7 MAART 2004

TWEEDE SONDAG IN LYDENSTYD

LITURGIESE VOORSTEL

Hierdie liturgiese voorstel behoort in samehang met die basisliturgie vir Lydenstyd gebruik te word

Fokusteks: Genesis 15:1-20

Ander tekste: Psalm 27; Filippense 3:17-4:1; Lukas 13: 31-35

Inleiding

Daar is baie redes waarom mense begin twyfel. 地 Groot rede by Abram en Sara was hulle kinderloosheid, 地 feit wat ook telkens deurskemer in Genesis 15. En anders as wat 地 mens verwag, reageer God positief op hierdie twyfel en neem Self die inisiatief om sy belofte te herbevestig. Hierdie herbevestiging van sy trou en tegemoetkoming van ons twyfel doen God steeds vir ons op verskeie wyses, ook in die liturgie. Twee sake staan dus sentraal in vandag se liturgie, te wete die mens se twyfel en God se herbevestiging van sy beloftes. Die doop is vandag by uitstek 地 ritueel waarin hierdie waarheid aan die hand van Genesis 15 na vore gebring kan word. Hierdie Sondag staan bekend as Reminiscere. (Sien basisliturgie vir Sondae in Lydenstyd.)

GOD VERSAMEL ONS VOOR HOM

Moontlike inleidende gesprek

Stel die volgende vraag aan die gemeente: "Mag 地 Christen ooit twyfel?"

Aanvangslied

Lied 518 "Voel jy soms of die Here te ver is?"

Aanvangswoord

"Dink aan die liefde en trou, Here, wat U van altyd af betoon het."

Seëngroet

"Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, deur die werking van die Heilige Gees!"

Antwoord

Lied 509 "Op berge en in dale"/NSG 42

Doopherinnering en geloofsbelydenis

By doopgeleenthede is grootouers dikwels aanwesig en is die hele diens vir hulle dikwels 地 intense ervaring. So vertel 地 oupa byvoorbeeld hoe hy by die doop van sy klein naamgenoot 地 nuwe kans beleef, want in so 地 klein lewetjie kan alles nog goed gaan. Indien dit gepas sal wees in julle gemeente, gee 地 oupa of ouma die geleentheid om in een of twee sinne hulle belewenis met die doop van hulle kleinkind te verwoord. So 地 handeling sal ook mooi skakel met die teks van vandag, naamlik Abram wie se belofte en hoop wat hy van God kry ook nou skakel met die verkryging van 地 nageslag.

Die doopformulier in die Gebedeboek (6567) skakel mooi met God se verbond wat Hy met Abraham gesluit het en sou vandag met vrug gebruik kon word. Koppel die geloofsbelydenis ook hier aan die doopgebeure.

Sang

Lied 290 "Dit is my troos dat ek gedoop is"/NSG 361

DIENS VAN DIE WOORD

Gebed vir die opening van die Woord

(Sien basisliturgie vir Sondae in Lydenstyd.)

Skriflesing

Genesis 15:1-20

 

 

Kindertyd

Hongerdoek, maar indien die hongerdoek nie gebruik word nie kan verby die stasies van Jesus se kruisweg geloop word wat êrens teen die muur in die kerkgebou opgeplak is. Hierdie prente kan spesiaal gemaak word deur 'n kunstenaar, of dit kan 'n spesiale projek wees waarin die kinders betrek is. Tydens kindertyd kan die liturg rustig saam met die kinders vanaf 1 tot en met 14 loop.

Prediking

Antwoord

Lied 286 as gebed "Here God van liefde"

DIENS VAN DIE TAFEL

Formulier

Waarborg. Hier kan ook die gedagte van die nagmaal as sakrament wat God se belofte aan ons herbevestig uitgebou word.

Nagmaalsgebed

(Sien basisliturgie vir Sondae in Lydenstyd.)

Sang

Lied 515 "Soms kyk ons soekend om ons rond"

Dankoffers

Koppel die offergawes en die diens van barmhartigheid, en vra 'n lidmaat om 'n gebed te doen by die gawes. (Sien basisliturgie vir Sondae in Lydenstyd.)

UITSENDING

Verootmoediging en genadetoesegging

Na aanleiding van Lukas 13 en Psalm 27

Voorganger: Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 地 hen haar kuikens onder haar vlerke, maar julle wou nie! Kyk, nou word julle stad aan julleself oorgelaat. Maar ek sê vir julle: Julle sal My sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!

Daardie dag het alreeds vir ons aangebreek en kan ons saam met die psalmdigter uitroep:

Voorganger: Die Here is my lig en my redder,

Gemeente: vir wie sou ek bang wees?

Voorganger: Die Here is my toevlug,

Gemeente: vir wie sou ek vrees?

Voorganger: Net een ding het ek van die Here gevra:

Gemeente: dat ek my lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe.

Voorganger: Op die dag van gevaar sal die Here my red

Gemeente: en ek sal sing tot eer van die Here.

Voorganger: Luister tog na my, Here, as ek roep

Gemeente: wees my genadig en verhoor my gebed.

Voorganger: U het gesê ons moet U kom dien

Gemeente: Ek is hier om U te dien, Here.

Voorganger: Moet U tog nie verberg en my wegstuur nie

Gemeente: U was nog altyd my hulp.

Voorganger: Moet my tog nie verstoot en verlaat nie

Gemeente: U alleen is die God wat my red.

Voorganger: Al sou my ouers my verlaat

Gemeente: die Here sal my onder sy sorg neem.

Voorganger: Vertrou op die Here!

Gemeente: Wees sterk en hou goeie moed!

Voorganger: Ja, vertrou op die Here!

Antwoord

Lied 308 "Neem my lewe laat dit, Heer"/NSG 260

Slotsang

Lied 505 "Jesus, U gaan voor"/NSG 161

Seën

"Die Here seën jou en beskerm jou, Hy sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees, en Hy sal al jou gebede verhoor en aan jou vrede gee!"

Sang

Lied 312 of 313/314/315 "Amen"

INLEIDING tot GENESIS

Om `n inleiding te skryf oor `n boek waaruit slegs twee preektekste vir die Leesrooster benut word en dan nog tekste wat in die geheel van die boek so ver van mekaar verwyderd is, soos die Babelgebeure en die verbondsluiting met Abram, is geen maklike opgawe nie. Nogtans kan dit sinvol en nuttig wees om baie kortliks net die oorsig van Walter Brueggemann oor die Genesisboek aan te dui, met die oog op die plasing van die twee tekste in hulle onderskeie verbande. Brueggemann is van mening dat die narratiewe van Genesis in vier samehangende hoofdele geplaas kan word. Elkeen van dié hoofdele het `n sentrale spanningslyn wat tot `n klimaks oploop en na die klimaks afgerond word met enkele oorgangsberigte. Die verbindingslyn tussen die dele is telkens `n aspek van die roeping van God. Daarom onderskei hy die volgende vier groepe berigte in genres:

1. Genesis 1:1-11:29 "Die soewereine roeping van God". Hierdie sogenaamde oergeskiedenis-gedeelte in die Genesisboek fokus op die verhale van die skepping, tuingebeure, Kain en Abel, die vloedverhaal en die toringberig (11:1-9) wat ook die preekteks vir Pinksterfees is. Los invoegings in dié gedeelte is die genealogie in hoofstuk 5, 10 en 11. Die deurlopende gedagtelyn in hierdie groep narratiewe is die spanning tussen God se wil en roeping vir die skepping en die gemengde en afwykende wyses waarop die skepping en die mense op hierdie wil en roeping reageer. Die patos van God word na aanleiding van 8:20-22 en 9:8-17 as leidraad vir die ontwikkeling van die vloedverhaal erken en daarmee ook as die energie vir die res van die Genesisverhale.

2. Genesis 11:30-25:18 "Die omhelsde (embraced) roeping van God". In die Abraham-verhale in Genesis word die saak van geloof, dit wil sê die vertroue op die belofte van God dat hy die land en `n erfgenaam sal ontvang, as sentrale fokus gehandhaaf. Met `n paar uitsonderings van liggelowigheid en eiesinnigheid van Abraham se kant bly die primêre boodskap dié van gelowige toe-eiening van hierdie belofte. Die dramatiese beweging in hierdie verhale ontwikkel vanaf die aanvanklike belofte (12:1-3) tot die uiteindelike toetsing van vertroue (22:1-14). In hierdie verhale waarvan die teks vir die tweede Lydensondag (15:1-18) deel is, word verskeie belangrike teologiese temas wat in die res van die Bybel weerklank vind, aangesny. Voorbeelde hiervan is onder meer belofte, besnydenis, verbond, gebed, regverdiging deur geloof, vertroue en toetsing.

3. Genesis 25:19-36:43 "Die konflikvolle (conflicted) roeping van God". Die Jakob-verhale in Genesis is vol spanning en konflik. Die mindere, jongste, vlugtende Jakob, is deurlopend in konflikte met sy broer, pa, oom, vroue en les bes, ook met God gewikkel. Die betrokkenheid van God in sy lewe verskaf op `n manier vir Jakob oneindige probleme en konflikte. Die oorsprong van hierdie konflikvolle bestaan, word deur sommige in die uitspraak van Jahwe (25:23) gevind, naamlik: " die oudste sal die jongste dien."

4. Genesis 37:1-50:26 "Die verborge roeping van God". In hierdie laaste gedeelte van die boek word die Josef-verhale as `n diggeweefde eenheid vertel. Die enigste uitsonderings op hierdie eenheidslyn is hoofstuk 38 en 49. Die tema in hierdie verhale is God se voorsienige leierskap, waaruit duidelik blyk hoedat Hyself sy wil en doel in `n soort verborge styl laat deurwerk in die lewens van die mense by wie Hy betrokke is.

Met hierdie breë agtergrondsperspektief op die Genesisteks is dit nogtans nodig dat predikers aan elke gegewe teksdeel sal laat reg geskied, deur die spesifieke inhoudelike sake, bewegings, kwessies en teologiese temas wat daarin voorkom, op `n verantwoordbare wyse te ondersoek en die verbindings daarvan met die res van die teksgeheel en ook die Christelike tradisie se verstaan daarvan te deurdink.

 

PREEKSTUDIE GENESIS 15:1-18(21)

Teks

Skrifverklaarders verkies om, met goeie meriete, twee onderskeibare momente in die perikoop (wat die hele hfst 15 beslaan) aan te dui. In die eerste moment (1-6) staan die gesprek tussen Jahwe en Abram sentraal. Dié gesprek handel oor die belofte van Jahwe en die geloofskrisis wat dit by Abram opgeroep het. Vers 7-21 berig oor die sluiting van die verbond tussen Jahwe en Abram. Alhoewel dié twee duidelike momente in die perikoop onderskei word, is dit nie regtig sinvol om dit in die verkondiging van mekaar los te maak nie. Daar is vanuit tekshistoriese perspektief argumente dat die twee teksdele oorspronklik nie met mekaar verband gehou het nie, maar eers in latere redaksionele prosesse verbind is. Die huidige kanonieke weergawe word egter as eenheid aanvaar, en daarom word dit as sodanig hanteer. Vers 1-6 is wesenlik belangrik vir die verstaan en verloop van die res van die hoofstuk, asook vir die verdere Abram-geskiedenis. In dié verse vind daar `n duidelike beweging plaas van belofte na aanvaarding. Brueggemann sit dié beweging soos volg uiteen:

Vers 1 Jahwe se fundamentele belofte

Vers 2-3 Abram se beswaar dat hierdie belofte nie kan waar word nie

Vers 4-5 Jahwe se versekerende respons op hierdie beswaar

Vers 6 Abram se aanvaarding in geloof .

 

Na dié aanvanklike "act of commitment" (1-6) is 7-21 as `t ware `n dramatiese bevestiging en voltooiing van die verbintenis tussen die twee partye. Ook die tweede deel van die perikoop kan volgens Brueggemann in drie onderafdelings uiteengesit word:

Vers 7-11, 17 beskryf `n eienaardige rituele handeling wat klaarblyklik `n baie ou oorsprong het. Dit bring iets van die liturgiese karakter van verbondshandelinge in `n primitiewe gestalte na vore.

Vers 12-16 behels `n soort historiese refleksie oor die verloop van die belofte in Israel se geskiedenis. Die doel daarvan is klaarblyklik om `n verklaring te probeer gee oor hoekom die belofte so lank neem om in vervulling te gaan.

Vers 18-21 is `n voltooiing van die teologiese verklaring met die stellige bevestiging van die verbond as `n belofte dat die land wel ontvang sal word. Hiermee verkry die verbond weereens in sy geheel 地 belofte-karakter.

Daar is nie enige beduidende of ontwrigtende tekstuele probleme of onduidelike gegewens in die teks nie. Daarom is dit nie nodig om in tegniese kwessies te verval nie. Daar kan eerder by kommentare aangesluit word wat meer gerig is op verklaring en uitbreiding van die sentrale temas en terminologie, in die teksdeel. `n Aantal belangrike teologiese temas van die Ou Testament en trouens die hele Bybel, soos belofte en geloof, erfgenaam, verbond en land, kom op insiggewende wyse in die gedeelte na vore.

 Konteks

 Dié hoofstuk word deur verskeie Bybelverklaarders as baie belangrik en eintlik deurslaggewend vir die hele Abram-tradisie beskou. Trouens, etlike van die teologiese peilers wat hierin voorkom, is wesenlik belangrik vir die res van die Bybelse openbaring, asook vir die Christelike geloof. Daarom kan Brueggemann instemmend aangehaal word: "Theologically this chapter is probably the most important chapter of this entire collection. It has been judged by many scholars to be the oldest statement of Abrahamic faith, from which the others are derivative. It has been utilized by Paul in a distinctive way for his great teaching on justification by faith. There is no doubt that this chapter offers crucial resources for the themes of faith and covenant." Burger beaam dié perspektief as hy sê dat hierdie berig `n sentrale verhaal in die Bybel bevat het, waarin `n mens die genade en ontferming van die Here op sy helderste sien. `n Paar kort opmerkings oor sommige van die belangrike aspekte van die teks kan nooit reg laat geskied aan die rykdom van teologiese perspektiewe wat daarin na vore kom nie. Voornemende predikers behoort die postille in WTL II/3 (pp. 154-162), asook ander relevante literatuur waarna daarin verwys word, te raadpleeg voordat hulle dit waag om oor dié teks te preek.

Die eerste belangrike peiler om te oordink, is die beloftekarakter van Jahwe se openbaring aan Abram. Hierdie belofte staan teenoor en midde-in `n baie konkrete situasie van uitsigloosheid, vreemdelingskap, gevorderde ouderdom en kinderloosheid. Verder is die belofte ook nie nuut nie, trouens dit is eintlik net weer `n herhaling van die belofte wat sedert 12:1-4 steeds nie in vervulling gegaan het nie. Abram se eg-menslike reaksie op dié herhaling van die belofte is dus heeltemal begryplik. Wie kan aanhou hoop as niks gebeur nie en alles eintlik net versleg? Noordmans reken selfs dat in Abram se antwoord op God se beloftewoord (1) daar tekens van magtelose, moedelose trane van lydsaamheid is. Die verstommende is dat Jahwe klaarblyklik baie begrip vir Abram het en hom antwoord deur hom na buite toe te nooi, om daar aan hom die "sakrament van die skepping" te wys. Daarom verklaar Noordmans: "God merkt ook wel de tranen in Abrams tegenwerping en het ongeduld in zijn geloof. Hij komt hem tegemoet met al de middelen waarover Hij beschikt. Ook daarin wil Hij niets nalaten. Hij roept alles wat Hij geschapen heeft als getuige op van de waarheid van zijn belofte. Al het licht, dat Hij rondom zich wierp, toen Hij het op de eerste dag schiep, wordt aan Abram getoond."

`n Verdere moment vir indringende aandag is die uitspraak aangaande Abram (6): "Abram het toe in die Here geglo, " Die antwoord van die mens op God se bykans onvoorstelbare vooruitsigte en beloftes kan niks anders wees as geloof nie. Geloof as aanvaarding en vertroue, selfs na aanvanklike twyfel en in die aangesig van die teendeel, is die fassinerende moontlikheid wat die aanspraak van Jahwe vir mense bied - in welke omstandighede hulle ook al verkeer. Om hierdie geloofsmoontlikheid en die praktiese uitleef daarvan in menslike terme en kategorieë te probeer beskryf, is egter nie maklik nie. Tog bly dit die naelstring van geestelike lewe vir die mens. `n Naspeur en begrip van Abram se worstelende deelkry aan die lewe van geloof, maak dit begryplik hoekom hy as die vader van die gelowiges erken word, hy wat bereid was om te wag en te hoop en te vertrou, alleen maar op die hoor van die beloftewoord af. Dit is juis by dié uitspraak dat Paulus aansluit (Rom. 4; Gal. 3) wanneer hy oor die aard van die geloof praat. Verskeie predikers (soos Wallace, Wolff en Golz) kies om slegs op die eerste ses verse van die hoofstuk te fokus, in hul verkondiging van die primêre boodskap daarvan.

In dié verband is dit nodig om raak te sien en openhartig daaroor te praat, dat die geloof waaroor dit in dié teks gaan en wat in Abram se lewe deurgewerk het, geloof was wat op `n manier vanuit die ervaring asook verwoording van twyfel (vgl. 2 en 8) opgekom het. Dit is nie sommer maklike geloof nie, maar geloof wat korrespondeer met die uitspraak van die vader van die maansiek kind (Mark. 9:24): "Ek glo Here, kom my ongeloof te hulp!" (OAV). Dit herinner ook aan Luther se uitspraak dat ons geloof hier op aarde dikwels niks meer is nie as twyfel wat tot troos gebring is. Daarom kan Burger met reg verklaar dat Genesis 15 ons wil leer dat daar `n soort twyfel is wat nie teenoor geloof staan nie, wat ons nie buite die lewe met God plaas nie, maar wat wesenlik deel is van `n eerlike lewe saam met God. Dit is iets wat mense eers begin verstaan wanneer die tye en omstandighede regtig moeilik begin raak. Dan word die boodskap dat egte geloof meestal vanuit twyfelende verlange gebore word, `n woord wat mense diep troos. Wie regtig die hele pad saam met die lewende God wil loop, het hierdie troos baie keer baie nodig.

Die inhoud van die belofte van die Here aan Abram is van tweeledige maar ook voorwaardelike aard. God belowe aan Abram `n erfgenaam en die land. Die noodsaak van vervulling van die erfgenaam-belofte is `n voorwaarde vir die belofte van die land. As vreemdeling in `n vreemde land het Abram geen eie tuiste nie, maar as bejaarde swerwer het hy ook geen verwagting of behoefte aan `n tuiste as hy nie hoop op `n toekoms het nie. Sy toekomshoop is geleë in die verkryging van `n nageslag en erfgenaam. Daarom is die belofte van `n nageslag en erfgenaam, vir hom die toegang tot en primêre vervulling van, die belofte van die land. As God vir hom `n erfgenaam uit sy eie liggaam laat voortkom, is hy verseker van die besit van die land, al sal die finale vervulling daarvan eers eeue na sy eie lewe plaasvind, wanneer die terugtog uit Egipte voltooi is. (`n Interessante ideologie-kritiese vraag aan die teks is of 13-16 nie moontlik `n latere invoeging in die oorspronklike verbondsteks is ter wille van die legitimering van die landname deur Israel nie.)

`n Vierde teologiese dimensie in hierdie teks, wat ter wille van verkondiging indringend ondersoek en deurdink behoort te word, is die hele saak van die verbond. Die verbond is opsigtelik eensydig. God verbind Hom uit vrye wil en keuse aan Abram, en verwag eintlik geen soortgelyke aksie van Abram se kant nie. Dit is inderdaad `n verbintenis van vrye guns en genade. Daarom beweer Burger met reg dat Abram in der waarheid geslaap het terwyl die Here self alleen tussen die stukke vleis deurbeweeg het, as finale handeling van verbondsluiting. Dit was nie `n gelykwaardige verbond waarin die mens ewe veel verantwoordelikheid vir die handhawing daarvan aanvaar het nie. Dit is gewoon nie in ons sondige vermoë nie, en die Here weet dit alte goed. Daarom kom Hy ons tegemoet selfs in ons slapende en beangste swakheid. Die ongekwalifiseerde verbintenis van Jahwe wat in 18-21 beskryf word, is op `n manier `n konkrete eggo van dit wat reeds in 6 aangaande Jahwe se geneentheid jeens Abram aangedui is. In albei die gedeeltes is dit opmerklik dat die Here se toenadering tot Abram vry en onvoorwaardelik is. Abram hoef alleen maar hierdie toegeneë God heelhartig te vertrou. Dat die inhoud van die verbond die plegtige belofte van land is, is immers `n bevestiging van die oorspronklike roeping van 12:1-4. Daarom verklaar die Here reeds in vers 7 dat die besitname en bewoning van die land die eintlike doel en sin van sy aanvanklike roeping van Abram was.

Preekvoorstel

1. Wat laat mense twyfel? Nie sommer maar net wonder nie, maar ernstig twyfel? Wat laat mense diepgrypend en selfs lewensontwrigtend twyfel of dit wat hulle gehoop en op `n manier geglo het, met hulle sal gebeur of in hulle lewens sal waar word, ooit nog sal gebeur? Wat is die dinge wat maak dat twyfel en onsekerheid, wantroue en later wanhoop, onkeerbaar in mense se gemoedere en lewens inkom? So diep inkom en posvat, dat hulle hulself later net nie meer kan keer nie en dit hardop teenoor andere laat uitspreek, selfs teenoor diegene wat probeer om hulle te bemoedig en te verseker dat dinge sal regkom.

2. Klaarblyklik is daar baie redes vir twyfel. `n Indringende studie van die oorsake vir twyfel sal seker verrassende gegewens kan oplewer. As ons egter gewoon die teks van Genesis 15 as hulpmiddel sou gebruik om hierdie soort vrae te probeer beantwoord, is dit moontlik om veral drie oorsake vir twyfel aan te dui. Sien, in 2 en 8 van hierdie teks kan Abram homself gewoon net nie meer inhou nie. Sy twyfel en onsekerheid skyn duidelik deur wanneer hy vir die Here in antwoord op Sy beloftes en versekerings vra: "Here, wat kan U tog vir my gee?" en: "Hoe sal ek weet, dat ek dit sal besit, Here, my God?" Wanneer `n mens dit opmerk en vra: waar kom dit vandaan? wat veroorsaak dit? hoekom is Abram so sinies? wat laat hom so twyfel dat hy selfs nie huiwer om die Here te bevraagteken en teë te spreek nie?, dan help die teks ons met `n paar leidrade. Die eerste leidraad is Abram se opmerking oor sy kinderloosheid. Nog steeds, `n hele klomp jare na die aanvanklike belofte van die Here in 12:1-4, is Abram sonder kinders. Die realiteit van sy omstandighede as bejaarde, die uitsigloosheid van sy toestand, is net te waar om aan te hou hoop en glo dat daar nog iets kan gebeur. Mense begin twyfel wanneer die werklikheid vir hulle net te waar word om te ignoreer. `n Tweede leidraad is die verskuilde aanklag in vers 3: "U het nie vir my `n nageslag gegee nie." Abram het nog geen konkrete bewys dat die beloftes van die Here vervul sal word nie. Wie belowe, moet gee. Dit het nog nie gebeur nie. Waar die bewyse uitbly, kom die twyfel binne. Twyfel vat pos wanneer die konkrete bevestiging en bewyse vir die geldigheid van `n vooruitsig of belofte afwesig bly. Die derde leidraad wat by dié tweede rede vir twyfel aansluit, kan ons indirek onderskei in die verwysing na vier honderd jaar in 13. Wanneer mense te lank moet wag. Wanneer die vervulling, voltooiing, uitslag of afloop van dinge te lank uitbly, begin mense twyfel.

3. Die belangrike boodskap van ons teks is egter nie om te probeer verstaan hoekom mense begin twyfel nie. Nee. Die punt is eerder hoe God op mense wat twyfel, reageer. Wat maak God met mense, wat, om watter redes ook al, begin twyfel en wanhoop aan sy beloftes, aan sy Woord en uiteindelik aan Hom self? Die verrassende en evangeliese boodskap van die teks is dat God nie negatief reageer nie. Inteendeel, Hy reageer oorweldigend positief. Wanneer Hy agterkom en besef dat Abram nie meer kans sien om met sy belofte en Woord alleen te leef nie, dan gaan God oor tot praktiese handeling. Hy verwyt nie vir Abram nie. Hy word ook nie kwaad vir hom nie. Nee, die Here God doen twee baie praktiese dinge: Hy neem vir Abram buite toe, wys Hom die heelal en sluit met hom `n verbond. God oorweldig Abram met bewyse van sy werke en almag. Hy gee hom gewoon `n praktiese opdrag. Gaan berei die verbondsluitingsritueel voor. Ons gaan met mekaar verbond sluit volgens die gebruik dat verbondsgenote saam met mekaar tussen die stukke rou vleis deurloop, en so trou aan mekaar sweer. Kry alles in gereedheid dat Ek tasbaar, sigbaar en prakties, aan jou kan bewys dat Ek bedoel wat Ek sê, dat my beloftes vas en seker is, dat Ek my woord sal hou. Dan wag jy so `n wyle vir my.

4. Die oorbluffende ding wat dan gebeur, is dat, terwyl Abram vir die Here wag, hy aan die slaap raak. En terwyl hy slaap, kom die Here aan vir die verbondsluiting. In plaas daarvan om vir Abram wakker te maak, doen die Here die wonderlike ding. Hy sê, klaarblyklik in `n droom, weer aan Abram alles van sy beloftes en terwyl Abram nog slaap, loop God alleen tussen die stukke vleis deur. Hy sluit in eie krag en reg op eensydige wyse die verbond, en aanvaar daarmee volle verantwoordelikheid vir die instandhouding daarvan. Die Here het op `n manier net geweet dat as Hy die verbond afhanklik sou maak van Abram se trou, dan sal dit nie hou nie, maar môre, oormôre weer in stukke lê. Daarom doen Hy dit alleen. Hy alleen staan borg vir die waarheid van sy belofte, die goedheid van sy trou, die vastigheid van sy verbond. Hy teken die kontrak met sy eie bloed. Wanneer die mense aanhou om dit te breek, sal Hy dit op Golgota finaal kom teken. Hierdie tekening bevestig Hy telkens aan sy gemeente met `n paar druppels water, `n stukkie brood en `n slukkie wyn.