Lukas 12:13-21 (Annes Nel)

5 Augustus 2001

Agste week in Koninkrykstyd

 

Ander tekste: Psalm 49; Jeremia 46:13-28; Kolossense 2:20-3:11

Teks

In terme van die verdeling van die boek, tref ons die gelykenis van die ryk dwaas in die tweede hoofdeel van die boek aan (9:51-19:27).  In hierdie gedeelte word talle gelykenisse en lering aangetref met min wonderwerke.  Die indeling van die gelese gedeelte deur Bailey (1983) maak sin. 

12:13,14: Gesprek in die vorm van ’n versoek en antwoord tussen Jesus en ’n anonieme klaer: 

12:15: Wysheidspreuk: ‘Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.’

12:16: Besittings geskenk

12:17-19: Drie ‘toesprake’ deur die ryk man. 

12:20:  Besittings nagelaat. 

12:21:            Wysheidspreuk

12:13: Die begeerte van die klaer was om onafhanklik van sy broer te lewe.  Die ideaal was eerder dat broers in vrede sou saamleef (Ps 133).  Hiervoor het hulle na die rabbi’s gegaan. Die rabbi het in Jesus se tyd die reg gehad om die wet te verklaar (Sien Num 27:1-11; Deut 21:15 e.v.).  Hoewel die rabbi’s verklaar het ’n verdeling van die erfenis moes plaasvind indien een erfgenaam dit sou versoek, verstaan Jesus sy bediening nie so nie (Bailey 59).  Hy laat Hom ook nie gebruik om mense se eie gierigheid aan te help nie.  Volgens Bailey kan ons aanvaar dat die klaer Jesus aan sy kant wou kry, aangesien hy geweet het wat die rabbi’s behoort te antwoord.  Bailey (59) glo ook dat ons hier met ’n roepe na reg te doen het:  ‘A demanding voice says, ‘Give me my rights.’ We are left to assume that this petitioner is unwilling to consider his problem from any perspective other than his own.’  Op hierdie manier toon die klaer reeds sy selfgerigtheid. 

12:14:  Jesus se antwoord is duidelik.  Deur die uitdrukking ‘man’ gee Jesus reeds sy misnoeë bekend.  Hy aanvaar nie die soeke na die reg van die klaer nie, want hy is nie die regter en deler van besittings nie.  Hy het belangriker dinge om hom mee besig te hou.  Ons sou kon sę dat Jesus se optrede eerder op omgee vir mekaar ingestel was as op die verdeling van gesinne.  Nie besittings nie, maar gesindhede verdeel mense.  Die woorde vir ‘verdeler’ (meristes) en ‘versoener’ (mesites) lyk in die Grieks byna dieselfde.  Bailey verwys na ’n interessante dialoog in die Evangelie van Thomas:  (A man said) to him: Speak to my brothers that they divide my father's possessions with me. He said to him: O man, who made me a divider! He turned to his disciples (and) said to them: I am not a divider, am I? Die antwoord wat veronderstel word is duidelik:  Nee, u is nie ’n verdeler nie, maar versoener. 

12:15:  Agter die vraag van die man lę gierigheid.  Die wysheidspreuk beklemtoon dat die probleem nie by die besittings lę nie, maar by die gesindheid dat meer besittings groter waarde aan die lewe gee.  Psalm 49 is ’n wysheidspsalm wat in ’n sekere sin as agtergrond tot hierdie Skrifgedeelte kan dien.  Selfs die mense wat grond op hulle naam gehad het, kan nie ewig lewe nie.  Wanneer jy dink dat jou toekoms deur besittings gewaarborg word, is jy soos ’n dwaas.

12:16:  Die rykdom van die persoon staan hier voorop.  Hy is reeds ryk en ontvang toe die seën van ’n groot oes. 

12:17-19: In die sentrum van die gedeelte staan die ‘eenparige’ probleemoplossing van die ryk man.  Gewoonlik het die mense hulle voornemens in gesprekke met ander getoets, maar die ryk man doen dit self.  Let op hoe selfgerig die gesprekke is.  Dit is ‘ek’ wat iets moet doen ‘my oes’.  ‘My skure’ sal groter gebou word vir al ‘my graan’ en ‘my ander goed’.  Hy het ’n aangename probleem.  Deur sy planne het hy sy toekoms verseker.  Sy nuwe skure sou sy ‘probleem’ oplos.  Die ryk man geniet sy besittings op ’n selfsugtige manier, sonder om sy medemens in ag te neem.  Bailey som die situasie baie goed op: ‘This speech is not sad, rather it is pitiful, This wealthy, self-confident man has arrived, he has made it. All that he has longed for has now been realized. He needs an audience for his arrival speech. Who is available? Family? Friends? Servants and their families? Village elders? Fellow landowners? Who will "rejoice with me?" The father in the parable of the Prodigal Son has a community ready at any moment to join him in a festival of joy (Luke 15:22-24). The shepherd and the woman call in their friends and neighbors to rejoice over the found sheep and coin (15:6,9). The gregarious Middle Easterner always has a community around him. But this man? He can only address himself. His only audience is his own nefesh ...  The issue is his mentality. He thinks that the total needs of the total person can be met by material surpluses well preserved for the owner's exclusive use’ (66).

20:20:  Selfversekerde en selfgerigte genieting van die hede hou nie rekening met die skielike verandering van ’n  mens se lewe nie.  Die gedagte dat die lewe ’n lening is wat aan God terugbetaal moet word, word vervat in die Griekse woord wat met ‘opeis’ vertaal word (Marshall).  Wanneer die dood intree, help geen goed nie (Ps 49). 

Die gelykenis sę nie wat die reaksie van die ryk man was nie.  Die skrywer laat die verhaal oop.  Elkeen kan hierop antwoord.  Bailey (68) noem ’n paar moontlike antwoorde:  ‘I am mistaken; wealth does not bring genuine security! Or, why did I not help others when I could? Or is the reader/listener expected to overhear the discussion of Psalm 49:10 ... If this is the case, Psalm 49 discusses the rich man's inability to ransom himself with his wealth which he leaves behind. Is this the direction the listener's mind is to go? Is this parable a commentary on Luke 9:23-24? The parable does not finally give up its secrets. The rich man's silence leaves each reader/listener to answer out of his own soul.’

12:21:  Die ryk wees in God, hou waarskynlik ook verband met die ‘skat in die hemel’   Die ryk man het skatte vergader, maar was steeds arm. 

Bailey (70) som die kerngedagtes van die gelykenis soos volg op:  'The petitioner from the crowd is pressed to affirm that the real problem is not the division of inheritance, but a will to serve self rather than to serve God (by serving others, including the brother).’

Konteks

Die sogenaamde ‘algemene’ waardes kan binne koninkrykstyd gereeld aandag kry.  Geld en besittings is natuurlik nie iets wat gereelde aandag in ons prediking kry nie.  Iemand het spottenderwys gesę:  die predikant mik vir ons hart, maar tref eerder ons sak!  Miskien is dit omdat ons harte in ons sakke sit.  Geld en besittings is egter net so ’n geestelike saak soos om Bybel te lees.  Thielicke het gesę:  Ons spaarboek het miskien meer met hemel en hel te doen het as ons psalmboek.  Floor sę weer: aan ons boekhouding lees God af of ons ons hou aan sy Boek.  Die manier waarmee ons met ons besittings werk, laat God sien of ons sy Boek verstaan. 

Ons ly aan ’n konstante platoniese siekte om die materiële en ‘geestelike’ te skei.  Hierdie gelykenis laat eintlik ook geen ander moontlikheid oop om oor ons verhouding tot ons besittings te preek nie.  Ja, dis wel moontlik om te konsentreer op rykdom in God, maar nie sonder om die gehegdheid aan ons materiële welstand aan te spreek nie.  Klaarblyklik is daar tussen hierdie twee ‘magte’ ’n konstante spanning.  Wie die uitsig op God se toekoms verloor, verloor perspektief wanneer dit by besittings kom. 

Scheffler (66,67) maak die volgende baie belangrike opmerkings van belang vir hierdie gedeelte:  ‘Armoede was 'n probleem van die Lukaanse gemeenskap. Sonder om te aanvaar dat armoede 'n probleem was in Lukas se gemeenskap, is Lukas se uitgebreide klem op armoede (o .1:53; 4:18; 6:20-21; 7:22) en liefdadigheid teenoor armes (14:13,21; 16:19-30; 18:22; 21:3) nouliks te verklaar. Daar was binne die Lukaanse gemeenskap rykes én armes en Lukas wou die rykes oproep om te deel met die armes (3:11) ... Ryker Christene het begin verstrik raak in 'n hoogmoedige, materialistiese, hier-en-nou-bestaan.  Die Evangelie openbaar ook 'n besorgdheid oor ryk Christene wat nie direk in verband staan met hulle verhouding tot, of die behoeftes van, armer Christene nie. Die Evangelie stel ook ’n situasie voor waar Christene (soos die saad wat tussen die dorings geval het in die gelykenis van die saaier) verstik word deur die 'sorge en rykdom en genietinge van die lewe' (8:14). Binne so 'n konteks maak die gelykenis van die ryk dwaas (12:13-21) en Jesus se oproep tot 'n sober lewenswyse (12:22-34), waarin die afsweer van besittings aangeprys word, ook sin. Lukas 12:45 suggereer dat hierdie verstrikking van die rykes ook verband hou met die vertraging van die wederkoms en aanleiding gegee het tot hoogmoedige aggressie teenoor ander Christene en brassery (vgl. ook 17:26-28). Hierdie ontvlugting in rykdom en plesiersoekery wat binne die Lukaanse gemeenskap plaasgevind het, staan nie noodwendig in kontras met die lyding en aanvegting wat Lukaanse Christene oor die algemeen beleef het nie, maar kan eerder beskou word as 'n reaksie op die wanhoop wat oor die algemeen ervaar is.’

Al het die węreld ’n soort ‘global village’ geword waarin mense nader as ooit tevore aan mekaar is, lyk dit of die kloof tussen ryk en arm net groter word.  In die Business Day van 15 Julie 1999 begin die berig met die woorde dat die węreld nog nooit tevore so geďntegreerd en nog nooit tevore so verdeeld was nie.  Ten spyte van die aandag wat daar in die media aan armoede gegee word, bly die armes van die węreld steeds arm.  Hulle leef nog steeds die eensame en desperate lewe waarin hulle wonder waar vandag se kos vandaan gaan kom en waar hulle vanaand beskut gaan slaap.  ’n Mens kan jou goed voorstel dat hierdie mense nie eintlik oor ’n toekomsvisie nadink nie.

In die berig word aandag gegee aan ’n verslag van die ontwikkelingsprogram van die VN.  ’n Paar aspekte maak ’n mens bekommerd.  In 1997 het een vyfde van die węreld se bevolking in die hoë inkomstegroep 86% van die węreld se produkte vervaardig.  Slegs een persent daarvan is deur die onderste vyfde van die węreldbevolking vervaardig.  Die rykste groepe het 82% van die węreld se uitvoere gelewer.  Gemeet aan lewenstandaarde, was die verhouding tussen die rykste en armste lande van die węreldbevolking in 1820 drie tot een.  In 1913 was dit elf tot een.  Teen 1973 het dit gestyg tot 72 teen een.  Die gaping word al groter.  Die artikel noem drie redes waarom die tyd nie alles sal heel nie.  Allereers is daar op die oomblik ongeveer 1,3 biljoen mense wat minder as U$1 per dag verdien.  Die tweede probleem is dat 80 meer lande nou minder inkomste per persoon verdien as ’n dekade gelede.  ’n Laaste faktor wat genoem word is dat lande wat swak presteer ’n groot risiko vir die ontwikkelde węreld inhou.  Terrorisme, oorloë en die VIGS epidemie en ander siektes, maak dat ontwikkelingshulp deur ryker lande geld in die water is.  Van die 61 groot oorloë van die afgelope dekade was slegs drie nie burgeroorloë nie.  Die artikel sę ook dat die VN aflei dat die ‘problem of failing countries is not that they are small and weak, but that they are disfunctional.’  Maar daar is ook ander faktore.  Lae inkomstevlakke maak ’n effektiewe belastingstelsel baie moeilik.  Siektetoestande soos malaria en die klimaatstoestande is nie iets waaroor ’n mens beheer het nie.  Swak mediese dienste en die gebrek aan goeie onderwys, hou mense soms onder. 

Die vraag in hierdie situasie is natuurlik hoe die lewenstyl van Christene kan bydra tot ’n verligting van die nood in die węreld. 

Preekvoorstel

1.  Een van die mees tragiese verse in die Bybel kom voor in die gelykenis van die ryk dwaas.  Hierdie vers staan in Lukas 12:20:  "Maar God het vir hom gesę:  'jou dwaas, vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?".  Dit is min of meer dieselfde boodskap wat ons vind in Psalm 49:19-21: "Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe, en al prys die mense hom omdat dit met hom goed gaan, soos sy voorvaders sal hy moet sterwe en hy sal die lig nooit weer sien nie.  Die mens wat met weelde en al 'n dwaas bly, is soos 'n dier wat vergaan." 

2.  Klaarblyklik sę Jesus dat ons in die skuld by God is.  Die skuld wat ons het, is dat Hy ons lewe vir ons geleen het en dat Hy op 'n stadium weer hierdie lening sal opeis.  Wanneer jy begin besef dat jou lewe 'n gawe van God is,  as 't ware 'n lening is wat God aan jou toegestaan het begin jy anders dink oor jou goed, jou geld, jou besittings, jou huis, jou werk, jou salaris.  Wanneer die lig van die ewigheid van God waarheen jy op pad is, inskyn op jou besittings, op dit wat jy het, maak jy 'n nuwe waardering van alles wat jy het. Dit is wat die Bybel sę.  Die ewigheid laat jou anders dink oor die nou van jou besittings.  Daarom kan ons sę:  die eskatologie – dit wat vir ons wag – en ekonomie het alles met mekaar te doen.  In Jakobus 5 word hierdie sake bymekaar genoem: "Julle maak skatte bymekaar en dit terwyl dit die laaste dae is." 

3.  Skynbaar het ons deur die eeue die ewigheid nog nooit vreeslik ernstig opgeneem nie.  Ons word so besig met die tyd dat ons die ewigheid vergeet.  Karl Barth het gesę dat kerkmense nog altyd meer wou wees as 'n volk in die woestyn of 'n eensame voël op die dak. Die kerk wil nie ly nie, maar dit goed hę.  Kerkmense vergeet so maklik dat ons reisigers is wat nie verwyl nie; dat ons wel ontmoet, maar ons nie verbind nie; dat ons wel tente het, maar nie huise van bakstene nie.  Ons laat ons deur die węreld lok om eerder setlaars te word en nie meer pelgrims te wees nie. 

4.  Wat gebeur as 'n mens 'n setlaar word, wanneer ons bewoners van die aarde en nie meer bywoners is nie?  Wat gebeur as 'n mens nie meer jou lewe sien as 'n lening wat God aan jou toegestaan het nie?

Iemand wat sy lewe nie 'n as lening, 'n gawe van God sien nie word baas van sy eie goed.  Dit sien ons duidelik in Luk 12:17-19:  "Die dwaas het by homself gedink (sonder raadpleging by God): "wat moet ek doen.  Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar nie.  Toe besluit hy: dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou.  Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar." 

Iemand wat sy lewe nie as 'n lening sien nie, se besittings word 'n struikelblok vir sy verhouding met God.  Sy besittings staan in sy pad sodat hy God nie bo alle dinge kan liefhę nie.  Prediker 5:9 beskryf dit: "Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie."  Die mens wie se werk alles, kry nooit genoeg van sy of haar werk nie.  Die mens wie se huis alles is, het nooit 'n mooi genoeg huis nie.  Die mens wie se kar alles is, het nooit 'n mooi genoeg kar nie.  So kan ons aangaan.  Richard Foster was reg toe hy gesę het dat geld en besittings, saam met mag en seksualiteit, magte is wat die potensiaal het om jou van God te vervreem.  Dit maak dat dit jou horisonne vul, sodat jy vir niks en niemand meer tyd het nie.  In ons land het 'n siek mentaliteit begin ontstaan.  Die mentaliteit van besit, meer geld, meer sekuriteit, groter huise, meer grond en beter geleenthede, het mense se leef- en denkwęreld begin oorheers.  Dit mag edel klink om al hierdie dinge te kan hę.  Maar dit kan ook siek word.  Dit gebeur wanneer die doel nie meer 'n waardiger bestaan is nie, maar sodat ons van niemand of niks afhanklik hoef te wees nie.  Daarom kamp ons ons toe agter ons betonmure, bou ons eie swembad en sorg vir ons eie plesier deur ons TV skottels.  Dit is die waarskuwing wat ons hoor in 1 Timoteus 6:17: "Die wat in hierdie węreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie.  Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God."  Paulus sę: rykdom, geld, besittings het die potensiaal dat jy jou vertroue eerder daarop sal stel as op God.  Dit is ook waarteen Jesus waarsku in Luk 12:15: "Pasop en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie."   Telkens sien ons in die Lukasevangelie hoe rykdom en besittings in die weg gestaan het van mense se navolging van Jesus Christus (Luk 18:18-25; 14:25-33; 14:18-19) 

’n Derde aksent wat in hierdie gelykenis voorkom is dat iemand wat sy lewe nie as 'n lening sien nie, van armes steel.  Lukas 12:17-18 lyk na baie goeie beplanning.  Maar in Spreuke 11:26 lees ons:  "Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop."  Hoekom het mense dit in die ou tyd gedoen?  Want hulle het hulle koring opgegaar totdat die koring op was.  Dan het hulle 'n onbetaalbare prys gemaak.  So het hulle het die kos uit die monde van armes en weduwees en wese gesteel.  Daarom het die ou kerkvader Ambrosius gesę dat die ryk man goeie skure gehad het: die monde van die armes.   Tereg het Moeder Teresa gesę:  Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is dit nie omdat God nie vir daardie persoon gesorg het nie.  Dit is omdat ons nie instrumente in die hande van God was om vir die arme ’n stukkie brood of klere gegee het toe hulle dit nodig gehad het nie.

5.  Ons probleem is nie beplanning nie, maar hebsug.  Dit is om meer te wil hę as wat ek reeds het.  Dit is ook die probleem waaroor die broers stry in Lukas 12:13.  Hulle wil hę Jesus moet 'n uitspraak maak oor die erfporsie.  Maar die Here behandel nie simptome nie.  Hy weet wat sit agter die vraag: hebsug.  Ons eintlike nood is nie dat ons nie kry wat ons toekom nie, ons eintlike nood is dat ons weens ons hebsugtige harte nie aan ander gee wat hulle toekom nie. 

6.  Wanneer Jesus in Lukas 12:21 sę: "So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie", sę Hy daardeur: ryk by God wees beteken om vir armes te gee. Dit is die bedoeling van rykwees in God.  Daarom sę Lukas net in entjie verder:  "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit is die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.  Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes.  Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg raak nie. 'n Onuitputlike bron in die hemel waar geen dief dit kan bykom nie en geen mot dit kan verniel nie.  Waar julle skat is, daar sal julle hart wees" (Luk 12:32-34).  As julle skatte by God is, sal julle hart ook daar wees, maar as julle hart by julle skatte is,  sal julle God en julle medemens nie dien soos wat julle moet nie.  Dan steel jy van God en van jou medemens. 

J P Versteeg, die Nederlandse teoloog, het baie raak opgemerk: Die egte God is die gewende God.  Egte mense is gewende mense.  Nemende mense is onmense.  Wie baas is van sy eie goed, wie sy lewe nie as 'n lening van God sien nie, verag ook die liefdesgebod.  Jou bankbalans kan hoe groot wees, maar as jy God nie ‘ingecalculate’ het nie, het jy hom ‘uitgecalculate’.  Die ryk dwaas het met alles rekening gehou, behalwe met God. 

7.  Wat behoort te gebeur gebeur?  Die Japanse prediker, Toyohiko Kagawa  skrywe dat ons ons kapitaal moet doop.  Ons moet al ons geld, ons besittings doop.  Daarmee bedoel hy dat ons alles wat ons het en besit, moet plaas onder die heerskappy van Christus.  Solank jou kapitaal en jou besittings onder jou eie heerskappy is, is dit skadelik vir jou medemens, jou omgewing, jou verhouding met God en vir jouself.  Dit is daarom dodelik gevaarlik om met ongedoopte geld in jou sak rond te loop.  Dit het met die hemel en die hel te doen. 

8.  Uit ’n gedig, Resurrection, van Kenneth Bailey kom die volgende verhaal’:  ‘A certain man had two sons. One was rich and the other was poor. The rich son had no children while the poor son was blessed with many sons and many daughters. In time the father fell ill. He was sure he would not live through the week so on Saturday he called his sons to his side and gave each of them half of the land of their inheritance. Then he died. Before sundown the sons buried their father with respect as custom requires. That night the rich son could not sleep. He said to himself, 'What my father did was not just. I am rich, my brother is poor. I have bread enough and to spare, while my brother's children eat one day and trust God for the next. I must move the landmark which our father has set in the middle of the land so that my brother will have the greater share. Ah – but he must not see me. If he sees me he will be shamed. I must arise early in the morning before it is dawn and move the landmark!' With this he fell asleep and his sleep was secure and peaceful. Meanwhile, the poor brother could not sleep. As he lay restless on his bed he said to himself, 'What my father did was not just. Here I am surrounded by the joy of many sons and many daughters, while my brother daily faces the shame of having no sons to carry on his name and no daughters to comfort him in his old age. He should have the land of our fathers.  Perhaps this will in part compensate him for his indescribable poverty. Ah – but if I give it to him he will be shamed. I must awake early in the morning before it is dawn and move the landmark which our father has set!'  With this he went to sleep and his sleep was secure and peaceful.  On the first day of the week – very early in the morning, a long time before it was day, the two brothers met at the ancient landmarker. They fell with tears into each other's arms. And on that spot was built the city of Jerusalem.’

9.  Ek het eenmaal ’n video oor węreldsending gesien waarin die man deur die aardbol platgeval word.  Die opdrag om na al die nasies te gaan, was vir hom te oorweldigend.  En dan ontdek die man iets.  Hy kan net sy deel doen.  Dit kan gebeur dat die nood van die węreld jou so kan oorweldig dat jy voel dat jou bydrae so klein is, dat jy liewer niks doen nie.  Maar ons kan wel ’n verskil maak aan die nood rondom ons.  Ons kan, soos Jesus in die Lukasevangelie voorgestel word as die een wat by die omvattende nood van die węreld betrokke is, ook omvattend by mense betrokke wees.  Ons kan vir hulle omgee op godsdienstige, psigiese, materiële, sosiale en ander vlakke.  Luther het gesę dat mense twee bekerings nodig het:  een van die hart en een van die beursie. 

Augustinus het gesę:  Ontvang wat God jou gee met vreugde.  Gebruik daarvan wat jy nodig het.  Die res word deur jou naaste benodig. Miskien kan ons so Jerusalem weer opbou!

 

Bibliografie 

Kenneth E Bailey:  Poet and peasant and Through peasant eyes.  A literary-cultural approach to the parables in Luke. Michigan. Eerdmans, 1983.  E H Scheffler:  Die teologie van die Lukasevangelie in konteks:  bevryding uit lyding, in Teologie in konteks, J H Roberts, W S Vorster, JN Vorster, JG van der Watt (reds).  Pretoria. Orion,  1991, 62-92.  I H Marshall:  The Gospel of Luke.  Paternoster Press.  Exeter, 1978. M Wilcock:  The saviour of the world.  The message of Luke’s gospel.  Leicester.  IVP, 1979.