13 Oktober 2002

Twintigste Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Filippense 4:1-9.

Ander tekste: Psalm 106:1-6, 19-23, 47; Eksodus 34:1-12; Matteus 22:1-14.

Tema: 地 Lewe in God se wil vra dat jy 地 goeie burger sal wees.

INLEIDING

Omdat jy voor God buig en Hom dien en eer, beteken dit nie dat jy wêreldvreemd moet leef nie. Nee, God vra juis

van jou om na die voorbeeld van Jesus jouself volledig te gee en so ook jou naaste te dien.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Jy kan weer die Litanie wat voorgestel is as votum gebruik en afsluit met die sing van Psalm 100:2.

By hierdie geleentheid kan iets gemaak word van die tragiese verhaal van die goue kalf. Indien die liturg so sou

besluit, kan die volgende gebruik word:

Geliefdes, die vyand van die kerk neem nie maklik genoeë met mense en gemeentes wat die Here dien nie. Hy

probeer hulle verlei. Daarvan is die verhaal van goue kalf (Eks 34:1-12) 地 tragiese voorbeeld. Kom ons luister daarna.

Die verhaal kan gelees of vertel word of die kinders kan dit selfs opvoer. Belangrik is dat die gemeente begryp hoe

maklik en gou mense kan afdwaal en op die verkeerde pad beland. Daarom roep die verhaal ons op tot versigtigheid,

trou en toewyding.

Geliefdes, hierdie verhaal roep ons op om vas te staan en getrou te bly aan die Here. Die liturg kan voorbeelde

aanhaal van maniere waarop sonde ongesiens die gemeente kan insluip.

Skulderkenning

Kom ons vra God se beskerming en bely ons ontrou voor die Here met die sing van SOM 21:1, 2.

Vryspraak

Psalm 106:1-6, 19-23, 47-48.

Lofsang

Geliefdes, kom ons loof die Here vir sy liefde en genade.

SOM 4:1-3/Psalm 100:1-4.

DIENS VAN DIE WOORD

Soos voorgestel in die basisliturgie. Kindertyd is reeds gehanteer by die verhaal van die goue kalf.

DIENS VAN DIE TAFEL

Uitnodiging

As daar iets gemaak is van die verhaal van die goue kalf moet die genade van God, wat maar weer en weer nooi,

soos in Jesus se gelykenis van die maaltyd na vore kom, hier beklemtoon word. Geliefdes, ons almal is welkom aan

die tafel van die Here. Hy het hierdie feesmaal vir elkeen van ons voorberei. Maar pasop! Sommige genooides gaan

die feesmaal mis weens hulle laksheid. Maar Hy wat nooi, is genadig. Hy nooi weer en weer, soos Jesus vertel het

met die gelykenis van die maaltyd.

Lees Matteus 22:1-14.

Geliefdes, juis dít wat ons geniet in die maaltyd, die wyn en die brood, bevestig aan ons dat ons 地 nuwe

bruilofskleed uit die hand van die Here ontvang. Kom ons verbly ons daarin.

Sang

JSB 2 8.

Vanaf die instelling kan die voorstel van die basisliturgie gevolg word. Gesang 353:5/NSG 403:5 kan saam met of

ná Gesang 294/NSG 325 gesing word.

UITSENDING

Volg die eerste voorstel van die basisliturgie met as wet Matteus 5:24.

Tema

Kan burgers van God se koninkryk ook goeie landsburgers wees?

Teks

Omdat baie geleerdes die brief aan die Filippense as 地 kombinasie van twee of selfs drie briewe van Paulus aan

die gemeente beskou, word die verse van hierdie gedeelte soms van mekaar geskei en gesien as dele van

verskillende briewe. Selfs diegene wat die brief as 地 eenheid hanteer, meen dikwels dat ons hier met losstaande

gedagtes te doen het. Vers 1 is, volgens hulle, eintlik die afsluiting van die vorige gedeelte (3:2-21) en die res is 地

reeks vermanings wat nie met mekaar verband hou nie. Sulke reekse vermanings kom dikwels aan die einde van

Paulus se briewe voor. Hoewel dit moeilik is om 地 oordeel te vel, meen ek tog dat daar genoeg rede is om 4:1-9 as

地 eenheid te beskou en dit te verbind met die res van die boek as geheel.

Twee temas beheers die hele gedeelte. Die eerste is die nou band tussen die gemeente en die Here. "In die Here"

kom voor in verse 1, 2 en 4. Vers 5 herinner dat die Here naby is. Vers 7 belowe dat die vrede van God oor die

gemeente sal wag staan "in Christus Jesus". Vers 9 bevestig dat God met die gemeente sal wees. Alles draai dus

om die gemeente se verhouding met God in Christus Jesus. Maar juis hierdie verbondenheid met God open 地 hele

lewenswêreld. Omvattendheid is die tweede samebindende tema. Die gemeente "in die Here" trek saam in een

span (die woord vir "medewerker" in vers 3 dui op iemand wat saam onder een juk trek). Die gemeente moet altyd

bly wees (v 4) en hulle inskiklikheid moet aan alle mense bekend wees (v 5). Hulle kan al hulle kwellinge in gebed

na God bring (v 6). God sal hulle hele geesteslewe (hart en gedagtes) beskerm (v 7). Hulle moet alle denkbare goeie

dinge nastreef (v 8) en in alle opsigte hulle Christenskap uitleef (v 9). In hierdie laaste twee verse gebruik Paulus

lyste wat bedoel is om alles in te sluit.

Die gedeelte as geheel pas goed in by wat elders in die boek gesê word. Die oproep om eensgesind te wees kom

ook in 1:27 en 2:2 voor. Die tema van blydskap kom dikwels voor, byvoorbeeld in 2:2, 2:18 en 3:1. Die inskiklikheid

wat van die gemeente vereis word, herinner aan die gesindheid van Jesus wat in 2:5-8 beskryf word. Dieselfde

woord word ook in 2 Korintiërs 10:1 van Jesus gebruik. Dat Christene deur hulle goeie optrede 地 lig moet laat skyn

in 地 donker wêreld vind ons in 2:15. Gebed kom ter sprake in 1:3-4 en 1:9-11. Verse 8 en 9 herinner aan 1:9-10,

2:12-13 en 3:17. Hierdie lys kan nog verder uitgebrei word. Op die oog af sluit die gedeelte nie direk aan by hoofstuk

3:2-14 nie, maar ek meen dat daar in verse 5 en 8 wel indirek gewaarsku word teen 地 verkeerde verstaan van wat

Paulus daar sê.

Hoewel hierdie gedeelte nie 地 streng logiese orde volg nie, is daar tog tekens van 地 samehang. Vers 1 is, soos

sommige verklaarders uitwys, 地 oorgangsvers wat 3:2-21 afsluit en terselfdertyd 地 nuwe gedeelte begin. Rondom

die gemeenskap met God in die gebed (v 6) word die ander elemente gerangskik. As die gemeente vasstaan in die

Here (v 1) sal God ook met die gemeente wees (v 9b). Die eenheid en samewerking binne die gemeente (vv 2-3)

hang daarvan af dat hulle hou by die Christelike leer en voorbeeld (v 9a). Die gemeente kan altyd bly wees (v 4),

want God bly oor hulle waak (v 7). Die gemeente is tegemoetkomend teenoor alle mense, ook nie-Christene (v 5),

want hulle streef alles na wat goed is (v 8).

Die kerngedagte, naamlik dat die gemeente se verhouding met die Here omvattende implikasies het, word nêrens

duidelik gestel nie. Dit is moontlik om enige van die verse as preekfokus te kies en dit dan binne hierdie konteks te

plaas. My voorstel is dat verse 5 en 8 gekies word. In hierdie verse gaan dit om die gemeente se verhouding met

die wêreld as geheel. Om alles prys te gee ter wille van Christus (3:8) beteken nie om in alle opsigte jou rug te draai

op die wêreld nie. Dit vereis juis 地 spesifieke verhouding tot die wêreld.

PREEKSTUDIE - FILIPPENSE 4:1-9

Volgens die nuwe Afrikaanse vertaling (NAV) sê vers 5 dat Christene inskiklik teenoor alle mense moet wees. Meer

letterlike vertaal, staan daar dat Christene se inskiklikheid aan alle mense bekend moet wees. Hulle moet dus só

optree dat hulle 地 reputasie vir inskiklikheid opbou. Die woord "inskiklikheid" (Grieks: epieikes) dui op grootmoedigheid

en 地 bereidheid om ander tegemoet te kom. Die Griekse filosoof Aristoteles het vroeër reeds hierdie

houding gestel teenoor 地 alte streng aandrang op "reg". Terwyl sommige tot elke prys hulle regte wil handhaaf en

die wet volgens die letter wil toepas, is die inskiklike persoon bereid om toegewings te maak sodat 地 billike

oplossing gevind kan word. 地 Inskiklike mens is iemand wat "rede verstaan", iemand met wie jy in gesprek kan tree.

Die Engelse uitdrukking sweet reasonableness (Witherington) beskryf hierdie eienskap nogal mooi.

Vers 8 bevat 地 paar slaggate. Eerstens moet 地 mens onthou dat die lys goeie dinge wat hier genoem word nie 地

spesifiek Christelike kleur het nie. Soos baie verklaarders tereg uitwys, kies Paulus hier doelbewus woorde wat

behoort tot die Griekse (heidense!) morele denke. Van hierdie woorde kom nooit elders in die Nuwe Testament voor

nie, ander kom baie selde voor en ander kom slegs in ander betekenisse voor. "Alles wat waar is" dui byvoorbeeld

nie op die waarheid van die evangelie in besonder nie. Christene kan nie hierdie deugde ignoreer omdat hulle (ook)

onder heidene as deugde geld nie.

Dit sou myns insiens ook 地 fout wees om in die prediking by elkeen van die deugde afsonderlik stil te staan. Paulus

probeer nie hier om 地 reeks afsonderlike goeie eienskappe op te noem nie, maar om te sê dat Christene alles wat

goed is moet nastreef. Daarom sê hy samevattend: "watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees". Die goeie

het verskillende name en aspekte, maar dit bly een saak.

Paulus wil beslis nie sê dat Christene bloot oor goeie dinge moet dink sonder om op te tree nie. Hier en elders by

Paulus het "bedink" 地 baie breër betekenis. Dit dui op 地 mens se fokus of lewensrigting, wat natuurlik uitgedruk

word in jou dade. Vers 9 staan ook nie (soos sommige verklaarders meen) teenoor vers 8 nie. Paulus sê nie dat

Christene in hulle denke "heidense" deugde moet oorweeg (v 8), maar in hulle optrede slegs die Christelike tradisie

moet volg nie (v 9). Inteendeel, die Grieks van vers 9 bring die twee verse direk met mekaar in verband. 地 Mens

sou vers 9 kon vertaal: "Hierdie dinge (wat in v 8 genoem word), dieselfde dinge wat julle ook geleer en ontvang

het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen." Die "heidense" deugde is niks anders as dit wat ook in die

Christelike prediking en voorbeeld na vore kom nie.

Konteks

In een van sy boeke stel die Amerikaanse godsdienssosioloog Robert Wuthnow die vraag: "Can Christians be civil?"

Kan Christene ook goeie landsburgers wees? As 地 mens op 地 eensydige manier na Filippense 3:2-21 kyk, sou 地

mens wou antwoord: "Beslis nie." Christene se burgerskap is in die hemel (3:20), daarom kan hulle glad nie aan die

eise van aardse burgerskap voldoen nie. Wat ook al as waardes geld op aarde, is vir Christene waardeloos (3:7-8)

en selfs hinderlik. As 地 mens die "aardse dinge" nie prysgee nie, kan jy jou nie heelhartig daarop toespits om

Christus alleen te ken nie (3:8-11). Nie-Christene en hulle aansprake is net in een opsig aandag werd Christene

moet teen hulle gewaarsku wees (3:2). Christene het net een doel voor oë en hierdie doel verplig hulle om die

wêreld te ignoreer (3:13-14).

Paulus druk hom besonder skerp uit in hoofstuk 3. Ongelukkig maak die NAV dit nie meer duidelik hoe kras sy

woordkeuse in 3:2 en 3:8 is nie. Hoe kan Paulus dan in die volgende hoofstuk vra dat Christene "alle mense" (ook

heidene) tegemoet moet kom en selfs "heidense" deugde moet nastreef? Dinge word net erger as 地 mens gaan

kyk na die deugde wat Paulus opnoem. "Alles wat mooi is" dui in die Grieks op alles wat 地 mens vir ander mense

aangenaam en aanvaarbaar maak dit wat mense in ander mense bewonder. "Lofwaardig" dui op dit wat die lof en

respek van mense uitlok. Moet Christene hulle skik na wêreldse standaarde net sodat hulle in die oë van nie-

Christene respektabel kan wees? Dit lyk al asof Paulus hier die radikale oordeel van die evangelie oor die wêreld

prysgee ter wille van goedkoop populariteit. Die eksklusiewe eis van Jesus word verruil vir 地 afgewaterde

"burgerlike moraliteit".

Die beswaar teen "burgerlike moraliteit" kom nie net van radikale Christene nie. Allerlei ander radikale groepe is ewe

oortuig daarvan dat die alledaagse, burgerlike wêreld en sy waardes hopeloos korrup is. Die uitgesoekte groepie

wat dit raakgesien het, durf hulle nie laat meesleur deur die stroom nie. Hulle moet hulle óf onttrek aan die wêreld

óf alles in die stryd werp om die ou wêreld ten gronde te rig en van voor af 地 nuwe een te bou. Inskiklikheid is

verraad. Om saam te speel in die spel van oppervlakkige en skynheilige burgerlike waardes is om die korrupte

bestel in stand te hou. Ook sulke groepe sal wil sê dat hulle burgerskap nie in hierdie (huidige) wêreld is nie. Volgens

Leon Trotski (in Their morality and ours) mag Marxiste hulle nie laat beïnvloed deur burgerlike moraliteit nie. Om

byvoorbeeld geweld te vermy sal bloot die verdrukking van die werkersklas laat voortduur. Die doel, naamlik om 地

klaslose samelewing te skep, heilig enige middele, ook genadelose wreedheid.

Radikale Christene gaan natuurlik nie so ver nie. Nogtans is dit wat Christene in die naam van radikale Christenskap

doen soms erg onburgerlik. Vir nie-Christene lyk sulke optrede dikwels onnodig hard, onbeskof, hooghartig en selfs

gevoelloos. As 地 projek nie "kerklik" genoeg is nie, wil Christene nie saamwerk nie. Die kleinste sweempie van

"heidense" invloed word uitgesnuffel. Wat nie heeltemal perfek is nie, is heeltemal verwerplik. Christene kan van

nie-Christene niks leer nie en hoef daarom nie eens na hulle te luister nie. 地 Grondwet wat nie uitgesproke Christelik

is nie, is nie bindend vir Christene nie. Soos 地 bekende politikus uit die ou bedeling blykbaar gesê het, dit wat hy

(as openbare figuur!) gedoen het en die redes daarvoor is 地 saak tussen hom en God. Hy is aan niemand anders

verantwoording verskuldig nie. Jy sal self aan baie ander voorbeelde kan dink.

Dietrich Bonhoeffer worstel in sy Ethics lank met hierdie probleem. Radikale Christene keer hulle rug op die wêreld,

terwyl party ander Christene 地 kompromie met die wêreld soek. Die een groep vergeet maklik dat die wêreld God

se skepping is; die ander groep vergeet ewe maklik dat die gevalle wêreld onder God se oordeel staan. Albei

houdings staan volgens Bonhoeffer teenoor Jesus Christus, die Een wat mens geword het, gekruisig is en

opgestaan het. Albei soek 地 soort ideale "Christenskap" wat los staan van die werklikheid van Jesus die Christus.

Wanneer ons onthou dat Jesus mens geword het in hierdie wêreld en vir hierdie wêreld, durf ons die wêreld nie

verag nie. Wanneer ons onthou dat Jesus deur hierdie wêreld verwerp en gekruisig is en, teen alle natuurwette in,

opgestaan het uit die dood, durf ons nie ons heil in hierdie wêreld soek nie. "The question of the Christian life will

not be decided and answered either by radicalism or by compromise, but only by reference to Jesus Christ

Himself."

Hieruit word dit duidelik dat Filippense 4:1-9 nie teenoor Filippense 3:2-21 staan nie en dat Paulus ook nie bloot 地

balans tussen twee uiterstes soek nie. Die absolute fokus op Jesus word nie prysgegee nie, maar "in die Here" lê

ook die gemeente se verantwoordelikheid teenoor die wêreld. Inskiklikheid is nie 地 lamsakkige kompromie nie; dit

is om te leef in die gesindheid van Jesus, wat juis nie op sy Goddelike regte aangedring het nie (Fil 2:6-7). Hoe kan

地 mens sê dat jy Jesus ken en een is met Hom (3:8-9) sonder om sy voorbeeld te volg? Diegene wat God se liefde

vir die wêreld in Jesus Christus raaksien, kan ook nie 地 klinkklare skeiding tussen Christelike deugde en "heidense"

deugde maak nie. Goeie werke is immers nie 地 toets wat Christene moet slaag om gered te word nie. Om goed te

doen is om konkrete gestalte te gee aan God se liefde, daarom is goeie werke "wat goed en nuttig is vir die mense"

(Tit 2:8). Dit is dus nie waar dat Christene die "wêreldse" deugde van vers 8 eers moet onderwerp aan die toets van

die Christelike tradisie (v 9) nie, al sê selfs Karl Barth so. Die Christelike tradisie het al meermale die spoor verloor

en kan dus geen onfeilbare beskerming bied nie. Wat Christene veilig hou, is nie die stukkie waarheid wat hulle as

hulle eie erfenis opeis nie; dit is die gemeenskap met God in Christus Jesus (vv 6-7). Juis omdat God oor die

gedagtes van sy kinders wag hou, kan hulle hulle gedagtes laat uitgaan na alle denkbare goeie dinge. Dit gaan nie

om "Christelike beginsels" teenoor "burgerlike moraliteit" nie, maar om die omvattende betekenis van "vas staan in

die Here".

Vir Christene is die vraag: "Kan Christene ook goeie landsburgers wees?" eintlik 地 vals vraag. Christene leef uit die

verhouding met Jesus Christus daarby eindig dit. Maar in die gesindheid van inskiklikheid bly Christene aan hulle

medeburgers 地 antwoord verskuldig. Ons mag en moet in alle billikheid en redelikheid met hulle daaroor gesels

tegemoetkomend praat en in erns luister. Die gesprek sal soms 地 kritiese snykant hê. Dit is immers nie net

Christene wat indringende vrae stel oor burgerlike waardes nie. Al weet ons die wêreld is 地 gevalle wêreld, weet

ons ook dat dit steeds God se skepping is en dat Jesus gekom het nie om die wêreld te oordeel nie, maar om die

wêreld te red. Sou ons dan enigiets wat op watter manier ook al goed is, wou verag? Dalk uit swakheid, maar beslis

nie omdat ons Christene is nie.

Preekvoorstel

Om goed oor hierdie verse te preek is glad nie maklik nie. Die tema Die gemeente se verhouding tot die wêreld is

gans te abstrak en breed. Daar is die gevaar dat die preek droog en moralisties sal word en nogtans in "algemene

waarhede" sal bly vassteek. Die tema Kan burgers van God se koninkryk ook goeie landsburgers wees? plaas die

verse dadelik binne die konteks van die brief. Hierdie konteks sal in die preek ter sprake moet kom. Om egter die

blote konteks versigtig uit te lê kan die preek in 地 teologiese lesing verander. Wat die fokusverse sê, is omvattend

en juis daarom nie danig spesifiek nie. Sonder lewendige voorbeelde wat aansluit by die belewing van die gemeente

sal die preek nie slaag nie.

Wettiese prediking is heeltemal onvanpas hier. Hoewel verse 5 en 8 formeel opdragte is, gaan dit binne hierdie

konteks bepaald nie om reëls wat versigtig nagekom moet word nie. Dit is die gemeente wat vervul is met blydskap

in die Here wat bereid is om alle mense tegemoet te kom. Dit is die sekerheid wat God se vrede ons bied wat ons

toelaat om die goeie op alle gebiede na te streef ook buite die kerk se sfeer. Hierdie preek moenie 地 geleentheid

word om, byvoorbeeld, sekere lidmate wat alles behalwe inskiklik is by te kom nie. 地 Mens sou veel eerder kon

praat van 地 geleentheid om volledig as mens te lewe.

Ek sou begin met voorbeelde van nie-Christene wat hoë ideale nastreef of goeie dinge doen. Christene stel

ongelukkig nie altyd so 地 goeie voorbeeld nie. Daarna word die fokusverse in verband gebring met wat Paulus in

Filippense 3 sê. Kan Christene wat alles prysgee om Christus Jesus as wins te verkry hulle ophou met wat van

wêreldse burgerskap verwag word? Hier kan 地 nadere uitleg van verse 5 en 8 geplaas word, byvoorbeeld 地

verduideliking van "inskiklik" en iets oor die "heidense" deugde.

Die gemeente leef inderdaad alleen vanuit die band met die Here. Juis Jesus was egter die toonbeeld van inskiklikheid

(verwys na 2:5-11). Boonop het Jesus op aarde nie bloot kom sterf nie. Hy het ook op alle gebiede goed

gedoen. Hy het 地 honger skare gevoed, al het Hy geweet party sal Hom volg net oor die brood wat hulle gekry het.

Toe Hy water in wyn verander het (net om die gasheer verleentheid te spaar!), was dit wyn van die beste gehalte.

Om die goeie in al sy veelvoudige vorme na te streef, is nie om van Jesus weg te kyk nie, maar om te besef dat

ons in Hom die volheid het.

Hierna kan konkrete voorbeelde volg van hoe Christene inskiklik kan wees en hulle op die goeie kan toespits.

Menseregte word soms verdedig vanuit 地 suiwer humanistiese hoek. Christene sou anders daaroor wou praat.

Nogtans kan Christene saamwerk om dit wat kennelik "reg" is aan die strewe na menseregte, gestalte te gee. Iets

van die rykdom van die goeie moet ook na vore kom. "Goed" is nie net "kerklik" of "geestelik" nie. Dit is ook

beleefdheid, puik diens, die strewe na wat die lewe beter maak, luister na ander, respek en dies meer.

Natuurlik kan enige goeie ding sleg word wanneer dit in die plek van die Here kom staan (verwys na 3:4-8). Die

ergste afgode is juis pragtig "kerklik". Dit sal egter nie help om met ons stel reëls te waak teen elke "kwade invloed"

nie. Wanneer ons leef uit die gemeenskap met die Here, sal God self oor ons harte en gedagtes waak. As ons dit

nie doen nie, sal niks help nie. Die slot kan terugkeer na die konteks van die hele gedeelte: die gemeente in noue

band met die Here en daarom omvattend betrokke in die wêreld.

Bibliografie

Kommentare: Barth, K. The Epistle to the Philippians; Barth, G (ZüB); Craddock, F B (Interpretation); Gnilka, J

(HThK); Hawthorne, G F (WBC); Melick, R R (NAC); Müller, V B (THNT); O達rien, P F (NIGT); Silva, M (Wycliffe

Exegetical Commentary); Verhoef, E (T&T); Witherington, B (The New Testament in Context).

Ander: Bonhoeffer, D. Ethics. Watson, D F. A rhetorical analysis of Philippians and its implication for the unity

question (NT 30, 1988, pp 57-88).