Markus 9:2-9

5 Maart 2000

VERHEERLIKINGSONDAG

Negende sondag na Epifanie

 

Ander tekste: 2 Konings 2:1-12; Psalm 50:1-6; 2 Korintirs 4:3-6

 

Verheerlikingsondag is die afsluiting van Kersfees-/Epifanietyd en staan tegelyk ook op die drumpel van die Lydenstyd. Die evangelielesing (en die prediking) op hierdie Sondag fokus op die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg. Die liturgie moet uitdrukking gee aan die heerlikheid van God wat op kernmomente van Jesus se lewensverhaal gemanifesteer het en wat aanleiding gegee tot ons belydenis dat Jesus Christus die Seun van God is. Die liturgiese kleur vir di Sondag is wit. By n feesgeleentheid soos hierdie is dit gepas om die nagmaal te vier, veral om die verband te l met die Lydenstyd wat direk hierna n aanvang neem.

In Jesus Christus, die Seun van God, breek die Nuwe Skepping aan.

Teks en konteks

Markus 9:2-9 word deur Smit in Woord teen die Lig I/8 (106-118) behandel. Daarom word Smit se weergawe nie hier herhaal nie terwyl daar by enkele geleenthede na sy werk verwys word.

Markus plaas die verhaal van die verheerliking op die berg in die sentrale deel van Markus 8:22-10:52. Hierdie gedeelte word ingelei met die genesing van n blinde man (8:22-26) en dit sluit ook af met die genesing van n blinde man (10:46-52). Intussen bly die dissipels blind.

Ons vind die verheerliking op die berg tussen Jesus se eerste lydensaankondiging en sy lydensweg. Jesus voorspel sy dood drie maal (8:31; 9:31; 10:33-34), maar telkens vertoon die dissipels hulle onvermo om te aanvaar dat die kruis en die dood enigiets anders as n teenstrydigheid is ten opsigte van alles wat Messias en koninkryk beteken. Petrus (8:29) gebruik die regte woorde om Jesus se identiteit te beskryf, maar sy verstaan van die betekenis is verkeerd. Indien n mens versigtig lees, let jy op dat die verhaal van die verheerliking op die berg aan beide kante omraam word deur profesie van lyding en selfs sterfte (8:32, 34-38; 9:9-13, 30-32).

Die verheerliking op die berg roep die doop van Jesus in herinnering wanneer die stem uit die hemel Jesus se identiteit bekend maak as God se Seun. Opvallend egter, is dat die stem uit die hemel by Jesus se doop (1:9-11) met Jesus praat, Jy is my geliefde Seun. Oor jou verheug Ek my. By die verheerliking op die berg praat die stem uit die wolk met die dissipels, Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom. Hierdie twee uitsprake vorm saam met die belydenis van die Romeinse soldaat aan die voet van die kruis (15:39) die belangrikste uitsprake wat aangaande Jesus se identiteit in die Markusevangelie gemaak word. Met die verhaal van die verheerliking op die berg word dus vir die tweede keer Goddelike legitimiteit verleen aan Jesus Christus se identiteit as die gesagvolle Seun van God.

Die verhaal toon merkwaardige ooreenkomste met die verhale van Moses se Godservarings op die berg Sinai (vgl Eks 24, 34). Al die elemente van Markus se weergawe is daar: Die ses dae van wag, die wolk, die heerlikheid, die stem en die afgaan vanaf die berg. Verder het Moses se gesig geglinster vanwe sy ervaring met God (waar slegs Jesus se klere blink en spierwit word volgens die Markaanse beskrywing van die verheerliking op die berg). Moses het, soos Jesus, ook drie mense saam met hom geneem (Eks 24:1 vertel dat Moses saam met drie manne en ng 70 leiers die berg op gegaan het). Craddock et al (1984:144) verwys ook na Eksodus 33:7-11 se beskrywing van die tent van ontmoeting waarheen Moses gegaan het onder omstandighede soortgelyk aan di op die berg Sinai (Godsverskyning: Teofanie).

Petrus se onbeholpe uitspraak dat drie hutte vir Jesus, Elia en Moses opgerig word, word met stilte begroet. Markus verduidelik dit met, Hy het nie geweet wat hy s nie, so verskrik was hy saam met die ander (vers 6). Tg word die leser uitgenooi om met Petrus en die dissipels te identifiseer. Wie kan Petrus verkwalik dat hy hierdie ervaring so lank as moontlik wou uitrek? Die behoefte om hutte te bou is n sinspeling op die loofhuttefees (Vgl Eks 34:22; Lev 23:43; Deut 31:10-13). Deur die loofhuttefees het Israel die ervaring in die wildernis in herinnering geroep. S het hulle die herinnering lewendig en vars gehou lank nadat dit gebeur het. Maar Walter Wink meen dat die drie dissipels nie n loofhuttefees wil vier op die berg van verheerliking nie, they just knew no other way to deal with the New Creation than to try to insert it into an old paradigm. Yet the new builds on the old (1982:66).

Die verskyning van Elia en Moses (en in daardie volgorde!) hou eksegete steeds aan die raai. Sommige beklemtoon Moses as verteenwoordiger van die Wet en Elia van die Profete. Daarmee staan Moses en Elia dan vir die ou bedeling. Daar word ook ges dat Elia en Moses vereenselwig word met die Messiaanse era in beide Judasme sowel as die Christendom (Vgl Mal 4:1-6; Deut 18:15-18; Op 11:3). Markus self verbind Elia met Johannes die Doper (9:10-13) in die perikoop wat volg op die verhaal van die verheerliking op die berg. Op grond van Jesus se woorde (vers 13) dat Elia (Johannes die Doper) reeds gekom het word n belangrike gevolgtrekking gemaak: Elia en Moses se verskyning saam met Jesus dui dan op die feit dat die verwagte Messias en die eindtyd vervul is in Jesus. Dat beide Elia en Moses verdwyn en Jesus alleen by die dissipels agterlaat, beteken dan dat die oue verby is en die nuwe aangebreek het Jesus word daarmee uitgebeeld as die vervulling van die Wet en die Profete.

Walter Wink verduidelik dat die verheerliking op die berg nie bloot simbolies van die hemelse sfeer is nie. Ook is dit nie slegs daar om sanksie te verleen aan Jesus se goddelike roeping, gesag en heerlikheid nie alhoewel dit k so is. Dit antisipeer die opstanding, hemelvaart en wederkoms. Dit is n voorteken van die Nuwe Skepping. Dit is n aanduiding van wat n werklikheid gaan word deur Jesus Christus se lyding, dood, en opstanding, a new perspective on reality, a new access to God, a new intuition of godhead itself (the Trinity), a new community drawn from those who have seen this New Creation and are already beginning to live in terms of it (1982:65).

Die verheerliking op die berg antisipeer inderdaad die opstanding, alhoewel daar nie in Markus werklik n opstandingsverskyning (soos by Matteus en Lukas) is nie. Dit word tereg die vroe Pase genoem. Die heerlikheid van Christus word onthul op die vooraand van sy lydensweg. In die kerklike jaar is dit letterlik so. Verheerlikingsondag word gevolg deur Aswoensdag en die eerste Lydensondag. Powell (1996: 60,61) reken dat die verheerliking op die berg n voorskou is vir die dissipels om hulle te laat weet waarheen die weg van die kruis uiteindelik lei. Jesus se dissipels word dus opgeroep om hulleself te verlon, hulle kruis op te neem en hulle lewens te verloor ter wille van Christus en die evangelie (8:34-35) Maar lyding is nie die finale menslike ervaring nie. Jesus het ook gepraat van n tyd wanneer Hy sal kom in sy heerlikheid (vgl 8:38; 14:62) en nou wys Hy die binnekring van die dissipels wat Hy daarmee bedoel. Verheerliking in n wreld anderkant die dood is nie bloot n idealistiese droom of naewe hoop nie, dit is n werklikheid wat deur hierdie verhaal prolepties (vooruitskouend) vir n paar oomblikke inbreek in die menslike geskiedenis sodat dit gesien en ervaar kan word. Die ironie is dat die dissipels duidelik nie verstaan nie. Hulle is blind.

Soards et al (1993:181) identifiseer ses belangrike temas wat vir die prediking oorweeg kan word:

Die heerlikheid van Christus.

Die vervulling van die beloftes van die profete en die wet in Jesus.

Goedbedoelde, maar wesenlik onkundige reaksies op God se werk in Jesus Christus.

God se openbare legitimering van die Seunskap van Jesus Christus.

Die gesag van Jesus Christus.

Die verhouding van die dissipels tot Christus.

Preekvoorstel

Preke behoort rekening te hou met die brer verhaal van Markus waarbinne die verheerliking op die berg geplaas is. Die dialektiese spanning tussen lyding en heerlikheid behoort intakt gehou te word aangesien die onmiddellike konteks, die brer konteks, sowel as die teologiese opbou van die Markusevangelie ten diepste n kruisevangelie (vgl Kingsbury) onderl.

Vergelyk die ses voorstelle van Soards et al hierbo vir moontlike invalshoeke in die prediking wat deeglik rekening hou met die teks. Hier word daar egter net twee moontlike preekvoorstelle weergegee. Die eerste benader die dialektiese spanning tussen lyding en heerlikheid oorwegend vanuit die gesigspunt van die heerlikheid, terwyl die tweede dit oorwegend benader vanuit die perspektief van lyding.

Die eerste benadering (vgl Walter Wink) gaan uit van die verheerliking op die berg as n paradigmatiese verhaal (wat dus n verwysingsraamwerk vorm) waaruit gelowiges voortaan hoopvol kan lewe aan die voet van die berg in siekte, vervolging en lyding. Die tema van die preek kan dan soos volg geformuleer word: In die verheerliking op die berg word die dissipels vertel waarheen hulle lewens van kruisopname en selfaflegging ter wille van Christus eintlik op pad is. Hulle word uitgedaag om nou reeds (as dissipels wat self verheerlik is), daaruit te lewe (te midde van lyding, ellende, gebrokenheid ens).

Die tweede (vgl Dirkie Smit wat die perikoop behandel vir prediking op die tweede Lydensondag) l meer klem op n groter tema in die Markusevangelie rondom Jesus Christus se identiteit as gesagvolle, maar lydende Messias en Seun van God. Dan kom die dissipels se misverstand rondom die identiteit van Jesus ter sprake. Dit bring ook Petrus se onbeholpe woorde en die behoefte om drie hutte te bou om die heerlikheid net langer uit te rek na vore. n Moontlike formulering kan dan soos volg wees: Die verheerlikte Jesus Christus is die lydende Seun van God wat alleen geken kan word deur sy kruis en alleen gevolg kan word deur n lewe van selfaflegging en kruisopname.

 

Heerlikheid as invalshoek

Indien die eerste invalshoek gevolg word, kan as uitgangspunt geneem word die gebrokenheid van die werklikheid in al sy kompleksiteit. Immers, die verhaal van die verheerliking op die berg funksioneer as sodanig binne die Markusevangelie. Boonop word hierdie teks gepreek op die vooraand van Lydenstyd die laaste Sondag van Epifanie. Aswoensdag is net drie dae verder. Anders as vir die dissipels, wat hulleself tussen die eerste lydensaankondiging en Jesus se lydensweg (en die kruisiging) bevind het, bevind ons onsself vandag (soos die eerste lesers van die Markusevangelie) tussen die hemelvaart van Jesus en sy wederkoms. Ons leef dus in die spanning tussen die alreeds en die nog nie.

Die prediker kan in sy/haar gemeenskap self voorbeelde van lyding identifiseer. Dit is belangrik dat lyding verwoord word, nie net in vae, algemene uitdrukkings nie, maar in die taal van die konkrete en werklike ervarings van gewone mense elke dag.

Almal sien gereeld in die filmteaters of selfs by die huis op televisie n voorskou van n film of program wat later vertoon sal word. In die verhaal van die verheerliking op die berg word s n voorskou gegee van die heerlikheid wat Jesus en sy dissipels uiteindelik gaan deel wanneer die koninkryk van God in sy volheid gekom het.

Die verheerliking op die berg kan ook uitgebeeld word as n bril waardeur Jesus en die dissipels vorentoe kyk na die lyding en die kruisiging wat voorl. Maar omdat hulle deur die bril van die verheerliking op die berg kyk, sien hulle agter die kruisiging die opstanding, die hemelvaart en die wederkoms. Voortaan sou Jesus se lyding nie weer dieselfde wees nie Hy sou na sy eie lyding kyk deur die bril van die verheerliking op die berg. Die dissipels het kennelik steeds nie verstaan wie Jesus werklik is nie, maar hulle sou later, na Jesus se opstanding (vgl vers 9) verstaan.

Die verheerliking is wanneer die lense van my bril skoongemaak word en ek die wreld sien soos dit werklik is: oneindig. Die verheerliking op die berg is n oomblik in tyd wanneer die hemel die aarde raak. Walter Wink (1982: 65) s die verheerliking beteken, standing foursquare in the midst of a broken, tortured, oppressed, starving, dehumanizing reality yet seeing the invisible, calling to it, importuning it to come, behaving as if it is on the way, sustained by elements of it that have come already, within and among us.

In hierdie oomblikke wanneer mense genees word, verander word, bevry word van verslawings, obsessies, destruktiwiteit en self-aanbidding, het die Nuwe Skepping oor ons gekom. The world, in this specific part and for one brief moment, is transfigured. The Beyond shines in our midst on the way to the cross. If Transfiguration is the New Creation already breaking in upon the old reality, then no wonder Peter wanted to booth it (Wink 1982:65).

Petrus en die dissipels moes aanvaar dat hulle nie die verheerliking kon gevange neem in hulle drie hutte op die berg nie. Hulle moes weer berg-af. Nou begin die ware toets. Voorheen het hulle net tekens, skimme en afbeeldings gehad. Die vraag is: Nou, nadat hulle n bonatuurlike visioen gegun is, sou hulle instaat wees daartoe om te leef vanuit die Nuwe Skepping? For that, and not believing in Jesus as the Christ, is what the Transfiguration is all about. What does it matter if we believe in him, if we are not transfigured by the vision ourselves? (Wink 1982:66).

In Engelse Bybels is die opskrif van die verhaal, Transfiguration, wat ook beteken om van gedaante te verwissel. Die Afrikaanse verheerliking dra nie dieselfde krag nie. Daarom is die geheim van die verheerliking op die berg om self verheerlik of verander te word deur die verhaal. Die woord in die Grieks beteken Jesus het n metamorfose ondergaan. Louw en Nida (1989:587) verduidelik dit, to take on a different physical form or appearance to change in appearance. Tereg waarsku hulle dat dit in Markus 9:2 dalk eerder verstaan moet word as, as they watched, he appeared different. Terwyl die prediker dus versigtig moet wees om te veel te maak van die metamorfose wat Jesus ondergaan het, bied die beeld n goeie basis om die performatiewe funksie (die teks doen iets) van die teks tot sy reg te laat kom: Die verhaal van die verheerliking op die berg wil die leser verander. Die leser en die hoorder moet self deur die verhaal tot n gedaanteverwisseling gebring word deur die hoop van die opstanding, hemelvaart en wederkoms. Wat beteken dit om Jesus te ken as die Een in wie die Koninkryk naby gekom het in die genesing van siekes, die uitdryf van duiwels, die prediking van die goeie nuus aan die armes, as ons nie self deelneem aan hierdie verlossingsgebeure nie?

Om vandag deur die verhaal van die verheerliking op die berg getransformeer te word, beteken dat dieselfde vraag aan ons gevra word, wat implisiet in die Markusevangelie aan die dissipels gestel is: Sal hulle kan leef vanuit die Nuwe Skepping? Want vergestalt in Jesus is die verheerliking op die berg as teken van die inbreek van die Nuwe Skepping (2 Kor 5:17), n belofte of voorskou van n getransformeerde (transfigured) wreld.

Miskien kom die laaste woorde die apostel Paulus toe, Ons almal weerspiel die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is (2 Kor 3:18).

 

Lyding as invalshoek

Die prediker wat hierdie invalshoek neem, sal in die Markusevangelie konsentreer op die tema van Jesus as lydende Messias en Seun van God. Dan word die bekende Markaanse tema van Jesus se identiteit uiters belangrik. Die wyse waarop die geheimenis (Messiasgeheim) rondom Jesus se identiteit deur die verteller gekommunikeer word, die wyse waarop karakters in die verhaal Jesus se identiteit verstaan of misverstaan, die wyse waarop Jesus se identiteit as korrek onthul word. In Markus 9:2-9 word ook die verheerlikte Seun van God, geskets binne die raamwerk van sy lyding. Trouens, sy verheerliking hou ten diepste verband met sy lyding.

In sulke preke kan as vertrekpunte geneem word al die variasies op die tema van n voorspoedsgodsdiens. Hierby kan gevoeg word vorms van vroomheid wat behep is met die heerlikheid van God se teenwoordigheid (op die berg) sonder om te verstaan dat dit ten diepste in verband staan met die lewe van kruisopname en selfaflegging (aan die voet van die berg). Anders gestel: Wie die berg van verheerliking (moontlik Horeb) wil sien sonder die berg van lyding (Golgota) verstaan nog nie wie Jesus Christus is nie.

In di verband is n goeie sosiale analise weereens baie belangrik. Die prediker se vermo om die verhaal oor te vertel binne sy/haar eie konteks op n manier wat die transformerende krag van die verhaal tot sy reg laat kom, is van deurslaggewende belang.

Die binnekring van die dissipels gaan alleen saam met Jesus tot op n berg. In die Bybel was berge nog altyd sinoniem met Godsverskynings en Godservarings. Verteenwoordigers van die Ou Bedeling verskyn. Die dissipels sien voor hulle o die heerlikheid en die Goddelikheid van Jesus. Maar wanneer hulle segspersoon, Petrus, sy mond oopmaak, s Markus duidelik dat hy nie geweet het wat hy s nie, so verskrik was hy saam met die ander (vers 6).

Petrus en die dissipels wou drie hutte, een elk vir Jesus, Elia en Moses, bou. Onder teks en konteks hierbo, is daar reeds op die eksegetiese implikasies hiervan ingegaan. Dit lyk asof Petrus-hulle die ervaring van die heerlikheid van Christus so lank as moontlik wou uitstel. Hulle wil so lank as moontlik in Jesus se verheerlikte teenwoordigheid wees. Hulle wil hulle besig hou met die dinge van God maar dan daar op die berg. Dit is presies hier waar die dissipels weereens misluk. Markus bied die verhaal van die verheerliking op die berg aan saam met die negatiewe voorbeelde van die oorspronklike dissipels, sodat ons en die eerste lesers kan luister na die Seun van God op n manier wat hulle nie geluister het nie: om te hoor wat hy s oor heerlikheid en lyding.

Powell (1996:61) meen, Peters offer to build booths may also reflect a grave misunderstanding that mistakes the preview of glory for the final consummation itself. Weereens vertoon Petrus en die dissipels hulle onvermo om te verstaan dat die verheerlikte Messias ook die lydende Messias is. Dalk het hulle gedink dat hierdie die groot geleentheid is waar Jesus finaal as glorieryke Messias onthul sal word om die verwagting na die Dawidiese heerskappy te vervul.

Op hierdie punt verduidelik Smit (1992:117) dat God hulle egter steeds nie aan hulleself oorlaat nie. Petrus en die dissipels se misverstand diskwalifiseer hulle nie, Trouens as hulle nie kan sien nie, moet hulle hoor. Die stem uit die wolk word dan n verduideliking, verklaring, bekendstelling van Jesus Christus; Hy s inderdaad die Seun van God. Maar (en dit maak die brer verband van die Markusevangelie, sowel as die belangrikste temas oorvloediglik duidelik) die Seun van God is die lydende Messias wat moes ly omdat Hy n losprys vir vele gaan wees (10:45).

 

Bibliografie

Craddock, FB 1984. Preaching the New Common Lectionary. Year B, Advent, Christmas, Epiphany. Nashville: Abingdon Press. Hooker, MD 1991. A Commentary on the Gospel according to St Mark, Blacks New Testament Commentaries. Londen: A&C Black. Kingsbury, JD 1993. The significance of the cross within Marks Story. Interpretation 47/4, 370-379. Powell, MA 1996. Interpreting the Lessons of the Church Year, Epiphany, Proclamation 6 / Series 6. Fortress Press: Minneapolis. Smit, DJ 1992. Markus 2:2-9. in WtL I/8. 106-118. Soards, M et al 1992. Preaching the Revised Common Lectionary. Year B, Advent, Christmas, Epiphany. Abingdon Press: Nashville. Vorster, WS 1991. Om te vertel dat Jesus Christus die lydende Seun van God is: Oor Markus en sy teologie, in Roberts, JH et al (Reds), Teologie in konteks, 32-61. Pretoria: Orion. Wink, W 1982. Mark 9:2-8. Interpretation 36/1, 63-67.