20 Januarie 2002

Tweede Sondag ná Epifanie

LITURGIESE VOORSTEL

Fokusteks: Johannes 1:29-42.

Ander tekste: Jesaja 49:1-7; Psalm 40:1-11; 1 Korintiërs 1:1-9.

GOD VERGADER ONS VOOR HOM

Moontlike alternatiewe votums:

Votum (Jes 49:6-7)

Ek maak jou 地 lig vir die nasies

sodat die redding wat Ek bewerk,

die uithoeke van die aarde sal bereik.

So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser,

vir dié een wat diep verag is,

wat deur nasies verafsku word

en wat 地 dienaar van regeerders is:

Konings sal sien wat gebeur

en sal opstaan,

leiers sal buig

tot eer van die Here wat getrou is,

die Heilige van Israel

wat jou uitverkies het.

Seëngroet

Lig, verlossing en vrede van Jesus die Koning wat regeer oor die hele aarde.

Of:

Votum (Op 5:13)

Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde

en onder die aarde en op die see,

ja, alles wat daar is, het ek hoor sê:

"Aan Hom wat op die troon sit,

en aan die Lam,

behoort die lof en die eer,

die heerlikheid en die krag,

tot in alle ewigheid."

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon en van

Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings

van die aarde.

Lofgesange

Gesang 119 (x2)/NSG 107:3, 4: "O, Lam van God ..."

Gesang 124:1, 2, 4/NSG 98: "O, Lam van God onskuldig ..."

Of:

NJB 2:1, 2, 3: "Aan Jesus, Koning al die eer!"

NJB 3:1, 2, 3: "Loof die Heer, Hy is goed ..."

Kindertyd en verbondsluiting

(Benodigdhede: 地 Pragtige skets, prent of transparant van 地 lammetjie, asook 地 tweede skets, prent of transparant

van 地 skaap wat geslag word.)

Roep die kinders voor na die liturgiese ruimte toe en laat hulle rondom die doopvont sit. Wys vir hulle die transparant/

tekening van die lammetjie. Vra aan hulle 地 paar vrae, soos: Wie was al op 地 skaapplaas? Wie ken lammers?

Is 地 lammetjie vir hulle mooi? Hoekom?

Wys vir hulle die tweede prent van 地 skaap wat geslag word. Wie van die kinders het al gesien hoe 地 skaap geslag

word? Dit is wat met lammers op 地 plaas gebeur. Dit is nie 地 aangename ervaring wanneer 地 skaap geslag word

nie, omdat bloed vloei en dit ons aan die dood laat dink.

Verduidelik aan die kinders die gedagte dat Christus die Lam is wat geslag is om ons sonde weg te neem. Op

Golgota word Christus geslag ter wille van ons sondes. Maar Christus het op die derde dag uit die dood opgestaan

en daarom is Hy die Lam van God wat die sondes van die wêreld weggeneem het.

Verduidelik nou vir die kinders die betekenis van hulle eie doop. Die doopwater herinner ons aan die bloed van

Christus wat gevloei het om ons sondes af te was. Christus is ook die Lam wat die dood oorwin het. Ons doop

herinner ons dat ons saam met Christus gesterf en saam met Hom opgestaan het.

Aanbiddingsliedere (sittend; die kinders bly voor by die doopvont)

NJB 4 (3x): "Dankie Heer, dankie Heer" (NSG 237).

NJB 10:1, 2: "Ek weet verseker dat Jesus leef ..."

Gebed (na Op 5:11-12)

Lam van God,

U wat op die troon sit

en waardig is om die boekrol oop te maak:

U kom toe die mag en die rykdom

die wysheid en die sterkte,

die eer, heerlikheid en lof.

Ons dank U dat ons in u Naam gedoop is

en daarom waardig is

om in die toekomstige bruilofsmaal

van die Lam te deel.

Amen.

(Die kinders gaan terug na hulle ouers.)

DIENS VAN DIE WOORD

Skriflesing

Johannes 1:29-42.

Prediking

DIENS VAN DIE TAFEL

Nagmaalherinnering

Die liturg gaan af en staan by die nagmaaltafel, neem die brood en beker en verduidelik dat die liggaam en die bloed

van die Lam vir ons sondes gebreek is en gevloei het. Die gedagte word treffend in Openbaring 5 saamgevat. Hier

getuig die hele skepping saam van dié groot oorwinning. Die getuienis word afgelê in die hemelse troonsaal. Die

doel van die getuies is lofprysing. Dit gaan daaroor om eer en lof toe te bring aan die Lam wat geslag is. Terwyl ons

in stilte hieroor nadink, sing die koor (of die orrelis speel voor) "Worthy is the Lamb that was slain" uit Handel se

Messias. (Dit is die eintlike klimaks van die Messias, nie die Hallelujakoor nie.)

Voorbidding

Wanneer U verskyn en ons wêreld onder u Lig stel,

sal niks verborge bly wat nie in dié Lig gedy.

Daarom bid ons vanweë die onsêbare verdriet

wat ons mekaar aandoen,

vroue deur mans, kinders deur ouers,

geringe mense deur belangrikes en magtiges,

gee aan ons onderskeidingsvermoë

om reg te doen aan wie vertrap word,

te beskerm wie verneder word,

te vertroos wie gepynig word.

Gee ook aan ons onder mekaar

liefdevolle en kritiese omgang,

waarmee ons nader aan mekaar kan groei.

Ons bid vir mense wat tekort gedoen is

in toegeneentheid, in liefde,

dat hulle blywende wonde

in ons midde versag sal word,

vir mense wat onmagtig is

om liefde te gee en te ervaar,

dat hulle hulleself kan weggee

aan mense wat hulle kan vertrou.

En hier rondom die tafel

waar ons deel in u vrede,

wil ons dink aan mense

wat ook vanoggend ons

deelgenote is deur die bloed van die Lam:

armes, wat deel in ons betroubaarheid en welvaart,

siekes, wat deel in ons nabyheid en aandag,

hartseer mense, wat deel in ons vertroosting en aanwesigheid,

onderdruktes, wat deel in ons liefde en ondersteuning,

sodat u Naam vir altyd geheilig kan word.

Amen.

Dankoffers

UITSENDING

Tien woorde (as verbintenis en uitsending)

Liturg: Met u Woord in ons hart

en ons hande vaardig om vir U te werk

bely ons, o Heer,

teenoor U en ons naaste:

Liturg en gemeente: dat ons U sal dien en niemand anders nie

dat ons u beeld en gelykenis sal erken

in die gestalte van Jesus Christus,

dienskneg van die onbelangrikste mense

dat ons u Naam sal heilig

dat ons u toekomstige dag sal vier

dat ons ons ouers sal eerbiedig

dat ons die lewe sal vier

dat ons aan mekaar trou sal wees

dat ons niks van mekaar sal begeer nie

dat ons mekaar met waarheid sal ontmoet

dat ons mekaar die goeie van die lewe sal gun.

66

Liturg (namens gemeente): So het ons gehoor,

so sal ons doen.

Here, ons God,

groot is U.

Liturg: Amen.

Gemeente: Amen.

Slotsang

JSB (rooi) 4:1, 2, 3: "Aan die Vader dank en ere" (NSG 268:1, 2).

Seën

Die Lam van God

wat die sondes van die wêreld weggeneem het,

sal u gebede verhoor

en alles aan u skenk

wat u nodig het om te leef:

lewenskrag en vreugde,

hoop en goedheid,

wat mense verbind

om saam die pad te stap

van die Een wat ons Lig is:

Jesus Christus,

vandag en tot aan die einde van die tyd.

Teks

Ná die bekende Johannese proloog (vv 1-18) is verse 19-34 地 tweeledige getuienis van Johannes die Doper.

Eerstens getuig hy voor die priesters en Leviete in verse 19-28. In hierdie getuienis ontken hy op 地 negatiewe

manier dat hy die Messias is en minimaliseer sy eie rol in vergelyking met die Persoon wat ná hom kom. Dan, in

verse 29-34, sien Johannes vir Jesus en gee 地 positiewe getuienis wat die identiteit van Jesus bevestig. Hy is die

Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem, die Een op wie die Gees kom. Verse 35-42 vertel die verhaal

van die roeping van die eerste dissipels. Vir die doel van die prediking is dit moontlik om op verse 29-34 of op verse

35-42 te konsentreer. Die fokus van hierdie studie val op Johannes se uitspraak: "Dáár is die Lam van God ...!" wat

ons in verse 29 en 35 aantref.

Die struktuur van hierdie teksgedeelte bestaan uit 地 spiraalargument wat verband hou met die getuienis van

Johannes die Doper. In vers 29 sien Johannes vir Jesus en getuig oor wie Hy is (die Lam van God), met vers 30

wat laasgenoemde komplementeer met woorde oor Jesus se Persoon en werk. Saam vorm hierdie twee verse een

van die mooiste Christologiese belydenisse in die ganse Nuwe Testament. In vers 31 gee Johannes 地 kwalifikasie.

Hy self het nie geweet wie Jesus is nie, maar sy eie doopbediening was in sekere sin deel van die voorbereiding

vir sy koms. Verse 32-33 kyk terug na die doop van Jesus en gee Johannes se getuienis en bevestiging dat die

Gees op Hom gekom het. Johannes verklaar dat dit 地 Godgegewe teken was sodat hy kon weet wie hierdie

onbekende Persoon is vir wie hy die pad voorberei het. In vers 34 herhaal Johannes sy getuienis. Daarmee bevestig

hy weer eens die identiteit van Jesus, naamlik dat Hy die Seun van God is en ons vind nog 地 pragtige Christologiese

belydenis.

Konteks

Jan van der Watt gee 地 "pikturale voorstelling" van Johannes se teologie. Hierdie voorstelling help ons om in prente

vir onsself duidelikheid te kry oor wat God, volgens die skrywer van die Evangelie, kom doen het. Hy beskryf dit

soos volg: God is van "bo". Hy bepaal die "bo" kwalitatief deur waarheid, lig en lewe. Die duiwel is van "onder" as

die owerste van hierdie wêreld. Die "onder" word kwalitatief beskryf as duisternis, dood en leuen. In die "bo" staan

God in 地 besonderse verhouding met die Seun wat kwalitatief deel het aan die eienskappe van die "bo". God rus

die Seun toe en stuur Hom na "onder". Deur sy sending maak Hy die "bo" in die "onder" teenwoordig. Mense

reageer op die openbare teenwoordigheid van die Seun, in sommige gevalle positief deur geloof, in ander gevalle

negatief deur ongehoorsaamheid. Die gelowiges is in die werklikheid van die "bo" gebore en kry so die ewige lewe

wat 地 bestaan in die werklikheid moontlik maak. Die gelowiges leef nou in gehoorsame navolging van Jesus. Die

PREEKSTUDIE - JOHANNES 1:29-42

wêreld reageer in haat teenoor Jesus en die gelowiges. Jesus gaan terug na sy Vader via die verheerliking aan die

kruis en van die opstanding. Die gelowiges sit die sending van Jesus voort met die hulp van die Parakleet. Op die

"laaste dag" sal die gelowiges liggaamlik opgewek en die ongehoorsames se oordeel sal bevestig word.

Die manier waarop die skrywer ons dus aan Jesus voorstel, is dat Hy 地 Goddelike figuur is wat in die wêreld

ingekom het om lig en redding te bring. Jesus is dan ook ten volle bewus van sy Goddelike oorsprong en doel en

Hy verkondig hierdie Goddelikheid aan almal wat wil luister. Ten spyte van die feit dat daar nie baie is wat glo nie,

is daar geen geheim oor Jesus se identiteit nie. 地 Beeld wat in dié verband besonder betekenisvol is, is dié van

Jesus as die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (1:29). Indien dit die geval is, is die kerk die

versameling van mense wat weet dat hulle sondaars is wat uit God se vergifnis leef.

Alhoewel Johannes die Doper Jesus nie geken het nie, kry hy die opdrag van God om in 地 bediening te werk wat

as voorbereiding moes dien vir die verskyning (epifanie) van Jesus. Maar hy kry nie net 地 opdrag nie, hy kry ook

地 belofte dat God die Een wat ná hom sou kom, aan hom bekend sou maak op die gepaste tyd. Johannes is aan

die werk, en God doen sy belofte gestand, want Jesus verskyn inderdaad en God wys ook op 地 dramatiese manier

vir Johannes wie Jesus is. Toe Johannes Jesus herken en erken, was dit moontlik om op 地 verskeidenheid maniere

oor Hom te praat en te getuig. Alhoewel Johannes Jesus dus nie geken het nie, het hy God in geloof en hoop

gedien.

In laasgenoemde lê 地 belangrike hermeneutiese sleutel vir ons eie omgang met "die Lam van God". Geloof en hoop

is noodsaaklike voorvereistes vir ons eie herkenning en diens aan die Lam van God. Ek en jy leef en werk nie in

die hoop dat ons eendag 地 onbekende messias sal ontmoet nie, want Hy het reeds gekom. Die verhaal van hierdie

Lam van God is aan ons goed bekend. In ons pogings om getrou te bly aan dit waartoe God ons roep, bly ons fokus

op dié Lam. Ons kyk terug in herinnering aan die geskiedenis van die Lam. Ons kyk ook rondom ons na ons huidige

situasie vir die betekenis van navolging van die Lam in die hier en nou. Maar ons kyk ook in verwagting vorentoe

na die finale oorwinning van die Lam. In hierdie Lam het God die tye verenig en het ons verlossing 地 werklikheid

geword. Ons hoop is verder as ons eie beperkte horisonne, geleë in God se toekoms. Tog weet ons reeds iets van

dié toekoms omdat God dit reeds laat realiseer het. In ons navolging van die Lam weet ons dat ons nie met

wensdenkery te doen het nie, want dié Lam hét reeds verskyn (epifanie). Deur te leef vanuit die oorwinning van die

Lam is dit ook moontlik om die sonde van die wêreld in die oë te kyk met die vaste oortuiging dat die bloed van die

Lam hierdie sonde kan wegneem. Dit doen God deur die gawe van sy Gees.

Om Jesus die Lam te noem kan volgens Jan du Rand 地 paar betekenisse by die omstanders oproep. Hy skryf:

"Dink Johannes aan die Lam in Jeremia 11:19; of aan die daaglikse offerlam wat geslag moes word; of aan die lam

wat in Isak se plek geoffer is; of aan die kneg van die Here in Jesaja 53, aangesien die Aramese woord vir lam

(talya) vir sowel kneg as lam gebruik kan word? Of selfs moontlik aan die triomferende Lam volgens Openbaring

7:17; 17:14? Dink Johannes nie dalk aan die paaslam nie? Die tema van Paasfees kom meermale in die Evangelie

voor. Die grootste probleem is dat nooit aan die paaslam as sondoffer gedink is nie."

Preekvoorstel

As kind was ek bevoorreg omdat sowel my oupa as my oom in die Karoo geboer het. My ouers het self 地 groot

liefde vir die plaaslewe gehad, met die gevolg dat ons gereeld op familieplase in die omgewing van Somerset-Oos

vakansie gehou het. Daar is so baie dinge wat 地 mens bybly uit jou kinderdae. Maar een van die dinge wat ek goed

onthou, is die manier waarop daar met die skape gewerk is. Ons het gereeld saam met die arbeiders gestap wat

die skape moes aanjaag om geskeer of gedip te word. Op 地 ervare manier het hulle die sweep geklap bokant die

skape sonder om hulle raak te slaan. Maar daar was altyd 地 lam of twee wat die spoor byster geraak het en met

moeite teruggebring moes word. Ek het veral die ou klein lammertjies jammer gekry. Hulle het maar gesukkel om

by te bly. As ek my oë toemaak, ruik ek nog die karoobossies. En veral daardie besonderse reuk van die skape se

wol in skeertyd.

Ongelukkig het ek nie net aangename ervarings van werk met skape nie. Want daar was ook dié tye dat dieselfde

lammertjies se sterte met 地 knipmes afgesny is. Maar wat vir my as kind nog meer ontstellend was, was wanneer

daar skaap geslag is. Om te sien hoe die vlymskerp mes deur die skaap se keelvel klief en die vars rooi bloed uit

die hoofslagaar spuit, het my 地 hol kol op die maag gegee. Feit is, ek het goeie en slegte gevoelens oor skape uit

my kinderdae oorgehou. 地 Ander Afrikaanse begrip wat ons daarvoor gebruik, is "ambivalente gevoelens", dubbele

gevoelens, nostalgie en verlange na die verlede, maar ook die pyn oor die slag van 地 dier.

Met die lees van ons teksgedeelte het ek hierdie selfde ambivalente gevoel gekry. In Johannes 1:29 sê Johannes

toe hy Jesus na hom toe sien aankom: "Dáár is die Lam van God ..." En net sewe verse verder herhaal hy dié

woorde. Dáár is die Lam! Nadat ons in die voorafgaande gedeelte gelees het hoe Johannes eers verduidelik wie hy

nie is nie dat hy nie die Christus is nie, nie Elia nie en ook nie 地 profeet nie gee hy nou 地 positiewe aanduiding

van wie hy wel is: hy is die een wat roep in die woestyn. En net nadat hy dit gesê het, sien hy Jesus aankom en hy

sê: "Dáár is die Lam van God ...!"

Dit is hierdie woorde wat my in die boeke laat rondkrap het. Wat het Johannes bedoel toe hy van Jesus gepraat het

as die Lam van God? Wat is die agtergrond van hierdie beeld? En wat wou hy daarmee vir die dissipels oor Jesus

sê? Dit was baie interessant om die verskillende moontlike interpretasies van dié begrip na te vors en ek wil dit

graag met jou deel.

Die eerste betekenis verbind die kommentatore (vgl ook die opmerkings van Du Rand hier bo) aan die Lam wat die

oorwinning behaal. In die Jodedom, veral in die Joodse apokaliptiek, was daar 地 sterk tradisie wat gereken het dat

die lam van God die finale oorwinning oor die Bose sou behaal. En dit is presies waarvan ons later in die Openbaring

aan Johannes lees. Gaan lees gerus Openbaring 4 en 5 waar daar 地 groot verwagting is oor wie in staat is om

seëls te breek van die boekrol waarin al die geheime van die wêreld opgeskryf is. Een van die ouderlinge sê vir

Johannes die leeu uit die stam van Juda het die oorwinning behaal, hy is in staat. En wanneer Johannes omdraai

om na die leeu te kyk, sien hy 地 geslagte Lam wat op die troon sit. Net in die volgende hoofstukke lees ons dan

hoe hierdie geslagte Lam sy mense sal lei en uiteindelik die oorwinning behaal.

Vandag is die tweede Sondag ná Epifanie. Hierdie Lam wat die oorwinning behaal, het mens geword en aan ons

verskyn. Epifanie was die begin van sy oorwinningstog en ek en jy is vanoggend bymekaar om dit te vier en te

gedenk.

Die tweede betekenis wat die Bybeluitleggers aan ons uitwys, is dié van die Lam as die lydende kneg. Hierdie beeld

het ook 地 baie sterk Ou-Testamentiese agtergrond. Dit is veral in aansluiting by Jesaja 42 en Jesaja 52 en 53 waar

die kenmerke van die lydende kneg uitgespel word. Op verskillende plekke in die Nuwe Testament sien ons hoe die

skrywers dié aangrypende beskrywing van die lydende kneg op Jesus van toepassing maak. Dit is veral Jesaja 53:7

wat dié tema aangrypend beskryf: "Soos 地 lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 地 skaap wat stil is as

hy geskeer word, het hy nie gekla nie." As volbloed-Jood, wat self uit die woestyn gekom en die Ou-Testamentiese

geskrifte goed geken het, moes hierdie woorde beslis ook in Johannes se agterkop gewees het.

Die derde betekenis vind ons in die Lam as die paaslam wat geslag moes word. Weer eens is die Ou-Testamentiese

agtergrond baie sterk aanwesig. Dit is veral die gebeure van Eksodus 22 met die uittog van die Israeliete uit Egipte

wat die agtergrond vorm. Ons onthou hoe die paaslam geslag en die bloed aan die deurkosyne gesmeer moes word

sodat die doodsengel verby kon gaan. Dit was ook op hierdie selfde dag 地 paar jaar later dat Jesus gekruisig is.

En dit is juis hier waar al die punte bymekaarkom.

Geliefdes, verstaan julle die paradoks, die ambivalensie? Die Lam wat die oorwinning behaal het, was nie alleen

die lydende kneg nie, maar ook die paaslam wat self geslag is. Dit is hier waar die tweede deel van Johannes 1:19

vir ons op 地 nuwe manier betekenis kry. Luister net weer wat daar staan: "Dáár is die Lam van God wat die sonde

van die wêreld wegneem!" Is dit nie aangrypend nie? Gee dit jou nie ook 地 hol kol op jou maag nie? Die Lam van

God behaal die oorwinning, maar Hy behaal die oorwinning deur die feit dat Hy bereid is om te ly en geslag te word,

sodat die wêreld se sonde weggeneem kan word.

Dit is hierdie paradoksale gebeure wat die verbeelding van skrywers en kunstenaars deur die eeue heen aangegryp

het. Hier kan verwys word na verskillende skilders wat dié tema as onderwerp vir hulle skilderye gebruik het. Daar

is byvoorbeeld die aangrypende skildery wat Francisco de Zurbaran in die 16de eeu geskilder het. Dit beeld net die

lam alleen uit wat gereed is om geslag te word. Dieselfde skilder het 地 ander skildery geskilder waarin hy Jesus in

die krip skilder, maar dan baie aangrypend op die voorgrond ook die lam wat gebind is. Daarmee probeer hy juis

om dié twee pole bymekaar te hou die blydskap en vreugde van die Christuskind se geboorte, maar in die

voorgrond die Lam wat gereed is om geslag te word.

In die wêreld van musiek was dit groot komponiste soos Handel en Mozart wat roem verwerf het met hulle

musiekverwerkings van die Agnus Dei en Holy is the Lamb of God. As jy meer hiervan wil weet, vra gerus jou orrelis

wat jou van die verskillende komponiste se interpretasies van dié gebeure kan vertel en dalk voorbeelde daarvan

kan voorspeel. Pragtige snitte is ook op CD beskikbaar.

Geliefdes, watter impak het hierdie verhaal vanoggend op ons? Dit lyk my of die eerste afleiding wat ons hieruit kan

maak, in aansluiting by die skildery van De Zurbaran, is dat die meeste van ons iets verstaan van die gebondenheid

van die Lam. Of dit in ons persoonlike lewe is, in ons verhoudingslewe, in ons beroep, of sommer ons gevoel in die

algemeen oor ons konteks hier aan die suidpunt van Afrika daar is baie mense wat voel dat hulle beweging

ingeperk is.

In dié verband gee die beeld van die Lam van God ons as 奏 ware 地 paradigma vir die ambivalensies en paradokse

in ons eie lewe. Ek weet van talle mense wat nie die sin van lyding kon verstaan terwyl hulle in die lydensproses

was nie, maar wat agterna vertel het dat dit juis in daardie momente was dat hulle die naaste aan God was. Hulle

vertel hoe die lyding bygedra het tot 地 ongekende groei in hulle geloofslewe. Hoe hulle by kante van God se genade

uitgekom het wat hulle andersins nooit sou leer ken het nie. Iemand het eenkeer gesê ons leer maar min in die tye

wanneer dit met ons goed gaan. Dit is in die swaarkrytye van die lewe dat ons die meeste van God se sorg en van

onsself leer.

地 Tweede afleiding hou verband met hierdie spesifieke Sondag. As Christene bevind ons ons in die tyd van Epifanie

die tyd toe die Lam sy verskyning in ons donker wêreld gemaak het. Maar ons kan Epifanie nie reg verstaan

sonder om ook te dink aan die pad wat die Lam uiteindelik moes loop nie. 地 Pad wat by die offeraltaar op Golgota

geëindig het.

Bibliografie

Du Rand, J A 1995. Ter wille van liefde: Johannes, die Woord vir die mense. Roberts, J H et al 1990. Teologie in

konteks. Soards, M et al 1993. Preaching the Revised Common Lectionary. Year A.