Johannes 1:43-51 (Daan Cloete)

16 Januarie 2000

Tweede Sondag na Epifanie

 

Ander tekste:††††††††††† 1 Samuel 3:1-10 (11-20); Psalm 139:1-6,13-18; 1 KorintiŽrs 6:12-20

God sien jou raak. God neem inisiatief. Hy ken jou deur en deur. Wie dit ontdek, bely en ervaar Jesus as die Koning.

Teks

Al die evangeliste beskryf die roeping van die dissipels, maar daar is nogal interessante variasies in die verhale wat dui op die eie inligting waarmee elkeen gewerk het.

Die weergawe van Johannes het twee belangrike kenmerke. Eerstens, gee Johannes die indruk dat die dissipels eintlik volgelinge van Johannes die Doper was. Hulle was dus mense wat al die behoefte gevoel het vir, belangstelling getoon het in en selfs betrokke was by vernuwingsbewegings by Israel van die tyd. Maar ook dat daar by hulle die verwagting na die koms van die Messias geleef het. Tweedens, is daar interessante name by soos die van Natanael wat heeltemal nie voorkom nie en Filippus wat minder prominent in die Sinoptiese Evangelies is.

Johannes begin dus ook om Jesus se openbare optrede te beskryf met die roeping van sy eerste volgelinge. Sy weergawe bevat interessante besonderhede van die dissipels wie se name genoem word en hulle reaksies op Jesus wat nie by die Sinoptiese Evangelies gevind word nie.Opmerklik is dat die direkte roep om agter Jesus aan te kom en waarop dan 'n onmiddellike reaksie volg wat tipies van die Sinoptiese Evangelies is, hier mindergebeur. Dit kom voor dat die proses hier eerder gepaard gaan met allerlei aktiwiteite en gesprekke vooraf. Die indruk word gegee dat die dissipels in die eerste plek gefassineer word deur die vraag of Jesus inderdaad die Messias is omdat Johannes die Doper, alhoewel hy daarop gesinspeel het, Hom nie met soveel woorde voorgestel het nie, maar met die onduidelik titel, Lam van God.

Die gedeelte word gekenmerk deur allerlei tegniese gegewens wat in die konteks van Johannes nie eenvoudig as gewone informasie afgemaak kan word nie. Dit sluit in plekbeskrywings soos Galilea, Betsaida, Nasaret, die vyeboom, die hemel, ensovoorts. Verder ook persoonsname soos Johannes die Doper, Andreas, Simon Petrus (Cefas), Filippus, Natanael, Israel. Opvallend is ook die baie titels wat reeds aan Jesus in die kort gedeelte toegedig word soos Lam van God, Rabbi(Meester), Messias(Christus), Jesus, die seun van Josef van Nasaret, Seun van God, Koning van Israel, Seun van die mens. Ook is daar die beklemtoning van tyd soos die volgende dag, die tiende uur, van nou af, ensovoorts. Hierdie gebruik van name en ander soortgelyke besonderhede het by Johannes dikwels 'n dieper betekenis waarmee rekening gehou moet word. Daarin lÍ dikwels betekenisse wat deel uitmaak van die agtergrond tot die gebeurtenisse wat in die gedeelte plaasvind.

Belangrik is dit om daarop te let dat die roeping by Johannestot dissipelskap is en nie apostelskap nie. Dit wil sÍ, hulle word in die eerste plek tot volgelinge van Jesus geroep en nie tot gesante nie alhoewel hulle dit aan die einde wel word. In die verband is twee aspekte opvallend in die gedeelte. Eerstens, blyk dit dat daar 'n bewuste poging tot gemeenskapsvorming is wat plaasvind. Individue uit verskillende agtergronde word bymekaar gebring om 'n eenheid te vorm soos later in die Evangelie ook blyk en voor gebid word. Iets van die groeiende gemeenskapsgevoel kom tot uitdrukking in die woorde van Filippus wat sÍ "Ons het die Messias gevind". Hierdie groep word later die twaalf genoem en vorm die kern van die Johannese gemeenskap of die kerk. Tweedens, word die dissipelskap verder beklemtoon deur die leerstyl wat die Evangelie kenmerk en wat alreeds in hierdie gedeelte sy beslag kry. Jesus word alreeds hier Rabbi genoem wat tot uitdrukking wil bring dat Hy iemand is wat gesag het om te kan leer. Dit word verder bevestig deur die gesprekskarakter van die gedeelte, want die oorwegende indruk isdat daar moontlik indringende gesprekke tussen Jesus en sommige van hierdie eerste dissipels kon plaasgevind het. So, byvoorbeeld,lyk dit asof die eerste twee van hulle 'n lang periode, dalk 'n hele nag by Hom deurgebring het (1:40). Die gesprekstyl is 'n verdere kenmerk van die hele Evangelie want daar vind dikwelsgesprekke tussen mense en Jesus plaas.

'n Ander aspek wat opval is die getuieniskarakter van die gedeelte. Dit word beklemtoon dat die dissipels mekaar na Jesustoe gelei het wat weereens die skepping van 'n gemeenskap wil onderstreep en die strategie wat daarmee gevolg is. Andreas het dit gereeld gedoen (6:8; 12:212). Sommige van hierdie dissipels, soos Andreas en Filippus, alhoewel hulle Jode is, verteenwoordig waarskynlik ook die wÍreld buite die Jodedom, want hulle dra hier Griekse name en hulle kom uit die streke soos Betsaida (vissersdorp) aan die See van Galilea waar Jode en nie-Jode saam hulle daaglikse bestaan as vissers gemaak het. Galilea waar die gebeurtenisse afspeel, vertoon weer die plurale samelewing van die tyd, teenoor die suiwerheid van Juda, en Natanael is waarskynlik 'n verteenwoordiger van daardie samelewing. Hulle verteenwoordig dus afdelings waar hulle 'n getuienis sou kon lewer. Daar is dus alreeds 'n universele en inklusiewe tendens in die roeping van die dissipels wat ook weer verder in die Evangelie deur die gesprekke met die Samaritane en die Grieke bevestig word.

Daarmee saam wil Johannes ook reeds hier die mate van gelykstelling beklemtoon wat die nuwe gemeenskap sal karakteriseer. Reeds hier is anonieme dissipels wat ook uitgenooi word wat sou kon beteken dat die persoon as sodanig nie so belangrik is nie. Johannes spreek wel van die twaalf, maar nÍrens word 'n lys van name gegee nie. In die Sinoptiese Evangelies word Petrus as die leidende figuur uitgebeeld beide in terme van die feit dat hy eerste geroep word en sy naam eerste op die apostellyste verskyn.Hier is hy nie die eerste dissipel wat geroep word nie en word hy selfs deur sy broer na Jesus gelei. In die Vierde Evangelie word hy soms oorskadu deur die geheime figuur van die geliefde dissipel. Dit alles dui daarop dat die dissipelskap eerder uitgaan van 'n onderlinge gelykheid en solidariteit as op 'n hiŽrargiese struktuur. Daarin lÍ die krag van hulle getuienis en sending in die wÍreld.

Die eise wat aan die dissipelskap gestel word, kom veral tot uitdrukking in die roeping van en gesprek met Natanael. Interessant is dat die naam nie in die sinoptiese apostellyste van die 12 verskyn nie, omdat hy dalk daar 'n ander naam dra. Belangrik is egter dat Jesus van hom sÍ dat hy 'n Israeliet sonder bedrog is. Alhoewel hy beslis 'n werklike persoon is, word hy hier tot die ideale dissipel verhef. Die gebruik van die naam, Israeliet, is hier belangrik. Hy is 'n ware Israeliet, dit wil sÍ, anders as die eerste Israeliet, Jakob van die Ou Testament wat bekend geword het as die bedrieŽr. Verder wil dit ook sÍ dat hy waarskynlik anders is as baie van die Jode van sy tyd wat in die evangelie uitgebeeld word as die groot teŽstanders van Jesus.Wat daar van die vyeboom in die Ou Testament gesÍ word as 'n plek van onderrig in die wet, van meditasie en gebed, sou daarop kon sinspeel dat hier iemand was wat alreeds 'n besondere verhouding met God gehad het en dat Jesus dit raakgesien het.Sy andersheid lÍ daarin dat Jesus sy opregtheid as persoon en sy openheid en gereedheid om Jesus te herken as die Messias, raakgesien het. Hierdie eienskappe karakteriseer die ware dissipelskap.

Die dissipelgemeenskap word vergader en gevorm rondom Jesus van Nasaret. Johannes die Doper kondig Jesus nie direk aan as die Messias nie, alhoewel hy in sy voorafgaande prediking en sy identifisering van Jesus dit byna in soveel woorde al gesÍ het. Die gevolgtrekking dat Hy die Messias is, het Andreas eerste gemaak en dit eers nadat hy 'n lang ontmoeting met Jesus gehad het. Johannes die Doper stel Hom bekend as die Lam van God waarmee alreeds gesinspeel word op die belangrikheid van sy kruisiging en opstanding. Filippus beklemtoon verder sy Messiasskap deur na Jesus te verwys as die een van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het. Sy menslikheid en nederigheid word vervat in die opmerking van Natanael of daar iets goeds uit Nasaret kan kom. Nasaret, as 'n messiaanse verwysing, kom nie in die Ou Testament voor nie. Daarby is dit ook 'n onopvallende plek selfs in die tyd van Jesus want dit is in Galilea geleŽ(7:41) en dit het nog nooit 'n profeet opgelewer nie(7:52). Tog kom uit dieselfde mond van Natanael die getuienis van Jesus se koningskap (Koning van Israel) en sy godheid (Seun van God) wanneer hy hoor watter bonatuurlike kennis Jesus van hom het. Die Israeliet sonder bedrogword herken deur die Koning van Israel sonder bedrog. Waar Jesus aan die begin slegs as 'n interessante Leermeester beskou word, word Hy spoedig as die Messias herken en bely. Jesus interpreteer Natanael se reaksie as geloof in Hom en dit word die ware kenmerk van dissipelskap, daarom die dubbele "voorwaar".Hy is die eerste, die ander dissipels kom tot die geloof in 2:11. In die tyd was daar baie Messiasse sodat die blote gebruik van die titel nie soveel sÍ nie. Eerder moet al die titels wat hier voorkom, verstaan word as die invulling van die Messias-titel. Dalk is dit juis bedoel om die valse Messiasse te ontmasker soos dit ook in die res van die Evangelie wil voorkom. Dit is Johannes se manier om te sÍ dat Jesus van Nasaret die Messias is. Die aksent vir dissipelskap lÍ dus veel meer op die spontane verhouding met Jesus as die Messias. Hulle gehoorsaamheid om Hom te volg, sluit ook die verbintenis aan Hom in. Maar daar is ook 'n groeiende besef en insig in wie die Jesus is wat die dissipels volg. Die Een rondom wie die gemeenskap vergader word, is waarlik die Woord wat vleesgeword en onder mense kom woon het.

Juis daarom is Hy ook die een wat van nou af die kontak lÍ tussen die hemel en die aarde. Dit word verwoord in die sinspeling van Jesus op die droom van Jakob destyds. Dit wat in die tyd van Jakob slegs 'n droom was, word nou 'n werklikheid. Jesus word nou die plek van toegang en die poort tot die hemel. Maar Hy is ook die Seun van die mens, dit wil sÍ die eskatologiese figuur wat aan die einde van die tye gaan kom om die oordeel uit te spreek. Opsommend, moet die groeiende gemeenskap weet dat die oomblik van genade en waarheid nou aangebreek het en dat die plek van genade maar ook van oordeel nou te vinde is en dat die hemele nou geopen word en dat die heerlikheid van God nou sigbaar geword het in die onopvallende persoon van Jesus van Nasaret en in sy verhoging en verheerliking aan die kruis as die Seun van die mens.

Preekvoorstel

Jesus soek mense wat na Hom vra. Hoe baie is daar nie wat juis die verlange na Hom het nie. Daar bly steeds 'n verlange na God by mense wie hulle ook mag wees. Die behoefte is soos koring wat ryp is om geoes te word, in die beelde van Johannes.Maar terselfdertyd is daar 'n behoefte na mense wat juis diesulkes na Jesus verwys. Die patroon, van mense na Jesus te lei om sy dissipels te word, bly nog van krag soos dit in die tyd van Johannes die Doper en diegene soos Andreas en Fillipus. Mense wordmeestal nie dissipels van Jesusnie, sonder dat ander getuienis aangaande Hom lewer, vertel dat Hy die Lam van God is wat ons sonde wegneem en dat Hy die Seun van God is wat mens soos ons geword het.

Die eerste verrassing bo alles is dat Hy ons ken voordat ons Hom ken, soos die geval was met Natanael vir wie Hy geken het nog voordat Filippus hom na Jesus toe uitgenooi het. Hy ken ons omdat Hy ook mens geword het soos ons, maar ook omdat Hy die Seun van God is wat ons diepste wese kan deursoek en ons gedagtes kan lees soos Hy die van Natanael gelees het.

Hy sien ons raak in die sin dat Hy ook die potensiaal in mense raaksien. Hierdie dissipels word geroep om aan Jesus verbind te word, maar ook om weer later uit te gaan om ander tot dissipels te maak, dit wil sÍ, ander aan Jesus te verbind tot navolging. Alhoewel hulle dus soos Petrus impulsief en wispelturig van aard mag wees, kan hulle tot rotse gevorm word of tot herders aangestel word, dit wil sÍ omgevorm word tot karakters op wie die gemeenskap van dissipels kan staatmaak en bou. God sien ons nie alleen raak nie, maar Hy ken ook die potensiaal in ons vir sy werk op aarde.