Handelinge 3:12-19 (Fanie Herholdt)

7 Mei 2000

Derde Sondag in Paastyd

 

Ander tekste: Psalm 4; Lukas 24:36-48; 1 Johannes 3:1-7

Sien is glo. Die opstandingskrag van Jesus laat jou alles anders sien (Luk 24). Daarom kan ons glo en tot bekering kom (Hand 3:19), Hom gehoorsaam (Hand 3:22), in alles volg (Dan 3), en reg lewe (1 Joh 3 en Ps 4 teenoor Job 5).

Teks en konteks

Dit is gebruiklik om in die Paastyd nie uit die Ou Testament te lees nie, maar wel uit Handelinge. Dit opsigself dra al die boodskap van die Lewende God wat met sy nuwe volk die kerk op pad is. Soos in die Ou Testament leef die kerk binne die ruimte van God se belofte en opdrag (Hand 1:8).

Omdat daar n reeks tekste uit Handelinge volg, is dit goed dat die prediker hom/haar sal vergewis van die bre lyne van Handelinge (en van die argumente vir en teen verskillende interpretasies). Hieronder volg myns insiens van die mees ter sake inligting:

Handelinge is die opvolg van die evangelie Lukas. As Lukasevangelie die stories oor Jesus is (om te s wie Hy is) gaan Handelinge oor die noodwendige opvolg, naamlik stories oor Jesus se apostels (om te s wie hulle is). Die kontinuteite n diskontinuteite tussen die opgestane Jesus en die kerk in die kragveld van die Gees (Moltmann) is belangrik.

Die doel van hierdie stories kan uiteenlopend wees. Daar kan n apologetiese motief wees, met ander woorde Lukas probeer verdedigend en verduidelikend antwoord op kritiese stemme. (Daar word selfs 7 verskillende moontlikhede genoem raadpleeg n inleiding op Handelinge of Woord teen die Lig 1/9, 84) Dit kan ook beskou word as opbouende literatuur, met ander woorde nie vir die bre publiek as apologetiek of evangelistiek nie, maar vir die gelowiges en gemeentes van die eerste eeu om hulle toe te rus en te bemoedig vir volharding met hul getuienistaak. As die prediker vir hom- en haarself uitgemaak het wat die oorspronklike bedoeling was, moet daar nog steeds besluit word wat die bedoeling van hierdie tekste vir die twintigste eeu is en moet wees.

Die dilemma met Handelinge is dat enige perikoop in die boek Christologies, pneumatologies, ekklesiologies en/of missionr omgebuig kan word. Die prediker moet dus versigtig wees vir eie (voorspelbare) stokperdjies, wat uit elke teksgedeelte presies dieselfde haal. Die plasing van hierdie tekste binne die Paaskring bring mee dat die nuwe lewe en nuwe lewensmoontlikhede en gevolge vir die kerk in verbondenheid met die opgestane Jesus prominent word. Wat die kerkjaar aanbetref is Pinkster nog aan die kom en daarom is dit moeiliker om di verhale pneumatologies te preek.

Handelinge 3:12-19 is n onderdeel van die getuies wees in Jerusalem (as Hand 1:8 se geografiese aanduiding gebruik word as die struktuur van Handelinge). Na die Pinkstergebeure met die baie bekeerlinge en idilliese beskrywing van die ideaal-istiese kerk in Jesusalem (2:46: Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word by die gemeente gevoeg) vertel Hoofstuk 3 tot 7 van die moeilikheid en vervolgings in dieselfde Jerusalem (8:1: Daardie dag het daar n hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin. Al die gelowiges is uitmekaar gejaag en verstrooi oor die gebiede van Judea en Samaria.)

Die moeilikheid begin by die genesing in die Naam van Jesus van n verlamde man by die tempel (LW die onderliggende opstandingsmotief). Die patroon by di genesing kom ooreen met gesesingswonders by Jesus, naamlik:

(1) die genesing

(2) verbasing en verwondering by die skare

(3) konflik met die geestelike leiers

(4) die gesag en identiteitsvraag (In wie se naam? Wie is hierdie man/mense?)

(5) oorheersende verwerping, met sommige wat glo.

Die preekperikoop sluit aan by punt (2) hierbo die skare se reaksie en Petrus se toespraak.

Die prediker moet hom en haar ook vergewis van die funksie en interpretasie van die sogenaamde toesprake in Handelinge. (WTL 1/9, 85). Daar is baie daaroor geskryf, maar die mees insiggewende is dat die toesprake geplaas word by die hoogtepunte en belangrike wendinge in die verhaal en dat die toespraak in die lig van hierdie wending interpreteer word, met ander woorde wat was Lukas (en nie noodwendig die spreker) se intensie op hierdie punt in die verhaal.

Uiteraard is n groot verskeidenheid van preke uit hierdie perikoop moontlik. n Mens kan nie net die toespraak herhaal en dink dit is n preek nie! In Woord teen die Lig 1/9, 113 word verskeie (7-8 moontlikhede genoem).

Een moontlikheid is om die Christologiese titels (en verwysings) in die toespraak te neem veral die uitdrukking DIE LEIDSMAN NA DIE LEWE

n Goeie preek oor ONKUNDE sou ook moontlik wees.
In die lig van die brer verhaal van Handelinge reken ek dat n preek oor BEKERING vanuit die teks self die juiste ding is om te doen. n Mens sal mooi moet dink wat met bekering bedoel word, wie jou gehoor is, wat is hulle idee van bekering, hoekom is bekering vandag nodig en hoe sluit dit aan by die toespraak en gebeure van destyds. Hieronder volg twee maniere waarop bekering aan die orde gestel kan word.

Preekvoorstel 1

Ek sien die ander dag op n tienerdogter se deur n boodskap vir haar ouers: I am not deaf, I am ignoring you! Ons reageer voordurend al is ons enigste reaksie dat ons geen reaksie toon nie. In ons teksgedeelte is daar sprake van ten minste drie verskillende reaksies op die evangelie van Jesus.

Dit is moontlik om in onkunde (3:17) daarop te reageer soos die Jode wat die Leidsman na die lewe (3:15) doodgemaak het. Onkunde het nie altyd di agressiewiteit nie. Dit kan ook n baie ordentlike en fatsoenlike ignorering wees. (Noem n paar aan voorbeelde) n Mens betaal egter n prys vir onkunde, veral as daarin volhard word. Normaalweg is die rel dat onkunde nie n verskoning is nie, maar dit lyk tog asof die Here bereid is om die prys van onkunde af te skryf (3:16), maar onkunde sal met n beter respons vervang word.

n Tweede moontlike respons op die opstanding is om uiters verwonderd en verbaas nader te stroom (3:11) Kom ons noem dit bekoring. Dit gryp die verbeelding aan. Hiervan moet n mens meer weet om te kan saamgesels. Dit is opspraakwekkend en heeltemal interessant om oor te vertel. Dit is soos die tinteling voor n massa-saamtrek, die lekker om na n kamp, seminaar of besondere geestelike geleentheid iets te h wat ander nie het nie. Bekoring is om gefassineer te wees met die wonder-element, om emosioneel meegevoer te word. Dit kan egter so oppervlakkig soos kaf in die wind saad tussen die dorings. Dit kan bolangs wees, sonder dat die diepere insig en wilsvlakke oopgebreek en omgebuig word. n Ander vorm van bekoorlikheid is om binne die raamwerk van n volks- of kultuurkerk altyd by te wees waar besondere geleenthede soos doop, belydenisaflegging, troues, kerssangdienste en die nagmaal plaasvind. Dit lyk goed en voel goed maar dit l ook op die oppervlakte. Dit is n onvoldoende reaksie Petrus wys dit af ook die heldeverering wat daarmee gepaard gaan.

Die Bybel vra nie bekoring nie, maar bekering. Bekering impliseer n hartgrondige omdraai, ombuig, nuut kyk en nuwe gedrag. Soms moet dit ingrypend n wegdraai van iets boos wees. Ander kere is dit n radikale (uit die wortels uit) nuwe toewending. Vir party beteken dit nou is die uur en vir ander is dit n geleidelike proses oor jare. Hoe dit ookal in u geval mag wees het u gehoor die Bybel roep alle mense ook die kerkmense wat op die tempel van die Here se trappies rondgesit het tot bekering (Onthou ook Jesus Johannes die Doper sn was bekeer julle).

Ons moet die ongemaklikheid van die roep tot bekering nie afskuif (in onkunde?), of verdoesel in n oppervlakkige opwinding nie. Laat ons hoor ook vanoggend en ge-hoor-saam!

Preekvoorstel 2

n Twintig jaar terug sou n mens (in die Ned Geref Kerk) soms gehoor het dat lidmate kla omdat die leraar net bekering preek. So is daaroor gekla dat dit nie saak maak of dit begrafnis, Kersfees of nagmaal is nie, en of die teks uit Genesis, Spreuke of Romeine kom en of dit week na week dieselfde getroue (onbekeerde ?) lidmate is wat nog kerk bywoon nie n preek wat nie by bekering eindig, of wat nie die heilsweg verduidelik nie, was nie n preek nie. Vandag is dit stil oor bekering sekerlik nie omdat almal intussen bekeer het nie! Baie predikers is eerder pastoraal en verkies om bekering as term glad nie te gebruik nie, of te versag met transformasie, dissipelskap of een of ander sagter term. bekering is so gekaap deur asemrowende elektroniese toerusting, geweldige desibels, swetende gladde-mond-predikers (wat of deur n egskeiding kom of op pad is na een) wat genesings, wonders en tekens belowe. Om ge-assosieer te word met n emosionele week saam met een-of-ander-paddastoel bediening of gospel roadshow met sniksangers wat amerikaans aanbied as evangelie is vir baie opregte Christene ook n verleentheid.

As n mens Handelinge lees, weet ons almal dat bekering n inherente deel van die kerk se storie is. Die kerk sonder bekering sal identiteitloos wees. Die verhaal van die geboorte van die kerk, die kinderjare en die tienerstadium is immers deurtrek met bekeringstories. Dit is mos ook ons storie. Ons lees byvoorbeeld dat 3000 mense uit 'n skare van spotters na n preek tot berou kom en betrokke raak by n gemeente waar alles gedeel word, God geloof word, vrymoedig getuig word en brood in alle eenvoud geet word. Ons lees van n vreemdeling met n vreemde kultuur wat na Bybelstudie en -uitleg ingelyf word en sy reis met vreugde voortsit. Daar word vertel van gemeente-bekerings soos toe hulle besef dat hulle diskrimineer teen anderstalige weduwees en n nuwe amp begin. Die storie van n heiden-soldaat wat saam met sy huisgesin n nuwe begin maak, n vuurvreter vyand wat n broer word ensovoorts ensovoorts. Soms was dit aangrypend, soms stil-stil, soms is mense geleidelik voorberei en soms was dit sommer plotseling. Soms was mense gewillig en belangstellend, maar soms ook hardkoppig en selfs vyandig. Soms is daar bo-natuurlike wonders en tekens en soms net n alledaagse preek, n toespraak of gesprek. Soms was daar argumente en spanning en is iemand byna oortuig en soms (dikwels) was al die elemente daar maar geen bekering nie!

Handelinge is vol van bekeringstories, maar daar is nie een sukses-resep wat in een of ander metode of gimmick konteksloos herhaal kan word nie. Dit is God se Gees wat veranderings bewerkstellig met n rykdom van moontlikhede. Bekerings is nooit konteksloos nie en is ook nie so individualisties soos wat vandag dikwels verkondig word nie. Bekerings is meesal n proses van opname in n geloofsgemeenskap dink maar aan Paulus wie se bekering eintlik eers voltrek is deur die rol van die gelowiges wat hom moes help om te sien, wat die bekeringsgebeure eers moes interpreteer en bevestig.

Wat is bekering dan? As ons Handelinge volg is bekerings, stories van n nuwe begin n nuwe hoofstuk, n tweede kans, n volgende hoofstuk. Mense wat bekerings verstaan as die doel, ideaal en hoogste doel, waarvoor enige middel ook maar goed is moet weer luister. Bekeringsstories vertel ook van n roeping mense wat hoor dat God hulle roep en aanvuur om op die weg voort te gaan as gestuurde dissipels. Bekering is nie die besit van n mens wat n vroom keuse gemaak het en wat dit kan gebruik as n soort polis teen al die vorme van onsekerheid wat oor ons kom. Bekering vertel die stories van God se gawes onvoorspelbare verrassings van goddelike genade wat deurbreek en nuwe moontlikhede oopmaak. God wat gee aan gewone mense, wat meebring dat hulle hulself tot beskikking stel van God se beweging na die uithoeke van die aarde altyd nuwe horisonne wat oorgesteek word.

Hierdie soort verhale moet deur die kerk lewendig gehou word en dan sal dit die kerk ook lewend hou. Sonder bekering sal die kerk nie meer God se mense van die Weg wees nie, anders sal die kerk nie meer iets h om aan die wreld te bied nie en ook nie meer hoop vir onsself h nie. Maar dan praat ons van die rykdom van groot, klein en voortdurende bekerings.

Het ons nog n storie om te vertel? Indien nie het dit tyd vir n bekering geword!