2 Junie 2002

Koninkrykstyd

Inleiding

Wat tydens die besonderse kerklike feeste gevier is omdat dit ontvang is, moet in Koninkrykstyd (gewone tyd)

uitgeleef word. Daarmee moet die liturgie help deur te herinner, uit te spel en te besiel.

Die volgende aksente en nuanses moet voortdurend aan die orde kom:

n Doelbewuste fokus op God die Vader, Seun en Gees.

Liturgies moet verreken word wat Van Ruler in n stadium oor die prediking geskryf het: "Rondom die werk van

Christus is die werk van die Gees. En daaragter is die ewige raad van God en die diepte van my hart. Hierdie diepte

van die mistiek en van die ewigheid mis ek tans te veel in die prediking. Dit is te Christologies en te aktueel. Dit

bring n sekere oppervlakkigheid mee." Iemand skryf hieroor: "Die weg van God tot verlossing van die sondaar loop

oor Betlehem en Golgota na die Olyfberg. Dit is waar, maar die weg begin nie in Betlehem en eindig nie op die

Olyfberg nie." Die liturgie moet hieraan uitdrukking gee.

Die paradoksale aard van die geloofslewe en die spanning waarbinne dit die kerk plaas.

Sonder om te probeer om hierdie spanning tussen "die al-reeds en die nog-nie", belydenis en lewe, voorneme en

werklikheid en tussen kerk en wêreld op te hef, moet die liturgie bydra om hierdie spanning n kreatiewe spanning

te laat bly. Die liturgie moet dus n oefening wees vir geloof, hoop en liefde. Die liturgie moet die gelowige help om

te sien al is dit steeds uit die verte en om te volhard, soos iemand wat die onsienlike sien, en om in swakheid

krag te ontvang (Heb 11:13, 27, 34).

Die opdrag aan die kerk om getuies te wees van die teenwoordigheid van God se koninkryk hier en nou, in die

blywende wete van die kragvolle teenwoordigheid van die Here van die kerk in die uitleef van hierdie

getuienistaak.

Die doel met n basisliturgie vir Koninkrykstyd is om kontraproduktiewe afwisseling te verminder en met herhaling

lering en belewing te dien. Met die oog hierop is sekere tekste gekies om voorgenoemde aksente en nuanses

deurlopend aan die orde te stel. Hierdie tekskeuses is natuurlik subjektief. Die gedeeltes wat gereeld herhaal word,

sal uiteraard hoofsaaklik onder God vergader ons voor Hom en Uitsending val.

Die bediening van die doop

Ongeag die fokusteks word die doop voor die viering van die nagmaal bedien. Logies kom die sakrament van die

inlywing voor dié van die inblywing. Van tyd tot tyd kan albei die sakramente in dieselfde erediens bedien word, mits

die res só ingekort word dat die gemeente nie aan oorversadiging sterf nie.

(Afhangende van die fokusteks kan die verskillende groepe betekenisse van die doop, nl (1) vereniging en inlywing,

(2) reiniging en vergifnis en (3) die ontvangs van die Heilige Gees en die nuwe lewe, afwisselend ter sprake kom.

Vgl A König. Stof jou doop af!, pp 8-32.)

Die aflegging van belydenis

Tradisioneel hoort dit nie in Koninkrykstyd nie. Indien daar wel sodanige geleenthede in hierdie tyd is, hoort dit tuis

Diens van die Woord en voor Diens van die tafel. Indien die Leesrooster enige invloed op die bepaling van die

spesifieke Sondag het, sal 11 Augustus (Rom 10:5-15 is een van die tekste) n sinvolle moontlikheid wees.

Die bevestiging van ampsdraers

Gewoonlik vind die jaarlikse bevestiging van ampsdraers in Koninkrykstyd plaas. Dit lyk vir my logies dat dit net ná

die geloofsbelydenis of onder Uitsending tuishoort. Ek stel voor dat dit net voor die wet onder Uitsending aan die

orde kom omdat dit n gewilligheid om tot seën te wees tot uitdrukking bring.

Inleiding tot n basisliturgie vir Koninkrykstyd

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Verreken die patos van die gemeente

Die patos van die gemeente is in die tweede helfte van die jaar oor die algemeen moegheid en hulpeloosheid

en dikwels die ontnugterende ontdekking wat ook die sinvolheid aanveg dat alles ten spyte van beloftes en

voornemens en beplanning en selfs pogings tog maar weer die ou bekende patroon volg. Dit is oor die

algemeen n tyd waarin die mens gekonfronteer word met die realiteit dat baie voornemens en dinge wat beplan

is, nie gehaal sal word nie.

Spesifieke/konkrete ervarings afhangende van die omstandighede in die gemeente. Probeer ook hier om

telkens aan die hand van Matteus perspektief daaraan te gee. Voorbeelde:

. Besorgdheid oor die toekoms: Matteus 6:1-34.

. Die dood: Matteus 28:6-7.

. Vrees: Matteus 10:2-31.

. Vergifnis: Matteus 18:21-35.

Die mens moet, in sy of haar konkrete nood, weet dat God hom of haar met deernis ontvang. Daarom die

gebruik van die uitnodiging aan die hand van tekste uit die Leesrooster.

Votum

Variasies op die tema van Psalm 100 word gebruik omdat Koninkrykstyd met "Sondag van Christus die Koning"

met Psalm 100 as fokusteks afsluit.

Seëngroet

Gebruik dit gereeld. Verduidelik aanvanklik, indien nodig, sekere frases.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Hierdie gebed se inhoud word medebepaal deur die spesifieke Skriflesing van die dag. Tog kan verskillende

moontlikhede oorweeg word. Elke liturg moet een of meer moontlikhede kies en dit deurlopend gebruik.

Skriflesing, kindertyd en preek

Die verrykende voorstelle gee hieraan aandag.

Sang (ná die preek)

Oorweeg om telkens ná die preek dieselfde lied te sing, byvoorbeeld Gesang 40:4: "Sou ek, o Heer, U nie vereer

nie " (NSG 43:4).

DIENS VAN DIE TAFEL

Oorgang en epiklese

n Kernsaak in verband met die sakramente wat moeilik by lidmate ingang vind, is dat God primêr die Een is wat in

die sakrament handel (en spreek). Die liturgie moet hierdie saak beklemtoon en inskerp.

Geloofsbelydenis

Ons moet versigtig wees met die plasing van die geloofsbelydenis voor die kommunie omdat dit n verkeerde

persepsie kan versterk, naamlik dat diegene wat hulle "geloofspiere bult" (P F Theron) waardige tafelgenote is.

Wanneer die nagmaal nie gevier word nie, moet die geloofsbelydenis as antwoord op die prediking volg.

UITSENDING

Wet

In Koninkrykstyd sal ek die wet oorwegend as "reël vir dankbaarheid" hanteer. Dankbaar vir wat reeds ontvang en

in die primêre feeste gevier is, wy ons ons lewe toe aan sy wil. Verder sal ek ter wille van kontinuïteit gedeeltes uit

die Matteusevangelie hiervoor gebruik. Die keuse uit hierdie gedeelte sal bepaal word deur konkrete

omstandighede en die fokusteks (tema van die spesifieke erediens).

Wat egter ook belangrik is, is dat ons in Koninkrykstyd telkens gekonfronteer word met God se wil en ons

onwil(ligheid) met ons klaaglike mislukkings en ons sonde. Ons kry dus telkens mense voor ons wat onder die

besef is van hulle onvermoë, mense vir wie Jesus innig jammer is ("want hulle was moeg en hulpeloos soos skape

wat nie n wagter het nie" - Matt 9:36).

Daarom sal ek op sekere Sondae die wet voor die Diens van die Woord plaas en so geleentheid skep vir gerigte

verootmoediging en skuldbelydenis en vir genadeverkondiging en retensie.

Bulletin

Die bulletin spel konkreet, binne die verband van die gemeente, uit waar en hoe ons ons getuienis moet uitleef. Dit

wys waar en hoe ons vir ander tot seën kan wees.

Sang

Ons kan dit oorweeg om telkens, net ná die bulletin, sonder aankondiging Gesang 222:4 (NSG 186) te sing, waarna

die liturg n verdere lied aankondig. Gesang 222 steun deurlopend die aandag/fokus op ons getuienisopdrag.

Basisliturgie vir Koninkrykstyd

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Aanvang

Gebruik die volgende frase (vul toepaslike woorde in nav n spesifieke Skrifgedeelte):

Die Here wat gesê het (of van wie daar gesê is) ...

is hier in ons midde

en Hy nooi jou nou:

"Kom, almal wat dors is,

kom na die water toe,

selfs ook dié wat nie geld het nie,

kom, koop en eet;

ja, kom koop sonder geld

en sonder om te betaal " (Jes 55:1).

Of:

"Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Neem my juk op julle en leer van My,

want Ek is sagmoedig en nederig van hart,

en julle sal rus kry vir julle gemoed.

My juk is sag en my las is lig" (Matt 11:28-30).

Of:

"En elkeen wat dors het, moet kom;

elkeen wat die water van die lewe wil hê,

moet dit kom kry, verniet" (Op 22:17b).

Hierdie uitnodiging behoort telkens by die aanvang van die erediens, wanneer God ons voor Hom vergader, aan

die gemeente gerig te word. Laat hoor in Koninkrykstyd hierdie uitnodiging telkens net voor die votum.

Votum

Gebruik Psalm 100 of gedeeltes uit Psalm 100 in verskillende kombinasies (na jou eie keuse).

Voorbeelde:

"Juig tot eer van die Here, almal op aarde!

Dien die Here met blydskap!

Kom voor Hom met gejubel!

Erken dat die Here God is:

Hy het ons gemaak en ons is Syne,

ons is sy volk, sy eie kudde" (vv 1-3).

Of:

"Die Here is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie,

sy trou duur van geslag tot geslag.

Gaan sy poorte binne met dankliedere,

sy tempel met lofgesange,

dank Hom,

prys sy Naam" (vv 5, 4).

Of:

Dien die Here met blydskap!

Kom voor Hom met gejubel!

Erken dat die Here God is:

Hy het ons gemaak en ons is Syne.

Die Here is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie (vv 2, 5).

Of:

Dien die Here met vreugde.

Sing vol blydskap en opgewondenheid.

Jubel dit uit dat die Here die enigste God is.

Die Here het ons gemaak.

Elkeen van ons behoort aan Hom: Ons is syne

en ons leef elke dag uit sy hand

(Ps 100 in Die Boodskap).

Of:

Dien die Here.

Loof Hom veral daar waar die gelowiges bymekaarkom.

Sing lofliedere saam met almal wat die Here liefhet. Loof sy Naam.

Hy is n goeie God, nou en vir altyd

(Ps 100 in Die Boodskap).

Seëngroet

Ek groet u wat erken dat die Here God is in sy Naam:

"Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon en van

Jesus Christus die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings

van die aarde" (Op 1:4b, 5).

Of:

Vervang die frase "sewe Geeste voor sy troon" met "Heilige Gees" of "Heilige Gees wat sorg dat alles gedoen word

wat God wil hê".

Antwoord

Uiteraard sal die lofsang wat gebruik word, wissel. Wat oorweeg kan word, is dat n bepaalde gesangvers (bv Ges

5:3/NSG 10:3) elke Sondag in Koninkrykstyd sonder aankondiging direk ná die seëngroet gesing word (as n eerste

antwoord van die gemeente), waarna die liturg n bykomende lied aankondig.

DIENS VAN DIE WOORD

Epiklese

Maak gebruik van Matteus 13:18-23 en bid iets soos: "Here, laat ons u Woord met blydskap aanneem, laat dit by

ons wortel skiet en verhoed dat bekommernis of die verleiding van rykdom dit verstik. Gee dat ons vrug dra. Amen."

Of:

Vertel die gelykenis van die twee seuns (Matt 21:28-31a) voor die epiklese. Bid vir gewilligheid en gehoorsaamheid.

Of:

Sing gereeld een van die volgende liedere:

Gesang 314:3 (NSG 345:3); Gesang 313:2 (NSG 344:2); Gesang 309:3 (NSG 347:3); Gesang 297:4.

Skriflesing

Kindertyd

Preek

Sing

Kies n lied wat aansluit by die preek en terselfdertyd die Diens van die tafel inlei.

Gesang 40:4/NSG 43:4.

DIENS VAN DIE TAFEL

Oorgang en epiklese

In die nagmaal is God primêr die Een wat handel. Ten diepste is dit Hy wat iets te kenne gee. Hy is aan die woord.

Daarom dat ons in die nagmaal bid vir wat ons demonstreer: Ons glo, kom ons ongeloof te hulp; ons het lief, laat u

liefde in ons sigbaar word. Ons gee wel geloof, hoop en liefde te kenne, maar só dat ons viering n bede om geloof,

hoop en liefde is, wetende God handel in die eerste plek. Die nagmaal is n uitnodiging om ons aandeel aan die

volle verlossing in Christus te vier en opnuut daarvan verseker te word. Dit is n geleentheid om deur die

tafelgemeenskap ons gemeenskap met die lewende Here en met mekaar te verdiep en so versterk te word in ons

geloof, in ons getuienis en in ons toekomsverwagting. Laat ons ons rig op die Bron van alles wat goed is, deur

Gesang 264:5/NSG 216:5 te sing: "Gee ons al meer, om U te eer, geloof, o Ewig-sterke ..."

Berig

(As verbondsmaaltyd het die nagmaal verskillende betekenisse. Ná die fokusteks sal telkens een of meer van

hierdie betekenisse uitgelig word. Dié wat verantwoordelik is vir die aanvullende liturgie van n bepaalde Sondag

kan ons hier met voorstelle dien.)

Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is brood geneem, God gedank, die brood gebreek en dit vir sy

dissipels gegee met die woorde: "Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis." Met die

beker ná die maaltyd het Hy net so gemaak en gesê: "Hierdie beker is die nuwe verbond beseël deur my bloed, wat

vir julle vergiet word."

(Die oorgang, epiklese en berig kan met die nagmaalgebed vervang word.)

Instelling

"Die brood wat ons breek, is die gemeenskap met die liggaam van ons Here Jesus Christus. Neem, eet, dink

daaraan en glo dat sy liggaam gebreek is tot n volkome versoening vir al ons sondes."

"Die beker is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus. Neem, drink, dink daaraan en glo dat sy

kosbare bloed vergiet is tot n volkome versoening van al ons sondes."

Uitdeling

Kommunie

Geloofsbelydenis

200

Sang

Gesang 294 of "Ons Vader" (NSG 325) en konkrete voorbidding.

Dankoffers

UITSENDING

Inleidend

Ons aanbid Jesus in Gesang 201:1: "As Gestuurde van die Vader is U self die weg na Hom ..."

As gestuurdes moet ons lewe heenwys na en getuig van hierdie Weg.

Of:

Die Here belowe dat Hy Abram sal seën en roep hom op om vir ander tot seën te wees.

Hier het die Here ons nou geseën. Laat ons dan vir ander tot seën wees deur dankbaar te gaan leef in

ooreenstemming met sy wil.

Wet

Kies uit een van die volgende tekste in Matteus: 5:16; 5:21-26; 5:27-30; 5:32-32; 5:33-37; 5:38-42; 5:43-48; 6:1-4;

6:16-17; 6:24; 7:1 ev; 7:12; 7:21-23; 23:23; 12:7; 15:10-20.

Bulletin (en voorbidding indien nie reeds gedoen nie)

Sang

Gesang 222:4/NSG 186:4 en n ander lied.

Seën

Jesus het gesê: "En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Onthou dan: "Die genade ... sal by julle almal wees" (2 Kor 13:13).

Eerste Sondag in Koninkrykstyd

Fokusteks: Genesis 6:9-22; 7:24; 8:14-19.

Ander tekste: Psalm 46 of 31:1-5, 17-24; Romeine 1:16-17; 3:22-31; Matteus 7:21-29.

Gebruik hierdie voorstel in samehang met die basisliturgie vir Koninkrykstyd.

Kindertyd

God is genotvol. n Mens kan Hom geniet.

Noag geniet vir God.

Hy leef naby God.

Julle weet hoe dit is as ons naby iemand leef soos met Pappa en Mamma. Ons leer om hulle te vertrou. Ons glo

hulle.

Een van jou maats het dalk al vir jou gevra: "Wie het so gesê?" Dan antwoord n mens mos: "My pa het so gesê en

my pa weet waarvan hy praat." Noag het naby die Here geleef en geleer om Hom te vertrou, selfs toe die Here vir

hom vertel het van n groot reën wat sou kom. Hy het geweet die Here is een reënvoorspeller wat jy maar kan glo.

En omdat Noag die Here vertrou het, het hy gedoen presies soos die Here vir hom gesê het, al was daar nog nie

n wolkie in die lug nie.

En toe die reën kom en al die mense wat God nie vertrou het nie, verdrink toe dryf Noag en sy gesin en die klomp

diere in die ark wat Noag gebou het.

Elkeen wat glo, sal gered word.

LITURGIESE VOORSTEL

201

(As die doop bedien word, kan jy in aansluiting by die Noagverhaal verwys na 1 Petrus 3:18-22 en verduidelik hoe

die gebeure met die doop verbind word.)

Teks

Voordat daar aan die verskillende teksgedeeltes aandag gegee word, moet ons let op een of twee algemene sake

wat met die teks verband hou. Allereers is die tekskeuse vir hierdie Sondag ietwat selektief. Die Noagverhaal vorm

n eenheid en dit is moeilik om te sien hoe die gekose teksgedeeltes sonder die res van die verhaal verstaan kan

word. Die Noagverhaal strek van Genesis 6:9-9:29. Wenham is van mening dat Genesis 6:5-8 as deel van die storie

van die "ou wêreld" gelees moet word en dus by die vorige gedeelte van Genesis hoort. Dit is uit die Hebreeus

duidelik dat die nuwe gedeelte in aanvang neem by 6:9 met die aankondiging: "Hier volg die verhaal van Noag"

(Hebreeus: telodot). Hoewel hierdie indeling gevolg kan word, kan die verhaal nie los van Genesis 6:5-8 gelees

word nie. Dit dien nie net as afsluiting van die vorige gedeelte nie, maar ook as inleiding tot die verhaal.

Verder is dit so dat daar in die Ou Nabye Ooste ook verhale oor n vloed bestaan het. In byna al die verhale gaan

dit ook oor die vernietiging van die menslike geslag en die redding van n enkeling (sien Westermann en Wenham

vir uitvoerige besprekings). Maar ons kan nie hieruit aflei dat dit na een vloed verwys nie. Ook die pogings in die

verlede om geologiese gegewens te verkry wat "bewys" dat so n vloed plaasgevind het, is regtig onnodig. Donald

Gowan wys tereg daarop dat die geologiese gegewens eerder daarop wys dat "wêreldvloede" plaasgevind het voor

die bestaan van die mensdom. Ons het hier te doen met n verhaal wat deel is van n algemene skat uit die

oorgelewerde literatuur van baie beskawings. Hoewel geleerdes deurgaans die ooreenkomste met die

Mesopotamiese vloedverhale beklemtoon, bevestig hulle ook deurgaans dat die verhaal van Genesis sy eie

karaktertrekke het. Die vloedverhaal word oorgewerk met n teologiese betekenis. Ons sal na hierdie betekenis

onder die afsonderlike teksverse kyk.

Die vraag is waarom die skrywers van die Ou Testament soveel stories gebruik wat ook in die verhaleskat van die

Ou Nabye Ooste voorkom. Otzen antwoord: "The explanation is to be found in the Israelite understanding of God,

and in the Israelite view of history. To put it somewhat sharply, we may maintain that the Israelite views on God and

history brought about a tendency to replace the original, real, cult-bound myth of the primieval era with accounts of

the high points of the history of the nations, the events of salvation history This could be termed a sort of

demythologizing, or, conversely, it could be regarded as mythologizing of history. It is in any case connected with

the Israelites insistence that Yahweh is primarily a God who reveals himself through the activities in history."

Luther het opgemerk dat die Here nogal daarvan gehou het om met Noag te praat, want hy herhaal aanmekaar wat

Noag moet doen. Daar is egter nou eenstemmigheid dat hierdie herhaling daarmee te doen het dat verskillende

bronne gebruik is om te verhaal sy huidige vorm te gee (Wenham, Brueggemann, Westermann, Von Rad) (6:14-21;

7:1-5, 7-9, 13-16). n Redaktor het uiteindelik hierdie bronne gekombineer.

Ons kyk nou na die teks in meer besonderhede.

Genesis 6:5-13: Die manier waarop die verse in 6:5-13 op mekaar volg, beklemtoon die diepte van die sonde van

die mens. Dit word in verse 5-7 "verdorwenheid" en "slegte" voornemens genoem. Hierdie soort beskrywing word

in verse 11-13 herhaal. n Baie sterk morele motivering word gegee vir die vloed. Dit is iets wat by die ander

vloedverhale ontbreek. Hier lê ook een van die groot verskille tussen die gode en God. Die gode in die verhale is

willekeurig. Anu en Enlil wou die mense vernietig omdat hulle te veel geword en te veel geraas het. Maar God gee

om. Sy hart is gebreek oor die mens wat Hy gemaak het.

Wanneer die sonde van die mens beskryf word, moet verskillende motiewe daarin raakgelees word. Allereers moet

ons insien dat die skrywer n teenstelling maak tussen hoe God dit bedoel het om te wees en hoe die toestand nou

is. Met die uitdrukking dat die aarde "vol geweld" is (vv 11, 13), word die skeppingsmotief opgeroep (1:26-28). Hy

het bedoel dat mense en diere die wêreld sou vul met sy beeld, maar dit gebeur nie. Die aarde is eerder vol geweld.

Hoewel hierdie sonde nie in soveel woorde uitgespel word nie, is die voorafgaande verhale (Adam en Eva, Kain en

Abel) n aanduiding daarvan dat God se skepping sy eie pad geloop het. Die geweld dui op antisosiale en

niemedemenslike gedrag. Dit gaan oor die koelbloedige minagting van die waardigheid van ander mense,

gemotiveer deur gulsigheid, gierigheid en haat. Dit kon selfs fisieke geweld en brutaliteit insluit (Wenham). Aan die

einde van die skepping het God gesien dat alles goed is. Nou is alles in God se oë korrup en vol geweld: "Then

God was pleasantly surprised by his creation: here he is shocked by its corruption. Let to itself the world has ruined

itself" (Wenham). Hier is n vasgeloopte skepping. Dit het geen toekoms sonder God nie. God se oordeel is n

volstrekte feit. Hy sal hulle uitwis (6:7, 13, 17).

PREEKSTUDIE - GENESIS 6:9-22; 7:23-24; 8:1, 14-19

Tussen hierdie verse word die karakter van Noag beskryf (vv 8-9). Brueggemann noem hom die een wat teen die

stroom van die storie ingaan, die alternatiewe moontlikheid, die nuwe persoon op wie nie een van die huidige

gegewens van die mensdom van toepassing is nie. Noag se karakter word met drie woorde beskryf. Hy is regverdig.

Dit is n sosiale begrip en wys op gedrag wat die sosiale norme van die gemeenskap gerespekteer het. Hy was dus

iemand wat moreel-eties reg opgetree het deur sonde te vermy en goed te doen aan sy medemens. Hy is ook

onberispelik. Dit is n kultiese begrip in meer as een opsig. Dit beskryf veral die vlekloosheid van n dier wat geoffer

word. Hierdie soort mense mag in God se teenwoordigheid kom (Ps 15:1, 2). Net soos Henog, het Noag ook "met

God gewandel", naby God geleef. Noag staan dus binne die tradisie van dié wat in die teenwoordigheid van God

geleef het. Die skrywer van die verhaal, sê Wenham, beklemtoon dat "human greatness is to be found neither in

heroic feats nor in an exalted social station but in faithfully obeying Gods word". Noag se karakter staan dus in

skrille kontras met die karakter van die wêreld (wat drie maal herhaal word).

Maar Noag se karakter staan nie in die sentrum nie. Dit is meer korrek om te sê dat God se karakter in die sentrum

staan. Vers 8 begin met die woorde dat die Here Noag begenadig het. Noag was in die eerste plek n voorwerp van

God se guns. God se genade word genoem voordat daar na Noag se kwaliteite verwys word. Verder is hierdie

opmerking van Wenham van groot waarde: " the narrative implies that Noah was linked by a pre-existing covenant

with God. It repeatedly talks of God confirming his covenant with Noah (6:18; 9:9, 17), and the rainbow reminds God

of his covenant. And at the peak of the flood we are told God remembered Noah (8:1), a phrase subsequently used

of those with whom God has entered into covenant."

Dit is en bly God se keuse om mense te begenadig. Noag is beslis nie n held nie, maar n gehoorsame. Noag praat

nooit nie. Hy doen net wat God sê. Dit word gebore uit die verhouding wat God reeds met hom het. Maar Noag is

n gewone mens en hy bly ook nie vroom nie. Later sal hy hom dronk drink en eintlik n skande wees.

Ons het reeds genoem dat dit veral God se karakter is wat in die sentrum staan. Tereg sê Wenham: "He is still

personal: anthropomorphic language is freely used to describe Gods thoughts and attitudes. But the failings that too

often characterize humanity and the Babylonian deities are eliminated. God is not fearful, ignorant, greedy, or jealous.

He is not annoyed by mans rowdiness, but by his depravity. Not partiality but justice dictates the salvation of Noah."

Een van die belangrikste uitsprake oor die hart van God word in hierdie gedeelte aangetref: Die Here was "bedroef

daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep gegrief" (v 6). Brueggemann sê dat God tot

die gevolgtrekking gekom het dat die wêreld sy doel misgeloop het. Die gedagte dat God "bedroef" kan wees, was

natuurlik nie algemeen in die Ou Testament nie. Sekere tradisies in die Ou Testament het selfs ontken dat God

hierdie emosie kan openbaar (Num 23:19). Gowan wys daarop dat die "hartseer" of "berou" van God dertig maal in

die Bybel genoem word. In 24 gevalle verwys dit daarna dat die Here van plan verander het. In 17 gevalle verwys

dit na gevalle waar Hy die straf wat Hy beplan het, herroep het (sien Hos 11).

Op grond van die sonde van die mens het God geen ander keuse nie as om alles tot niet te maak. Hierdie gedagtes

oor God is natuurlik nie dié van n kwaai tiran nie, maar van n bekommerde en hartseer ouer wat rou oor die

vervreemding tussen Hom en sy skepping (Brueggemann): "As a result, verse 6 shows us the deep pathos of God.

God is not angered but grieved. He is not enraged but saddened." Die bose hart van die mens raak die hart van

God (Brueggemann).

Genesis 6:14-22: In hierdie gedeelte vind ons die eerste verwysing na die verbond in die Ou Testament. Wenham

benadruk dat die gebruik van die Hebreeuse woord in vers 18 nie soseer om n nuwe verbond gaan nie, maar om

die bevestiging van n bestaande verbond (sien ook die opmerking onder 6:5-13). Dit gaan eerder om die vervulling

van die verbond soos ons die vervulling van God se woord kry (Deut 9:5). Die woord, die beloftes is reeds gegee

en sal herbevestig word. Ons Afrikaanse vertaling ondersteun nie hierdie verklaring nie, maar die Hebreeuse teks

wel.

God gaan die aarde vernietig, maar spaar die lewe van diere en mense (v 17). Die feit dat mens en dier saam gered

word, roep weer die skeppingsmotief op. Daar word mens en dier ook saam hanteer: "In both passages, human

beings does not exist in isolation: their daily needs are also rescued by being brought into the ark: work, family,

animals, food Gods command encompasses them all" (Westermann).

Genesis 7:23-8:1: Die Here het die aarde inderdaad tot niet gemaak soos Hy besluit het. Die wêreld het teruggekeer

na die staat van chaos toe die waters die aarde oordek het. God is op die punt om n nuwe begin te maak. In hierdie

verband vertoon die Mesopotamiese vloedverhale ook die swakheid van die gode. Toe die vloed te erg word, kon

hulle dit nie beheer nie. Daarteenoor is God in beheer van die skepping deur die wind te laat opkom en die water

te laat sak (Otzen). Die vraag is natuurlik waarom hierdie vloedverhale so prominent in die volksmond van die Ou

Nabye Ooste was. Gowan sê dat water een van die beste simbole vir die chaos was, "for in itself it has no form, all

other forms are swallowed up and disappear in it, and it engulfs and extinguishes life". Otzen merk tereg op dat die

chaos minder prominent by Israel was as by die volkere rondom hulle, omdat Jahwe as die alleenheerser van die

chaos gesien is. Hy stel die grense en plekke vir die chaosmagte vas en stel selfs grense aan die skade wat dit kan

aanrig. Hy het ook die mag om dit los te laat soos en wanneer Hy wil.

Tereg dui Brueggemann saam met Bernhard Anderson aan dat Genesis 8:1 die skarnierpunt in die Noagverhaal is.

God het onthou. Die verteller sê nie dat God Noag se vroomheid onthou het nie, maar dat Noag die voorwerp van

sy herinnering en genade was (6:8). Sy vroomheid was die gevolg van God se genade. Tussen die chaos wat die

mens oor homself gebring het en God se nuwe begin, staan dus God se herinnering aan sy mense. Dit is n tipiese

verbondsbegrip wat die medelye van God uitdruk (Ps 106:43-46). Wanneer God aan mense dink, bring dit Hom in

aksie. Hy doen dan iets aan die omstandighede van die mense. Dís die evangelie in Genesis 8. Brueggemann sê:

"The only thing the waters of chaos do not cut through is the commitment of God to creation. His remembering is

an act of gracious engagement with his covenant partner, an act of committed compassion." Sy verbintenis aan ons

staan bo die veranderlike dinge van ons bestaan.

Dit is uiteraard een van die sterkste motiewe in die vloedverhaal. Die vloedverhaal illustreer volgens Otzen God se

vrye besluit om die aarde wat Hy gemaak het, weer tot niet te maak. Die verhaal kan selfs só verstaan word dat ons

hier met n herskepping van die vroeëre skepping te doen het ("recapitulation of the original creation"). Wenham sê:

"A new world is born from the watery grave of the old; a new era has begun." Hierdie era begin in die hart van God.

Dáár lê die grond van verandering vir die mens.

Genesis 8:14-22: Noag se offer is ook iets wat in sommige ander vloedverhale voorkom. Dit is die natuurlike reaksie

van iemand wat n baie moeilike tyd oorleef het of n lewensbedreigende ervaring oorleef het. Daar is twee elemente

aanwesig, naamlik dankbaarheid vir die bevryding wat ontvang is, en n toewyding aan die bevryder vir die nuwe

lewe wat voorlê (Westermann). God hef uit vrye guns die vloek oor die mensdom op. Anders as die gode, wat met

die offer van die vloedheld soos vlieë op die offer neersak, is God teenwoordig met nuwe beloftes. Toe Enlil op die

offers afkom, was hy baie verbaas om te sien dat daar baie was wat oorleef het. Hy is nie almagtig of

alomteenwoordig nie. Maar God gee sy beloftes van n nuwe begin aan die sondige mens. God besluit om die

menslike geslag op aarde te laat bly en om dit nooit weer te vervloek nie, al is die mens geneig tot die kwaad (v

21). Hierdeur waarborg die Here die voortbestaan van die aarde (v 22): "The world existing after the catastrophe is

the world that has been preserved. It will be preserved in Gods hands until the end he determines for it. This

preservation takes shape in the great rhythms affecting all that lives, in the breath of life" (Westermann).

Anders as in die vroeë gedeeltes van Genesis wemel dit hier van datums. Die datum wat in vers 14 genoem word,

domineer die res van die gebeure. Dit was die begin van n nuwe tyd. Volgens Westermann het hierdie datum die

motivering gebied vir die instelling van die Nuwejaarsfees. Die Nuwejaarsfees dui die einde van die vloed en die

begin van n nuwe lewe aan.

Konteks

n Paar belangrike teologiese vrae moet in gedagte gehou word wanneer daar oor hierdie gedeelte gepreek word.

Allereers is die vraag na die veranderlikheid van God iets wat op die tafel geplaas word. Saam met Brueggemann

moet gesê word dat die fokus van die verhaal nie op die vloed is nie, maar op die verandering wat in God

plaasgevind het. Dit het uiteindelik n nuwe begin vir die skepping n werklikheid gemaak: "Many people hold a view

of God as unchanging and indifferent to anything going on in te world, as though God were a plastic, fixed entity.

But Israels God is fully a person who hurts and celebrates, responds and acts in remarkable freedom. God is not

captive of old resolves. God is as fresh and new in relation to creation as he calls us to be with him. He can change

his mind, so that he can abandon what he has made; and he can rescue that which he has condemned We are

confronted in this text not with a flood, but with a heavy painful crisis in the dealings of God with creation. It is

popularly thought that the crisis of the flood is to place the world in jeopardy. But a close reading indicates that it is

the heart and person of God which are placed in crisis" (Brueggemann). In sy Theology of the Old Testament

Brueggemann dat daar iets in God is wat gedurig teen vernietiging gekant is: "It is evident that something is at work

in Yahwehs interior, something to which Israel boldly bears witness, that works against, disrupts, and mitigates

Yahwehs free exercise of wrathful sovereignty."

Hierdie konsep van die "brose" God is nie die algemeen bekende opvatting nie. God is nie wispelturig nie, maar is

broos omdat Hy getrou bly aan Homself en sy liefde. Ons stukkende wêreld is n spieëlbeeld van die stukkende

wêreld in Genesis 6. Brueggemann is reg wanneer hy sê dat die chaos nie net deel van n ou volk se denkwêreld

is nie. Die ervaring van ballingskap het die vloedervaring n eksistensiële werklikheid gemaak. Ballingskap was die

ineenstorting van die bekende wêreld. Die ineenstorting van ons wêreld bring die lewende God in stryd met

Homself.

Aan die een kant is die verhaal n waarskuwing dat die Here sy eie manier het om die wêreld terug te bring na die

bestemming en visie wat Hy daarvoor het: "This God takes with uncompromising seriousness his own purposes for

creation. And he is impatient when those purposes are resisted. God holds an expectation for his world. He will not

abandon it" (Brueggemann).

Aan die ander kant is kiedenis" (Jaap Durand). Dit raak God wanneer dit droog is en mens en dier vergaan. Dit

breek sy hart dat die sonde gemaak het dat daar dinge soos aardbewings, persoonlike verliese, hongersnood, dood,

Auschwitz, Hirosjima en etniese suiwering plaasvind. Die skrywer van die Lukasevangelie sê: "Word vyf mossies

nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie" (Luk 12:6).

Hierdie medelye van God staan in skrille kontras met die moderne opvatting dat God geen gevoel vir die wêreld het

nie. Hoe meer n mens egter die Bybel lees, hoe meer word jy bewus van die medelye en smart van God oor sy

gebroke wêreld. Toe God sy Seun Immanuel genoem het, het dit beteken dat Jesus Homself geheel en al met ons

kom vereenselwig het. Ons kan sê dat God Hom inlaat met ons gebrokenheid (Daniël Louw). In Jesus se koms

neem God die skuld vir die nood en lyding van die wêreld op Hom. Ons moes dit self dra, maar Hy ruil plekke met

ons (2 Kor 5:21; Gal 3:13). Die Noagverhaal vertel van so n God wat Hom met die wêreld inlaat. Hy ken die hart

van die mens en dit is die krisis vir die hart van God (1 Kron 28:9; Jer 17:10).

n Volgende belangrike teologiese tema wat aan die orde gestel word is die aard van God se genade. Die verhaal

belig duidelik dat daar geen moontlikheid in die mens bestaan het op grond waarvan God n nuwe begin maak nie.

Hoewel die mens steeds boosheid bedink (8:21), sien God nie kans om die mens heeltemal prys te gee nie. Die

enigste hoop bly die genade van God. God sal aanhou probeer. Hierdie gedagtes roep ook ander gedeeltes in die

Bybel op. Die bekendste gedeeltes in die Ou Testament is sekerlik Hosea 11 en Esegiël 16. In albei gevalle word

die sorg van God en die blatante verwerping daarvan beklemtoon. Esegiël verwys na Noag om die absolute

verlorenheid van die mens te beklemtoon (Eseg 14:12-20).

In albei gevalle (Hos 11; Eseg 16) word ook die wonder van God se genade ten spyte van die sonde van die mens

beklemtoon. Die woorde van Esegiël 16:63 is aangrypend: "Ek gaan jou met My versoen ten spyte van wat jy

gedoen het." Die opwekking uit die dood word ook in Esegiël 37 sterk beklemtoon. In die Nuwe Testament

beklemtoon gedeeltes soos Efesiërs 2:1-10 en Titus 3:3-7 dieselfde gedagtes. Elke keer is die wending in die mens

se lot slegs in die hart van God geleë. Wanneer Jesaja die motief van die vloed opneem (Jes 54:9-17), word

beklemtoon dat God se liefde meer betroubaar is as die skepping self. Esegiël beklemtoon deurgaans dat God net

ter wille van sy Naam red. Israel het n hart van klip, net soos die mense in die tyd van Noag (11:19; 36:26). Net

deur God se genade word n nuwe begin gegee (Eseg 11:19; 36:26, 37).

Brueggemann beklemtoon egter tereg dat Genesis 6 vir die eerste keer God se hartseer en pyn beklemtoon in sy

poging om vas te hou aan sy trou. Uiteindelik sou Hy n deel van sy hart afskeur ter wille van n gebroke en

hardkoppige wêreld. Die enigste verandering of hoop op verandering wat in die wêreld plaasvind of kan plaasvind,

is die verandering wat in die hart van God is. Dis kos Hom iets: "The God-world relation is not simply that of strong

God and needy world. Now it is a tortured relation between a grieved God and a resistant world" (Brueggemann).

Slegs in die selfprysgawe van God lê die hoop vir die nuwe wêreld. Dis toe die Seun deur die vloed van die toorn

van God vernietig is dat mense soos ons die nuwe lewe ontvang het: "In Ezekiel God acts for himself In Genesis

for his troubled creation. The good news is that because of his person, this God acts most fully for himself when he

acts for the world he created and loves" (Brueggemann).

n Laaste motief word deur Petrus se verwysing na Noag opgeroep. Hy verwys na die vloed as die water van die

doop (1 Pet 3:20, 21). Daar sal inderdaad n tyd kom wanneer God weer oor sal begin met die wêreld. Intussen is

die kerk as gedoopte mense soos Noag se mense in die ark. Te midde van die vloed van God se oordeel oor hierdie

wêreld sal die kerk behoue bly, net soos Noag.

Met al hierdie perspektiewe in gedagte kan die indeling van die Heidelbergse Kategismus, naamlik sonde

verlossing dankbaarheid, n benadering wees wat gevolg kan word om struktuur aan die preek te gee. Dit is

natuurlik belangrik om te beklemtoon dat die Kategismus met die troosvraag begin. Juis hierdie konteks van die

troos dat ons aan God behoort, is ook die troosvolle boodskap wat deur die kategorieë van sonde verlossing

dankbaarheid aanwesig is. Dis juis omdat God nie sy wêreld wil opgee nie, omdat sy hart vol troos is, dat ons

behoue bly. Die diepte van die sonde van die mense word belig vanuit die agtergrond dat die Here die wêreld goed

gemaak het en wou hê dat die wêreld vol van sy heerlikheid moes wees. Die vloedverhaal moet gesien word teen

die agtergrond van die mislukking van die doel wat God met die wêreld gehad het. Hy het die wêreld geskep om in

verhouding met Hom te lewe, maar die wêreld het daarteen gekies. God se hoë verwagtings het op die rotse geloop.

Dit herinner aan die gedeeltes in Jeremia 3:19, 20 en Jesaja 5 waarin die Here met hartseer daaraan dink hoe Israel

alles wat die Here vir hulle in die vooruitsig gehad het, geminag het. God se sorg het vir Israel niks beteken nie.

Brueggemann sê dat hierdie wesenlike breuk tussen die Skepper en die skepsel die basiese agtergrond vorm van

die vloedverhaal. Die goeie skepping het ontaard in iets wat vol geweld is. Wanneer iets sy doel gemis en God

besluit het om dit uit te roei, is dit uiteraard klaarpraat met die skepping. Die skepping het homself vasgeloop sonder

God. Maar God se genade bevry ons uit die doodloopstraat wat die sonde bring. Deur die verlossing wat God uit

vrye guns gee, deur die nuwe skepping wat God daarstel, is ons op n nuwe weg van dankbaarheid geplaas. Die

offer van Noag om aan God die eer te gee vir die nuwe begin is ook die nuwe begin. Nou bring ons onsself as offers

vir die Here op grond van hierdie ontferming (Rom 12:1, 2).

Preekvoorstel

n Preek oor hierdie gedeelte sou kon begin met n verwysing na die geweldige gebrokenheid wat ons in die wêreld

sien. Hierdie gebrokenheid staan op die rekening van die mens. Van die eerste skeppingsoomblik af het die mens

sy eie koers gekies. Van Genesis 3 tot vandag toe sien ons hoe verhaal op verhaal die vervreemding van God se

mense vertel. Wat God in die vooruitsig vir die skepping gehad het, naamlik dat die aarde deur sy beeld gevul sou

word, het net mooi die teenoorgestelde reaksie gehad. Die aarde is gevul met hartseer en pyn weens ons geweld.

Hierdie vervreemding raak alle vlakke van die samelewing. Daar is vervreemding tussen man en vrou, mens en

skepping, mens en mens God se goeie skepping het misluk. God se verwagting dat alles goed sou bly en dat die

wêreld gevul sou word met sy heerlikheid, met mense wat sy beeld die wêreld indra, het in n doodloopstraat beland.

Al wat ons sien, is dat die wêreld vol geweld is geweld teen mekaar, teen die skepping en teen onsself. Dis die

verhaal van die mens. Keer op keer lees ons hoe God se verwagtings teleurgestel is. Israel, God se wingerd (Jes

5), dra suur druiwe ten spyte van sy sorg. Israel, sy vrou uit die woestyntyd, word n slet (Eseg 16; Hos 1, 2, 11).

Wat doen ons sonde aan die hart van God? Dit help nie om te dink dat God so groot is dat Hy nie deur ons sonde

geraak word nie. Tradisioneel sien ons dit so. Hy is immers God. In die Griekse wêreld het die gode alles besit.

Daarom kon die gode nie liefhê nie, sê Versteeg. Joan Osborne se liedjie One of us verwoord die moderne mens

se ervaring dat God nie eintlik by ons betrokke is nie. Enkele woorde uit die liedjie lui só: "If God had a name, what

would it be, and would you call it to his face? ... Yea, yea God is great, yea, yea, God is good, yea, yea, yea, yea,

yea ... What if God was one of us, just a slob like one of us, just a stranger on a bus, trying to make his way home.

If God had a face, what would it look like, and would you want to see it? If seeing meant that you would have to

believe in things like heaven, and in Jesus, and the saints, and all his prophets. Back up to heaven all alone, nobody

calling on the phone, except for the pope maybe in Rome." Die bekende lied van Bette Midler sê ook iets van hierdie

afstand: "From a distance God is watching us "

Maar sonde ráák God se hart. Die afvallige hart van die mens is n krisis vir die hart van God. Dit breek sy hart. Dit

bring Hom in stryd met Homself. Die verhaal van Noag belig hierdie ontsettende stryd in God se hart. Aan die een

kant is Hy die God wat met dodelike erns sy skepping aan sy doel wil laat beantwoord. Sy skepping moet sy

heerlikheid in die wêreld vertoon. Dit is sy skepping. Hy het die skepping lief. God is uiters ongeduldig wanneer

hierdie doel nie bereik word nie. Daarom is Hy vol berou dat Hy die wêreld gemaak het. Daarom vee Hy alles van

die aarde af weg sodat dit nie verder sy doel daarvoor kan verydel nie. Hy kan nie sy plan, sy doel vir die wêreld

opgee nie. In hierdie sin is God onveranderlik. Laat daar geen twyfel wees oor sy erns om sy doel te bereik nie. Sy

eer is op die spel.

Die bekende Oepke Noordmans vertel dat Brummelkamp, n vroom figuur uit die 19de eeu, hom dikwels

voorgeneem het om die gemeente goed die waarheid te vertel. Dit beteken dat hy dikwels lus gehad het om in te

klim onder die sonde wat daar in die gemeente is. Maar wanneer hy op die preekstoel geklim en hulle gesigte gesien

het, het hy hulle begin troos. Die rede, sê Noordmans, waarom predikers dit mag doen, is dat ons n sak vol beloftes

het. Die mens se hart is leeg aan beloftes en het dit ontsettend nodig.

Dit is wat so sterk na vore kom in hierdie gedeelte. Dit is juis hierdie oordeel van God oor sy skepping wat n nuwe

begin laat aanbreek. Dit is die ander kant van die stryd in God. Die woorde van Brueggemann hier bo is aangrypend:

"He can change his mind, so that he can abandon what he has made; and he can rescue that which he has

condemned We are confronted in this text not with a flood, but with a heavy painful crisis in the dealings of God

with creation. It is popularly thought that the crisis of the flood is to place the world in jeopardy. But a close reading

indicates that it is the heart and person of God which are placed in crisis."

Wanneer alles tot niet is (7:21-24), wanneer daar geen hoop meer in die skepping is nie, laat God n nuwe toekoms

aanbreek. God stuur die wind oor die aarde. Soos met die eerste skeppingsdag, breek n nuwe toekoms vir sy

skepping aan. Weer eens word die mens opgeroep om God se aarde te vul (9:1). Die draaipunt in hierdie verhaal

vind ons in Genesis 8:1. Hy dink aan Noag en aan al die diere. God dink nie aan sy skepping soos ons aan mekaar

dink nie. Wanneer God aan iets of iemand dink, bring dit Hom in beweging en breek n nuwe begin aan. Hierdie

betekenis word afgelei uit die totale gerigtheid van God op die heil van die mens wanneer Hy aan sy volk gedink

het (vgl in hierdie verband Eks 2:23, 24; 6:4-7; 32:13, 14; Ps 106:43-46; Luk 1:54 ev). Die verlossingsdade van God

word telkens daaraan verbind dat God aan sy volk gedink het. Wanneer God aan mense dink, beteken dit dat Hy

met al sy doen en late op sy volk gerig is, sodat Hy hulle uit hulle nood kan verlos (Versteeg). Maar God onthou ons

en die skepping nie omdat daar bepaalde kwaliteite in ons is nie. Dit is sy genade alleen wat Hom in beweging bring.

In God se woordeskat het die chaos nie die laaste woord nie. Al kies ons vir die chaos, kies God vir n nuwe begin.

Die laaste woord is by Hom wat oor die chaos heers (Ps 29:10, 11). Tereg vra Tillich: "Is daar enigiets wat ons

daarvan kan weerhou om vergeet te word? Ons kan nie vergeet word nie, want ons is van ewigheid af geken, ver

bokant verlede en toekoms."

God se hart kan dit nie hou dat sy mense, sy skepping, die draers van sy eer, tot niet moet gaan nie. Al gaan die

sonde van die mens teen die hart van God in, kom sy hart gedurig in beweging vir sy gebroke wêreld. Daar is

beweging in die God van die Bybel. Dit veroorsaak dat Hy uiteindelik sy hart uitpraat deur sy Seun Jesus Christus.

Adrio König verwys na Jesus se menswording en sê dat die verandering in God n vernederende gebeurtenis is: "In

Jesus is God méér en anders as God voor en sonder menswording ..." Maar hierdie beweging in God sien ons reeds

in Genesis 6-9 wanneer God berou het oor die mens se menswording. En tog kan Hy sy skepping nie prysgee nie.

Reeds in Genesis 6-9 "verneder" Hy Homself sodat sy skepping behoue kan bly. Daarom onthou Hy sy skepping,

dink Hy daaraan. Uiteindelik word Jesus die klimaks van sy herinnering aan sy gebroke skepping. Dit is die

hoogtepunt van sy trou en vernedering. Paulus skryf van God se trou te midde van die gebrokenheid van die wêreld

en sy mense (Ef 2:1-10). Deur sy genade red Hy ons, nie op grond van ons eie kwaliteite nie, maar op grond van

sy genade. Maar juis so is Hy met sy hele skepping op weg na n nuwe wêreld. Adrio König skryf: "Onder God se

trou of getrouheid verstaan ons allereers dat Hy sy doel bereik, dat Hy nie weens ons ontrou sy oogmerk laat vaar

nie, dat Hy selfs teen Israel se ontrou in, bereik wat Hy beoog. Onder sy trou verstaan ons dus dat Hy sy beloftes

vervul, dat ons met verwagting die toekoms kan ingaan omdat Hy ons sekerlik die nuwe hemel en aarde sal gee."

Op die lippe van die kerk is die woorde van Hans Bouma: "Ek glo ons sterf nie om dood te wees nie ... ek glo die

dood is die deurgang na die lewe ... ek glo in n gelukkige einde ... n nuwe skepping ... God woon by mense."

As dít God se passie is, word dit ook sy kerk sn. Die kerk is immers, net soos die ou skepping, mense wat uit die

dood na die lewe oorgebring is en nou God se nuwe skepping is wat sy beeld in hierdie wêreld behoort te vertoon

(Ef 2:10).

As God nuut begin met ons en die skepping en ons met verwagting uitsien na n nuwe hemel en aarde (Rom 8:18-

30), sug ons saam met die Gees en die gebroke skepping dat God alles nuut sal maak. Maar dan begin ons nou

reeds bou aan hierdie nuwe wêreld. Ja, die wêreld sal nie noodwendig n beter plek word nie, maar die kerk is die

enigste instelling wat uit die herskepping voortkom (Barth). Die kerk is iets van God se nuwe skepping in n ou

wêreld. Daarom moet die kerk ook n teken van God se wêreld wees. Daarom mag die chaos in God se wêreld nie

die laaste sê hê nie. Daarom mag die kerk nie die hande in die lug gooi en glo dat dit te laat is om iets aan die

gebrokenheid te doen nie.

Volgens Neil Verwey, n sendeling in Japan, is die Japannese, veral die ouer geslag, baie sensitief oor die opruim

van rommel. Hy skryf: "Selfs in die armste dele van Japan word strate silwerskoon gehou. Japannese maak dikwels,

sonder betaling, langs paaie en parke skoon. Firmas gee hulle werknemers met genoeë af as hulle hulle woonbuurte

wil gaan skoonmaak. Mnr Ken Noguchi is egter nie net oor sy onmiddellike omgewing bekommerd nie. Hy

het, wat die hoogste vullishoop in die wêreld genoem word, geskep. Ken, n bekwame bergklimmer, wat die hoogste

pieke op die wêreld se sewe kontinente oorwin het, is bekommerd oor die suurstofsilinders, die oorblyfsels van

tente en ander rommel wat bergklimmers op Everest agtergelaat het. Dié 26-jarige klimmer het skoonmaakaksies

op die Dak van die Wêreld geloods. Ek was geskok toe ek die hoeveelheid vullis op Berg Everest sien, wat deur

die bergklimmers agtergelaat is, het mnr Noguchi opgemerk. Met die enkele doel om rommel van die berg te

verwyder, is hy saam met vriende terug na Everest. Hulle het tot 8 300 meter bo seevlak geklim en met die hulp van

22 plaaslike Sjerpas 1-11/2 ton rommel in n maand lange onderneming bymekaargemaak. Ek wil n internasionale

opruimingspan van bergklimmers van Asiatiese lande saamstel om Berg Everest skoon te hou, het mnr Noguchi

gesê."

Ja, kinders van die Here gebruik al hulle gawes om van God se wêreld n beter wêreld te maak.

Versteeg sê dat wanneer ons onsself aan iets herinner, dit dikwels n saak van die verstand is. Maar wanneer ons

iets volgens die spraakgebruik van die Skrif gedenk, is dit n saak van ons lewe. Wat met ons gebeur het, raak ons

hele lewe, maar ook die skepping en ons medemens. As gedooptes, wat soos Noag se mense in die ark van God

gered is (1 Pet 3:20-21), is ons mense wat te midde van die chaos van ons bestaan n nuwe begin ontvang het. Net

soos die doop word ons deur die nagmaal konstant aan hierdie nuwe lewe uit die dood herinner.

Jesus se tweede koms word met die vloed vergelyk (Matt 24:37-38; Luk 17:26, 27). Dat God straf, word in hierdie

verhaal duidelik. Dat Hy weer aan die einde van die dae sal oordeel, is uit die res van die Bybel duidelik. Dat God

genadig is, is ook duidelik. Christus dra uiteindelik weer die straf vir die vloed wat ons moes tref weens ons

ongehoorsaamheid. Oor en oor gee God aan ons uitstel Sy kerk word draers van hierdie genade in die wêreld.

Laat ons mense van hoop vir n gebroke wêreld word.

Bibliografie

Brueggemann, Walter 1982. Genesis. A Bible commentary for teaching and preaching. Atlanta: John Knox Press.

Gowan, Donald E 1988. From Eden to Babel. A commentary on the book of Gen 1-11. Michigan: Eerdmans. Kidner,

Derek 1967. Genesis. An introduction and commentary. Londen: IVP. König, Adrio. Hier is ek! Gelowig nagedink.

Deel 1. Oor God. Pretoria: NG Kerk Boekhandel. Otzen, Benedikt 1980. The use of myth in Genesis, in Otzen,

Benedikt, Gottlieb, Hans & Jeppesen, Knud. Myths in the Old Testament. Londen: SCM Press, pp 22-61. Versteeg,

J P 1987. Bijbelwoorden op de man af. Kampen: J H Kok. Von Rad, Gerhard 1961. Genesis. Londen: SCM Press.

Wenham, Gordon J. Genesis 1-25. The Word Biblical Commentary. Texas: Word Books. Westermann, Claus 1987.

Genesis. Edinburgh: T & T Clark.