Romeine 16:25-27 (Ockert Meyer)

19 Desember 1999

Vierde Sondag van Advent

 

Ander Tekste: 2 Samuel 7:1-11;16; Lukas 1:47-55; 1:26-38

Die goeie nuus is nou bekend !

Teks

Die eerste kwessie wat deur hierdie perikoop opgeroep word en waarby 'n mens waarskynlik lank sou kon stilstaan, is die saak van die outeurskap van hierdie laaste doksologie van die Romeinebrief. Onder die eksegete bestaan daar hoegenaamd geen eenstemmigheid nie. Eksponente van beide standpunte beroep hulle op heel oortuigende redes. Wat belangrik is, is die feit dat uitsluitsel oor hierdie vraag geen wesentlike invloed op die prediking van die perikoop gaan uitoefen nie. Voorts kan 'n mens ook die opmerking maak dat die teologie wat hierin verkondig word beslis nie on-Paulinies is nie, meer nog, dat dit inderwaarheid 'n baie netjiese opsomming bied vir die hele Romeinebrief.

Ridderbos wys daarop dat die "geheimenis" dikwels op 'n soort esoteriese wyse gelees is, met ander woorde, asof dit net vir enkele ingewydes bedoel is. By Paulus is dit egter anders as by die misterie-godsdienste. Die geheimenis moet verstaan word met betrekking tot God se heilswerk in die geskiedenis. Daarom beteken die "openbaarmaking van die geheimenis" nie alleen die bekendmaking van sekere feite nie, maar die historiese realisering van iets wat as sodanig vroer nog nie bestaan het nie. Anders gestel, dit gaan nie alleen oor die bekendmaking van die tot-nou-toe-verborge-inligting nie, maar dit gaan oor die gebeure, die intrede in die geskiedenis, van hierdie geheimenis.

Die oomblik as 'n mens dit so stel, word dit duidelik dat dit hier gaan oor 'n misterie wat alleen verstaan kan word as dit in die lig van die Ou-Testamentiese getuienis gesien word. "It is when the manifestation of the mystery is understood as the fulfilment of God's promises made in the OT (cf 1:2), as attested, interpreted, clarified, by the OT (cf, e.g. 3:21; 9:33; 10:4-9, 11, 13, 16, 18-21; 11:13, 16, 18-21; 11:2, 26f), that it is truly understood as the gospel of God for all mankind" (Cranfield).

Wat hier die openbaring van die geheimenis genoem word, is niks anders nie as wat aan die hand van die volheid van die tyd duidelik word: die vervulling van die eskatologiese heilsbelofte op sy bestemde tyd. BA Mller vat dit raak saam as hy s: "Die openbaring van die geheimenis is dus die eiendomlike, die unieke, die nuwe, die verrassende, die nie-verruilbare diepe inhoud en fokus van die prediking van Paulus wat daaraan sy identiteit, sy aktualiteit en sy eskatologiese dringendheid verleen." (WtL 1/7, 214)

Konteks

Hierdie teks word op die vierde Adventssondag binne 'n baie bepaalde konteks geplaas. Dit gaan oor die openbaring van Hom wat met ons is: Immanul. Dit gaan oor die insig dat die lofsang van die gemeente vandag die belangrikste draer van hierdie nuus is. En dit gaan daaroor om op die laaste Sondag voor Kersfees as 't ware die grondslag te l, of die raamwerk te skep waarbinne die Kersboodskap gehoor sal word. Die lofprysing van Romeine 16 kommunikeer baie duidelik dat dit wat ons met Kersfees vier, deel is van God se heilsplan wat in Christus geopenbaar is, wat aan die gemeente toevertrou is, maar wat bedoel is vir die nasies.

Die grootste gevaar waarteen daar in die prediking gewaak moet word, is om oor die teks te praat asof die openbaring van die geheimenis in die prediking van hierdie Sondag vir die eerste keer aan die lig kom.

Dit is geweldig belangrik om in gedagte te hou dat die geheimenis aan die moderne aanhoorders oorbekend is. Dit het dus geen sin om die geheimenis as 't ware opnuut te verberg sodat dit in een of ander homiletiese truuk weer geopenbaar kan word nie. In een van die episodes van die komedie The golden girls het Sophia uit 'n gevoel van verantwoordelikheid teenoor 'n gestorwe vriendin van haar wat 'n non was, besluit om by 'n klooster aan te sluit. Dit verg nie veel verbeelding om te kan dink dat sy die klooster op horings geneem het nie. Uiteindelik is sy gevra om te gaan. Toe sy uitstap het sy die opmerking gemaak: Die grootste storie ooit, is na die twintigste keer ook nie meer so groot nie!

Die homileet moet dus in gedagte hou dat die moderne prediker nie meer praat met 'n gemeente wat nie die inhoud van die geheimenis ken nie, maar veel eerder met 'n gemeente wat geen verwagtings meer van hierdie geheimenis koester nie.

Daar is 'n aantal preke oor hierdie gedeelte gemaak waarvan die meeste 'n mens nie vreeslik aanspreek nie. Die twee wat die grootste indruk op my persoonlik gemaak het, is 'n kort meditasie van Oepke Noordmans en 'n adventspreek van Rodolf Bohren.

Alhoewel Noordmans se meditasie vir Pinksterdag bedoel is, kies hy 'n ongewone hoek van waaruit hy die geheimenis benader; 'n benadering wat ook met vrug tydens advent gebruik sou kon word. Hy begin deur te s dat daar 'n sekere ooreenkoms tussen die huwelik en die pad wat Christus met die gemeente loop, bestaan. (vergelyk bv Ef 5:32) Hy s dat die besondere van die huwelik daarin gele is dat dit die moontlikheid skep om 'n verhouding tussen 'n man en 'n vrou, wat in sy diepste wese 'n geheimenis is, openbaar te maak. Daarom ook vind die huweliksluiting in die kerk, te midde van die gemeente plaas. Die gemeente word opgeroep om die getuies te wees van hierdie verbintenis. Hierdie openbare verbintenis ontledig nie die misterie nie, maar maak dit wel bekend.

Noordmans wys daarop dat die eksegete verskil oor die weg waarlangs die geheimenis geopenbaar word, maar dit vind hy nie belangrik nie. Want....."in een half-liturgische doxologie als deze moet men meer letten op de muziek dan op het redebeleid. En dan is het duidelijk dat de melodie der openbaring in dit geval gezongen wordt door wat Paulus hier 'mijn evangelie' noemt. Het is de prediking, die hem als aan 'een ontijdig geborene' (1 Kor 15:8) door Jezus is opgedragen."

En almal wat onder die geklank van hierdie musiek van die openbaring kom, wat bereid is om die melodie hiervan ook hulle eie lied te maak, word in die ware sin van die woord "bruilofskinders" (Matt 9:15).

Bohren gee sy preek die opskrif: "teen die swaarmoedigheid". Hy begin die preek deur iets van die droefgeestigheid te verwoord wat die wreld, maar meestal ook die Christene, kenmerk hier aan die vooraand van Kersfees. Oral hoor 'n mens 'o die vrolike!', terwyl daar soms maar min vrolikheid in ons harte leef. By die fees van die vreugde, beleef ons maar min vreugde. Dit het nie alleen iets te doen met die toestand waarin die wreld verkeer nie, maar beslis ook iets te doen met die toestand waarin die Christendom verkeer.

Dit is belangrik om te besef dat dit nie God is wat die lofsang gesmoor het nie, dit is ons wat die melodie van die lied verleer het. En as iemand 'n taal verleer het, is dit die beste dat hy na die land van die vreemde taal gaan en so die taal, natuurlik en spelend aanleer. Dan s Bohren: "Ek dink, dat dit die manier en die wyse is waarop ons die taal van die lof en die dankbaarheid moet leer, spelend soos 'n kind, wat eers 'n woord en later die sinne van die moeder na-s." Hierin is die Heilige Skrif soos 'n moeder by wie die swaarmoediges die taal van die lof en die vreugde kan leer.

Wat is dit wat ons in die Skrif kan gaan leer? Die belangrikste ding wat ons daar kan leer en wat Paulus ons ook in Romeine 16 vir ons wil leer, is dit dat die eer God toekom. Bohren wys daarop dat die woord "eer" ook met "gewig" of "swaar" vertaal kan word. 'n Geerde persoon is 'n gewigtige persoon. Ons swaarmoedigheid het baie daarmee te doen dat ons nie aan God die eer gee nie, maar die gewig van die lewe vir onsself toe-eien. Ons kan die swaarheid van die lewe afl, deur dit voor God neer te l.

Maar die eer is ook nie alleen die aanduiding van 'n gewig nie, dit het ook iets met glans te doen. Die Bybel vertaal die woord 'eer' ook met heerlikheid. En soos wat 'n elektriese stroom deur 'n draad gelei word, so gelei God sy heerlikheid deur die apostoliese stem. Daarom is die stem van die apostel vol verwondering. God het sy heerlikheid met hom gedeel en deur die woorde van die Heilige Skrif word die glans ook na ons gelei. Daarom klink hierdie laaste woorde van Paulus in Romeine 16 soos 'n vryheidslied, lied wat sy oorsprong in die hemel het en daarom werklik die swaarmoedigheid op die aarde kan verdryf.

Preekvoorstel

Baie van ons sal waarskynlik nog goed die opgewondenheid as kinders kan onthou rondom die geskenke by die Kersboom. By ons gesin was dit dikwels so dat ons gou snuf in die neus gekry het as die geskenke reeds aangekoop is en rens in die huis versteek is. Die volgende paar dae voor Kersfees is dan dikwels gewy aan 'n soort speurtog wat Jessica Fletcher sou nederig maak. En as 'n mens dan eindelik sukses met die soektog het, is die volgende uitdaging om die pakkie so oop te maak dat niemand kan sien dat iemand reeds daar ingeloer het nie.

Die enigste probleem met hierdie soort nuuskierigheid is dat Kersdag self dan maar 'n soort anti-klimaks is. Die pakkie onder die boom met jou naam op het dan sy bekoring verloor. Dis dan soos om 'n geheim te hoor wat almal reeds ken. Maar natuurlik is die teleurstelling veral groot as jy iets soos 'n fiets verwag het en die pakkie met jou naam is sag en lyk verdag baie soos twee onderbroeke en twee sakdoeke.

As ons as die kerk vir 'n groot deel eerlik moet wees, is hierdie oorbekendheid en die teleurstelling dikwels min of meer die gevoel oor die openbaring van God se geheimenis. Die Kersevangelie is vir ons dikwels soos 'n bekende Kersgeskenk wat lankal nie meer 'n geheim is nie, waarvoor ons na baie vierings nog min opgewondenheid kan monster. Wat vanwe sy bekendheid ook sy bekoring verloor het.

Rudolf Bohren, 'n bekende Duitse teoloog en prediker begin 'n preek enkele dae voor Kersfees oor hierdie gedeelte in Romeine 16 soos volg: "Ek praat vandag met mense wat dit tydens Kersfees swaar het. Vir mense wat op die fees van die lig die donker van die wreld ervaar, veral die donkerheid in hulleself. (....) God het mens geword; maar jy bly stom. God het jou alles gegee, maar jy kan nie reageer nie. God het mens geword maar jy bly alleen. Die son het opgegaan; maar die aarde l in duisternis. God het Homself verander en 'n Kind geword; maar die wreld het nie verander nie, want steeds is baie kinders dakloos, word hulle mishandel en selfs vermoor. Die swaarmoedigheid wat 'n mens met Kersfees omvou, het baie met die wreld te doen, wat nog steeds 'n swaar, donker en verkeerde wreld is."

Daar is waarskynlik baie van ons wat vanoggend in die kerk hierdie woorde van Bohren sou kon beaam. 'n Mens sien oral die liggies, jy sien die Kersfeesversierings, jy sien al die tekens van die fees. Maar nie alleen die wreld nie, maar ook ons eie lewens vertoon so min van die fees.

Die hemelse geheimenis is vir ons 'n publieke geheim. Ons weet wat die geskenk is wat ons in die kerke van hoor. Ons weet daar gaan niks verander nie. Ons weet die liggies gaan aan, skyn vir 'n paar weke en gaan weer af sonder dat die wreld 'n ligter plek geword het of sonder dat die las wat op ons lewens l, ligter geword het. Sonder dat die swaar gevoel weggegaan het.

Daarom is die Kersboodskap vir baie mense soos 'n "cracker". Dit maak 'n indrukwekkende lawaai as jy dit trek, en aan die einde onthou jy veel meer van die klap as van die geskenk.

Paulus praat hier van die openbaring van die geheimenis; die geheimenis wat lank verborge was en met die koms van Jesus bekend geraak het. Dis op hierdie punt wat ons dink of dalk hardop s: 'maar dis tog al tweeduisend jaar bekend. Die geheim is uit, maar dit het geen verskil aan die wreld gemaak nie.'

In hierdie dag en tyd vier en herdenk ons die bekendmaking van die geheimenis. Ons doen al die dinge wat van 'n mens verwag kan word, ons vertel aan ons kinders die verhaal, ons herleef dit weer deur die Kersmusiek, ons kom op Kersdag byeen, ons stuur aan mekaar goeie wense en Kerskaartjies, ons dra by tot Kersfondse en ons dink weer aan die dag toe God die wreld in Bethlehem binnegetree het.

Maar die liedere en die wense en die herleef van die verhaal verdryf nie die swaarheid van die lewe nie, die lig verdryf nie die duisternis waarin die wreld versmoor nie.

Die Nederlandse digter-dominee, Okke Jager, gebruik 'n pragtige en verhelderende beeld. Hy s ons weet dat water gelyk is aan H2O. Maar as jy dors is en iemand bied vir jou 'n papiertjie aan waarop daar H2O geskryf is, gaan dit nie veel beteken om jou dors te les nie. 'n Beroemde skrywer het by geleentheid die opmerking gemaak dat in al die toesprake wat hy gehoor het en in al die boeke wat hy gelees het, hy geen water aangebied is nie, maar dat daar alleen vir hom die lied van H2O gesing is.

Daarmee bedoel hy dat sy dors nooit geles is nie, alles wat die mense of die boeke beloof het, het mooi formules gebly, mooi woorde, pragtige strukture of wat ook al. Maar na alles, mooi maar le woorde.

So kan ons ook dink oor dit wat ons hier lees. En met Kersfees en al sy vierings en dinge wat daaromheen gebeur, is die gevaar inderdaad baie groot dat ons die fout maak om die formules, met ander woorde, al die gebruike rondom Kersfees, met die ware inhoud van die geheimenis te verwar.

In kort: Nie alleen in die wreld nie, maar ook in die kerk, vergaan mense te midde van 'n oorvloed H2O, en 'n skaarsste aan water.

In sy brief aan die gemeente in Rome probeer Paulus om aan die gelowiges te toon dat 'n lewe van wetsonderhouding, sonder die lewendmakende teenwoordigheid van God nie die weg tot verlossing is nie. Die geheim van die Evangelie, van die Goeie Nuus is dat God die gelowiges vryspreek op grond van dit wat Jesus Christus gedoen het. In die tweede deel van die brief word vir die gelowiges gehelp met die praktiese uitlewing van hulle verlossing in Jesus Christus. Hy gee vir hulle raad hoe om mekaar te behandel en hoe om met verantwoordelikheid in die samelewing op te tree.

Uit Hoofstuk 16 is dit duidelik dat daar baie struikelblokke voor hulle gel het. Paulus waarsku die gemeente om weg te bly van mense wat verdeeldheid veroorsaak en ook van hulle wat afvallig van die Evangelieboodskap geraak het (16:17). Hy vertroos hulle deur te s dat God die Satan spoedig onder hulle voete sal vernietig.

Te midde van al die verskillende aanslae wat duidelik vanuit verskillende oorde gekom het moes die gelowiges kennelik bekommerd gewees het oor die feit of hulle werklik in staat sou wees om getrou te bly aan hulle roeping. Te midde van alles wat rondom hulle gebeur het, nie alleen in die kerk nie, maar ook in die wreld waarin hulle geleef het, is dit duidelik dat die gelowiges hulleself op allerlei maniere bedreig moes gevoel het.

Nou is dit baie belangrik om te let op die konteks waarin Paulus hier in die afsluiting van die brief oor die openbaarmaking van die geheimenis praat. Wat is dit wat hy hierdeur wil bereik?

Hy begin die gedeelte met die woorde in vers 25: God is magtig om julle te laat vasstaan. .... en dan gaan hy voort .... ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis.

Ons hoor gewoonlik net hier die openbaring van die geheimenis, wat ons weet die Evangelie van Jesus Christus is, terwyl Paulus eintlik besig is om te s dat God besig is om 'n pad met ons te loop, dat God met ons, te midde van ons lotgevalle, onderweg is en dit is waarop dit hier aankom bokant wat ons voel, dur dit wat ons vrees.

Ons lees hierdie gedeelte dikwels asof hier staan dat God ons sal vashou ooreenkomstig die belofte wat Hy gemaak het, amper soos wat 'n mens bly sal wees oor 'n geskenkbewys wat jy gekry het.

Dit is nie wat hier staan nie. Hier staan dat God ons sal vashou ooreenkomstig die openbaarmaking, dit wil s, die realisering van die belofte. God is nie soos iemand wat ons alleen 'n geskenkbewys gee wat eintlik niks werd is nie.

Soos wat Okke Jager dit by geleentheid so raak uitgedruk het: "So ges; dit is die Ou Testament, so gedaan; dit is die Nuwe Testament."

Meer nog, dit gaan hier nie om woorde of bewyse nie, dit gaan selfs nie eers oor 'n daad nie, dit gaan oor Iemand. Dit gaan oor Jesus Christus.

Daarom, en hierin l die ondeurgrondelike wonder van die Kersevangelie, ons word nie alleen vasgehou deur 'n belofte van God nie, ons word nie vasgehou deur 'n woord nie, ons word vasgehou deur die Woord wat vlees geword het. Ons word vasgehou deur God Self.

Hierdie waarheid word op 'n ander manier deur Thomas Cahill in sy boek The gift of the Jews verwoord. Hy s: "Aangesien dit nie bewys kan word dat God bestaan nie, kan dit nouliks bewys word dat Hy met Abraham, Moses of Jesaja gepraat het. Elke leser van die Bybel moet besluit of die Stem wat met die aartsvaders (of die apostels) gepraat het, met hom of haar ook praat. As dit so is, is daar geen bewys vir die bestaan van God nodig nie. Want in die laaste instansie, 'n mens glo nie dat God bestaan soos wat jy glo dat Timboektoe of die een of ander sterrekonstellasie bestaan nie. 'n Mens glo in God soos wat jy in 'n vriend glo."

Daarom is die bekendheid van die misterie is nie soos die voortydige bekendheid van 'n Kersgeskenk nie, dis soos eerder soos die bekendheid van 'n vriend. Hoe meer jy van hom weet, as jy wil, hoe bekender hy word, hoe inniger word die vriendskap.

Daarom is die loflied waarmee Paulus hier afsluit nie soos die lied van H2O nie. Dit is die klank van die Lewende water. Of beter gestel: dit is die Lewende water wat so klink!

Daarom is die prediking van hierdie gedeelte nie soos soos die bring van 'n ou-ou tyding nie; dit is soos Miskotte by geleentheid ges het: "Prediking is 'n oop-hou van die hande in bewende, maar seker verwagting dat God daarin die lewende Water sal laat vloei, om dit dan so, sonder om te mors, te dra tot in die harte van gekwelde mense."

En daarom is tenslotte die openbaarmaking van die geheimenis soos die fluistering van 'n vriend, soos die versekering van 'n vader: Kyk Ek is nou reeds met julle, al die dae, die goeie en die slegte dae, tot aan die voleinding van die wreld.

Die Kersboodskap is soos met 'n fietsryer wat in die glystroom ('slip stream') van 'n groot voertuig ry. Ons kan agter die beweging van God met die wreld, inkom. God is met ons op pad; met die wreld op pad na sy ryk. In Christus het Hy vir ons Iemand gegee wie se asem op pad na die ryk nie sal opraak nie. Ons kan aan Hom vashou, ons kan ons hande uitsteek en aan die "bakwerk" wat voor ons is, vashou. Hy is die voertuig na saligheid, tegelyk die weg en die Een wat ons op hierdie weg mee-neem.

 

Bibliografie

Barth, K: The epistle to the Romans, Bohren, R: Trost, Cranfield, CEB: Romans vol 2 (ICC) Muller BA: Woord teen die Lig 1/7, Noordmans, O: Verzamelde Werken 8.