Johannes 3:14-21 (Desmond Meyer)

2 April 2000

Vierde Sondag in Lydenstyd

Ander tekste: Numeri 21:4-9; Psalm 107:1-3, 17-22; Efesirs 2:1-10

Teks en konteks

Johannes 3:1 -21 word ook in Woord teen die Lig 2 behandel as deel van die riglyne vir lydensprediking. Daar kan met vrug daarvan gebruik gemaak word.

Die meeste gesaghebbende kommentare is dit eens dat Johannes 3:1-21 'n eenheid vorm. Dit kan egter in twee verdeel word naamlik 'n dialoog en 'n monoloog. Die vraag is waar eindig die dialoog en begin die monoloog. Daaroor bestaan daar nie heeltemal sekerheid nie. Ons stel die volgende tweedeling voor:

Johannes 3: 1-21 wat die dialoog en

Johannes 3 : 13-21 wat die rnonoloog as onderdeel van die dialoog behandel.

In die eerste deel gaan dit hoofsaaklik oor die vraag na die wedergeboorte en verlossing. Die tweede deel s dit is alleen moontlik deur die neerdaling en verhoging van Jesus en ons geloof in Horn.

Die nuwe lewe is die gevolg van die neerdaling en verhoging van Jesus. Dit is dus 'n gawe (vers 13). Die gebeure waarvan vers 14 praat, verteenwoordig 'n draaipunt of snypunt in die lewe van Jesus.

Hoewel Johannes nie hier die woord "kruis" gebruik nie, is dit sonder twyfel 'n duidelike verwysing daarna. Aan die een kant verteenwoordig die kruisiging die eindpunt van sy lyding en aan die anderkant die begin van sy terugkeer na die Vader. Die vergelyking wat Johannes maak tussen die kruis en Moses en die slang is uniek by hom en is 'n sleutelvers in die perikoop wat ons graag van nader wil beskou. Dit is n aanhaling uit Numeri 21: 4-9.

In die gedeelte word vertel van die ongehoorsaamheid van die volk in die woestyn waarna God hul straf deur die pik van die giftige slang. In opdrag van God het Moses 'n koperslang op 'n paal verhoog sodat almal wat daarna gekyk het genesing ontvang het.

Die term "verhoog" het hier by Johannes 'n dubbele betekenis. Dit beteken dat Jesus letterlik verhoog is aan die kruis. Hy is met ander woorde, daaraan opgehang.

Die tweede betekenis is dieperliggend en is uniek aan Johannes. Dit funksioneer eintlik as wisselterm vir die "heerlikheid van Jesus" omdat dit verband hou met die heilsbetekenis van die kruis. Soos wat die kyk na die slang op die paal, in opdrag van God, genesing gebring het vir die mense in die woestyn, so bring die kruis genesing vir die wat glo.

Die heerlikheid van Jesus is uniek in die sin dat dit nie slegs in die opstanding en hemelvaart gele is nie, maar en veral ook in die kruis. Die kruisiging word by hom nie beskryf as 'n vernedering nie, maar as die verheerliking van die Seun van die mens (Ridderbos). Dit is deel van Jesus se verheerliking. Trouens, volgens hom kan 'n mens die heerlikheid van Jesus die beste aan die kruis sien. Die kruisiging en opstanding word nie chronologies geskei soos by Markus nie. maar word met een woord beskryf en altyd in verband gebring met die Seun van die mens (vgl ook Joh 8:28 en l2:32,34). Jesus se ganse heilswerk word dus verstaan as een deurlopende aksie van verhoging.

Jesus is verhoog (verheerlik) sodat die wat in Hom glo (=sien) die ewige lewe kan h. Die kruisiging geskied tot ons heil, terwille van ons (vers 15). Drin l die heerlikheid van die kruis. Daarom moet die heerlikheid van die kruis nie daarnaas en daaragter gesoek word nie, maar juis daarin. Dit is gele in die grusaamheid van die kruis self.

Vers 16 is 'n mooi samevatting van die diepste motivering en rede agter die kruisdood van Jesus naamlik, God se liefde. Terwyl die ander evangeliste meld dat Jesus ms sterf, noem Johannes dit nie. Hy beklemtoon daardeur dat dit 'n vrywillige daad van liefde was.

Terwyl verse 13 -16 die heilsdaad van God en die motivering daaragter beskryf , wil die daaropvolgende verse (17 - 21) die mens se verantwoordelikheid belig. Die mens moet 'n keuse maak ten opsigte van die lig wat na die wreld gekom het. Wie glo, ontvang verlossing (genesing). Ons keuse is bepalend vir ons eindbestemming. Die oordeel word dus reeds in hierdie lewe voltrek. Die finale oordeel aan die einde van alles beteken slegs dat die oordeel wat reeds plaasgevind het, openbaar gemaak word. (vers 18)

Daar behoort verder in die voorbereiding van die preek op die volgende gelet te word. Daar moet gewaak word teen die gedwonge allegoriese vergelykings tussen die kruis en die koperslang. The point of comparison is neither the stake nor the serpent, but the exaltation (Schnackenburg).

Die werklike punt van vergelyking is dus die verhoging of die verheerliking. Vanuit hierdie punt sou ons toepassings kon maak soos die heilswerking of verlossingskrag (genesing) van die verheerliking en die goddelike wil daaragter.

Verskillende benaderings sou gevolg kon word om te preek oor ons perikoop:

'n Voor die handliggende teks is natuurlik vers 16 waaroor daar n magdom van preke bestaan. Dit is noodsaaklik by 'n preek oor vers 16 dat die verband van die teks ook altyd in berekening gebring word. Die perikoop leen hom ook tot 'n Christologies-soteriologiese preek aan die hand van verse 14 en 15. Die aksent sou ook afsonderlik geplaas kon word op verse 17-21 waar die skerp en kritiese kant van die lig en liefde, naamlik die veroordeling aan die orde gestel kon word. In hierdie preekstudie sal die Christologies-soteriologiese benadering gevolg word met verse 14 en 15 as teksverse

Preekstudie

Die hoofklem van die preek val op die kruis en die verheerliking van die Seun van die mens. In 'n tweede punt kan gekyk word na die heilsame uitwerking daarvan, en in n derde ronde na die diepste motivering daaragter. Daar kan ten slotte aandag gegee word aan die keuse waartoe alles ons dwing en roep.

 

Inleiding

Ons assosieer die kruisdood van Jesus gewoonlik met die uiterste punt van sy lyding en sien dit as 'n grootskaalse vernedering. Die opstanding word weer gesien as sy verheerliking en teken van sy glorie. Johannes maak egter nie so 'n chronologiese onderskeid nie. Vir hom is Jesus se heerlikheid ook, en veral, te sien in sy kruisdood. By wyse van vergelyking met die koperslang van Moses in Numeri 21, wil hy hierdie verrassende waarheid illustreer. Die verheerliking van die Seun van die mens. Die belangrikste punt wat Johannes met hierdie vergelyking wil maak is om te wys hoe die Seun van die mens verhoog moet word. Die term "verhoog" het 'n dubbele betekenis. Die letterlike betekenis daarvan is dat Jesus hoog aan die kruis vasgenael was. Die kruisiging was 'n wrede openbare teregstelling.

Maar die tweede betekenis gaan veel verder en dieper. Johannes wil ook daarmee aandui dat Jesus juis aan die kruis verheerlik was. Dit is vir ons tog 'n vreemde gedagte en maak eintlik nie sin nie, want hoe bring 'n mens dan nou lyding en heerlikheid bymekaar uit? Dit is tog nie versoenbaar nie. Wat sou Johannes met die heerlikheid van die kruis bedoel ?

Die heerlikheid van die kruis is nie iets daaragter of daarnaas nie. Dit is ook nie daar ten spyte van die lyding nie. Nee, dit is juis gele in die lyding , in die grusaamheid van die kruis. Die heerlikheid van die kruis bestaan daarin dat Jesus dit alles vir ons gedoen het. Hy het ter wille van ns gely. Dit het geskied vir ns. Drin word Jesus verheerlik.

Daarom beskryf Johannes die kruisdood van Jesus nie as 'n vernedering en skande nie (vgl. sinoptiese evangeliste en Paulus). Inteendeel, die Here se grootheid is juis op sy duidelikste aan die kruis. Daar sien 'n mens die heerlikheid van Jesus op sy beste. Wie die heerlikheid van Jesus in die kruis raaksien, ontdek wie Hy werklik is, naamlik die Seun van die mens wat terwille van ons gesterf het.

Dit bring ons by die volgende punt. Wat is die gevolg van hierdie heerlikheid?

Die genesende krag van die kruis

Die Seun van die mens moet verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan h (vers 16). Dit is die gevolg van die heerlike sterwe van Jesus. Dit het n heilsame uitwerking op die lewens van mense. In terme van die vergelyking met die koperslang kan ons s dat die kruis genesende krag het. Die sien van die kruis het die krag om mense tot geloof en bekering te bring.

Die genesing beteken allereers dat daar versoening tussen ons en God gekom het. Die gebroke verhouding tussen God en mens is prinsipiee1 herstel. Dit is die heerlike waarheid van die kruisiging. Dit is die troosvolle versekering wat vasstaan. Die kruis is die geneesmiddel vir die dodelike uitwerking van die sonde op mense se lewens. Die loon van die sonde is immers die dood. God wil aan ons die ewige lewe gee. God beskik net oor die mag om ons te verlos nie, Hy wil dit ook doen. Jesus is daarvoor bestem. Daarom s vers 14 so moet die Seun van die mens verhoog word. Dit was God se heilshistoriese plan. Dit was sy wil , begeerte, sy diepste wens.

Hoekom wil Hy sondaarmense verlos tot die ewige lewe. Die diepste grond daarvoor is God se liefde vir ons. Dit word pragtig verwoord in die baie bekende vers 16. Want so lief het God die wreld gehad... Hierdie goddelike wil van God sluit egter nie die wilsbesluit van die mens uit nie.

Ons het ook 'n verantwoordelikheid. Die kruis vra om 'n keuse. Die kruis vra n keuse. Die kruis openbaar die heerlikheid van Jesus. Ons sien daarin dat Hy dit vir ons gedoen het, sodat ons kan lewe. Maar in die kruis sien ons ook wie ons is. Dit openbaar die diepste van ons eie bederf en ons totale verlorenheid. Die kruis is soos lig wat ons boosheid aan die kaak stel (vers 19). Wie in die lig van die kruis sy sonde en eie verlorenheid ontdek, kan een van twee keuses maak. Ons kan kies om te glo en na die lig te kom, of ons kan kies om in die duisternis te bly (vers 18).

Soos Nikodemus is daar by moderne mense ook die huiwering om te kom. Daar is meer as een rede vir hierdie huiwering en dikwels ook totale weiering:

Die vrees en eer vir mense word dikwels bo di van God gestel. Nikodemus se nagtelike besoek aan Jesus is onder andere te wyte aan sy vrees vir sy priesterlike kollegas. Die eer van sy groep en tradisie word gevolglik verhef bo die eis van Jesus.

Maar dan is daar ook die vrees vir verandering. Wie na die lig toe kom se lewe en dade word ontbloot. Hul lewe word verander. God kan en wil ons lewe verander van die donker na die lig. Die vraag is net of ons bereid is om verander te word deur die genesende krag van die kruis. Is ons bereid om volgens die waarheid te wandel.

Dit is nie slegs die wreld buite die kerk wat na die lig toe moet kom nie. Ook die kerk self moet haar voortdurend ondersoek in die lig van die kruis. Ons moet ook voortdurend verander of vernuwe word (vgl Efes. 4: 13). Wandel ons nog volgens die waarheid? Tree ons op in gehoorsaamheid aan God?

Wie kies om die rug op die lig te keer en weer die duisternis in te vaar, voltrek daarmee die oordeel van God oor hulself (18). Dit is ongelukkig die skerp en kritiese kant van die lig. Met die verkeerde keuse verander dit in 'n oordeel, in plaas van die Godgewilde lewe. Wie egter kies om na die lig te kom, sal die ewige lewe sal verkry.

 

Bibliografie

Schnackenburg (HThC) ; RE Brown (Anchor); EL Smelik (PNT); CK Barrett (SPCK); CH Talbert (LTC); Sloyan (Inerp); H. Ridderbos (TC); Wtl 1/2 ; 83-89 (CW Burger) Woord in Beweging deel 6 , 37 46 Augsburg Sermons Gospel Series B , 166 170; Jan du Rand , Terwille van liefde (Orion 95) , 24 27 Robert Kysar, John The Maverick Gospel (W/JKP 1976)