Lukas 24: 44 - 53 (Ockert Meyer)

24 Mei 2001

HEMELVAART

†††††††††††

Ander tekste:††††††††††† Psalm 47 of 93; Handelinge1:1-11; EfesiŽrs 1:15-23

Teks en Konteks

Daar is baie min eksegetiese probleme in hierdie gedeelte. Marshall deel die perikoop op in 44-49, die opdrag tot sending en 50-53, die vertrek van Jesus.Nadat Hy sy afskeidswoorde aan hulle gerig het, het Jesus hulle geseŽn en is Hy in die hemel opgeneem. Lukas lewer uiters bondig verslag oor hierdie gebeure. Wat wel duidelik is, is dat hy die vertrek van Jesus die hoogtepunt van sy evangelie maak Ė ook die punt waar Handelinge die verhaal weer opneem.

Lukas praat dus tweekeer van Jesus se hemelvaart: by die afsluiting van die een boek en by die begin van die ander. Hierdeur kry die hemelvaart ook die karakter van 'n afsluiting en 'n nuwe aanvang. Dit beteken 'n weggaan van mense, 'n skeiding, maar geen afskeid in die sin dat die verbinding tussen hulle volledig verbreek word nie. Die positiewe moment wat hierin vervat is, kom daarin tot uitdrukking dat die dissipels na die afskeid van Jesus met groot blydskap na Jerusalem teruggekeer het.

Wat verder opvallend is van die kort verslag oor die hemelvaart, is die feit dat Jesus sy dissipels uit die stad uitgevat het (met ander woorde, weg van die oŽ van nuuskierige of ongelowige mense) na 'n plek naby BetaniŽ (vlg. Hand 1:12, die Olyfberg). Wat die merkwaardige hiervan is dat Jesus verkies om die geloof by mense te wek deur die prediking, navertel of die verkondiging van hierdie gebeure en nie deur die aanskouing van die wonder self nie.

Dit is natuurlik ook by die Olyfberg waar Jesus se lydingsweg, die pad van vernedering en smaad begin het Ė die pad wat met sy kruisiging geŽindig het. Dit is dus nie sonder rede dat Jesus die dissipels weer hier bymekaarbring nie. Tweekeer tydens die vertrek van Jesus maak Lukas die opmerking dat Hy hulle (die dissipels) geseŽn. (Vir verdere uitbreiding oor wat die 'seŽn' beteken, kyk onder Preekvoorstel).Dit beteken onder meer dat Jesus al die dissipels weer bymekaartrek, opnuut 'n eenheid maak. En let wel, almal word geseŽn, Petrus, die verraaier, Tomas, die twyfelaar; almal wat Hom in die oomblik van sy vernedering en smaad verlaat het.

Lukas vertel dat terwyl Jesus die dissipels seŽn, Hy in die hemel opgeneem is. Met die uitdrukking dat Hy in die 'hemel' opgeneem is, word niks anders gesÍ dat Hy verheerlik is, dat Hy volkome deurdronge was van die teenwoordigheid van God. Daar word dus nie hiermee 'n uitspraak gemaak oor die plek waar Hy hom bevind nie, maar veel eerder moet dit gesien word as 'n aanduiding van 'n nuwe vorm van bestaan. (vgl. Berkhof)

Nadat Jesus in die hemel opgeneem is, sÍ Lukas, het sy dissipels met groot blydskap na Jerusalem teruggekeer. Dit is opvallend dat hierdie woorde slegs tweekeer in Lukas voorkom. Die eerste maal is reg aan die begin van die evangelie en die tweede maal heel aan die einde. Lukas het dit waarskynlik bewustelik so gekies om daarmee 'n aanduiding te gee dat die evangelie van Jesus Christus 'n verhaal van groot blydskap is.

Na die geboorte van Jesus sÍ die engel aan die herders: Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is (2:10).

Versteeg wys daarop dat dit egter nie 'n blote herhaling van die woorde is nie. Met die geboorteverhaal is daar sprake van die Ďbring van die tyding van blydskapí, terwyl dit aan die einde gestel word dat die dissipels Ďgroot blydskap beleef hetí. Hierin lÍ die voortgang van Kersfees na hemelvaart. In die hemelvaart vind die geboorte van Jesus sy doel en vervulling. Deur die werk wat Jesus deur sy lyding en opstanding volbring het, word die blydskap van 'n boodskap vir die mense tot 'n werklikheid van die mense.

Hiermee word iets van die karakter van die viering van hemelvaart aangedui. Dit gaan in hierdie gebeure van afskeid nie om 'n wegkeer van die Here nie, maar ten diepste oor 'n toekeer. Die God wat weggaan is terselfdertyd die Een wat kom. Die afsluiting is fundamenteel 'n nuwe begin.

Met hierdie insig in gedagte, trek Rahner die konsekwensies hiervan op 'n skerpsinnige en tegelykertyd diepsinnige wyse deur na ons geestelike lewe:

"Hemelvaart is de algemene gebeurtenis van de heilsgeschiedenis die zich in onze persoonlijke genadegeschiedenis moet herhalen: wij worden rijk wanneer wij arm worden, verlicht wanneer de lichten van de wereld uitdoven, meer met Hem verenigd, wanneer wij schijnbaar vervreemden van zijn aardse vleselijke nabijheid. Wanneer wij alleen maar verlatenheid en leegte in ons hart menen te bespeuren, wanneer alle feestjubel ons als officiŽle drukte voorkomt, omdat men zich de eigenlijke waarheid over zijn persoon immers niet toe kan geven, dan zijn wij in werkelijkheid beter op het feest van hemelvaart voorbereid dan wij vermoeden. Hij ontneemt ons immers slechts de schijn om ons zijn werkelijkheid te geven. De oneindige, naamloze werkelijkheid, die Hij, van de Vader ontvangen, in zijn Geest aan ons geeft, die wij ontvangen kunnen, omdat Hij, met het onze terugkerend, ons zů omgevormd heeft, dat wij aan God deelachtig kunnen zijn."

Preekvoorstel

Ons almal ken oomblikke van intense geluk. Ons het almal ervaring daarvan dat 'n mens se lewe vol en vol vreugde kan wees. Maar ons ken almal terselfdertyd ook die anderkant van die lewe. Ons ken dit uit persoonlike ervaring en ons ken dit uit die verhale van swaarkry, droefheid en pyn wat ons ore elke dag bereik. 'n Baie toegewyde gelowige het nou eendag teenoor my die opmerking gemaak dat sy weet dat Jesus dit ook swaar gehad het terwyl Hy op die aarde was, maar dat Hy nou veilig in die hemel sit terwyl sy daagliks die lewe soos 'n stuk loodswaar bagasie op haar rug moet dra. Sy swaarkry het vir drie jaar geduur, maar haar swaarkry duur al vir dertig jaar.

Die Duitse teoloog, Helmut Thielicke, vertel dat toe hulle gesin hierdie gedeelte by geleentheid saamgelees het, die jongste opgemerk het: "Toe die Here Jesus in die hemel aangekom het, het sy Vader vir Hom gesÍ: nou moet jy maar hier bly, anders kom jy net weer in die moeilikheid."

Wat hier in kinderlike onskuld gesÍ is, leef op verskillende vlakke nog by baie volwasse Christene. Na sy hemelvaart is Jesus opgeneem in die veiligheid van die hemel, lewe Hy in die koestering van die Vader se arms, in die pynlose ewigheid.

So het die meeste, veral griekse, filosowe ook destyds gedink oor die hemel en die aarde. Vir hulle was die hemel die samevattende begrip vir die lig aan die ander kant van ons wÍreld en tyd, die sfeer waarin die suiwer idees woon. 'n WÍreld wat nie onderwerp is aan die verganklikheid en die tydelikheid van ons aarde nie. Hierin woon die Ewige, ver verwyderd van die slegte en die swaar van mens en wÍreld.

Die eerste ding in hierdie teks wat 'n mens laat wonder of ons die saak reg verstaan, is wanneer Lukas sÍ dat die dissipels na Jesus se hemelvaart met groot blydskap na Jerusalem teruggegaan het. Dit voel vir 'n mens asof iets nie klop nie. Jesus was nie alleen hulle Heer en leermeester nie, Hy was ook hulle vriend, iemand met wie hulle 'n besondere pad saamgeloop het. 'n Mens sou darem ten minste 'n bietjie weemoed verwag.

Nou is dit interessant dat die Griekse woord wat Lukas gebruik, hier op 'n unieke manier gebruik word. Die woord dustonai beteken Ďom weg te gaaní of Ďom afskeid te neemí (soos wat die ou vertaling sÍ), maar hier beteken dit nie 'n afskeid soos wanneer die verbinding tussen persone volledig verbreek word nie. Dit beteken veel eerder 'n afskeid waarin die verbinding tussen mense op 'n nuwe manier voortleef.

Volgens Lukas se verstaan van Jesus se afskeid, is Hy nůg besig om tot siens te sÍ, en nůg besig om sy dissipels vaarwel toe te roep. Hy is besig om vir hulle te toon waar hulle vroeŽr aan Hom kon raak, Hom kon sien en hoor, dit nou alleen Hy is wat aan hulle kan raak.

Daar is egter ook 'n tweede saak wat hier baie belangrik is. Ons lees dat Jesus met sy weggaan in die hemel opgeneem is. In die populÍre verstaan is die hemel dikwels ons voorstelling van die plek waar God in alle ewigheid woon en waar ons uiteindelik ook saam met Hom vir die ewigheid gaan bly. Dit is interessant om te sien dat die Bybel anders oor die hemel praat. Die hemel is in die eerste plek, net soos die aarde aan die verganklikheid onderworpe. In Openbaring lees ons (21:1) dat die eerste hemel saam met die aarde sal vergaan en dat God in die voleinding 'n nuwe hemel sal skep. Ook die hemel is dus nie soos die griekse filosowe gedink het, die plek waar die ewigheid by wyse van spreke woon nie.

In Engels is dit makliker om die hemel te verduidelik omdat daar in Engels twee woorde is wat gebruik word, te wete sky en heaven. Die sky is 'n soort ruimtelike aanduiding, terwyl heaven nie noodwendig 'n kosmiese dimensie het nie, maar veel eerder 'n geestelike dimensie. Die hemel is nie eenvoudig bokant ons nie, maar omgewe ons van alle kante. Anders gestel, die hemel is volgens die Bybel nie die ruimte bokant ons waarna ons kan opkyk nie, dit is eerder die diepste agtergrond, die diepste kern van ons bestaan. Dit is die allesomvattende heerskappy van God waar ons midde in staan. God is dus nie in die hoogte nie, maar in die diepte van die lewe te soek (Thielicke).

Dat Jesus in die hemel opgeneem is, is 'n Bybelse manier van sÍ dat Hy die menslikheid van sy aardse bestaan en dus die aardse beperkings afgelÍ of neergelÍ het om volledig deel te word van die goddelike bestaan.

Daar is egter ook 'n derde ding wat hier gebeur, wat die vertrek van Jesus na die hemel op 'n besondere manier toelig en verhelder. In vers 50 staan daar dat Hy hulle uit die stad uitgelei het tot in Betanie en dat Hy sy hande opgehef en hulle geseŽn het. Ons lees ook in vers 51 dat ĎTerwyl Hy hulle seŽn, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneemí. Alhoewel Hy van hulle weggeneem is, het sy seŽn by hulle gebly. Wat beteken dit?

Die Griekse woord wat hier vir seŽn gebruik word, rus volledig in die Joodse gebruik. Volgens Genesis 48:15-23 het Jakob die twee seuns van Josef geseŽn en dit het beteken dat hulle sy naam sal dra en dat sy naam in sy hulle sal voortleef (vers 16). Die diepste kern waaroor die seŽn gaan, word duidelik wanneer Jakob vir Josef sÍ: ďEk gaan sterf, maar God sal by julle wees (vers 21).Ē

Ook as die Here vir Isak seŽn (Gen 26:3), verklaar Hy: ďEk sal by jou wees..Ē en ten slotte in Genesis 1 (vers 28) met die skepping lees ons ook dat die Here, na Hy die mense geskep het, hulle geseŽn het, wat beteken dat hulle met lewenskrag vervul word op so 'n manier dat hulle deel ontvang van die lewe van God Self.

 

Al hierdie dinge word in die Griekse woord vervat waarmee Jesus sy dissipels seŽn: Hulle sal sy Naam dra, in die krag daarvan optree en hulle sal met sy lewenskrag vervul word, op so 'n manier dat dit nie meer hulle is wat lewe nie, maar Christus wat deur hulle lewe.

Presies hierdie volheid van die seŽn word tot uitdrukking gebring wanneer Petrus in Handelinge 3 (26) vir Jesus beskryf dat Hy Self, in sy persoon, vir al die gelowiges tot 'n seŽn is. Let wel, nie alleen dat Hy al die gelowiges seŽn nie, maar dat Hyself vir hulle tot 'n seŽn is.

As Jesus dus sy hande oor die dissipels uitsteek en hulle seŽn, dan skenk Hy aan hulle sy beskutting en beskerming, sy mag en heerskappy, maar veral sy persoonlike teenwoordigheid.

So kan 'n mens dus sien dat in al drie hierdie sake van vers 51; wat sy weggaan beteken, waar die hemel is en veral sy seŽn, dat dit nie waar is dat ons hier op aarde swoeg en onder die aanslae van die lewe buig terwyl Jesus veilig en onaangeraak in die hemel sit nie. So het sy dissipels dit kennelik ook nie verstaan toe hulle met groot blydskap na Jerusalem teruggegaan het nie.

Hemelvaart sou geen fees gewees het as dit so was dat Jesus veilig in die hemel sit en ons te midde van die onveiligheid ons weg hieronder moes vind nie. Miskien wil die fees eintlik niks anders doen as om ons op hierdie dag daaraan te herinner dat Hy Ė die gekruisigde en opgestane Heer Ė hier by ons teenwoordig is. Nie as 'n belofte nie, maar as 'n vervulde belofte, nie as 'n verlange nie, maar as die Een wat die verlangendes omarm en die verlange stil.

Wat die Bybel vir ons sÍ, is dat Jesus se weggaan is, soos 'n kind wat uit die huis uitgaan.Dis nie 'n weggaan van die ouers af nie. Die ouers weet dat hulle nie 'n kind se lewe vir hom/haar kan lei nie, al sou hulle hoe graag hulle kinders wil beskerm teen die pyn van die lewe. Die lewe is iets wat elkeen self moet ingaan, self moet opneem en uiteindelik self voor moet verantwoording doen.

Maar ons sien hier dat Jesus soos 'n liefdevolle ouer eers sy kinders gereedmaak vir die lewe en hulle dan uitstuur, (let wel, nie wegstuur nie). Maar in sy uitstuur dra hulle sy Naam en tree hulle in die krag van sy Naam op.

Maar hier is 'n belangrike punt waar die vergelyking tussen die ouer en Jesus ophou. Want alle ouers weet dat hulle hulle kinders met niks meer as die versekering van hulle liefde kan uitstuur nie. Jesus Christus stuur sy dissipels nie alleen met die versekering van sy liefde uit nie, Hy stuur sy liefde saam met hulle. Anders gestel: As die opgestane Heer is Hy by hulle. Nie alleen in Jerusalem en in die omtrekke van Judea nie, maar oor die hele wÍreld. Ook hier in Suid-Afrika.

Jesus Christus is nie in hemel opgeneem om self uit die moeilikheid te bly nie, Hy is in die hemel opgeneem om ůns moeilikheid op Hom te neem, om ons te help dra in die moeilikste tye van ons lewe.

Jesus Christus is nie weg sodat ons Hom hier tevergeefs soek nie. Veel eerder is die teendeel waar: Dat dit Hy is wat hier tevergeefs na ons soek.

Jesus Christus seŽn nie sy kinders omdat hulle voortaan op hulle eie is nie, Hy seŽn ons sodat ons voortaan nooit op ons eie hoef te wees nie.

 

Bibliografie

Berkhof, H: Christian faith, 317-319; BŁckmann, OĒ in Herr, tue meine Lippen auf, dl 3; Marshall, IH: Commentary on Luke (NIGTC); Noordmans, OMeditaties (Verzamelde werken 8), 343-344; Rahner, K Meditaties over feesten en alledaagse dingen, 90-98; Thielicke, H: Ik geloof; Versteeg, JP: Eerlijk luisteren na de bijbel, 46-48.