2 Korintirs 6:113 (Annes Nel)

25 Junie 2000

Eerste Sondag in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Psalm 9:920, 1 Samuel 17:150, Markus 4:3541.

Teks

Die gedeelte sluit baie nou aan by die voorafgaande gedeelte waar Paulus sy bediening as die bediening van versoening beskryf. Sy kommer is dat die hoorders die genade van God sal mis. Dit is nie n uitgemaakte saak nie, dat alle mense sal ophou om vir hulself te lewe en sal begin om voluit vir Christus te lewe (5:14,15). Daarom is nou die regte tyd (kairos). Die kairos van God se redding breek aan met die verkondiging van die versoening.

Om een of ander rede begin Paulus dan oor homself praat. Sommige geleerdes is van mening dat Paulus hier sy gedagtegang van die voorafgaande gedeelte onderbreek. Dit is nie die geval nie. Larry Kreitzer (2 Corinthians, Sheffield Academic Press, 1996) beklemtoon dat enige interpretasie van 2 Korintirs rekening moet hou met die vraag na die gesag van Paulus se apostelskap. Dit is een van die sentrale temas in die brief indien nie di sentrale onderliggende tema nie. Daarom s Kreitzer dat Paulus se eie verstaan van sy apostelskap n venster is waardeur die brief gelees kan word. Ook die gedeelte onder bespreking moet deur hierdie bril gelees word. Vanuit hierdie perspektief bekyk, help dit ons om die gedeelte binne die konteks van die brief as geheel te lees.

Paulus en sy teenstanders het verskillende opvattings oor apostelskap gehad. Volgens Kreitzer moet ons onderskeid maak tussen apostelskap as agency en apostelskap as agent. Kreitzer verwys na Crafton wat aangedui het dat Paulus apostelskap verstaan het in terme van agency, dit wil s: with God himself being the operative agent behind the activity of his appointed apostles. Die teenstanders van Paulus het apostelskap verstaan in terme van agent, wat die moontlikheid van God as die aktiewe agent agter die apostels se werk uitgesluit het. Paulus sien homself egter as iemand deur wie God werk en daarom is hy n medewerker van God en gesant van Christus. Paulus het geen belangrikheid of boodskap van sy eie nie (C K Barret, The Second Epistle to the Corinthians, London, 1973). Maar waar hy werk en praat, is God teenwoordig en aan die woord (aanwoordig). Wie dus die boodskap aanvaar, aanvaar vir Paulus en so ook vir God. Daarom praat Paulus onmiddellik oor sy eie persoon, sodat daar nie met ons bediening fout gevind word nie (6:3).

As ons die teks van naderby bekyk, kan ons saam met Martin (2 Corinthians, Texas, Word Biblical Commentary, 1986) en Barret die volgende opmerkings maak. 2 Korintirs 6:4-10 kan in vier gedeeltes verdeel word

6:4b-5: Nege vorme van lyding word deur Paulus gelys. Hierdie nege vorme van lyding word in groepe van drie genoem en staan onder die hofie: geduld. Dit bewys ook dat hy hom ook daardeur laat ken as dienaar(s) van God. Die eerste groep van drie dui op lyding in die algemeen. Die tweede groep fokus meer op konkrete vorme van lyding. n Mens kan dit sien as nadere beskrywings van die algemene lyding wat reeds beskryf is. Hierdie lyding is Paulus aangedoen. Die volgende groepie van drie dui op die vrywillige karakter van sy lyding. Hy is nie net lyding aangedoen nie, maar het ook daarvoor gekies. Met hierdie aaneenryging van vorme van lyding, gee Paulus n aanduiding van die kenmerke van sy bediening.

6:6-7a: Die voorafgaande beskrywing het op die uiterlike kenmerke van sy apostelskap gefokus. Nou verskuif Paulus se aandag na sy karakter: Hierdie verse het heelwat ondertone van polemiek teen die mense in Korinte wat wetteloos geleef het (Paulus beklemtoon dat hy onberispelik is) en wat vals apostels was (Paulus s dat hy die woord van die waarheid gebring het en hulle opreg anhupokrit liefhet). Wat baie belangrik is, is dat Paulus ook hier die motiewe van die krag van God en die Heilige Gees opneem wat vroer in die brief beklemtoon word (2 Kor 2:17 en 3:5). Hy verrig sy bediening nie in sy eie krag of op sy eie inisiatief nie. Paulus sien homself as n gesant van Christus (5:20) en as n medewerker van God (6:1; sien ook 1 Kor 3:9). Maar dit is nie sy eie prestasie of inherente karakter nie. Die lyding wat hy beleef speel inderdaad n rol dat hy voortdurend van homself moet afstand doen, en dat die lewe van Christus in hom sigbaar word (4:10,11), maar dit is ten diepste die krag van God wat in sy lewe werksaam is.

6:7b-8a: Paulus beskryf nou die middele wat hy gebruik om sy bediening uit te voer en watter konsekwensies dit het. Sy bedoeling is duidelik: om die wil van God te doen. Wanneer iemand wat in die Here se diens staan, dit doen, is die gevolge nie altyd maanskyn en rose nie. Inteendeel. Die eer en prysliedere is daar, maar ook die oneer en beledigings.

6:8b-10: Sewe voorbeelde van die paradoksale aard van die apostoliese bediening word nou beskryf, maar dit beteken nie dat dit noodwendig teenstellend is nie. Wat Paulus eerder beklemtoon, is dat God hom gedra het deur alles wat sy bediening bedreig het. Hierdie werklikhede word in perspektief gestel deur sy betroubaarheid wat nie deur getuigskrifte bevestig moet word nie (3:1-3), die lewe, die vreugde en die rykdom wat nie in besittings gele is nie.

In 6:11-13 benadruk Paulus dat hy eintlik nou meer ges het as wat hy wou. Barret s dat Paulus eintlik s: I have let my tongue run away with me. Paulus maak van niks n geheim nie. As daar nog enigsins afstand tussen hom en sy lesers is, kom dit nie van sy kant af nie. Sy woorde is egter vol emosie, want sy verhouding met hulle is soos di van n pa teenoor kinders. Dis baie interessant dat Paulus die gedeelte begin met n oproep dat hulle die genade van die Here nie tevergeefs moet ontvang nie en dat hy die gedeelte eindig met n oproep dat hulle hul harte wyd vir hom moet oopmaak! Is daar dalk n verband?

Konteks

Ons bevind ons in die eerste koninkryksweek. Die afgelope weke het ons stilgestaan by die krag van God wat dooies opwek, wat deur sy magtige teenwoordigheid uit die chaos van ons bestaan n nuwe begin maak. Dit is die krag van die drie-enige God. Waar God werk, breek die nuwe tyd, die kairos van verlossing inderdaad aan. Dit is interessant dat Jesus se bediening volgens die evangelie van Markus ook aanbreek met die woorde: Die tyd (kairos) het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie (Mark 1:15). Spurgeon het treffend ges: Ek het geen evangelie vir mre nie. Oral in die Skrif is dit duidelik: Vandag en nou!

Die Grieke het tyd as 'n God gesien. Sy naam was Chronos. Dit was n wrede en verskriklike God. Een ding wat van Hom gegeld het, was dat Hy sy kinders opvreet. Alles wat hy in die hande kry het hy met huid en haar verslind. Coenie de Villiers, die bekende liedjieskrywer, skryf van verslindende tyd in sy liedjie, Die honger: Ken jy die kanker van die tyd? My vriend hulle noem dit die sterflikheid...en deurentyd kan jy hom hoor, die donker engel op jou spoor. Word hierdie honger ooit gestil, word hierdie honger ooit gestil? Waar vind my gees asiel teen die lewe se verniel, teen die lewe se verniel

Teenoor die verslindende werking van die tyd gebruik Jesus en Paulus die woord kairos. Die semantiese verbande waarbinne hierdie woord in die Nuwe Testament gebruik word, dui op beslissende tyd. Dis nie ons beslissings wat die geleentheid skep nie, maar God se toenadering en verbintenis aan die wreld. Paulus sien Jesus se koms ook as die tyd wat God gekies het om sy beloftes waar te maak. JP Versteeg skryf treffend: Chronos suig alles weg in die verlede in. Kairos open die weg na 'n nuwe toekoms. As chronos het die tyd ons. As kairos het ons weer tyd. As Chronos slaan die tyd ons alles uit die hande. As kairos word aan ons nuwe tyd gegee. Die woorde van Noordmans is ook treffend. Die evangelie verkondig 'n aanbrekende dag soos sonsopkoms. Hy verander die doodskaduwee in die mrestond.

Die angs waaraan baie predikers ly, is dat God se genade geen reaksie tot gevolg het nie. In sy bekende boekie, God se somer kom, skryf Flip Theron oor hierdie angs: Een van die pynlikste ervaringe van bedienaar van die Woord van God is die gevoel dat mense hom nie regtig hoor nie. Dwarsdeur die week worstel hy met die Woord in 'n poging om met die lig tot sy beskikking Sondag die Waarheid te verkondig, maar wanneer hy na die diens besig is met die post mortem van die preek, wonder hy soms: Het iemand my gehoor? Wat gaan word van die Woord? 'n Nederlandse digter-dominee sien in sy verbeelding hoedat die Sondagaand n kerk die portaal vol l van vertrapte psalms, terwyl die koster besig is om sy preek, wat tussen die banke en in die paadjies in stukkies en brokkies rondl, op te vee. Byna soos gestrooide confetti, of vermorste saad, of gestorte bloed. Joseph Parker het mos ges: Preaching is shedding of blood. Maar dis nie die bloed van die dominee nie! Luther het ook hierdie angs geken: Soms dink ek dat my prediking niks anders is nie, as wanneer ek deur die bos loop, al roepende, en ek hoor die eggo en weergalm steeds terugkom. Maar ek merk nie dat daar iemand is nie, wat my woorde hoor en Christus as Saligmaker aanvaar.

Die evangelie voer nie altyd n opsigtelike triomftog in die wreld nie. Selfs hulle wat dit gehoor en geglo het, vergeet die erns van vandag, van die hier en nou van die aanspraak van die evangelie op ons lewe. Dirkie Smit skryf hiervan: As daar een soort mens is by wie dit moeilik is om huisbesoek te doen, is dit die mens wat afvallig geword het. Want sulke mense ken die antwoorde op al jou vrae. Hulle vertel indrukwekkend van hul vroer jare, toe hulle nog dt en dt vir die kerk gedoen het, watter predikante hulle geken het, in hoeveel kerkrade hulle gedien het ... Noem maar op! En intussen sit 'n mens met die brandende vraag: Maar wat van vandag? Hoe voel jy vandag oor die kerk, oor die evangelie, oor Gods koninkryk, oor die eise van dissipelskap? (Die geloof dan isLux Verbi).

Die probleem raak nog ingewikkelder as die prediker die gevoel kry dat hy of sy in die pad van die evangelie staan. Met die bediening van die predikant word daar dikwels fout gevind. Die bediening van bedienaars van die Woord gee soms aanstoot. Al is die wapen in aanval en verdediging vir die bedienaar van die woord in die meeste gevalle om die wil van God te doen, ervaar hy of sy dat mense soms nie meer na hulle wil luister nie. Die verband tussen die verkondiger en sy boodskap is n baie moeilike saak. Ondanks dit alles, moet n mens aanvaar dat die evangelie nie anders kan as om aanstoot te gee nie. Dit is die storie van die Bybel en die geskiedenis. Maar miskien moet die mense wat die boodskap dra, anders oor hulself begin dink. In die nuwe boek oor Henri Nouwen, The wounded prophet, word twee baie treffende dinge ges wat ons kan help om iets meer te verstaan van die worsteling van elkeen wat die evangelie verkondig.

Drie weke voor Nouwen se dood in September 1996 het hy ges dat profete eers na hulle dood geer word. Die vraag wat hy dan vra is: is ons bereid om as profete te lewe? Allereers moet ons bereid wees om die wil van God te doen al kos dit wat. Al beleef ons die dinge wat Paulus beleef het. Wat hierdie aspek van ons bediening betref moet niemand aan twyfel nie.

Die tweede belangrike punt wat genoem word, is dat Nouwen op n stadium teenstand van sommige uitgewers gekry het omdat hy te diep uit sy eie hart en ervarings geskryf het. Sy standpunt was dat die intiemste ervaring van mense die mees universele is en daarom gedeel moet word. In sy boek, The living reminder, s Henri Nouwen dat boodskappers van die Here dikwels met wonde van hulle eie sit. Omdat dit ons taak is om die skatte van bevryding aan ander duidelik te maak, moet hy sy eie wonde mooi verbind omdat hy binnekort benodig mag word. Hy word geroep om 'n gewonde geneser te wees, die een wat sy eie wonde moet omsien, maar wat tegelykertyd gereed moet wees om die wonde van ander te salf (Sien ook sy boek: Wounded healer). Is dit verkeerd om eerlik te raak oor onsself? Sal die integriteit van die geestelike leier nie eerder toeneem as wat dit skade berokken word as mense van die worsteling van die geestelike leier hoor nie? Die geestelike leier is volgens Nouwen soos nagmaalsbrood (Life of the Beloved). God kies ons en sen ons, maar dikwels moet ons eers gebreek word voordat ons uitgedeel kan word.

Preekvoorstel

n Preek oor hierdie gedeelte sou kon begin met die beeld van die Griekse god Chronos wat alles opvreet. Die heerlike taak van mense wat die evangelie met ander deel, is dat ons God, tyd kom skep sodat ons sy versoening kan aanvaar.

Die rede waarom n mens wat die evangelie met ander deel, so ernstig daaroor is, is oor die beslissende betekenis van vandag. Daaroor kan die prediker n bietjie meer s aan die hand van die verskillende aanhalings in hierbo. Maar elke mens wat ernstig oor God se wil is, voel soms n beklemming om die hart, naamlik dat baie mense nie op hierdie evangelie reageer nie. Soms is dit ouers wat sien dat hulle kinders die verkeerde pad begin loop. Soms is dit kinders wat sien hoe hulle ouers al verder van die Here af wegdryf. Soms is dit ouderlinge of diakens of predikante wat sien hoe eens aktiewe lidmate totaal onbetrokke raak. Die verhaal van Augustinus se ma en haar bekommernis oor haar seun kan baie doen om die gemeente by die probleem te betrek. (Terloops, die biskop het vir Monica, Augustinus se ma ges: n Kind van soveel gebed en trane kan nie verlore gaan nie). Die nood van die prediker soos Luther en Flip Theron dit beskryf, kan hier gebruik word.

As oorgang kan die vraag gevra word hoekom sommige die vandag nie ernstig neem nie. Die prediker kan s dat daar baie redes kan wees, maar dat een daarvan die identiteit van die draers van die evangelie is. Omdat dit so moeilik is om te praat oor mense se vooroordele teenoor draers van die boodskap, wat predikante insluit, is dit miskien goed om met n stukkie humor die ys te breek. Die verhaal word vertel dat n kind wat vir sy ma ges het dat hy nie die oggend kerk toe wil gaan nie. Toe sy ma vra hoekom nie, het hy geantwoord dat niemand van hom hou nie. Sy ma het ges hy moet gaan. Maar weer s die seun dat niemand met hom glimlag nie. Hy bly by die huis. Toe s sy ma: Jy mt kerk toe gaan, want jys die predikant! Hierdie verhaal illustreer op n humoristiese manier die worsteling van baie mense wat die boodskap van die Here moet verkondig, maar verwerping beleef.

Min twyfel kan daaroor bestaan dat mense soms nie reageer nie omdat hulle n probleem met die draer van die boodskap het. Dis ook wat Paulus in die gemeente van Korinte beleef het. Die Bybel is vol daarvan dat mense die goeie boodskap nie wou hoor nie en dikwels soos met Jesus gebeur het die profete doodgemaak het.

Die vraag is natuurlik wat aan hierdie stand van sake gedoen kan word. Die prediker moet versigtig wees om nie van Paulus die voorbeeld te maak van die volmaakte bouer van verhoudinge nie. Onthou dat die gemeente vol konflikte was en dat sy teenstanders nie minder geword het nie. n Mens kan wel sien dat Paulus met sy argument daarop sinspeel dat n openhartige, liefdevolle verhouding teenoor die hoorders van van die boodskap, dalk kan bydra tot aanvaarding daarvan.

Paulus se optrede te midde daarvan dat sy gesag as apostel bevraagteken word, is om openlik te praat oor sy diepste oortuigings. Luther se onderskeid tussen n aanvaarbare en goeie predikant kan help om te illustreer dat daar maklik die weg opgegaan kan word om kompromie aan te gaan. Hy het opgemerk dat n predikant wat vir mense aanvaarbaar wil wees, aan die volgende vereistes moet voldoen: geleerdheid, n goeie stem, n mooi voordrag, n mooi voorkoms (veral met die oog op die meisies en vrouens), en hy moet die mense altyd vertel wat hulle graag wil hoor. Luther het natuurlik geweet dat dit nie die ware antwoord is nie. Daarom het hy ook ges dat daar ander vereistes is vir n goeie predikant. Dit is die volgende: hy moet n goeie uitleg van die Woord kan doen, n goeie stem h, n helder verstand, n goeie geheue (hoewel hy elders s dat mens van 42 af jou sinne begin verloor), wilskrag h, weet wanneer om op te hou, hardwerkend wees, en die vel van n olifant h! Maar, ten slotte, het Luther ges dat dit ook nie die finale antwoord is nie. Hoe word jy 'n goeie predikant? Ten eerste deur die genade van die Heilige Gees, ten tweede deur aanvegting, ten derde deur ervaring ... ten slotte deur ywerige Bybelstudie.

Vir Paulus is dit baie belangrik dat mense sal verstaan dat hy een doel voor o het, naamlik om God se wil te doen. Sy diepste wens is om n gesant van Christus, n medewerker van God te wees. Hy wil in alles geken word as n dienaar van God. Hy wil nie n aanstoot vir mense wees nie, en ook nie h dat daar met sy bediening fout gevind word nie. Maar dit gebeur en dis nie lekker nie. Ons het geen boodskap van ons eie nie. Ons het geen belangrikheid of bekwaamheid van ons eie nie. Maar die integriteit van elkeen wat die boodskap dra staan en val by ons lojaliteit aan die boodskap wat ons dra en ons verbondenheid aan die een wat ons stuur.

Daar bestaan geen twyfel daaroor nie dat Paulus se woorde aan die gemeente met baie emosie en openhartigheid geskryf is. Paulus se broosheid as mens wat die hoogte en dieptepunte beleef het van wat dit beteken het om n gestuurde van die Here te wees, kom duidelik na vore. Paulus se lyding het hom soms bedroef gemaak. Dit het hom eensaam en verworpe laat voel. Mense het hom as n vals bedrier afgemaak nie eintlik ons idee van hoe n draer van die boodskap moet wees nie!

Henri Nouwen se gedagtes oor die gebrokenheid van Christene kan hier nuttig gebruik word om te illustreer dat broosheid en gebrokenheid amper n soort voorvereiste is om vir ander iets te beteken. Mense in Korinte het dit vir Paulus moeilik gemaak, maar hy gaan uit sy pad om versoening tussen hom en sy teenstanders te probeer bewerk. Hy s dat hy eintlik te ver gegaan het met sy woorde. Hy het sy hart wyd oopgemaak vir die lesers. Hy kan hierdie gesindheid van liefde ook nou van hulle verwag.

Met die voorlaaste in gedagte, kan ges word dat Paulus tog nie sy lyding en swaarkry tot die enigste werklikheid verhef het nie. God is die een wat sy gesag as apostel gegee het en sy arbeid is in diens van die Here. Die volgende woorde van Dietrich Bonhoeffer beklemtoon hierdie uiteindelike gesag van God in die lewe van elke mens: Soms voel n mens dat jou lewe nie baie sin het nieOns ervaar ons lewe meer as een dag as baie fragmentaries en niksseggend. Dit gaan egter daarom of daar aan die fragmente van ons lewe gesien kan word hoe die geheel ontwerp is en bedoel was om te wees uit watter materiaal dit bestaan. Daar is immers fragmente wat alles op die vullishoop hoort (sonder om gekamoefleer te word) en ander fragmente wat oor eeue hulle waarde sal behou omdat die voltooiing daarvan n saak van God is. Dan kla n mens nie oor die fragmente van jou lewe nieOp ons pad sien God dat ons verwond, verdwaal en angstig is. Nou gaan hy ons genees. Hy raak die wonde aan wat die verlede ons aangebring het en dit word littekens. Dit maak nie meer seer en kan ons siel nie meer skade aandoen nie. Herinneringe kwel ons nie meer nie. Alle smart val van ons af en is verlede tyd. God is nader aan ons, as wat agter ons l. God lei ons na Hom. Alle paaie lei nie na Hom nie. Wanneer ons ons eie pad stap, lei alles net na onsself. Wanneer die sinloosheid van die lewe angs veroorsaak, troos God. Wie getroos word, het meer as die wreld. Hy of sy het die lewe saam met God. Niks is verwoes, verlore, sinloos wanneer God troos nie.

As afsluiting kan ges word dat ons tog maar versigtig moet wees dat ons nie te veel waarde heg aan die draers van die boodskap nie. Die volgende interessante en bekende verslag oor Jesus se dissipels is n goeie illustrasie daarvan. Aan: Jesus, Seun van Josef, Skrynwerkerswinkel, Nasaret. Van: Bestuurskonsultante, Jerusalem: Dit is ons oortuiging dat die twaalf manne wat u gekies het om u nuwe organisasie te bestuur, die nodige agtergrond, opvoedkundige kwalifikasies en bekwaamheid ontbreek om hierdie soort onderneming van die grond af te kry. Hulle verstaan nie wat spanwerk beteken nie. Simon Petrus is emosioneel onstabiel en het dikwels woede-uitbarstings. Andreas het geen leierskapskwaliteite nie. Die twee broers, Jakobus en Johannes plaas persoonlike belang bo lojaliteit aan die groep. Thomas is te krities en bevraagteken alles en ondermyn die gees in die groep. Matteus of Levi is op die swartlys van die Besigheidsburo vir eerlike besigheidspraktyk. Jakobus, seun van Alfeus en Taddeus leer radikale dinge en registreer hoog op die manies-depressiewe skaal. Een van die kandidate toon egter goeie potensiaal. Hy is n man met bekwaamheid en oorspronklikheid. Hy het n goeie aanvoeling vir besigheid en het kontakte op die regte plekke. Hy is hoogs gemotiveerd en het ambisie. Ons beveel aan dat u hom as u regterhand aanstel en hom aan die stuur van sake stel. Sy naam is Judas Iskariot. Ons wens u alles van die beste toe met u onderneming.

In n lesing het Prof Willie Jonker ges: Die koninkryk van God het n snaakse mannekrag-beleid. Oral in die wreld geld dit dat kragtige figure en persoonlikhede gesoek word vir die werk. Maar in God se werk soek Hy nie na die sterkste persoonlikhede en grootste presteerders nie: Hy soek juis na diegene wat swak is in hulself, selfs die armes van gees Die realiteite van ons lewe kan pynlik wees en ons sal dit graag wou verander. Soms is dit egter nodig sodat ons afhanklik van God kan leef en dit is ons grootste krag.