21 April 2002

Vierde Sondag in Paastyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Handelinge 2:42-47.

Ander tekste: Psalm 23; 1 Petrus 2:19-25; Johannes 10:1-10.

INLEIDING

Hierdie Sondag staan in die kerklike jaar bekend as Goeie Herder-Sondag. Drie van vandag se vier teksgedeeltes

verwys na die Herder. Die fokusteks is egter 地 beskrywing van die gemeentelike lewe in die tyd ná die opstanding

van die Here. Dit spel die praktyk van kerkwees uit wanneer die Gees aan die werk is. "Die wêreld vind 地 alternatief

vir sy vasgeloopte geskiedenis, as die Gees 地 demonstrasie lewer van die nuwe opstandingslewe in die midde van

地 geloofsgemeenskap" (DWS). God reik vandag nog uit na alle verdwaalde skape. Die kerk is God se eiland van

hoop in die wêreld. Die gemeente is die plek waar die krag van Jesus se opstanding gevier, beleef, geleef en gesien

moet word sodat nuwe inspirerende stories van transformasie steeds oorvertel kan word.

Al die gebede behalwe dié van Sheila Cussons kom uit D J Smit, Wat Here is en lewend maak (Lux Verbi.BM, 2001).

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Gasvryheid

Die mense van die samekoms van die Here word reeds by die deure hartlik verwelkom (met naamplaatjies indien

nodig). Plekaanwysers het die gawe van gasvryheid. Hulle is nie familiêre op-die-rug-slaners nie, maar mense wat

sorg dat vreemdelinge tuis voel en sitplek kry.

Voorafsang

Indien dit die gebruik is, laat die liedere opbou en laat veral die laaste lied aansluit by die volgende oorgang.

Votum

Liturg: Liewe gemeente, dit is Paastyd: Die Here het opgestaan!

Gemeente: Hy het waarlik opgestaan!

Seëngroet

Soos ons Here Jesus sy dissipels ná sy opstanding gegroet het, groet ek julle nou: "Vrede vir julle!"

Moontlikheid: Vra die mense om na mekaar toe te draai en mekaar te groet met die woorde: "Vrede vir jou!"

Paaskers

Dit is 地 pastorale oomblik. Vra iemand om die groot Paaskers in te dra. Sê elke keer in Paastyd min of meer

dieselfde by die aansteek van die Paaskers, byvoorbeeld: "Liewe broers en susters, ons betree die huis van die

Here met 地 week se ervarings van die lewe in die wêreld, maar God die Bron van Lig en Lewe bring deur sy

opstanding vir ons troos en oorwinning in 地 donker wêreld." Lees 1 Petrus 2:24-25.

Sang

Lied 23.

Of:

Gebed

O Here, ons God!

U weet wie ons is wat hier voor U byeengekom het:

mense met goeie gewetens én met skuldgevoelens;

tevredenes en ontevredenes;

dié wat sekerheid het en ander wat twyfel;

Christene uit oortuiging en Christene uit gewoonte.

Daar is van ons wat glo, wat halfpad glo, en wat glad nie glo nie.

U weet ook waar ons vandaan kom:

uit hegte familie- en vriendekringe,

én uit die diepste ervarings van eensaamheid.

Party van ons kom uit gemaklike welvaartstoestande,

en ander uit situasies van wanhoop en geweld;

uit gesinne wat op geoliede wiele loop,

en dié wat gebuk gaan onder hewige stres of trauma;

ons kom uit die binnekring én

die periferie van die Christelike gemeenskap.

Maar nou staan ons almal saam hier voor U

met al ons verskille, maar ook in ons eendersheid;

as mense wie se verhouding met U en met mekaar skeef loop,

wat almal eendag moet sterf;

wat almal verlore is sonder u genade;

maar ook mense aan wie U u genade

onverdienstelik skenk in u Seun, Jesus Christus.

Ons is hier saam om U te loof en om te luister na wat U vir ons sê.

Ons bid dat dit in hierdie uur van samesyn sal gebeur.

Ons vra dit in die Naam van ons Here, Jesus Christus.

(Karl Barth 1886-1959)

Oorgang

Liturg: As u hier ingekom het in die besef dat u 地 totaal gebroke skepsel is, partykeer

heel vernuftig, maar ander kere heel dwaas, veral in retrospek gesien, dan is u

op die regte plek.

As u hier ingekom het met 地 gevoel van algehele ontoereikendheid en

onbevoegdheid in die teenwoordigheid van 地 ontsagwekkende God, wat net

die hoogste en die mees volmaakte eer verdien, dan is u op die regte plek.

As u hier ingekom het met die verlange om net maar u armoedige en toiingrige

lewe te laat rus in die arms van 地 onvoorwaardelike Herder wat u aanvaar

soos u is, dan is u op die regte plek.

Mag die vreugde en blydskap van die Here Jesus Christus met u almal wees.

Gemeente: En ook met u.

Sang

Gemeente bevestig meditatief, sittend.

Lied 23 (albei moontlikhede).

Doop

"Ons bely een doop tot vergifnis van sondes." Ook hier kan 1 Petrus 2:24-25 voorgehou word of Handelinge 2:36-

41.

Sang

Lied 414: "Juig verlostes, juig en sing!"

DIENS VAN DIE WOORD

Gebed (epiklese)

Kom nou, brose mensie, draai jou rug 地 rukkie op jou daaglikse bedrywighede;

kom 地 oomblik weg van die chaos van jou gedagtes;

vergeet van jou sware sorge, laat alles wat jou aandag verg 地 paar minute wag

ja, maak jou los vir 地 afspraak met God en sê:

"Here, ek kom by U tot stilte, ek rus in U, o Gees. Ek soek u aangesig, my God. Praat met my deur u Woord."

(Anselmus, aartsbiskop van Kantelberg 1033-1109)

Die Bybel (maak iets daarvan om die Kanselbybel in die kerk in te dra tydens dié moment in die erediens)

Fokusteks

Handelinge 2:42-47.

Prediking

DIENS VAN DIE TAFEL

Vertel: Daar is 地 legende van 地 koninkryk waar hulle die koring afgeoes en dit in skure gesit het. Toe ontdek hulle

dat 地 vyand die koring vergiftig het. As 地 mens van die koring sou eet, sou jy waansinnig word. Die koning roep

toe sy raadsmanne bymekaar om te besluit wat hulle moes doen. Hulle het ontdek dat daar nie genoeg onbesmette

voedsel was om die hele bevolking mee te voed nie. Net 地 klein getal mense sou voorsien kon word van gesonde

kos. So adviseer die raadsmanne toe die koning dat daar 地 ander opsie was: Hulle sou maar almal van die

vergiftigde graan moes eet.

"Goed," sê die koning toe, "ons sal so maak. Maar, terselfdertyd sal ons 地 paar mense identifiseer wat 地 ander dieet

sal volg, sodat daar ten minste sommige onder ons is wat ons altyd daaraan sal herinner dat ons kranksinnig is en

weet waaroor die ware lewe gaan!"

Ons as kerk is veronderstel om op 地 spesiale dieet te wees: die brood van die lewe, sodat ons altyd sal weet hoe

die regte lewe lyk. En dat hierdie lewe nie is om besig te wees met onsself nie. Daarom kom sit ons gereeld in die

kerk aan by hierdie tafel: die nagmaaltafel, om te deel in God se spesiale dieet, om ons te wend tot die God wat

ons liefhet in die Here Jesus, ons goeie Herder, wat sy lewe vir ons geoffer het en om ons gesigte te draai na ons

naaste toe.

Nagmaalepiklese

Berig (1 Kor 11)

Instelling

Uitdeling

Kommunie

Dankgebed

My Dank na die Mis Universele Gebed

"Heer, ek glo in U: versterk my geloof.

Ek vertrou op U: versterk my vertroue.

Ek bemin U: laat ek U nog meer bemin.

Ek is spyt oor my sondes: verskerp my spyt.

Ek aanbid U as my eerste begin,

ek verlang na U as my laaste einde,

ek loof U as my gedurige hulp,

ek roep U aan as my liefdevolle beskermer.

154

Laat u wysheid my lei,

korrigeer my met u regverdigheid,

vertroos my met u genade,

beskerm my met u mag.

Ek gee U my gedagtes, Heer, laat hulle oor U wees;

my woorde: dat hulle U in gedagte steeds hou;

my dade: dat hulle my liefde vir U mag weerspieël;

my lyding: om verduur te word tot u groter heerlikheid.

Ek wil doen wat U van my vra:

soos U dit vra,

solank U dit vra,

omdat U dit vra.

Heer, verlig my begrip,

versterk my wil,

reinig my hart,

en maak my heilig.

Help my om my sondes van die verlede te erken,

en om versoeking in die toekoms te weerstaan,

help my om my menslike swakhede te bowe te kom en om sterker te word as Christen.

Laat my U liefhê, my Heer en my God,

en help my om myself te sien soos ek is:

地 pelgrim in hierdie wêreld,

地 Christen geroep om die lewens wat ek

aanraak te respekteer en lief te hê,

dié in gesag bokant my,

my vriende en my vyande.

Help my om woede met sagmoedigheid te oorwin, hebsug met vrygewigheid,

halfhartigheid met toegewydheid.

Help my om myself te vergeet

en om uit te reik na andere.

Help my om verstandig te beplan,

en om risiko痴 moedig te neem.

Laat ek geduldig wees in lyding, beskeie in voorspoed.

Help my om aandagtig te bid,

en om matig te wees met voedsel en drank,

getrou in my werk,

standvastig in my goeie besluite."

(Sheila Cussons)

Dankoffers

Wanneer die insameling klaar gedoen is, vra die diakens om voor te kom staan. Gaan self af en vra die gemeente

om op te staan en daarna die hande saam in die lug te steek om die gemeenskaplike offergawe aan die Here toe

te wy. Die gebed tydens so 地 toewydingseremonie kan soos volg lui: "Here, alles wat ons is en alles wat ons besit,

is maar net gawes uit u hand. Daarom offer ons dit op u altaar sodat dit 地 seën kan wees vir die wêreld."

Iemand uit die gemeente kan ook voor die tyd gevra word om wanneer die gebed gedoen moet word vorentoe

te stap om die gebed namens die ander te kom doen.

UITSENDING

Bulletin met aankondigings

Voorbidding

Die voorbidding word gehanteer soos by die eerste Paasweek beskryf (drie persone bid vir die dorp, land en

wêreld).

地 Spesiale gebed vir die kerk kan só klink:

155

Ons bring U ons dank, Here God, ja, meer as ons dank, o Vader van ons Verlosser, Jesus Christus vir al u

goedheid altyd en oral, omdat U ons, u kerk, bewaar, red en help, en elke dag lei, tot op hierdie oomblik waarin ons

U aanbid.

Ons vra U, genadige God, skenk ons hierdie en elke ander dag 地 oorvloed van u vreugde, en ook gesondheid,

veiligheid, heiligheid en eerbied vir U.

Maar bewaar ons van afguns, vrees, verleiding, van Satan se verderflike invloed en van die strikke wat goddeloses

vir ons span. O Here, beskerm ons, u een heilige, algemene kerk.

Beklee ons met alles wat waar en reg is en reinig ons in u goedheid en genade van al ons sonde.

Moet ons nie verlaat, o Here, terwyl ons op U hoop nie.

Laat kom ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose en al sy werke deur die genade,

barmhartigheid en liefde van u eniggebore Seun, deur wie en tot wie alle dinge bestaan.

Aan U, o God, en aan u goeie, lewegewende Heilige Gees, behoort alle heerlikheid en eer nou en vir altyd.

(地 Tweede-eeuse Iiturgie van die Heilige Markus)

Sang (gemeente staan)

Lied 488: "Helder skyn u lig ..."

Seën

Liturg: Jesus Christus is die opstanding en die lewe.

Gemeente: Hy is ons vrede.

Liturg: Wie in Hom glo, sal in ewigheid nie sterwe nie.

Gemeente: Hy is ons vrede, nou en tot in ewigheid

Amen (gesing deur die gemeente).

Tema

Die verhaal van Pinkster word die verhaal van die kerk. Die wêreld vind 地 alternatief vir sy vasgeloopte geskiedenis

wanneer die Gees 地 demonstrasie lewer van die nuwe opstandingslewe in die midde van 地 geloofsgemeenskap.

Teks

Die fokusteks van die week is 地 beskrywing van die gemeentelike lewe in die tyd ná die opstanding van die Here.

Dit is een van drie soortgelyke gemeentebeskrywings of "opsommings". Ons preekteks is nie net die eerste van dié

opsommings nie, maar ook die omvattendste. Die tweede opsomming (Hand 4:32-35) brei uit op die apostels se

leer en die gemeenskaplike verdeling van besittings. Die derde opsomming (Hand 5:12-16) brei verder uit deur ook

die genesings te beskryf.

Terwyl hierdie beskrywings of opsommings telkens deel uitmaak van die voorafgaande gebeure, skep dit ook die

indruk van losstaande eenhede met die doel om oor die nuwe verskynsel van kerkwees te reflekteer en inligting oor

te dra. As ons in ag neem dat hierdie opsommings telkens tussen die "groot" toesprake geplaas is, skep dit die

indruk dat Lukas die lesers hier 地 oomblik laat stilstaan en insig laat kry in die praktyk van kerkwees te midde van

die vinnige verloop van opeenvolgende gebeure. Dít wat die apostels en gelowiges beleef en aan die doen is,

geskied telkens teen die agtergrond van die geloofsgemeenskap wat getrou leef aan die verhaal van die opgestane

Christus. Vanuit die midde van die gemeente staan Petrus op en keer telkens weer daarheen terug. Die bekering

en doop van 地 groot aantal mense vind plaas en bereik 地 hoogtepunt wanneer hulle aansluit by die geledere van

die Jesusvolgelinge.

Wat die teks self betref, word die leser myns insiens nie met ernstige eksegetiese keuses gekonfronteer nie.

Inhoudelik kan die volgende wel opgemerk word:

Lukas beskryf mense wat anders geword het. Dit was opvallend dat dié wat tot bekering gekom het, nie

meer geleef het soos voorheen nie. Eugene Peterson het 地 referaat gelewer oor die eensgesindheid, die

eenwording van die gelowiges: "There was something burning within those early Christians, drawing them

together of the same mind and spirit, something akin to the energy of anger, but not anger. Something

PREEKSTUDIE - HANDELINGE 2:42-47

different. This is why translation doesn稚 work on this word. Homothumadon. Try it. Shout it. Sing it. Do

something extraordinary with it!"

Die manier waarop die gelowiges hulle gemeenskaplike lewe inrig en orden, is niks anders nie as 地

getuienis aangaande die opstanding van Jesus. Vir die prediking oor hierdie gedeelte is dit belangrik om dié

soort gemeentelike lewe as die noodwendige gevolg van die gelowiges se kontak met die opgestane

Christus en Heer te verstaan. Dit is wat gebeur wanneer gelowiges in verbondenheid met Christus leef. Die

Gees laat hulle anders glo, anders bid en anders leef.

Heelwat kommentare wys op die uniekheid en daarom die onherhaalbaarheid van die destydse gemeentelike

praktyk. Die spontane lewenspatrone van die eerste gemeentes wil nie voorgee om 地 geïnstitusionaliseerde

kommunale voorskrif vir latere gemeentes te wees nie.

Die beskrywing van die eerste gemeente se mededeelsaamheid gee dikwels aanleiding tot verontwaardiging

onder moderne lesers wat gewoond is aan vryemarkbeginsels. Hoe ons die saak ook al wil

benader, ons sal moet erken dat Lukas die deel van besittings en fondse positief beskryf, sonder om

romanties te raak. Daarvoor is die verhaal van Ananias en Saffira te eerlik. Fanie Herholdt (Woord teen die

Lig I/9:101) maak insiggewende opmerkings hieroor en sê onder meer: "Geld kan 地 medium wees waarmee

en waardeur God en ons naaste gedien word, maar dit is ook by uitstek die middel wat 地 mens die

idee gee dat jy sonder God en jou naaste kan klaarkom."

Konteks

Tussen die tyd wat Jesus op aarde was en die finale aanbreek van sy tweede koms, skuif die periode van die kerk

in. Vir Lukas word die kruis- en opstandingsgebeure voortgesit wanneer die kerk vorm aanneem en die voorbeeld

van hierdie nuwe lewensmoontlikheid word. In Lukas se Evangelie ontvou die eerste hoofstuk van die verhaal

Christologies; in Handelinge word die tweede hoofstuk ekklesiologies aanmekaargesit. Sonder dat die kerk 地 soort

plaasvervanger van die Here word, word dit wel plekhouer: "... dit is juis die verhoogde Heer wat nou deur sy Gees

(deur die kerk) sy Ryk gaan bou" (Bethel Müller).

Vir sommige is die gedagte dat die evangelie "uitgelewer" word aan die kerk allermins gerusstellend. Vir hulle lyk

dit na 地 fout en daarom merk Alfred Loisy teleurstellend op: "Jesus het die koninkryk kom aankondig, maar al wat

gekom het, was die kerk."

En tog is dit so. Totdat die gelowiges die volle omvang van die heil ontvang, moet hulle tevrede wees met die Gees

as "troos". Die Gees wat hulle met Pinksterdag ontvang het, is nie die laaste dae nie, maar wel die teken daarvan,

die onderpand van die einde (P G R de Villiers). En die kerk is die kragveld van hierdie Gees van die opgestane

Christus. Dat die kerk al is wat ons het, is nie 地 fout nie. Vir die Gees is dit genoeg.

En hiermee help Lukas se Handelingeverhale ons. As Jesus nie meer daar is nie en sy wederkoms is ook nie

onmiddellik nie, sit die gemeente met 地 netelige vraag: Wat moet die kerk in die tussentyd doen? Dit is 地 vraag na

die tyd en die plek van die koninkryk van God. Dit kan maklik gebeur dat die kerk, in Bethel Müller se woorde, 地

geleentheidskerk (wat is nuut en vars?) of 地 verleentheidskerk (die nood en onreg is so groot!) word. Dan begin die

kerk allerlei aanpassings maak. Dit is die gevaar vir 地 kerk wat eindeloos wag op 地 Messias wat moet kom.

Selfbehoud word die bestaansdoel. Prioriteite word geskuif en kerklike skuiwe word gemaak. Lukas se weergawe

van die eerste gemeente ruk ons egter uit 地 eindelose gestaar na die verte terug in die konkreetheid van elke dag.

Die vraag na die tyd van die koninkryk verskuif na die vraag van die plek van die koninkryk. Vir Lukas hang die heil

nie af van die kennis van die eindtye, van die vraag na 地 termyn nie, maar na die heil en seën van die hele aarde

(vgl Hand 1:8). Dat ons gemeente is, is te danke aan ons Here wat ons hier geplaas het. Om na Hom te vra is nie

地 vraag na wanneer nie, maar na waarheen en na wie. Die kerk se geskiedenis is 地 荘voortdurende poging om die

onmoontlike te doen, net met die Woord en Gees wat ons bereidwillig maak tot lyding" (Bethel Müller).

Wanneer Lukas die reaksie van die hoorders op Petrus se toespraak beskryf, is dit opvallend dat die hoogtepunt

nie hulle persoonlike bekeringspunt of skuldbelydenis is nie, maar hulle deelword van en opname in die

geloofsgemeenskap. Geloof gaan nie om my persoonlike lewensverhaal nie, maar om die verhaal van Jesus wat

die Christus genoem word. Te dikwels dink ons aan die verlossing dít wat God in Jesus vir ons gedoen het as

地 suiwer persoonlike keuse, as 地 beginpunt vir ons geestelik ontwikkeling. Vir Petrus en die 3 000 ander was geloof

eerder 地 deelword in die middel van 地 groter verhaal van Jesus Christus (vgl 2:39, 41). Die verhaal van redding

begin sonder ons. Dit begin by God wat oor die waters sweef en dit bereik 地 hoogtepunt in Jesus Christus se lewe

en dood. En met Pinkster nooi die verhaal ons uit om los te kom van 地 ontaarde lewe en om deel te word van hierdie

reddingsverhaal, hierdie nuwe lewe vir die wêreld (2:40).

Met sy noukeurige opskrif van die Handelingeverhale het Lukas vir ons 地 klomp stories oor die vroeë kerk

bymekaargebring. Dit alles is stories wat begin in die gebeure van Paasnaweek. Elke storie het sy begin in Jesus

die Christus wat opgestaan het en wat hierdie gebeurtenis aan mense se lewe doen. Dit is stories oor sy Gees wat

in die eerste gemeente bly voortleef het. Lukas se inspirerende stories word só vertel dat almal wat daarna luister,

aangegryp kan word deur die boodskap van Jesus Christus die Here. Lukas vertel hoe 3 000 mense op een slag in

Jerusalem só aangegryp word deur die opstandingsverhaal van Jesus dat hulle net daar hulle lewe verander, tot

bekering kom en in nuwe verhoudings tot mekaar begin leef. Later sal ons lees van Samaritane wat altyd uit gevoel

het as dit kom by die tempel en godsdiens, en wat deel word van die hoofstroom van hierdie nuwe kerk. Dan vertel

Lukas ook van 地 reisiger uit Afrika wat niks verstaan van die evangelie nie, maar bo-op 地 wa tot insig kom en

gedoop word. Kornelius, 地 buitelandse weermagoffisier, kom op 地 wonderlike manier in kontak met die evangelie

en word deel van die kerk. En dan volg ook die bekende verhaal van die jong kerk se vyand nommer een, Saulus,

wat tot bekering kom en 地 sleutelrol in die verkondiging van die evangelie speel. Die een storie ná die ander van

die Gees wat die krag van Jesus se opstanding in mense se lewens laat deurbreek.

En die plek van waar die Gees Christus se opstandingskrag aan die wêreld toon, is die gemeente. Dit is die plek

waar mense geredde lewens kan leef. Wonders en tekens vind plaas. Hulle kom tuis in nuwe sosiale strukture.

Welvaart word verdeel. Diens word gelewer. So skets Lukas die gemeente as die tuisbasis, die blyplek, die leerplek

waar die opstanding gevier, geleef, beleef, gesien word. Dit is asof Lukas ons latere lesers wil help om ons af te vra:

Hoe sal 地 kerk lyk waarin Jesus kon tuisgaan waar Hy werklik kan voortleef? Lukas gee nie reëls of definisies

nie. Hy vertel doodgewoon waarmee die gelowiges hulle besig gehou het.

Dieselfde hermeneutiese raamwerk waarmee Fanie Herholdt die sogenaamde "opsomming" van Handelinge 4:32-

37 benader, sou met veel nut ook hier toegepas kon word. Op voetspoor van iemand soos George Lindbeck se

teologiese gedagtes kan die opsomming van die gemeentesituasie in die tyd van die apostels as 地 beskrywing van

die tipiese gemeentekultuur gelees word. Lukas gee vir ons die gedragsreëls, die waardesisteem (grammatika)

waarmee ons die identiteit (taal) van die kerk kan beskryf.

Wanneer Lukas dan die gemeentekultuur beskryf met uitdrukkings soos "heelhartig toegelê op die leer en

onderlinge verbondenheid die gemeenskaplike maaltyd die gebede baie wonders en tekens diep ontsag

eensgesind alles met mekaar gedeel", wil hy ons opgewonde maak oor die moontlikheid van die kerk. Dit is soos

die Gees binne die kerk aan die werk is. Daarmee beskryf Lukas vir ons die identiteit van die kerk op 地 narratiewe

manier nie deur definisies of ordereëls nie, maar in verhale.

Hierdie verhaal van die eerste gemeente is in der waarheid 地 verhaal van die opstanding in gewone mense se lewe.

Lukas vertel dit vir ons, want hy weet dat die Gees van Christus in sulke opstandingstories leef. Fanie Herholdt merk

op dat 地 gemeente wat nie meer sulke opstandingstories het om te vertel nie, onrustig behoort te slaap. Dit mag

dalk net beteken dat die kerk só aangepas het by die wêreld dat niks meer opval as anders nie. Dan het die

opstanding geen betekenis meer nie. Dan is die gemeente nie meer kragveld van die Gees nie.

Preekvoorstel

Die preekvoorstel is nie my eie nie, maar dié van Stanley Hauerwas. Dit is 地 preek wat onder meer Handelinge 2:1-

21 en Genesis 11:1-9 as teksgedeelte neem, maar ons na my mening help om die identiteit van die kerk in terme

van ons fokusteks sinvol te beskryf. Dirkie Smit verwys daarna in sy boek ... want God is ons hoop, asook Robert

Vosloo in Preekstudies met liturgiese voorstelle 2000 by Handelinge 2:1-21.

Lukas vertel stories oor die kerk. Nadat Jesus weggaan en 地 groepie van sy volgelinge oorgebly het, begin 地 nuwe

storie op die dag van Pinkster. Die storie van die kerk. (Die prediker sou ook na Pinkster kon verwys as die

verjaarsdag van die kerk.)

Dit is 地 storie wat ver terug begin. By Babel, vertel Stanley Hauerwas, begin die kerk se storie. Die mense wou

toentertyd vir hulleself naam maak in die Sinearvlakte. Met 地 toring wat tot aan die hemel reik, het hulle gedink, sou

almal van hulle weet en oor hulle praat. Amper net soos God sou hulle wees.

God het oor dié storie gelag. Ook maar goed. Hy het hulle verskillende tale laat begin praat, sodat hulle uiteenspat

en apart begin woon. Elke groep nou 地 volk met 地 eie taal, land, huis en geskiedenis. Alhoewel dit verwarring

gebring het, was dit niks anders nie as God in sy genade, vertel Hauerwas. Dit is eers wanneer ons ander mense

se andersheid raaksien, hulle anderse taal hoor en hulle gewoontes vreemd vind, dat ons herinner word dat ons

ook maar net mense is. Gewone skepsele van God. Ons almal. Dit is hierdie nederigheid wat ons leer ken wanneer

ons tussen ander mense is, wat ons voorouers by Babel veronderstel was om te leer.

Maar hoe sukkel ons nie juis met grootheidswaan nie. In plaas van aanvaar dat ons nederig behoort te wees in die

lig van ons andersheid, gebruik ons voorouers toe juis die feit dat ons anders is om hulle van mekaar af te grens,

teen mekaar te mobiliseer, die een die ander verdag te maak. Kieries en kanonne word wapens waarmee elkeen

sy andersheid wil afdwing op die res. Ons wil nie soos julle maak nie. Julle wil nie soos ons maak nie. So word

oorlog toe gebore by Babel, vertel Hauerwas. Vrees vir mekaar word die mens se grootste dryfveer. Dit is van Babel

se tyd af dat die mensdom se geskiedenis in terme van oorloë aangeteken word.

Maar toe word dit Pinkster. God het weer eens "afgegaan", soos by Babel, en in sy Gees die mensdom besoek. Oor

die mense waai die Gees soos 地 wind, asem van God en net soos in Babel in tonge, in taal besoek God die

mense. In allerhande (Babelse) tale van die wêreld praat mense dieselfde taal van die evangelie. Hierdie nuwe soort

taal bind hulle in liefde saam, in 地 nuwe gemeenskap van vrede ten spyte van hulle andersheid, van hulle verskillende

kulture, afkomste en stories.

Die Pinksterstorie word die opvolghoofstuk van die Babelstorie. "Spraakverwarring en misverstand, vrees en haat,

onverdraagsaamheid en weersin, ja, onderdrukking en uitwissing van die ander is nie die enigste weg nie, kom leer

Hy ons deur sy Gees" (Dirkie Smit).

Met Pinkster word die alternatief op Babel gebore die kerk. God skep 地 kerk om reg te maak wat verkeerd geloop

het. Orals waar die kerk gaan, sien mense, hoor mense, ervaar mense dat die verwarring van Babel opgelos is. So

opvallend anders as die tipiese Babelse wantroue manier van leef is die nuutgevormde kerkgemeenskap dat Lukas

dit sorgvuldig beskryf. En so word die nuwe soort gemeenskap van mense die vertellers van die Pinksterstorie die

storie van 地 alternatief, van nuwe moontlikhede.

Hauerwas sluit sy storie oor die Pinksterkerk af wanneer hy waarsku teen 地 gevaarlike "neo-Babelse" sindroom wat

die kerk mag beetpak wanneer alles te maklik begin gaan. Wanneer die kerk vir haarself naam wil maak. Daarom,

sê hy, moet die kerk altyd in gedagte hou dat die Gees van Pinkster die Gees van Christus is wat aan 地 kruis gesterf

het. Dit is die Gees wat die kerk op Pinksterdag gevorm het. Ons bely daarom ook nie sonder rede nie dat ons glo

"aan een heilige katolieke kerk" ons is dit alleen solank God ons so 地 kerk maak.

Bibliografie

Kommentare: Bruce, F F (NICNT); Calvyn, J (CNTC); De Villiers, J L; Willimon, W (Interp).

Homileties: Hauerwas, S. Christian existence today (pp 47-65). Herholdt, S J. Woord teen die Lig I/9 (pp 83-87; 98

ev). Peterson, E. Tenth anniversary of Presbyterians for Renewal (1999). Smit, Dirkie. ... want God is ons hoop (pp

114-115).