Handelinge 9:1-20 (Fanie Herholdt)

29 April 2001

Derde sondag in paastyd

Ander tekste: Johannes 21:1-19; Openbaring 5:11-14; Psalm 30

 

Die Here leef in die stories van mense wie se o oopgaan

Teks

Die perikoop kan verdeel word in n inleiding oor Paulus die vervolger van die kerk (1 3) die Damaskus-gebeure wat Paulus blind laat (3 9) die roep en opdrag aan Ananias (10 16) die gebeure toe Ananias en Paulus bymekaar kom, met die klimaks in die woorde broer, sien, vervul, opgestaan, gedoop, geet en kragte herstel (17 20). Die eintlike verhaal word al in 8:1 3 ingelei, met die tekening van Paulus wat die kerk wou uitroei. Dit spruit weer uit die verhaal van Stefanus se steniging wat Paulus (toe nog Saulus) passief bywoon.

Let op die lewendige styl van di vertelling: Agtergrond inligting word afgewissel met dialoog in die direkte rede. Dit verhoog die dramatiese van die vertelling. Di styl lig ook die inisiatief en die aksie van die Here uit. Daar is deurentyd mense op die agtergrond, met Paulus en Ananias prominent, maar let op ! Paulus en Ananias is inisiatiefloos. Dit wys op die Here wat leef en werk.

Konteks

Die plasing van hierdie perikoop binne die groter konteks van Handelinge is nie so eenduidig nie. Na die gebeure in Jerusalem (waar Paulus kortliks vermeld word met die steniging van Stefanus), en die verspreiding na Judea en Samaria, volg Filippus en die Ethiopir (Uithoeke van die aarde!?) en dan kom Paulus op die toneel net om weer te verdwyn tot sy sending in hoofstuk 11:25, 26 in alle erns begin. Tussen sy bekering en sy heiden-sending voeg Lukas die hele verhaal in van Petrus (die Jode-sendeling) en Kornelius se bekering. Waarom di onderbreking? Is die verhaal van Paulus se bekering n terloopse skakel, is dit n hoogtepunt van n verhaal wat vroer begin het of is dit bedoel as inleiding tot die heidensending wat kom?

Normaalweg word die verhaal gesien as n voorbereidingsverhaal tot die heidensending. n Ander moontlikheid is dat die verhaal saam gegroepeer word met ander bekeringsverhale naamlik die Samaritane, (8:14 17) die Ethiopir wat in Jerusalem kom aanbid het (8:26ev), Paulus, die vervolger van die kerk (9:1 20) en dan Kornelius die eerste heiden-bekering (10). So gelees, beteken dit dat Lukas wil h dat di verhaal as n bekeringsverhaal verstaan moet word. Die besondere aksent van hierdie bekering anders as die Samaritane en Kornelius is gele in die feit dat dit die kerk se vyand is wat tot bekering kom!

Die verhaal is sekerlik die bekendste bekeringsverhaal en het in baie gevalle die onbetwiste evangeliese model geword van alle getuienisse oor hoe iemand waarlik tot bekering kom. Soms word almal wat minder dramaties of op n ander patroon n Christen geword het se egtheid gewantrou. Dit is n bedenklike standpunt, wat maak dat verskeie kerke, predikers en teolo van bekering wegbly omdat die woord bekering assosiasies skep met die uitwasse wat soms met groot skouspel op n TV of kaset-bandjie aangebied word.

Gaventa het n uitvoerige en insiggewende studie gedoen oor bekerings as sosiologiese verskynsel en die verskillende bekeringsverhale van Handelinge. (vergelyk die bespreking in WtL 1/9 , 92 ev, 114). Een van haar gevolgtrekkings is dat daar n groot verskeidenheid van bekerings is en dat nie een verhaal as n model aangebied word nie. Bekering is in Handelinge ook nooit n doel nie dit is n onderdeel van n groter doel! Sy onderskei uiteindelik drie soorte bekerings: Bekering as n verstelling (vernuwing of aanpassing) en as n pendulum omkeer (1800 verandering ten opsigte van bepaalde gedrag) en as n transformasie (n prosesmatige paradigmaskuif vanuit die wortels tot in alle konsekwensies). n Prediker moet mooi dink oor wat hy of sy in gedagte het met bekering en wat is die hoorders se begrip van bekering.

Hierdie is een van drie plekke in die Bybel waar Paulus se bekering ter sprake kom (ook Hand 22 en Hand 26 waar dit deel is van sy verdediging). Waarom drie maal? Dit sou opsigself die belangrikheid van die gebeure onderstreep. Sommige spekuleer dat Lukas drie tradisies oor Paulus se bekering gehad het. Ander weer reken dat Handelinge 9 die kernverhaal is en dat die ander twee konstruksies is van Lukas se teologie. Hoe dit ookal verstaan word, die oorvertel van die verhaal van Paulus se bekering was vir die vroe kerk belangrik.

In die lig van moderne bekeringsverhale vertel Lukas eintlik n teleurstellende verhaal. Daar word niks ges van n innerlike stryd, die donker nag van die siel of enige ander diep geestelike wroeging by Paulus nie. Lukas noem net dat hy vyand nommer een was van die kerk. In teenstelling tot Kornelius en die Ethiopir het ons hier nie te doen met n belangstellende, ontvanklike mens nie maar met n moordenaar, n gewelddadige, n fanatiese vyand! Wat opval is die objektiwiteit van die verhaal wat beklemtoon dat die Here die werk doen! Die verhaal toon ooreenkomste met wonderwerk-stories.

Let op die volgende aspekte in hierdie bekeringsverhaal:

Die Here roep Paulus met die dubbel-naam net soos met Abraham, Jakob en Moses. Bekeringsverhale is juis roepingsverhale. n Roeping veroorsaak gewoonlik n bekering n koersaanpassing.

Naas die roeping volg n opdrag wat beteken dat meer as net die roeping tot dissipel ter sprake is. Dit gaan om gestuur word om apostelskap. Omdat Paulus volgens Handelinge 1: 21, 22 nie n apostel kan wees nie (Is dit hoekom hy voortdurend regverdiging en verdediging bied vir sy apostelskap?) is hierdie aspek van die verhaal ook belangrik.

Bekering is nie kits en individualisties nie sonder die gemeente en Ananias sou Paulus nie weer kon sien en opstaan nie. Die rol van n gemeente wat ondersteun, oplei, begelei, toerus en wat uitdagings en geleenthede bied, word te dikwels onderskat in gevalle van bekering en/of evangelisasie. Die bekering van n individu is ook (ja, juis) n gemeentelike saak!

Tog het bekering ook n toespitsing op n spesifieke persoon op n spesifieke tyd let byvoorbeeld op die feit dat sy medereisigers onaangeraak, sonder insig of enige ervaring en reaksie bly. Tussen al die mense kom druk die Here sy vinger op jou!

Die godsdiens-sosioloog H Mol onderskei verskillende fases in sy algemene beskrywing van n bekeringsproses wat in di gedeelte mooi teruggevind word, naamlik
(1) n Losmaak van vroere patrone van identiteit = Paulus as vervolger,
(2) die belewing van betekenisloosheid, sinloosheid en anomalie = Paulus se vrae en die dae van blindheid,
(3) n beweging van donker na lig = sien, opstaan (4) n opname in n nuwe geloofsgemeenskap = broer

Paulus is vir n tyd hulpeloos soos n kindjie want dit is natuurlik die enigste manier waarop n mens die koninkryk kan be-erwe. Dit vorm n kontras met die voorafgaande verhaal van Simon die Towenaar (8:9 24) wat mag, grootsheid en erkenning begeer het en nie in die koninkryk kon ingaan nie.

Bekering word met die sakrament(e) afgerond n doop (inlywing) en miskien n nagmaal (9:19 geet)

n Ewe legitieme kant van hierdie perikoop wat baie nuttig in die prediking kan wees is die ontleding van Ananias se gestuurdheid. Dit is ook n klassieke roepingsverhaal, dit vra ook n soort bekering teen sy vrese, eie onwilligheid, die mense se opinie en common sense in. Dit is die soort bekering wat lidmate dikwels nodig het! Ananias antwoord ook met die klassieke Hier is ek en die doodgewoon gehoorsame en hy het toe gegaan. Na hierdie klein rolletjie in n groot drama met groot name hoor ons nooit weer van Ananias nie. In bogenoemde opsigte is en bly hy vir gelowiges (en die kerk) n rol-model. Hoeveel maal was n onbekende moeder, onderwyser of vriend nie instrumenteel in die vorming van mense wat later invloedryk was! Daarom doen jou deeltjie in geloof en gehoorsaamheid soos Ananias.

n Preek tydens die PAASKRING, moet aantoon hoekom die opstanding en bekering aan mekaar gekoppel word. Bekering is nuwe lewe. Paulus se bekeringsverhaal vertel hoe die draai plaasgevind het en Wie daarvoor verantwoordelik was. Vers 18 en 19 het sterk Paasondertone in die uitdrukkings: Skille wat afval, sien, opstaan, kragte herwin

Preekvoorstel

Wanneer laas was jy deel van n groep mense wat vertel hoe lewendig hulle kerk is? Wanneer laas het jy gehoor dat iemand sulke lewendige stories van ons gemeente vertel? Wat s nuwe intrekkers oor hul eerste indrukke van ons gemeente? Wat vertel die ou lidmate vir nuwe lidmate wanneer hulle by ons ontvang word? Watter stories vertel ons die graagste vir besoekers of bly ons maar eerder stil? As ons antwoorde op hierdie vrae moet gee sal ons dalk n lekker skindersessie begin. Die maklikste stories om te vertel is seker om die eienaardighede van die leraar(s) en wat ek dink van hul prediking en huisbesoek uit te saai. Tweede op die lys is stories oor kerkraad en mense wat voorsit in die kerk, maar ook kan voor-vloek by die werk. Met n ernstiger probeerslag sal ons darem kan vertel van wors-maak vir n basaar, n lekker kermis, n geslaagde fondsinsameling, n nuwe gemeentestruktuur, n huweliksverykingsseminaar wat aangebied word, n manne-en-hul-seuns kamp en (as ons die jaar gelukkig is) n mooi Pinksterreeks. Iewers in die gemeente is daar n paar bidders, EE3 werkers en sendingvriende maar ons is nie so heeltemal seker wat hulle doen nie. O ja, en in die briewekolomme van die publieke pers word gestry oor die kerk, gays en Jona-in-die vis.

As ons Handelinge mooi bekyk is die boek n saambring van n reeks stories oor die kerk. Dit is die stories wat destyds graag vertel is. Die stories is natuurlik Paas en Pinkster stories want dit gaan deurentyd oor Jesus wat opgestaan het en in die gemeente leef deur sy Gees. Die stories word so vertel dat ons almal kan sien en weet dat die Here leef! Baie opvallend in die reeks verhale is die bekeringstories die bekering van 3000 mense uit n kritiese skare, die histories vervreemde Samaritane, die wreldreisiger uit Afrika, die kultuur-vreemde Kornelius en (in ons teksgedeelte) die kerk-vyandige Saulus.

Die kerk leef van sulke bekeringstories, Die Here leef in bekeringstories. n Gemeente wat nie meer bekeringstories het om te vertel nie, moet onrustig slaap. Sonder bekerings beteken dit dat die kerk so aangepas het by die wreld dat geen verandering meer nodig is nie. Sonder bekeringsstories gee ons die indruk dat dit glad nie meer belangrik is dat mense deur God geroep word nie. Kan daar hoegenaamd n gemeente wees en sal daar n kerk wees wat die toekoms oorleef as daar nie n sensitiwiteit is vir mense wat n behoefte het aan bekering maar die mense self (en die lidmate) weet nie hoe nie?

Ons sal n fout maak as ons dink alle bekerings lyk soos Paulus sn. Bekering beteken nie noodwendig . (Die prediker kan besluit watter wanvoorstellings van bekering uitgelig word). Bekeringstories volgens hierdie gedeelte en in die res van Handelinge is :

SIEN-stories.

Paulus sien n lig met n stem wat dit interpreteer. Sy medereisigers sien nie.

Na duister sien hy en die skille val van sy o af met die hulp van Ananias.

Stories oor hoe mense tot die lig kom (die prediker kan self aan realistiese voorbeelde uit sy/haar gemeente dink) is die stories waarvan gemeentes leef. Dit is die stories wat vertel dat Jesus leef!

ROEPING-stories

Paulus se bekeringstorie word nie vertel omdat n bekeringsverhaal so bekoorlik, aangrypend, sensasioneel of wonderlik is nie. Bekeringstories word vertel omdat dit roepingsverhale is. Iemand sien iemand draai om omdat die Here vir die persoon n taak en opdrag het. Paulus kom tot bekering omdat die Here hom gekies en geroep het om die heiden-apostel te wees.

Ons as gemeentelede moet die verhale vertel oor hoe ons bewus geraak het van take wat die Here aan ons toevertrou. Soms mag hierdie take n radikale nuwe opsie wees, soms sal dit net n aanpassing wees binne ons bestaande take en soms mag dit verhale wees waarin ons opnuut bewus geraak het van dieselfde taak waartoe ons lank gelede al geroep is. (Dink aan Paulus wat later in sy lewe weer hierdie bekeringsverhaal vertel!). Die prediker kan hier ook aan voorbeelde dink hetsy evangelisasie, kategese, sending, ouerskap, take in die publieke sektor selfs ten opsigte van ons loopbane.

GEMEENTE-stories

Die klassieke bekeringsverhaal van Paulus is nie die verhaal van n besondere individu wat uitstyg bo die gemiddelde weens die besondere karaktertrekke en wilskrag van die persoon nie. Paulus kan nie tot bekering kom sonder die gemeente in di geval verteenwoordig deur Ananias se hulp en ondersteuning nie. Inteendeel die bekering van Paulus veroorsaak ook n eiesoortige bekering by Ananias (lees: die gemeente). Bekeringsverhale word gemeente-stories omdat die gemeenskap van die gelowiges betrek word by n bekering. Die gemeente help die bekeerling om te verstaan wat gebeur. Dit is ook reg dat n bekeerling sy/haar roeping toets en help beoordeel deur medegelowiges te raadpleeg!

Daar is min dinge so wonderlik as om lidmate te hoor praat oor hoe daar lewe in hulle gemeente is hoe mense wat in die duister was tot die lig kom hoe mense hul lewe aanpas en beleef in terme van n roeping van God en hoe gevestigde lidmate self n soort bekering beleef om in te val met God se lewendmakende Gees.

Daar is egter min dinge so irriterend as mense stories dramatiseer en met n stuk voorspelbaarheid vertel omdat hulle voel hulle moet dit doen. Of as mense hierdie wonderlike verhale vertel terwyl die hoorder n gevoel kry dat dit aangedik word. Dit is nie nodig nie. Wat nodig is, is dat ons o sal oopgaan vir die lewe en werk van God in ons tyd en in ons mense se lewens. Waar God lewend maak, rigting gee, roep, stuur en ondersteun deur n broer en suster. En as ons sien moet ons met vrymoedigheid vertel.