17 November 2002

Vyf en twintigste Sondag in

Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: 1 Tessalonisense 5:1-11.

Ander tekste: Rigters 4:1-7; Psalm 123; Matteus 25:14-30.

INLEIDING

Dit sal moeilik wees om hierdie erediens te vier as die opsteller(s) nie iets van die volgende belydenis met kinderlike

opregtheid en oorgawe kan nasê nie:

The way we conceive the future sculpts the present, gives contour and tone to nearly every action and

thought through the day. If our sense of future is weak, we live listlessly. Much emotional and mental illness

and most suicides occur among men and women who feel that they have no future.

The Christian faith has always been characterized by a strong and focused sense of future, with belief in the

Second Coming of Jesus as the most distinctive detail. The practical effect of this belief is to charge each

moment of the present with (this) hope. For if the future is dominated by the coming again of Jesus, there is

little room left on the screen for projecting our anxieties and fantasies. It takes the clutter out of our lives.

We池e far more free to respond spontaneously to the freedom of God [E H Peterson, The Message, p 506).

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Die tema van hoop op Jesus se wederkoms kan met liedere ingelei word reg aan die begin van die erediens.

Gesang 170, 174, NSG 143, Gesang 175, NSG 144, Gesang 177, NSG 49 kan onder meer hiervoor gebruik word.

Die manier hoe die liedere gesing word (orkes en jeuggroep) sal van gemeente tot gemeente verskil. Hierna sou

die gemeente kans gegee kon word om hulle ervarings oor Jesus se wederkoms en ons hoop op Hom met mekaar

te deel. Die hoe hiervan sal van gemeente tot gemeente verskil.

Psalm 123 sou goed gebruik kon word om die hoop te verwoord. Hierdie psalm sou voorgedra kon word. Die

gemeente sou dit ook net in stilte self kon lees. Rigters 4:1-11 het dieselfde soort toekomsverwagting van redding

uit nood waaraan die kinders van God in daardie tyd moes leer vashou. Hierdie verhaal kan dalk saam met die

verhale van die gemeente as betroubare verhaal vertel word.

Dit kan ook moontlik wees om ná hierdie onderlinge ervarings van hoop die gemeente te help om hulle

hooploosheid te bely. (Skuldbelydenis.)

Hierna sou die votum en seëngroet met die antwoordlied daarna (hopelik 地 vaste formule vir die hele Koninkrykstyd)

kon volg.

DIENS VAN DIE WOORD

Die volgende stukkie prosa en gebed kan iewers in hierdie moment van die erediens gebruik word. Dit word voorafgegaan

deur die volgende opmerking: Die siklus van 地 lewensjaar is nie die beeld wat aan mense se bestaan sin

gee nie. 地 Ondergang is net mooi in herfsblare, by mense is dit verskriklik. Bertolt Brecht skryf:

Ek erken:

Ek het geen hoop nie.

Die blindes praat van 地 uitweg.

Ek sien.

As die vergissings verbruik is,

Sit teenoor ons as laaste geselskap

die niet.

Wanneer ons ons hoop verbind aan ons gedagtes of aan keerpunte in die geskiedenis, of die wederopstanding van

die een of ander wet van wording en verval verwag, is ons inderdaad ook blindes. Maar ons hoop nie op 地

lewenswet om ons te red nie. Ons hoop omdat Jesus lewe. Ons hoop, en dit beteken ons kom los uit die loop van

menslike skynhoop. Ons weier om in drome en korttermyntroos verstrik te raak. Ons kyk reguit vorentoe. Ons wag

op 地 uur wat die kringloop verbreek. Ons wag op GOD self. Ons wag op ewigheid.

Here, ek wil nie meer na regs

en na links kyk nie.

Ek soek nie meer my bietjie hoop nie,

nie meer my klein lewe hier en daar nie.

Ek soek nie meer myself nie, maar net vir U.

My jare gaan verby, maar U bly.

Onttrek U nie, laat my U vind.

Ek wil loskom

van selfbedrog en valse hoop.

Ek wil voor U staan.

U verwag. U vind.

U verstaan. In U glo.

Ek leef al lank genoeg soos een wat ewig leef.

Ek hoop al lank genoeg

asof daar in my klein wêreld hoop is.

Ek wil loskom uit die kringloop

van selfbegogeling.

Ek wend my tot U.

Ek wag op U.

Moet U nie afwend nie, laat my U vind.

Here, U bly.

En ek bly by U.

Nóg dood nóg lewe

sal my van U skei.

Ek verwag niks meer nie

as U alleen.

Jorg Zink

Gee die gemeente die geleentheid om ná die prediking (die getuienis van die liturg) te respondeer met hulle

getuienis uit die Woord soos in 1 Tessalonisense 5:1-11. Dit kan ook net ná die Skriflesing gedoen word.

DIENS VAN DIE TAFEL

Die tafel, brood en wyn is die sigbare liggaam van Jesus (dit is my liggaam) wat bevestig dat Hy gekom het en aan

die kom is; ons enigste HOOP.

Die gemeente moet kortliks hieraan herinner word en in stilte hieroor nadink. Die beste alternatief is natuurlik om

gewoonweg nagmaal te vier. Hierdie liturgie sonder die viering van die nagmaal sal mank gaan aan ware HOOP.

UITSENDING

Die gemeente kan die Apostoliese Geloofsbelydenis in hierdie moment van die erediens bely. Dit beteken dat ons

die lewe ingaan met hierdie vaste geloof (saam met die kerk van die eeue) dat ons net aan God vashou en so in

gemeenskap met mekaar getuies is vir God en sy koninkryk. Dit sou goed wees as die belydenis responsories

gedoen word. Byvoorbeeld: Liturg: Ek glo in God die Vader. Gemeente: Ek glo dit. Enige ander variasie hiervan kan

ook oorweeg word.

Inleidend

Hierdie teks word in die Woord teen die Lig-reeks (I/6, p 187) deur Wessels behandel. Lees die opmerkings by punte

1 en 2 onder Teks in die vorige preekstudie. Dit dien ook as algemene inleiding tot hierdie teks.

PREEKSTUDIE - 1 TESSALONISENSE 5:1-11

Teks

Enkele opmerkings word hier oor die perikoop en individuele verse gemaak. Vir meer volledige inligting, sien

Wessels en die kommentare.

Die saak wat Paulus hier aanspreek, is die vraag na die spesifieke tyd of oomblik van die wederkoms van Jesus.

Dit vloei eintlik spontaan uit die kwelling wat hy in 4:13-18 aangespreek het. Dié wat bekommerd was oor die status

van die mense wat reeds gesterf het met Jesus se wederkoms, moet noodwendig ook wonder oor hulleself. Sê nou

ek sterf voor Jesus kom? Wat word dan van my? Is daar enige manier waarop ek kan weet of Hy sal kom voor ek

sterf? Dus: die vraag wat Paulus in 4:13-18 aanspreek, roep hierdie vraag spontaan op. Verder was dit ook tipies

van geskrifte oor die eindtyd om aan die wanneer-vraag aandag te gee (Gaventa).

Die volgende struktuur kan in hierdie gedeelte uitgewys word: Vers 1 kondig die vraag aan waaroor dit gaan. Deur

gebruik te maak van 地 spesifieke stylfiguur (paralipsis) word die lesers se aandag gevestig op die nuwe saak wat

nou gehanteer gaan word. Hy kondig die saak aan en sê dan dat hy nie eintlik iets daaroor gaan sê nie. In verse 2-

3 word daarop gewys dat die wederkoms onvoorspelbaar, skielik en onvermydelik sal wees. Twee helder beelde

word gebruik om hierdie punt te maak. Net soos die koms van 地 dief nie voorspel kan word nie en skielik op jou

afkom, so sal dit met die tweede koms van Jesus ook wees. En net soos die geboortepyne 地 verwagtende vrou

oorval en sy dit nie kan ontkom nie, só sal die wederkoms onvermydelik almal tref. In verse 4-5 sê Paulus dat die

gelowiges nie hierdie dag hoef te vrees nie omdat hulle kinders van die lig is. Vrygemaak van enige vrees vir die

dag van die Here, kan en moet die gelowiges nou hulle energie en aandag daaraan wy om reg te lewe. Daaroor

gaan dit in verse 6-8. In verse 9-10 word die grondwaarhede aangaande die gelowiges se status by die wederkoms

gestel, ongeag hulle liggaamlike status lewend of dood. In Christus is die status van die gelowige altyd "lewe"

ook al is hy of sy dood. Vers 11 sluit aan by 4:18 se aanmoediging om mekaar te troos met die toevoeging van 地

erkenning dat hulle dit reeds doen.

Wessels wys op die interessante opvolging van imperatiewe (opdragte) en indikatiewe (waarhede) in dié verse:

verse 1-3: imperatief wees gereed;

verse 4-5: indikatief julle is kinders van die lig;

verse 6-8: imperatief wees dan wakker;

verse 9-10: indikatief God het ons in Jesus verlos, en

vers 11: imperatief vertroos mekaar.

Die volgende opmerkings by hierdie tekste kan van waarde wees.

In vers 1 word twee tydwoorde gebruik, naamlik kronoi en kairoi, wat in ons nuwe Afrikaanse vertaling met "tyd en

omstandighede" vertaal word. Kronoi dui op kronologiese tyd met ander woorde horlosietyd, terwyl kairoi op 地

spesifieke moment in die tyd dui. Dié twee woorde word waarskynlik hier as 地 eenheid bedoel. Dit word dus as 地

vaste uitdrukking gebruik. Daar moet nie te veel van die verskil tussen die twee woorde gemaak word nie.

Paulus herinner die Tessalonisense daaraan dat hulle reeds deeglik daarvan bewus is dat "die dag van die Here"

onverwags sal kom (v 2). Tydens Paulus-hulle se bediening onder die Tessalonisense het hulle waarskynlik hierdie

waarheid deeglik aan die gelowiges oorgedra. Hulle het die Tessalonisense op hoogte gebring van Jesus se eie

woorde. Hy het self die wanneer-vraag beantwoord met 地 verwysing na die beeld van 地 dief wat onaangekondig

en skielik sy opwagting maak. Die vraag na die presiese tyd van die wederkoms is dus eintlik onvanpas vir mense

wat reeds hierdie kennis het.

Die onverwagse karakter van die wederkoms kom ook tot uitdrukking in die beeld van die swanger vrou (v 3). Die

wederkoms is nie net onverwags in die sin van onvoorspelbaar nie, maar ook in die sin van "nie te wagte nie". Dit

sal plaasvind op 地 oomblik wat mense sal sê: "Alles is so veilig en vol vrede." Maar hierdie beeld dui veral ook op

die onontsnapbaarheid van hierdie dag. Net soos 地 swanger vrou nie die geboortepyne kan ontsnap nie, so sal

niemand die koms van hierdie dag en die implikasies daarvan ontsnap nie. "Die mense" na wie Paulus hier verwys,

is waarskynlik dié wat sonder 地 wederkomsverwagting leef. Dit kan verwys na dié wat die wederkoms reguit ontken

óf na dié wat dit as 地 te ontwrigtende werklikheid beleef vir hulle lekker rustige aardse lewe. Die klem val hier op

die oordeelkant van die wederkoms. Diegene wat dit ontken of nie daarmee rekening hou nie, sal onvermydelik

daardeur oorval word. Vir hulle dra die wederkoms die karakter van ontwrigting en oordeel.

Maar vir die gelowiges het die wederkoms 地 totaal ander karakter. Dit maak hulle nie bang nie, omdat hulle "almal

mense van die lig" is (v 5). Die wederkoms is die aanbreek van die dag van die Here. Dié dag is lig en nie donkerte

nie. Mense van die lig is lief vir die lig. Hulle verwelkom die dag. Dit oorval hulle nie. Hulle sien uit daarna met

verwagting.

Hierdie waarheid het implikasies vir die lewe. In aansluiting by die teenstellings van dag/nag en lig/duisternis,

gebruik Paulus die teenstellings van slaap/wakker wees en dronk/nugter wees om hierdie implikasies uit te spel.

Iemand wat slaap of dronk is se sintuie is ingeperk en afgestomp. In dié toestande weet jy nie mooi wat om jou

aangaan nie. Dan oorval dinge jou onverhoeds en is jou reaksie traag en onvanpas. Iemand wat wakker en nugter

is, daarenteen, se sintuie is fyn ingestel en gereed vir aksie. In dié toestande weet jy wat om jou aangaan en kan

jy gepas op gebeure reageer. Die Amplified New Testament gee die ryk betekenis van hierdie begrippe soos volg

weer: "... but let us keep awake (alert, watchful, cautious and on our guard) ..." (v 6b). Om wakker en nugter te lewe

is nie net om oop oë te hê en geen alkohol in jou lyf nie, maar om fyn ingestel te leef met al jou sintuie werksaam.

Dit laat Paulus dink aan 地 soldaat op wagdiens (v 8). Soos hy later in Efesiërs 6 ook doen, gebruik hy die beeld

van die Romeinse soldaat om sy gedagte verder uit te brei. Die sintuie wat in die gelowige se lewe altyd wakker en

skerp ingestel moet wees, is geloof en liefde en hoop. Hierdie drie aksies beskerm die dissipel van Jesus. Maar dit

is ook veral die kenmerk van iemand wat as 地 "mens van die lig" lewe. Geloof en liefde en hoop is aksies van die

lig. Dit is soos die strale van dagbreek. Dit kondig die koms van die dag aan. Mense wat dus gelowig, liefdevol en

hoopvol lewe, kondig reeds in hulle lewe die wederkoms van Jesus aan. Hoe kan hulle dan ooit onverhoeds

daardeur oorval word of daarvoor bang wees?

Oor een ding kan die gelowiges seker wees: Hulle verlossing is in Christus verseker (v 9). Daarom is straf nie hulle

voorland nie. Sy dood beteken vir die gelowiges lewe. Ewige lewe. En selfs die liggaamlike dood kan hieraan geen

verskil maak nie (v 10). Selfs al sterf ons voor die wederkoms en is ons liggame dood, lewe die gelowiges. Dit is

die waarheid aangaande ons in Christus. Hieraan kan die dood geen verskil maak nie. Hierin het die dood geen sê

nie. WANT IN CHRISTUS IS DIE DOOD VIR DIE GELOWIGE DOOD! So beantwoord Paulus nie die vraag na

die tyd van die wederkoms nie, maar besweer hy die bekommernis wat agter dié vraag lê.

In plaas daarvan om te wonder oor die tyd van die wederkoms en wat van julle sal word, moet julle mekaar eerder

troos en aanmoedig met hierdie woorde, sodat julle reg kan lewe (v 11). Maar eintlik sê ek nou vir julle iets wat julle

reeds doen, sê Paulus. Daarom: Hou aan om elkeen onder julle wat oor die wederkoms vrae het met hierdie woorde

te bemoedig.

Konteks

In die Duitse preektradisie word hierdie gedeelte as 地 Adventsteks gebruik. In hierdie projek word dit egter saam

met 4:13-18 benut om Koninkrykstyd mee af te sluit. Dié twee gebruike staan eintlik glad nie ver van mekaar nie.

Die laaste paar Sondae in Koninkrykstyd fokus op Jesus se wederkoms, terwyl Advent die aandag vestig op Jesus

se eerste koms. Tog gaan dit in Advent nie net oor sy eerste koms nie, maar ook oor sy wederkoms. Eintlik is dit

waar van die hele kerklike jaar en loop hierdie tema soos 地 goue draad daardeur: God is altyd komend!

Aangesien hierdie teksgedeelte 地 sterk etiese karakter dra met riglyne vir 地 lewe wat met die wederkoms rekening

hou, pas dit besonder goed by Koninkrykstyd. Want in dié seisoen fokus ons op die implikasies van Jesus se koms

(eerste en tweede) vir ons lewe.

Paulus wil met sy skrywe die Tessalonisense troos en bemoedig. Dit was nodig en moontlik omdat hulle die dood

en die wederkoms ernstig opgeneem het. Hoe preek 地 mens hierdie teks as trooswoord vir mense in ons tyd? In

aansluiting by Arbuckel se opmerkings rondom die Westerse neiging om nie te wil rou nie, kan 地 mens aflei dat die

Westerling wat nie rou nie ook nie oor die wederkoms dink of wil dink nie. (Lees gerus weer wat hy sê by die vorige

preekstudie onder Konteks.) Wie met die dood klaargespeel en dit vinnig agter die rug gekry het, het nie die

wederkoms nodig nie en verlang nie daarna nie. Wessels maak dieselfde punt wanneer hy aantoon dat Europese

teoloë daarop wys dat die lewensituasies en -vraagstukke van ons tyd anders is as dié van die Tessalonisense. So,

byvoorbeeld, het hulle die wederkoms enige oomblik verwag, terwyl die wederkoms in ons dag eintlik glad nie 地

vraagstuk is nie. Teologies is die leer aangaande Christus se wederkoms ook lank nie meer 地 saak waaroor almal

saamstem nie. Prominente teoloë het boeke oor hierdie saak geskryf en 地 saak daarvoor probeer uitmaak dat

Jesus alreeds gekom het. Baie van ons lidmate leef ook blootgestel aan lidmate van kerkgroeperinge wat nie in 地

fisieke wederkoms van Christus glo nie en wat verkondig dat Hy reeds weer gekom het en in hulle kerke leef.

Elke prediker sal duidelikheid moet kry oor die konteks waarin hy of sy hierdie teks moet preek. Die onmiddellike

konteks is jou eie hart. Wat glo jy persoonlik aangaande Jesus se wederkoms? Waar het jou eie teologiese nadenke

jou uitgebring? Is die wederkoms deel van jou geloofslewe soos die kruisiging en opstanding daarvan deel is? Hou

dit vir jou troos in? Indien nie, waarom nie? Eerlike nadenke oor jou eie posisie mag al klaar 地 klomp helderheid

bring oor die konteks waarin jy dit moet preek. Ons almal is immers kinders van ons tyd. Pas net op dat jy nie

persoonlike onverwerkte vrae op die kansel neem wat nie in die harte van die lidmate leef nie. Jy wil tog troos, nie

verwar nie?

In Vraag 52 vra die Heidelbergse Kategismus: "Hoe word jy getroos deur die wederkoms van Christus om te oordeel

dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het?" Daarmee word duidelik aangesluit by Paulus se bedoeling wanneer

hy oor die wederkoms praat. Dit moet troos!

Die Heidelbergse Kategismus beklemtoon dat Christus met sy wederkoms kom om te oordeel. Hoe kan 地 oordeelsgeleentheid

vir enigiemand troos inhou? Dit kan tog wel. Want, sê die Heidelbergse Kategismus, die Regter is

dieselfde Een wat "Hom tevore in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem

het". Die Regter wat my gaan oordeel, is klaar in my plek geoordeel. Dit is my Verlosser wat in die regterstoel sal

sit en oor my uitspraak gee. Juis hierdie punt maak Paulus met groot klem in ons teks. Die wederkoms hou geen

vrees vir die gelowige in nie. As kinders van die lig is ons bestem vir verlossing en nie straf nie. Die wederkoms

troos my ook verder, sê die Heidelbergse Kategismus, omdat ek weet dat, terwyl Hy sy vyande in die verdoemenis

sal gooi, Hy my "saam met al die uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid sal neem".

In sy preekvoorstel (p 196) begin Wessels met dié vraag: "Sou ons vandag vertroos word met die inligting dat Jesus

môre terugkeer?" Dan beweer hy dat sulke nuus eintlik die teenoorgestelde uitwerking by die meeste van ons sou

hê. Dit sou ons eerder ontstel. Ons sou reken dat dit swartgalligheid is wat die einde van die wêreld aankondig. Dan

gee hy die volgende redes vir hierdie reaksie:

Mense is dalk bang vir die wederkoms onseker oor wat met hulle sal gebeur. In die reaksie op hierdie vrees bied

hy dan die woorde van Paulus in vers 4 as troos aan. Gelowiges het niks om te vrees nie, want hulle is "kinders van

die lig". In aansluiting hierby betrek hy Paulus se woorde in verse 9-10. Gelowiges is nie bestem vir die gerig nie,

"maar vir die verlossing". "Ons is gemaak om verlos te wees," sê hy.

Volgens hom is die diepste rede waarom die nuus oor die wederkoms nie goeie nuus is nie, die feit dat dit die einde

van ons wêreld aankondig: die einde van my beroep, besittings, vriende en familiebande. Ons hou van ons wêreld.

Daarom sal ons ook eerder bid vir "vrede en veiligheid", as wat ons na die wederkoms verlang en dit nader roep.

Die wederkoms versteur ons rus, omdat dit ons herinner "aan ons sondige onvoorbereidheid op Jesus se koms, aan

ons traagheid om die evangelie te verkondig tot aan die eindes van die aarde en aan ons onwilligheid om sosiale

geregtigheid te bevorder". Dit is juis uit hierdie soort rus dat die nuus van die wederkoms ons wil wakker maak, deur

ons oë op die komende Godsryk te vestig en ons te leer om volgens sy wette te leef.

地 Preek uit hierdie teks sou so aangebied kon word dat dit oud en jonk troos. Die wederkoms is ook vir kinders

meestal 地 onbelangrike of selfs lastige issue. Nie omdat hulle sukkel om daaraan te glo of omdat hulle al belange

op aarde gevestig het nie, maar bloot omdat hulle die lewe baie meer positief as grootmense beleef en baie aardse

drome het. Ek herinner my aan die keer toe ek baie spontaan aan etenstafel die wens uitgespreek het dat Jesus

moet kom. My versugting is gebore uit my blootstelling aan die pyn en nood in die wêreld ook my eie. My kind se

reaksie was net so spontaan: "Ag nee! Ek wil nog eers gaan studeer en met my lewe iets maak!" Kan hierdie teks

haar ook troos? Of het sy nie troos nodig nie? Is hierdie teks net bedoel vir mense wat wroeg en swoeg? Nee!

Preekvoorstel

Hierdie teks bied troos aan almal. Want hierdie teks vat die lewe ernstig. Dit is juis die punt wat Paulus wil maak:

Die feit van die wederkoms is nie bedoel om ons pret te bederf nie, maar om ons te leer om prettig te lewe. Wie oor

die wederkoms van Christus reg dink, sal nie net reg lewe nie, maar ook regtig lewe!

1. In 地 eerste rondte kan die prediker die gevoelens en vrae van oud en jonk rondom die wederkoms uitlig. Toon

die verskeie redes aan waarom ons vandag dalk nie Paulus se woorde as troos sou beleef nie. Gebruik die

opmerkings onder Konteks en vul dit aan met jou eie insigte.

2. Ons kan nie die wederkoms van Christus wegwens of teologiseer of ignoreer nie. Dat Jesus weer gaan kom om

as Regter alle mense te oordeel, is 地 feit en Paulus gaan van hierdie feit uit. Die eerste tree op die pad van

troos is die eerlike stel van hierdie waarheid. Met oortuiging en klem moet dit uit die eerste drie verse verkondig

en aangekondig word. Die twee beelde wat Paulus gebruik, is helder. Die wederkoms is onvoorspelbaar,

onverwags en onontwykbaar. Niemand kan die wederkoms voorspel nie en niemand gaan dit ontglip nie ook

nie dié wat dan reeds dood is nie.

3. Maar! Die verskriklikheid van hierdie dag laat die gelowiges nie skrik nie. Alhoewel hulle intens bewus is van die

feit dat dit verskriklik is om in die hande van die lewende God te val en dat hulle self ook in sy hande sal val, is

hulle glad nie bang nie. Daar is twee redes hiervoor:

Eerstens: Dié wat in Jesus glo, is almal "mense van die lig, mense van die dag." (v 5). Jesus se koms is die

koms van die lig en dag. Dit is net die duisternis wat die koms van die lig vrees en hoef te vrees, want die koms

van die dag beteken die dood van die duisternis. Die kers/vuurvliegie/gloeilamp is dankbaar wanneer die son

opkom. Ná 地 lang nag se stryd om die duisternis tru te stoot en te hou, is dit met 地 sug van verligting en

dankbare blydskap wat die koms van die son (die groot lig) begroet word. Jesus se koms is die koms van die

Lig. Daarom sal sy koms ons nie "oorval" nie. Dit sal nie op ons afkom nie. Ons sal dit verwelkom en begroet,

omdat ons reeds die Lig ken en in ons omdra. Ons is mense van die lig, omdat ons sy mense is.

Tweedens: Die gelowiges is bestem vir verlossing en nie vir straf nie (vv 9-10). Maak hier gebruik van wat by

paragraaf 3 by Teks gesê is.

Hierdie waarhede maak ons vry. Vry om te lewe. Reg en regtig te lewe. Te lewe in ooreenstemming met die feit dat

ons die wederkoms van Jesus verwag en dat ons mense van die lig is. Dit doen ons deur nugter te lewe, sê Paulus.

Maak hier gebruik van wat onder Teks gesê is om te verduidelik wat dit beteken. Gelowiges moet nooit slaperig of

bedwelmd wees nie. Hulle het die lig lief. Hulle is dagbreek-mense. Hulle kondig die koms van die dag aan deur

hulle lewe, want hulle is die eerste strale van die opkomende Son. Bonhoeffer skryf aangrypend mooi oor die

gelowiges en dagbreek in sy boek Life together: "The Old Testament day begins at evening and ends with the going

down of the sun. It is the time of expectation. The day of the New Testament church begins with the break of day

and ends with the dawning light of the next morning. It is the time of fulfillment, the resurrection of the Lord. At night

Christ was born, a light in darkness; noonday turned to night when Christ suffered and died on the Cross. But in the

dawn of Easter morning Christ rose in victory from the grave ... The early morning belongs to the Church of the risen

Christ" (pp 40-41). Hy bedoel dit heel letterlik. Gelowige lidmate van die kerk van Jesus behoort met dagbreek onder

die kombers uit te wees. Nie om voort te swoeg en te sweet nie, maar om die dag en Dag te verwelkom. "For

Christians the beginning of the day should not be burdened and oppressed with besetting concerns for the day痴

work. At the threshold of the new day stands the Lord who made it. All the darkness and distraction of the dreams

of night retreat before the clear light of Jesus Christ and his awakening Word. All unrest, all impurity, all care and

anxiety flee before him. Therefore, at the beginning of the day let all distraction and empty talk be silenced and let

the first thought and the first word belong to him to whom our whole life belongs" (p 43). Dagbreek stuur my Woord

toe en die Woord maak my lief vir dagbreek.

Ek reken Bonhoeffer is een van die uitstaande voorbeelde van gelowiges wat dit kon regkry om geloof en liefde en

hoop in die duisternis van hierdie wêreld uit te leef. 地 Engelse offisier wat die laaste dae van Bonhoeffer se lewe in

die tronk saam met hom deurgemaak het, getuig soos volg oor hom:

"Bonhoeffer always seemed to me to spread an atmosphere of happiness and joy over the least incident and

profound gratitude for the mere fact that he was alive ... He was one of the very few persons I have ever met

for whom God was real and always near ... On Sunday, April 8, 1945 ... the door opened and two civilians

entered. They said, 善risoner Bonhoeffer, come with us. That had only one meaning for all prisoners the

gallows. We said good-by to him. He took me aside: 禅his is the end, but for me it is the beginning of life. The

next day he was hanged in Flossenberg" (p 13).

Miskien lê die geheim van sy lewe opgesluit in die verstaan van ons teks. 地 Verstaan wat 地 invloed gehad

het selfs op sy opstaantyd en hoe hy sy dag begin het. 地 Mens van die lig. Selfs, ja, juis, in die donkerste uur

van sy volk se lewe en in die tronk. Want hy het die Lig, Jesus Christus wat weer kom, geken en liefgehad.

En daarom was die waarhede van Jesus se evangelie sy kruisiging, opstanding en wederkoms ook die

waarhede van Bonhoeffer se lewe.

Bibliografie

Aanvullend by die vorige preekstudie se lys: Wessels, G F Woord teen die Lig I/6, (pp 187-196). Bonhoeffer,

Dietrich 1954. Life together. New York: Harper Collins.