rand skuif, is God buitengewoon betrokke by die randfigure van

die samelewing. Hulle wat honger en dors na geregtigheid word voorwerpe van God se sorg. Hulle wat fisiek swaar

kry omdat ander mense nie vir hulle omgee nie, word die voorwerpe van God se empatiese liefde. God se verkiesing

is nie 地 statiese besluit nie, maar sy dinamiese betrokkenheid by elke mens wat deur Hom gemaak is.

Hierdie aksent roep uiteraard die situasie in Suider-Afrika en ander wêrelddele op waar mense selfs met die "hulp"

van godsdienstige oortuigings op die rand geskuif is. Ons weet dat daar mettertyd 地 al hoe groter reaksie teen

hierdie soort denke gekom het. Uiteindelik het dit daartoe gelei dat die kerk besef het dat God hierdie soort onreg

nie duld nie. Daarom het daar geskrifte ontstaan om aan te toon dat die Here hulle wat deur die "heersende

Christendom" dikwels op die rand geskuif word, innig liefhet. Die kerk se identiteit moet daarom ook al hoe meer

ondersoek word. Is die kerk mense wat hulle skaar by die mense wat as die tradisioneel uitverkorenes bekend

staan? Of is die kerk mense wat, soos God, medelye het met die gebrokenes? God se trou gaan immers verder as

die kontoere van menslike beoordeling. In die Belharbelydenis word dit duidelik gestel dat God die God van hulle is

wat gemarginaliseer is: "Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder

mense wil bring; dat Hy in 地 wêreld vol onreg en vyandskap op 地 besondere wyse die God van die noodlydende,

die arme en die verontregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat

geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk

is, ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper;

dat vir Hóm reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat

Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek; dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en

nood moet bystaan, wat onder meer ook inhou dat die kerk sal getuig en sal stry teen enige vorm van

ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 地 standhoudende stroom; dat die kerk

as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die veronregtes; dat die

kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang

soek en oor andere beskik en hulle benadeel."

As die kerk se plek by die gebrokenes van die samelewing is, is dit uiters noodsaaklik dat ons ons verkiesing as

God se mense reg sal verstaan. Daar is nie 地 enkele geleentheid in die Bybel waar God iemand verkies sodat die

persoon net 地 uitverkorene kan wees nie. Die verkiesing van die koning, stad of die volk is 地 verkiesing tot 地

bepaalde taak of amp. Bachar in die Ou Testament beteken nie in die eerste plek dat God vir 地 bepaalde groep of

persone gekies het nie, maar dit beteken allereers dat God "verkiezen tot, aanwijzen als" (Vriezen). Aan die hart van

God se verkiesing is daarom nie 地 arbitrêre keuse nie, maar 地 doelgerigte verkiesing tot diens. Dat bachar veral

op die roeping tot diensbaarheid dui, is uit Deutero-Jesaja baie duidelik, waar die begrip "uitverkorene" (bachîr)

afgewissel word met die begrip "kneg" (`ebed) (Vriezen).

Die verkiesende welbehae wat deur Moses in Deuteronomium 7 aan die volk verkondig word, het inderdaad 地 nuwe

selfverstaan deur die volk tot gevolg gehad. Die uitverkore volk van God was nou 地 `am qadosj en 地 `am segulla

(Wildberger). Daarom word die liefde tot God, die gehoorsaamheid aan sy gebooie, voorskrifte en bepalings nie van

die betoning van sy trou geskei nie (Deut 7:9, 11). Die verkiesing was eerder die motief van hulle hoop in moeilike

tye, hulle dankbare lof, lojale onderhouding van die wet en die afwysing van afgodediens (Packer 1980:436). Die

korrelasie tussen verkiesing en gehoorsaamheid word ook in die Nuwe Testament aangetref. In Kolossense 3:12-

17 is die feit dat die gemeente die eklektoi van God is (3:12) die rede waarom daar in die regte verhouding met

mekaar binne die gemeente geleef moet word (3:13), vir die weg van die liefde gekies moet word (3:14) en in vrede

met mekaar en dankbaar teenoor God geleef moet word (3:15-17). Die kerk, as genos eklekton (1 Pet 2:9), is

geroep om God se verlossingsdade te verkondig. Soos die uitverkore volk van God in die Ou Testament die taak

gehad het om die lig vir die nasies te wees (Jes 42:6 ev), die lof van hulle God te verkondig (Jes 43:21) en getuies

vir die Here te wees (Jes 43:10), is hierdie taak nou aan die nuwe uitverkorenes gegee, naamlik die kerk.

Hierdie diens sluit die diens aan God en die diens aan die wêreld in. Op 地 treffende manier beklemtoon Gibson die

geweldige gevaar dat die kerk dit kan miskyk: "We are worried that in Genesis Israel痴 election should have meant

Ishmael痴 exclusion. In Romans Paul is trying to explain why the Church痴 election should in its turn have left Israel

out in the cold. The answer in both cases is that election was for service, not privilege. Israel was first chosen and

then set aside by God so that the Gentile races might come to know him. With Israel痴 example as a warning, the

Church dare not now act exclusively. She has to make a place for all God痴 erring children of whatever race and

of course that includes Israel too ... One day those 双utside must find their way 訴nside, otherwise it is all a sick joke.

In the final analysis, therefore, the 礎lessing to all the families of the earth is far more important than the 叢romise

to the elect, which is simply the means by which the 礎lessing will be realized."

Preekvoorstel

Die gesindheid van Sara laat 地 mens sidder. Hoe kan 地 mens so harteloos wees? Sy voel niks vir haar jare lange

slavin nie. Sy voel niks vir die kind wat vir Abraham gebore is nie. Haar taal verklap haar gesindheid. Sy klink soos

die ouer broer in die verhaal van die verlore seun. Hy praat van "hierdie seun van pa", nie van sy broer nie. Sara

praat van "hierdie slavin en haar seun" nie Hagar, my getroue slavin en "jou seun" nie. Sy vermy dit om Hagar en

Ismael se name te noem. Sara se optrede is nog meer onverstaanbaar as ons in gedagte hou dat dit eintlik háár

idee was dat Abraham 地 kind by haar slavin moes hê. Haar raad aan Abraham in Genesis 16:2 is om by Hagar te

slaap sodat sy 地 kind in die wêreld kan bring "wat my eie kan word". Uiteindelik word Ismael gebore.

Maar Sara se optrede in Genesis 21 is ook verstaanbaar. Teen alle verwagting in het sy nou haar eie bloedkind. Hy

is meer as dít. Hy is die vervulling van God se belofte wat ongeveer 25 jaar gelede aan Abraham en aan haar gegee

is. Hy is 地 wonderkind. Hagar het op haar begin neersien toe sy 地 kind kon hê en Sara nie (16:4). Nou is hierdie

Ismael besig om te mors met haar en Isak. Predikers kan hier verwys na die opmerkings hier bo by 21:8, 9.

Klaarblyklik was daar iets van 地 "wê-la-ke-pê-la" aanwesig in die lag van Ismael. Ek is tog die oudste en jy is die

jongste. Ek gaan alles erf, want ek is my pa se oudste, sy eersgeborene, en jy nie! Dis wat Sara ook aanvoel.

Daarom wil sy hê dat die kind en sy ma pad moet vat. Hierdie slavin se seun "mag nie saam met my seun Isak erf

nie".

地 Mens kan jou moeilik voorstel wat in Abraham se hart moes aangegaan het. Soos so dikwels in sy lewe moes

Abraham weer afstand doen van iets, van iemand vir wie hy ontsettend lief was. Sy lewe is een van verliese. Dis

soos egskeiding. Dis immers sy seun. Hy was sekerlik ook lief vir Hagar. Sara gee ook nie om wat Abraham voel

nie. Ons lees in die teks dat hy baie sleg gevoel het ter wille van sy seun (v 11). Daarom sien ons hoe swaar hy van

hulle afskeid neem. Hoe stuur jy doodgewoon iemand van jou af weg by wie jy 地 kind gehad het? Hoe stuur jy jou

eie kind van jou af weg? Iemand sê dat Abraham aan Ismael vashou tot die laaste oomblik. Ons kan in die prediking

verwys na die idees van sommige Skrifverklaarders dat Abraham net genoeg kos aan Hagar en Ismael gee om 地

dag lank te hou, in die hoop dat hulle sal terugkom.

En God? Waar pas Hy in die prentjie? Hoe dink Hy oor die mense wat betrokke is? Dis tog duidelik dat Sara weer,

soos in Genesis 16, haar eie hart laat praat. Vir haar is dit duidelik dat Ismael 地 bedreiging is. Hy moet weg! Maar

God laat haar haar sin kry. God stem saam met haar omdat Hy ook vir Abraham iets wou leer.

Abraham moes leer dat God sy beloftes hou. Isak is die kind van die belofte. God kies nie en neem nie besluite

soos mense nie. Ismael was die besluit van Abraham en Sara toe hulle aan God se beloftes getwyfel het. Toe

het hulle die reg in eie hande geneem. Hulle het nie kans gesien om op die Here te wag nie. Dit was te

twyfelagtig. Ismael was hulle eie poging. God se verkiesing werk anders. Hy bou nie op menslike pogings en

kwaliteite nie. As ons moes kies, sou Ismael die keuse wees. Hy was immers die eersgeborene van Abraham.

Dit was sy reg. Maar God werk nie met regte nie. Alles rus in sy genade. Hy het belowe dat Abraham en Sara

地 kind sou hê. En dis wat Hy gegee het. Isak was die kind van God se belofte. Hy word gebore toe niemand

enigiets menslik moontlik kon verwag nie. Só kies God. Daarom moes Abraham leer dat God sy toekoms nie

op menslike pogings wil bou nie. Weer eens in sy lewe moes Abraham leer dat God se mense uit God se

beloftes lewe.

Maar Abraham moes ook op 地 ander vlak leer dat God getrou is. God se verkiesing beteken nie dat Hy ander

verwerp nie. Die gedagtes van Brueggemann by 21:12 hier bo is belangrik. Dis asof God vir Abraham sê: "Laat

haar haar sin kry. Moenie jou oor die kind bekommer nie." Daarom verseker God vir Abraham dat Hy nie die

beloftes aan Ismael sal terugtrek nie (v 13). Soos Hy reeds in Genesis 16 belowe het, sien God die nood van

Ismael en Hagar weer in die woestyn raak (sien Gen 16:7-15). Daarom versorg die Here ook die twee in die

woestyn. Dit is duidelik dat God, Hagar, Abraham en die engel in Genesis 16 die kosbaarheid van Ismael

raaksien almal behalwe Sara. Haar belange het gemaak dat sy dit nie meer raakgesien het nie. Ismael moes

gemarginaliseer word. Hy mag nie meer deel van die gesin gewees het nie. Abraham moes die duur les leer

dat God se beloftes al is waarop hy kan reken. God se beloftes is ook genoeg vir Hagar en Ismael.

Al ons krampagtige pogings om seker te maak dat niemand ons bedreig nie, bevestig dat die mens eintlik net aan

hom- of haarself dink. Wanneer dit gebeur, verag ons dikwels ons medemens. Wanneer God ons seën, is ons so

bang dat ons hierdie seën sal verloor dat ons dikwels op ander trap om die seën te behou. Dit is in sulke situasies

dat God op 地 baie besondere manier toon dat Hy nie die mense wat in ons oë niks werd is, verwerp nie. Inteendeel.

Dwarsdeur die geskiedenis van Israel was die gevaar daar dat 地 geestelike hoogmoed ten opsigte van die ander

nasies kon ontstaan. Die seën wat Israel ontvang het, het dikwels hulle eiendom geword. In 地 poging om hierdie

seën te beskerm, het hulle meer as een maal hulleself verhef bo ander.

Maar uiteindelik gaan hierdie verhaal nie oor die stryd tussen Hagar en Sara, tussen Ismael en Isak nie. Die verhaal

gaan oor die trou van God te midde van haat, jaloesie, selfverheffing en pogings om jou eie toekoms te verseker.

God het nie die nasies vergeet nie. Sy belofte om die nasies te seën is baie belangriker as Sara se afguns. Haar

krampagtige vasklou aan die belofte weerhou God nie daarvan om sy seën aan Ismael en Hagar te gee nie. Dit voer

Hy deur tot met die koms van Christus. Toe sy Seun na die wêreld kom, het Hy Hom vasgeloop in godsdienstige

mense wat hulleself verhef het bo die tollenaars en slegte vroue. Hulle kon dit nie hanteer dat Jesus Hom kon

vereenselwig met die skuim van die samelewing nie. Maar in Jesus se bediening sien ons die hartklop van God. En

as die ouer broer in Lukas 15 op sy regte wil staan, is die vaderhart oop vir die uitgeworpe, verlore kind. God se

hart klop warm vir hulle wat in ons oë nie die genade van die Here behoort te kry nie. Ons kan nooit aanvaar dat

God sy genade terugtrek uit mense se lewe omdat ons nie sy genade vir ander gun nie. Ons kan nooit aanvaar dat

die Here liewer is vir iemand omdat ons nie liewer is vir hulle nie. As God Hom eenmaal in trou aan mense verbind

het, onttrek Hy Hom nie uit hulle lewe nie. En wanneer mense ons marginaliseer omdat hulle eie belange meer

begin tel as die waardigheid van ander mense, omdat hulle beskermingsdrang weer eens die saak uit die hande

van God haal, tree God op in belang van dié wat nie meer vir hulleself kan sorg nie.

As God se hart só klop vir mense, kan sy kerk se hart nie anders klop nie. Dis heeltemal moontlik vir die kerk om

om haarself te begin draai. Dit is heeltemal moontlik vir die kerk om net haar eie belange te beskerm. Dit is daarom

ook deel van die hartseer geskiedenis van die kerk dat daar in die proses op ander getrap is, teen ander

gediskrimineer is en op ander neergesien is. Soos Israel het die kerk dikwels haar roeping verkeerd verstaan. Ons

het gedink dat ons die seën vir onsself kan hou. Ons het gedink dat uitverkiesing beteken dat ons seker is dat ons

hemel toe gaan. Maar uitverkiesing beteken om te dien soos God. Dit beteken om te dien soos Christus gedien het.

Dit beteken om die stryd aan te knoop teen selfgerigtheid en deel te word van God se droom dat al die nasies

uiteindelik in die seën van God sal deel. Juis deur die geseënde kerk word die seën verder gedra. As ons hierdie

roeping nie ernstig neem nie, stuur ons die wêreld om ons na die maan. Soos Sara is ons besig om met ons wrede

hart mense aan hulle eie lot oor te laat en op die straat uit te skop. Nee, as ons ons verkiesing reg verstaan, sal

ons staan waar God staan: by hulle wat sy versorging nodig het.

Moeder Teresa het vertel dat sy eenmaal in Londen gestap het. Sy het 地 lang skraal man in sy vodde sien sit. Hy

het verskriklik gelyk. Sy het na hom toe gestap, sy hand geskud en gevra hoe dit met hom gaan. Hy het opgekyk

en gesê: "Uiteindelik! Ná so 地 lang tyd voel ek weer die warmte van 地 menslike hand!" Hy het geglimlag omdat

iemand vir hom omgegee het. Net die skud van sy hand het hom laat voel dat hy iemand is. Dan skryf Moeder

Teresa: "Abandonment is an awful poverty. There are poor people everywhere, but the deepest poverty is not being

loved. The poor we seek may live near us or far away. They can be materially or spiritually poor. They may be hungry

for bread or hungry for friendship. They may need clothing, or they may need the sense of wealth that God痴 love

for them represents. They may need the shelter of a house made of bricks and cement or the shelter of having a

place in our hearts."

Wanneer daar in die hart van die kerk plek is vir hulle wat eenkant toe gestoot is, klop die hart van God in die hart

van daardie kerk.

Bibliografie

Brueggemann, Walter 1982. Genesis. Atlanta: John Knox Press. Gibson, John C L. Genesis (Vol 2). Edinburgh: The

Saint Andrew Press. Kidner, Derek 1967. Genesis. Leicester: IVP. Von Rad, G 1972. Genesis. Londen: SCM Press.

Von Rad, Gerhard 1978. Biblical Interpretations in preaching. Nashville: Partenon Press.