Johannes 14: 15 31 (Ockert Meyer)

20 Mei 2001

Sesde sondag in paastyd

 

Ander tekste: Psalm 67; Handelinge 16: 11 - 15; Openbaring 21: 10, 22 - 27; 22: 1 5

 

Teks

Dit sou 'n onnodige duplisering van kommentare wees om die teks vers vir vers eksegeties na te loop. Eerder word hier gepoog om aan die hand van 'n aantal belangrike kernbegrippe die moontlike eksegetiese vraagstukke te hanteer.

As julle my liefhet...

Bloot uit die frekwensie van die kere wat Johannes die liefdesgebod hier opneem, word dit duidelik dat dit 'n belangrike rol binne hierdie perikoop speel. Die protasis, as julle My liefhet (vers 15), beheer die grammatika van die volgende twee verse, asook die denke van die volgende ses. Jesus kom weer daarop terug in sy antwoord op Judas se vraag (vers 23 en 24), asook in die laaste vers en omraam dus so die hele perikoop binne die gedagte van die liefde.

Die grammatikale konstruksies van beide verse 15 en 21 kan die indruk skep dat die mens se gehoorsaamheid as voorwaarde gestel word vir God se liefde. In vers 15 word gewoon ges dat die dissipels se gehoorsaamheid aan die gebooie die gevolg is van hulle liefde vir Christus. In vers 21 word die stelling omgekeer en word daar verder daarop uitgebrei. Die bedoeling van die voorwaardesinne is egter nie om te vra wanneer (met ander woorde na die voorwaardes van) die liefde vir Jesus by sy dissipels teenwoordig is nie, maar eerder om die aard van hierdie liefde te omskryf.

Bultmann se insigte in hierdie gedeelte is besonder skerpsinnig. Hy wil die vraag wat vers 15 tot 24 beheer, naamlik wat die liefde vir Jesus behels, lees binne die konteks van die afskeidssituasie. Die vraag lui dan eerder: Kan die dissipels steeds vir Hom liefh alhoewel Hy reeds van hulle af weg is? Kan die volgende generasie in so 'n liefdesverhouding met Hom tree, sonder om Hom persoonlik te ken? Die antwoord van Jesus veronderstel 'n verkeerde opvatting wat onder die mense geleef het, naamlik dat die liefde vir God in 'n mistieke sin genterpreteer moet word. Met Jesus se antwoord word die liefde vir God uit die mistieke sfeer uitgehaal en eenvoudig en konkreet voorgestel: Liefde vir God beteken gehoorsaamheid aan sy opdragte. As die liefde van Jesus sy dissipels verower het, sal sy gebod ook binne hulle leef. Daarom kan 'n mens s dat dit sy liefde is wat hulle terselfdertyd ook aan sy gebooie bind.

Die ander Voorspraak

Daar bestaan min verskille onder die uitleggers ten opsigte van die ander Parakleet en sy werk. Jesus s in sy afskeidsrede aan sy dissipels dat Hy van hulle af weggaan maar dat Hy hulle nie alleen laat nie.

Binne die rabbynse literatuur is daar verskeie verwysings na paraklete by God, waaronder patriarge, profete, sekere regverdiges, engele ens. Dit is duidelik dat die woord parakleet (lett. die 'een wat bygeroep is'), op verskillende wyses semanties gevul kan word.

As Johannes die woord Parakleet gebruik, span hy dit op 'n kreatiewe manier in. Tradisioneel is hierdie gebruik vertaal met die woord 'Trooster'. 'n Sterker term is egter nodig om dit wat Johannes te kenne wil gee, onder woorde te bring. Die gedagte is dat Hy in sy bystand aan God se kinders eerstens hulle saak opneem as 'n vriend wat regshulp verleen en dan in die tweede plek ook vertroos. Die Parakleet is dus terselfdertyd die gelowiges se juridiese hulp en die een wat hulle ondersteun.

Dit is ook belangrik om kortliks aandag te gee aan die gedagte van 'n ander Parakleet. Morris wys daarop dat allon, wat hier in Johannes 14 gebruik word, die betekenis dra van 'n ander van dieselfde soort, terwyl heteron eerder 'n ander van 'n ander soort beteken. Deur sy keuse van woorde wil Johannes dus te kenne gee dat die Gees na die vertrek van Jesus sy Plaasvervanger by die dissipels is. Hy is dus niemand anders as die Een wat hulle op aarde geken het nie.

Die Gees van die waarheid

Die ander Voorspraak word ook hier die Gees van die waarheid genoem. Die gemeenskappie van dissipels wat deur Jesus op aarde agtergelaat is, sal op geen manier hulle weg in 'n vreemde en vyandige wreld kan vind nie. Hulle moet eers 'n nuwe identiteit ontwikkel; hulle moet hulleself verstaan as die gemeenskap van Christus. (Schnackenburg) Deur die Gees van die waarheid word hulle innerlik oortuig dat hulle die kinders van die opgestane Christus is. Sonder die Gees is daar geen manier hoe hulle hulself en hulle taak in die wreld sal kan begryp nie. Alleen die Gees wat n is met die waarheid, wat Self die waarheid is, kan hulle in di waarheid inlei en die inhoud van die waarheid aan hulle bekendmaak: dieselfde Jesus wat hulle op aarde geken het.

Konteks

'n Mens se eerste gevoel oor hierdie teks is, en waarskynlik heeltemal tereg, dat dit beter sou gepas het by Pinksterfees. By verreweg die meeste preke wat hieroor beskikbaar is, is inderdaad ook Pinksterdagpreke. Op die sesde Sondag na Pase verskuif die aksent van die Parakleet na die Een in wie se plek Hy kom. 'n Mens sou kon s dat die prediking oor hierdie spesifieke teks en op hierdie spesifieke dag daarop gemik moet wees om die gemeente deel te maak van die liefde van God, wat ons deelagtig geword het in en deur die opstanding van Jesus Christus.

Binne 'n Gereformeerde dampkring is dit sekerlik so dat ons oor die algemeen veel meer gemaklik is om oor God se liefde vir ons te praat as wat ons is om oor ons liefde vir God te praat. In 'n hoofstuk getiteld Wat dit beteken om God lief te h, uit 'n boek waaroor sy oor God nadink, skryf Dorothee Slle dat die Protestantse tradisie dit selde waag om meer te s as dat ons die liefde van God ontvang. En dan s sy 'n belangrike ding, naamlik dat dit alleen hulle is wat hulleself volkome kan gee, wat ook in die diepe betekenis van die woord werklik kan ontvang.

Op die vraag wat dit beteken om God van ganser harte lief te h (na aanleiding van die skema) s sy dan: "Dit is die fondament van wat baie mense vandag 'heelheid', ongeskeidenheid, n-wees, verbondenheid met die geheel sou noem.....In die liefde vir God verlaat ons die gespletenheid, die vervreemding, die wreldkoue en is ons op die pad van wat ons in die godsdienstige taal, die 'heil' noem.....Liefde tot God is die verlange om jouself volkome te gee aan die sin van die lewe, asook om hierdie oorgawe aan God te voltrek in die wreld...."

In sy meditasies oor die geloofsbelydenis, antwoord Emil Brunner die vraag wat dit beteken om God lief te h soos volg: "It means to know that all we have is from God; to know that God's goodness alone holds and supports us, and therefore to perceive that we belong absolutely to God. To know this banishes not only godlessness but also selfishness; and one is bound through God to his neighbour." (my kursivering)

Friedrich Lang (Herr tue meine Lippen auf) verklaar dat hierdie perikoop oor die ware liefde van die Christen vir die Vader en die Seun handel. Hy lees dit, ook soos Bultmann, binne die afskeidsituasie. As Jesus nie meer liggaamlik by sy dissipels teenwoordig is nie, kan die liefde van die dissipels vir Hom dan nog enige iets anders as 'n verlangende herinnering aan hierdie voormalige liefdesverbintenis wees? Liefde is tog immers 'n persoonlike verbintenis.

Die antwoord wat Jesus gee beteken 'n verdieping van die liefde, in die sin wat dit losgemaak word van 'n blote wondergeloof, want juis deur die weggaan van Jesus word die dissipels se liefde vir Hom van 'n aards-menslike vervalsing gered en genees. Hy wys deur sy weggaan aan die dissipels dat die liefde tussen hulle meer is as 'n blote liggaamlike verbintenis, maar dat 'n diepe pneumatologiese verhouding inhou.

Die beste preekvoorbeeld waarop ek die hande kon l, is 'n Pinksterdagpreek van Dietrich Bonhoeffer. Die preek word na aanleiding van die teks in drie dele verdeel.

Die inwoning van die Vader en die Seun by diegene wat vir Jesus liefhet. Hy beklemtoon dit dat hierdie inwoning 'n werklikheid is. Dit is nie soos die beeld van 'n geliefde wat van ons besit neem nie en ook nie soos 'n krag wat oor my kom nie, maar dit is die persoonlike teenwoordigheid van Jesus Christus self. Ons dra die hoogste Heiligdom in ons!

Na Jesus se hemelvaart kom die Heilige Gees, nie as 'n neutrale krag nie, maar as 'n Persoon soos die Vader en die Seun. Hy lei en leer die kerk en bind haar aan Jesus Christus.

Die gevolg van die inwoning van die Vader en die Seun en die sending van die Gees is die gawes wat die gelowiges ontvang. Die eerste van hierdie gawes is die vrede. En anders as die wreldse vrede, hou die Christusvrede stand te midde van die vrees en die verwarring. Die tweede gawe is die vreugde. Die dissipels deel met blydskap in die verhoging en die verheerliking van hulle Heer. Hulle vreugde is daarin gele dat Hy terugkom en by hulle bly. Derdens en laastens word hulle deur die beloftes van Jesus Christus ook die krag van die geloof deelagtig. Alleen in en deur die geloof in Christus is die Christusvrede en die Christusvreugde 'n werklikheid.

Preekvoorstel

Gedurende 'n Bybelstudie onlangs het iemand 'n opmerking gemaak wat al die ander in die groep versteend laat sit het. Hy het nie gevloek nie en hy het ook nie een of ander persoonlike skande geopenbaar nie. Hy het ook niemand aangeval of beledig nie. Hy het alleen ges: Ek is werklik baie lief vir die Here.

Wanneer laas het u iemand so iets hoor s? Wanneer laas het u self so iets ges in gebed of in die teenwoordigheid van ander mense?

Gelowiges vind dit onskynlik veel makliker om te s dat hulle glo in die Here of in Jesus Christus of bloot eenvoudig dat hulle Christene is. Dis amper asof daar 'n soort ongemak is met iemand wat verklaar ek is lief vir God

Dit is nogal vreemd, veral as 'n mens daaraan dink dat die meeste van ons seker daaroor sal saamstem dat die hart van die Bybel saamgevat kan word, in Jesus se samevatting van die wet. En let in die bewoording presies hoe sterk dit gestel word: Jy moet die Here jou God liefh met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod...(Matt 22:37,38).

Nou kan 'n mens tereg vra: Waarom die ongemak? En veral, waarom het die eerste en die grootste gebod se woorde so min ingang gevind, nie alleen in ons taal nie, maar ook in ons ervaringswreld?

'n Mens kan verder gaan en vra: is die geweldige geestelike armoede waaronder ons dikwels gebuk gaan, nie dalk hieraan te wyte nie? En dit gaan nie hier oor die een of ander buitengewone mistieke ervaring nie, maar dit gaan gewoon oor die mees eenvoudige ervaring van geestelike vervulling en geborgenheid oor die wonderlike en seker wete dat ek nie alleen aan Iemand verbind is nie, maar dat ek die lewende God ken, vir Hom lief is en oortuig is daarvan dat Hy vir my omgee.

Die boek The forest of hours deur die Sweedse skryfster, Kirsten Ekman, gaan oor 'n vreemde mitiese figuurtjie Skord, wat op reis van vyfhonderd jaar deur die wreld is. Skord is 'n totale vreemdeling in hierdie wreld en moet alles wat hy van taal, kultuur en mense weet van sy tydgenote leer. Een van sy leermeesters wat hy op sy reis ontmoet, is 'n middeleeuse priester. Een aand sit die twee van hulle alleen in die donker om 'n vuurtjie en die volgende gesprek vind plaas:

"Skord, ag Skord, daar is altyd iemand agter ons, iemand wat rens in 'n donker hoek verskuil is. Niemand van ons is sy eie meester en niemand van ons is veilig en tevrede alleen nie.

'n Lang stilte het gevolg, wat alleen gebreek is deur die sissing van die nat stompe in die vuur. Die skaduwees het mekaar rondgejaag teen die houtmure van die hut. Op 'n stadium het dit gelyk of die priester aan die slaap geraak het. Maar sy lippe het nog beweeg en toe Skord na hom oorleun, hoor hy hom weer s:

Niemand bestaan net uit pynende ledemate, seer o en 'n le siel nie. Niemand is volkome aan hom/haarself oorgelewer nie. Iemand is altyd daar rens, gereed om binne te tree.

"Wie?" het Skord gefluister.

Ek weet nie wie Hy is nie, het die priester geantwoord, so sag dat sy woorde skaars hoorbaar was.

L ons geestelike armoede nie dalk juis hierin nie? Ons weet van en ons glo in Iemand. Ons ken sy Naam en ons kan baie oor Hom praat. Maar kn ons Hom, nie net as 'n katkisasienaam nie, maar as 'n Persoon, as Iemand vir wie ek kan omgee, Iemand vir wie ek lief kan wees?

'n Bekende teoloog wat oor hierdie afskeidsrede van Jesus hier in Johannes 14 skryf, s dat die enkele kwessie wat min of meer hierdie hele gedeelte beheers die kwessie van die liefde vir Jesus en die liefde vir God is. Maar hy s dat die eintlike vraag dan is: Kan die dissipels Hom steeds liefh alhoewel Hy weg is? Kan die volgende geslag ook met Hom in 'n verhouding tree, sonder dat Hy liggaamlik by hulle teenwoordig is?

'n Mens kan s dat Jesus se hele ernstige gesprek met die dissipels daarom draai om vir hulle te verseker dat Hy na sy opstanding nie vir hulle alleen agterlaat nie. Wat interessant is, is dat Hy die opmerking maak dat na sy opstanding die wreld Hom nie meer sal sien nie, en dan vervolg Hy: "...maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe." (19)Gedurende die verdere verloop van die gesprek word dit duidelik dat hierdie sien van Jesus gekoppel word aan die liefde vir Jesus en aan die uitvoering van sy opdragte. En in al hierdie gevalle word die gehoorsaamheid en die liefde vir Jesus ook onlosmaaklik gebind aan die liefde van die Vader.

Wat hieruit dus duidelik blyk, is dat Jesus aan sy dissipels te kenne gee dat Hy na sy opstanding nie meer in sy liggaamlike gestalte by hulle sal wees nie, maar dat Hy in 'n geestelike gestalte (in die Heilige Gees) steeds persoonlik teenwoordig is by diegene wat vir Hom lief is. En waar Hy by ons teenwoordig is, daar is God self teenwoordig. Daar hoef ons nie meer te wonder oor die identiteit van die Iemand nie; dit is die opgestane Jesus Christus. Dit is God self. Op hierdie punt word die vraag nou nog meer dringend. Wat beteken dit om God of vir Jesus Christus lief te wees?

Die eerste belangrikste ding omtrent hierdie liefde vir God kan 'n mens die maklikste verstaan aan die hand van ons liefde vir ons man, vrou, meisie of ou. Die maklikste manier om 'n einde aan die liefde te maak is om 'n derde persoon by te sleep; om my liefde te deel. Ware liefde het 'n absolute aanspraak. Dit leef uit die wete: Ek het vir haar gekies en sy het vir my gekies. Ek is haar enigste keuse.

Om vir God lief te wees is nie dieselfde as wanneer ek glo dat daar Iemand daarbo is nie. Hierdie Iemand kan enige iemand wees. Om vir God lief te wees, beteken om te s: My God is die God van my vaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, die God wat Homself in Jesus Christus geopenbaar het en niemand anders nie.

Nie omdat ek weet dat daar nie ander gode is nie; dalk is daar. Maar omdat ek weet, uit eie ervaring weet, dat my/ons God die enigste God is wat vir my lief is en vir wie ek lief is die enigste God is wat kan red.

En omdat ek Hom so ken, omdat Hy in sy persoon beslag gel het op my hart en my siel en my verstand; daarom kan Hy van my vra wat Hy wil.

In 'n preek oor hierdie gedeelte vra Dietrich Bonhoeffer ook hierdie vraag. Wat beteken dit om vir Jesus lief te wees? Hy antwoord dan soos volg:

"Dit beteken om aan Hom, wat ons sy Woord gegee het, alleen te wil behoort, om die gemeenskap met Hom bo enige iets ander te soek, om sy teenwoordigheid te begeer. Wie so liefhet, hou die woorde van sy Geliefde vas, bind hom/haar daaraan, wil dit nooit loslaat nie en doen dit waar hy kan."

Die Duitse digter, Luise Rinser, het 'n verhaal geskryf met die titel Septemberdag. Die verhaal begin waar sy in Rome soos gewoonlik die katedraal besoek vir die viering van die vroe mis. Ek haal haar aan:

"Die groot kerk is byna leeg. Die studente is nog met vakansie. Hier en daar kniel 'n paar mense En dan is daar ons twee. My ou vriendin, 'n eenvoudige vrou wat hier skoonmaak, en ek. Ons kniel in stilte langs mekaar. My vriendin het nie 'n groot kennis van teologie nie en as ek haar sou vra hoe die Heer in die brood teenwoordig is, sou sy nie weet nie. Maar wat saak maak: haar hart ken die waarheid. Sy weet die Heer is daar. Die brood is daar om te eet. God skep die liefde. Dis genoeg. Om meer te weet of meer te glo; dis onnodig."

Haar hart ken die waarheid.

Is hierdie liefde nie 'n verskriklike weerlose ding nie? Dit kan nie staangemaak of bewys word nie. Dit leef alleen uit 'n innerlike oortuiging en wete van 'n totale verbondenheid. Aan die weerloosheid van Hom wat in liefde gestalte kry. Maar hieraan, aan hierdie weerloosheid hang alles: My hele lewe, die sin en die betekenis daarvan, my lewe met sy volkomenhede en sy tekorte, met sy vreugdes en vrae. Dit rus in Hom. Sonder Hom is ek niks. Sonder Hom het ek geen herkoms, geen lewe en geen toekoms nie. Dit maak nie saak wat ander s of wat die populre mening is nie. Dit maak selfs nie eers saak of ek self begryp wat ek s as ek s: Ek is lief vir my God nie.

Want in en deur en tot Hom is ek, leef ek, huil en lag ek. Hy is nie die belangrikste persoon in my lewe nie. Hy is my lewe. Alles wat ek het, wat ek is, kom van Hom. Dit is alleen deur sy goedheid wat ek daagliks lewe. Ek behoort aan Hom.

Drom kan ek ook s: Ek is lief vir Hom.

 

Bibliografie

Bonhoeffer, D Predigten-Auslegungen-Meditationen 2, 322-328; Bonhoeffer, D: Herr, tue meine Lippen auf dl 1, 184-189; E Brunner Our Faith, 85-89; Lang, F Herr, tue meine Lippen auf dl 3, 266-274; Schnackenburg, R The gospel according to St John; Slle, D Er moet toch meer zijn, 107-120