Johannes 20:19-31 (Phil Robbinson)

30 April 2000

Tweede Sondag in Paastyd

Ander tekste: Psalm 133; Handelinge 4:32-35; 1 Johannes 1:1-2:2

 

Wie deur geloof deel het aan die opgestane Christus, het deel aan sy sending in die wreld.

Teks en konteks

Volgens die tydsaanduidinge in verse 19,23,26, handel Hoofstuk 20 oor die gebeure wat op die eerste Paassondag en die Sondag daarop, plaasgevind het. Die besondere digtheid van die verhaal van Jesus se verskyning aan sy dissipels (19-23) waarsku egter teen 'n te enkellynige kronologiese verstaan asof dit slegs om gebeure wat hoofsaaklik op die eerste Paassondag sou plaasgevind het, gaan. Sowel die uitlig van die verskyning aan Tomas (24-29) as die slotverse (30-31) wil ons bedag maak op die moontlikheid dat ons hier te maak het met 'n teologiese en nie slegs kronologiese oorsig van wat na Jesus se opstanding gebeur het nie. Veral die toesegging van die Heilige Gees (22) verskerp die probleem. Moet 'n mens hier 'n 'eerste', 'voorlopige', 'gedeeltelike' gee van die Heilige Gees, uitsluitlik aan die dissipels en los van die Pinksterdag gebeure verstaan? Indien ons hier wel die Johannese weergawe van die Pinkstergebeure het, spreek dit vanself dat dit onmoontlik alles op die Sondagaand kon gebeur het. Die parallelle verhaal in Lukas 24:36-49 dui juis op 'n tydsverloop tussen Jesus se verskyning aan die dissipels en die uitstorting van die Heilige Gees. Ook die slot 30-31 met sy refrein in 21:24-25 versterk die vermoede dat ons hier te maak het met 'n samevatting van verskeie uitstaande gebeurtenisse na Jesus se opstanding.

Die heg gekonstrueerde perikoop, 19-23, vorm 'n duidelike fokuspunt waarin die verhaal van Jesus 'n egte hoogtepunt en 'telos' of "samevatting" bereik sodat 30-31 selfs direk daarop sou kon volg. Die samesteller eindig egter die verhaal nie daar nie maar laat die verskyning aan Tomas daarop volg. Deur op di wyse die twyfel van die dissipels en die oortuigende belydenis van Tomas as 'n selfstandige deel te behou en te laat volg op 19-23, word op meesterlike en kunstige wyse 'n dramatiese uitdaging gerig aan almal om op die boodskap van die evangelie te reageer (Beasley-Murray). Daarmee word die sirkel van wat met 1:1-18 in verband met die Woord van God ges is, voltooi.

Wat die plek betref, bied die beskrywing verskeie aanwysers dat die gebeure te Jerusalem plaasgevind het. Verskeie verklaarders is dit eens dat die berig oor die le graf die gebeure onteenseglik in Jerusalem lokaliseer (kontra Dodd wat op grond van Markus oordeel dat die verskynings ook elders kon plaasgevind het).

Alhoewel die perikoop, soos reeds ges, 'n duidelike parallel in Lukas 24:36-49 het, is daar ook 'n aantal belangrike verskille. Johannes laat die opgestane Christus sy hande en sy sy aan die dissipels wys terwyl Lukas van sy hande en sy voete praat. Ook vermeld Lukas nie dat Jesus op die dissipels geblaas het en aan hulle die Heilige Gees gegee het nie. Daar word slegs verwys na die belofte van die Vader waarop hulle in Jerusalem moet wag. Dit is dus duidelik dat elke 'evangelis' 'n eie weg opgegaan het met hulle beriggewinge.

Vers 19-20. Die perikoop open met 'n aanduiding van die tyd waarop Jesus aan die vergaderde dissipels verskyn het. Volgens Johannes was dit teen die aand van die eerste dag van die week (19) en volgens Lukas kort na die terugkeer van die Emmausgangers (Luk 24:35-36). Die klem val op die buitengewone van die gebeurtenis: i) Jesus verskyn in die midde van die dissipels terwyl die deure gesluit was (19,26). Die opstandingsliggaam is dus nie deur die geslote deure uitgesluit nie. ii) Die opstandingsliggaam van Jesus dra die merktekens van sy kruisiging en dood. Beide Johannes en Lukas vermeld dat Jesus die merktekens aan sy dissipels gewys het. Veelseggend is die tekens wat volgens Johannes se berig vertoon word, die bewyse van sy kruisiging en doodverklaring. iii) Die opstandingsliggaam was egter nie 'n geestesverskyning nie maar 'n konkrete, tasbare liggaam van "vleis en bene" (Luk 24:39). Daarom wys Jesus aan die dissipels die stigmata en nooi hy by 'n latere geleentheid die twyfelende Tomas om die wonde aan te raak (Joh 20:27). Om alle twyfel te besweer dat dit nie 'n gees is nie maar Hyself, vra Jesus iets om te eet (Luk 24:41-43). Hierdie identifisering van die gekuisigde met die opgestane Here is van kritieke betekenis vir die kerk se boodskap van sondevergifnis en verlossing. Die waarheid van die kruisdood en van die opstanding is die bewys dat werklike verlossing vir elke persoon en vir die wreld bewerk is! Die volle losprys is betaal. God het alle dinge met Homself versoen (Kol 1:20). Gesien teen hierdie agtergrond, deurbreek Jesus se vredesgroet alle formalisme. Hy kan op grond van sy soenoffer aan die kruis s: "Vrede vir julle". Die sjaloom wat Jesus dus hier oor sy dissipels uitspreek, is gevul met 'gekonsentreerde religieuse betekenis' (Von Rad, TWNT 2, 400) want dit is die konkrete vergestalting van God se belofte, sy gawe aan sy volk. Dit is, in die woorde van Schnackenburg, "n geestesgoed/ besitting, 'n innerlike geskenk wat ook na buite uitwerk". Dit is 'n innerlike heelheid en harmonie wat deurwerk na alle lewensvlakke en verhoudinge. As geskenk van Christus is dit 'n heling wat heel!

Die reaksie van die dissipels hierop, dit wil s, op die selfonthulling en vredesgroet van Jesus, was volgens Lukas, aanvanklik een van ontsteltenis en vrees wat eers geleidelik oorgegaan het in blydskap maar wat selfs nog nie kon glo wat hulle sien en hoor nie (Luk 24: 27,41). Johannes berig "hulle was baie bly", oorstelp van blydskap "toe hulle die Here sien" (20). Die belofte van Jesus dat Hy hulle droefheid in blydskap sou verander (Joh 16:20-22), het waar geword. Blydskap is trouens 'n basiese kenmerk van die koninkryk (Jes 25:6-9; 54:1-5; 61:1-3) en di hoof kenmerk van Paastyd!!

Vers 21-23. Veelseggend word die vredesgroet herhaal om so 'n dubbele versekering aan die dissipels te gee dat hulle deel het aan die nuwe wat met die opstanding van Jesus aangebreek het. Dit vorm ook 'n toepaslike inleiding op die opdrag wat nou volg: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook". Die stuur van die Seun deur die Vader is 'n deurlopende tema in die evangelie. Onderliggend is die beginsel van bevolmagtiging. In die persoon van die Seun, in sy woorde en dade, is die Vader self teenwoordig en word sy woorde gespreek en sy dade verrig. Hierdie beginsel word nou oorgedra van die Seun na die dissipels. Die Seun se sending is nie deur sy hemelvaart/verhoging afgehandel of beindig nie. Nee, die voltooide tyd van die werkwoord stuur (apostellein), beklemtoon juis dat dit voortgaande krag en werking het, 'n permanente uitwerking (Westcott). Die dissipels het voortaan deel aan Christus se sending. Hy stuur (teenwoordige tyd van pempein) hulle. In hulle, sy gestuurdes, is Christus teenwoordig in die wreld.

Nadat Jesus dit ges het, blaas Hy op hulle en s: "Ontvang (die) Heilige Gees". Die toerusting met die Gees is 'n onontbeerlike voorwaarde vir die volvoering van die volgelinge se sending. Soos reeds gesien, is die vraag of ons hier te doen het met dieselfde uitstorting van die Gees soos deur Lukas berig (Hand 2).

Terwyl verklaarders soos Calvyn, Bengel, Bruce, Smelik, Morris en andere dink aan 'n gedeeltelike, voorlopige, voorskot, 'n 'klein Pinkster', oordeel Bultmann, Brown, Beasley-Murray en andere dat daar geen gronde is om van twee toerustings met die Heilige Gees te praat nie. Volgens laasgenoemde het ons slegs met twee mededelings van dieselfde gebeure te maak. Die Johannes evangelis sien dood, opstanding en hemelvaart as 'n eenheid en verbind dan die gawe van die Gees met aldrie in die Paasgebeurtenis. Hy onderskei ook nie kronologies tussen die Paasgebeurtenisse nie. Die feit is dat Gees en Trooster (Parakleet) nie geskei kan word nie. As die Gees geskenk is, is die Trooster geskenk.

Ewe moeilik is die uitleg van die derde toesegging van Jesus, naamlik die vergeef of nie-vergeef van sondes (23). Dit roep dadelik Matteus 16:19 en 18:18 oor die sleutelmag in herinnering. Die verstaan van die gedeeltes het in die geskiedenis van die Christelike kerk tot hewige debatte en diepe verdeeldheid aanleiding gegee. In sommige tradisies is die mag om sondes te vergewe of te hou, gesetel in 'n bepaalde amp of ampte terwyl ander tradisies weer sondevergifnis of weerhouding van vergifnis op geen wyse in die hande van mense, al is hulle ook kerklike leiers, wou aanvaar nie. Volgens laasgenoemde berus vergifnis of nie-vergifnis by God alleen. In die soeke na 'n aanvaarbare verstaan van hierdie toesegging van Jesus is dit belangrik om daarop te let dat vers 23 juis gejukstaponeer is met verse 21 en 22 wat handel oor die dissipels se deelname aan Jesus se sending en hulle toerusting met die Heilige Gees. Dit is die dissipels/ volgelinge se taak om bekering en vergewing van sondes in Jesus se Naam te verkondig (Luk 24:47). Waar mense tot geloof in Christus kom en hulle sondes bely, het die dissipels volmag om te verkondig dat hulle sondes vergewe is. Waar dit nie gebeur nie, geld die volmag om te verkondig dat die sondes nie vergewe is nie. Dissipels word nooit regters nie. Hulle bly hoogstens bewende getuies van Christus se genadewerk.

Vers 24-29. Op hierdie allesbepalende ontmoeting van die opgestane Christus met sy dissipels/ volgelinge, volg nou die aangrypende verhaal van die twyfelende Tomas wat tot geloof gelei word. Tomas wat die vorige ontmoeting misgeloop het, kon die getuienis van die dissipels dat hulle die Here gesien het, nie aanvaar nie. Hy formuleer dan ook 'n viervoudige beswaar en voorwaarde vir sy aanvaarding van Jesus se opstanding (25). Wanneer Jesus agt dae na die eerste ontmoeting weer agter die geslote deure aan die dissipels met Tomas die keer by hulle, verskyn, spreek Hy Tomas se twyfel eweneens met 'n komplementerende viervoudige uitnodiging en opdrag aan (27). Tomas, oorweldig deur die werklikheid dat Jesus opgestaan het uit die dood en leef, roep uit: "My Here en my God!" Die verbete twyfelaar spreek di aangrypende geloofsbelydenis aangaande die opgestane Christus uit!. Hy bely nie net die feit van die opstanding nie maar bely ook die eintlike bedoeling daarvan, naamlik die bekendmaking van wie Jesus werklik is, te wete die Here. Tomas bely dit as 'n persoonlike toeiening vgl die belangrikheid van die voornaamwoorde "my". Daarmee is sy twyfel finaal verbreek. Jesus laat die gebeure egter nie sonder 'n noodsaaklike kommentaar verbygaan nie. Tomas glo omdat hy gesien het. Gelukkig is di wat nie gesien het nie en tog glo. Ware geloof is nie afhanklik van sien nie.

Vers 30-31. Blank noem hierdie twee verse die kortste samevatting van die Johannese teologie. Indien 'n mens enigeen van die begrippe wat hier gebruik word in die volle betekenis daarvan wil verstaan, sal elke keer eers weer deur die hele Evangelie gelees moet word. Soos die aanvang van die Evangelie, lei ook die slot na verdere dieptes. Die betekenisvolle van hierdie slot is dat dit enersyds lig werp op die samesteller se keuse van spesifieke verhale uit 'n beskikbare verskeidenheid. Andersyds word ook die rasionaal aangegee vir hierdie seleksie: dat die hoorders van die verhaal kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God en dat hulle deur te glo, in sy Naam die lewe kan h. Die bekommernis dat die evangelis hiermee weer afgeskaal het op die klinkende belydenis van Tomas het egter geen grond nie omdat die titels wat hier vir Jesus gebruik word presies dieselfde s. Inteendeel, in hierdie paar woorde het ons met die kern van die Christelike heilsboodskap te maak. Dat die verhaal in die gestelde oogmerke op 'n besondere manier geslaag het, is in die werkingsgeskiedenis van hierdie Evangelie oorvloedig gedemonstreer. Terwyl dit op 'n uitnemende wyse die geloofsopbou van die gemeente dien, spreek dit ook op 'n besondere manier tot diegene buite die Christelike geloof.

Preekvoorstel

Dit mag die gemeente se aandag op 'n nuwe manier fokus op die lees en bedink van die gedeelte indien juis eers die slotverse gelees word. Om van daar terug te werk, kan 'n mens weer bedag maak daarop dat daar 'n spesifieke oogmerk is met di gedeelte! Dit wil nie net vryblywend gehoor of gelees word nie. In vandag se onderwystaal sou dit as 'uitkomsgebaseerde leerstof' kon geld. n Mens sou dit ook kon vasvang in n tema soos: Deelname aan Christus beteken deelname aan sy sending in die wreld.

1. Dat dit egter nie vanselfsprekend is nie word treffend bevestig deur die toneel wat op daardie eerste Pinkstersondagaand vir ons beskrywe word. Die volgelinge van Jesus, waaronder sy dissipels/leerlinge vir byna drie jaar, sit agter geslote deure uit vrees vir die Jode. Dit is egter meer as net die bedreiging van die kant van die Jode wat hulle daar vasgekeer het. Die verskriklike gebeure van die voorafgaande dae het hulle geloof en verwagtinge tot in die fondamente geskok (vgl die verhaal van die Emmausgangers). Verder was daar die verwarrende berigte van die vroue en sommige dissipels wat die graf besoek en dit leeg gevind het. Meer nog, daar was selfs van die vroue wat beweer dat engele met hulle gepraat het en dat van hulle selfs beweer dat hulle Jesus gesien het. Ons kan ons dus indink in die ontstemdheid wat geheers het.

2. Die opgestane Jesus tree nou skielik hierdie vrees- en twyfelgevulde ruimte binne en s: Vrede vir julle! Dit is die tradisionele vredesgroet waarmee Midde-Oosterse mense vir mekaar verseker het dat hulle nie onheil nie maar mekaar se welsyn bedoel. Jesus gee egter aan die groet n besonder vulling as Hy hulle sy hande en sy sy wys waar die merktekens van sy kruisiging en dood onweerlegbaar aanwesig is. Die vrede/heil wat Hy hulle toes, het juis hiermee te maak. Om die ware vrede (sjaloom) te bewerk, het Jesus se lewe gekos. Mense kan nie vrede bewerk nie omdat hulle nie die wortel van die onvrede kan verwyder nie. In menslike vredesonderhandelinge en inisiatiewe is allerlei bymotiewe en verskuilde agendas op die spel. Ons kan nie vrede maak nie want ons kan nie vergewe en onsself verlon nie. Ons gevegte, ons verdeeldheid en stryd, smeul oor geslagte totdat dit onverwags opvlam in bloedige konfrontasies met net groter klowe en wrokke. Ons s dus vrede, vrede terwyl daar geen vrede is nie. In Jesus se geval is dit anders. Die vrede wat Hy skenk, is gegrond op sy soenoffer waarin die oorsaak van alle onvrede, haat, stryd en nyd, te wete die sonde, verwyder is. Die vrede wat Jesus gee, verskil volledig van wat die wreld gee (Joh 14:27). Dit is die vrede waarvan die psalmis s dat geregtigheid en vrede mekaar omhels (85:11). Dit is die vrede waarin elke saak/ding sy regte plek kry omdat die verhouding tot God reg gestel is. Dit dui dus op die herordening van die ganse werklikheid. Hierdie vrede is die waarmerk van die koninkryk van God. Wie in die vrede opgeneem word, word heeltemal nuut (2 Kor 5:17). Dit is n helingsproses wat elke faset van die lewe radikaal transformeer. Hierdie vredesgroet van Jesus klink dus dwars teen die atmosfeer en die feitelike situasie in: Romeinse soldate wat die strate patrolleer; fanatiese Joodse geestelikes wat moord en doodslag sweer teen die volgelinge van Jesus; die malende skare wat Hosannas uitgeroep het, wat kon omswaai en skree Kruisig Hom!, en Judas en Tomas!!

3. Jesus volg die verbasing en blydskap van die dissipels op met n herhaling van die vredestoesegging. Wie egter in die heil van die koninkryk deel, deel nie daarin soos iemand wat net kan ontvang en verder toekyk wat gedoen word nie. Nee, elke ontvanger van die koninkryksgawe, word self deel van die koninkryksprogram. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook! Die sendingdaad van die Vader l dus die grondstruktuur vir die uitstuur van die dissipels deur Jesus. Die deure word oopgestoot en die dissipels uitgestuur. Dit is n opdrag sonder grense. Soos die Seun die Vader verteenwoordig, so moet die dissipels vir Jesus verteenwoordig, gaan teenwoordig stel, op alle vlakke van die lewe. Hulle taak in die wreld sou ondermeer beteken dat hulle bekering en vergewing van sondes aan al die nasies moet verkondig (Luk 24:47). Vers 23 stel die gestuurdes intiem betrokke by die vergewing al dan nie van sondes. Dit beteken nie dat hulle as regters oor ander aangestel is nie. Inteendeel, hulle is slegs getuies van God se versoeningsdaad in Jesus Christus.

4. Die Here gee egter nooit n opdrag/taak waarvoor Hy nie ook die toerusting voorsien nie. Nadat Jesus dit vir die dissipels ges het, het Hy op hulle geblaas en ges: Ontvang die Heilige Gees. So word die belofte van die Parakleet/Trooster wat reeds voor Jesus se vervolging en dood gegee is, vervul.

5. Die verhaal van Tomas se twyfel en sy ontmoeting met die lewende Christus en sy aangrypende belydenis, bevestig die sleutelrol van die getuienis: Ons het die Here gesien! en maak die verhaal oop na die toekoms. Ons is nie een die einde van die verhaal nie maar n noodsaaklike skakel waardeur die heilswoord van God voortstu na die eindes van die aarde en die tye.

 

Bibliografie

G.R.Beasley-Murray (Word); R E Brown (Anchor); L Morris