10 Maart 2002

Vierde Sondag in Lydenstyd

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Johannes 9:1-41.

Ander tekste: 1 Samuel 16:1-13; Psalm 23; Efesiërs 5:8-14.

Tema: Soos meer van die verhale in die Johannesevangelie, is die verhaal van die blindgebore man 地

lang, gedetailleerde en genuanseerde vertelling van 地 "journey to faith". 地 Geloofsreis, nie net vir

die blinde wat sig ontvang nie, maar ook vir die "blinde" dissipels wie se aanvanklike vraag in 9:2

daardeur verander moet word. Gaan die liturgie daarin slaag om 地 "blinde" gemeente iets van

hierdie "journey of faith" in hulle eie lewe te laat gewaar?

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Antwoord op die groet

Gebruik Gesang 10:1, 2, 3/NSG 25 en sing sonder begeleiding.

Verootmoediging

Efesiërs 5:8-14.

Die koor kan Gesang 101:2, 3, 4/NSG 79 sing.

Geloofsbelydenis

Psalm 23 kan as geloofsbelydenis gebruik word. Dit kan óf deur iemand voorgedra word óf die gemeente kan dit

hardop saam bely.

DIENS VAN DIE WOORD

Skriflesing

Maak gebruik van verskillende voorlesers om die gedeelte uit Johannes 9:1-41 voor te dra.

DIENS VAN DIE TAFEL

Gebruik die kerkkoor om Gesang 131:1-5/NSG 107 hier te sing.

Lofverheffing

Gesang 120:5, 7, 8/NSG 105 kan gebruik word.

UITSENDING

Die volgende liedere kan gebruik word: Gesang 121:1, 2, 3/Gesang 46:2, 3, 4/NSG 21.

Tema

Lyding op die kantlyn.

PREEKSTUDIE - JOHANNES 9:1-41

Teks en konteks

Die gebeure in Johannes 9 hou direk verband met wat gebeur het in die voorafgaande gedeelte. In hoofstuk 7 is

Jesus se optrede op die groot dag van die huttefees beskryf (7:37). Dit was ook die fees wat populêr bekend

gestaan het as "die fees van die ligte" (Newman & Nida 1980:297). Daarom was dit betekenisvol dat Jesus juis dáár

oor Homself gesê het: "Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig

hê wat lewe gee" (Joh 8:12).

Die Fariseërs wou Jesus se aanspraak nie aanvaar nie, want, het hulle gesê: "Jy getuig oor jouself; jou getuienis is

dus nie geldig nie" (8:13). In hierdie hoofstuk kom daar egter 地 ander getuie (地 man wat blind gebore was) op die

toneel. Sodoende word daardie argument van die Fariseërs getroef. Maar soos dit sal blyk, raak hulle net al hoe

onwilliger om enigiets van Jesus te aanvaar.

Die genesing van die man wat van sy geboorte af blind was, is dus tegelyk 地 illustrasie deur Jesus oor wat Hy

bedoel wanneer Hy sê dat Hy die lig vir die wêreld is én 地 bewys vir die Fariseërs dat Hy werklik die Een is wat van

God gestuur is. Dit alles loop op na die hoogtepunt en konsekwensie in verse 39-41. Jesus se uitspraak dat Hy die

lig vir die wêreld is, bring mense voor 地 beslissing, en dit veroorsaak 地 skeiding tussen, aan die een kant, dié wat

blind is en begin sien en, aan die ander kant, dié wat dink dat hulle sien en al hoe blinder word.

Hierdie hoofstuk is kunstig aanmekaargeweef. Sommige meen dat hierdie gedeelte die fynste stukkie kunswerk is

wat in die Johannesevangelie te vind is. Soos later beter sal blyk, bestaan die kunstigheid in baie fasette. Daar word

byvoorbeeld met twee interessante en teenstrydige storielyne gewerk. Verder word 地 wonderwerk omgetower en

deel gemaak van 地 groter simboliese diskoers oor die "sien" of "nie sien nie" van Jesus as die Gestuurde van God.

Jesus is die Een wat sien en kan laat sien. Daarom begin hierdie hoofstuk met die sin wat sê dat Jesus die blinde

man gesien het. Hy is die Een wat werklik sien. Die blinde bedelaar, wat vir die verbygangers 地 alledaagsheid

geword het en wat nie meer raakgesien is nie, word deur Hom raakgesien en begenadig. Ná die beskrywing van

die wonderwerk in die eerste paar verse word die hoofstuk verder opgebou met twee teenoorgestelde

ontwikkelingslyne: Die blinde wat al hoe meer sien en Jesus uiteindelik kan onderskei as die Seun van God, en die

Fariseërs wat al hoe stiksieniger raak. Hierdie afwaartse lyn van hulle blindheid bereik 地 laagtepunt wanneer Jesus

hulle in die laaste verse ontmasker as dié wat blinder as blind is, omdat hulle meen dat hulle sien terwyl hulle blind

is.

Die groeiende insig van die blinde man word beskryf aan die hand van vier onderskeibare gesprekke:

Verse 8-12: Die gesprek tussen die man wat blind was en sy bure en kennisse. Só radikaal is die verandering

in hom dat sy terugkeer na die ou omgewing nie vreugde bring nie, maar vrae en twyfel. Sy ou identiteit is

verlore en die vrae reën op hom neer: "Wie is jy?"; "Hoe het jou oë reggekom?" In hierdie gesprek kom hy nie

verder nie as om bloot na Jesus te verwys as "die man met die naam Jesus" (9:11).

Verse 13-17: Die gesprek tussen die man en die Fariseërs. Hulle is geïnteresseerd in wonderwerke, veral as

dit teen die wette ingaan soos in hierdie geval. Weer reën die vrae op hom neer: "Hoe het dit gekom?"; "Wat

het hy met jou gedoen?" Aan die einde van hierdie gesprek maak die man wat blind was die uitspraak dat Jesus

地 profeet is (9:17).

Verse 18-34: Die ouers word nou deur die Fariseërs ondervra. Die vreugde wat hulle gehad het in 地 kind wat

van sy geboorte af blind was en nou kan sien, word begrawe in vrees die vrees om uit die sinagoge verban

te word. Toe die ouers nie die regte antwoorde kan gee nie, word die man self weer ondervra. Hierdie gesprek

loop uit op die verklaring: Hierdie man is van God (9:33).

Verse 35-38: Die finale gesprek tussen Jesus en die man wat blind was, nadat die Fariseërs hom uit die sinagoge

geban het. Jesus was 地 lang tyd weg van die toneel af, maar nou, in die oomblik van nood, verskyn Hy

weer. In antwoord op Jesus se vraag bely die man: "Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.

Daar is dus 地 duidelike progressie in die insig van hierdie man wat blind was. Eers verwys hy net na "die man met

die naam Jesus". Dan heg hy 地 bepaalde waarde aan Hom: "Hy is 地 profeet." Daarna verklaar hy dat Jesus 地 "man

van God" is. En uiteindelik gaan die verklarings oor in 地 belydenis en aanbidding.

Die ander storielyn loop afwaarts. Dit vertel van 地 groeiende blindheid by die Fariseërs:

Aanvanklik, in hulle eerste ondervraging (vv 13-17), is daar nog 地 bereidwilligheid om te aanvaar dat daar tog

地 wonderwerk plaasgevind het. Daar is ook verdeeldheid onder hulle en sommige van hulle wil aan Jesus die

krediet gee.

Maar in die tweede ondervraging word die wonderwerk verwerp en betwyfel hulle die feit dat die man blind

gebore was. Daarom word die ouers ingeroep en ondervra (vv 17-23).

Uiteindelik, toe daar nie meer twyfel kon bestaan daaroor dat die wonderwerk wel plaasgevind het nie,

beskuldig hulle die man daarvan dat hy van sy geboorte af "die ene sonde" was (9:34).

Hierdie twee teenstrydige storielyne word tot een konklusie saamgevat wanneer Jesus in verse 39-41 verduidelik

dat Hy gekom het om 地 beslissing van mense te vra. Dié wat Hom erken as die lig vir die wêreld sal groei in insig;

dié wat dink hulle sien genoeg sonder Hom sal al hoe minder kan sien en Hom met al hoe meer veragting verwerp.

In hierdie stadium is dit seker van pas om te vra of hierdie teks (Joh 9) inderdaad in die Lydenstyd gepreek moet

word. Dit is nie ooglopend en opsigtelik 地 Lydensteks nie, maar hoe dieper 地 mens daaroor nadink, hoe duideliker

word die tema van lyding. Dit is die verhaal van Jesus se verloorstryd teen die Fariseërs. Eers wil hulle nie sy

selfgetuienis aanvaar nie (8:13). Wanneer daar dan aan hulle 地 ander geloofwaardige getuie voorsien word,

verwerp hulle hom só erg dat hy selfs uit die sinagoge geban word. Die lydensverhaal verdiep selfs nog verder

wanneer dit duidelik word dat Jesus ook nie alleen in sy verloorstryd is nie. Sy dissipels word saam afgetrek na die

kruis. Terwyl hierdie man groeiende insig toon en uiteindelik tot aanbidding kom (9:38), word hy al dieper ingetrek

in Jesus se lydensweg. Nog selfs voor Jesus se eie uitbanning op Golgota word hierdie nuwe dissipel uit die

sinagoge geban.

Oor die verstaan van die teks as geheel in die sogenaamde hermeneutiese (verstaans-) pad wat geloop moet word,

is daar verskillende maniere waarop hierdie teks verstaan kan word. Minstens twee moontlik benaderings moet

oorweeg word:

Die een manier is om dit as 地 histories korrekte dokument te verstaan en dan te aanvaar dat dit 地 feitelike weergawe

is van wat op 地 gegewe dag en op dae in die lewe van Jesus gebeur het. Die meerderheid verklaarders

hanteer die teks op hierdie manier en een van die beste woordvoerders is die bekende Ridderbos.

Die ander moontlikheid is om te werk met 地 sosioretoriese interpretasie. J Louis Martyn wat in 1968 hieroor gepubliseer

het (vgl Robbins se uiteensetting by http://www.emory.edu), het aangetoon dat daar goeie argumente

is waarom hierdie teks gesien moet word as deel van retoriese tekste wat in die vroeë Christendom ontstaan

het. Volgens hierdie benadering sou die mense rondom die einde van die eerste eeu, vanuit hulle situasie van

stryd tussen die Jode en die Christen-Jode, weer geherinterpreteer het aan die Jesusgebeure. In 地 poging om

sin te maak uit hulle omstandighede sou tekste soos hierdie ontstaan het. Martyn merk op dat die uitspraak in

Johannes 9:28-29: "Jy is 地 dissipel van hom. Óns is dissipels van Moses. Ons weet dat God met Moses gepraat

het; maar hierdie man ons weet nie waar hy vandaan kom nie," nie na 地 situasie in Jesus se tyd kon verwys

het nie. Tydens Jesus se lewe was dissipelskap van Hom nie erken as 地 aparte verskynsel teenoor en vergelykbaar

met dissipelskap van Moses nie.

Met die oog op die prediking uit hierdie hoofstuk van Johannes is dit na my mening nie werklik nodig om 地 keuse

tussen hierdie moontlikhede te maak nie. Watter verklaringswyse ook al gevolg word, daar bestaan in elk geval

genoeg aanduidings dat hierdie hoofstuk die beste verstaan en geïnterpreteer kan word in terme van die

magsverhoudings en magspel wat deur die verhaal na vore gebring word. Die lyding van Jesus bestaan daarin dat

Hy saam met die man wat blind gebore was, gemarginaliseer word deur dié wat mag het dié wat dink dat hulle

sien terwyl hulle eintlik blind is.

Preekvoorstel

Die teks nooi ons om te sien soos Jesus sien, en nie soos die Fariseërs nie.

Jesus verskyn twee keer op die toneel. Aan die begin van die hoofstuk wanneer Hy die man wat daar eenkant sit

en bedel, raaksien, en dan weer aan die einde wanneer die man uit die sinagoge geskop is en Hy die Fariseërs se

blindheid ontmasker. Ons word genooi om soos Jesus te sien, en nie soos die Fariseërs nie.

Hoe het die Fariseërs gesien (wat volgens Jesus eintlik blindheid was)?

Al wat hulle gesien het, was die wette van Moses. Die wet wat sê dat daar nie op die sabbatdag 地 genesing mag

plaasvind nie. Die wet wat hulle in 地 Catch 22 geplaas het, want aan die een kant moet hulle sê: "Hierdie man kom

nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie," en aan die ander kant: "Hoe kan iemand wat 地 sondaar is,

sulke wondertekens doen?" Die wet wat aan hulle mag gegee het en wat nou bedreig word deur Jesus wat skynbaar

meer mag het as die wet en as hulle.

Dit wat hulle sien, maak hulle blind. Hulle sien hulleself as die verteenwoordigers van die godsdienstige volk en as

uitlêers van die wet van Moses. Hulle sien hulleself as die mense met insig en wysheid. Hulle sien nie verby hulleself

en die godsdienstige sisteem wat hulle tot elke prys in stand moet hou nie. Daarom sien hulle nie die man en sy

nood raak nie. Hulle is nie in staat om eerstens die man se genesing raak te sien en die wet van Moses in die lig

daarvan uit te lê nie. Al wat hulle regkry, is om die wet raak te sien en die man se lewe in die lig daarvan uit te lê.

Dit bring hulle tot die konklusie: "Jy is van jou geboorte af die ene sonde, en wil jy ons staan en leer?" (9:34). Met

hulle insig (blindheid) kan hulle nie anders nie as om die man uit te ban.

Ons word genooi om soos Jesus te sien. Hoe sien Jesus? Hy verskyn twee keer op die toneel. Die eerste keer sien

Hy 地 blinde bedelaar; die tweede keer sien Hy nadat Hy "gehoor" het (9:35). Hy het gehoor dat hulle die man

uitgeban het en daarom kom kyk Hy weer. Met sy eerste sien het Jesus 地 blinde wat verstoot is, opgemerk; met

die tweede kom kyk, sien Hy 地 siende persoon wat nog meer verstoot word.

Jesus sien 地 gemarginaliseerde mens. Twee keer gemarginaliseer. 地 Blinde bedelaar was nie eintlik iemand wat

deel was van die hoofstroom van die samelewing nie. Jesus wend Hom tot die man en daar gebeur 地 wonderwerk.

Die man kan sien. Maar wat 地 ironie! Die man se genesing veroorsaak dat hy uit die sinagoge geban word. Dit is

verskriklik, want in daardie tyd het uitbanning uit die sinagoge beteken dat jy sosiaal heeltemal geïsoleer word. Sy

toestand vererger dus eintlik. Nou word hy nie net na die rand van die samelewing gedruk nie; hy kan nou sien wat

met hom gebeur en hy word nóg verder verdryf!

Die man beland in 地 posisie waarvoor sy ouers nie kans sien nie. Hulle is so bang vir uitbanning dat hulle selfs nie

eens die moed het om by hulle kind te staan nie (9:22). Dit moet erg gewees het om uit die sinagoge geban te word

as 地 mens kans sien om die rug op jou kind te draai, solank jy net mag binne bly.

Dit laat my dink aan die verhaal van die jong teologiese student wat ná baie wik en weeg uiteindelik na sy studentepredikant

gegaan het om oor sy persoonlike storie te praat. Dit was die eerste keer dat hy teenoor enigiemand erken

het dat hy gay is. Hy het lankal geweet dat hy 地 homoseksuele oriëntering het, maar hy het ook geweet dat hy geen

promiskue lewe wou lei nie. Waarvan hy veral seker was, was dat hy nie langer wou voorgee dat hy iets is wat hy

nie is nie. Daarom het hy " uit die kas gekom" by sy dominee, wat hy vertrou het. Sy predikant het simpatiek na hom

geluister en hom ook aangemoedig om ter wille van sy persoonlike integriteit geheel en al "uit die kas" te kom.

Die student het baie verlig gevoel toe hy daar wegstap en sommer die daad by die woord gevoeg. Hy het die kerklike

kommissie wat vir teologiese opleiding verantwoordelik is, gaan sien en ook aan hulle sy verhaal vertel. Hier was

die ontvangs minder simpatiek en hy moes voor 地 gedugte kleiner komitee te verskyn. Hulle het hom verhoor en

besluit dat hy nie verder kon aangaan met sy studies nie. Bloot omdat hy 地 ander seksuele oriëntering gehad het,

en nie omdat hy 地 verkeerde lewenswyse gevolg het nie.

Die student se aanvanklike verligting was soos die "sien" van die man wat blind gebore was. Hy was uitbundig

gelukkig. Maar dit het hom nie lank geneem om juis as gevolg daarvan "uitgeban" te raak nie. Geen wonder dat hy

in 地 diepe depressie versink het en lank op medikasie moes bly nie.

Die lyding van Jesus wat 地 hoogtepunt (laagtepunt!) aan die kruis bereik het, is 地 lyding van marginalisering. Jesus

word verby die kantlyn van die bladsy gedruk. Die Fariseërs met hulle indrukwekkende godsdienstige sisteem en

die wet van Moses aan hulle kant, maak die papier vol. Daar is nie plek vir een soos Jesus nie. Uit hulle hoek gesien,

is daar hoogstens vir Hom en sy storie 地 plekkie in die kantlyn. 地 Kantaantekening is die beste wat hulle vir Hom

kan aanbied. Hy kan nie deel wees van die mainline nie.

Dít is sy lyding, maar dit is ook sy boodskap. Jesus is die Een wat uitreik na die blinde bedelaar wat op die marge

van die samelewing sit. En wanneer sy betrokkenheid by hierdie begenadigde tot gevolg het dat hy uit die sinagoge

geban word, is Jesus wéér daar om hom op te vang en sy regters te ontmasker as die eintlike blindes.

In ons samelewing is daar ook nog altyd twee stories: die hoofstorie op die sentrale deel van die bladsy waar die

hoofspelers se name en CV痴 geskryf staan, en dan is daar die kantlynverhaal waar dié wat nie verstaan word nie

en verwerp word met rooi penstrepe vermeld word. Hulle is dié wat nie mag het nie en deur die hoofstroom

gebrandmerk word as 地 gevaar vir die goeie orde. Die wette en reëls is altyd aan die kant van die hoofkarakters.

Die gemarginaliseerdes het eintlik niks om hulle mee te verdedig nie. 地 Mens kan jouself nie verdedig teen die

verdoemende uitspraak: "Jy is van jou geboorte af die ene sonde " nie.

Die wêreld om ons is vol gemarginaliseerde mense. Dit is nie oral dieselfde mense nie. Mense kan binne-in 地

familie uitgestoot word tot op die kantlyn. Die ou uitdrukking "die swart skaap van die familie" kan 地 aanduiding van

marginalisering wees. In die skool, in die klaskamer, op die speelveld, in die besigheid, in die samelewing oral is

daar mense wat magteloos en uitgestoot is. Mense met 地 alternatiewe seksuele oriëntering, mense van 地 ander

kultuur of taal of ras, mense met ander belangstellings.

Miskien is die mense wat vandag die meeste ly onder marginalisering dié mense wat lewe met MIV/vigs. Hulle is

die moderne melaatses. Politici en kerkmense wat weier om openlik oor hierdie siekte te praat veroorsaak dat dit

nog verder gestigmatiseer word. Mense ly nie net onder hierdie verskriklike siekte nie, maar veral onder die manier

waarop die samelewing hulle met hulle siekte na die rand toe skuif.

Ons hou daarvan om in die hoofstroom te wees en mense wat anders is te stereotipeer as weird.

Johannes 9 help ons om opnuut te sien waaruit Jesus se lyding werklik bestaan het. Omdat Hy sy rug op die

hoofbladsy gedraai en in die kantlyn langs gesoek het na dié wat ly, is Hy ook gemarginaliseer tot aan die kruis

op Golgota.

Johannes 9 help ons ook om te begryp dat die ergste blindheid nie fisieke blindheid is nie, maar die onvermoë om

te sien dat Jesus die eintlike insig het. Hierdie teks roep ons om dissipels van Jesus te wees. Maar dit het

implikasies. Dan moet ons ons ook met die kantlyngevalle besig hou en dan loop ons ook gevaar om nie meer

hoofspelers op die bladsy van die samelewing te wees nie. Die beslissing waarvoor ons gestel word, is duidelik: Óf

ons sien deur die oë van die magtiges en laat ons net lei deur die sisteme en wette van die kerk en samelewing, óf

ons laat toe dat Jesus 地 bietjie klei aan ons oë smeer en soek saam met Hom na eensames, verdruktes en

lydendes wat iewers langs die kantlyn van die hoofstroom weggesteek is.

Bibliografie

Craddock, F B 1990. Coping in Jesus absence (Jn. 9:1-41). Christian Century. March 14, p 275. Greeley, A 2000.

www.agreeley.com/homilies00/april2/htm. 2001/03/20. Newman, B M & Nida, E A 1980. A handbook on The Gospel

of John. New York: United Bible Societies. Ridderbos, H N 1997. The Gospel according to John. A theological

commentary. Grand Rapids: Eerdmans. Robbins, V K 1999. www.emory.edu/COLLEGE/RELIGION/faculty/

robbins/SRI/Examples/t/john1.htm. Copyright 1999. Emory University. 2001/03/20.