Handelinge 1:1-11 (Fanie Heroldt)

1 Junie 2000

HEMELVAART

Ander tekste: Psalm 47, Efesirs 1:15-23, Lukas 24:44-53

 

Geloof (kan) leef met God se afwesige teenwoordigheid

Teks en konteks

Omdat daar n reeks tekste uit Handelinge kom, moet die prediker hom/haar vergewis van die inleidende opmerkings by die Teks en Konteks van die voorafgaande preekstudies. Die voorgeskrewe perikoop en die kerklike geleentheid Hemelvaart sluit goed by mekaar aan. Hier volg n paar opmerkings om die teks en konteks in verband te bring met Hemelvaart en sommige teologiese motiewe waarmee die teks ontsluit kan word om n preek daaruit te vorm. Handelinge is n opvolg van Lukas Evangelie. Die evangelie gaan oor wie Jesus is (sy identiteit), wat bepalend is vir wie die kerk is (hulle identiteit). Let daarop dat Lukas eindig met die hemelvaart en Handeling daarvandaan vertrek. Die hemelvaart is vir die skrywer dus n soort skarnier-gebeure tussen die tydperk van Jesus op aarde en die era van die Gees/Kerk. Hoofstuk 1 is n goeie inleiding vir die hele Handelinge, omdat feitlik al die latere ontwikkelinge alreeds in hierdie verse in die kiem opgesluit is. Weens die geleentheid sal die aksent op die hemelvaart-gebeure (vers 9-11) val, maar die konteks van die groter perikoop is ook belangrik. Dit is byvoorbeeld ook van betekenis hoe die perikoop ingedeel word. Indien vers 1-11 as perikoop geneem word, word die hemelvaart geplaas binne die konteks van die Heilige Gees en die sending/getuienistaak. Kommentare, anders as leesroosters, verkies om vers 1-14 as een perikoop te neem omdat dit n strukturele en teologiese eenheid vorm. As 1:1-14 as perikoop geneem word, is die voordeel dat n kerklike/gemeentelike dimensie by die hemelvaart toegevoeg word. Dit is sinvol en in lyn met die brer aksente van Handelinge. Uit 1:1-14 kan die betekenis van die hemelvaart (vs 9-11) dan Christologies (1-3, 11), pneumatologies (4-5, 8), missiologies (8, 12), eskatologies (6,7,11) en/of ekklesiologies (12-14) uitgespel word! Ek sou voorstel dat vers 1-14 gelees word, omdat dit verseker dat van die begin af n balans geskep word tussen die uitbou en opbou van die kerk. Deurlopend vind ons n sendingmotief en n gemeentelike motief. Dit sou verkeerd wees om die kerk volledig in die apostolaat te laat opgaan, net soos wat die onderlinge verhouding in die gemeente ook nie n doel opsigself kan wees nie. Die fokus beweeg keer op keer tussen prentjies van die kerk se na-buite-lewe en die kerk se binne-lewe ook hier in die eerste hoofstuk van Handelinge.

Handelinge is na alle waarskynlikheid vir die gemeente geskryf met die doel om die lidmate geestelik te stig, te motiveer en om leiding te gee ten opsigte van die die weg waarheen die Here en sy kerk op pad is vanuit n begrip vir die weg waarvandaan Hy met hulle gekom het. Hoewel dit as geskiedenis aangebied word, is die teologiese intensie van die teks van meer belang as blote historiese vrae waarin n mens verstrik kan raak. Die hele debat oor die hemelvaart as historiese gebeure kan goedskiks verbygegaan word in elk geval vir die gehoor wat op n Donderdag vir hul stigting n erediens of biduur kom bywoon.

Vir di wat in vormhistoriese studies genteresseerd is, het Lohfink n studie gedoen oor hemelvaartverhale in die apokriewe boeke (Esra, Barug en Moses), in buite-bybelse bronne (Herakles, Alexander die Grote en Keiser Augustus) en in Bybelse konteks (Henog, Elia, Jesus). Hy onderskei hemelreise (gewoonlik romanagtige sielevlugte as deel van die verering van heldefigure) van ontrukkingsverhale. Laasgenoemde verhale het twee funksies, naamlik (1) om waardering vir die ontrukte leier uit te spreek en (2) om die betekenis van di leier vir die wat agter bly en ten opsigte van die toekoms te beklemtoon. Dit is met ander woorde verhale wat bewus is van die hartseer van die geleentheid sowel as die onsekerheid/uitdaging van die toekoms (Let byvoorbeeld op Elisa se reaksie op Elia se hemelvaart in 2 Kon 2:12-18).

n Verdere teologiese vraag waaroor die prediker vir hom/haarself duidelikheid moet kry is die vraag na Hemelvaart as heilsgebeurtenis. Hemelvaart is nie werklik n heilshistoriese gebeure met dieselfde teologiese en heils-implikasies as die geboorte, kruisiging, opstanding van Jesus en/of Pinkster nie. Die verwysing daarna in Bybelse tekste (buiten hierdie enkele verse by Lukas) is min. Dit is ook nie so seker dat die hemelvaart n selfstandige karakter en betekenis het nie. In die Twaalf Artikels word die hemelvaart betekenis-gewys (1) as n verlenging van die opstanding bely of (2) as n oorgang gekoppel aan die uitdrukking sit aan die regterhand van die Vader. In laasgenoemde geval kom die hemelvaart dus tereg in die sfeer van Jesus se koningskap (hemelvaart as n soort troonsbestyging?!) of die feit dat ons n Voorspraak by die Vader het (belangrike teologiese konsepte by Johannes en Paulus). Die probleem is dat hierdie twee aksente nie regtig uit hierdie teksgedeelte in Handelinge kom nie en tog is hierdie teksgedeelte feitlik die enigste Skrifgronde vir die kerk se belydenis van n hemelvaart! Die prediker sal hier moet besluit in watter mate die teks self en in watter mate die geleentheid (Hemelvaartsdag) die preek bepaal.

n Baie interessante vraag wat die prediker hom/haarself moet afvra , is die vraag na die waarskynlike gehoor wat teenwoordig sal wees by n hemelvaartsdiens. Wie gaan gewoonlik na hemelvaartsdienste? Watter deel van die gemeente? Wat is die aard van hulle spiritualiteit? Moet die preek hulle pastoraal ondersteun, empaties aanmoedig of vermanend konfronteer? Vorm dit die eerste aand van die tien dae lange Pinksterbidure? Antwoorde op hierdie vrae sal waarskynlik bepaal op watter wyse die inligting geselekteer en ingespan word.

Daar is n groot verskeidenheid van voorbeelde van preeksketse in Woord teen die Lig I/9, 131-9.

Die lyn waarvoor ek kies is die feit dat die hemelvaart die kerk dwing om te glo geloof as vertroue en verwagting, om die onsienlike te sien, om op aarde te leef met die afwesige teenwoordigheid van God.

Preekvoorstel

Inleiding:

Omdat daar n Kersfees was, weet ons God wil graag by ons wees. Dit bring vir ons vreugde. Omdat daar n kruisiging was, weet ons God deins nie terug nie. Dit wek by ons liefde. Omdat daar n opstanding was, weet ons die lewe is sterker as die dood. Dit gee ons hoop! Omdat daar n hemelvaart was, weet ons Weet ons wat? En wat maak hemelvaart aan ons geloof? Wat het nou eintlik verander met hemelvaart? Watter gemoedstemming kom byvoorbeeld by u op rondom hemelvaart?

 

Vir sommige bring Hemelvaart n oorwinnende, triomferende gevoel, omdat dit een van Jesus se trappe van verhoging is tussen die opstanding en op pad na die regterhand van die Vader. So bely ons dit week na week in ons geloofsbelydenis en so sing al elf die hemelvaart-gesange (In NG Kerk se gesangboek gebruik dalk n voorbeeld of twee). Hemelvaart is binne hierdie konteks die Koning se troonsbestyging.

Vir ander is en was hemelvaart nog nooit n vrolike en uitbundige geleentheid nie. Ek weet nie of daar in die kerk se geskiedenis of tradisie ooit vrolike gebruike rondom hemelvaartsdienste is of was nie!? Hemelvaart staan vir baie van ons in die teken van afskeid . Mense wat agterbly. Ons identifiseer met dissipels wat half verwese na n le hemel staar met die wete dat n goeie era verby is en die toekoms effens onseker.

In ons teksvers kan ons beide hierdie aspekte terugvind. Aan die eenkant kry n mens die dissipels wat na die hemele kyk omdat (terwyl) hulle Hom nie meer kan sien nie. Hulle is alleen agtergelaat met die oorweldigende opdrag om nog die uithoeke van die wreld te bereik. Aan die anderkant kry ons engele wat hulle aanmoedig en versterk (tipiese engele-werk!) om met verwagting vorentoe te kyk. Dit is n saak van vreugde en opwinding omdat hierdie selfde Jesus net so sal terugkom.

 

Om tussen die tye te leef

Na die hemelvaart het ons geloof ongeag die gevoelens wat ons daaroor mag h altyd die karakter dat ons aan n Onsigbare Jesus getrou moet bly nie net as dissipels nie, maar as apostels. Die dissipels was in ons teks gekonfronteer met die nuwe werklikheid dat Jesus nie meer sigbaar en fisies teenwoordig was nie. Daarvoor moet hulle wag tot n eendag. So ook vir ons. Tot met die wederkoms leef die kerk in geloof tussen die tye met n reeds en n nog nie tussen herinnering en hoop in die sfeer van God se afwesige teenwoordigheid soms met sigbare tekens en wonders en soms leeg, voortvlugtend en ontredderd.

Soos met Abraham is geloof in Handelinge en na die hemelvaart om die Onsienlike te sien. Geloof is volgens die bekende Hebrers 11 om seker te wees van die dinge wat ons nie sien nie om voort te gaan sonder om te weet waar ons gaan uitkom slegs vertrouend op die belofte-woord wat ons ontvang. Omdat Jesus opgevaar het, kan Christelike geloof nie eintlik iets anders wees nie as om te lewe in die spanning van sien en tog ook nie van God se teenwoordigheid al is hy afwesig of soos Luther op n stadium die paradoksale van geloofsbelewinge verwoord het: Toe Hy ver van ons af was, was Hy naby en toe Hy naby was, was Hy ver. Die werklikheid van hierdie geloof word verwoord in die psalms van ouds, maar ook in ons moderne mense se belewenis. (Elke prediker kan in die lig van sy gemeente hier aan voorbeelde dink)

Om dit vir ons moontlik (draaglik) te maak om in hierdie spanningsveld in die geloof te volhard gee ons teksgedeelte twee belangrike bakens wat die hemelvaartgebeure omraam. Aan die een kant ontvang die gelowiges n roeping en belofte en aan die anderkant is die werklikheid van n gemeente.

Die roeping

Die roeping en die belofte gee rigting. Iemand wat in n spanningsveld sonder koers is, sal halfpad ophou of verdwaal. Die verhaal van Handelinge is die verhaal van gelowiges wat soms die wonderlikste deurbrake, wonders, groei na binne en buite beleef. Dit word herhaaldelik beskryf as gebeure waarin die Here byvoeg en toevoeg. Maar dit is die een helfte van die storie. Dit is ook n verhaal van uitgelag, gedreig, geslaan en toegesluit word n verhaal van teleurstellings en bedreigings, mislukkings en magteloosheid, konflik en stryd. Tye waarin die Here se teenwoordigheid mense oorweldig, aangryp, verander en sigbaar werksaam is maar ook tye waarin die Here nie ingryp (bv om Stephanus se lewe te red nie), nie n skipbreuk verhoed nie, nie die verbrokkeling van verhoudings (Paulus en van sy kollegas) stop nie, nie n hofsaak n goeie wending laat neem nie, nie pyn en vervolging be-eindig nie. Hand 1:8 loop egter soos n goue draad deur die hele verhaal. Julle sal krag ontvang en julle sal my getuies wees tot aan die uithoeke van die aarde. Vir die Handelingeskrywer is hierdie belofte en roepingswoord so n werklikheid dat dit aan die hele verhaal rigting gee. Die verhaal sluit af met Paulus in Rome al is hy in n tronk, verhoorafwagtend as n duidelike bewys dat die Here op koers is. Dit is geloof wat rigting het en daarom volhard met n lewe vol van die voorlopigheid van tussen die tye.

n Groep

Die engele moet die dissipels aanvanklik help om hul o weg te draai van die le hemel. Maar ons kan nie regtig op die engele reken nie. Oor en oor het ons al gehoor en s ons vir mekaar dat die Here sy werk doen deur mense te gebruik. Daarom is dit so belangrik om te sien dat die Hemelvaart spontaan oorgaan in n bymekaarkom van die gemeenskap van die gelowiges. Niemand van ons kan alleen glo nie. Op ons eie is volhardend glo net soveel moeiliker, indien nie onmoontlik nie. Maar dit is nie nodig nie en die Here het dit ook nie so bedoel of gewens nie. Onthou julle nog sy gebed vir sy dissipels? Was dit nie dat hulle mekaar sal liefh en dat hulle een sal wees in die wreld nie! Die gemeente is n soort tuisbasis, n emosionele ondersteuningsgroep, n ruimte vir motivering, verwerking, verantwoording en volharding. Deur die hele Handelinge brief sien ons keer op keer hoe die gemeente uitreik, nuwe horisonne oorsteek, nuwe terreine verken en nuwe gemeentes stig om altyd weer terug te keer, altyd weer versterk te word, altyd weer iewers te herlaai in die gemeenskap van die gelowiges.

Omdat daar n hemelvaart was, weet ons Jesus is afwesig teenwoordig. Maar ons weet ook dat Hy afwesig teenwoordig is.

Ons moet binne hierdie spanningsveld glo. Sal ons die geloof behou?

Ons sal die geloof behou as ons keer-op-keer seker maak van ons roeping en die beloftes. Dit bly ons kompas en sal ons help om die toekoms in gaan.

Ons sal ons geloof behou as ons keer-op-keer seker maak dat ons deel is en bly van n gemeenskap van gelowiges. Dit sal ons leer om na mekaar om te sien terwyl ons wag dat hierdie Jesus weer kom soos wat Hy vertrek het.

 

Bibliografie

E Haenchen (KEK), R Pesch (EKK) J Roloff (NTD) Schneider (Herder) Willimon (Interp)

Ander

Burger, Muller, Smit, Woord teen die Lig 1/9, Gaventa, From darkness to light. Aspects of conversion in the New Testament; Craddock, Hayes ea, Preaching the new Common Lectionary; Soards, Dozeman, McCabe, Preaching the Revised Common Lectionary

Artikels

Elliot JH, in HTS 47/1 en in HTS 47/2 oor die tempel versus die huishouding in Lukas-Handelinge