Romeine 8:6-11 (Andries Cilliers)

21 Maart 1999

Vyfde Sondag in Lydenstyd

 

Ander tekste: Eseg 37:1-14, Ps 130, Joh 11:1-45

Binne die lydenstyd kan 'n mens met hierdie teks fokus op die werklikheid van vers 6: "Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit die dood...", sodat die geloofswerklikheid van 'n nuwe lewe wat groei uit die werk van die Heilige Gees duidelik na vore kan kom.

Teks en konteks

 

Vir 8:1-11 kan Woord teen die Lig I/5, p135 geraadpleeg word. Die volgende perspektiewe het 'n rol gespeel in die preekskets:

 

        Die opvallende in die teks is die teenstellings: sondige natuur/Gees; dood/lewe. As Adamskinders is ons sondige natuur (anders as wat sommige entoesiaste graag wil glo) nog springlewendig. Hier, soos in Galasirs 5, praat Paulus oor die sondige natuur as 'n werklikheid ook in die lewe van die gelowige. Daarom is dit ook van die gelowige waar dat die liggaam bestem is vir die dood (vers 10). Uit die hele hoofstuk is dit duidelik dat die gelowige op geen manier "uitgelig" word uit die harde werklikheid van die menslike bestaan nie, asof sonde, lyding en dood aan ons geen vat meer het nie.

 

        Ek meen dat hierdie perspektief beklemtoon moet word, omdat daar dikwels so 'n gebrek aan gesonde gereformeerde nugterheid is by ons! En dit veral wanneer ons siening van die werk van die Gees deur die tydgees op sleeptou geneem word en ons in triomfalistiese vaarwaters beland. Dit wat W D Jonker (1997) skryf oor "Ons posisie in Christus en ons aardse realiteite" kan hier as belangrike gesigspunt dien.

 

        Daarom is dit ook belangrik om, in aansluiting by die vorige Sondae, daarop te let dat dit wat die Gees doen, gedoen word "op grond van God se vryspraak". Ek lees (met ontsteltenis!) dat iemand soos Dodd regverdigmaking sien as 'n soort "eerste stasie" van die Christelike lewe, of 'n soort toetrede, waarna daar nog 'n hele ent "gevorder" word... Ek dink die soort opvatting is nogal wyd: dat 'n mens by die regverdiging deur die genade alleen begin, maar dan deur die werk van die Gees vorder tot op die punt dat jy al heel oulik op jou eie voetjies staan. Ek glo dat Rom 8 eerder wil s dat ons al dieper ingelei word in die wonder van vryspraak; dat alle ware lewe (anders as godsdienstige opwinding) voortvloei uit die vryspraak. Hoe verder 'n mens vorder, hoe meer verstaan 'n mens dat jy net op God kan vertrou.

 

        Maar dan groei daar ook werklik lewe uit die vryspraak. Vryspraak is nie maar 'n soort intellektuele kategorie waarmee ek myself troos as my sonde my die slag pla nie. Dit is werklik 'n nuwe posisie waarin God my plaas - en in daardie posisie is sekere dinge waar van my! Die Gees is besig met my (vers 6); die Gees woon in my en regeer oor my (vers 9); die Gees gee nou al vir my die lewe al is ek besig om te sterwe (vers 10); die Gees sal ook my laat opstaan (vers 11).

 

        Ons moet dus oppas vir 'n moedelose gaan-l-houding voor die realiteite van sonde en dood. Hoewel ons nugter die dinge in die o moet kyk en ons nie moet bluf dat dit geen invloed meer op ons lewens het nie, word ons lewens tog nie daardeur bepaal nie. Ons lewe word bepaal deur dit wat die Gees in my doen. Dat dit die Gees is wat dit doen, s maar net weer dat ek ook in dit wat in my lewe tot stand gebring word, nooit kan roem asof dit myne is nie. Dit bly maar 'n wonder van God se genade - maar dan is dit tog ook 'n werklikheid.

 

        Net: dit is geloofswerklikheid. Net geloof kan s dat hierdie liggaam wat vir die dood bestem is, weer sal lewe soos Christus lewe. Net geloof bely dat die veranderinge in my lewe nie morele selfverbetering is nie, maar inderdaad die werk van die Gees. Net in die geloof kan ek hardnekkig teenoor die invloed van sonde en dood volhou dat ek nie deur my sondige natuur beheers word nie, maar deur die Gees.

 

        Ongelukkig het "geloofswerklikheid" by ons so iets van 'n onwerklike klank - as jy s iets is net 'n geloofswerklikheid, dan s jy daarmee dis nie harde feite nie. Wat maar net weer s dat geloof by ons 'n baie vlak woord geword het. Die prediker sal dus besondere moeite moet doen om duidelik te maak dat geloofswerklikheid gaan om die dinge wat ons wel nie kan sien nie, maar tog van oortuig is; dit is die dinge wat vir ons gedrag en toekomsvisie meer bepalend is as dit wat ons met die blote oog kan sien. Daarom is dit in my eie stryd teen die sonde so dat ek gedra word deur dit wat ek oor die Gees glo en ni deur dit wat ek raaksien van oorwinnings en nederlae in my lewe nie.

 

        Die perikoop is myns insiens te eng afgebaken; ek sou ten minste 1-17 wou hanteer. Eintlik dwing die gedeelte jou om wyer te werk; om terug te gryp na hoofstuk 7 en te antisipeer op die gedeelte oor lyding en heerlikheid in 18 ev.

Preekvoorstel

Soms as 'n mens van vakansie af terugkom, ruik jou huis benoud en muwwerig. Dan is dit die lekkerste ding om die vensters oop te gooi sodat vars lug deur die huis kan waai. Dit voel mos na nuwe lewe! Dis die prentjie van die Heilige Gees wat ek wil oordra: Die Gees wat soos 'n vars wind deur ons lewens waai en vir ons nuwe lewe en nuwe hoop bring. Die Gees doen dit omdat Hy GOD se Gees is; God self wat op 'n onsigbare en onverstaanbare manier by ons is en in ons werk.

 

In Rom 8 stel Paulus die lewe wat die Gees bring, teenoor die dood wat ons in hierdie wreld ervaar. In die res van die Romeinebrief praat hy op verskillende maniere oor die "dood". Ek wil drie beelde gee van die dood. Die eerste is die beeld van die graf: die simbool dat alles in ons wreld, al ons planne en prestasies, op niks uitloop nie. Paulus s in Rom 8:20-21 dat die skepping onderworpe is aan verydeling en verslaaf is aan verganklikheid. Die boek Prediker praat dieselfde taal: "Alles kom tot niks... dit is 'n gejaag na wind." Of dink aan Job se droewige lied: "Die mens, uit 'n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus. Hy is soos 'n blom wat oopgaan en dan verlep, soos 'n skaduwee wat verbygaan en nie stilstaan nie."

 

My tweede beeld van die dood haal ek uit die nuusblaaie. Dink aan 'n middestad-situasie, waar mense op straat doodgemaak word vir 'n paar rand, waar iemand doodgeskiet word om sy kar in die hande te kry. 'n Samelewing wat gebou is op die kreet: "Elkeen vir homself en na die duiwel met die res!" So 'n prentjie maak ons bang, want dit teken vir ons 'n samelewing wat regeer word deur die dood. S, s Paulus in Rom 1, lyk ons wreld ook: "Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid... hulle haat God."

 

My derde beeld van die "dood" is di van 'n verslaafde. Hy wil sonder die drank, of die dwelms, maar hy is magteloos. Hy weet hy vernietig sy lewe, en tog kan hy nie ophou nie. Hy verag homself, maar hy kan nie verander nie. Dit is 'n beeld van die mens in die mag van die sonde, soos Paulus dit teken in Rom 7: "Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek." Paulus noem die mens 'n gevangene mag van sonde. Dit laat hom uitroep: "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?" Dit ken ons: die totale moedeloosheid oor jou eie swakheid wat jou keer op keer pootjie. Ook dit is die dood.

 

Ons wreld is 'n wreld van die dood: in sigself 'n muwwe wreld, 'n wreld sonder oop vensters, sonder die vars lug van hoop. Die evangelie wat Paulus bring, s: In hierdie wreld het God 'n venster oopgemaak, deur hierdie wreld waai die vars bries van die Gees van God. Ons lewe in 'n wreld van dood, maar die Gees bring lewe. Die Gees waai deur ons bedompige, selfgesentreerde, hulpelose, moedelose bestaan - en leer ons om te lewe saam met God.

 

S s Rom 8:2: "Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak..." Vers 6 onderstreep dit: "Die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe..." Vers 10 herhaal dat die Gees vir ons die lewe gee. Die vraag is nou: HOE bring die Gees vir my die lewe? Beteken dit dat ek die een of ander spesiale ervaring moet h? Of moet ek kan s: "Kyk net hoe het ek verander - ek MOET dus die Gees h!"?

 

Vir Paulus gaan die werk van die Gees nie in die eerste plek saam met spesifieke ervarings nie, en ook nie met die gelowige se lewensverandering nie. Vir hom is die belangrikste die band wat die Gees l tussen die mens en Christus. Dit blyk duidelik uit Rom 8, seker die enkele hoofstuk in die Bybel waarin die Heilige Gees die meeste genoem word. Die hoofstuk begin met die woorde: "Daar is dus nou geen veroordeling vir di wat in Christus Jesus is nie." Paulus begin by Christus wanneer hy oor die Gees wil praat. Hy l die nouste verband tussen Christus en die Gees. In vers 9 praat hy van "die Gees van Christus." In vers 10 s Paulus dat Christus in ons is; en in vers 11 weer dat die Gees in ons is.

 

Wat beteken hierdie noue verband tussen Christus en die Heilige Gees vir ons? Ons kan kyk na wat Paulus in Romeine 8:3 oor Christus s: "God het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel." Die MENSWORDING van Jesus is die venster wat God oopgemaak het in ons bedompige wreld. Jesus was 'n mens soos ons, blootgestel aan ons versoekinge en ons probleme, met dieselfde swakhede wat ons ken - maar Hy het nooit toegegee aan die druk van die wreld nie; Hy het nooit gesondig nie. Tog is Hy is veroordeel sodat ons nie veroordeel sal word nie.

 

Die Heilige Gees leer ons om hierin te glo. Daarom s Rom 8:2 dat die Gees vir ons IN CHRISTUS die lewe gee. Hierdie geloof het twee kante. Die een kant is dat my lewe as doodsbestaan deur die Heilige Gees vir my openbaar word. Ek kan saam met Paulus uitroep: "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?" Dit is op hierdie punt van wanhoop aan myself dat die Heilige Gees vir my die evangelie van Christus laat verstaan. Geloof is om al my menslike pogings om myself te red, te laat los, en my vertroue te plaas op dit wat God in Jesus Christus vir my gedoen het: "Wie sal my verlos?" vra Paulus, en antwoord dan: "Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here."

 

Wat die Gees doen, is om ons die evangelie regtig met ons hart te laat verstaan, sodat ek kan begryp: Dit gaan ook om my. As die Bybel van sonde praat, praat dit ook van MY sonde. As daar gepraat word van die dood, dan gaan dit ook oor MY; EK ervaar ook die dood in my eie bestaan. Dit is al 'n geweldige werk van die Gees. Ons wil so graag dink ons is darem nie so sleg nie. Ons verdedig onsself teen die kritiek wat die Bybel op ons lewer. Ons verdedig onsself letterlik tot die dood toe. Dit is net die Gees wat jou sagmaak tot jy besef: "Maar dit is ek, ek self, wat so sondig is, wat so magteloos is om goed te doen! Dit is ek self wat verslaaf is aan die sonde! Dit is my drome en my dade wat in die graf gaan eindig!"

 

Dit is reeds 'n vars wind wat deur my bedompige lewe waai. Ek kry die moed om eerlik te wees oor myself. Ek hoef nie meer voor te gee dat ek eintlik darem heel goed is nie. Ek kan eerlik voor God uitroep: "Ek, ellendige mens!" Maar dit is nie al nie; Goddank; dit is nie al nie. Die Gees vertel my ook van die kruis van Jesus en oortuig my: "Dit is vir jou." Die Gees s dat die straf op my sonde klaar gedra is. Die Gees verseker my dat daar ook vir my geen veroordeling is nie. Die Gees maak my 'n kind van God. Hy doen dit deur my te leer glo, deur my te leer om tot God te roep: "Abba! Vader!" Dit is die wonderlikste wat die Gees my leer.

 

Nou sal 'n mens dink: Dit is die makliker werk van die Gees, om die goeie nuus aan ons oor te dra. Maar dit is nie waar nie. Daar is iets in ons sondige harte wat sukkel om die goeie nuus heeltemal te glo. Soms leer mense om te verstaan dat hulle sondaars is; hulle leer hulle eie magteloosheid ken - maar dan raak hulle wanhopig. Hulle kan net nie die goeie nuus glo dat Jesus klaar alles gedoen het om hulle kinders van God te maak nie. Hulle kan net nie sover kom as om te God werklik uit hulle harte as hulle liefdevolle Vader te sien nie. Hulle bly bang vir God. Dit is die Gees se grootste wonder in die mens; dat Hy jou vrees vir God afbreek en jou leer om God as jou Vader te vertrou.

 

Die evangelie is nuus wat net te goed is om te glo. Baie Christene dink s: Hulle kan maar net die heeltemal glo dat die evangelie waar is nie. Hulle leef nog asof hulle onder veroordeling staan, asof God nie hulle Vader is nie. Hulle is nog vol vrees. Daarom is dit die groot teken van die werk van die Gees: as 'n doodgewone sondaarmens kan uitroep: "Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here."

 

Dit is die twee kante van die geloof. Daarom maak geloof ons "dubbelmense". Aan die een kant weet jy: In myself is ek 'n magtelose sondaar. Aan die ander kant glo jy: In Christus is ek 'n kind van God. In myself verdien ek God se straf. In Christus noem ek God my Vader. Dit bring spanning in my lewe: die spanning tussen die sondaar wat ek in myself is, en die kind van God wat ek in Christus is. Daardie spanning hou aan tot by die wederkoms van Christus.

 

Christene wil die spanning dikwels na een van twee kante oplos. Soms wil ek omdraai na my ou, sondige menswees en s: "Ag, ek is nou maar 'n sondaar, wat help dit ek probeer myself bluf dat ek Christen is?" Dan moet die Gees my weer oortuig dat ek in Christus tog kind van God IS. Maar soms raak ek daaroor so opgewonde dat ek wil s: "Kyk vir my! Ek is kind van God, en dus nie so sleg nie. Ek is eintlik nie so 'n vreeslike sondaar nie. Ek is nogal heel goed." Dan moet die Gees my herinner daaraan dat ek in myself nog maar sondaar is.

 

Sien u: as die Gees Homself vir 'n oomblik van ons sou terugtrek, sou ons geloof in duie stort! Sonder die Gees kan ons nie eers bely dat ons aan Christus behoort nie; sonder die Gees kan ons nie vir God "Vader" noem nie. Sonder die Gees is daar geen kerk nie.

 

Daarom dank ons God - want sy Gees IS vir ons gegee.