1 Johannes 5:9-13, Psalm 1 (Ernst Conradie)

4 Junie 2000

Omgewingsondag

 

Water, bloed en die geheim van die ewige lewe

Teks

Die ietwat vervlegte argument van die perikoop in 1 Johannes 5:6-13 word gebou rondom die motief van "getuienis". Die woord getuienis (marturia) kom nie minder nie as 10 keer voor in die gedeelte. Drie getuies word in die argument ingespan: 1) die water van Jesus Christus se doop, 2) die bloed van Jesus Christus se dood, 3) die Gees wie se getuienis in die hart van gelowiges vasgelÍ word. Dit is veral die Gees se getuienis wat gesag dra (vgl Joh 5:31-32).

Die argument moet waarskynlik verstaan word teen die agtergrond van heterodokse opvattings aangaande die mensheid van Christus. Daar was mense wat geglo het dat die hemelse Christus op Jesus neergedaal het met sy doop maar nie in sy dood nie. In sů 'n geval is dit net die aardse Jesus wat gesterf het. Die brief van Johannes argumenteer hierteenoor dat Christus self gesterf het sodat dit God self is wat deur die bloed van Christus ons reinig van alle sonde.

Die inhoud van elkeen van hierdie getuienisse word in vers 11 opgesom: "God het aan ons die ewige lewe gegee, en die lewe is deur sy Seun." Hiermee word 'n hele aantal tipiese Johannese motiewe ineenverweef. Hierdie motiewe kan soos volg aangestip word:

Ewige lewe: In die Johannese literatuur is 'n sterk toekomsverwagting (byvoorbeeld. vir Christus se wederkoms) minder prominent. Daar is eerder sprake van 'n "gerealiseerde eskatologie". Die ewige lewe is nie iets wat gelowiges eers eendag sal ervaar nie. Dit is iets waaraan gelowiges nou alreeds kan deel hÍ. Die ewige lewe word in die teenwoordigheid van Christus ervaar. As iemand in Christus glo, sal strome van lewende water uit sy binneste vloei (Joh 7:38).

Geloof en waarheid: Die geheim van die ewige lewe word deur die Gees aan gelowiges geopenbaar. Daarom het hulle die nodige insig om die strekking van die getuienis te begryp. Wat die eintlike verband tussen die water van die doop, die bloed van Christus, die werking van die Gees en die ewige lewe is, is immers nie sonder meer duidelik nie. Trouens, die argument van die perikoop is bra ingewikkeld om te volg. 'n Diepere geloofsinsig (gnosis) in hierdie getuienisse is binne die kring van gelowiges te vinde. Hulle wat glo, kan van binne uit wťťt dat hulle die ewige lewe het (5:13), terwyl ongelowiges in die duister verkeer (5:12). Daarom het hulle nie deel aan die waarheid nie en ook nie aan die ewige lewe nie.

Vader, Seun en Gees: Die besonder noue band tussen die Christus en die Gees is opvallend. Die Gees is die een wat van Christus getuig. Dit is terselfdertyd ook God self wat getuig (5:9) oor die werk van die Seun. Dit is God self wat die ewige lewe gee en wel deur die bloed van die Seun van God. Waar 1 Johannes 5:6-13 handel oor die kontras tussen gelowiges en ongelowiges, tussen ingeligtes en oningewydes, handel Psalm 1 oor die kontras tussen regverdiges en goddeloses. Hierby hou die parallelle tussen die twee perikope nie op nie. Kyk na die volgende aspekte:

Waar 1 Johannes 5:6-13 handel oor die ewige lewe, handel Psalm 1 bloot oor die geheim van 'n goeie lewe. Die kontras tussen die lewe van regverdiges en van goddeloses word geskets met behulp van twee metafore. 'n Boom wat by waterstrome geplant is, se blare verwelk nooit nie en dra volop vrugte, terwyl kaf nutteloos deur die wind verdryf word.

Die geheim van 'n goeie lewe word ook volgens Psalm 1 aan die regverdiges geopenbaar. Hulle vind vreugde in die woord van die Here. Hulle oordink dit dag en nag om tot diepere insig te kom. Hulle word deur die Here op die pad gelei.

Water funksioneer in beide perikope op 'n simboliese manier alhoewel die simboliek nie dieselfde is nie. Psalm 1 dui op die lewegewende en verkwikkende funksie van water terwyl 1 Johannes 5:6 oor die reinigende funksie van water handel, met spesifieke verwysing na die reinig van sonde deur die water van die doop.

Konteks

Hoe kan 'n mens hierdie twee teksgedeeltes vir die prediking en liturgie op Omgewingsondag benut? Die antwoord op hierdie vraag is nie sonder meer duidelik nie omdat die twee teksgedeeltes besondere hermeneutiese uitdagings binne sů 'n konteks stel.

Op die oog af bied die grafiese metafore van Psalm 1 geskikte materiaal om by die tema van omgewingsorg aan te sluit. Die motief van 'n boom wat by waterstrome geplant is en wat op die regte tyd vrug dra, kan immers op 'n gesonde ekosisteem dui. Daarteenoor lei ontbossing en gronderosie daartoe dat kaf deur die wind verstrooi word sodat alles verdor en verdroog en die lewe verwelk.

Psalm 1 gaan egter nie oor omgewingsorg nie, maar oor die kontras tussen regverdiges en goddeloses. Die oorsprong van hierdie kontras lÍ by die sosiale kringe waarbinne regverdige en goddeloses beweeg. Die regverdige vind vreugde in die Woord van die Here binne die vergadering van gelowiges. Die goddelose span saam met ligsinniges, sit in die kringe van die spotters (OAV) en volg hulle raad.

Ten spyte van die ekologiese metafore kan Psalm 1 dus nie sonder meer gelees word as 'n teks waarin regverdiges en wysheid met omgewingsorg geassosieer word nie.

Die Johannese motief van "lewe", bied oŽnskynlik ook 'n nuttige leidraad vir 'n ekologiese interpretasie van die teksgedeelte in 1 Johannes 5:6-13. Die begrip "lewe" het byvoorbeeld binne die "theology of life" program van die WÍreldraad van Kerke 'n ryke ekologiese betekenis verkry. 'n Teologie van lewe fokus op die gevare wat lewe bedreig: (ekonomiese) ongeregtigheid, (politieke en sosiale) konflik en (ekologiese) vernietiging. Daarteenoor word gelowiges opgeroep om te getuig vir geregtigheid, vir vrede en vir die eie integriteit van die skepping. Gelowiges word opgeroep om die gawe van lewe met dankbaarheid en in feestelikheid te vier - juis in die aangesig van die magte wat dood bring.

Dit is egter te betwyfel of die teks in 1 Johannes 5:6-13 met goeie reg as onder≠steunings≠materiaal vir sů 'n "teologie van lewe" gebruik kan word. Daarvoor is die getuienis net te skraps. Dit gaan ook nie hier om lewe in die algemeen nie, maar oor die geheim van die ewige lewe wat alleen in Christus te vinde is. Daarby waarsku Paul Santmire (The travail of nature, 1985:211-213) dat 'n ekologiese motief (dit wil sÍ 'n sterk waardering vir die aardse) nie besonder sterk in die Johannese literatuur figureer nie:

John often seems to suggest that salvation means the removal of believers from this world to some higher heavenly sphere, to the beginning when the Word alone was with God. This is suggested by John's Christology. So Kšsemann writes that the 'Incarnation in John does not mean complete, total entry into the earth, into human existence, but rather the encounter between the heavenly and the earthly.'

'n Meer vrugbare moontlikheid is om die "geheim van die (ewige) lewe as hermeneutiese uitgangspunt te neem. In beide gedeeltes is die soeke na waarheid, na wysheid, na diepere insig en onder≠skeidings≠vermoŽ, na die geheim van lewe, van rigtinggewende belang.

In die soeke na die geheim van die lewe, kan 'n mens met goeie reg begin om die getuienis op die oppervlak te beoordeel. In Psalm 1 lei dit tot die kontras tussen die twee metafore (die boom wat by waterstrome geplant is, en die kaf wat deur die wind verstrooi word). In 1 Johannes 5:6-13 lei dit tot 'n opstapeling van getuienis: 'n herinnering aan die kruisdood van Christus, die sakramentele praktyke rondom die doop in die vroeg-Christelike kerk, en die werk van die Gees in die innerlike (hart) van gelowiges. In die homiletiese en liturgiese voorstelle hieronder word hierdie getuienis op die oppervlak uitgebrei met behulp van ekologiese materiaal rondom waterbesoedeling en die lewegewende en reinigende simboliek van water. Daar word met ander woorde vir 'n oomblik vertoef by die simboliek van water vanuit 'n ekologiese perspektief voordat die teologiese dimensies van hierdie simboliek verder ondersoek word. Volgens beide die twee teksgedeeltes is 'n diepere insig immers noodsaaklik. Dit gaan hier oor meer as net besoedelde of reinigende water. Dit is nodig om die verskil tussen regverdiges en goddeloses te verstaan. Dit is nodig om die onderskeid tussen waarheid en leuen, gelowiges en ongelowiges, deelname aan die ewige lewe al dan nie, te begryp. Pas dan kan 'n mens eers op die spoor kom van die geheim van die lewe. Hierdie diepere insig is alleen moontlik van binne uit die vergadering van regverdiges (Ps 1), wanneer 'n mens deel het aan die Seun, wanneer 'n mens in die Seun glo, wanneer 'n mens die getuienis van die Gees in jou hart besit. Wanneer 'n mens die geheim van die lewe ontdek het, kan dit nie anders as om lewensveranderende gevolge te hÍ nie. Dit kan alleen eg wees wanneer dit inderdaad lewe bring, wanneer die boom wel vrug dra op die regte tyd. Alleen sů kan die gelowige 'n teken, 'n getuienis lewer sodat die wÍreld ook kan glo. Alleen sů kan die regverdige aan die wÍreld 'n verskil maak.

Preekvoorstel

Die volgende struktuur bied ťťn moontlike benadering vir die prediking op Omgewingsondag vanuit hierdie twee gedeeltes:

Die geheim van lewe is 'n tergende vraag wat mense deur die eeue heen bly boei het. Hoe kan ek lank, gesond en gelukkig bly leef? Die wat ouer word, wonder soms of daar dalk iewers 'n ewige jeug te vinde is. Miskien is daar Írens selfs 'n manier om aan die dood self te ontkom?

In ons dag is daar geen tekort aan antwoorde, rate en resepte vir 'n gesonde lewe nie. Kry genoeg oefening. Drink baie water. Eet net vrugte. Koop net organiese kos. Probeer hierdie soort kruie. Drink hierdie soort tee. Beoefen joga vir 'n soepel liggaam. Verminder stres deur meditasie. Dalk sal hierdie salf die plooie uitstel of verdoesel. En dan is daar botteltjies en botteltjies medisyne om reg te dokter waar 'n kwaal ook al te vinde is.

Niemand sal seker stry daaroor dat water die fontein van lewe is nie. Water, so sou 'n mens kon sÍ, is die geheim van die lewe. Sonder water is geen lewe moontlik nie. Ons eie liggame bestaan vir meer as 75% uit water. Sonder water verdor en verdroog alles. Psalm 1 wys ons daarop dat 'n boom wat by waterstrome geplant is, se blare nie verdroog nie. Dit dra vrugte op die regte tyd.

Water het ook 'n sleutelfunksie rondom reiniging. Ons was ons self, ons klere, ons skottelgoed, ons duur motors met water. Ons drink liters water om ons eie liggame skoon te hou. Soms probeer ons ons eie skuld afwas. Ander kere was ons ons hande in onskuld. Ons doop ons kinders met water om daarmee te sÍ dat hulle sonde deur die bloed van Christus afgewas word.

Die funksie van water om dinge skoon te maak, is natuurlik net moontlik as die water self skoon is. Vuil skottelgoedwater kan nie nog vuiler skottelgoed skoon kry nie. 'n Mens kan nie besoedelde water drink en gesond bly nie. Waar kan 'n mens water kry wat skoon genoeg is? Deur doodgewoon die kraan oop te draai? Hopelik ja. Maar dit is lank nie meer altyd die geval nie. Water word op talle maniere besoedel. Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde:

Suid-Afrika is 'n land met 'n relatiewe skaarste aan water. Die gemiddelde reŽnval in Suid-Afrika is 470 mm/jaar teenoor die wÍreldwye gemiddelde van 857 mm/jaar. Projeksies dui daarop dat Suider-Afrika teen 2025 'n absolute skaarste aan water sal ondervind. Samewerking en sekuriteit tussen lande soos Suid-Afrika, Lesotho, en Mosambiek berus in baie gevalle op ooreenkomste oor die gebruik van water.

Die totale gebruik van water in Suid-Afrika kan verdeel word in die volgende kategorieŽ: Besproeiing (60.6%); munisipale en huishoudelike gebruik (17.8%); industrieŽ (11.3%); mynbou (3.3%); kragopwekking (4.3%); natuurbewaring (1.0%); ander (1.7%).

Die huishoudelike gebruik van water in Suid-Afrika kan verdeel word in die volgende kategorieŽ: Tuine (35%); spoeltoilette (29%); badwater (19%); waswater vir skottelgoed en klere (14%); water vir drink en koskook (3%). Water kan dus bespaar word deur 1) plante wat relatief bestand is teen droogte; 2) dubbelslag spoeltoilette; 3) gereguleerde stortkoppe. Baie Suid-Afrikaners kry skoon water om te drink, om mee te kook en om mee te was, heel gerieflik deur net die kraan oop te draai. Maar miljoene ander moet vroeg opstaan, kilometers ver loop na die naaste waterbron en met swaar houers terugkeer om water in die hande te kry.

Water word op een van twee manier besoedel: chemikalieŽ en klein lewende organismes wat siektes soos malaria, cholera en bilharzia kan veroorsaak. ChemikalieŽ lei tot waterbesoedeling as gevolg van insekdoders, swaar metale in industrieŽ en mynbou, petroleum produkte (oliebesoedeling en lekkasies van opgaartenks), chloor en wasmiddels (veral via papierverwerking en tekstielfabrieke); kunsmisstowwe en riool lei tot 'n tť hoŽ konsentrasie van sekere chemikalieŽ in die afvloeiwater.

Tot 12 miljoen kinders sterf elke jaar in die wÍreld as gevolg van besoedelde water. Ook in Suid-Afrika is daar 12 miljoen mense wat nie toegang het tot water wat skoon en veilig is om te drink nie. 'n Mens kan nie meer aanneem dat rivierwater skoon genoeg is om te drink nie.

In sy boek, Caring for the earth (1997) skryf John Yeld dat die lugbesoedeling naby die kragsentrales in Mpumalanga soms vergelyk met die ergste in die wÍreld. Tussen 30 en 40 ton swaweldioksied word per vierkante kilometer per jaar in die atmosfeer vrygestel. Die swaeldioksied verbind met waterdamp en lei tot suurreŽn en ondrinkbare reŽnwater. Alles, sommer ons eie lewe ook, word daardeur versuur. SuureŽn verarm die grond, benadeel plantegroei, besoedel waterbronne, en beskadig geboue, toerusting en klere en bedreig mense se gesondheid. Die reŽnval in Gauteng meet soms 2.8 op die pH skaal - feitlik net so suur soos asyn.

Households use a lot of water. Precious water, often purified to exacting drinking standards at great expense, is sometimes allowed to run to waste on wide expanses of exotic suburban lawns. Households also lead to the pollution of scarce water supplies through non-biodegradable cleaning products.

Die probleme waarmee arm mense daagliks in Suid-Afrika se townships worstel, is tipies ekologiese probleme Ė al word dit nie altyd so ingesien nie. Watervoorrade is byvoorbeeld dikwels beperk of besoedel as gevolg van stukkende rioolpype, stilstaande waterpoele, en vuil waswater. Dit lei weer tot talle gesondheidsprobleme.

Vir verder materiaal kan die uitgawe van Enviroteach, Vol. 7 No. 1 oor "Water and the environment" geraadpleeg word. Dit bevat uitstekende didaktiese en grafiese materiaal.

Sien u die probleem? Vuil water is 'n simptoom van 'n siek samelewing. En met vuil water kan 'n mens nie 'n siek samelewing reinig nie. So beland ons in 'n bose kringloop. Daarvoor het ons 'n meer radikale oplossing nodig.

Miskien kan 'n mens vir 'n oomblik bloed oorweeg. Immers, soos die spreekwoord sÍ, bloed is dikker as water. Die bloed wat in ons are vloei, dra suurstof en lewe tot in die fynste aartjies van ons liggaam. Bloed red lewens, adverteer die bloedoortappingsdiens gereeld.

Maar nou weet ons ook dat ons bloed grootliks ook maar uit water bestaan. En die water is besoedel. My bloed dra dan nie net suurstof nie, maar ook gif tot in elke aartjie van my liggaam. Waterbesoedeling kan alleen maar tot bloedvergiftiging lei.

Waar in 'n besoedelde wÍreld kan 'n mens dan die fontein van lewende water vind? Die teksgedeelte in 1 Johannes 5 is ook op soek na 'n antwoord op hierdie vraag. Dit oorweeg al die beskikbare getuienis. Eerstens roep dit water as 'n getuie. Die water is hier die reinigingswater van die doop. Tweedens roep dit bloed as 'n getuie. Vreemd genoeg is dit die laaste sterwensbloed van Jesus wat op die grond drup wat hier as getuie van die bron van lewe dien. Derdens roep dit die Gees as getuie. Die Gees staan hier vir waarheid, vir diepere insig, vir die onderskeidingsvermoŽ wat die regter nodig het.

Die gevolgtrekking waartoe die teksgedeelte kom, is dat al drie hierdie getuienisse met mekaar ooreenstem op ťťn punt. Al drie wys vir ons heen na Christus. Jesus is met water uit die Jordaan gedoop. Jesus se bloed het op Golgota gevloei. Jesus se hele bediening op aarde vind deur die krag van die Gees plaas. Daarom, volgens die logika van die teksgedeelte, is lewe alleen deur die Seun te vinde. Alleen die wat in die Seun glo, het die lewe. Trouens, God gee aan hulle nie net lewe nie, maar inderdaad die ewige lewe.

Maar kan 'n mens dit regtig glo? Is dŪt die geheim van lewe? En watter verskil kan dit nou eintlik maak aan my lewe, aan 'n gesonde lewe hier en nou op aarde, aan 'n siek wÍreld vol besoedelde water? Watter invloed kan die bloed van Jesus van Nasaret op die gehalte van my eie lewensbloed hÍ?

Die teksgedeelte in 1 Johannes 5 wil ons juis help om dit te glo. As water, bloed en Gees nie genoeg getuienis is nie, dra ons ook die getuienis in ons eie hart (vers 10). Meer nog, dit is die getuienis van God self (vers 9). Dit is dan ook die doel vir die skryf van die brief self: dat ons seker kan wťťt dat ons alreeds die geheim van die lewe, die ewige lewe gevind het (vers 13). En die geheim is bekend: dit is Jesus, die Christus.

Vir hulle wat dit nie glo nie, maak dit geen sin nie. Daarom het hulle ook nie die lewe nie (vers 12). Hulle mis dit heeltemal. Hulle is, sÍ Psalm 1, soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Vir hulle verwelk die lewe vinnig. Hulle is soos gras wat in die mŰre nog groen is, maar as dit afgesny word, is dit in die aand reeds verlep en verdroog (Ps 90:6).

Vir die wat die geheim van die lewe egter van binne uit ken, spreek dit vanself. Vir hulle maak dit die wÍreld se verskil. En daarom kan hulle ook aan die wÍreld 'n verskil maak. Hulle is, so sÍ Psalm 1, soos 'n boom wat by waterstrome geplant is. Hulle blare verdroog nie. Hulle dra op die regte tyd gesonde vrugte vir die wÍreld om van te eet. Trouens, volgens die boek Openbaring dra die boom van die lewe twaalf keer per jaar vrugte. En die blare van die boom bring genesing vir die nasies (22:2). Dit bring genesing vir 'n siek en besoedelde, vir 'n dor en verdroogde wÍreld.

Soos 'n boom wat by waterstrome geanker is, sů bied die regverdige 'n teken vir die hele wÍreld van waar die fontein van die lewe te vinde is. Dit bied 'n teken sodat die wÍreld ook kan glo. Dan kan hulle ook kom drink uit die fontein met die water van die lewe Ė verniet (Op 21:6).