Johannes 13: 31- 35 (Ockert Meyer)

13 Mei 2001

Vyfde Sondag in Paastyd

 

Ander tekste: Psalm 148; Handelinge 11: 1 - 18; Openbaring 21: 1 8

Teks

Hierdie perikoop begin met 'n belangrike stelling oor Jesus se verheerliking. Wat opvallend is, is die geweldige lading in hierdie paar verse van tydsbegrippe . Die opmerking van Jesus waarmee vers 31 begin, konsentreer sigself as 't ware in die nou. Die uur waarin alles in 'n sekere sin gaan kulmineer, is ophande. Hierdie uur het aangebreek.

Maar nou is daar iets geweldig interessant aan die wyse hoe die evangelis die spanning van hierdie nou-moment gebruik. Hierdie donkerste uur van die Heer word aan die evangelis geopenbaar as die uur van Jesus se verheerliking. Die uur waarin Jesus aan die kruis opgehang sal word, die uur van sy dood, word op 'n paradoksale wyse ook die oomblik van sy verheerliking.

Die belangrikste aspek van hierdie verheerliking is egter die wedersydse verheerliking van Vader en Seun. Die Seun het die Vader op aarde verheerlik en deur die voltooiing van sy werk hier, neem Hy die verheerliking van die Vader as 't ware op in die gebeure van die kruis en in hierdie laaste oomblikke waarin alles voleinding vind.

Die verheerliking beteken hier dus eerstens die verhoging van Jesus uit die nederigheid van sy aardse gestalte en tweedens dui dit ook op sy ontvangs van die mag (Bornkamm).

Geweldig belangrik vir die verstaan van die openbaring van God en die verheerliking van Jesus Christus in die getuienis van Johannes is die is die insig dat dit iets is wat in die lyding en sterwe van Jesus bereik word. Sy lyding en sterwe is nie alleen die deurgang of die poort na die heerlikheid toe nie, dit is reeds in sigself die deurbraak van die goddelike doksa. Anders gestel, op hierdie oomblik waar vir die o van mense die wreld die werk van God onskynlik op die rotse laat loop, op hierdie oomblik; nou openbaar God dat Jesus inderdaad die Gestuurde is, die Een deur wie die toekoms God se toekoms kom. This glorification does not consist simply of his achieving in heaven the glorification that is due to him. It means above all that he is glorified in mediating salvation and in giving life to all believers (Schnackenburg).

Hierin l die verstommende en die ongelooflike van die verheerliking vervat: dit is nie iets wat alleen ten bate van sy kinders gebeur nie; dit is iets wat ten diepste aan die gelowiges gebind word. Selfs Jesus se verheerliking geskied nie sonder sy kinders nie! This orientation of Jesus' glorification to those who are already entrusted to him and who will follow him in the future cannot be overemphasized (Schackenburg).

'n Laaste opmerking wat met die verheerliking saamhang. Na hierdie uitsprake oor die verheerliking lees ons dat Jesus Hom weer tot sy dissipels rig. Hy rig Hom tot hulle wat getrou gebly het om vir hulle te s dat Hy nog net 'n klein rukkie by hulle is. Die aanspreekvorm hier is uniek in die Johannesevangelie. Jesus noem hulle my kinders: 'n baie intieme, deernisvolle en persoonlike aanspreekvorm.

Alhoewel 'n hele aantal eksegete meen dat die opdrag van 'n nuwe gebod 'n latere redaksionele toevoeging is, is dit steeds selfs as aanvaar word dat dit wel 'n redaksionele toevoeging is 'n baie belangrike gegewene (vergelyk Schnackenburg in die verband).

Belangriker egter vir die prediking is die hele kwessie van die 'nuutheid' van die gebod. Hierdie nuutheid in die Johannese geskrifte en selfs in 'n wyer verband in die Nuwe Testament kan nie net verduidelik word as die antitese tot die Ou-Testamentiese gebod om jou naaste lief te h nie (vgl. Lev 19:18) Selfs 'n oppervlakkige lees van die Ou Testament toon dat die liefde tot die naaste reeds daar 'n ou gebod was. Vir die Johannese kring was die gebod om jou naaste lief te h, nuut in die sin dat dit 'n baie spesifieke soort gerigtheid by Jesus ontvang het: die was van die dissipels se voete en die oorgee aan die dood terwille van ander. The love that has been given to us in anticipation by God opens up for us a new living space in which we can and should love our brothers in an entirely new way. As Augustine observed: This love renews us, so that we are new men, inheritors of the new covenant and singers of the new song'" (Schackenburg).

Daarom word hierdie nuwe gebod ook nie eenvoudig aangebied as morele eis nie, maar as 'n nuwe moontlikheid wat voortdurend tot verwerkliking roep. Die nuutheid gaan dus nie oor 'n relatiewe nuutheid nie, maar dit word in 'n absolute sin bedoel: 'n eskatologiese aanwysing. Dit gaan oor die nuutheid wat pas by 'n nuwe wreld, by 'n nuwe gemeenskap.

Soos ook elders in die vierde evangelie die geval is, slaan die kaqws hier nie op 'n vergelyking nie (dus nie net soos Jesus nie), maar eerder as 'n motivering of begronding (volgens die wyse waarin/ omdat). Dit gaan dus nie in die opdrag om jou naaste lief te h daaroor om vir Jesus na te boots nie (wie kan dit in elk geval doen?), maar om jou optrede te laat rig deur dit wat Hy reeds vir ons gedoen het.

Die krag om so te kan liefh word dus nie geput uit die voorbeeld van die dissipels of die voorbeeld van Jesus self nie, maar uit die immer teenwoordige liefde van Jesus die liefde waarin ons daagliks deur die geloof deel het. Die vraag is dus nie, soos 'n mens inderdaad onder baie Christene dikwels hoor 'wat sou Jesus gedoen het? nie, maar eerder 'wat stel Jesus my in staat om te doen?'

'n Laaste eksegetiese opmerking: dit is bekend dat die Johannese opdrag om lief te h 'n baie spesifieke gerigtheid op die geloofsgenoot het. Dit impliseer egter nie 'n ontkenning van die liefde wat aan alle mense geskuld word nie, maar wel 'n baie duidelike prioriteit. Die liefde onder die geloofsgemeenskap skep die ruimte waarin die liefde vir buitestaanders integriteit en geloofwaardigheid ontvang.

Konteks

Die vyfde en die sesde Sondag na Pase se tekste vertoon 'n sekere samehang, in die sin dat hier na die konsekwensies van die opstanding van Jesus gekyk word, in soverre as wat dit die gelowige se twee mees belangrike verhoudings raak: di met die naaste (Joh 13) en di met God (Joh 14). Die lewenswyse wat die paasgemeenskap se bestaan kenmerk, word aan die hand van die begrip liefde uitgewerk.

'n Mens sou sommer met die intrapslag in die bespreking oor so 'n onderwerp moet waarsku dat juis hierdie mees bekende 'Christelike eienskap' ook waarskynlik een van die mees verslete begrippe in ons geloofswoordeskat is. Ook gelowiges se verstaan van hierdie liefde word dikwels meer deur sentiment, eerder as 'n werklike nuwe 'eskatologiese' perspektief gekenmerk.

Daarom is dit ook baie nodig dat die prediker sal poog om konkreet inhoud aan die uitspel en die uitwerk van die liefdesgebod te gee. Te dikwels leef daar by baie Christene nog die oortuiging dat die liefde alleen om 'n bepaalde soort gesindheid gaan. Dat die liefde dus eintlik ten diepste net as 'n soort oortuiging leef.

Voorts maak die emosie wat die kwessie van liefde omring, dit vir mense ook moeilik om konkreet aan dinge soos offervaardigheid te dink. Maar ook die offervaardigheid voel dikwels so groot en so geweldig dat baie gelowiges voel dat dit eintlik net as 'n soort ideaal voorgehou word, juis omdat dit so onbereikbaar lyk. Daarom sou dit ook vir die prediker raadsaam wees om aan sy eie konteks te dink, aan die geloofsgemeenskap waarin hy/sy hom/haarself bevind, oor wat nodig is, uitdagings, oor behoeftes, nood ensovoorts.

In sy 'gemeente-uitleg' van die Johannesevangelie maak Walter Lthi die opmerking dat hy by geleentheid met 'n baie ervare berader gepraat het en dat die persoon vir hom ges het dat hy iemand wat hard en verbitterd geword het, wat onskynlik nie meer tot liefde instaat is nie, altyd aanbeveel om saam die nagmaal te gaan vier. Hier s die persoon, word die vertrapte tuin weer opnuut aangeplant. Hier leer die persoon weer om lief te h, omdat hy/sy konkreet iets van Christus se liefde in beweging sien.

Lthi eindig die spesifieke gedeelte met die opmerking dat Christus ons aan ons geloof herken. Vir Hom is die geloof deurslaggewend, maar die wreld kan ons helaas nie aan ons geloof eien nie. Die wreld besit nie die o om die geloof te kan raaksien of eien nie. Maar vir iets anders het die wreld wel 'n oog en 'n sterk gevoel en dit is vir ons liefde.

Uit die preekvoorbeelde sou ek kies vir 'n meditasie uit die pen van van Ruler getiteld Over heerlijkheid en liefde. Hy begin deur te s dat dit in hierdie woorde van Jesus gaan oor heerlikheid en liefde. Maar dan nie in die sin dat diegene wat werklik vir God en die naaste liefhet, in die heerlikheid te staan kom nie. Nee, juis andersom. Dit is alleen die mense wat binne die sfeer van God se heerlikheid lewe wat werklik vir God en die naaste kan liefh.

'n Mens sal maklik en met reg kan s dat die liefde nie meer moontlik is nie omdat daar so min heerlikheid op aarde is. Dit is alles so donker. Maar dan was dit tog ook veel donkerder in die wreldgeskiedenis toe Jesus hierdie woorde gespreek het. Dis juis te midde van hierdie donker tyd wat Jesus verklaar het: Nou word die Seun van die mens verheerlik en God word deur Hom verheerlik. Waar die ergste met Hom gebeur, dr praat Jesus van heerlikheid.

En dit bring ons by die kern van dit waarom dit vir van Ruler gaan: Die verhoging van Jesus l nie alleen in sy hemelvaart nie, maar reeds in sy kruisiging. Dit gaan nie daaroor dat Hy deur die lyding die heerlikheid binnegaan nie. Dis nie asof die heerlikheid eers na die lyding kan kom nie. Dit is veel eerder lyding en heerlikheid in n, die heerlikheid te midde van die lyding.

Hoe kan 'n mens dit so sien? Die antwoord op hierdie vraag l daarin dat hierdie lyding en sterwe van Jesus 'n offer is en dit is alleen in die offer waar die volle heerlikheid gevind kan word.

Daarom, s van Ruler, moet ons nie twyfel aan hierdie wreld en die lewe nie. Ook nie wanneer die duisternis van alle kante om ons saamtrek nie. Veral nie dan nie. Want Jesus sal in die doodsnood wees tot aan die einde van hierdie wreld. Iets van die duisternis van die Godverlatenheid, wat van 12 tot 3 oor Golgota gehang het, hang reeds vir eeue oor die aarde. Maar en hierin l die onvoorstelbare troos hierin, in die duisternis is die Here self teenwoordig.

Hierdie teenwoordigheid van die Here in die Godverlatenheid is alleen in die liefde te ervaar. Sonder die mag van die liefde sou ons dit nie kon volhou nie. Hy het vir ons lief. En ons is lief vir Hom, die verborge God. Alleen binne hierdie liefde kan die lewe wrlik geleef word.

Preekvoorstel

Daar is sekerlik nie nog 'n woord in die Bybel wat deur so baie mense geglo word en deur so min mense beoefen word nie. Julle moet mekaar liefh.

As 'n mens sover kan kom as om vir die grootste deel van die gemeente te kon vra om een versie in die Bybel te kies waarin hulle meen die totale boodskap van die Bybel die beste in saamgevat word, sou dit waarskynlik hierdie een wees Julle moet mekaar liefh.

Vier woorde. Vier woorde waarin 'n wreld vervat is. 'n Nuwe wreld. Maar ook 'n vreemde en dikwels onbekende wreld.

Daar is 'n vreemde paradoks aan hierdie vier woorde. Ons begeer dit; ons begeer dit dalk meer as enige iets anders. Maar terselfdertyd vrees ons dit wat hier van ons gevra. Miskien is dit die diepste krisis in die kerk rondom hierdie vier woorde. Ons is ontsettend skerp van sig vir die gebrek aan liefde in die kerk, maar ons is totaal blind vir ons eie gebrek aan liefde. Dit wat ons van ander verwag is presies dieselfde as dit wat ons nie bereid is om self te gee nie.

Kan dit verander word? En indien wel, hoe kan dit verander word?

Kom ons kyk of die teksgedeelte in Johannes 13 nie vir ons kan help met 'n moontlike antwoord op hierdie vraag nie.

In hoofstukke 13 tot 17 vertel Johannes van Jesus se afskeid van sy dissipels. Hierdie vier hoofstukke is eintlik niks anders nie as 'n gereedmaak en 'n voorbereiding van die dissipels op die lyding en sterwe van Jesus. Daarom dra hierdie hele gedeelte amper die karakter van 'n soort geestelike testament. Dis Jesus se nalatenskap aan sy vriende. Dit is wat hulle moet onthou as Hy nie meer in sy persoon by hulle is nie. Geweldig belangrik is die gebeure wat direk voorafgaan aan hierdie opdrag van Jesus dat hulle vir mekaar moet liefwees. Daar is twee goed wat gebeur waarvan Johannes vertel. Die eerste een is dat Jesus sy dissipels se voete was en die tweede een is dat Hy aankondig dat een uit hulle kring Hom gaan verraai. Dan volg die opdrag dat hulle vir mekaar moet liefh en direk hierop die versekering aan Petrus dat hy vir Jesus drie maal gaan verlon. Die opdrag aan die twaalf dat hulle mekaar moet liefh word dus ingebed tussen die waarskuwing dat een uit hulle kring van vriende Hom gaan verraai en dat een Hom gaan verlon. Tussen die pyn van verraad en die seer van verloning l die vermaning tot liefde. Wat dit egter nog meer aangrypend maak, is die feit dat Jesus nie hierdie opdrag in die lug laat hang nie. Sy dissipels sou nie na sy gesprek met hulle kon s: "Ons wonder wat Hy bedoel het toe Hy ges het dat ons vir mekaar moet lief wees" nie. Hoekom nie? Want Hy het vir hulle gewys wat Hy bedoel. Hy het dit vir hulle baie konkreet en prakties gemaak toe Hy hulle voete gewas het. In vers 15 na die voetwassing s Hy: Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. En dan weer in vers 34 Soos Ek julle liefhet, moet julle ook mekaar liefh.

Met ander woorde: Hierdie liefde waarvan Ek praat word nie gediskwalifiseer deur vernedering, verraad en verloning nie. Hierdie liefde vra nie na wie dit verdien nie en dit vra veral nie na wie skuld wie nie.

Dis mooi woorde, maar wat beteken dit? Ons weet dat popsterre skryf liedjies oor liefde, skoolkinders skryf vir mekaar briefies oor liefde en ons luister en kyk na verhale oor liefde. En niks wat ons in hierdie verhale hoor en sien lyk so nie. Hier is verraad die doodslag vir liefde en verloning die eerste woord van wraak.

En omdat dit so vreemd klink in ons wreld is ons onmiddellik in die versoeking om te dink dat dit nie werklik bestaan nie of dat dit nie werklik moontlik is nie.

Daarom moet 'n mens dalk begin deur te vra: Wat word bedoel met liefde?

In 'n soort meditasie oor hierdie gedagte skryf die Hollandse priester-skrywer, Huub Oosterhuis so:

"Ek verstaan onder liefde: die duisende nuanses van vriendelikheid en vriendskap, van takt en geduld, van bedagsame eerbied en medelye, van volgehoue lojaliteit en spontaniteit, van goeie bedoelings en deernis waarmee mense mekaar behandel. Ek verstaan onder liefde ook die volharding en optimisme waarmee die wreld 'n beter plek gemaak word, tn almal wat vernietig en verwoes. Alles wat ten goede is, wat bydra tot meer reg en vrede vir meer mense, dit noem ek liefde."

As 'n mens mooi luister na wat hy s, gaan dit in hierdie verstaan van liefde oor die wyse waarop ons ander behandel, oor die manier waarop ons teenoor mense optree. En wat Jesus s, is dit: sy liefde, die liefde wat Hy vir sy vriende het, is anders as die liefde waarvan ons in tydskrifte lees en wat ons op die televisie en die flieks sien. Dis anders omdat ervarings van verraad, verwerping en teleurstelling in mense, nie sy liefde doodmaak of vernietig nie.

Of as 'n mens dit kan verduidelik in terme van Oosterhuis se beskrywing van liefde: Teleurstelling in mense, ervarings van verwerping deur mense moet ons nie weerhou van vriendelikheid en vriendskap nie. As mense my nie laat welkom voel nie, mag dit my nie beroof van takt en geduld, bedagsame eerbied en medelye nie. En veral; hier in die kerk, waar hierdie dinge wat die meeste teenwoordig moet wees, soms so pynlik ontbreek - juis hier moet ons volhard met ons lojaliteit en goeie bedoelings en deernis wat ons aan mekaar verskuldig is.

Natuurlik is dit moontlik dat vriende jou kan versaak, natuurlik is dit moontlik dat medegelowiges jou kan teleurstel, natuurlik is dit moontlik dat jy die kerk liefdeloos kan beleef. Hierin is ons nie alleen nie. Sy naaste vriende, sy vertrouelinge het vir Christus versaak en teleurgestel.

Maar wat Hy vir ons deur sy Woord s, is dit: Moenie leef vanuit die mislukkings van mense nie, maar leef vanuit die oorwinning van God. Gaan voort om om te gee. Wees lief vir mekaar.

Waarom? Eenvoudig omdat dit is wat ons God en ons Vriend en die Een wat vir ons lief is, van ons vra. En hoekom vra Hy dit? In vers 35 s Hy: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."

Maar, wil Johannes 13 s, dit is nie alleen wat Hy van ons vra nie, dit is ook wat Hy vir ons gee. Deur die gebeure van die kruisiging en die opstanding gebeur daar iets met die ou wreld en die ou mense. God besoek ons. God se nuwe wreld breek hier in. Wie deel van God se gang deur en met die wreld word, deel in sy liefde. Kry daadwerklik deel daaraan. Ontvang dit as 'n integrale deel van ons kindskap.

Drom is dit ook so 'n belangrike saak in terme van ons getuienis. Want hierdie liefde is nie iets wat ons self kan genereer nie. Ons word nie gebore met die liefde vir mekaar nie, ons word alleen deelagtig deur ons tweede geboorte, as ons van bo gebore word. Dit is ook die rede waarom Jesus kan s: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."

Daar is 'n mooi verhaal van 'n baie ryk man wat grotendeels deur die toedoen van sy gewetenlose broer feitlik al sy besittings verloor het. Na die verlies van sy rykdom het hy amper soos Job sy vrou verloor en sy kinders moes in 'n soort bedelaarsbestaan van die aalmoese van ander leef.

Soos Job het die man besluit dat hy aan die wreld sal wys dat hy nie alleen vir God lief is as gevolg van al sy welvaart nie, maar dat hy ook aan hom getrou sal bly al het hy byna niks. Maar mense het nie gehou van iemand wat ten spyte van soveel teenspoed steeds gelowig en vroom bly nie. Elke sug of smart van die man was vir hulle 'n teken dat hy soos Job teen God in opstand kom, of dat hy besluit het om hierdie God te versaak.

Dit het byna 'n obsessie by die man geword om aan die dorpenaars te wys dat hy anders as hulle is. Hy het toe met God gepraat en vir Hom gevra dat Hy vir hom moet wys wat hy kan doen sodat die mense glad nie meer oor sy kindskap kan twyfel nie. Maar die Here het hom nie op sy vraag geantwoord nie.

Toe het hy in 'n daad van onpeilbare barmhartigheid al sy spaargeld wat hy oor die arm jare bymekaar gemaak het, aan die armes gegee. Die armes was dankbaar, maar die mense was nie oortuig nie. Hy probeer vir homself 'n klintebasis opbou, het hulle ges.

Hy het weer met die Here gaan praat en gepleit dat Hy hom tog moet help. Maar die Here het hom steeds nie geantwoord nie. Hy het toe in 'n projek betrokke geraak waarin hulle vir die dorp 'n nuwe kerk gebou het, 'n waarlik imposante gebou wat as 'n soort teken van God se heerlikheid bo al die ander geboue in die dorp uitgetroon het. Die mense het ges dat hy homself probeer verewig.

Die man was moedeloos en het weer na die Here toe gegaan. Tot sy verbasing het die Here hom geantwoord. Hy het ges: In die grootste huis in die dorp woon 'n man, 'n ware skurk. Iemand vir wie niemand enige respek het nie. Niemand kom ooit by hom nie omdat hulle sy geslepenheid so goed ken. Hy het versorging nodig. Jy ken hom. Dis jou broer. Gaan, en versorg hom en wees lief vir hom. Dn sal almal weet dat jy my kind is.

U ken die liedjie: Ubi caritas. Waar daar deernis is en liefde, daar is die Heer. Eintlik moet dit 'n bietjie anders lui. Waar die Heer is, daar is deernis en liefde.

Waar die Heer teenwoordig is, by sy kinders, in sy gemeente, dr is die liefde. Daar leef die liefde. Of moet ons liewer s, daar leef dit voort. Voort as die liefde van die opgestane Jesus Christus in sy kinders.

 

Bibliografie

Bornkamm, G: Herr, tue meine Lippen auf, dl 3, 161-167; Lthi,W: Johannes: Das vierte Evangelium.; Oosterhuis, H: Van U is de toekomst-Kome wat komt, 240-243; Schnackenburg, R: The gospel according to St John; Van Ruler, AA: Sta op tot de vreugde, 120-122