8 Februarie 2003

vyfde sondag na epifanie

liturgiese voorstel

Hierdie liturgiese voorstel behoort in samehang met die basisliturgie vir die Sondae na Epifanie gebruik te word.

Fokusteks: Lukas 5:1-11

Ander tekste: Jesaja 6:1-11; Psalm 138; 1 Korintiërs 15:1-11

Die preekteks vir hierdie Sondag, Lukas 5:1-11, die teks uit die Ou Testament, Jesaja 6:1-11, en die teks uit 1 Korintiërs 15, het創 bepaalde verband. Preaching the Revised Common Lectionary Epifanie Jaar C sê dat die drie teksgedeeltes 地 gemeenskaplike tema deel. Dit gaan in elke geval daarom dat roeping (opdrag) deel is van 地 epifanie, verskyning van God. "Isaiah has a vision of God in the Temple, Paul is changed by his experience of the risen Christ, Peter sees himself in contrast to the holiness of Jesus." As ons dit aanvaar, kan ons in die liturgie vir hierdie Sondag 地 verhaallyn trek wat nou met die tema van die preekstudie saamhang.

Die goeie nuus is dat God, wanneer Hy die gemeente na die wêreld stuur, die afstand wat die sonde gebring het, kan oorbrug en die sondaar in 地 nuwe verhouding kan plaas. Hierdie nuwe verhouding word tydens epifanie die duidelikste versinnebeeld deur ons doop. Die doop wat ons telkens daaraan herinner dat die afstand wat die sonde tussen ons en God gebring het, oorbrug is deur die sondevergifnis, en dat ons geroep is om ons geloof elke dag in die gewone lewe deur ons getuienis uit te lewe. Jan Cloete stel dit in die preekstudie vir hierdie Sondag so: "Lukas 5:1-11 fokus op die uitreiking na die armes en om aan God se bedieningsprogram deel te hê. Wie van hierdie bedieningsprogram deel wil wees, moet onvoorwaardelik daartoe verbind word." Hulle moet vissers van mense word. Lukas 5:4-7 verhaal die gesprek tussen Jesus en Petrus, wat uitloop op 地 wonderwerk. Vers 9-11 verhaal Petrus en die ander se reaksie op die wonder. Hierop volg die eerste mense wat Jesus as dissipels volg.

Ons herken 地 bepaalde verhaallyn in die gebeure. Op die bevel van Jesus wat uitloop op 地 wonder word Petrus onmiddellik oorweldig deur die besef van sy eie sonde en die afstand wat dit tussen hom en Jesus bring (v. 8). Terwyl almal nog verbaas en verwonder staan voor die geweldige vangs, volg Jesus se opdrag: "Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang." Die verhaallyn kan in die liturgie volledig uitgewerk word. Die gemeente se erkenning van hulle sonde kan na die seëngroet en 地 aanvangslied oor die teenwoordigheid van God in die erediens (Lied 158: "Bring my na u woning Here", "God is hier teenwoordig" NSG 343/Lied 162), aan die orde gestel word. Lees die Jesajateks 6:1-7 en laat die gemeente spontaan responsief op die gelese gedeelte reageer met woorde soos: "Dit is klaar met my. Ek is verlore." Die vryspraak kan so lui: Liturg: "Die Here raak deur sy Gees jou lippe aan. Jou oortredinge is vergewe." Waarop die gemeente reageer met: "My sonde is versoen. Loof die Here."

Volg nou met die opdrag. Liturg: "Gemeente, die Here vra: "Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?" Waarop die gemeente spontaan reageer met: "Hier is ek! Stuur my!"

Die teksgedeelte 1 Korintiërs 15:1-11 handel oor die betekenis van die opstanding van Jesus. Paulus konsentreer op die realiteit van die opstanding van Jesus. Die realiteit van die opstanding sê dat Jesus deur die krag van God uit die dood opgewek is. Dit maak van Jesus se opstanding die groot faktor in die afrekening met die sonde van die mens. Meer nog, hierdie krag van God wat Jesus opgewek het, sê Paulus het sy eie lewe verander en terwyl hy dit preek, is dieselfde krag ook besig om die lewens van die gemeente te verander. Hierdie "realistiese" tekening van Jesus se opstanding kan goed gebruik word in 地 doopherinnering sonder om die verhaallyn te versteur.

In 地 ou Latynse mis is die volgende gebed voor die lees van die teksgedeelte uit die evangelies vir daardie bepaalde Sondag gebid. Die liturg kan dit as openingsgebed voor die Skriflesing vir die preek uit Lukas bid. Die gemeente kan spontaan daarop antwoord met: "Amen" of deur Lied 312 in die Liedboek te sing. Vry vertaal, klink dié gebed so: "O, almagtige God, maak my hart en lippe skoon, soos U die lippe van die profeet Jesaja met 地 gloeiende kool skoongebrand het; sodat ek waardig u goeie nuus aan die mensdom kan preek. Deur Jesus Christus ons Here."

Psalm 138 is 地 dankseggingslied. Jesaja 6:1-11 vra dat hierdie psalm gelees of gesing sal word, want dit onderstreep die paradoks wat in Jesaja 6 na vore kom, naamlik dat God Heilig is en tog in die wêreld inkom en my as sondaarmens raaksien. T.T. Cloete se beryming is pragtig en die melodie baie bekend. Sing dit asseblief as lofsang of danksegging.

Jan Cloete stel die volgende tema voor in sy preekstudie vir hierdie Sondag: "Die roeping tot dissipelskap en gehoorsame diens aan Christus". Dit kan effens anders gestel, en as tema vir die hele erediens (liturgie) dien. "Dissipels is geroep en moet in opdrag van Christus mense vang."

PREEKSTUDIE LUKAS 5:1-11

Teks

Lukas 5:1-11 staan in `n groter konteks wat strek van 3:1 tot 9:50, waar Jesus na Israel in Galilea uitreik. Hy begin by sy geboortedorp, net om daar verdryf te word. Lukas se plasing van die Nasaretgebeure (4:16-30) hier is bedoel om die hooftema van die evangelie uit te spel. Lukas doen dieselfde wanneer hy in Handelinge 1:8 die program of die verloop van die evangelie in die Handelinge van die Apostels beskryf; Judea, Galilea tot aan die einde van die wêreld.

In Lukas 4:18-19 is die bedieningsprogram gemik op die armes, gevangenes, herstel van die blindes, bevryding van die onderdruktes en die aankondiging van die genadejaar. Die daaropvolgende wonderwerke (4:31-44) is bedoel om dié program in aksie te stel. Die bevryding van `n besetene vind plaas (4:31-37) en die genesing van 地 sosiaal verdrukte (Petrus se skoonma). Die vrou se posisie was in die destydse samelewing nie veel beter as dié van `n slaaf nie.

Lukas 5:1-11 fokus op die uitreiking na die armes en om aan God se bedieningsprogram deel te hê. Wie van hierdie bedieningsprogram deel wil wees, moet onvoorwaardelik daartoe verbind word. Vissermanne is destyds beskou as deel van die lae sosiale klas, omdat hulle in die nag weg van hulle familie was. Vis word in die nag gevang en dan ook in die vlakker water. Visvang was deel van die belastingnetwerk. Vissermanne het visvangregte van die tollenaars bekom en moes `n persentasie van die visvangs vir belastingdoeleindes afstaan. Die lisensie om visvangregte te bekom, het tot 40% van die gereelde vangs behels. Die res van die vangs is aan die middelman verkoop, wat `n redelik lae prys vir die vis betaal het. Die belastingpligtige visserman het vennote gehad om te help (vgl. 5:7); Jakobus en Johannes was klaarblyklik vennote van Petrus.

Die prentjie wat Lukas hier van Petrus skets, verskil in baie opsigte van die prentjie wat Matteus en Markus skets. Daar is Petrus `n gewone netwerpvisserman en geen eienaar van 地 boot nie. Die redaksionele verwerking van die gedeelte deur Lukas laat die klem op Petrus val en verleen aan hom `n bietjie aansien. Petrus is immers `n kerkleier. Die hand van Lukas is ook te sien in Petrus se belydenis (8, 10b) waar Petrus, anders as in die ander twee evangelies, uitsonder en geroep word om `n visser van mense te word.

Konteks

Müller (WtL 11/2) merk op dat allegoriese, eksemplariese en psigologiserende vorms van uitleg gebruik is om die teks vir vandag te laat spreek. Enkele sinsnedes word omskep tot `n aktuele preek (kapstokprediking). Allegorie word ingespan om die verhaal te vergeestelik, of deur die bril van die voorspoedteologie gekyk om aan te toon dat, as jy net die Woord van God gehoorsaam, God jou oorvloedig sal seën, sodat die nette wou skeur en die skepies sink van oorvloed. Müller se verwysing na die verskillende interpretasies van die wonderwerk as sodanig is insiggewend. `n Mens kan met reg die wonder as `n gelykenisvertelling of gelykenishandeling afwys. Interessante klem word op die gebeure-karakter van die wonder en die verband tussen skuldbelydenis en die opdrag tot sendingwerk gelê: "Dank vir vergifnis beteken om jou te laat stuur, om nie met jou eie onwaardigheid en ondeugdelikheid te argumenteer nie, maar met vertroue uit te vaar dank vir vergifnis beteken om niks vir jouself te hou en by jouself te geniet nie. Vergifnis is sending."

Müller se eie preekvoorstel dien onder die tema: "Die roeping tot dissipelskap en gehoorsame diens aan Christus". Hy beklemtoon, in aansluiting by Lukas 4:16-30, Jesus se stigting van `n nuwe ryk, wat die armes, gevangenes en onderdruktes insluit. Dit moet finaal deurbreek na alle nasies toe. Jesus soek mense om deel te vorm van sy plan. Jesus se eie mense deel nie in dié plan nie, sodat Hy na ander dorpe uitwyk om die boodskap daar met die mense te deel. Müller maak heelwat daarvan dat dissipelskap kan indruis teen vaste gebruike, opvattinge en oorweginge. Dit staan dikwels teen ekonomiese en politieke strukture.

Lukas beskryf Petrus se roeping aan die hand van Ou-Testamentiese roepingsverhale. Hy maak baie van Ou-Testamentiese verhale gebruik, wat as basis vir sy inhoud dien (vgl. Nabot se wingerd in 1 Kon. 21 en Stefanus se steniging in Hand. 6 en 7). Sleutelterme soos; Woord van God, wonderwerk, val op knieë (8) en bely, sy sondaar-wees, onwaardigheid (8), vrees (10) en roeping (10), kom in Petrus se roepingsverhaal na vore.

Lukas se doel met die verhaal kom duidelik na vore. Die klem in vers 1 is nie die koninkryk van God (4:43) nie, maar die woord van God (5:1). Op die woord van Jesus (5) roei Petrus na dieper water en die nette word laat sak. Petrus val op sy knieë in vrees en sê soos Jesaja dat hy `n sondige man is. Die aanspreekvorm van Jesus verander in hierdie gedeelte van Epistata (5) na Kurie (8). Die rol wat vrees speel, is ook normaal in die roepingsverhale waar God mense roep. Ook die wyse waarop Petrus tot gemoedsrus gebring word met die Here se woord: "moenie vrees nie" (10). Dan volg die gebruiklike opdrag aan die geroepene, byvoorbeeld Petrus: "Van nou af sal jy `n visser van mense wees" (10).

Dit is belangrik om daarop te let dat die fokus hier op Petrus is, en nie `n veralgemening soos by die ander evangeliste (Matt. en Mark.) nie. Markus 1:17 lees byvoorbeeld: Hy het vir hulle gesê: "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak". Die vraag is natuurlik waarom Lukas die klem so op Petrus en sy roeping laat val. Petrus was `n sterk leiersfiguur in die vroeë kerk en was die eerste groot kerkleier wat die deurbraak na die heidene gemaak het (vgl. Hand. 10). Hierdie ekonomies arm man en sosiaal swak geplaaste persoon is nou `n instrument vir die heidene. Petrus kon die kloof na die heidene as Joodse Christen gelowige net oorsteek in volle oorgawe aan God. Net God kan `n mens daartoe beweeg om dié denkskuif te maak.

Lukas het met die plasing van Jesus se program vir sy bediening en die realisering daarvan (redding van besetene, uitreik na vroue Petrus se skoonma en die uitreik na Petrus) gewys dat God juis na die lae sosiaal geplaaste mense in die samelewing uitreik. Hierin speel Petrus se besondere roeping in die vroeë kerk `n belangrike rol. Wat hiervan is vir ons situasie vandag van toepassing en wat nie?

Preekvoorstel

Wat na ons situasie vandag oordraagbaar is, is God se hand wat Hy na die randfigure in die samelewing uitsteek. Die randfigure sluit mense in wat met `n stigma leef, as gevolg van `n siekte wat hulle mag hê; Vigs, tuberkulose, of

Waar ons in Suid-Afrika `n armoede probleem ervaar, steek die Here sy hand na dié mense uit. Die verskuiwing wat ons gevestigde, sosiaal goedgeplaaste mense moet maak, is dat ons in lyn met Jesus se program vir sy bediening moet kom. Geroepenheid vra totale oorgawe, sodat God ons in lyn met sy bediening kan bring. Dit vra `n hart vir misplaaste mense. Roeping na die mense kan net in vrees (eerbied) vir die Here en in navolging van Hom gebeur. Elkeen wat sê dat God sy hand op sy/haar lewe gelê het, kan nou deur God se oë na mense kyk. Die kerk het nou die geleentheid om iets van die koninkryk in Suid-Afrika te laat waar word. Die roeping, in ooreenstemming met Jesus se bedieningsprogram, sluit alle sosiaal uitgestote mense in. Dit was Petrus se ervaring.

Slegs God kan die verandering in ons bewerkstellig, sodat ons bereid word om by die mense betrokke kan raak. Slegs God kan die verandering in ons bewerkstellig sodat ons arm mense nie as `n las vir die ekonomie en samelewing sien nie, maar as mense wat God roep om aan Hom diensbaar te word. Hoor die woord van God, en buig dan in vrees (eerbied) voor God en volg Hom.

Bibliografie

Joubert, S et al.. 1995. Vensters wat die Woord laat oopgaan; Kingsbury, J 1991. Conflict in Luke; Marshall, I H 1978. The Gospel of Luke; Malina, B 1992. Social-science commentary on the Synoptic Gospels. Müller, B 1987. WTL ii/2.