Galasirs 3:19-29 (Francois Wessels)

24 Junie 2001

Tweede Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Psalm 42, Rigters 2:1-3:6, Lukas 8:26-39

Wat die wet nie kan gee nie (2): toegang tot die gemeenskap van gelowiges

Teks

Vers 19: Watter doel dien die wet dan? Dit is die vraag wat nou beantwoord moet word. Was die wet dan uit die bose? Nee, s Paulus, die wet het 'n funksie gehad, maar dit was 'n beperkte funksie. Paulus noem nou twee dinge wat vir sy lesers van destyds duidelike tekens was van die wet se beperkende funksie. Eerstens, is die wet later bygevoeg (19). Paulus herhaal sy argument van vers 17: die wet is eers 430 jaar nadat God Abraham en sy nakomelinge gekies het as volk, bygevoeg as gevolg van die sonde. Tweedens, die volk het die wet nie direk van God ontvang nie, maar het dit deur middel van engele van God ontvang. As God dit bedoel het as 'n middel waardeur ons gered kan word, sou Hy dit direk aan Israel gegee het. Di argument klink miskien nie vir ons oortuigend nie, maar 'n mens moet onthou dat Paulus redeneer volgens die gebruike van sy tyd waarvolgens dit wel so was dat iets wat deur God aan sy volk gegee is, van hor waarde geag is as iets wat deur tussengangers (in hierdie geval engele) aan hulle meegedeel is. 'n Tweede probleem met Paulus se argument is dat volgens Eksodus 31:18 God wel direk aan Moses die twee tafels van die wet gegee het. Paulus verwys na 'n engel as 'n tussenganger omdat Eksodus 31:18 deur 'n Joodse Skrifgeleerde van destyds so verklaar is dat die Here nie die tafels van die wet direk in Moses se hande geplaas het nie, maar deur 'n engel as tussenganger. (God was te heilig, en Moses sou gesterf het as hy in fisiese kontak met God gekom het, was die rabbi se argument.) Di uitleg het later in die Joodse tradisie algemene volksbesit geword, en meeste Jode van di tyd (waarskynlik Paulus inkluis) het nie eens besef dat dit nie regtig so in Eksodus 31 staan nie.

In elk geval, om terug te keer tot Paulus se hoofargument: Die wet het 'n plek in God se plan gehad, maar sy funksie was nie om vir ons versoening met God te verkry nie. God het die wet gegee om vir 'n bepaalde tyd (die tyd totdat Christus gekom het) 'n sekere werk of funksie te verrig. Di werk verduidelik Paulus deur te s die wet is bygevoeg as gevolg van die sonde (19).

Paulus s nie presies wat di funksie van die wet was nie of dit die sonde moes ontbloot en of dit voor Christus se koms aan Israel gegee is om die sonde te oorkom nie. In die gereformeerde tradisie word drie funksies van die wet aangewys: 1. Dit is 'n spiel dit ontbloot die sonde. Deur die wet verkry ons kennis van ons sonde. 2. Die wet is die rel van dankbaarheid dit gee vir ons 'n manier om ons dankbaarheid aan God te toon. 3. Die wet beperk die sonde in die burgerlike lewe. Hierdie derde gebruik van die wet is nie net (soos die eerste twee gebruike van die wet) van toepassing op gelowiges nie. Die wet is ook van toepassing op ongelowiges nie om hulle te red nie, maar om die sonde in bedwang te hou. Daarom het die gereformeerde tradisie nog altyd volgehou dat die staat se wette iets van die tien gebooie behoort te weerspiel.

Paulus het hier duidelik nie die derde, burgerlike gebruik van die wet in gedagte nie, en ook nie aan die tweede gebruik van die wet (as rel van dankbaarheid) nie. Hy dink hier aan die wet wat die sonde ontbloot, en aan ons wys dat ons nie deur die onderhouding van die wet gered kan word nie. Daarom s hy nadruklik in vers 21 dat die wet nie in stryd is met die beloftes van God nie, maar dat aan ons nie die ware lewe kan skenk nie. Die wet wys juis vir ons die hele wreld is vasgevang in die greep van die sonde (22).

Paulus gebruik 'n beeld om hierdie eerste funksie van die wet te verduidelik. In vers 24 s hy dat voor Christus gekom het, was ons onder die toesig van die wet, letterlik die wet was dus ons tugmeester (paidagogos). Die paidagogos was die Griekse naam vir die slaaf wat sy eienaar se kinders se onderwyser-oppasser was. Waar l die klem op die oppas of die onderrig? Geleerdes verskil daaroor. Sommige beklemtoon die dat die paidagogos 'n streng maar regverdige onderwyser was. So, s hulle, het die wet die volk Israel voorberei vir die Messias wat later gekom het. Ander wys weer daarop dat die paidagogos dikwels 'n taamlik wrede krel was. Net soos die kinders graag uit sy pad uit gebly het, laat die harde leermeester van die wet ons na Christus vlug. Die antwoord l egter nie in die karakter van die paidagogos nie daar was sekerlik goeies en slegtes maar in die verband waarin Paulus na hom verwys. In hierdie gedeelte (soos ook elders, kyk na Romeine 7:7-12) beklemtoon Paulus dat die wet nie in sigself verkeerd is nie, net dat dit 'n beperkte rol in die heilsgeskiedenis het. Dit wil dus lyk of Paulus hier die paidagogos-beeld gebruik om te s die wet het 'n goeie werk gedoen, maar dit was net vir 'n sekere tydperk. Daarom vervolg hy in vers 25: Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie. Die wat is nie in stryd met die beloftes van God nie, maar dit sal verkeerd wees om na Christus nog altyd te wil leef asof Hy nie geleef, gesterf en opgestaan het nie.

Vanaf vers 26-29 verduidelik Paulus nou die voordele van die nuwe situasie wat ontstaan het met die koms van Christus. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is almal nou kinders van God. Hulle is nie meer slawe nie, maar kinders van God. Nou moet hulle lewe soos kinders van God (27). In hierdie nuwe gemeenskap is daar nuwe rels, wat nie voor Jesus gegeld het nie. Vir diegene wat in Jesus glo, maak dit nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal n (28). En noudat Christus gekom het, hoef daar nie meer debat te wees oor wie die ware geestelike erfgename van Abraham is nie: As julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God (29).

Konteks

In hierdie gedeelte sou n mens op verskillende gedeeltes kon fokus. n Moontlikheid is om Galasirs 3:24 as uitgangspunt te neem, Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof (1933-vertaling). n Mens sou dan rondom die konkrete beeld van die paidagogos die vraag kon vra: Wat beteken di beeld? Is die wet n vriendelike pedagoog, wat ons voorberei vir die genade? Of n harde tugmeester? n Mens sou miskien die geleentheid kon gebruik om spesifiek te praat oor die verskillende funksies van die wet: 1) Deur die wet l die sonde bloot (di funksie word in Gal en Rom beklemtoon), 2) Die wet is die rel van dankbaarheid (Ps 25, Ps 119, Eseg 36:24 Jer 31:34, Heb 10:11-18 sou hier gebruik kon word), 3) Die burgerlike funksie van die wet, naamlik as riglyn vir die ordening van die samelewing. By meeste lidmate in die NG Kerk is daar onkunde oor die laaste twee funksies, en so n preek het wel waarde.

Maar gesien in die lig van a) ons voorstel dat die preke n eenheid moet vorm en b) die sosiale dimensie van die wet, stel ons egter hier n ander invalshoek voor: Galasirs 3:26-28: Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal n Om die saak konkreet te maak, stel ons voor dat Galasirs 2:11-14 (die Antiogi-voorval saam met 3:21-29 gelees word, en dat die Antogi-voorval gebruik word om die sosiale dimensie in Galasi te konkretiseer en dramatiseer.

Preekvoorstel

'n Mens kritiseer nie maklik n gesagsfiguur nie. Veral nie as jyself wat ouderdom en ondervinding betref, die persoon se junior is nie. In sekere kulture is dit moeiliker as ander. Onder wit Suid-Afrikaners is dit vir Engelssprekendes makliker as vir Afrikaners of was dit tenminste in die verlede. In die kultuur waarin Paulus geleef het, was dit nog veel moeiliker. As Paulus in die openbaar vir Petrus, die leier van die twaalf apostels, in Antiogi trompop konfronteer, was daar n baie goeie rede voor. Die ergste was dat Paulus dit in die openbaar gedoen het. In die destydse kultuur was eer en skaamte twee belangrike waardes. Vir iemand van aansien en eer om in die openbaar, sonder die nodige hoflikheidsrels gekritiseer te word, was n groot verlies van eer. Die feit dat Paulus tot so n stap in Antiogi oorgegaan het, en dit later weer oorvertel as n motivering vir sy vermaning, wys vir ons as lesers van die 21ste eeu dat Paulus van oordeel was dat Petrus se optrede die hart van die Christelike boodskap aangetas het. Hier was nie net n klein afwyking van die evangelie ter sprake nie, maar, soos Paulus inderdaad in Galasirs 1:8 s: n ander evangelie wat in stryd is met die Christelike is.

Die begin van die Galasirbrief bevestig dat die dwaling wat Paulus in hierdie brief bestry, nie net n afwyking van die evangelie is nie, maar n ander evangelie, in stryd met die Christelike boodskap. Paulus begin die Galasirbrief anders as al sy ander sendbriewe. By sy ander briewe is daar altyd n gedeelte heel aan die begin, net na die groet, waarin Paulus die gemeente bemoedig, meestal deur vir hulle te bid. In sy gebed dank Paulus vir God vir die vrug wat die evangelie onder sy lesers gedra het. Selfs in gevalle waar n gemeente hoegenaamd nie baie gehad het om oor te spog nie, kry Paulus tog iets om die Here te bedank vir die geloof van sy lesers. So begin hy byvoorbeeld sy Eerste Brief aan die Korintirs (n gemeente geteister deur twiste, probleme, dwaalleringe en misverstande): Ek dan my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het Lees Romeine 1:6, Efesirs 1:15, Filippense 1:3 ens om die punt te maak, en dan, as die harde kontras, Galasirs 1:6: Dit verbaas my dat julle so gou van God, wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en n ander evangelie aanneem.

Inderdaad, Paulus was oortuig dat hier n oomblik van waarheid was. n Saak waaroor daar geen verskil onder Christene kan wees nie. Daar is sake waaroor Christene van mekaar verskil, maar wat nie maak dat hulle ontken dat die ander ook die evangelie gehoor en aangeneem het nie die doop, byvoorbeeld... Maar die saak waaroor Galasirs dit het, kan daar geen verskil wees nie.

Die eerste deel van hierdie ononderhandelbare waarheid het ons verlede Sondag na gekyk. Geen mens Jood of nie-Jood, wetsgehoorsaam of wetsoortreder, goed of sleg, godsdienstig of ongodsdienstig word van sonde vrygespeek en geregverdig deur die werke van die wet te doen nie. Ons het gesien wat die wet nie doen nie: dit kan ons nie toegang tot en versoening met God gee nie. Vandag kyk ons na n tweede ding wat die wet nie kan doen nie: dit kan ons nie toegang en lidmaatskap van God se volk gee nie. En dit is net so n onverhandelbare saak.

Verduidelik die historiese situasie in Galasi en ander soortgelyke gemeentes. (Sien Oor die Galasirbrief in die algemeen en Gal 2:11-21 se Teks hierbo). Hoe logies dit vir die vroe Christene was om die situasie wat voorheen bestaan het, voort te sit: As iemand deel van die geloofsgemeenskap van die Messias wou word, moes hy 1) hom laat besny, onderneem om die eet-rels te hou en 2) in die Messias glo. Paulus se radikale antwoord was: Nee, nie twee deure na die geloofsgemeenskap nie, maar een: geloof in Christus. Verduidelik dat hierdie saak net so ononderhandelbaar is as dat n mens deur geloof alleen versoening met God kry. Dit is eintlik een saak. n Mens sou onmoontlik die een (versoening met God) as ononderhandelbaar beskou en die tweede (toegang tot die gemeenskap van die gelowiges) as onderhandelbaar.

Miskien sou n mens ten slotte aankondig dat die gemeente volgende Sondag sal hoor wat die wet wel kan en behoort te doen: om vir ons n riglyn te wees oor hoe ons ons vryheid in Christus behoort te gebruik. Die teks is Galasirs 5:1 en 13-25.