Lukas 4:1-13 (Danie van Zyl)

4 Maart 2001

Tweede Sondag in Lydenstyd

 

Teks

Met hierdie verhaal van die versoeking van Jesus deur die duiwel in die woestyn sluit die voorbereidingsgeskiedenis van Jesus af.  Daar is die gebeure rondom die geboorte van Johannes die Doper en van Jesus vertel tot en met Jesus se doop.  Ná die perikoop begin die bediening van Jesus.  Daar is verskeie opvallende verskille tussen die weergawes van die drie sinoptiese evangelies, waarna ons alleen sal verwys vir sover dit die interpretasie van die gedeelte raak.

Die samebindende tema in hierdie eerste gedeelte, wat ook twee maal in ons teks ter sprake kom, is dat Jesus die Seun van God is.  In die geboorte-aankondiging word Hy die Seun van die Allerhoogste en van God genoem (1:32,35).  Nadat Hy gedoop is en die Heilige Gees op Hom neergedaal het verklaar die Stem uit die hemel Hom in die openbaar as ‘My geliefde Seun’ (3:22, vgl ook 2:49).  Op die oogaf verbreek die geslagsregister (3:23-38) die doop- en versoekingsverhale, wat kronologies verbind word (4:1).  Die kern hiervan is egter dat Jesus ook daarin as die Seun ‘van Adam, die seun van God’ aangedui word.  Lukas maak dit duidelik dat Hy nič die seun van Josef is nie (3:23b, 4:22).  Terloops, in die Bybel is die funksie van geslagsregisters byna sonder uitsondering om die posisie van die kernpersoon te legitimeer. 

In ons teks word Jesus deur die duiwel self as Seun van God erken (4:3,9).  Oor die bedoeling van ‘as U die Seun van God is’ loop menings uiteen.  Op die oog af lyk dit hipoteties bedoel, asof die duiwel dit nie erken nie, of ten minste dat hy agterdog saai: ‘indien u wel...’.  Dit is ook moontlik dat dit stellenderwys bedoel is: ‘terwyl u...’ (vgl 4:34,41).  Dan is die versoeking groter: ‘u het mos die mag, gebruik dit nou...’  Die versoeking lę dan in die keuse of Jesus sy mag sal gebruik om kortpaaie te neem (vgl. 5 onder) en of Hy gehoorsaam aan God se plan sal bly.

Die ander opvallende tema in die inleidingsgeskiedenis volgens Lukas is die aktiewe rol wat die Heilige Gees in gebeure speel (vgl. 1:15,35,41,67,80, 2:25,26,27,40, 3:16,22).  Teenoor die ander evangelies wat sę dat die Gees Jesus na die woestyn lei, voeg Lukas by dat Hy op hierdie punt ‘vol van die Heilige Gees’ is (4:1, vgl. 4:14,18).  Hoewel die rol van die Gees nie in die versoeking verder eksplisiet ter sprake kom nie, is die inleidende stelling van besondere betekenis om die versoekings te verstaan.

Volgens Lukas is hierdie episode 'n konfrontasie tussen ‘die duiwel’ en Jesus.  Volgens Joachim Jeremias is dit tipies van die strydgesprekke van skrifgeleerdes wat mekaar se argumente met behulp van Skrifbewyse probeer teenspreek.  Markus noem dit ‘versoeking deur die satan’ (1:13).  In die Ou Testament beteken ‘satan’ gewoonweg ‘aanklaer/teenstander’ (Job 1:6-7), hoewel dit teen die tyd van die Nuwe Testament klaarblyklik met die Bose geďdentifiseer is.  Die Griekse vertaling ‘duiwel’ van die Hebreeuse ‘satan’ het ook die konnotasie van bose gekry (letterlik diaboliese).  Of duiwel met 'n klein of hoofletter geskryf word, hang af van hoe hy/dit beskou word.  In die teksverband word hy op persoonlik-realistiese wyse geteken.  Of die bose hom op een of ander wyse personifieer het, is nie duidelik nie.  Die vertelling praat gewoonweg op menslike wyse van die ontmoeting, méér menslik as in Genesis 3.  Tog is daar iets visioenęr in die vertelling (volgens sommige het dit 'n mitiese karakter), daarin dat hy Jesus al die koninkryke van die aarde ‘in 'n oogwink’ wys (Luk 4:5).  Om oor die fisiese omstandighede en wyse van die versoekings te spekuleer is om aan die bedoeling daarvan verby te gaan.

Die einde van Lukas se weergawe van die versoeking verskil van die ander Evangeliste daarin dat hy nie hier aan engele, wat andersins 'n belangrike rol in sy evangelie vervul, 'n plek gee nie.  Volgens hom het die duiwel ‘Jesus 'n tyd lank met rus gelaat’ (4:13, NAB).  Die begrip vir tyd (kairos) wat hier gebruik word beteken gewoonik in die Nuwe Testament 'n (vooraf-) bepaalde (krisis- of kardinale) oomblik.  Alhoewel Jesus se hele bediening 'n stryd met kwaad en die bose was (volgens Lukas was sy eerste wonders die uitdrywing van ‘onreine bose geeste’, 4:33,41), kom die duiwel op die vooraand van die kruisiging weer persoonlik op die toneel (22:3).  Volgens kommentatore struktureer Lukas sy Evangelie volgens 'n ‘divine economy’ wat uitloop op die kruisgebeure (vgl 24:26-27).  Deur die versoekings te weerstaan weier Jesus dus om vóórtydig sy rol as Messias te vervul, en ŕnders as wat God se bedoeling is (vgl. 5 onder).  Maar deur dit te doen antisipeer Hy andersyds reeds die finale oorwinning wat aan die kruis en met die opstanding behaal sou word.

Verskeie Ou-Testamentiese motiewe speel 'n belangrike rol in die verhaal.  Die woestyn is in die Ou Testament ambivalent, soos ook hier: dit is die blyplek van bose geeste (Lev 16:21-22, 17:7), maar ook die plek waar God se teenwoordigheid op besondere wyse ervaar kan word (Eks 3:1v).  Veertig dae verblyf, veral in die woestyn, in die geval van Moses (Eks 34:28), Israel (Num 14:34) en Elia (1 Kon 19:4-8).  Israel is ook daar deur die Here versoek ‘om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie’ Deut  8:2 OAV, vgl. Eks 20:20).  Ook Abraham (Gen 22:1, vgl. Rom 4:18) en Job (vgl. Jak 5:11) is in hulle getrouheid aan God getoets. Deur die toets te slaag word hulle twee prototipes van Jesus.  Maar veral die tuinverhaal, waar Adam en Eva deur die bose, dit is God-teenstander self van God se bedoeling vir hulle deur slinksheid verlei is, spring in die oog.  Waar hulle gefaal het, het Jesus oorwin en die herstel van die oer-verval begin inlui.  Dalk wil Markus (1:13) met die opmerking ‘en die wilde diere... het Hom gedien’ iets van die herstel verwoord (Jes 11:6v).  Adam is die anti-tipe van Jesus, en Jesus, in Paulus se terme, die ‘tweede Adam’ (Rom 5:12v).

Die term ‘versoeking’ beteken in die Bybel, soos ons Afrikaanse konnotasie van die woord, nie altyd verleiding tot sonde nie.  So wel in Galasiërs 6:1, Jakobus 1:13-15.  In die meeste gevalle beteken dit moeilike omstandighede wat uitbring wat werklik in jou is.  Dit ‘toets’ jou deur te wys wat jy kan wys.  So was dit in die gevalle van Abraham en Job (vgl. 4 bo) en dit stel Jakobus 1:3-7 eksplisiet (vgl. 1 Pet 4:12 (OAV),   2 Pet 2;9 e.a.).  As jy nie bly staan nie word dit sonde, al is die daad as sodanig nie sonde nie, soos in die geval van Eva en Israel (vgl. 1 Kor 10:12-13).

Jesus se versoeking was nie tot ‘sonde’ as sodanig nie, maar om te probeer om Hom van sy God-bedoelde sending te laat afsien.  Al drie versoekings (vgl. 6 onder) was daarop gemik om Jesus sy Messiasskap te laat demonstreer en om heerskappy oor die hele węreld oor te neem.  Dit is God se einddoel (1 Kor 15:24-28, Ef 1:20-23).  Wat die duiwel probeer doen het was om Jesus by dič doel uit te bring, maar vóór en buite die kruis om.  So sou hy God se oplossing vir die nood en die sonde-verslaafdheid van die mens aan die ryk van die duiwel systap (Jes 42:1v, 52:12v).  Dus kom die duiwel met sy meesterplan (Op 12), waarvoor hy reeds Herodes probeer gebruik het (Matt 2:13v), en vir Petrus (Mark 8:27-33) en die Fariseërs (Luk 13:31v).             

Kortliks oor die versoekings self:

Klippe tot brood: Dat Jesus honger geword het, dui aan dat Hy hierdie versoekings na sy mensheid ervaar het.  Die duiwel se uitdaging om klippe in brode te verander sinspeel op die manna wat God vir die honger Israeliete in die woestyn voorsien het (Eks 16:3v).  Die Joodse verwagting dat die Messias 'n tweede Moses sal wees sou so verwerklik word.  Met sy antwoord uit Deuteronomium 8:3 maak Jesus nie die fisiese nood van mense af nie.  Daarvoor het Hy wel gekom (Luk 9:10v ea).  Hiermee sę Hy dat sy prioriteite anders lę en dat die duiwel dit probeer versteur (vgl. Luk 2:49, Matt 6:33).

Al die koninkryke van die aarde:  Verklaarders sien hierin die uitnodiging aan Jesus om die Joodse verwagting van 'n politieke messias te aanvaar.  Met die opmerking van die duiwel dat al die koninkryke van die aarde aan hom behoort mag Lukas laat deurskemer dat hy die politieke magte van sy tyd as instrumente van die duiwel sien.  Die kultus van keiser-aanbidding sit ook moontlik hieragter.  Vandaar Jesus se aanhaling uit Deuteronomium 6:13: volgens die Joodse siening was aanbidding van enigiets anders as die lewende God afgodery (vgl. 1 Kor 10:20).  Jesus se Koninkryk is van 'n ander orde en die weg tot bevestiging daarvan loop via die kruis (Joh 18:33v).  Hěčrvan wou die satan vir Jesus weghou.

Van die dak van die tempel:  Lukas ruil die orde van versoekings volgens Matteus om en plaas die tempel laaste.  Dit is klaarblyklik gedoen omdat Jerusalem, die tempel en sy agente as finale instrument in die hand van die duiwel in die aanslag op Jesus in die Lukas-evangelie so 'n belangrike rol speel.  Daar was 'n Joodse verwagting dat die messias dramaties op die dak van die tempel sou verskyn en die messiaanse ryk, met al sy politieke konnotasies, sou aankondig.  Die versoeking is om die intrede op 'n ekstra dramatiese wyse te doen.  Dat die duiwel nou self met 'n Skrifbewys kom ervaar Jesus as 'n besondere aanslag, vandaar sy antwoord uit Deuteronomium 6:16.  Daarmee bevestig Hy die sentrale getuienis van die perikoop: Hy is self ‘die Here jou God’ (vgl. 2 bo).

Konteks

Die teksgedeelte word met die eerste Lydensondag geassosieer omdat dit veertig dae voor Goeie Vrydag is.  Die versoekings is die begin van die aanslae wat Jesus verduur het in vervulling van sy Middelaarskap.

Anderson gee drie voorstelle vir prediking: (1) behandel die afsondelike versoekings en wys hoedat dit tipies is van die versoekings wat ons ervaar: om alleen maar ons fisiese behoeftes te bevredig; om na mag, en dikwels ook politieke mag, te hunker; die versoeking om wonderwerke van God te verwag.  Die ontsluiting lę dan daarin dat ons na Jesus kan gaan met alle versoekings, omdat Hy dit verstaan en kan oorwin, met verwysing na Hebreërs 4:15.  (2) Plaas die versoeking in breër Messiaanse raamwerk en wys dat Jesus hier met die verleidende mag van die duiwel te doen het.  Handel dan oor versoekings en oor God se bestuur daarvan (Matt 6:13 en Job 1).  Ons moet daarmee reken hou dat die bose magte in die węreld aan die werk is en Christus ons in ons stryd teen hom tot oorwinning kan help op grond van sy finale oorwinning aan die kruis.  (3) Die teks word as voor-loper van die kosmiese en apokaliptiese oorwinning van Jesus oor die magte van die bose wat die węreld beheer gesien.  Dit dra die boodskap van oorwinning oor en bevryding van alle ‘ismes‘ en sosiale magte wat mense bind.  Daar is geen mag wat nie aan Christus onderwerp is nie (Rom 8:38-39).

Pervo gee nie 'n preekvoorstel nie.  Hy sę die teks waarsku ons teen ‘short cuts’ in ons godsdiens, teen die indra van die ‘fastfood’-kultuur tipies van die ‘American dream’ in ons geloofsbeoefening, teen 'n soeke na ‘gain without pain’.  Jesus leer ons om aan God se groter doel, die pad van die evangelie, wat die pad van die kruis is, vas te hou.  Lydenstyd moet ons waarsku om ons ‘allegiances’ te ondersoek, want verleiding tot mag is een van die groot gevare vir die gelowige.

Kysar meen in dieselfde trant dat die teks ons waarsku om nie God te wil gebruik vir ‘quick fixes’ van ons behoeftes en strewes, teen 'n ‘prosperity Gospel’-mentaliteit, teen kortpaaie na ekonomiese (1e versoeking) en politieke (2e) sukses of bevryding nie. 

Micks sę met dič teks antwoord Lukas mense se vrae oor wat Jesus vir hulle lewe, strewes en oorlewing te sę het.  Dit is dieselfde vrae wat vandag deur gelowiges, en aan die kerk, gestel word.  Van nature wil ons nie (volgens menslike standaarde) swak en verloorders, kruis-pad mense wees nie.  Kortpaaie na ‘pomp and power’ is die groot verleiding vir die kerk.  In die kruis en deur die Gees is die oorwinning op die Jesus-weg gewaarborg.

In die prediking moet dus by die bedoeling van die teks, naamlik 'n getuienis oor Jesus gehou word. 

Dit gaan dus nie oor versoekings, en veral ňns versoekings en verleidings tot sondes nie (vgl. 5 bo).  Hier word nie ‘resepte vir oorwinning oor die bose’ deur slim teksaanhalings voorgeskryf nie.  Selfs die duiwel had sy teks!  Shakespeare het glo gesę: ‘There is no error so gross but that some sober brow will bless it with a proper text’; elke ketter het sy letter.  Allermins moet Jesus hier as ideale ‘voorbeeld’ voorgestel word.  Moralisme, waardeur die prediking tot stryd teen die bose, tot self-verbetering en -oorwinning oproep moet ten alle koste vemy word, want dit kruip so maklik in met 'n teks soos hierdie.  Dit lę ook nie in die bedoeling van die teks dat Jesus met ons medelye kan hę omdat Hy soos ons versoek is nie, so sę Hebreërs 4:15 wel. 

As lydensteks getuig dit van die stryd van Jesus teen die aanslag van die bo-menslike teenstander, die primęre teen-mag van die koninkryk.  Daarmee word sy middelaarswerk in heilshistoriese en kosmiese raam geplaas: Sy stryd is dié van die tweede Adam, die stryd wat die finale en eskatologiese herstel antisipeer en grondliggend inlui.  Los van die kruis beteken die stryd en oorwinning van Lukas 4 egter insigself niks. 

Die teks getuig dat die Seun van God as mčns die lydensweg aandurf.  Hier het Hy ‘gehoorsaamheid geleer’ om Hom volkome aan die bedoeling van God te onderwerp (Heb 5:8-9).  Die versoekings bestaan dus daarin dat Hy verlei was om op 'n ander weg as wat God bedoel het, naamlik buite die kruis om, vóórtydig die heerlikheid wat hom voorgehou is te bereik (Heb 12:2). 

Die teks getuig ook dat Hy hier reeds voorlopig en prolepties die oorwinning behaal.  Sentraal is die oorwinning aan kruis behaal en daarmee is die finale oorwinning met die wederkoms gewaarborg (1 Kor 15:24-28).  Dat Jesus met teksaanhalings die aanslae afweer gaan nie om 'n byna magiese gebruik van die Bybel wat soms by mense aangetref word nie.  Dit gaan daarom dat Hy verstaan waarin die aanslae bestaan en weet wat God se bedoeling is.

Die aktualiteit van hierdie teks lę daarin dat ons tussen die sentrale en finale oorwinnings lewe, en dat ons as gelowiges en as kerk van Christus in ons daaglikse lewe die aanslae van die bose ervaar wat ons van koers wil bring.  Dit gaan nie soseer om verleiding tot die slegte (dit ook wel), maar om wat op die oogaf reg is.  Dŕŕr is dit moeiliker om die satan te herken!  Daarvoor gebruik hy in ons tyd bowenal die tydsgees waarin ons lewe, dič van vooruitgang, sukses, glorie (vgl. gedagtes uit Proclamation-reeks bo).  Die uitdaging waarvoor dit ons stel is om, soos Jesus, in te sien waarin ons verlei word om die kruis, wat God se weg in die węreld én vir die węreld se herstel is, te verduister en te systap.  Maar omdat ons in die tussentyd lewe, wat die bedeling is waarin ons ook die volheid van die Gees ontvang het (Luk 4:1), kan ons ook die regte keuses maak, keuses vir die kruis en die koninkryk, en so Jesus se heilswerk tot ontplooďng laat kom.

Preekvoorstel

Keuses wat die Koninkryk van God maak of breek (bevestig of ondergrawe).

Inleiding: Ontspoor deur 'n verleidelike aanbod

Die meeste van ons het al een of ander ondervinding gehad waar jy op die oogaf 'n goeie aanbod gegun is en wat later 'n groot verleentheid of probleem blyk te wees.  Dit mag 'n beleggingsgeleentheid of 'n besigheidstransaksie (motor of huis), maar selfs 'n beroepskeuse of huweliksmaat wees wat toe nie is wat dit op die oogaf gelyk het nie.  En as jy boonop die kleinskrif nie goed genoeg gelees het nie, nie ingesien het wat die konsekwensies is van waarvoor jy jou inlaat nie, kan die verleentheid en selfs smart en ramp katastrofaal wees.

Vertel van die katastrofale keuse van Adam en Eva op 'n verleidelike aanbod (Gen 3).  Wys op die konsekwensies wat God ‘genoop’ het om die mees radikale stap te neem om herstel te bring, naamlik om sy eie Seun aan die kruis te laat sterf.  In ons teks is hierdie heilsplan van God op die spel.

Tema: Die Evangelie vra kruis-pad keuses.

Wys op die heilshistoriese posisie van die teks: tussen Eden en Gologota; die omkeer van die Adamskeuse; in voorbereiding op die volle toewyding aan die heilsplan aan die kruis; en as voor-teken van die finale oorwinning.

Wys op die kosmiese dimensies: dat hier duidelik word dat Jesus se heilswerk nie ‘maar net’ 'n ‘interne aangeleentheid’ van God se koninkryk was nie, maar dat sy hele optrede om ‘n stryd met die teen-koninkryk van die bose aan te knoop. 

Wys op die aard van die versoekings:  dat dit daarin gaan om op 'n ander wyse, met kortpaaie, buite die kruis om by God se bedoeling te probeer uitkom.  Waar dit gedoen word, word die hele heilsplan in gevaar gestel en ly dit skipbreuk.  Dit gaan hier nie oor ‘klein sondetjies’ nie, maar om keuses wat aan die aard van die evangelie verbygaan en ‘menslike’, aanloklike alternatiewe navolg.

Die stryd om die Koninkryk van God gaan steeds voort en individuele gelowiges en gemeentes en die kerk word deurlopend voor sulke verloklike alternatiewe op die kruis en die Evangelie gestel.  Ons moet God se bedoeling en werkwyse so goed verstaan dat ons kan sien waar dit in gevaar gestel word.  God se pad in die węreld en terwille van die węreld is die kruisweg.  In die lydenstyd word ons weer gekonfronteer met én opgeroep tot God se paradigm. 

Hier kan konkrete voorbeelde wat plaaslik of breër aktueel is ter sprake gebring word, veral sake rondom die tydgees en die invloed daarvan op geloofslewe en die kerk, wat vroeër aangeraak is.  Hier kan die waardes wat vandag ook kerkmense se lewens dikteer aan die paradigma van die kruis getoets word:  uitblink, sukses, populariteit, voorspoed, groei, meer kry...  Watter keuses moet ons lidmate vandag maak in werkplek, besigheid, sport;  en ons jongmense.  Op watter wyses probeer ons kortpaaie vat, buite die kruis om...

Slot: Gewaarborgde oorwinning:

Die preek behoort af te sluit op die noot waarop die teks afsluit:  Jesus het hier voorlopig oorwin; aan die kruis het Hy sentraal die oorwinning behaal en dit waarborg die finale oorwinning oor die bose en die herstel van die koninkryk van God.  Daarom is daar ook vir ons oorwinning moontlik, kŕn ons ook regte keuses vir die kruis en koninkryk maak en dit uitvoer: keuses wat něč die kruisweg probeer systap nie.

 

Bibliografie

Du Plessis IJ, 1995 Evangelie volgens Lukas (Lux Verbi); Nolland J, 1984 Luke (WBC); .. Luke (Interpretation Com); Anderson BW, 1997 Proclamation 6/C;  Gomes P, 1985 Proclamation 6/C;  Kysar M, ea, 1988 Proclamation 4/C;  Micks MH, 1979 Proclamation 2/C;  Pervo IR, 1994 Proclamation 5/C