Galasirs 6:1- 6; 7-16 (Chris Jones)

8 Julie 2001

Vierdie Sondag in Koninkrykstyd

Dra mekaar se laste!

Inleiding

Sien raak wanneer ander mense swaarkry en help hulle. Tel hulle kruis op jou skouers en dra dit vir hulle. Moenie dat hulle alleen met hulle probleme, verpligtinge, skulde en ladings worstel nie. So doen n mens presies wat Christus van jou verwag.

Teks en konteks

Paulus het geleef in n wreld wat gedomineer is deur n orale kultuur. Dit was n pre-industrile, pre-drukkuns en pre-tegnologiese wreld waar teologiese dogmas nie eintlik n rol in godsdienssake gespeel het nie.

Godsdiens het nie (soseer) te doen gehad met sekere innerlike oortuigings of n sisteem van betekenis oor God nie, maar is veel eerder gemotiveer deur ander behoeftes as suiwer godsdiensbehoeftes, soos die voorsiening in sosiale en persoonlike behoeftes van vrees, nood, tekorte en bedreigings deur allerhande magte. Vir funksionering en voortbestaan was godsdiens afhanklik van hierdie sosiale verbande.

 

Die vraag ontstaan nou: Hoe het die gemeente van Galasi binne so n vreemde wreld met sy eiesoortige sosiale strukture en kulturele patrone daaruit gesien? En waaroor gaan dit regtig in hierdie brief?

Sedert die Reformasie is Paulus se brief aan die Galasirs gebruik om te s dat n mens nie op grond van die wet of werke gered word nie, maar slegs deur die geloof. Alhoewel dit n belangrike geloofsbeginsel, ook vir Paulus is, wil dit lyk of dit nie regtig die probleem is wat hy in sy brief aan hierdie gemeente wou aanspreek nie.

Hierdie brief het eintlik nooit oor enige (swaar) teologiese kwessies gegaan nie, maar oor die feit dat sy gesag as apostel onder verdenking was. Paulus was in konflik met opponente hieroor. Die aard van die konflik was nie suiwer teologies of dogmaties van aard nie, maar eerder ingebed in die sosiaal-religieuse.

Om Galasirs reg te lees, moet n mens bewus wees van die feit dat daar heelwat huiskerke in daardie gemeente was. Dit het bestaan uit die hoof van die spesifieke huishouding, sy vrou, kinders en slawe, selfs sy sakekollegas en ander mense wat op die een of ander wyse afhanklik van so n huishouding was. Die status van die hoof van so n huiskerk het afgehang van hoeveel mense hy onder sy sorg kon neem.

Verder was die hoof van so n huiskerk baie outoritr. Hy het sy keuse van sekere godsdienstige tradisies afgedwing op al die lede van daardie huiskerk. Briewe is byvoorbeeld geadresseer aan die hoofde van sulke huiskerke en hulle was ook in die meeste gevalle welgesteld.

Bekering het in daardie tyd nie eintlik beteken dat n individu sy hart verander het nie, maar eerder dat hy deel van n sekere sosiale struktuur geword het. Eers dan kon hy deelneem aan die aktiwiteite van die huiskerk. So is die boodskap van die evangelie van Christus versprei deur huishoudings wat tot bekering gekom het.

Jy kon ook nie jou lidmaatskap van die een kerk na die ander oordra soos ons dit vandag ken nie. Wanneer jy vertrek het uit n sekere area, moes jy eers weer toegang tot n sosiale struktuur kry en dan is jy op grond daarvan toegelaat tot n huiskerk.

n Individu het dus eintlik net in groepsverband tot sy reg gekom. Hy het sy identiteit, selfwaarde en posisie gekry van die groep waarvan hy deel geword het en nie eintlik op grond van sy eie oortuiging of bekering nie. Daarom was bekering eintlik n skaars ding, en as dit gebeur het, was dit eerder deur die inkorporering in n groep.

Paulus het selde op die markpleine en straathoeke bekeringspreke gelewer. Hy moes kontak maak met die hoofde van die verskillende huishoudings om toegang tot daardie inwoners te verkry. En dikwels moes hy wondertekens verrig sodat hulle in hom as Godsman kon glo.

Hy was verder ook ondergeskik aan die hoof van die huiskerk wanneer hy toegang verkry het. Die feit dat hy soms wonders gedoen het, het tog eer en status aan hom verleen. Maar hy moes sodanig optree dat die mense sy boodskap glo sonder dat hy by die hoof van die huiskerk probleme optel. Hy moes deurgaans die hoof respekteer en volgens sekere huisrels optree.

Paulus se gesag as apostel het onder verdenking gekom omdat daar ander mense toegang tot die huiskerke verkry het wat n evangelie in stryd met syne uitgedra het. Hierdie mense het van die Jode wat n Christelike lewenstyl verkies het omdat hulle deel van n Christelike huiskerk geword het, verwag om steeds n lewe volgens die Joodse identiteitsmerkers in te rig. Paulus het dit natuurlik ten sterkste afgekeur.

Hy het in sy brief aan die Galasirs alles gedoen om mense te oortuig dat hy n man van God was, dat hulle sy boodskap moes glo en mense wat enigiets anders verkondig, moes ignoreer.

Hierom is hierdie brief eintlik baie tydsgebonde. Dit was bedoel vir spesifieke mense binne n spesifieke situasie. Natuurlik het dit vandag nog steeds waarde vir ons (soos hieronder sal blyk), maar dis belangrik dat ons hierdie brief binne die regte sosio-kulturele raamwerk plaas om dit korrek te verstaan.

Preekvoorstel

In hierdie laaste hoofstuk van Paulus aan die Galasirs tree hy enersyds baie tipies op en andersyds onortodoks. In tipiese Pauliniese trant kry ons hier te doen met evangeliese lering en wyshede en konkrete morele vermaning (Gal 6:1-10; vergelyk ook 1 Tes 5:12-22). Die onortodokse rakende Paulus in hierdie gedeelte l daarin dat hy terugkeer na temas wat hy vroer in die brief reeds aangespreek het en dan op grond daarvan polemies en selfs bytend sarkasties raak om vir eens en altyd sy posisie en status as apostel te verdedig (Gal 6:11-17).

In die eerste ses verse van hierdie hoofstuk fokus Paulus op die gelowige se verantwoordelikheid teenoor sy medemens ons moet mekaar se laste dra. Om getrou aan onsself en die evangelie te wees, moet ons bereid wees om goed te doen aan ander mense. Dit mag nie net vir die gelowige oor vormgodsdsiens gaan nie, maar dit moet oor daadwerklike toewyding aan God en ons medemens gaan. Ook hulle wat in die een of ander sonde verval het, moet in n gees van sagmoedigheid reggehelp word. Die manier waarop ons dit doen, is belangrik. Doen dit op so n manier soos jy graag sou wou h iemand jou met jou las moet help!

Baie keer dink n mens jy kan nie iemand anders se las dra nie, want jy self gaan gebuk onder n swaar las. Werk dit regtig so? Maak jou las dit vir jou onmoontlik om iemand anders te help?

In hierdie opsig dink ek altyd terug aan my kinderdae toe ek n swaar emmer water vir my pa moes aandra. Ek het skeef-skeef aangesukkel. Die emmer het kort-kort teen my knie gekap en ek het water gemors. Ek was ongebalanseerd. Ek het soms van die water uitgegooi om die emmer ligter te maak, maar dit het ook nie juis gehelp nie.

Al wat regtig gehelp het, was om nog n emmer water op te tel en die twee emmers op een slag te dra. Op di manier was jy meer gebalanseerd, het jy baie makliker geloop en niks water gemors nie.

In elkeen se lewe gebeur dit soms dat die laste van die lewe net aan die een kant van die weegskaal ophoop. Dit trek n mens van balans af. Maar net soos die emmer water, help dit nie om die oortollige gewig aan die een kant weg te neem nie. Baie keer kan jy nie. Dit is beter om nog laste op die ander kant van die weegskaal te plaas. Dan raak jou lewe weer gebalanseerd. Deur met ander woorde die gewig te verdubbel, het jy jou las ligter gemaak.

Hoe dikwels dra ek en jy ons nie dood aan ons eie laste nie? Loop ons nie soms skeef onder ons kruis, ons verdriet, ons teleurstellings en krisisse nie? En dit maak dat ons soms balans verloor. Hoe kan ons hierdie laste ligter maak of balanseer? Deur die laste van ons vriende of die mense rondom ons te dra. Deur iets vir iemand rondom jou te beteken. As jou kruis jou begin skeef trek, tel jou medemens se kruis ook op en so sal jy perspektief kry en verligting ervaar.

Baie keer wil ons ook nie iemand se las dra nie, want ons s so gou die spesifieke persoon het self die probleem oor hom of haar gebring. Ons moet versigtig wees om so te redeneer. In die storie van die barmhartige Samaritaan vertel Jesus van n man wat daardie uiters gevaarlike pad tussen Jerusalem en Jerigo gestap het. As daar een man was wat moes geweet het hy gaan aangeval word, is dit hy. Die priester en Leviet het verbygestap, maar n Samaritaan het hom jammer gekry en gehelp. Hy het nie die man verwyt vir die dom ding wat hy gedoen het en hom daarom aan sy ellende oorgelaat nie, maar, so vertel Jesus self, hy het hom onvoorwaardelik gehelp en so sy las op hom geneem.

In verse sewe tot tien vermaan Paulus die gelowiges om goed te doen aan mede-gelowiges maar ook aan nie-gelowiges (vergelyk ook 1 Tes 5:15). Daar is soveel bewyse van hoe die vroe Christene verantwoordelikheid geneem het vir die fisiese nood en behoeftes van mekaar (Hand 2:44-45; 4:32-35; 1 Tim 5:8; Jak 1:27). Belangrik om te onthou, is dat hierdie verantwoordelikheid teenoor alle mense, dus ook teenoor nie-gelowiges geld (Rom 12:20; Gal 5:14).

Moderne navorsers soos Meeks, Malherbe en Theissen het antwoorde gesoek op die vraag waarom die vroe Christendom so geweldig vinnig en ver versprei het. Hulle het uitgevind dat kwessies soos armoede aangespreek is. Die vroe Christene het ook uitnodigings gerig aan mense op die buiterand van die samelewing, vervreemdes het aandag ontvang en klasse ongelykheid is sover as moontlik uit die weg geruim. Uit die navorsing van hierdie geleerdes is dit duidelik dat die vroe Christendom die mees dinamiese alternatief op n sisteem van ekonomiese onreg was!

Waar staan ons in terme van Paulus se vermaning om goed te doen en ander se laste te dra? Ek lees onlangs hoedat mense uit n bepaalde gebied in een van ons groot stede weggetrek het. n Nuwe bevolking het daar ingetrek. Drie tradisioneel Afrikaanse gemeentes het toegemaak. Van die kerkgeboue is verkoop en as Moslem tempels ingerig. Daar is agteruitgang. Sypaadjies lyk onversorg, daar is gate in die pad, straatkinders is oral te sien, daar is volop bedelaars, misdaad het toegeneem, ensovoorts.

Die interessante is dat te midde van hierdie negatiewe situasie daar n bloeiende Baptiste gemeentetjie is. Hulle het aangepas by die veranderende omstandighede. Op hulle gronde is daar n bouery. n Splinternuwe saal waar straatkinders skoolonderrig ontvang, het tot stand gekom. Vrydagaande word daar byeenkomste gehou vir jongmense waar hulle kos vir hulle mae en siele kry. Besighede se beursies het begin oopgaan, want hierdie gelowiges het werklik ander mense se laste begin dra. Hulle het iets gesnap van die feit dat hulle nie onder die wet van Moses staan nie, maar onder die wet van Christus. En dit beteken om Hom te vergestalt en gevolglik deernis aan ander mense te betoon!

Paulus herinner ons dan ook daaraan dat ons sal oes dit wat ons saai. Ons kan God nie mislei nie. Hy sal ons volgens ons dade oordeel. As ons saai in die land van selfsug, sal ons die dood oes (Rom 8:6,13; Ef 4:22-24; 2 Pet 2:12). As ons saai op die land van Gods Gees, sal ons die lewe oes. Ons moet aan onsself en ons belange sterf sodat Christus in ons gestalte kan kry. Soos Christus sy lewe vir die mens afgel het, so moet ons ook vir ons medemens leef.

Paulus moedig ons ook aan om nie moeg te word om goed te doen nie (sien ook 2 Tes 3:13; 2 Kor 4:1,16). Dit herinner sterk aan Jesus se storie in verband met die laaste oordeel (Mat 25:31-46). Hierin gaan dit oor eenvoudige alledaagse dade van goedhartigheid wat ons moet doen, soos byvoorbeeld om kos, water, klere en huisvesting te gee aan di wat dit nodig het. Maar dit wil lyk of dit juis hierdie ooglopende dinge is waarmee ons soms so sukkel. Miskien is dit die rede waarom Christus daarna verwys het.

In die slotverse van hierdie hoofstuk (11-16) maak Paulus n paar polemiese opmerkings in groot skrif, waarskynlik om die belangrikheid daarvan te onderstreep (alhoewel daar ook ander verklarings vir die gebruik van die groot letters is).

Eerstens vat hy sy opponente aan wat daarop aandring dat die Joodse Christene hulle moes laat besny. Dit was volgens hom maar net om uiterlik n goeie indruk te maak. Dit was die gewilde standpunt van die tyd met die minste opoffering. Wat nog erger was in Paulus se o is dat hulle (dis nou die opponente) die minder belangrike rituele wou afdwing terwyl hulle self nie die wet van Moses onderhou het nie. Dit was inkonsekwent. Vir Paulus het sy opponente geroem oor uiterlike dinge in plaas van die noodsaaklike geestelike dinge.

Tweedens verdedig Paulus die evangelie van Christus en sy eie gedrag. In verse veertien tot sestien kry ons n merkwaardige samevatting van sy teologie. Die kruis staan sentraal (14a) en hy self is verander deur die kruisdood van Christus sodat die wreld vir hom dood is en hy vir die wreld (14b; Gal 2:20). Uiterlike godsdienstige optrede beteken nie veel nie, maar innerlike verandering en vernuwing (met gepaardgaande dade) staan sentraal (15; 1 Kor 7:19; Gal 5:6; Rom 2:25-26). Om n nuwe mens te wees bepaal n mens se identiteit voor God (16) en diesulkes sal gesen word met vrede en barmhartigheid.

Kom ons hou gevolglik aan om goed te doen. Dit is nie altyd maklik om ander se laste saam met jou eie te dra nie. Dit vra opoffering en is dikwels baie dreinerend, maar dit is wat Christus van ons vra. Terwyl ons nog tyd oor het, moet ons elke geleentheid aangryp om goed te doen aan almal wat ons pad kruis. Ons moet ons hart en ons hande vir diesulkes oopmaak.

 

Bibliografie

Craddock, F.B. (et al). Preaching through the Christian year: year C: a comprehensive commentary on the lectionary, pp. 321-328. Craffert, P.F. n Herdefiniring van Paulus se konflik in Galasi: Die brief aan die Galasirs deur die bril van die sosiale wetenskappe in: Hervormde Teologiese Studies, pp. 859- 876. Craffert, P.F. Conflict in the congregations of Galatia: Pauls authority under fire in: Faith, Grace, etcetera, pp. 35-43. Lowry, E.L. Living with the lectionary: preaching through the Revised common lectionary, pp. 43-51. Malherbe, A. Social aspects of early Christianity. Meeks, W. The first urban Christians. Theissen, G. Sociology of early Palestinian Christianity. Van Stempvoort, P.A. De brief van Paulus aan de Galaten, pp. 181-195. Wolmarans, H. Lewende Woorde, pp. 50-51.