6 Oktober 2002

Negentiende Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Filippense 3:4b-14.

Ander tekste: Psalm 19; Eksodus 20:1-9, 12-20; Matteus 21:33-49.

Tema: Niks is te veel gevra om die hemelse prys te verkry nie.

INLEIDING

In hierdie erediens word die buig voor God verder gevoer. Omdat die mens besef hoe kosbaar die skat is wat hy

verkry deur in Jesus Christus te glo, ontsien hy geen koste om dit te verkry nie.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Jy kan weer die Litanie wat verlede week voorgestel is as votum gebruik en afsluit met die sing van Psalm 100:1.

Aangesien Eksodus 20 een van die tekste van die dag is, word daar voorgestel dat dit hier as riglyn vir die lewe

voorgehou word, eerder as reël van dankbaarheid aan die einde van die erediens.

Lees van die wet

Geliefdes, die Here vir wie ons met blydskap moet dien, het aan ons 地 riglyn gegee hoe ons Hom kan dien. Kom

ons spieël vandag ons lewe daarin om te sien of ons lewe soos Hy vra.

Eksodus 20:1-17.

Antwoord op die wet van die Here

Die gemeente bid hardop saam die woorde van Psalm 19:12b-14:

"Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning. Wie sien sy eie dwalinge raak? Moet my tog nie straf vir sondes wat

ek onwetend gedoen het nie. Weerhou my van opsetlike sondes, laat hulle nie oor my heers nie. Dan sal ek

onberispelik wees en vry van hierdie groot sonde. Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here,

my Rots en my Verlosser."

Bevestig die gebed met die sing van Gesang 305:3/NSG 337.

DIENS VAN DIE TAFEL

In antwoord op die Woord van die Here in Eksodus 20 word daar voorgestel dat die nagmaal as belydenis en

bevestiging van geloof gebruik woord voordat die diens van die Woord van ons vra om alles te los en voor Christus

te buig. Ons kan dit net doen as ons waarlik glo.

Oorgang en epiklese soos voorgestel in die basisliturgie.

Berig

Geliefdes, die nagmaal wat ons vier, is 地 bewys van die grootheid van God se liefde vir ons. Dit wat geen mens in

homself kon doen nie, het God gedoen deur sy Seun in die gestalte van 地 mens te stuur as 地 offer vir ons sonde.

Die nagmaal bevestig aan ons dat daar geen ander Verlosser as Jesus Christus, die Seun van God, is nie en dat

ons volkome vergewing van ons sondes kan kry op grond van sy eenmalige offer aan die kruis. In die nagmaal

verwerp ons alle eie pogings om onsself te red en plaas ons ons volle vertroue op die soenverdienste van ons Here

Jesus Christus aan die kruis, waarvan die tekens van brood en wyn getuig.

So is die nagmaal 地 openbare belydenis van jou geloof in Jesus Christus, die Seun van God, as jou enigste

Verlosser. Met die neem en gebruik van die tekens verklaar jy dat jy die verlossing deelagtig geword het, net soos

die brood en die wyn deel van jou word.

Voordat ons dan die tekens van genade kan ontvang en gebruik moet ons onsself ondersoek en seker maak dat

ons steeds lewe uit die geloof dat Jesus Christus ons enigste Verlosser en Saligmaker is.

Antwoord dan opreg op die volgende vrae voor God en sy gemeente:

Ten eerste: Glo jy dat die Ou en Nuwe Testament die ware Woord van God is wat ons die enigste weg tot redding

leer soos dit ook vervat is in die artikels van die Christelike geloof en in die kerk hier geleer word?

Ten tweede: Bely jy dat jy as 地 sondaar gebore is en die oordeel van God verdien, dat Jesus Christus in jou plek

die straf vir jou sonde gedra het en dat jy op grond van sy soenverdienste aan die kruis die ewige lewe het?

Ten derde: Beloof jy dat jy uit dankbaarheid die Here met jou hele lewe sal dien en eer en sy Naam sal verheerlik?

Gemeente: Ja.

Bely dan nou saam met die kerk van alle eeue jou geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.

Geloofsbelydenis

Uitnodiging

Geliefdes in die Here, kom, want alles is nou gereed. Die Here het sy tafel berei vir dié wat in Hom glo en wat Hom

liefhet. Daarom nooi Hy ons uit met hierdie woorde: Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit

weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die

ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. My liggaam is die ware voedsel, en my bloed

is die ware drank.

Sang

Gesang 326:1, 2/NSG 368 (die liturg en lidmate neem plek in aan die tafel).

Gebed (met of sonder die Ons Vader)

Instelling

Geliefdes, die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en nadat Hy God daarvoor gedank

het, het Hy dit gebreek en gesê: Dit is my liggaam; dit is vir julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.

Geliefdes, neem, eet, dink daaraan en glo dat sy liggaam gebreek is tot 地 volkome versoening van al ons sonde.

Net so het Hy ook na die maaltyd die beker geneem en gesê: Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed

waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot 地 vergewing van sondes. Gebruik dit, elke keer

as julle daaruit drink tot my gedagtenis.

Geliefdes, neem, drink, dink daaraan en glo dat sy kosbare bloed gevloei het tot 地 volkome versoening van al ons

sonde.

God het ons saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met

sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker het Hy dit vir goed weggeneem.

Dankoffer

DIENS VAN DIE WOORD

As oproep om te luister na die Woord van die Here kan Psalm 19:8-11 gelees word, waarna een van die

voorgestelde gesange gesing word. Hierna word die voorgestelde orde gevolg.

Vir Kindertyd kan iets van die gelykenis van Matteus 21:33-42 gemaak word. Dikwels ontvang 地 mens alles van

God, maar dra jou lewe steeds nie die regte vrug nie.

UITSENDING

Volg die voorgestelde liturgie met die moontlike byvoeging van SOM 15:1, 2.

Tema

Die ware sekerheid.

Teks

Filippense is die brief vir die optimis. Paulus verkeer in die gevangenis wanneer hy dit skryf. Hy word skynbaar

swaar bewaak en het selfs verwag om ook gemartel te word, sodanig dat hy gevrees het vir sy lewe. Tog is hy

positief en vol blydskap. Dit is die oorheersende uitstraling uit hierdie brief. Hierdie blymoedigheid ten spyte van sy

omstandighede probeer hy nou ook op die gemeente oordra.

Dit is ook 地 brief wat wil leer hoe Christene hulle verleenthede moet omskep in geleenthede. Paulus vertel hoe

aktief hy is met betrekking tot die evangelieverkondiging, ten spyte van sy omstandighede. Dit kan hom nie boei om

nie getuienis te lewer aangaande die heil in Christus nie. Hy doen dit ten opsigte van die gevangenispersoneel met

wie hy elke dag in aanraking kom. Maar hy doen dit ook ten opsigte van die gemeentes ver weg, soos die

Filippense. Sy medewerkers hou hom op hoogte van die verwikkelinge in die gemeentes en hy kan via hulle leiding

gee deur middel van boodskappe en briewe.

Met die Filippense het Paulus 地 heel besonderse verhouding gehad. Iemand sê dat die oomblik toe die apostel in

die winter van 50/51 daar voet aan wal gesit het, dit vir die mensheid seker net so belangrik was as die dag toe

Columbus Amerika ontdek het, want vir Europa was dit die "begin van die evangelieprediking" (4:15). So verbonde

het hy hom aan die gemeente gevoel dat dit die enigste gemeente was van wie Paulus bereid was om iets aan te

neem. Hierdie toegeneentheid straal ook uit hierdie brief. Daarom staan dit bekend as die vriendskapsbrief.

Wanneer Paulus nou van die bedreiging van die gemeente verneem, is sy felle reaksie begryplik. 地 Mens hoef dus

nie noodwendig uit die verandering van inhoud en styl in hierdie gedeelte af te lei dat dit eintlik nie tot die

oorspronklike brief behoort nie. Eerder weerspieël die reaksie van Paulus sy besonderse band van liefde vir en sy

besorgdheid oor die gemeente. Die aanleiding tot die probleem het waarskynlik gekom weens 地 anti-Pauliniese

veldtog wat in die gemeente gevoer is deur Judaïstiese Christene wat Paulus al op ander plekke ook teengestaan

het. Hulle het waarskynlik probeer om verdeeldheid in die gemeente te saai deur Paulus se integriteit in twyfel te

trek. Miskien het hulle beweer dat hy, op grond van sy Romeinse burgerskap, nooit werklik lojaal teenoor die

Jodedom en sy saak was nie.

In sterk taal veroordeel Paulus hierdie mense. Hy noem hulle "honde", 地 beskrywing wat Jode meestal ten opsigte

van nie-Jode gebruik het, en "valse arbeiders", om hulle huigelary te beskryf. Ook praat hy van die "versnydenis",

地 sinspeling op die besnydenis en waarmee hy dit eintlik wil beskryf as selfverminking.

Paulus reageer ook so skerp omdat hy in groot mate die historiese agtergrond van die dwaalleraars deel. Daarom

gee hy nou ook 地 persoonlike getuienis aangaande sy "vleeslike" bestaan, waarskynlik om enige wanvoorstelling

oor hom te korrigeer, maar ook om duidelik te maak wat Christus se dood en opstanding vir hom beteken. Op 地

outobiografiese manier behandel Paulus al die kenmerke en kwaliteite van Joodwees om te beklemtoon dat hy

volledig aan almal voldoen:

Hy is 地 Israeliet en behoort dus tot God se uitverkore volk. Dit is bevestig deur sy besnydenis op die agste dag.

Verder is hy 地 Benjaminiet, 地 stam met besonderse Joodse kwaliteite, soos dat Benjamin een van die kinders van

die geliefde Ragel was wat alleen in Palestina gebore is, dat die eerste koning van Israel uit die stam Benjamin se

midde gekom het, en dat dit die enigste stam was wat by Juda gebly het toe die volk verdeel het. Paulus is ook 地

Hebreër, 地 trotse spreker van die Hebreeuse taal. Paulus se afstamming en volksidentiteit is so gesond en suiwer

as wat jy kan kry. Hy is 地 volbloed-Jood.

Hy is ook 地 Fariseër, dus iemand wat tot die toonaangewende godsdienstige groepering van sy tyd behoort en

bekend is vir hulle erns met die wet. Wat dit betref, is Paulus geen afvallige Jood nie, maar kan hy aanspraak maak

op onberispelikheid by die onderhouding daarvan. Hy is 地 eerlike en opregte Jood.

Hierby kom dat Paulus nie 地 Jood in naam alleen is nie, maar met fanatiese ywer die mense van die Weg

opgespoor en uitgelewer het om vervolg te word. Hy wou sy godsdiens tot elke prys beskerm. Hy is 地 toegewyde

Jood.

Ten spyte van die onbesprokenheid van sy karakter en die voorbeeldigheid in sy lewenswandel en sy ywer vir die

saak van sy God, het Paulus, in die lig van die kennis aangaande Christus, besef dat al hierdie kwaliteite absoluut

waardeloos is en vergelyk kan word met vullis wat bestem is vir die vullishoop. Hy het toe verstaan dat die

geregtigheid wat God gee nie berus op die eie geregtigheid en voortreflikheid van lewenswandel of op die

onderhouding van die wet nie, maar op die geloof in Christus.

PREEKSTUDIE - FILIPPENSE 3:4b-14

In sy huidige omstandighede van gevangenskap kry die lyding en opstanding van Christus vir hom besonderse

betekenis. So dien die opstanding vir hom as 地 krag, dit wil sê as 地 inspirasie om in hierdie situasie ook op te staan

en te getuig. Maar ook Christus se lyding dien as voorbeeld vir Paulus hoe om sy eie lyding te hanteer, selfs Christus

se gehoorsaamheid tot die dood toe. Hy is selfs bereid om hierin aan Christus gelykvormig te wees. Verder dien

Christus se opstanding ook as 地 versekering van die laaste en finale opstanding, veral in die aangesig van die dood

wat Paulus nou ervaar.

Christus se lyding en opstanding is dus nie alleen die grond van sy geloof nie, maar dien ook as 地 voorbeeld vir

Paulus in sy omstandighede van gevangenskap. Christus dien dus vir Paulus as 地 rolmodel in hierdie situasie. In

hierdie brief presenteer Paulus homself ook as 地 rolmodel van Christenwees vir die gemeente. Dit is egter nie

gegrond op sy voortreflikheid as mens waaroor hy hom nie hoef te skaam nie. Hy volg hierin eintlik maar die ware

Rolmodel na wie hy ook probeer om die gemeente te verwys met sy getuienis.

Preekvoorstel

Filippense is bekend as 地 boek is wat veral geskik is vir toewyding. Dit leen hom dus baie goed tot Bybelstudie in

die groep, maar ook vir persoonlike stiltetyd. Wie dit lees, put daaruit onmiddellike bemoediging, troos en

onderwysing.

Dit is veral omdat die boek 地 persoonlike getuieniskarakter dra. Paulus, wat homself in 地 gevangenis bevind, lewer

vanuit die gevangenis 地 getuienis aan 地 gemeente met wie hy 地 besonder intieme verhouding het, miskien soos

met geen ander van sy gemeentes nie. Dit is duidelik dat hy graag persoonlik na hulle toe sou wou gekom het, maar

sy omstandighede verhinder dit. Hierdie brief moet hom vervang, want 地 brief word algemeen beskou as die beste

manier om 地 afstand te oorbrug en die skrywer te verteenwoordig. In 地 brief kan 地 mens ook op die tweede beste

manier uitdrukking gee aan jou gevoelens en gedagtes.

Paulus gebruik dus die brief om 地 getuienis te lewer. Hy doen dit omdat hy bekommerd is oor die gemeente. Hy is

bekommerd oor die bedreiging van die eenheid van die gemeente deur aanvalle op sy persoon. Die beperking op

sy bewegingsvryheid as gevangene bied hom nou die geleentheid om 地 persoonlike getuienis te lewer. Dit

verhinder hom nie om te vermaan, te onderrig en te bemoedig nie. Vir die Christen is of behoort byna geen

omstandigheid te beperkend of inhiberend te wees om dit te omskep in 地 geleentheid om getuienis te lewer nie.

Die inhoud van die getuienis is baie belangrik. In die meeste gevalle is die neiging by mense om te beskryf hoe hulle

begin twyfel het aan hulle eie godsdiens of lewe, of hoe hulle lewe vasgeloop het deur afvalligheid en sedeloosheid

waarna daar toe 地 radikale ommeswaai gekom het. Dit is die "verlore seun"-model. Paulus gee egter nie 地 lang lys

van sondes wat moet aandui hoe diep verlore hy was nie. Inteendeel, volgens alle sedelike maatstawwe was hy 地

voorbeeldige, toegewyde, godsdienstige mens, onberispelik van karakter en lewenswandel. Tog het sy lewe

ingrypend verander toe hy tot die kennis aangaande Christus gekom het.

In ons moderne, gesekulariseerde wêreld is hierdie soort getuienis baie belangrik. Daar is baie "ordentlike" mense

wat betref hulle lewenswandel. Hulle is volgens algemeen aanvaarde menslike norme en waardes onberispelik en

voorbeeldig. Paulus leer ons dat dit nie voldoende is nie en dat 地 mens meer nodig het as net 地 aardse lewe van

fatsoenlikheid. Die fatsoenlikheid of sedelikheid moet 地 ander grondslag hê as maar net die algemene,

humanistiese ideale van mense of die slaafse nakoming van wette en voorskrifte. Dit moet die uitvloeisel wees van

die geloof in Jesus Christus wat vir ons die geregtigheid by God bewerk het. Die enigste identiteit waarop 地 mens

trots kan wees, is die verbondenheid met Christus. Die grootste ywer wat 地 mens aan die dag kan en moet lê, is

die getuienis aangaande Christus.

Ons bevind ons in 地 tyd waarin daar veel gemaak word van heldeverering. Sangers, filmsterre, sportmense en

ander openbare figure se lewenswyse word noukeurig dopgehou en openbaar gemaak. Ongelukkig skitter dit nie

altyd van hoë sedelikheid en navolgenswaardigheid nie. Vir baie jongmense dien hierdie helde as rolmodelle en

meen hulle dat dit cool is om die dinge te doen wat hulle helde doen en om die soort lewe te volg wat hulle lei.

Paulus is nie skaam om homself voor te hou as 地 voorbeeld nie. Hy wil vertel hoe waardeloos en wegwerplik sy

skynbaar ordentlike lewe was toe hy tot die kennis van die heil in Christus gekom het. Nou vind hy blydskap in die

lewe, wat ook al sy omstandighede. Tog wil hy in sy getuienis nie die fokus op homself laat val nie. Sy lewe is maar

net 地 lewe in gehoorsaamheid aan Christus en 地 getuienis oor wat Christus aan hom gedoen het om hom te

verander van 地 beskaafde mens tot 地 mens in die greep van Christus.