Johannes 12:1-8 (Johan van der Merwe)

1 April 2001

Sesde Sondag in Lydenstyd

 

Ander tekste: Psalm 126; Jesaja 43:16-21; Filippense 3:4b-14

Ware geloof is roekeloos dit hou niks terug nie.

Teks en konteks

Kommentare onderskei algemeen tussen twee hoofdele in Johannes. Johannes 1-12 word die book of signs genoem, omdat dit n weergawe van uitgesoekte werke van Jesus bevat waardeur sy identiteit en heerlikheid geopenbaar word aan hulle wat glo. Johannes 13-21 word die book of glory genoem, want in hierdie hoofstukke lees ons van die laaste dae van Jesus se lewe, lyding, dood, opstanding en die gawe van sy Heilige Gees gesamentlik die inhoud van sy verheerliking.

Ons teksgedeelte is aan die einde van die tekens-gedeelte en vorm n oorgang na die lydensgeskiedenis. Jesus antisipeer hier sy begrafnis en dus ook sy lyding en sterwe. Die voorafgaande perikoop 11:45-57 beskryf die atmosfeer van vyandigheid in die vergadering van die Joodse Raad en hulle besluit om Jesus dood te maak. Hulle hewige reaksie is die direkte gevolg van Jesus se opwekking van Lasarus uit die dood.

Johannes 12:1-8 handel dan oor n ete waar Jesus in Betani saam met Lasarus, Martha en Maria is. Maria salf Jesus se voete met duur olie en Judas maak beswaar.

Johannes wil die aandag vestig op die werk en lewe van Jesus waarin die mag en wil van God manifesteer. Die storie van die teks fokus op die onderskeie reaksies van mense op Jesus se bediening. Jesus se dade en persoon roep uiteenlopende en radikaal teenoorgestelde reaksies na vore neutraliteit ten opsigte van Jesus is blykbaar nie moontlik nie. By Maria vind ons die een soort reaksie: ongebreidelde vreugde en dankbaarheid wat tot n oorvloedige viering lei die salwing van sy voete met balsem wat feitlik n jaar se salaris werd is. Judas se reaksie is die teenoorgestelde: n bitter, selfgesentreerde afkeer van sulke bewondering van Jesus, geheel in pas met die vyandige gekonkel van die Sanhedrin in die vorige hoofstuk.

Martha en Maria is in hulle gewone rolle (vgl. Luk 10) Maria verwonder haar oor Jesus terwyl Martha bedien. Die ete vind waarskynlik op n Saterdagaand plaas n die Sabbat verby was, anders sou Martha nie mag bedien het nie. Oor wie die gasheer is, bestaan geen sekerheid nie. Lasarus sou waarskynlik eerder n gas as die gasheer wees. Markus 14:3 praat van die gasheer as Simon, wat volgens sekere geleerdes die vader van Lasarus, Martha en Maria kon wees. (Omdat Judas in 6:71 die seun van Simon genoem word, het Sanders gemeen Judas was die ouer broer van Lasarus.)

n Denarius was n dagloon, dus was die olie amper n jaar se loon werd! Duur olie was dit beslis! Sy het dit (onwetend) gehou vir hierdie balseming van Jesus. In Markus 14:3 breek sy die houer en hou dus niks terug nie!

n Vergelyking van hierdie vertelling met die weergawes van die Sinoptiese evangelies bring interessante insigte na vore, hoewel so n vergelyking ook meer vrae na vore bring as wat ooit beantwoord kan word. Byvoorbeeld, wanneer is Jesus s gesalf, waar was dit, is sy kop of sy voete gesalf, wie het hom gesalf, hoe het sy gedoen, wie het beswaar gemaak, wat het Jesus werklik ges en hoekom het Hy dit ges? Dit is noodsaaklik om elke evangelis se weergawe op sigself te neem en die skrywer se skopus (wat die plasing en detail van die verhaal bepaal) te respekteer. Johannes moet toegelaat word om Johannes te wees en nie gevra word om Markus of Lukas na te boots nie. Die vergelyking is egter noodsaaklik om juis die stempel wat Johannes op die verhaal plaas te profileer.

Markus 14:3-9 en Matteus 26:6-13 vertel van n salwing van Jesus in Betani deur n anonieme vrou net voor sy dood.

Lukas beskryf nie hierdie toneel nie, maar vertel in 7:36-38 van die salwing van Jesus in Galilea deur n sondige vrou.

Dit is duidelik dat Johannes en Markus dieselfde gebeurtenis weerspiel. Tog is baie van die detail in Johannes meer in ooreenstemming met die toneel in Lukas 7:36-38. Die vraag is of al die evangeliste een insident beskryf of was daar twee insidente.

Brown kies vir die bestaan van twee basiese insidente wat oorgedra is in die tradisie

n Insident in Galilea by die huis van n Fariser. n Berouvolle sondaar kom in en huil by Jesus. Haar trane val op sy voete en sy droog dit haastig af met haar hare. Daar is geen parfuum betrokke nie en dat sy die skandalige ding doen om haar hare in die openbaar los te maak, is gemaklik te rym met haar karakter as slegte vrou.

n Insident by Betani aan huis van Simon die melaatse waar n vrou met die naam Maria as n uitdrukking van haar liefde en toewyding haar duurste parfuum gebruik om Jesus se hoof te salf.

Die erkenning van twee insidente is n erkenning van die twee verskillende toonaarde van die insidente. By die eerste insident is die atmosfeer van sonde en vergifnis en by die tweede insident die toewyding en geloof. Die samestellers van die evangelies het sekere elemente van die insidente verweef in die loop van die mondelinge oorleweringsproses. Lukas verhaal dan hoofsaaklik die eerste insident, maar bring elemente by uit die tweede insident, te wete die identifisering van die gasheer as Simon, hoewel die insident in Galilea afspeel, en dan die teenwoordigheid van die reukolie waarmee die vrou Jesus se voete salf nadat sy die trane met haar hare afgevee het. n Salwing van voete was nie die normale gebruik nie en dien nie juis n doel nie. Normaalweg sou dit die hoof of gesig wees wat behandel word met parfuum. Salwing van die hoof sou ook in ooreenstemming met die salwing van n koning gewees het. So is dit dan ook weergegee in die Markus en Matteus weergawes. In Lukas se weergawe van die afdroog van die trane van Jesus se voete het die vrou ook reukolie by haar en word die voete gesalf as uitvloeisel van die afdroog van die trane.

Markus en Matteus gee n byna suiwer vorm van die tweede insident weer. Johannes verhaal ook die tweede insident maar behou dan die salwing van die voete soos dit in Lukas se redaksie voorkom. Twee dele van die Johannes weergawe is vreemd die reeds genoemde feit dat die voete en nie die hoof gesalf word nie en dan ook die feit dat sy die parfuum weer met haar hare afvee. Dit maak sin in Lukas waar sy die trane afvee, maar aangesien die Johannese weergawe nie trane noem nie, word die afvee met die hare oorgedra op die parfuum.

Die vermenging van detail asook die spesifieke chronologiese plasing van die insident by Johannes het egter teologiese betekenis en word vanuit sy spesifieke teologiese perspektief gedoen.

Johannes noem die meeste name van karakters, maar noem nie Simon die melaatse soos Markus nie. Lasarus en Martha vervul nie regtig n funksie in die verhaal nie en is volgens Brown n moontlike redaksionele invulling om die storie te koppel aan die ander Lasarus-perikope. Martha se uitbeelding verraai moontlik die invloed van Luk 10:40 waar sy ook daardie dienende rol vervul.

Markus en Matteus plaas die gebeurtenis n Jesus se intog in Jerusalem, terwyl Johannes dit vr die intog plaas. Dit is moontlik dat Johannes hierdie plasing ses dae voor Paasfees doen om n week te beskryf waarin Jesus se openbare bediening afgesluit word voordat Hy Jerusalem binnegaan om te sterf. Johannes het nog so n duidelike beskrywing van n week in die lewe van Jesus aan die begin van Jesus se bediening in Johannes 1.

Dat n prominente dissipel soos Judas op die ou end Jesus sou verraai, verg verduideliking deur die evangeliste. Die eerste en waarskynlik meer primitiewe verklaring vir Judas se bose dade is dat hy die instrument van die Bose is (so in Luk 22:3 en Joh 13:2,27 en 6:70). Die tweede verklaring, wat nie noodwendig teenoor die eerste staan nie, is dat Judas Jesus weens sy liefde vir geld verraai het. Markus 14:11 en Lukas 22:5 suggereer dat dit die hopriesters se voorstel was om Judas te betaal om Jesus te verraai. In Matteus 26:15 is dit Judas wat aandring op die geld. Johannes veroordeel Judas in 12:4-6 as n dief en is die enigste wat vertel dat Judas die tesourier was.

Johannes rapporteer nie die eulogie aan Maria dat van haar daad vertel sal word waar ook al die evangelie gepreek word nie (Mark 14:9). Dit is al voorgestel dat Johannes se parallel vers 3 is dat die geur van die parfuum die huis gevul het. Die Midrass Rabbah oor Prediker 7:1 het gelui: The fragrance of a good perfume spreads from the bedroom to the dining room; so does a good name spread from one end of the world to the other. As die Midrash toe bekend was, is die parallel goed moontlik.

In beide Johannes en Markus dui die salwing teologies op die begrafnis van Jesus. Vers 7 dui daarop dat Maria Jesus salf vir sy begrafnis en dit dus as n profetiese daad doen. Hierdie duiding verklaar ook die salwing van Jesus se voete, want al is dit nie die normale gebruik om n lewende persoon se voete te salf nie, sou die balseming van die voete wel deel van die ritueel wees om n dooie liggaam te balsem. Aan die einde van hoofstuk 11 het die Sanhedrin besluit om Jesus om die lewe te bring en nou berei Maria se daad Jesus vir sy dood voor.

Johannes se chronologiese plasing van die insident maak literr en teologies sin: Jesus gee die gawe van die lewe aan Lasarus terug. Daar is dan twee radikaal teenoorgestelde reaksies: die vergadering van die Sanhedrin is die uitdrukking van absolute weiering om te glo wie Jesus is, wat dan uitloop op die besluit om Jesus dood te maak, terwyl Maria se salwing van Jesus die uitdrukking is van liefdevolle geloof en oorgawe. In albei hierdie reaksies l die profesie van Jesus se dood opgesluit.

Sekere kommentators het voorgestel dat die salwing n koninklike salwing is en dat Johannes dit voor die intog plaas om te dien as voorbereiding vir Jesus se intog in Jerusalem as gesalfde koning. Brown vind egter nie ondersteuning hiervoor in die teks nie en wys daarop dat Jesus in elk geval nie die koninklike aansprake van die volk aanvaar nie. As koninklike salwing bedoel was, sou dit heel waarskynlik n salwing van die hoof gewees het. Nogtans sal die feit dat Messias en Christus Gesalfde beteken, sekerlik n geregverdigde assosiasie by hierdie teksgedeelte wees.

Dat mense se reaksies op Jesus se persoon en werk verskil, is n gegewe vir alle tye. Die preek sal die reaksie van dankbaarheid en oorvloedige oorgawe, soos by Maria, moet kontrasteer met die bittere naywer en venyn van Judas (natuurlik met die mooiste pretensies - die geld moet vir die armes gaan).

Jesus se uitspraak aan die einde ontbloot Judas se beswaar as pure selfsug en bedrog. Met sy opmerking dat hulle Hom nie altyd sal h nie, verwys hy na sy dood en opstanding. Die verwysing na die armes is moeilik interpreteerbaar en dit is al (o.a. deur n vorige Amerikaanse President) misbruik om minder op die armes en die nood van die wreld te spandeer. Die implikasie is eerder dat, aangesien ons Here gesterf en opgestaan het, kan ons ons toewyding juis wys in ons verhouding tot die (allesomvattende) nood van die wreld en ook die materieel arme. Miskien sal ons dit juis oordadig soos Maria wil doen, omdat ons vanuit n Christologiese perspektief die nood van ander ernstig opneem. Immers, vir sover julle dit aan een van die geringstes gedoen het, het julle dit aan my gedoen. Markus 14:7 voeg oor dieselfde insident by: en wanneer julle ook al wil, kan julle aan hulle goed doen. Goeddoen aan mense in nood word dus juis veronderstel en nie deur Jesus se opmerking geringgeskat nie.

Johannes sien dwarsdeur sy evangelieskrywing die wondertekens as vensters op God wie Hy is, hoe Hy is en hoe Hy Jesus gestuur het om Homself aan ons te openbaar. Om in Jesus te glo is vir Johannes altyd om verby Jesus die Wonderdoener te beweeg na Jesus die Seun van God wat die sonde van wreld kom dra het. Geloof moet dus skuif van bewondering (van sy towerkunsies;) na verwondering oor wie en hoe Hy is.

Preekvoorstel

Ons word van kleins af geleer dat jy met twee dinge nie mag mors nie: tyd en geld. Tydmors en geldmors is doodsondes in die Westerse beskawing. Ons word geleer om produktief te wees, te beplan, doelwitte te h, te bereken, te spaar, tyd en geld optimaal te benut. Op sigself sekerlik goeie beginsels.

Johannes 12 gaan egter daaroor dat tydmors en geldmors soms nie mors is nie, maar tekens van groot liefde en toewyding. Ons verhaal speel hom af na Lasarus se opwekking. Jesus is vir n opstandingsfees by die huis van Lasarus en sy twee susters. Martha bedien weer, soos ons in Lukas 10 ook lees, en Maria sit weer by Jesus. En dan vind n ongehoorde ding plaas Maria salf Jesus se voete met duur nardusolie. Die parfuum wat sy gebruik is 300 silwermuntstukke werd en as mens in aanmerking neem dat een silwermunstuk n arbeider se dagloon was, is dit omtrent n jaar se salaris wat hier uitgemors word! As ons Markus se weergawe hierby lees, hoor ons dat sy selfs die fles gebreek het, dalk om die laaste bietjie daar uit te skep. Nie eers een druppeltjie bly oor om later te kan gebruik nie. Van spaar, beplan, bereken kom hier niks nie.

Mens sou sekerlik nie vir Judas of enige tesourier kon kwalik neem as hy net sy werk doen en hieroor protesteer nie. Sy werk as tesourier is immers juis begroot, beplan, bereken, spaar, beheer die uitgawes, wend die beskikbare hulpbronne effektief aan waar dit werklik n verskil maak. En het Jesus nie ges dat Hy juis gekom het vir die armes en die in nood nie? Het Hy ons dan nie geleer om vir die armes om te gee nie? En hier laat Hy toe dat n jaar se salaris op sy voete uitgemors word, nog afgevee word ook, en die armes is nog net so honger soos voorheen! Judas sou graag meer resultate wou sien een fles olie ruik wel lekker vir een dag as dit so uitgemors word, maar hoeveel armes kon daarmee gevoed word?

Daar is niks fout met Judas se berekeninge nie 300 silwermuntstukke gedeel deur hoeveel sent per broodjie ook al, lewer inderdaad x getal broodjies vir die armes. Op papier is Judas se somme doodreg s reg dat die dood daarin skuil. Want wat ons van hom weet, dat hy n dief is en later ook vir Jesus sou verraai, s juis dat al sy korrekte berekeninge hom niks geleer het van toewyding aan Jesus nie.

Maria, aan die ander kant, snap wie Jesus is: die Messias-Koning, wat daarom gesalf moet word soos dit n koning betaam. Maar dan nie sy kop soos altyd met n koning gebeur het nie, maar sy voete! Nou wie salf nou iemand se voete! Dit doen jy tog net as jy n liggaam balsem. En presies dit doen Maria sy salf Hom as koning, maar as koning wat sy lewe vir sy vriende kom afl. Wetend of onwetend, balsem sy Hom vir sy begrafnis. Met haar daad van toewyding verklaar sy Hom tot Koning, maar tot n Koning wat sal ly en sterf en begrawe sal word.

Maria wys daar is iets onproduktiefs aan geloof en toewyding aan God. Liefde vir God maak nie somme nie. Liefde is in n sekere sin roekeloos in die offers wat dit bring. Liefde maak nie somme nie. Dis heeltemal, dit hou nie terug nie, dit spaar nie vir later nie, dis impulsief.

Sulke liefde was daar by die jong man en jong vrou van wie vertel word dat hulle baie min geld gehad het, maar elkeen graag vir hulle wederhelf iets baie kosbaars vir Kersfees wou koop. Die vrou se kosbaarste besitting was haar pragtige lang hare. Haar man het gedink omdat haar hare vir haar so kosbaar was, sou hy vir haar n stel duur kammetjies koop. Die vrou het weer geweet haar man se kosbaarste besitting was die sakhorlosie wat sy pa vir hom gegee het op sy sterfbed. Sy wou vir hom n duur silwerkettinkie koop om dit daaraan te sit. So het Oukersaand gekom en toe die man huis toe kom merk hy op dat sy haar hare opgebind het met n kopdoekie. Hy was opgewonde om die kammetjies vir haar te gee dat sy haar hare kan losmaak en die kammetjies daarin kan sit. Sy het by die tafel gaan sit en hy het die geskenkie vir haar aangegee. Syt dit oopgemaak en gebloos. Toe, sit dit aan, het haar man gesoebat, maar sy s: Nie voordat jy jou geskenk oopgemaak het nie. Die man maak sy geskenk oop en moet toe erken: Liefling, ek het my horlosie verkoop om die kammetjies te koop. Sy vrou maak die doekie los en s: En ek moes my hare aan n pruikwinkel verkoop om die kettinkie te kon koop.

Liefde gee dit wat kosbaar is roekeloos.

Hoekom glo jy of hoekom het jy vir God lief? Om wat mee te doen of om wat te bereik. Daar is nie regtig antwoorde op sulke vrae nie, want geloof is nie n produktiewe handeling nie. Dis een van daardie sommer net dinge in die lewe, soos n partytjie of n piekniek. Dinge wat jou niks in die sak bring nie, maar wat jou tog hier diep binne voed dat jy weer krag het vir die produktiewe lewe.

Jy glo nie omdat dit jou iets in die sak bring nie. Jy glo omdat jy aangespreek, aangeraak of verwonderd voel. En geloof mag dan maar n soort roekeloosheid in jou ontketen, wat jou van jouself laat gee en gee tot jy alles gegee het.

Maar wat dan van die armes? Is Jesus dan ongevoelig vir ander se nood omdat Hy n bottel nardusolie op Homself spandeer wil h? Miskien het Jesus net geweet dat mense wat die armes help soos Judas dit doen, dit in elk geval so sielloos en selfsugtig doen dat hy dit sleg doen en ook maar nie so baie doen nie. Daarteenoor, as iemand toewyding aan Jesus ervaar, wy so iemand hom of haar toe aan die Messias wat sy lewe vir die nood van mense, geestelike en materile nood, kom opoffer het. Iemand wat Hom salf vir sy dood, is iemand wat ook saam met Hom sal opstaan en die nuwe lewe aan almal in nood sal uitdeel met dieselfde roekeloosheid waarmee hulle hulle aan Hom toegewy het.

Moeder Teresa is n goeie voorbeeld van hoe hierdie toewyding aan God en toewyding aan die nood van mense twee kante van dieselfde munt is. Sy is sekerlik die toonbeeld van iemand wat vir die armes geleef het. Sy het mense altyd probeer leer dat liefdesdade aan mense in nood, nie klinies beplan word nie, maar voortkom uit n diepe toewyding aan Jesus. Daarom kon sy s: There is nothing special for you to do, but to allow Jesus to live His life in you by accepting whatever He gives and by giving whatever He takes with a big smile. It is not how much we do, but how much love we put in the doing. Let Him do it. Try to pray the work, don't do it only pray the work. Do it FOR Jesus. Do it WITH Jesus. Do it TO Jesus. And you will pray 24 hours, for you will be seeing, hearing and touching Jesus in the people you serve.

Daarom het sy ook in die siekes en die armes vir Jesus gesien en hulle gedien asof sy Jesus self bedien. Sy bid: Dearest Lord, may I see you today and every day in the person of your sick, and, while nursing them, minister unto you. Though you hide yourself behind the unattractive disguise of the irritable, the exacting, the unreasonably, may I still recognise you, and say, Jesus, my patient, how sweet it is to serve you.

Eendag toe moeder Teresa en haar 'Missionaries of Charity' in die strate van Kalkutta met die armes besig was, kom hulle toe ook 'n man te wat in 'n sloot l, byna dood. Hy was vieslik vuil, met geskeurde klere en vlie wat om hom swerm. Moeder Teresa het hom teen haar vasgedruk, sag met hom gepraat en hom begin skoonmaak. Iemand wat daar verbygeloop het, het vir moeder Teresa geskree: 'ek sal dit nie doen vir 'n miljoen dollar nie'. Sy het dadelik geantwoord: 'ek sou ook nie'.

Judas sou dit dalk vir n miljoen dollar gedoen het! Maar Christene doen dit gratis, nie vir beloning nie. Hulle leef anders omdat hulle anders geword het deurdat hulle deelhet aan die sterwe en opstanding van Jesus Christus.

Daar is n sding wat lui: A man with an experience is not at the mercy of a man with an argument! Maria hoef haar nie te skaam voor Judas se mooi, geestelike argumente nie. Want haar ervaring, haar toewyding aan Jesus, hou niks terug nie. Nie as sy Hom aanbid nie, maar ook verseker nie as sy later n arme voor haar deur sien nie.

 

Iemand het ges die afstand tussen die hemel en die hel is net 30 sentimeter van die kop (wys) na die hart (wys). Dis die verskil tussen argumente en ervarings. Dit was die verskil tussen die korrekte, produktiewe Judas en die onproduktiewe Maria wat roekeloos bewonder het en haarself gegee het vir haar Koning wat vir haar sou ly en sterf.

 

Bibliografie

Brown, R. The Gospel according to John; Soards et al Preaching the RCL Year C Lent/Easter; Foster, R. Prayers from the heart.