29 September 2002

Agtiende Sondag in Koninkrykstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Filippense 2:1-13.

Ander tekste: Psalm 78:1-4, 12-16; Matteus 21:23-32.

Tema: Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat in Jesus Christus was.

INLEIDING

Die lyn van die erediens en liturgie is dat ons, wat volgelinge van Jesus Christus is, voor God moet buig en Hom

as die Skepper vereer en dien. Dit beteken dat ons ons sal ledig en by God leer hoe Hy wil hê dat ons moet lewe.

Sy Woord is die bron waaruit ons dit leer.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

By die erediens word 地 nuwe votum voorgestel wat die volgende drie weke gebruik kan word by die tekste uit

Filippense.

Votum

Liturg: Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

Gemeente: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Liturg: Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit

gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring

blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

Gemeente: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Liturg: Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg:

elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning,

as druppels uit 地 heuningkoek.

Gemeente: Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!

Liturg: U dienaars laat hulle daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy beloning.

Gemeente: Laat ons die Here met blydskap dien.

Sang

Psalm 100:4.

Ná die seëngroet kan God se goedheid bevestig word met 地 doopherinnering wat opgevolg word met 地 erkenning

van ons swak reaksie op God se goedheid.

Skulderkenning

Gemeente, ons kan weet God is met ons, want deur die doop bevestig Hy aan ons dat Hy ons God wil wees. Van

ons vereis Hy dat ons Hom in dankbaarheid en gehoorsaamheid sal dien. Julle sal saamstem dat ons ver te kort

skiet. Kom ons bely dit voor die Here.

Gesang 264:1, 3, 5/NSG 216.

DIENS VAN DIE WOORD

Gebed

Hier word voorgestel dat Psalm 78:1-4, 12-17, een van die tekste van die dag, gelees word. Dit roep ons op om God

se onderwysing te aanvaar. Dit kan bevestig word met Gesang 314:3/NSG 345:3, waarna die Skriflesing en

prediking volg. Sluit af met Gesang 40:4/NSG 43:4.

DIENS VAN DIE TAFEL

Kindertyd

Daar word voorgestel dat die kindertyd na die nagmaal of nagmaalherinnering verskuif word. Hier word dan die

storie vertel, soos in Jesus se gelykenis van die seuns (Matt 21:23-32), wat ons daaraan herinner dat ons as

Christene maklik ja sê, maar moeilik ja lewe. Ons moet nie net die "talk" "talk" nie, die uitdaging vir 地 Christen is

juis om die "walk" te "walk".

Storie/handeling

Oorgang

Geliefdes, die een Seun van God wat gehoorsaam was, was Jesus Christus, ons Here. Hy was gehoorsaam tot in

die dood, ja, die dood aan die kruis. Sy gehoorsaamheid breek ook vir ons die pad na die Vader oop. So bevestig

die wyn en brood aan ons dat, so seker as wat daar vir elkeen hierdie brood voor ons oë gebreek word, en hierdie

beker aan ons gegee word en ons dit met die mond eet en drink, so seker het ons deel aan sy sterwe en opstanding.

Hierdeur waarborg Hy sy soenverdienste so volledig asof ons self voor God gestaan het, self die straf op ons sonde

gedra het, self daarvoor gesterf en opgestaan en ons geregtigheid voor God verwerf het.

Indien die nagmaal gebruik word, volg vanaf Instelling soos in die basisvoorstel.

UITSENDING

Gebruik die tweede keuse van die basisliturgie as die inleiding. Jy kan, in plaas van een van die tekste uit Matteus,

Filippense 2:1-5 herhaal as die wet.

Ná Gesang 222:4 kan ook JSB 2 20:1, 2 gesing word.

Tema

Om in nederigheid en eenheid volgens die voorbeeld van Christus te lewe.

Teks en konteks

Die tekskeuse van die Leesrooster vorm deel van die vermanende perikoop van 1:27-2:18. Filippense 1:27-30 het

ons in die preekstudie van 22 September 2002 bespreek. Die hele perikoop word deur D J Smit behandel in Riglyne

vir Lydensprediking (Woord teen die Lig I/2, pp 178-187).

Waar Paulus in 1:12-30 hoofsaaklik handel oor die verhouding tussen die gelowiges (insluitende homself) en

Christus in die lewe met sy stryd en lyding en die dood met sy opstandingsbelofte, handel hy in 2:1-13 oor die

verhouding tussen die gelowiges onderling. Die aanleiding tot hierdie vermaning was ongetwyfeld onenigheid in die

gemeente (4:2). Daarom maan hy hulle tot eenheid en liefde (2:2) met nederigheid as die sleutel daartoe (2:3). As

aansporing om op hierdie vermaning ag te gee hou Paulus drie oorwegings aan die Filippense voor. Ten eerste dít

wat hulle reeds van die Here ontvang het (v 1); ten tweede die voorbeeld wat hulle in Christus besit (vv 6-11), en

ten derde die voortgesette werk van God in hulle lewe (v 13).

Die eerste aansporing tot eenheid en liefde deur nederigheid

In verse 1-4 volg Paulus die grondlyn van sy evangeliese etiek (De Boor). Voor daar gedoen en gehandel kan word,

moet daar eers ontvang word. Selfs die gelowige kan nie uit eie krag reg handel nie. Die "aangesien" in vers 1 dui

dié dinge aan wat aan die gemeente geskenk is en wat as aansporing en instaatstelling dien om tot ware eenheid

te kom.

PREEKSTUDIE - FILIPPENSE 2:1-13

Paulus gebruik 地 trinitariese formule om dit wat ontvang is aan te dui (v 1). Daar is in die eerste plek die troos in

Christus, wat eintlik wil sê dat Christus hulle met die genadewoord van die evangelie troosvol vermanend

toegespreek het. Dit is geen leë woord nie, maar dit bevat herskeppende krag. Hierby sluit die aansporing deur die

liefde van God aan. Dit is nie 地 sentimentele gevoelservaring nie, maar die belewing van die reddende en

reinigende werking van die liefde. Daarby kom die gemeenskap deur die Gees (letterlik "van" die Gees) wat dui op

wat hulle in gemeenskap met die Gees besit. Die Gees woon in die gemeente en die lidmate afsonderlik en doen

in hulle sy werk. Met hierdie gawes van die drie-enige God tot hulle beskikking is die gevolg dat daar onder hulle

innige meegevoel en meelewing bewerk is. Dit is ook gawes van genade en nie sentimentele gevoelens of

onbetrokke hulpverlening nie, en dit dryf hulle uit om die uiterlike nood van die broers en susters hulle eie te maak.

Deur die klem so sterk te lê op wat die gemeente van God ontvang het, kan die apostel hulle nou oproep om uit en

ooreenkomstig dít wat hulle ontvang het, te lewe (v 2). Vir Paulus gaan dit passievol om die eenheid en

eensgesindheid. As die Filippense dít bereik het, sal dit die blydskap wat Paulus reeds het oor hulle standvastige

geloofslewe volkome maak. Die sleutel tot eenheid in liefde, denke en strewe is nederigheid (v 3). Selfsug en eersug

ag die eie persoon belangrik en begeer vir die self aansien en roem. As gelowiges só wil handel, is eensgesindheid

in die gemeente onmoontlik en dreig daar skeuring tussen persone en groepe. Nederigheid is egter vry van die

egobelang en die nederige gelowige ag die ander gelowiges hoër as hom- of haarself. Ware nederigheid is ook die

sleutel tot die regte belangeprioriteite (v 4). In die wêreld is daar geen egte gemeenskap tussen mense nie, maar

eerder angs vir en 地 naywerige stryd teen mekaar. Eiebelang dikteer die denke en gedrag selfs tot in die intiemste

verhoudings. Maar in die gemeente van die Here Jesus kan en moet dit anders wees. Daar word nie verwag dat

die gelowiges hulle eie wettige belange sal ontken of moet verwaarloos nie, maar Paulus dui aan dat die gelowiges

ook die belange van ander op die hart sal dra deur dit ook hulle eie te maak.

Die apostel weet uit eie ondervinding hoe moeilik die weg van nederigheid is en hoe groot die oormag van selfhandhawing

en arrogansie in Filippi is, teenoor 地 klein en swak gemeente wat opgeroep word tot eenheid in liefde deur

nederigheid. Daarom stel hy hom in hierdie oproep nie tevrede met die motiewe wat deur die gawes aan die

gemeente (v 1) voorsien word nie. Ook nie die byvoeging van sy pleidooi "maak dan nou my blydskap volkome" kan

genoeg stukrag verleen nie. Hy roep die Filippense direk op tot die kragtigste aansporing wat in die gemeente van

Christus kan bestaan, naamlik om na Jesus te kyk (2 Kor 3:18 1953-vertaling; Heb 12:1-2). Hy is die rolmodel vir

die lewe waartoe Paulus oproep (v 5).

Die tweede aansporing tot eenheid in liefde deur nederigheid

Wat die gemeente reeds ontvang het as motivering en aansporing (v 1) tot die eenheidslewe in nederigheid (vv 2-

4), is wesenlik dieselfde as wat in oneindig versterkte vorm aan hulle meegedeel word deur die aanskouing,

aanbidding en lofprysing van die Here Jesus Christus. Paulus beskryf Christus in verse 6-11 as die Persoon met

wie die Filippense hulle moet vereenselwig. In navolging van Lohmeyer en andere moet hierdie gedeelte gesien

word as 地 lied oor Christus. Niemand weet of dit deur Paulus self gedig is en of dit uit die liturgie van die vroeë

Christelike gemeenskap afkomstig is nie, maar wat wel seker blyk, is dat Paulus dit aanhaal om die vermaning in

vers 5 te begrond en te motiveer. Vers 5 is die samevatting van al die voorafgaande vermanings. Die gevaar dat

gelowiges in Filippi slegs morele en sedelike waarde, sonder 地 dieper geestelike dimensie, aan die vermaning sal

heg, word afgeweer deur dit binne die sfeer van 地 erediens te plaas. Die beoefening van die denke en gesindheid

soos dit in Christus was, word slegs moontlik en werklik as die daaglikse lewenswandel van die gelowiges 地

"erediens" van aanskouing, bewondering, aanbidding en lofprysing is, in gemeenskap met die Here wat die Gees

is (2 Kor 3:18). Daartoe dien die lied oor Christus, wat vermoedelik gereeld in die eredienste van die gemeente van

Filippi gesing is, tot buitengewone aansporing.

Die krag en waarde van die Christuslied lê daarin dat dit nie mitologie is nie, maar geskiedenis. Maar hierdie geskiedenis

is meer as 地 blote relaas van afgelope gebeure. Dit is die geskiedenis wat die grond van alle geskiedenis

is, ook dié van die gelowiges in die gemeente. Daarom word die lewe van Jesus vir hulle die lewe van Jesus in hulle,

wanneer hulle hulle geskiedenis deur die geloof aan Syne verbind. Maar hoe moet dit prakties in die gemeente

plaasvind? Paulus dui die weg in vers 5 aan. Die gesindheid (of denke) wat in hulle moet wees, is dit wat hulle in

gemeenskap met Christus het en daardie gemeenskap kan ten beste tot sy reg kom in die liturgiese gemeenskap

van die gemeente, waarvan die aanbiddende sing van die Christuslied 地 kernelement vorm. By die opregte

hantering van die lied sal die lidmate besef dat Jesus daadwerklik gegaan het op die weg wat daar afgeskilder is

dié Jesus wat hulle ken, vir wie hulle lief is, wat hulle gehoorsaam omdat Hy hulle Jesus, hulle Redder, hulle Lewe

is en hulle ganse self sal beweeg word deur wat daar afgeskilder is. Dan gee dit aan hulle iets wat geen etiese

stelsel of morele kode aan hulle kan gee nie 地 lewe gevul met die inwoning van Christus deur die Gees.

Die Christuslied val natuurlikerwys uiteen in twee dele. Verse 6-8 beskryf Jesus se weg van vernedering en verse

9-11 sy weg van verhoging. Ons kan die weg van vernedering verder in twee fases verdeel, naamlik dié van sy

vernedering (ontlediging) voor sy menswording (vv 6-7a) en dié van sy vernedering sy menswording (vv 7b-8).

Hier volg 地 baie kort uiteensetting (地 volledige eksegetiese uiteensetting van die hele gedeelte word gegee deur D

P Botha in Woord teen die Lig III/2, pp 50-55).

Vers 6: Om "op Goddelike wyse te bestaan" en vanuit daardie posisie beslag te lê op die heerlikheid en eer

verbonde aan sy posisie, was vir die Goddelike Seun 地 opsie wat Hy afgewys het. Hy het gekies vir die aanvaarding

van sy Godgewilde rol as die Een wat mens geword het en verneder is. Die eerste Adam, wat "na die gelykenis van

God" geskape is, het daarna gegryp om soos God te wees en só die sonde en die dood oor homself en die

mensdom gebring. Maar die tweede Adam gee dít wat na reg Syne is prys om die reg en eer van God in sy skepping

te herstel en die mens te red. (Paulus behandel hierdie teenstelling dogmaties in Rom 5:12-21.) Die aanbiddende

gemeente bewonder hierdie Jesus en sy gesindheid word die rigtende lig vir die eie hart en die gemeentelewe.

Vers 7a: Die bekende woord "ontledig" is in die 1983-vertaling vervang met "verneder". Ontlediging is inderdaad vernedering,

maar die vraag bly tog: "Waarvan het die Seun Hom ontledig?" Kenneth Wuest sê hiervan:

"He set aside the outward expression of His deity when expressing Himself as a bondslave. It was the

outward expression of the essence of His deity which our Lord emptied Himself of during the time when He

was giving outward expression of Himself as a bondslave ... our Lord emptied Himself of self ... The setting

aside of self by the Son of God was the example that Paul held before the saints at Philippi. If each could set

self aside, then unity would prevail."

Hy het dus nie opgehou om God te wees nie, maar het Homself ontledig van die uitwendige uitdrukking van sy Goddelike

heerlikheid. Deur die gestalte van 地 slaaf aan te neem het Hy ook uitdrukking gegee aan dít wat Hy wesenlik

was. Dit was ook sy natuur as God om te dien sonder perke, in volslae gehoorsaamheid aan die Vader. Daarom

was hierdie uitdrukking van sy slaafgestalte sonder voorbehoud en volledig. En om ten beste aan die slaafgestalte

uitdrukking te gee, het Hy verkies om dit as mens onder die mense te doen. (Sien Woord teen die Lig III/2, pp 52-

53 vir die uitleg van W de Boor en K Wuest.)

Verse 7b-8: Hierdie verse teken vir ons die voltooiing van die vernederingsproses in die fase ná die menswording.

Die "ontlediging" van vers 7 word verder gevoer in die "vernedering" van vers 8. Die ontlediging was sy vernedering

as God die Seun, en sy vernedering was sy verdere vernedering as die Seun van die mens. Dit was self-ontlediging

en self-vernedering tot die alleruiterste punt toe, die dood aan die kruis. Dit is hierdie gesindheid van nederigheid

waartoe Paulus die gemeente in Filippi oproep en wat die hoogste uitdrukking in die weg van Jesus Christus vind.

Dié selfvernedering vind sy teenhanger in die gehoorsaamheid (sien Rom 5:12-21). Jesus het gehoorsaam geword

tot in die dood (v 8). Maar dit beteken nie dat Hy aan die dood gehoorsaam geword het nie. Hy was altyd die

beskikker oor die dood. Hy sterf uit eie vrye wil. Slegs 地 Goddelike wese kan die dood uit gehoorsaamheid aanvaar,

want vir mense is die dood 地 noodwendigheid (Lohmeyer). Paulus hou die dood aan die kruis pertinent aan die

gemeente voor, want slegs deur hierdie uiterste gehoorsaamheid van Christus kan hulle gehoorsaam gemaak word

aan die opdrag om met nederigheid hulle eenheid in liefde te beoefen.

Verse 9-11: Hierdie gedeelte beskryf die Vader se verhoging van die Seun wat Homself verneder het. Die diep liefde

van die Seun wat alles weggee, stem ooreen met die geweldig verhogende liefde van die Vader. Daarom word die

Seun deur die Vader van die diepste vernedering tot die hoogste eer verhoog. Jesus het Hom leeg gemaak en tot

niks geword nie nou ontvang Hy die volheid. Hy het slaaf geword nou word Hy Here. Hy het van alle reg en eer

vrywillig afstand gedoen nou buig elke knie voor Hom en elke tong erken dat Hy Here is. Die Naam "Jesus" het

"Jahwe-Jesus" geword (De Boor). Vir die arm, verdrukte en vervolgde gemeente van Filippi was hierdie beeld van

die verhoogde Here 地 magtige aansporing. Die Christuslied impliseer dat hulle geen owerheid of mag of enige

ander skepsel in die hemel, op die aarde of in die onderwêreld hoef te vrees nie, want Jesus is Here oor hulle almal,

en al sou die magte dit nie nou erken nie, sal hulle dit uiteindelik almal erken. Die gemeente behoort aan Jesus en

deel in sy heerskappy as 地 genadegawe. Daarom het hulle 地 buitengewoon groot verantwoordelikheid om deur

hulle eensgesindheid Jesus se heerskappy geloofwaardig aan die wêreld om hulle te verkondig (vgl Joh 17:20-23).

Die derde aansporing tot eenheid in liefde deur nederigheid

In verse 12-13 hou Paulus aan die Filippense voor dat hulle tot gehoorsaamheid aan die gesindheid van Jesus

verlos is en dat hulle hulle met eerbied en ontsag daarop moet toelê om as verloste mense te lewe. "Eerbied en

ontsag" (vrees en bewing) is nie slaafse vrees nie maar gesonde waaksaamheid. "It is taking heed lest we fall; it is

a constant apprehension of the deceitfulness of the hart, and of the insidiousness and power of inward corruption"

(aangehaal deur Wuest). Tipies van die apostel se nederigheid beskou hy nie sy eie teenwoordigheid as 地

onmisbare faktor tot die Filippense se gehoorsaamheid nie. Inteendeel, sy afwesigheid moet as aansporing dien tot

groter gehoorsaamheid. Want die eintlike aansporing is dat hulle "geliefdes" is, dit wil sê voorwerpe van die liefde

van God, en mense in wie die Heilige Gees die liefde van God uitgestort het (Rom 5:5) 地 liefde wat 地 mens

beweeg om jouself te offer vir die belange van ander. Die gewilligheid en bekwaamheid tot gehoorsaamheid kom

dus (genadiglik) nie uit hulleself nie, dit is God wat hulle daartoe in staat stel (v 13) deur in hulle te werk (1953-

vertaling). Die woorde "in julle werk" beteken om in hulle die energie voort te bring om gewillig en aktief die wil van

God in gehoorsaamheid te doen. Deur hierdie aansporing word hulle opdrag om eenheid in liefde deur nederigheid

na te jaag 地 vreugdevolle taak (sien ook vv 12-18).

Preekvoorstel

Saam met Johannes 17:20-26 is Filippense 2:1-13 die sterkste appèl op eenheid in liefde tussen die volgelinge van

Jesus wat die Nuwe Testament ons bied. Paulus se beroep op die Filippense om eenheid dui die weg aan

waarlangs die hoëpriesterlike gebed van die Verlosser in hulle en ons lewe beantwoord word. In Filippi met sy

heidense kultuur en vyandige magte was die eenheid in liefde deur ware nederigheid ontsluit, die onontbeerlike

voorwaarde vir die klein gemeente se voortbestaan en groei. En wat vir hulle gegeld het, geld net soveel vir die kerk

van ons dag. Die geloofwaardigheid van die evangelie van verlossing en selfs van die Verlosser is by die wêreld in

gedrang as die getuies van die evangelie hulle uniekheid en totale andersheid teenoor die wêreld prysgee.

Die deurslaggewende bewys dat dié wat in Christus is nuwe mense is (2 Kor 5:17), is hulle onderlinge eenheid in

liefde en hulle Godgewerkte vermoë om in nederigheid ander hoër te ag as hulleself (2:2-3). Daar was tye in die

geskiedenis van die kerk (veral tydens vervolging en martelaarskap) dat hierdie bewys nie ontbreek het nie. Dit was

tye van hoogbloei en groei. Maar, helaas, die teendeel is ook waar. Verdeeldheid, naywer en najaag van eiebelang

het te dikwels die optrede van die kerk en gelowiges gekenmerk. Die vraag kan met reg gevra word of die feit dat

die wêreld ná twee millenniums nog nie vir die koninkryk van Christus gewen is nie, nie te wyte is aan die

verdeeldheid, liefdeloosheid, selfsugtigheid en hovaardigheid van so baie gelowiges nie. En hoeveel skuld het ons,

die kerk van Christus in Suid-Afrika, nie ook hieraan nie? Ons het 地 tragiese geskiedenis van kerklike verdeeldheid

op dogmatiese, kulturele, rasse- en spiritualiteitsgrondslag, met liefdeloosheid en onverdraagsaamheid kenmerkend

van ons onderlinge verhoudings. Eiebelang en gebrek aan nederigheid is te dikwels die struikelblokke in

die weg van kerklike eenheid. Ook saboteer dit effektief die kerk se profetiese getuienis teenoor die samelewing en

owerhede.

Die blydskap van Paulus (v 2) sal ook ons blydskap word (v 18) as die opdrag tot eenheid, eensgesindheid, liefde

en nederigheid in die lewe van die kerk gestalte kry. Oor die opdrag tot kerkeenheid en nederigheid kan daar nie

geredeneer word nie, dit moet slegs gehoorsaam word. Dit geld vir die kerk oor die wêreld, in Suid-Afrika en by

name in Nederduitse Gereformeerde verband. Daartoe het die drie-enige God aan ons soveel geskenk (v 1). Ons

is hierdie gehoorsaamheid aan Hom verskuldig uit dankbaarheid vir die gawes van die troos in Christus, die

aansporing deur die liefde van God en die gemeenskap (met God en mekaar) deur die Heilige Gees. Deur die

opdrag tot eenheid te verontagsaam, ontken ons dat ons die gawes van God ontvang het en maak ons Hom tot 地

leuenaar.

Talle pogings tot kerkeenheid misluk omdat die sleutel daartoe, egte nederigheid (v 3), ontbreek. En dit ontbreek

omdat daar weggekyk word van die rolmodel Jesus Christus. Baie gelowiges en selfs sommige kerklike ampsdraers

ken nie die wesenskarakter van die Here van die kerk nie. Hulle oë is op ander belange gevestig. Eersug en selfsug

speel 地 rol. Vir die gelowiges en kerklike voorgangers wat hulle oë op die Jesus van die Christuslied (vv 6-11) hou

en hulle volledig met Hom vereenselwig (Kol 2:20), is die daarstelling van kerkeenheid 地 prioriteit, 地 plig en 地

plesier.

En God sal Hom teenoor die gehoorsames nie onbetuig laat nie. Hy sal die werk wat Hy begin het deur die skenking

van sy gawes voortsit en voltooi (1:6). Per slot van rekening is dit Hy wat die gewilligheid en bekwaamheid tot

gehoorsaamheid aan die eenheids- en nederigheidsopdrag in ons bewerk (v 13). Kom ons laat Hom met blydskap

en dankbaarheid toe om dit te doen.

Bibliografie

Kommentare: De Boor, W (Wuppertaler); Hunter, A M, Schlatter, A, Wuest K (Brief Word Studies); Jac Müller (New

International Philippians).

Woordstudies: Smit, D J. Woord teen die Lig I/2, pp 178-187. Botha, D P. Woord teen die Lig III/2, pp 47-57.