28 April 2002

Vyfde Sondag in Paastyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Handelinge 7:55-60.

Ander tekste: Psalm 31:1-5, 15-16; 1 Petrus 2:2-10; Johannes 14:1-14.

INLEIDING

Dit is duidelik dat die vroeë kerk in sy Paasverkondiging met werklikhede rekening gehou het wat die wêreld nóg

kon verstaan nóg kon verdra. Al vier tekste weerspieël die gelowiges se weerlose posisie in die wêreld, maar ook

God wat hulle 地 veilige staanplek by Hom aanbied. Selfs te midde van (Stefanus se) steniging, word gelowiges deur

hulle Paasgeloof "lewende stene" wat hoop bied in 地 verworde wêreld.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Voorafsang

Indien dit die gemeente se gebruik is om vooraf te sing, doen moeite om die liedere sorgvuldig te kies. Jy sal ander

liedere sing by die aanvang van die diens as met die afsluiting of uitsending van die diens.

Gemeente fokus op God

Die liturg kan nog onder staan voordat hy of sy opgaan na die preekstoel.

Die liturg verduidelik dat Psalm 31 die samebundeling is van die geloof van die kerk deur die eeue, naamlik dat God

ons liefhet en altyd naby aan Hom wil hê. Die psalm dra egter ook 地 ondertoon van bedreiging en moeilikheid. God

is lief genoeg, sterk genoeg en bereid genoeg om sy kinders te midde van watter bedreiging ook al veilig uit te lei

na 地 vaste plek van skuiling en gevolglik van diepe troos.

Vier lidmate kom vorentoe om Psalm 31 te lees: een kind, een vrou, een man, een dogter. Elkeen lees 地 paragraaf.

Die gemeente antwoord met die sing van Psalm 31:1-5, 17 (of enige van hierdie verse) en eien so vir hulle die

kosbare inhoud van hierdie psalm toe.

Votum

Liturg: Liewe gemeente, dit is Paastyd: Die Here het opgestaan!

Gemeente: Hy het waarlik opgestaan!

Seëngroet

Soos ons Here Jesus sy dissipels ná sy opstanding gegroet het, groet ek julle nou: "Vrede vir julle!"

Moontlikheid: Vra die mense om na mekaar toe te draai en mekaar te groet met die woorde: "Vrede vir jou!"

Paaskers

Elke liturg sal weet watter pastorale geladenheid daar aanwesig is in die gesamentlike byeenkoms van gelowiges

elke Sondag wanneer hulle opdaag om die Here te aanbid. Iemand dra die groot Paaskers binne. Die liturg sê elke

keer in Paastyd min of meer die volgende by die aansteek van die Christuskers/Paaskers:

"Liewe broers en susters: God die Bron van Lig en Lewe bied ons die gawe van sy Seun. Kom na Hom (Christus)

toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar wat deur God vir die ereplek uitverkies is. Laat julle

as lewende stene opbou tot 地 geestelike huis. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie. Hy bring troos in 地

donker wêreld. Hy sluit weer oop wat toegesluit is. Hy laat ons hoop herlewe. Vanuit die perspektief van die

opstanding, word probleme nie meer die kerk se uitgangspunt nie."

DIENS VAN DIE WOORD

Inbring van die Bybel

Die gemeente maak dit 地 vaste ritueel om iemand te vra om elke Sondag die Bybel amptelik in te dra tot voor by

die kansel vanwaar die verkondiging van die Woord sal plaasvind.

Kindertyd

Indien die kerk 地 hoeksteen het, verwys daarna en vertel die storie van die hoeksteen.

Psalm 31 kan ook hier gelees word.

Gee vir elkeen in die kerk 地 klein klippie. Kinders kan die klippies (wat in mandjies is) uitdeel. Terwyl die klippe

uitgedeel word, vertel hoe veilig die mense van Jerusalem was met die klipmure reg rondom die stad, of hoe veilig

地 huis wat gebou is op rots of klip in 地 storm is en van die veiligheid wat 地 spelonk of 地 grot bied wanneer jy

wegkruip vir iemand. Die liturg lê hierdie psalm uit as 地 teks waarin God se liefde en trou vergelyk word met 地 klip

of 地 rots wat vasstaan.

Vra elkeen om in die week daardie klippie in hulle sakke rond te dra as 地 herinneringsteken dat Christus "staan"

aan die regterhand van die Vader (Stefanus se gesig) wanneer sy kinders deur moeilike tye gaan.

Gebed (epiklese)

Liturg: Die Here wat ons hier voor/rondom Hom bymekaargebring het, wie se geborge teenwoordigheid

ons nou net beleef het, praat nou met ons uit Handelinge 17:55-60.

Prediking

Geloofsbelydenis (Ps 31 verwerk, met presies dieselfde tema).

Liturg: Ek wil van u magtige reddingsdade vertel. U is altyd op u troon. Vir die mens wat in gevaar

verkeer, is U 地 toevlug, 地 skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam

bely op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

Gemeente (staande): Ons glo in God die Vader

DIENS VAN DIE TAFEL

(Sien die agenda van die Algemene Sinode 1998, pp 256-259.)

Die liturg gaan na die tafel, neem die brood en die beker en sê kortliks dat dit die liggaam en bloed van die Here

onder ons is. Stefanus se gebede in die teks word aangehaal en deurgetrek na die Here Jesus se kruiswoorde toe

sy liggaam ook gebreek is vir ons.

Dit verseker ons dat ons regtig in God se teenwoordigheid die gewone lewe met al sy vrese en oënskynlik

oorheersende magte mag binnetree.

Dankgebed

Sang

Gemeente bevestig dank staande - Lied 508.

UITSENDING

Voorbidding

Die voorbidding word gehanteer soos by die eerste Paasweek (drie persone bid vir die dorp, land en wêreld).

Sang

Gemeente sing staande Lied 281.

Seën

Liturg: Jesus Christus is die opstanding en die lewe.

Gemeente: Hy is ons vrede.

Liturg: Wie in Hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie.

161

Gemeente: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid

Amen (gesing deur die gemeente).

Tema

Mense wat die opgestane Christus kan "sien", dink anders oor die lewe en die dood. Vir 地 Christen bly die kruis

steeds, ook ná die opstanding, die simbool van die nuwe lewe.

Teks

Ons leer ken Stefanus as een van die sewe diakens (vgl Hand 6:5) wat gekies is om te help met die versorging van

die weduwees. Lukas beskryf hom as 地 aangename persoon wat oor sterk eienskappe en gawes beskik het (7:8).

Dit is opvallend dat Stefanus wat nie eens een van die twaalf apostels was wat so 地 prominente rol speel in

Handelinge 1-6 nie, soveel aandag ontvang. Stefanus se toespraak in Handelinge 7 is die langste van die talle

ander toesprake in Handelinge. Lukas was waarskynlik oortuig van die besonderse waarde van dié toespraak en

gepaardgaande gebeure vir sy latere lesers. Let op die ander twee verwysings na Stefanus in 11:9 en 22:20. Hierdie

week se fokusteks maak deel uit van 地 reeks van drie verhore voor die Sanhedrin wat opgeteken is in Handelinge

4-7. Die einde is onvermydelik wanneer ons let op die toenemende geweld waarmee die vonnisse telkens voltrek

word eers die waarskuwing, dan die lyfstraf, en uiteindelik die moord.

Verse 54-55: Dit was toe Stefanus die Joodse Raad persoonlik aanvat oor hulle bepaalde tempelteologie, net soos

Jesaja (vgl 7:49-50) en ander profete dit in die verlede gedoen het, dat die reaksie fisiek begin raak het. Hulle "harte

was in twee geskeur" en hulle het uit woede op hulle tande gekners. Op daardie selfde oomblik beskryf Lukas

Stefanus as kalm en getroos. Hy beleef die heerlikheid van God te midde van haat en woede (vgl die ooreenkoms

met Jesus in Luk 22:69). Die verwysing na Jesus wat aan die regterhand van God staan, sorg vir heelwat

bespiegeling onder navorsers. Die meeste wil dit sien as 地 regsprosedure van Jesus wat namens die geteisterde

gelowiges plek voor God inneem en hulle saak bepleit. Hier pleit Christus in Persoon vir een van sy volgelinge.

Vers 56: Met dié opmerking bevestig Stefanus die dieptepunt van die goeie nuus Jesus is in der waarheid

opgewek en verheerlik. Dit is die enigste verwysing na "Seun van die mens" buite die Evangelies. Vir sommige

navorsers is dit 地 aanduiding dat Stefanus deel was van die vroegste Christelike gemeenskap, want later, wanneer

Paulus se briewe die teologie van die dag begin weerspieël, is hierdie tegniese titel van Jesus nie meer in gebruik

nie. Dié titel is waarskynlik ook 地 verwysing na dié een wat in Daniël 7 beskryf word.

Vers 57: Waarskynlik was die reaksie van die mense toe te skryf aan die onuithoudbare "godslaterlikhede" wat hulle

moes aanhoor. Die idee dat 地 mens aan die regterhand van God kon verskyn en boonop iemand wat kort tevore

gekruisig is weens godsdienstige dwaal en laster, was een te veel.

Vers 58: Oor die prosedure vir steniging wil sommige allerhande argumente opbou. Só word daarop gewys dat

Stefanus nie so 地 prominente figuur was soos Jesus in Jerusalem nie. Die vonnis kon daarom summier voltrek word

sonder die vrees dat dit bevraagteken sou word. Die punt is egter duidelik: Die lede van die Raad het dit hulle morele

plig geag om hulle godsdienstige gesag in te span en 地 einde te maak aan hierdie skynbaar ontoelaatbare dwaal

en laster. Om die naam van Paulus (Saulus is die Hebreeuse vorm) hier net terloops te noem en later as 地

hoofspeler bekend te stel, is tipies van Lukas se styl. Die verwysing na "jongman" dui nie 地 ouderdom aan nie en

sou heel waarskynlik na 地 ongetroude jongman kon verwys.

Vers 59: Net soos Jesus bid Stefanus dat hy, as die lewe hom verlaat, in die troosvolle teenwoordigheid van God

tereg moet kom (vgl Luk 23:46). Deur Jesus as Here aan te roep, erken Stefanus Hom as die Christus, die redder

van mense (vgl Luk 23:34).

Vers 60: Weer eens soos Jesus, bid Stefanus ook om vergifnis vir sy teenstanders. Die Joodse eufemisme word

hier gebruik vir Stefanus se dood wanneer die teks sê dat hy "aan die slaap" geraak het. Dit is ook heel gepas om

sy dood só te beskryf in die lig van die komende opstanding van die gelowiges.

Die drie direkte aanhalings van Stefanus se woorde in verse 56, 59b en 60b kan as die slotwoorde van sy toespraak,

die finale argument vir sy verskil van die Joodse leiers, beskou word. "Verre van verveeld het hulle dit veeleer as

uiters opruiend ervaar. Voordat die prediker by 疎men kon uitkom, het hulle hom met klippe die hemel in gegooi"

(Flip Theron).

PREEKSTUDIE - HANDELINGE 7:55-60

Konteks

Stefanus se dood het waarskynlik vir Lukas 地 nuwe tydperk in die vroeë kerk se ontwikkeling ingelui. Eerstens was

dit nie net meer die owerhede wat vyandig teen die kerk opgetree het nie, maar nou het ook "die volk" antagonisties

teenoor die kerk begin voel. Tweedens het Stefanus se dood meegebring dat 地 groot deel van die

Jerusalemgemeente uitgewyk het na ander sentra wat noodwendig die verspreiding van die evangelie en die

vestiging van ander gemeentes tot gevolg gehad het.

In die gang van die toespraak word dit duidelik dat Stefanus deel uitmaak van 地 lang tradisie van figure in die geloof.

In die besonder Moses maar ook Josef word aangehaal om Stefanus binne hierdie lyn van geloofstryders te

illustreer. Ook Stefanus se aanhaling later uit Jesaja bring hom in lyn met die profetiese kritiek op die tempelteologie.

En uiteindelik blyk die parallel met die dood van Jesus ook duidelik. Sommige navorsers wys op die ooreenkomste

tussen die aanvang en die verloop van die verhoor, die vals getuies, die aantygings, die hoëpriester se vraag, die

woede en veroordeling en Stefanus se uitroep en gebed om vergifnis voordat hy sterf.

Vir heelwat van die navorsers is Lukas se beklemtoning van Stefanus se steniging 地 voorbeeld van martelaarskap

wat die hoogste seël of bevestiging van 地 gelowige se getuienis is. Alhoewel martelaarskap nie op sigself gesoek

behoort te word nie, moet dit ook nie vermy word nie, aangesien dit 地 eer is om namens Christus te ly (vgl 5:41).

Met sy martelaarskap wil Stefanus hom juis nie, soos sy hoorders, tot geweld wend in die hoop om iets te bereik

nie. Sy martelaarskap word eerder 地 duidelike profetiese getuienis in die vorm van niegewelddadige verset teen

sonde en korrupsie in godsdienstige gesagsposisies.

Alhoewel Stefanus krities reageer op die tempelteologie van die Joodse volk is dit nie die tempel of die wet wat die

skuld kry vir 地 verdraaide godsdiens nie, maar die mense wat ongehoorsaam aan God leef. In Flip Theron se 地

preekstudie oor Handelinge 7:52 kom die verset van die godsdienstige volk teen die boodskappers van God, die

profete, duidelik aan die orde. Ontstellend van Stefanus se verhaal is dat die kerk se grootste vyand nie soseer die

heidene van die sekulêre kultuur is nie, maar juis die vromes wat geoordeel het dat hulle die waarheid besit.

Hiervoor sal ons as kerk oë moet hê dat ons vroomheid en selfgenoegsaamheid die profetiese moed in die kerk

kan breek (Woord teen die Lig III/3, pp 105-114).

In 地 Adventspreek van 1997 kontrasteer die prediker Anselm Grün die vrede (tussen God en mens) van Adventstyd

met die konflik (tussen kerk en wêreld) van Pinkstertyd. Christus se vrede bring die kerk in stryd met die wêreld.

Maar die kerk sien juis die hemel oop bo hulle in hierdie konflik met die wêreld.

Soms gebeur dit dat predikers geloof as 地 soort toetsterrein vir die lewe voorstel. Die kandidaat moet allerhande

toetse van deursettingsvermoë en offervaardigheid suksesvol voltooi. Dit waaroor dit gaan in die toetse is van

minder belang. Dikwels is dit irrasioneel of onverstaanbaar soos die sewe take voordat die jongman die dame se

hand kry as beloning. Dit gaan nie om die een of ander inherente waarde nie, maar slegs daaroor om te toets.

Met Stefanus se marteldood gaan dit egter nie om 地 toets vir sy geloof nie. Sy martelaarskap is 地 aktiewe manier

van kerkwees, van getuiewees. Lukas beskryf dit om sy lesers te oortuig: Dít is soos die ding gedoen word in die

kerk. Die weg van heerlikheid is 地 via crucis, 地 weg van die kruis, van offer bring en die self verloën.

Die feit dat die kerk geen ander manier het om oor die opstanding te getuig as aan die hand van 地 kruisweg nie,

bring die prediker dikwels in die verleentheid. Flip Theron waarsku skerpsinnig in sy preekstudie dat "indien die

prediker se aangesig nie lyk soos dié van 地 engel nie (Hand 6:15), sal dit raadsaam wees om 地 ietwat laer toon

aan te slaan as wat Stefanus doen teen die einde van sy preek". Profetiese prediking kan maklik vals en goedkoop

word indien dit nie eg en deurleef is nie.

Iemand wat wel hierdie kant van die evangelie duidelik na vore gebring het sy preke en meditasies, was

Kierkegaard. Hy verwys na Pascal wat sou sê: "It is so difficult to believe, because it is so difficult to suffer." En net

so ontstellend is dié woorde: "God creates everything out of nothing and everything which God is to use, he first

reduces to nothing" (vgl aanhalings in Woord teen die Lig I/8, p 100).

Preekvoorstel

Dit was sekerlik baie lofwaardig van die (NG) kerk om amptelik 地 Jaar van Hoop van stapel te stuur in 2001. Dit is

immers wat ons almal nodig het, en dit is immers wat die kerk kan bied hoop. En in al die verskillende groter en

kleiner inisiatiewe en projekte is baie energie en tyd en geld en, natuurlik, gebed en geloof ingesit. Ná al hierdie

moeite is dit ook vir die kerk belangrik om terugskouend te kan vra hoeveel hoop ons as kerk werklik gebring het,

hoeveel mense ons werklik getroos het, hoeveel medemenslikheid ons werklik bewys het. Maar miskien is die

moeiliker vraag: Hoeveel word ons vertrou wanneer ons so hoog opgee oor hoop? In watter mate vertrou die mense

van die land die kerk se beloftes van hoop en troos? Ek dink ons (NG) kerk gaan nog lank die ervaring hê dat die

res van die land ons net nie so maklik glo nie.

As dit vir sleutelrolspelers in die politiek "a long walk to freedom" was, sal dit sekerlik vir die kerk "a long walk to

hope" wees. Die evangelie was nog nooit oor kortpaaie vat nie. Die evangelie was nog altyd 地 "long walk" vir die

kerk. Lukas se noukeurige opteken van al die verskillende gebeure in die lewe van die eerste gemeente help ons

om dit beter te verstaan.

Die boodskap wat van daardie Pinksterdag uitgegaan het, was alles behalwe dié van 地 kortpad. Dít wat met

Stefanus gebeur het, moes die kerk tot die besef bring dat dit nie die suksesse en oorwinnings sou wees wat die

kerk uiteindelik vorentoe sou neem op die pad van die evangelie nie. Dit sou nie die toename in getalle of

ekonomiese versorgingstruktuur wees wat die kerk sou laat groei nie, maar wel die vreeslose aflê van hulle lewens

wat die kerk se sterkste getuienis sou word. Die kerk sou eintlik eers kerk word wanneer dít gebeur dat mense vir

hulle geloof sou begin sterf.

地 Kerk wat werklik hoop wil bring aan 地 wêreld wat vasgedraai is in geweld en misdaad, armoede en morele verval,

sal hierdie kant van die evangelie ernstiger moet neem. Om kerk van die Pinkstergees te wil wees, sal ons nie te

gou moet wees om te dink dat die gebeure van Goeie Vrydag iets is wat agter die rug en verby is nie. Die kerk kan

maklik verlei word deur die "geestelike" energie en entoesiasme wat kenmerkend is van ons Pinksterdienste. Ons

kan maklik die indruk skep dat die lyding en swaarmoedigheid van die kruisgebeure vir eers verby is. Baie

goedgelowige mense wil spog met die feit dat ons kerke "leë kruise" vertoon teenoor die kruise met 地 Christusfiguur

in byvoorbeeld die Roomse Katolieke Kerke. Stefanus se verhaal, dink ek, help ons om nie te gou van die lyding en

die dood van Jesus Christus te vergeet nie. Nee, Lukas wil ons juis help om te verstaan dat elke gelowige wat die

opstandingskrag op Paassondag leer ken het, nie net saam met die Here leef nie, maar ook saam met Hom (weer)

sterf.

地 Kerk wat hoop wil bring, sal moet leer om te sterf vir daardie hoop. En dit is presies hier waar ons (veral

bevoorregte, vermoënde) kerk dikwels sukkel om te verstaan. Ons raak opgewonde oor die opstanding en dink dat

die Gees ons lei om mimiek- en musiekuitreike in plakkerskampe aan te bied of sopkombuise vir die hongeriges op

Vrydagaande te beman. Supergemeentes raak bewus van hulle sosiale roeping. In ons plaaslike omgewing neem

ons deel aan ekumeniese projekte wat vroeër ondenkbaar was. Alles in die goeie geloof dat Suid-Afrika êrens in al

hierdie inisiatiewe weer hoop sal begin ervaar die heerlikheid van God sal raaksien.

Vir die kerk in Lukas se tyd was die pad van hoop egter langer en moeiliker. Lukas beskryf 地 ander manier van

kerkwees in sy tyd. Hy vertel van 地 kerk wat aan die hand van die opgestane Christus geleef het, maar só dat hulle

nooit vergeet het dat hierdie Here eintlik 地 Gekruisigde was nie. So het die moord op Stefanus die kerk in die

realiteit van geweld en dood ingeruk. Maar so het die kerk ook binne in die evangelie van kruis en opstanding begin

leef. Wanneer lede van die Joodse Raad woedend raak en op hulle tande kners, kyk Stefanus nie na hulle nie, maar

op na die hemel en sien die heerlikheid van God. Wanneer hy besef dat hy hom vasgeloop het in geweld en onreg,

sê Stefanus dat hy die hemel oop sien en "die Seun van mens wat aan die regterhand van God staan".

"So sien Stefanus vir God beter van onder die hoop klippe uit as in sy hele bediening. En daar in sy sterwensuur

ervaar hy die heerskappy van die Here Jesus aan die regterhand van die Vader as 地 oorweldigende werklikheid"

(Piet Naudé).

Miskien sal dít die mees hoopvolle getuienis van die kerk wees: nie al ons wenstrategieë vir 地 hoopvolle toekoms

nie, maar ons lotsaanvaarding van ons omstandighede. Ons gaan geglo word nie op grond van ons suksesvolle

sosiale projekte nie, maar op grond van ons manier van verloor van dinge wat ons vroeër gehad het, van prysgee

en opoffer, van beroof word en soms sterf. Die vraag vir die kerk is daarom nie alleen hoe ons misdaad kan bekamp

nie, maar eerder wat ons doen wanneer misdaad ons tref. Miskien ontbloot iemand soos Koos A Kombuis ons

kerkmense se oorgretigheid vir 地 misdaadvrye Suid-Afrika wanneer hy skryf in 地 opstel Moenie hierdie Kersfees

vir die armes bid nie: "En ek weet nie van 地 enkele bergie wie se kar onlangs ge-hijack is nie."

Stefanus se dood het die kerk lank gehelp om te verstaan dat "verloor" in terme van die evangelie beter is as "wen".

Wanneer Lukas uitdruklik noem dat Saulus (met goedkeuring) staan en toekyk wanneer Stefanus vermoor word,

verstaan die latere lesers dat die kerk hier verloor het, maar in die toekoms baie sou wen. Nie net het hierdie

geweldenaar (Saulus) die groot apostel van die kerk geword nie, maar talle gelowiges het na aanleiding van hierdie

Jerusalemvoorval na ander bestemmings uitgewyk en die evangelie só versprei. Vir die duisende martelare in die

kerk se geskiedenis sou dit die voorbeeld word van hoe hulle bloed die saad sou wees waaruit die kerk sou groei.

Om met hoop te leef sal die kerk moet hoor wanneer ons Kerkvader Calvyn sê dat die manier waarop die kerk

leiding en regering bied aan die wêreld altyd 地 ministerium (dienslewering) moet wees en nie 地 magisterium

(gesagsverteenwoordiging) nie. Die koninkryk kom dikwels nie uit die oorvloed van ons gemeentebegrotings nie,

maar van onder uit 地 hoop klippe. Waar gewone opstandingsmense saam ly aan die dwaal en die sonde van die

wêreld word hoop gebore. Dit is aan ons wonde dat die wêreld ons sal herken dat ons volgelinge van Jesus die

Christus is.

Nie almal in die gemeente van Jerusalem het vir hierdie soort verloorgetuienis kans gesien nie. Lukas vertel van 地

sekere Ananias en Saffira wat probeer het, maar teruggedeins het vir die volle konsekwensies van die evangelie.

Stefanus, daarteenoor, was een van die Paaschristene wat sy lewe volledig verstaan het in die lig van Jesus se

opstanding. Hy wat Stefanus is, kon die opgestane Jesus "sien" en het daarom geweet dat gelowige volgelinge van

hierdie opgestane Seun van die mens nie net hulle lewe nou anders verstaan nie, maar ook hulle dood. Vir

volgelinge van Christus is hulle dood geen beëindiging of bedreiging van die lewe nie, maar juis 地 vorm van lewe,

地 soort getuienis van die opstandingslewe. Paulus wat (so vertel Lukas) die hele voorval staan en dophou het, sou

later hierdie soort lewe verduidelik as "om te sterwe is vir my wins".

Mag die heerlikheid van God sigbaar word, nie alleen in die lofwaardigheid van ons gemeenskapsprojekte nie, maar

(veral) ook in die oomblikke waarin die gelowiges hulle voorregte verloor en van voorspoed beroof word.

Bibliografie

Kommentare: Bruce, F F (NICNT); Calvyn, J (CNTC); De Villiers, J L; Grün, A. Meditative Zugange; Soards, M L.

The speeches in Acts; Witherington, Ben. iii The Acts of the apostles: A socio-rhetorical commentary; Willimon, W

(Interp).

Aanvullend: Naudé, Piet. Brug na môre. Smit, Dirkie. Woord teen die Lig I/8, pp 126 ev. Theron, Flip. Woord teen

die Lig III/3, pp 105-114.